Skip to content
Question paper

Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2021 Question Paper

Grade 12 Dramatic Arts question paper from the NSC November Exam 2021, 11 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: Dramatic ArtsGrade 12202111 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 DRAMATIESE KUNSTE NOVEMBER 2021 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 2 DBE/November 2021 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings: AFDELING A: 20ste-eeuse Teaterbewegings (30) AFDELING B: Suid-Afrikaanse Teater: 1960 –1994 (40) AFDELING C: Suid-Afrikaanse Teater: Ná 1994 – Kontemporêr (40) AFDELING D: Teatergeskiedenis, Praktiese Begrippe, Inhoud en Vaardighede (40) 2. AFDELING A VRAAG 1 is VERPLIGTEND. Verwys na die toneelteks wat jy bestudeer het en die betrokke 20ste-eeuse Teaterbeweging. EPIESE TEATER  Caucasian Chalk Circle Bertolt Brecht  Kaukasiese Krytsirkel Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks  Mother Courage Bertolt Brecht  Moeder Courage Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks  The Good Person of Szechwan Bertolt Brecht  Kanna Hy Kô Hystoe Adam Small OF TEATER VAN DIE ABSURDE  Waiting for Godot Samuel Beckett  Afspraak met Godot Vertaling van Samuel Beckett-toneelteks  Bagasie André P Brink  The Bald Primadonna Eugene Ionesco  Die Kaalkop Primadonna Vertaling van Eugene Ionesco-toneelteks OF POSTMODERNE TEATER  Skrapnel Willem Anker  Top Girls Carol Churchill  Popcorn Ben Elton  Buried Child Sam Shepard 3. AFDELING B Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling. VRAAG 2: Woza Albert! Percy Mtwa, Mbongeni Ngema en Barney Simon OF VRAAG 3: Sophiatown Junction Avenue Theatre Company OF VRAAG 4: Siener in die Suburbs PG du Plessis 4. AFDELING C Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling. VRAAG 5: Nothing but the Truth John Kani OF VRAAG 6: Groundswell Ian Bruce OF VRAAG 7: Mis Reza de Wet 5. AFDELING D Hierdie afdeling is VERPLIGTEND. Beantwoord VRAAG 8 en 9. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 3 DBE/November 2021 NSS AFDELING A: 20ste-EEUSE TEATERBEWEGINGS Hierdie vraag is VERPLIGTEND. VRAAG 1 Verwys na BRON A hieronder en beantwoord die vraag wat volg. BRON A Wanneer ons na 'n toneelstuk kyk, kyk ons na ons lewens. Ons sien onsself. Ons sien mekaar. Ons sien menslikheid op 'n ander manier. Bespreek, in 'n opstel, hoe die karakters en temas van die 20ste-eeuse Teaterbeweging en die toneelteks wat jy hierdie jaar bestudeer het, jou kan aanmoedig om jouself, ander mense en menslikheid op 'n ander manier te beskou. Skryf die titel van die toneelteks en 20ste-eeuse Teaterbeweging wat jy bestudeer het (Teater van die Absurde OF Epiese Teater OF Postmoderne Teater) aan die begin van jou opstel neer. TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 4 DBE/November 2021 NSS AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER: 1960 –1994 Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling. VRAAG 2: WOZA ALBERT! DEUR PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN BARNEY SIMON Bestudeer BRON B hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BRON B (Lights up, dim, on Mbongeni as Auntie Dudu, an old woman, wearing a white dustcoat as a shawl. She is searching a garbage bin (upturned box). She eats some food, chases flies, then notices the interviewer. She speaks very shyly.) MBONGENI: Hey? My name is Auntie Dudu. No work my boy, I'm too old. Eh? 5 (Listens.) If Morena comes to South Africa? That would be very good. Because everybody will be happy and there will be lots and lots of parties. And we'll find lots of food there (indicates bin) cabbages, tomatoes, chicken, hot dogs, all the nice things white people eat. (Receives tip.) Oh, thank you, my boy. 10 Jy is gedurende die Covid-19-pandemie gevra om 'n les, as hersiening vir die finale teorie-eksamen, vir 'n groep van jou klasmaats aan te bied. Gebruik BRON B en die vrae wat volg om die voorbereiding en aanbieding van jou les te lei. 2.1 Som die intrige (storie) van Woza Albert! in 'n paragraaf op om jou klasmaats te herinner waaroor die toneelstuk gaan. (4) 2.2 Noem waarom die toneel in BRON B 'n kragtige invloed op die gehoor kan hê. (4) 2.3 Stel voor tot watter mate BRON B die gevolge van die apartheidstelsel weerspieël. (4) 2.4 Verduidelik aan jou klasmaats hoe Mbongeni sy vokale of fisiese vaardighede kan gebruik om in die karakter van Auntie Dudu te verander. (4) 2.5 Motiveer hoe elemente van Arm/Gestroopte Teater die akteur kan help om die karakter van Auntie Dudu te skep. (4) 2.6 Bespreek waarom dit vir jou klasmaats belangrik is om 'n betekenisvolle debat te hou oor die kwessies wat in die toneelstuk deur die karakter van Auntie Dudu na vore gebring word. (6) 2.7 Analiseer hoe die fisiese en opvoervaardighede wat jy in Dramatiese Kunste geleer het jou kan help om 'n interessante en effektiewe les aan te bied. (4) 2.8 Die finale doel van jou les aan jou klasmaats is om oor die toneelstuk Woza Albert! te besin. Bespreek jou interpretasie van die karakters en die temas van die toneelstuk en hoe dit jou beskouing van die vorige, huidige asook toekomstige Suid- Afrika beïnvloed. (10) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 5 DBE/November 2021 NSS VRAAG 3: SOPHIATOWN DEUR THE JUNCTION AVENUE THEATRE COMPANY Bestudeer BRON C hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BRON C CHARLIE: You're lying to me! You'll never come back. MINGUS: I will. CHARLIE: No you won't. Don't try and stop me. MINGUS: Alright! Now just do yourself a worldly favour … CHARLIE: No, no, no. Don't try and talk to me. You just want to dump me. 5 MINGUS: Will you listen! If you listen I'll explain. CHARLIE: No! MINGUS: (with uncharacteristic compassion.) Charlie, do you know who you are? Have you ever looked at yourself, stared at that face of yours, and asked yourself who you are? Looked in the car mirror and asked, 'Who am I?' 10 You just can't come with me. Jy is gedurende die Covid-19-pandemie gevra om 'n les, as hersiening vir die finale teorie-eksamen, vir 'n groep van jou klasmaats aan te bied. Gebruik BRON C en die vrae wat volg om die voorbereiding en aanbied van jou les te lei. 3.1 Som die intrige (storie) van Sophiatown in 'n paragraaf op om jou klasmaats te herinner waaroor die toneelstuk gaan. (4) 3.2 Noem waarom die toneel in BRON C 'n kragtige invloed op die gehoor kan hê. (4) 3.3 Stel voor tot watter mate BRON C die gevolge van die apartheidstelsel weerspieël. (4) 3.4 Verduidelik aan jou klasmaats hoe die akteur wat Mingus speel sy vokale of fisiese vaardighede kan gebruik om die wrede werklikheid waarvoor Charlie te staan kom, aan te bied (BRON C). (4) 3.5 Verduidelik hoe Stanislavski se tegniek/metode 'n akteur kan help om die karakter van Mingus in BRON C te skep. (4) 3.6 Bespreek waarom dit vir jou klasmaats belangrik is om 'n betekenisvolle debat te hou oor die kwessies wat karakters soos Mingus en Charlie ervaar. (6) 3.7 Analiseer hoe die fisiese en opvoervaardighede wat jy in Dramatiese Kunste geleer het jou kan help om 'n interessante en effektiewe les aan te bied. (4) 3.8 Die finale doel van jou les aan jou klasmaats is om oor die toneelstuk Sophiatown te besin. Bespreek jou interpretasie van die karakters en die temas van die toneelstuk en hoe dit jou beskouing van die vorige, huidige en toekomstige Suid-Afrika beïnvloed. (10) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 6 DBE/November 2021 NSS VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS DEUR PG DU PLESSIS Bestudeer BRON D hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BRON D GIEL: Kom gou! Tjokkie sien. Kom, hy begin al. MA: My arme kind. GIEL: Sjuut, hy gaan sien. TJOKKIE: Dit word helder, dit word helder. Ek sien 'n muur. Baksteenmuur. Daar's 'n blomakkertjie. Dis voor Tiemie se venster. Dis die akkertjie. Die grond 5 is mooi bewerk. Niks vuilgoed nie. Daar kom 'n man na die beddinkie toe. Hy buk. Hy plant iets. Dit lyk soos 'n saadjie. Hy gaan weer weg. Jy is gedurende die Covid-19-pandemie gevra om 'n les, as hersiening vir die finale skriftelike-eksamen, vir 'n groep van jou klasmaats aan te bied. Gebruik BRON D en die vrae wat volg om die voorbereiding en aanbied van jou les te lei. 4.1 Som die intrige (storie) van Siener in die Suburbs in 'n paragraaf op om jou klasmaats te herinner waaroor die toneelstuk gaan. (4) 4.2 Noem waarom die toneel in BRON D 'n kragtige invloed op die gehoor kan hê. (4) 4.3 Stel voor hoe BRON D die tragedie van Tjokkie se lewe weerspieël. (4) 4.4 Verduidelik aan jou klasmaats hoe die akteur wat Tjokkie speel sy vokale of fisiese vaardighede in reël 4 –7 kan gebruik om te wys dat hy besig is om te 'sien' (BRON D). (4) 4.5 Verduidelik hoe Stanislavski se tegniek/metode 'n akteur kan help om die karakter van Tjokkie in BRON D te skep. (4) 4.6 Bespreek waarom dit vir jou klasmaats belangrik is om 'n betekenisvolle debat te hou oor die kwessies wat karakters soos Tjokkie ervaar. (6) 4.7 Analiseer hoe die fisiese en opvoervaardighede wat jy in Dramatiese Kunste geleer het jou kan help om 'n interessante en effektiewe les aan te bied. (4) 4.8 Die finale doel van jou les aan jou klasmaats is om oor die toneelstuk Siener in die Suburbs te besin. Bespreek jou interpretasie van die karakters en die temas van die toneelstuk en hoe dit jou beskouing van die vorige, huidige en toekomstige Suid-Afrika beïnvloed. (10) [40] TOTAAL AFDELING B: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 7 DBE/November 2021 NSS AFDELING C: SUID-AFRIKAANSE TEATER: NÁ 1994 – KONTEMPORÊR Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling. VRAAG 5: NOTHING BUT THE TRUTH DEUR JOHN KANI Bestudeer BRON E hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BRON E Aangepaste onderhoud met John Kani, die dramaturg van Nothing but the Truth. Toe ek hierdie toneelstuk geskryf het, wou ek mense bymekaar bring. Ek het gekyk na die temas van versoening en vergifnis in 'n gesin wat in Suid-Afrika woon. 5 Nothing but the Truth is 'n voorbeeld van hoe mense hulleself moet vergewe vir foute wat hulle begaan het. Maar voordat hulle kan vergewe, moet hulle tot selfkennis kom oor wie hulle is en waarom hulle daardie foute begaan het. Hierdie proses kan vir sommige mense moeilik wees omdat hulle steeds haat binne 10 hulleself dra. Eers wanneer hulle hulleself van daardie haat bevry het, kan hulle met die proses van vergifnis begin. Ek het besluit om die toneelstuk in 2000 te laat afspeel. Dit was die begin van 'n nuwe millennium en die begin van die nuwe Suid-Afrika. Dit was 'n tydperk van groot politieke en maatskaplike 15 veranderinge, 'n tydperk om na 'n apartheidsverlede terug te kyk en om die waarheid van daardie verlede onder oë te sien. 'n Tyd om die werklikhede van vandag te betrag en 'n tyd om versoening deur vergifnis te vind. Dit was ook 'n tyd om vorentoe te beweeg na 'n toekoms wat met vryheid en moontlikhede gevul is. Dit is in hierdie konteks dat die karakters hulleself vind. Byvoorbeeld Sipho leef saam met die 20 bitterheid van wat sy broer Themba aan hom gedoen het. Themba het sy bus, sy baadjie en sy vrou gesteel. Uit hierdie persoonlike drama en pyn ondergaan Sipho sy eie persoonlike waarheid en versoeningsproses. Hy doen dit deur die verlede te aanvaar en sy broer vir die verraad te vergewe. Verbeel jou jy is John Kani. Arts Tonight voer 'n onderhoud met jou oor jou toneelstuk NOTHING BUT THE TRUTH. Beantwoord die vrae wat volg. Ondervraer: Welkom by Arts Tonight, mnr. John Kani. Jou toneelstuk Nothing but the Truth maak volgende week by die plaaslike teater oop. 5.1 Wat het jou geïnspireer om hierdie toneelstuk te skryf? (2) 5.2 Beskryf die verhouding tussen die karakters wat op die verhoog verskyn. (6) 5.3 Lig die kykers in oor waarom Themba, wat nie op die verhoog verskyn nie, so 'n belangrike karakter is. (4) 5.4 Motiveer jou keuse oor waar die toneelstuk afspeel. (4) 5.5 Verduidelik vir die kykers hoe spesifieke gebeurtenisse in Suid-Afrika se geskiedenis die intrige van die toneelstuk beïnvloed het. (6) 5.6 Verduidelik hoe die beligting, klank, kostuums en dekorstelontwerp die realisme van die toneelstuk kan verbeter (daartoe bydra). (8) 5.7 Sê vir die mense by die huis waarom dit vir die jeug in Suid-Afrika belangrik is om na hierdie toneelstuk te kyk. (10) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 8 DBE/November 2021 NSS VRAAG 6: GROUNDSWELL DEUR IAN BRUCE Bestudeer BRON F hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BRON F Aangepaste onderhoud met Ian Bruce, die dramaturg van Groundswell. Toe ek na 'n ballingskap van sewentien jaar na Suid-Afrika teruggekeer het, het ek daarvan bewus geword dat die demokratiese droom waarvoor ons almal geveg het, steeds buite 5 bereik was. Mense van alle rasse was besig om oor hulle plek, identiteit en tuishoort in die nuwe Suid-Afrika te onderhandel. Groundswell ondersoek die donker en ligter kante van hierdie soeke. Hierdie toneelstuk speel af in 'n gastehuis in die hart van 'n Weskus-winter. Hierdie drama bring drie bekende Suid-Afrikaanse 10 mans saam op so 'n wyse dat ons, deur hulle plofbare interaksie, die donker kant van ons eie drome, aspirasies en aannames sien. Van ons 'Word Gou Ryk'-komplot-mentaliteit tot by ons gewoonte om die geskiedenis te verander. Mag, leuens, rykdom, impotensie, selfgeregtigheid, diamante, digte mis, 'n meedoënlose 15 seeklok en 'n hond genoem Voetsek, is die kern van die Suid-Afrikaanse dilemma. Johan en Thami, 'n gewese polisieman en 'n tuinier uit kontrasterende agtergronde, bestuur 'n seekant-gastehuis aan die dorre diamantduik-kus van Suid-Afrika, terwyl hulle na 'n uitweg soek om aan hulle doodlooplewens te ontvlug. Wanneer Smith, 'n afgetrede sakeman, een 20 mistige aand opdaag, dink die twee mans hulle het 'n ideale belegger vir hulle komplot om konsessies by 'n regeringsbeheerde diamantmyn in te koop. Hierdie ankerlose mans bevind hulleself in 'n magstryd wat deur gierigheid, desperaatheid en selfgeregtigheid aangevuur word. Verbeel jou jy is Ian Bruce. Arts Tonight voer 'n onderhoud met jou oor jou toneelstuk GROUNDSWELL. Beantwoord die vrae wat volg. Ondervraer: Welkom by Arts Tonight, mnr. Ian Bruce. Jou toneelstuk Groundswell maak volgende week by die plaaslike teater oop. 6.1 Wat het jou geïnspireer om hierdie toneelstuk te skryf? (4) 6.2 Beskryf die verhouding tussen die karakters wat op die verhoog verskyn. (6) 6.3 Lig die kykers in oor waarom Thami se vrou, wat nie op die verhoog verskyn nie, so 'n belangrike karakter is. (4) 6.4 Motiveer jou keuse oor waar die toneelstuk afspeel. (4) 6.5 Verduidelik vir die kykers hoe spesifieke gebeurtenisse in Suid-Afrika se geskiedenis die intrige van die toneelstuk beïnvloed het. (4) 6.6 Verduidelik hoe die beligting, klank, kostuums en dekorstelontwerp die realisme van die toneelstuk kan verbeter (daartoe bydra). (8) 6.7 Sê vir die mense by die huis waarom dit vir die jeug in Suid-Afrika belangrik is om na hierdie toneelstuk te kyk. (10) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 9 DBE/November 2021 NSS VRAAG 7: MIS DEUR REZA DE WET Bestudeer BRON G hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BRON G Ek wou insig gee in die Suid-Afrikaanse samelewing in die 1930's. Die genre van die toneelstuk is beide die magiese en misterie. In Mis ondersoek ek die donker nuanses van Calvinisme en die invloed wat dit op hierdie groep mense gehad het. Byvoorbeeld 5 Miem, wat tradisioneel 'n huisvrou sou wees, en Gabriël, haar man, wat 'die man van die huis' sou wees. Deur 'n reeks omstandighede bevind Miem egter dat sy self Gabriël se manlike rol oorneem terwyl hy homself na die solder onttrek. Die hoofintrige gaan oor 'n moeder (Miem) wat tydens die 10 Depressie streng oor haar dogter (Meisie) op hulle arm, afgeleë plaas toesig hou. Hulle maak 'n bestaan deur sakke te maak vir die berge mis wat omliggende boere na hulle toe bring. Die nagaksie wat plaasvind, is 'n vreemde een: die lug is gevul met dralende musiek vanaf die nabygeleë sirkus. Miem verbied 15 Meisie om die sirkus te besoek. 'n Geheimsinnige blinde polisieman besoek die moeder en haar dogter. Hierdie aand is die herdenking van baie geheimsinnige verdwynings van jong vroue uit hulle huise. Daar word verwag dat die moordenaar, of ontvoerder, van hierdie meisies weer gaan toeslaan. Klankeffekte speel 'n groot rol in die toneelstuk. Die opvoering is gelaai met dralende 20 sirkusmusiek wat speel elke keer as die deur oopgemaak word. Dit is 'n herinnering aan die 'gevaar' wat buite is. Dit dra ook die geheimsinnige en magiese oor. Verbeel jou jy is Reza de Wet. Arts Tonight voer 'n onderhoud met jou oor jou toneelstuk MIS. Beantwoord die vrae wat volg. Ondervraer: Welkom by Arts Tonight, me. Reza de Wet. Jou toneelstuk Mis maak volgende week by die plaaslike teater oop. 7.1 Wat het jou geïnspireer om hierdie toneelstuk te skryf? (4) 7.2 Beskryf die verhouding tussen die karakters wat op die verhoog verskyn. (6) 7.3 Lig die kykers in oor waarom Gabriël, wat nie op die verhoog verskyn nie, so 'n belangrike karakter is. (4) 7.4 Motiveer jou keuse oor waar die toneelstuk afspeel. (4) 7.5 Verduidelik vir die kykers hoe spesifieke gebeurtenisse in Suid-Afrika se geskiedenis die intrige van die toneelstuk beïnvloed het. (4) 7.6 Verduidelik hoe die beligting, klank, kostuums en dekorstelontwerp die realisme van die toneelstuk kan verbeter (daartoe bydra). (8) 7.7 Sê vir die mense by die huis waarom dit vir die jeug in Suid-Afrika belangrik is om na hierdie toneelstuk te kyk. (10) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 10 DBE/November 2021 NSS AFDELING D: TEATERGESKIEDENIS, PRAKTIESE KONSEPTE, INHOUD EN VAARDIGHEDE VRAAG 8 en 9 is VERPLIGTEND. VRAAG 8 Bestudeer BRON H en I hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BRON H AGTERGROND EN INLIGTING OOR WAT 'N INRYTEATER IS 'n Inryteater is soortgelyk aan 'n inrybioskoop. Dit het 'n groot motorpark met uitgemerkte ruimtes vir elke motor. Motors kan in rye langs mekaar parkeer. Aan die agterkant van die motorpark sal daar 'n gebou wees met 'n filmprojektor. Die rolprent word vanuit hierdie projektorkamer op 'n groot wit skerm geprojekteer. Hierdie skerm is voor die geparkeerde motors. Langs elke motor is 'n luidspreker wat deur die passasiers in die motor aanskakel kan word om na die klank van die rolprent te luister. Mense kan in die privaatheid en gemak van hulle motors na die rolprente op die groot skerm kyk. 'n Inryteater gebruik dieselfde beginsels met akteurs wat voor op 'n verhoog optree. BRON I TEATER AAN DIE BEWEEG! Met die negatiewe impak van die Covid-19-pandemie op die teaterbedryf, moes sommige kreatiewe mense die manier waarop ons teater maak, herbedink. Ek het 'n lewendige teateropvoering met 'n verskil bygewoon! Vir die eerste keer in baie maande het ek dit geniet om deel van 'n lewendige gehoor te wees … in die veiligheid van my motor! Dit was te danke aan die organiseerders van die Suidoosterfees, wat Drive-In Theatre opgevoer het, opelug-, lewendige opvoerings wat ook op groot skerms geprojekteer is. Soos dit aand geword het, het ons ons pizzas in ons motor geëet en getoeter of ons ligte geflits om ons waardering vir die opvoering te toon. [Uittreksel uit 'n blog deur Tina Abrahams, November 2020] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 11 DBE/November 2021 NSS 8.1 Motiveer waarom dit tydens die Covid-19-pandemie belangrik was om 'die manier waarop ons teater maak, (te) herbedink'. (4) 8.2 Beskryf hoe die Suidoosterfees-organiseerders tydens die Covid-19- pandemie 'n nuwe manier geskep het om teater te vervaardig (BRON H en I). (4) 8.3 Evalueer die voordele en nadele daarvan om 'n lewendige teateropvoering in enige EEN van die volgende plekke (venues) op te voer: 'n inryteater, 'n sokkerstadion of straatteater. (6) 8.4 Bespreek die vaardighede en tegniese vereistes wat akteurs effektief moet kan uitvoer in die ruimte wat jy in VRAAG 8.3 gekies het. (6) 8.5 Stel TWEE ander maniere voor waarop jy in die 21ste eeu 'die manier waarop ons teater maak, (kan) herbedink'. (4) [24] VRAAG 9 Dit was belangrik vir jou om tydens die grendeltydperk vir jou praktiese eksamen (individuele temaprogram/oudisieprogram) en jou geskrewe eksamen voor te berei. 9.1 Evalueer hoe die skakels of oorgange tussen die drie dramatiese items (gedig, monoloog, storievertel, beweging, ens.) sal help om 'n verband te skep van 'n individuele temaprogram of individuele oudisieprogram. (6) 9.2 Skep selfstudieaantekeninge om jou vir jou teorie-eksamen in Dramatiese Kunste oor EEN van die volgende voor te berei:  Arm/Gestroopte Teater OF  Protesteater OF  Werkswinkelteater (Jou aantekeninge kan in die vorm van 'n breinkaart/ spinnekopdiagram/opsomming/kolpunte wees.) (10) [16] TOTAAL AFDELING D: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Dramatic Arts

View all