Skip to content

Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2021 Memo (Afrikaans)

MemorandumDramatic ArtsGrade 12202145 pages

Grade 12 Dramatic Arts memorandum from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 45 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 DRAMATIESE KUNSTE NOVEMBER 2021 NASIENRIGLYNE PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 43 bladsye en 2 bylaes. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 2 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne ALGEMENE AANTEKENINGE VIR DIE HOOFNASIENER EN NASIENERS 1. Die doel van assesserings-/eksamenprosesse is nie net om die 'memorisering' van kennis wat onderrig en geleer is op elk van die 6 kognitiewe kennisvlakke te bepaal nie, maar ook om die kompleksiteit van die denkproses wat die kandidaat toepas op die kennis wat uit die geheue herwin is, te bepaal. 2. Die instrument wat gebruik word om hierdie twee komponente te assesseer, is Anderson en Krathwohl se hersiene Blooms se Taksonomie.  6 kognitiewe moeilikheidsvlakke  4 kompleksiteitsdenkprosesse 3. Gebruik die eerste dag om die kwaliteit en hoeveelheid bewyse in die nasienriglyne te evalueer, die vereiste antwoorde te standaardiseer en om algemene definisies en begrippe te vind. Assimileer die:  Verwagte antwoorde op elke vraag  Die kognitiewe moeilikheidsvlak vereis van die kandidaat  Die tipe denkproses en -kompleksiteit wat van die kandidaat verwag word  Aksiewerkwoorde gebruik by elk van die kognitiewe vlakke en die tipes bewyse vereis (feite, konsepte, prosesse en denke) 4. Maak 'n duidelike merkie langs die vereiste aspek van kognitiewe vlak/denkproses kompleksiteit/konsep/inhoud/vaardighede/kennis wanneer 'n punt toegeken word. Nasieners moet aktief betrokke raak by die antwoord  Verwys na die rubrieke aan die einde van die nasienriglyne. 5. As die nasienriglyn nie duidelike riglyne verskaf nie, moet 'n nasiener, met kort kommentaar, aandui waarom punte toegeken moet word of nie. 6. Daar moet gedurende die nasienproses etlike konsultasierondtes wees om te verseker dat nasien gestandaardiseer is. 8. Waar 'n kandidaat meer as die voorgestelde getal woorde geskryf het, moet hy/sy nie gepenaliseer word nie (bv. opstelvraag). 9. Sien globaal na, waar moontlik. Nasieners aanvaar enige korrekte, relevante en goed gemotiveerde antwoorde. 10. Nasieners moet seker maak dat die kandidate se antwoorde ooreenstem met die KABV-dokument se Breë Onderwerpe en Onderwerpe (konsepte, vaardighede en kennis) en met die spesifieke vraag gevra. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 3 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne STANDAARDISERING VAN NASIEN IN AL DIE PROVINSIES Nasien van Opstel- en Antwoordvrae Die hoofnasiener in elke provinsie moet die paradigma waaruit die vrae en die bygaande nasienriglyne ontwerp en opgestel is, verstaan: 1. Inhoudsmoeilikheidsgraad: Hoe kompleks is die ontwerp van die vraag? Word die inhoud op die korrekte vlak geassesseer? 2. Taakmoeilikheidsgraad: Wat is die kognitiewe vlak en denkproses wat van die kandidaat verwag word? 3. Stimulusmoeilikheidsgraad: Hoe moeilik of maklik is dit om die bron te verstaan en toe te pas? 4. Moeilikheidsgraad van die antwoord wat verwag word: Wat is die hoeveelheid/aantal (hoeveel) en gehalte/kwaliteit (hoe goed) van die verwagte antwoord wat van die kandidaat vereis word, soos in die nasienriglyne gegee? Is dit in lyn met die item, taak en stimulus? Is die punte toepaslik toegeken en geweeg? Leong: 2002 Wanneer nasieners aan die begin van die nasienproses opgelei word moet die hoofnasiener in elke provinsie die volgende prosedure volg. Dit sal help met die standaardisering van die puntetoekenning van kandidate se opstelle en antwoorde vir elke deel van die eksamen. Dit sal ook nasionale nasienprosedures, -prosesse en -uitslae standaardiseer. Inleiding tot die Taak  Nasieners lees die taak wat van die item vereis word en som dit op.  Nasieners lees die item en beplan 'n antwoord op die taak.  Nasieners deel antwoordplanne en som verwagtings vir kandidaatantwoorde op/ deel nie net die hoeveelheid (aantal) bewyse nie, maar ook die gehalte van bewyse (hoe goed). Inleiding tot die Rubriek en Ankervraestelle  Opleier hersien rubriek met verwysing na die taak.  Opleier hersien prosedures vir die toeken van holistiese punte (d.i. deur bewyse van die antwoord by die taal van die rubriek te pas en deur alle eienskappe ewe veel te laat weeg).  Opleier lei die hersiening van elke ankervraestel en kommentaar. (LET WEL: Ankervraestelle word in volgorde van hoog na laag in elke puntvlak geplaas.) Oefen Individuele Puntetoekenning  Nasieners ken individueel punte aan 'n aantal oefenvraestelle toe. Nasieners moet die vraestelle onafhanklik nasien.  Opleier teken punte aan en lei bespreking. (Oefenvraestelle moet puntetelling en kommentaar bevat.) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 4 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne AFDELING A: 20ste-EEUSE TEATERBEWEGINGS VRAAG 1 Die volgende dien as 'n riglyn: Die kandidaat moet:  Hierdie vraag in die vorm van 'n opstel beantwoord  Voorbeelde gebruik vanuit die toneelteks wat hy/sy bestudeer het om die argument te bewys  Na een van drie Teaterbewegings: Teater van die Absurde OF Epiese Teater OF Postmoderne Teater verwys  Na die bron in sy/haar antwoord verwys  Toon dat die vraag en bron in sy/haar opstel ontleed, verstaan en geïntegreer is Die inhoud van die opstel moet die volgende dek:  Hoe die teater 'n weerspieëling is van die kandidaat se persoonlike lewe, die lewens van ander mense en die samelewing as 'n geheel asook hoe die toneelstuk/genre jou inspireer om anders na die lewe te kyk  Spesifiek in Afspraak met Godot: Kandidate mag identifiseer met hulle eie persoonlike gevoelens van angs of hopeloosheid afhangende van hulle lewenservaring  Gekose temas en karakters uit die toneelteks wat die bespreking ondersteun  Die 20ste-eeuse Teaterbeweging wat die kandidaat bestudeer het (Teater van die Absurde OF Epiese Teater OF Postmoderne Teater)  Die vraag  Die bron Nasiener se aantekeninge:  Gebruik die rubriek se kriteria, vlakbeskrywers, kognitiewe vlakke en denkprosesse om 'n punt toe te ken.  Die kandidaat moet toon dat die bogenoemde verstaan, krities ontleed en in die opstel toegepas is  Kennis wat gememoriseer is, moet in 'n oorspronklike argument gekontekstualiseer word wat feitlike, kontekstuele, prosedure- en metakognitiewe denke toon  Die rubriek is 'n riglyn vir die nasiener om die volgende te assesseer: o Kennisdimensievlakke (onthou, verstaan, toepas, ontleed, evalueer en skep) o Kompleksiteit van denke deur die kandidaat getoon (feitelik, konseptueel, prosedureel metakognitief)  Neem alle instruksies in ag wanneer die opstel nagesien word.  Nasieners moet vaardig wees m.b.t. die betekenis en toepassing van Blooms se Taksonomie asook die gebruik van 'n rubriek se kriteria, vlakbeskrywers, kognitiewe vlakke en denkprosesse om 'n punt toe te ken.  Nasieners moet opgelei word oor hoe om al ses kognitiewe vlakke en die vier denkprosesse te gebruik en toe te pas om 'n kandidaat se prestasie te meet. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 5 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne Nasieners moet beide die ses kognitiewe vlakke en die vier denkvlakke toepas om 'n kandidaat se prestasie te meet en 'n punt toe te ken. BESKRYWER PUNT DIE KANDIDAAT TOON DIE VOLGENDE: Denkproses: Feitlike, konseptuele, prosedure-, en metakognitiewe kennis in die vraag, bron en Uitstaande inhoud reflekteer en skep nuwe idees met betrekking tot:  Integreer die vereistes van die vraag en bron op 'n nuwe, kreatiewe en oorspronklike wyse. 27–30 Metakognitiewe  Evalueer voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en ander addisionele bronne in 'n 90–100 Kennis omvattende reeks insiggewend gekose teoretiese, praktiese en estetiese inhoud. A+  Ontwerp en skep 'n argument volgens 'n nuwe en unieke patroon wat refleksiewe kreatiewe, Skep kritiese en analitiese denke toon. Kognitiewe vlak: Toon vermoë om te skep, te herorganiseer, te ontdek, te verander en te verbeter. Denkproses: Ondersoek feitlike, konseptuele, prosedure- en metakognitiewe kennis in die vraag, Uitstekend bron en inhoud en integreer die vereistes van die vraag en bron op 'n en interessante wyse. 24–26  Beoordeel/Assesseer voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en ander addisionele Metakognitiewe 80–89 bronne in 'n betekenisvolle reeks toepaslik gekose teoretiese, praktiese en estetiese inhoud. Kennis A  Stel 'n argument volgens 'n interessante patroon saam wat reflektiewe, kritiese en analitiese denke toon. Evalueer Kognitiewe vlak: Toon vermoë om te beoordeel, kritiek te lewer, aan te beveel en voor te stel. Denkproses: Ontleed, onderskei en ondersoek feitlike, konseptuele en prosedurekennis in die Verdienstelik vraag, bron en inhoud en integreer die vereistes van die vraag en bron op 'n vertolkende wyse. 21–23  Ontleed/Dissekteer voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en ander addisionele Prosedure- 70–79 bronne in 'n breë reeks toepaslik gekose teoretiese, praktiese en estetiese inhoud. kennis B  Stel 'n argument saam wat kritiese en analitiese denke toon. Kognitiewe vlak: Toon vermoë om gevolgtrekkings te maak, begrippe te dekonstrueer, met mekaar Ontleed in verband te bring, toe te skryf, te ontdek. Wesenlik Denkproses: Ontleed en onderskei feitlike, konseptuele en prosedurekennis in die vraag, bron en inhoud. Integreer die vereistes van die vraag en bron op 'n georganiseerde en verklarende wyse. 18–20 Prosedure- • Integreer voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en ander addisionele bronne in 'n 60–69 kennis breë reeks toepaslik gekose teoretiese, praktiese en estetiese inhoud. C • Verskaf 'n argument wat kritiese en analitiese denke toon. Toepas Kognitiewe vlak: Toon 'n vermoë om toe te pas, saam te stel en te integreer. Denkproses: Verduidelik, interpreteer en herformuleer feitlike en konseptuele kennis van die vraag, Voldoende bron en inhoud en integreer die vereistes van die vraag en bron op 'n konvensionele wyse. 15–17  Interpreteer voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en ander addisionele bronne in 'n Konseptuele 50–59 breë reeks teoretiese, praktiese en estetiese inhoud, voorspelbaar. Kennis D  Verskaf 'n argument wat analitiese denke toon. Kognitiewe vlak: Toon vermoë om te interpreteer, met mekaar in verband te bring, toe te lig, te Begrip klassifiseer, op te som, te vergelyk en te verduidelik. Denkproses: Verduidelik en interpreteer feitlike en konseptuele kennis van die vraag, bron en Gemiddeld inhoud. Integreer die vereistes van die vraag en bron op 'n algemene wyse. 12–14  Verduidelik voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en ander addisionele bronne in 'n Konseptuele 40–49 voorspelbare reeks teoretiese, praktiese en estetiese inhoud. Kennis E  Skryf 'n verduideliking in voorspelbare/algemene denkprosesse. Kognitiewe vlak: Toon vermoë om te interpreteer, met mekaar in verband te bring, toe te lig, Begrip klassifiseer, op te som, te vergelyk en te verduidelik. Denkproses: Definieer en pas kennis uit geheue toe. Integreer die vereistes van die vraag en bron Elementêr op 'n ongekompliseerde/reguit/fundamentele vlak op 'n basiese wyse. 10–11  Kies voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en ander addisionele bronne in 'n Feitlike 30–39 beperkte reeks teoretiese, praktiese en estetiese inhoud. Kennis F  Skryf 'n verduideliking met voorspelbare denkprosesse. Kognitiewe vlak: Toon elementêre vermoë om probleem op te los, te identifiseer, te noem, in Onthou verband te bring, te definieer. Nie Behaal Nie Denkproses: Onthou en pas kennis uit geheue toe. Probeer om vraag en bron te integreer, maar toon beperkte tot basiese vermoë om die vereistes van die vraag en aanhaling op te los. 1–9 Feitlike  Kies voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en ander addisionele bronne in 'n 20–29 Kennis beperkte, voorspelbare reeks teoretiese, praktiese en estetiese inhoud. G Kognitiewe vlak: Toon beperkte vermoë om te identifiseer, te noem, in verband te bring en te Onthou definieer. Nie Behaal Nie Denkproses: Toon geen begrip van die vraag of bron nie, kan nie opstel skryf nie, gee geen voorbeelde uit die toneelteks van die teaterbeweging. OF Feitlike 0  Bied feite aan wat nie verband met vraag het nie. OF Kennis H  Nie in staat om te identifiseer, te noem, in verband te bring, te definieer nie. Kognitiewe vlak: Bied gememoriseerde inligting en inhoud aan wat nie die vraag antwoord nie. Onthou TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 6 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER: 1960–1994 Die kandidaat moet slegs EEN vraag in hierdie afdeling beantwoord. VRAAG 2: WOZA ALBERT! – PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN BARNEY SIMON 2.1 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis en begrip van die intrige van die toneelstuk toon. Ken volpunte toe vir:  Twee goed gemotiveerde stellings OF  Vier aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: 'n Opsomming van die intrige (storie) kan soos volg wees:  Die intrige is 'n 'verplasing van die Nuwe Testament' in die wêreld van Suid-Afrika tydens apartheid Intrige (storie) per toneel  Die swaarkry van die mense word in elke toneel uitgebeeld  Ons sien die stories en aksies van die vleisverkoper, die haarkapper, die mans in die tronk, die mans op die trein, die steenkoolverkopers, die man wat die jas maak, die Albert Straat-toneel, Coronation Brickyard, Robben- eiland wat die fasette van die Suid-Afrikaanse samelewing toon Intrige per aksie  Die karakters wag vir Morena om na Suid-Afrika toe te kom  Morena kom aan, verskyn in Albert Street en word na Coronation Brickyard genooi  Morena word verraai, gevang, ontsnap, word weer gevang en op Robben-eiland in die tronk gesit  Morena loop op water na Kaapstad toe hy as gevolg van 'n bomontploffing gesterf het maar hy herrys op die derde dag en verskyn aan Zuluboy by die begraafplaas  Morena laat vryheidsvegters herrys, bv. Hector Peterson, Robert Sobukwe en Albert Luthuli (wat die oorsprong van die titel Woza Albert! is)  Die gehoor word gelaat met inspirasie en hoop op verandering in die samelewing (4) 2.2 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis en begrip van die toneel en die impak wat dit op 'n gehoor kan hê, toon. Ken volpunte toe vir:  Twee goed gemotiveerde stellings OF  Vier aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: Die impak op 'n gehoor kan wees:  Woede dat 'n ou vrou in 'n asblik vir kos moet rondkrap  Empatie met haar situasie  Motivering om mense soos sy in hulle gemeenskappe te help (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 7 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne 2.3 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n begrip en analise van die apartheidstelsel toon. Ken volpunte toe vir:  Twee goed gemotiveerde stellings OF  Vier aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: Sommige van die gevolge van die apartheidstelsel soos gesien deur die karakter van Auntie Dudu wat:  Baie oud en arm is en geen manier het om haarself te onderhou nie want die regering het nie voorsiening vir ou swart mense gemaak nie  Baie honger is en geen geld het om kos te koop nie. Sy krap in die asblikke om kos te kry wat 'n daaglikse gebeurtenis is vir mense van kleur  Al so lank onderdruk is dat sy glo dat wit mense wat groot partytjies hou haar oplossing is om kos te kry  Die meerderheid swart mense verteenwoordig wat in haglike omstandighede leef  Die struikelblokke wat deur baie mense ervaar is wat onder die streng apartheidswette moes leef wat geen toegang tot werk, behuising en ander geriewe gehad het nie, verteenwoordig  Hoogtepunte van die struikelblokke van mense wat onder die Paswetstelsel moes leef wat die beweeglikheid van swart mense ernstig aan bande gelê het, weerspieёl (4) 2.4 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis, begrip en toepassing van enige of beide vokale en fisiese vaardighede in die uitbeelding van 'n karakter toon. Ken volpunte toe vir:  Twee goed gemotiveerde stellings OF  Vier aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: Mbongeni kan die volgende gebruik: Vokale Vaardighede:  Sy toonhoogte verander om in die karakter van Auntie Dudu te verander  Die eienskappe van spraak, soos volume, pas, beklemtoning, intonasie, ens. word gebruik om 'n ou vrou uit te beeld Fisiese Vaardighede:  Sy karakter se ouderdom deur die gebruik van gepaste beweging en gebare te weerspieël  Sy interpretasie van 'n ou vrou deur gepaste verandering in sy postuur te weerspieël  Sy stem en liggaam te verander volgens sy interpretasie van 'n ou vrou deur haar stap, maniertjies en manier van praat (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 8 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne 2.5 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n duidelike kennis en begrip van die Arm Teater-elemente wat gebruik is, toon. Ken volpunte toe vir:  Twee goed gemotiveerde stellings Die volgende dien as 'n riglyn: Arm Teater-elemente kan die volgende insluit:  Die akteur moet homself bloot lê deur die masker van die daaglikse lewe af te ruk en homself onthul  Die gebruik van via – negativa om enige kunsmatige metodes of gewoontes af te leer  Die akteur moet homself emosioneel, sielkundig, fisies en geestelik bevry  Die akteur moet fiks wees en sy liggaam as 'n instrument van kommunikasie gebruik (4) 2.6 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis, evaluering, empatie en kreatiwiteit toon in die assessering van die belangrikheid van die temas en kwessies wat in karakters soos Auntie Dudu weerspieël word. Ken volpunte toe vir:  Drie goed gemotiveerde stellings OF  Ses aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: Daaglikse ervarings van karakters soos Auntie Dudu kan wees:  Armoede: Ons wêreld is vol mense wat arm is en dit is belangrik om hiervan bewus te wees om gemotiveer te voel om iets positief daaromtrent te doen  Haweloosheid: Suid-Afrika het steeds 'n hoë persentasie hawelose mense en ons moet 'n sosiale gewete hê om verandering mee te bring  Gebrek aan basiese menseregte (bv. kos, skuiling, lopende water) is kwessies wat nog opgelos moet word  Klasmaats kan bewus word van die treurige toestand van behoeftiges in die wêreld  'n Debat gee almal in die klas 'n geleentheid om hulle menings te lug en idees te gee vir oplossings oor hoe om in te gryp in die samelewing en dit verbeter  Woza Albert!, as 'n stuk Protesteater, het ten doel om die samelewing te verbeter en die toneelstuk is steeds in staat om sy gehoor te leer, te inspireer, te mobiliseer en vatbaar te maak om veranderinge in ons wêreld aan te bring. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 9 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne 2.7 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis en analise van die voordele van die vaardighede wat in die vak Dramatiese Kunste geleer is, toon wat moontlik die aanbied van 'n dinamiese en doeltreffende les kan verbeter. Die les kan virtueel aangebied word. Ken volpunte toe vir:  Twee goed gemotiveerde stellings OF  Vier aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: Die vaardighede wat jy aangeleer het: Fisiese:  Gebruik 'n energieke manier om aan te bied, wat moontlik die gehoor se aandag sal trek  Die gebruik van lewendige gesigsuitdrukkings wat die betekenis en boodskap ondersteun  Projekteer selfvertroue om met 'n gehoor te praat en om die klasdinamiek te beheer.  Die gebruik van n duidelike goed gemoduleerde stem Toneelspelvaardighede:  Die vermoë om te fokus en om die klas te laat fokus.  Luistervaardighede vir vrae vanaf die deelnemers en klasbespreking.  Kreatiewe denke wat nuwe maniere om aan te bied en oplossings vir kwessies wat in die bespreking opduik, te inkorporeer.  Dramatisering van 'n karakter terwyl die toneel uit die voorgeskrewe teks aangebied word, sal die klas vermaak en hulle verbeelding inspireer. (4) 2.8 Verwys na die notas hieronder en BYLAE A om jou nasienproses te vergemaklik. Nasieners aanvaar antwoorde wat die ervarings evalueer van karakters en temas in Woza Albert! En vergelyk met die huidige en toekomstige Suid-Afrika Die volgende dien as 'n riglyn: Interpretasie van vorige, huidige en toekomstige Suid-Afrika kan ʼn bespreking van die volgende insluit:  Armoede  Oneweredige verspreiding van rykdom  Haweloosheid  Werkloosheid en werkstoestande  Noodtoestand  Vryheid van beweging  Polisiewreedheid  Lewensverlies  Onderwys  Sosiale en geografiese isolering  Sielkundige en maatskaplike impak/invloed Moet NIE 'n lys woorde aanvaar NIE. Kandidate moet hulle punte motiveer. (10) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 10 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne VRAAG 3: SOPHIATOWN – THE JUNCTION AVENUE THEATRE COMPANY 3.1 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis en begrip van die intrige van die toneelstuk toon. Ken volpunte toe vir:  Twee goed gemotiveerde stellings OF  Vier aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: 'n Opsomming van die intrige kan soos volg wees:  Jakes tree as die verteller van die gebeure op  Die toneelstuk handel oor die gedwonge verskuiwings wat mense uit hulle huise uit, in Sophiatown ervaar is  Ruth Golden daag op in reaksie op 'n advertensie wat deur Jakes in Drum Magazine geplaas is en trek by Mamariti se huis in  Lewe en verhoudings in Sophiatown word weerspieël deur die kom en gaan by van mense die huis  'n Uitsettingbevel skep spanning en ontsteltenis en verset, 'We Won't Move' ('Ons Sal Nie Trek Nie')  Die G-men se aankoms 'n paar dae vroeër as wat in die bevel gestipuleer is, veroorsaak verwoesting en chaos in die gemeenskap en sy mense  Die toneelstuk eindig met die karakters wat die gebeure oorvertel en die invloed verduidelik wat die gedwonge verskuiwings op hulle gehad het (4) 3.2 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis en begrip van toneel en die impak wat dit op 'n gehoor kan hê. Ken volpunte toe vir:  Twee goed gemotiveerde stelling OR  Vier aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: Die impak van hierdie toneel:  Mingus probeer Charlie oortuig om agter te bly, en om hom nie te volg nie want hy moet na die nuwe plek, soos deur die regering gestipuleer, gaan. Dit veroorsaak angs en benoudheid vir Charlie en dit kan veroorsaak dat lede van die gehoor sterk op die onregverdigheid reageer  Charlie wil nie agterbly nie, hy wil saam met Mingus gaan  Mingus probeer hom oorreed om te bly en vir die eerste keer maak dit hom bewus dat hulle nie dieselfde is nie, want Mingus is swart en Charlie is n kleurling wat kan veroorsaak dat lede van die gehoor kwaad of ontsteld word as gevolg van die rassisme en diskriminasie van die apartheid- regering  Lede van die gehoor kan empatie hê met Charlie wat geforseer word om alle bande met Mingus en familie te breek (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 11 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne 3.3 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat begrip en analise van die gevolge van die apartheidstelsel toon. Ken volpunte toe vir:  Twee goed gemotiveerde stellings OF  Vier aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: Die gevolge van die apartheidstelsel kan wees:  Die stelsel het mense volgens ras geskei. Die apartheidsregering het die inwoners met geweld verwyder en hulle in verskillende plekke geplaas (segregasie)  Beperkings op vryheid van beweging het mense beïnvloed  Bande tussen mense, wat na aan mekaar was, is gebreek, soos in die geval van Charlie en Mingus, en Ruth en Jakes  Die apartheidsregering wou nie erken dat mense uit verskillende kulturele agtergronde en verskillende rasse in harmonie kon saamleef nie  Voorgeskrewe superioriteit van 'n sekere groep mense, blankes, oor ander mense, swart mense, het rasse-, sosiopolitieke en ekonomiese verdelings in Suid-Afrika veroorsaak (4) 3.4 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis, begrip en toepassing van een of albei vokale en fisiese vaardighede in die uitbeelding van 'n karakter toon. Ken volpunte toe vir:  Twee goed gemotiveerde stellings OF  Vier aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: Die akteur wat Mingus uitbeeld kan sy deernis teenoor Charlie toon deur: Vokale:  Variasie van sy vokale dinamiek om die verskillende emosies wat Mingus ervaar, te illustreer  Gebruik die eienskappe van spraak, soos volume, pas, klem, intonasie, ens. om sy deernis en sy verhouding met Charlie uit te beeld Fisiese:  Weerspieël sy karakter se angs en omgee in die gepaste gebruik van sy bewegings en gebare  Gepaste gesigsuitdrukkings om te wys hoe hy voel (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 12 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne 3.5 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis, begrip en toepassing van Stanislavski se tegniek/metode toon. Aanvaar antwoorde van kandidate wat ander metodes bespreek Ken volpunte toe vir:  Twee goed gemotiveerde stellings OF  Vier aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: Stanislavski se tegniek/metode kan die akteur help deur gebruik van:  Geloofwaardige interpretasie: van doel en motivering, emosies, fisikaliteit en vokale eienskappe vir 'n spesifieke karakter om geloofwaardigheid te skep  Emosionele geheue: die akteur wat die rol van Mingus speel, kan put uit persoonlike ervarings om hierdie emosionele werklikheid in sy/haar toneelspel te benut  Magiese as of ('Magic if'): die akteur moet lewe asof hy die karakter is. Vokale en fisiese reaksies kan daarom verskil van opvoering tot opvoering, maar sal altyd realisties wees  Aandagsirkels ('Circles of attention'): die akteur se fokus moet op die wêreld van die toneelstuk wees, nie op die gehoor nie  Motivering: die akteur moet 'n rede vir elke aksie (lyn, gedrag, houding, emosies) hê. Die dialoog van die karakters is televant tot hulle sosio- ekonomiese agtergrond  Gegewe omstandighede: die karakters praat en luister na mekaar en reageer as gevolg van wat die ander karakter gedoen/gesê het. Karakters het 'n verlede en toekoms voor en na die toneelstuk en wat na die toneelstuk oopmaak en afsluit. Daarom word 'n deel van die lewe op die verhoog uitgebeeld en die toneelstuk word slegs as 'n gedeelte van die geheel beskou  Realisme in die teater: Werklike gebeurtenisse, emosies, situasies, dialoog en karakters word aangebied. Die karakters is almal ten volle ontwikkel met 'n sosio-ekonomiese-, politieke-; persoonlike-; sielkundige-, emosionele agtergrond. (4) 3.6 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis, evaluering, empatie en kreatiwiteit in die assessering van die belangrikheid van die temas en kwessies wat deur karakters, soos Mingus en Charlie, weerspieël word, toon. Ken volpunte toe vir:  Drie goed gemotiveerde stellings OF  Ses aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: 'n Debat:  Gee almal in die klas 'n geleentheid om hulle menings te lug en idees te gee vir oplossings om in die samelewing tot aksie oor te gaan  Illustreer hoe Sophiatown, as 'n stuk Protesteater, beoog om die samelewing ten goede te verander en die toneelstuk kan steeds sy gehoor onderrig, inspireer, sensiteer en mobiliseer om veranderinge in ons wêreld te begeer en te maak Kwessies: 'n Debat:  Kan illustreer dat ons wêreld vol is van mense wat arm is en dit is belangrik om hiervan bewus te wees om gemotiveerd te wees om iets daaraan te doen  Kan identifiseer dat Suid-Afrika nog steeds 'n hoë persentasie hawelose mense het en dat 'n maatskaplike bewussyn nodig is om dit te verander  Kan aandui wat karakters, soos Mingus en Charlie, in staat is om te doen om te oorleef , wettig of onwettig  Kan uitlig hoe die gebrek aan basiese menseregte: (bv. kos, skuiling, lopende water) nog is kwessies is wat nog aangepak moet word  Kan klasmaats aanmoedig en motiveer om meer bewus te word van die benardheid van behoeftiges in die wêreld (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 13 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne 3.7 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis en analise van die voordele van die vaardighede wat in die vak Dramatiese Kunste geleer is, toon wat moontlik die aanbied van 'n dinamiese en doeltreffende les kan verbeter. Die les kan ʼn virtuele voorstelling wees. Ken volpunte toe vir:  Twee goed gemotiveerde stellings OF  Vier aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: Die vaardighede wat jy aangeleer het: Fisiese:  'n Energieke manier van aanbieding wat moontlik die aanlyn gehoor se aandag sal trek  Die gebruik van lewendige gesigsuitdrukkings wat die betekenis en boodskap ondersteun  Die gebruik van n duidelike goed gemoduleerde stem Optrede:  Die vermoë om te fokus en om die klas te laat fokus.  Luistervaardighede vir vrae vanaf die deelnemers en klasbespreking.  Selfvertroue om met 'n gehoor te praat en die klasdinamiek te beheer  Kreatiewe denke wat nuwe maniere om aan te bied en oplossings vir kwessies wat in die bespreking opduik, te inkorporeer.  Dramatisering van 'n karakter terwyl die toneel uit die voorgeskrewe teks aangebied word, sal die klas vermaak en hulle verbeelding inspireer. (4) 3.8 Verwys na die notas hieronder en BYLAE A om jou nasienproses te vergemaklik. Nasieners aanvaar antwoorde wat die ervarings van die karakters en temas in Sophiatown, met die huidige en toekomstige Suid-Afrika vergelyk en evalueer. Die volgende dien as 'n riglyn: Interpretasie van die verlede, huidige en toekomstige Suid-Afrika kan ʼn bespreking insluit:  Armoede  Oneweredige verspreiding van rykdom  Haweloosheid  Werkloosheid en werkstoestande  Noodtoestand  Vryheid van beweging  Polisiewreedheid  Lewensverlies  Onderwys  Maatskaplike en geografiese isolering  Sielkundige en emosionele impak/invloed Moet NIE 'n lys woorde aanvaar NIE. Kandidate moet hulle punte motiveer. (10) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 14 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS – PG DU PLESSIS 4.1 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis en begrip van die intrige van die toneelstuk toon. Ken volpunte toe vir:  Twee goed gemotiveerde stellings OF  Vier aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: 'n Opsomming van die intrige kan soos volg wees:  Tjokkie, Tiemie en Ma woon in die Suburbs  Tjokkie het 'n gawe – hy kan die toekoms voorspel, maar dit maak hom seer  Tiemie is moontlik swanger met Jake se kind, maar wil nie met hom trou nie  Fé stel voor dat Tjokkie moet voorgee om te sien en te sê dat Jakes nie die vader is van Tiemie se kind nie  Giel wil geld op die perde verwed en vra Tjokkie om te sien watter perd gaan wen  Jakes en Giel forseer Tjokkie om te sien deur hom dagga te gee en om hom te martel (4) 4.2 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis en begrip van toneel en die impak wat dit op 'n gehoor kan hê. Ken volpunte toe vir:  Twee goed gemotiveerde stelling OR  Vier aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: Die impak van hierdie toneel:  Ma is bekommerd en beskermend oor Tjokkie want sy weet hy kry seer wanneer hy 'sien' (in 'n beswyming/trans is)  Die gehoor sal Ma se angs en pyn aanvoel  Giel gebruik Ma en Tjokkie, wat die gehoor met afsku kan vervul, deur sy manipulering en die pyn wat hy Tjokkie veroorsaak  Tjokkie hou nie daarvan om in die toekoms in te sien nie, en raak angstig as gevolg van die voorspelling wat hy maak. Hierdie weerstand en verwarring wat hy voel, sal deur die gehoor gedeel word wat met sy situasie empatie sal hê. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 15 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne 4.3 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis en begrip van die tragedie van Tjokkie in BRON D toon. Ken volpunte toe vir:  Twee goed gemotiveerde stellings OF  Vier aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: Tjokkie se tragedie kan wees:  Giel en Jakes forseer hom om te sien deur hom dagga te gee en hom te martel  Tjokkie beskou sy vermoë om die toekoms te voorspel as 'n vloek  Ander mense wil hierdie vermoë om die toekoms te voorspel vir hulle eie voordeel te gebruik  Tjokkie wil hê Tiemie moet van Jakes ontslae raak en hy voorspel dat Jakes nie die pa is nie wat tot die tragiese einge van die teks lei  Na sy aanval/voorspelling is Tjokkie vir 'n dag in 'n beswyming/trans. Die gehoor kan sy pyn aanvoel en empatie vir hom hȇ (4) 4.4 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis, begrip en toepassing van een of albei vokale en fisiese vaardighede in die uitbeeld van 'n karakter toon. Ken volpunte toe vir:  Twee goed gemotiveerde stellings OF  Vier aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: Die akteur wat Tjokkie speel, kan vokale OF fisiese vaardighede gebruik deur: Vokale:  Variasie van sy vokale dinamiek om die verskillende emosies waardeur hy gaan, te illustreer  Die eienskappe van spraak, soos volume, pas, klem, intonasie, ens. te gebruik om sy emosionele toestand en die sielkundige moeite wat dit vat om te voorspel en te 'sien', uit te beeld Fisiese:  Sy karakter se toestand van vasgeketting en uitputting deur sy bewegings en gebare te weerspieël  Gepaste gesigsuitdrukkings om te wys hoe hy voel (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 16 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne 4.5 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis, begrip en toepassing van Stanislavski se tegniek/metode toon. Ken volpunte toe vir:  Twee goed gemotiveerde stellings OF  Vier aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: Stanislavski se tegniek/metode kan die akteur help deur gebruik van:  Geloofwaardige interpretasie: van bedoeling, emosies, fisikaliteit en vokale eienskappe vir 'n spesifieke karakter om geloofwaardigheid te skep  Emosionele geheue: die akteur wat die rol van Tjokkie speel, kan put uit persoonlike ervarings om hierdie emosionele werklikheid in sy/haar toneelspel te benut  Magiese as of ('Magic if'): die akteur moet lewe asof hy die karakter is. Vokale en fisiese reaksies kan daarom verskil van opvoering tot opvoering, maar sal altyd realisties wees  Aandagsirkels ('Circles of attention'): die akteur se fokus moet op die wêreld van die toneelstuk wees, nie op die gehoor nie  Motivering: die akteur moet 'n rede vir elke aksie (lyn, gedrag, houding, emosies) hê. Die dialoog van die karakters is tipies van hulle sosio- ekonomiese agtergrond  Gegewe omstandighede: die karakters praat en luister na mekaar en reageer as gevolg van wat die ander karakter gedoen/gesê het. Karakters het 'n verlede en toekoms voor en na die toneelstuk en wat na die toneelstuk oopmaak en afsluit. Daarom word 'n deel van die lewe op die verhoog uitgebeeld en die toneelstuk word slegs as 'n gedeelte van die geheel beskou  Realisme in die teater: Werklike gebeurtenisse, emosies, situasies, dialoog en karakters word aangebied. Die karakters is almal ten volle ontwikkel met 'n sosio-ekonomiese-, politieke-; persoonlike-; sielkundige-, emosionele agtergrond. (4) 4.6 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis, evaluering, empatie en kreatiwiteit in die assessering van die belangrikheid van die temas en kwessies wat deur karakters, soos Tjokkie, weerspieël word, toon. Ken volpunte toe vir:  Drie goed gemotiveerde stellings OF  Ses aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: 'n Debat:  Mag die klasmaats meer bewus maak van die noodroep van diegene in die wêreld wat anders is, mishandel word en uitgebuit word  Gee almal in die klas 'n geleentheid om hulle menings te lug en idees te gee vir oplossings om in die samelewing tot aksie oor te gaan Daaglikse ervarings van karakters soos Tjokkie kan: 'n Debat:  Viktimisasie: Mense neig om te marginaliseer en hulle boelie diegene wat 'anders' is, of dit ras-, fisies-, kultureel, sielkundig, ekonomies is  Die stryd om aanvaarding: Karakters, soos Tjokkie, sukkel om aanvaar te word en word dikwels mishandel of geboelie (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 17 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne 4.7 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis en analise van die voordele van die vaardighede wat in die vak Dramatiese Kunste geleer is, toon wat moontlik die aanbied van 'n dinamiese en doeltreffende les kan verbeter. Die aanbieding / les kan ʼn virtuele aanbieding wees. Ken volpunte toe vir:  Twee goed gemotiveerde stellings OF  Vier aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: Die vaardighede wat jy aangeleer het: Fisiese:  'n Energieke manier om aan te bied wat dalk die aanlyn gehoor se aandag sal trek  Die gebruik van lewendige gesigsuitdrukkings om die betekenis en boodskap te ondersteun  Die gebruik van n duidelike en goed gemoduleerde stem Optrede:  Die vermoë om te fokus en om die klas te laat fokus.  Luistervaardighede vir vrae vanaf die deelnemers en klasbespreking.  Selfvertroue om met 'n gehoor te praat en die klasdinamiek te beheer  Kreatiewe denke wat nuwe maniere om aan te bied en oplossings vir kwessies wat in die bespreking opduik, te inkorporeer.  Dramatisering van 'n karakter terwyl die toneel uit die voorgeskrewe teks aangebied word, sal die klas vermaak en hulle verbeelding inspireer. (4) 4.8 Verwys na die notas hieronder en BYLAE A om jou nasienproses te vergemaklik. Nasieners aanvaar antwoorde wat die ervarings van die karakters en temas van Siener in die Suburbs met die huidige en toekomstige Suid-Afrika vergelyk en evalueer. Die volgende dien as 'n riglyn: Interpretasies van die verlede, huidige en toekomstige Suid-Afrika kan ʼn bespreking insluit:  Armoede  Lewe in die Suburbs – lewe aan die verkeerde kant van die spoorlyn, dwelmgebruik en dobbel  Werkloosheid en werkstoestande  Noodtoestand  Vryheid van beweging  Polisiewreedheid  Onderwys  Maatskaplike en geografiese isolering  Sielkundige en emosionele impak/invloed Moet NIE 'n lys woorde aanvaar NIE. Kandidate moet hulle punte motiveer. (10) [40] TOTAAL AFDELING B: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 18 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne VRAAG 5: NOTHING BUT THE TRUTH – JOHN KANI 5.1 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis en begrip asook feitelike en histories korrekte informasie van die agtergrond van die toneelstuk en die redes waarom die dramaturg dit geskryf het, toon. Kandidate kan hulle antwoorde in die eerste persoon as dramaturg skryf, maar kan ook objektief antwoord. Aanvaar albei tipes antwoorde. Ken volpunte toe vir:  Een goed gemotiveerde stelling OF  Twee aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: Die inspirasie vir die toneelstuk is die volgende: Die WVK: onder andere, was die inspirasie vir die onstaan van hierdie toneelstuk  Die stories en die gebeure wat deur die WVK aangehoor en gesien is en ook dit waarvoor die Kommissie gestaan het, het my herinner aan my eie lewenservarings en daarom het ek besluit om my toneelstuk te skryf  Ek wou my eie persoonlike storie oor my grootword in New Brighton vertel  John Kani het dit geskryf om eer te betoon aan sy aan jonger broer wat oorlede is (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 19 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne 5.2 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat begrip van die verhoudings van die karakters toon. Kandidate kan hulle antwoorde in die eerste persoon as dramaturg skryf, maar kan ook objektief antwoord. Aanvaar albei tipes antwoorde. Ken volpunte toe vir:  Drie goed gemotiveerde stellings OF  Ses aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: Die verhouding tussen die karakters:  Thando is Sipho se dogter, alhoewel daar onsekerheid oor Thando se ware vaderskap is omdat haar moeder 'n verhouding met Sipho se jonger broer, Themba, gehad het  Sipho het die verhouding geheim gehou totdat hy deur Mandisa en Thando gekonfronteer is om die hele waarheid te vertel  Hy het Thando as sy eie kind grootgemaak alhoewel hy geweet het daar is 'n moontlikheid dat sy nie syne is nie  Thando is onderdanig aan haar vader wat respek vir die Afrika-Kultuur simboliseer  Thando plaas sy behoeftes voor haar eie want sy is bekommerd dat hy alleen sal moet woon sou sy trou  Sipho is Mandisa se oom want hy is haar eie vader, Themba, se ouer broer. Mandisa se aankoms krap die status quo in die Makhaya's se huishouding om want sy bring 'n kontrasterende leefstyl saam haar, wat met die eerste oogopslag as rebels beskou word. Sy neem nie bevele sonder om dit eers te bevraagteken nie, bv. sy stel aan Thando voor dat hulle een aand moet uitgaan, terwyl Thando aanvoer dat hulle nie kan nie want as 'n familie rou hulle nog oor Themba se afsterwe  Mandisa en Thando is niggies gebaseer op die feit dat hulle vaders broers is. Dit is die moderne beskouing van hulle verhouding, maar in die konteks van die Afrika-kultuur is hulle in werklikheid susters want hulle het dieselfde bloedlyn (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 20 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne 5.3 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat begrip van die karakter van Themba en sy belangrikheid in die toneelstuk toon. Kandidate kan hulle antwoorde in die eerste persoon as dramaturg skryf, maar kan ook objektief antwoord. Aanvaar albei tipes antwoorde. Ken volpunte toe vir:  Twee goed gemotiveerde stellings OF  Vier aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: Themba is 'n belangrike karakter agter die skerms want:  Hy is die katalisator in die toneelstuk want die toneelstuk draai rondom hom  Die aankoms van sy as in ʼn begrafnis vaas begin die aksies en emosies van die toneelstuk. Sipho, Themba se broer, is ontsteld want daar is geen lyk (liggaam) nie, in plaas daarvan is dit as in 'n vaas. Sipho is bekommerd dat daar niks is om te begrawe nie en hy kan nie met die liggaam praat nie, soos wat die gebruiklik in sommige Afrika-kulture is  Omdat Themba gesterf het, moet Mandisa en Thando weet wat die waarheid oor Sipho en Themba is en hoe hulle verhouding was  Sipho se emosionele toestand lei tot sy uitbarstings (4) 5.4 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat begrip van die gekose plek waar die toneelstuk afspeel, toon. Kandidate kan hulle antwoorde in die eerste persoon as dramaturg skryf, maar kan ook objektief antwoord. Aanvaar albei tipes antwoorde. Leerders mag die stel op die verhoog (huis) of die omgewing bespreek. Ken volpunte toe vir:  Twee goed gemotiveerde stellings OF  Vier aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: Die keuse van die plek waar die toneelstuk afspeel:  Die toneelstuk speel in die jaar 2000 in New Brighton af, 'n township in Port Elizabeth, in die Oos-Kaap  Dit merk die begin van 'n nuwe millennium en 'n is 'n verwysingspunt tussen die verlede en die toekoms  Liefde dryf die toneelstuk tot by die positiewe en hoopvolle afsluiting. Dit is die tyd van die WVK wat die proses van die karakters in die toneelstuk weerspieël want dit vereis ook 'n proses om voor die verlede te staan om die waarheid en genesing vir die toekoms te vind  Die toneelstuk se plasing weerspieël die sosiopolitieke gebeure en beweging in Suid-Afrika se geskiedenis, asook 'n sielkundige en geestelike behoefte om met jou lewe aan te beweeg deur vergifnis en liefde (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 21 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne 5.5 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat begrip, analise en evaluering toon van hoe spesifieke gebeure in Suid-Afrika se geskiedenis die intrige van die toneelstuk beïnvloed het. Kandidate kan hulle antwoorde in die eerste persoon as dramaturg skryf, maar kan ook objektief antwoord. Aanvaar albei tipes antwoorde. Ken volpunte toe vir:  Drie goed gemotiveerde stellings OF  Ses aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: Spesifieke gebeure in Suid-Afrika se geskiedenis wat die intrige beïnvloed: Waarheid-en-versoeningskommissie:  Die toneelstuk draai rondom die WVK en wat tydens die apartheidsera gebeur het wat tot die stigting van die kommissie gelei het. Dit lig die gehoor in oor die afskuwelikhede van apartheid. Die intrige van die toneelstuk weerspieël die WVK-proses wat die waarheid te onthul, die verlede onder die oë te sien en na die toekoms aanbeweeg  Die titel van die toneelstuk is Nothing But The Truth, wat deel is van wat in beide 'n geregshof en in die WVK gesê is voordat slagoffers en skuldiges hulle verhale vertel het  Sipho wil geregtigheid vir Luvuyo hê, op dieselfde wyse as baie ander familielede geregtigheid vir hulle geliefdes wil hê. Hy wil die moordenaars van Luvuyo vind, en hulle voor die gereg bring. Dit sal afsluiting oor Luvuyo se dood bring. Sipho se begeerte hiervoor skep spanning in die intrige en dit dra by tot Sipho se uitbarsting en die klimaks van die toneelstuk Apartheid:  Sipho se vertel van sy persoonlike verhaal, wat in die apartheidsera ervaar is wat ook die intrige tot sy slot aandryf Demokrasie 1994:  Die bevryding van Nelson Mandela, die nuwe Suid-Afrika en 'n demokratiese nasie het alles vir Sipho geïnspireer om na die 'Better Life for All' te strewe wat die ANC in hulle politieke slagspreuke ten tyde van die skep van die nuwe Suid-Afrika belowe het. Sipho noem hierdie 'better life for all' in die toneelstuk want hy wil dit hê Ballingskap:  Baie mense het tydens apartheid uit die land gevlug en in ballingskap gegaan en toevlug in ander lande in die wêreld gesoek. Dit is duidelik in die geval van Themba wat Londen toe gevlug het omdat hy 'n politieke aktivis was. Hy het gevoel dat om beide politieke en persoonlike redes dit nie meer veilig was om in Suid-Afrika te woon nie. Sy aksies en dood is 'n katalisator vir die ontwikkeling van die intrige aangesien dit sy dood is wat die gebeure wat volg, wat die gebeure in die toneelstuk is, veroorsaak (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 22 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne 5.6 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis, begrip en analise van die werking van die tegniese aspekte van die toneelstuk toon wat die Realisme versterk. Kandidate moet verwys na beligting, klank,kostuum en stel in hulle antwoorde om volpunte te behaal. Kandidate mag hulle antwoorde in die eerste persoon as dramaturg skryf, maar kan ook objektief antwoord. Aanvaar albei tipes antwoorde. Merk holisties. Ken volpunte toe vir:  Vier goed gemotiveerde stellings OF  Agt aparte gedagtes/idees  n Maksimum van vier punte mag toegeken word vir slegs n beskrywing van beligting, kostuum, klank en stelontwerp  LET WEL: Indien een/twee van die vier tegniese elemente uigelaat word mag die leerder nie volpunte kry nie Die volgende dien as 'n riglyn: Realisme in die teater word versterk deur die volgende:  Karakters het 'n verlede en toekoms voor en nadat die toneelstuk begin en eindig, daarom word die gedeelte van die lewe/”slice of life” op die verhoog uitgebeeld en die toneelstuk word as slegs 'n gedeelte van die geheel beskou  Realisme onthul die lewe soos wat dit is, sonder versierings, as 'n spieël (illusie) van die werklikheid  Alle elemente van die drama werk saam om hierdie illusie van die werklikheid te skep, bv. verhoogopstelling, kostuums, rekwisiete, beligting, klank, plek waar dit afspeel, aksie, taal, karakterisering, intrige  Realisme volg die goeie toneelstukformaat, met 'n duidelike uiteensetting, logiese oorsaak-tot-uitwerking-ontwikkeling, klimaks en oplossing  Word aangedryf deur die dramatiese spanning opgebou deur die konflikte wat duidelik deur die karakters ervaar word  Die kern van realistiese drama is konflik. Dit is die brandstof wat die intrige aandryf en hoe die deurlopende spanningslyn sterk gehou word Realisme in die teater word verbeter (versterk) deur: Beligting:  Die toneelstuk speel tydens twee opeenvolgende aande af. Die beligting word gebruik om die realistiese effek van 'n middag te skep wanneer Sipho van die werk af kom in Bedryf 1. Wanneer Thando en Mandisa by die huis aankom na die WVK in Bedryf 2 sal die beligtingontwerp 'n ander tipe laatmiddag vertoon.  Soos wat hulle die kombuis ingaan, skakel hulle die ligte in die huis aan ('switch on the lights in the house') en die versteekte verhoogligte verhelder  Die beligting rondom die huis skep die illusie van 'n buite-area in die straat. Dit kan meer skemerig/gedemp as die binnekant wees om fokus op die huis te plaas  Die siklorama is ook verlig om 'n gevoel van vergeleë ruimte te verskaf en die aandlug kan stadig skemer word soos wat elke bedryf voortgaan  Alle tegniese ligte is vir die gehoor en versteek en skep die illusie van 'n regte huis op 'n regte straat Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 23 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne Klank effekte mag insluit:  Die realistiese klank van seemeeue in die verte skep die illusie asook die toon en atmosfeer van die gebied in die township, wat naby die see is  Daar is die klank van 'n telefoon wat lui, wat 'n landlyn is, tipies van die tyd van die toneelstuk  Die klank van 'n motor in die straat wat Mandisa se aankoms aandui, asook die getoet van 'n motor is klankeffekte wat die illusie van werklikheid versterk  Die klankeffekte skep ook die atmosfeer, toon en versterk die realisme in die toneelstuk Kostuum:  Elke karakter dra 'n kostuum wat pas by die karakter wat hulle uitbeeld, bv. Sipho dra formele klere want hy werk as Assistent-hoofbibliotekaris en is 'n ou, konserwatiewe man  Mandisa dra modieuse klere want sy is 'n modeontwerper van Londen Thando dra konserwatiewe klere want sy is 'n onderwyseres, sy werk ook by die WVK en is deur Sipho groot gemaak wat in sy Xhosa kulturele agtergrond ingewortel Stelontwerp:  Is ontwerp om 'n prosceniumboogverhoog in te pas  Die afgeskorte stel is 'n presiese replika van 'n tipiese township-huis  Dieselfde afmetings en meubels is tipes van 'n township-huis en die gedetailleerde rekwisiete voltooi die visuele prentjie (8) 5.7 Verwys na die notas hieronder en BYLAE A om jou nasienproses te vergemaklik. Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis, begrip, analise en evaluering van die temas en sosiopolitieke omstandighede van die toneelstukteks toon wat ook relevant vir gehore in die 2020's sal wees. Kandidate kan hulle antwoorde in die eerste persoon as dramaturg skryf, maar kan ook objektief antwoord. Aanvaar albei tipes antwoorde. Die volgende dien as 'n riglyn: Dit is belangrik vir die jeug in Suid-Afrika om na hierdie toneelstuk te kyk as gevolg van die volgende: Familiedinamiek/Gesinsdinamiek:  Die onderwerpmateriaal is relevant want dit gee aandag aan gedetailleerde beskrywings van familielewe en lewe buite die huis in die nuwe Suid-Afrika  Die toneelstuk ontwikkel om komplekse familieverhoudings wat bestaan uit geheime, jaloesie, skeiding, verlies en liefde wat universele familie- kwessies is Waarheid-en-versoeningskommissie:  Die onderwerpmateriaal rondom die WVK is akkuraat en gedetailleerd en lig die jeug in oor kwessies en gebeure wat in Suid-Afrika plaasgevind het. Dit kan gelyk gestel word aan die huidige kommissies wat gestig is om korrupsiekwessies in Suid-Afrika te ondersoek Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 24 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne  Sipho wil geregtigheid vir Luvuyo hê. Hy wil hê die moordenaars in Luvuyo se geval moet voor die hof gebring word. Mandisa wil hê skuldiges by die WVK moet voor die hof gebring word. Die wêreld is vol korrupsie en 'n gebrek aan verantwoordelikheid vir jou eie aksies Betekenis van die waarheid:  Die onderwerpmateriaal wys die universele idee van waarheid‟ en die belangrikheid daarvan uit, hoe elke karakter sy/haar eie persoonlike waarheid ervaar Afrika-kultuur:  Die tema van identiteit word deur kultuur ondersoek. Mandisa Makhaya het haar naam na McKay verander om dit meer Engels en minder van Afrika af te maak. In Afrika-kultuur is jou naam fundamenteel tot jou identiteit. Met die geweldig baie kulturele agtergronde in Suid-Afrika kan die kwessie van identiteit verwarrend vir sommige mense wees aangesien hulle kan vind dat hulle aan meer as een kulturele agtergrond behoort as gevolg van ouers wat uit verskillende kulture kom. Dit skep soms verwarring oor watter kultuur jy moet volg. Dit is relevant vir die jongmense vandag  Sipho se identiteit is in sy tradisionele Xhosa-kultuur gewortel. Dit is meesal die geval met ons bejaardes want hulle is in hulle eie kulture gewortel en is nie so verward/ en geaffekteer deur hulle kultuur soos die huidige jonger geslag nie. Die generasiegaping is 'n universele probleem Vryheid en vergifnis:  Deur sy eie stem te vind, word Sipho vrygemaak en van sy angs verlos, deurdat hy die vryheid het om homself uit te druk, die waarheid onder oë kan sien, verantwoordelikheid neem en kies om sy broer, sy vrou en sy werkgewers te vergewe vir al die pyn en angs wat hulle veroorsaak het, vir al die dinge wat hy begeer het wat hulle by hom weggevat het soos die draadbus, skoolbaadjie en sy vrou se lojaliteit. Sielkundig kan almal aanklank vind by die pyn van verlies (10) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 25 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne VRAAG 6: GROUNDSWELL DEUR IAN BRUCE 6.1 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis en begrip van die agtergrond van die toneelstuk en die redes waarom die dramaturg dit geskryf het, toon. Kandidate kan hulle antwoorde in die eerste persoon as dramaturg skryf, maar kan ook objektief antwoord. Aanvaar albei tipes antwoorde. Ken volpunte toe vir:  Twee goed gemotiveerde stellings OF  Vier aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: Die inspirasie vir die toneelstuk is die volgende:  Ek het vir 'n paar jaar in die 1990's in en om Port Nolloth, 'n klein Weskus-dorpie naby die Namibiese grens gewoon. Dit is aan 'n redelik eensame kuslyn wat deur die Namakwalandse halfwoestyn omring word  Aflandige diamantmynbou het fortuinsoekers en swerwers gelok. Hierdie was die mense wat ek leer ken het. Onder hulle was daar 'n jong duiker wat 'n polisieman was. Hy het per ongeluk 'n ongewapende man geskiet en is uit die polisiemag gegooi  Daar was 'n tuinier uit Queenstown wat gehoop het dat hy sy hande op 'n pakkie met onwettige ongeslypte diamante kon lê  Ek het vir 'n rukkie 'n gastelodge bestuur en het menige ryk gaste met 'n storie van hulle eie vermaak  Ek het besonder bewus geraak van die verskille; nie net van die agtergronde waaruit ons gekom het nie, maar ook die wyse waarop dit ons beïnvloed het ten opsigte van hoe ons die nuwe Suid-Afrika se toekoms en ons eie plek daarin beskou het  Hierdie dinge, meestal in ons onderbewussyn, sou die pad waarop ons sou voortgaan, vorm en ons óf saambring óf ons geskei hou (apart van mekaar) (4) 6.2 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis en begrip van die verhoudings tussen die karakters toon. Kandidate kan hulle antwoorde in die eerste persoon as dramaturg skryf, maar kan ook objektief antwoord. Aanvaar albei tipes antwoorde. Ken volpunte toe vir:  Drie goed gemotiveerde stellings OF  Ses aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: Die verhouding tussen die karakters:  Die situasie tussen hierdie mans is ekstreem en vol spanning en wantroue. Hulle moet verander  Hulle kan nie aanvaar dat 'n tree in die onbekende toekoms van rasseverhoudings, identiteit, behoort aan n groep en moontlikhede in die nuwe Suid-Afrika hulle nader aan mekaar en tot by die deur van 'n ware toekoms, wat nie een van hulle hulleself nou kan voorstel nie, kan bring Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 26 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne  Onopgeloste kwessies uit die verlede word deur Johan aangeroer wanneer hy Mr Smith konfronteer. Daar is 'storms' van die verlede, soos Smith en sy mede suid-Afrikaner wat Johan stuur vir opleiding en verwag van Johan om sy mede swart Suid-Afrikaner vriend te vermoor, wat hulle nie toelaat om 'n ooreenkoms met mekaar aan te gaan nie soos wat dit in die verhouding tussen Johan en Thami duidelik is  Johan ontbloot Smith as 'n persoon wat uit die onregverdige verlede, brutale apartheid en onderdrukking van nie-blanke mense baat gevind het  Johan manipuleer Thami deur druk ten opsigte van die diamanttrasaksie op hom te plaas om daarin te belê  Johan en Mr Smith stry oor die tjek en korrupsie word deur hulle vertoon  Johan en Thami deel eenderse drome van 'A better life for all'  Daar is wantroue onder al drie karakters ( (6) 6.3 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat begrip en analise van die inhoud van die toneelstuk en die karakters toon. Kandidate kan hulle antwoorde in die eerste persoon as dramaturg skryf, maar kan ook objektief antwoord. Aanvaar albei tipes antwoorde. Ken volpunte toe vir:  Twee goed gemotiveerde stellings OF  Vier aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: Thami se vrou is 'n belangrike karakter agter die skerms/van die verhoog af omdat:  Sy die rede is waarom Thami ver van sy huis af werk  Thami moet vir haar sorg  Sy liefde vir haar dwing hom om oor sy lewe en sy oneerlike verdienste te lieg  Sy dra tot die tema van korrupsie by aangesien Thami bereid is om by onwettige aksies betrokke te wees om sy vrou te behaag  Thami kommunikeer met sy vrou deur briewe wat haar van sy prestasies en sy rykdom vertel maar die inhoud van die briewe is oneerlik. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 27 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne 6.4 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat begrip van die gekose plek waar dit afspeel, toon. Kandidate kan hulle antwoorde in die eerste persoon as dramaturg skryf, maar kan ook objektief antwoord. Aanvaar albei tipes antwoorde. Leerders mag die stel op die verhoog (huis) of die omgewing bespreek Ken volpunte toe vir:  Twee punte vir die beskrywing van die plek EN  Twee punte vir die motivering Die volgende dien as 'n riglyn: Die keuse van die plek waar die toneelstuk afspeel:  Die karakters bevind hulleself in 'n werklik en metafories onbekende plek/ruimte. Werklik:  Die situasie speel in 'n gastehuis af Metafories:  Die verhoudingsprobleme en temas is universeel  Die plek/omgewing is in 'n sosiopolitieke konteks van verandering en transformasie van die oue na die nuwe. Dit weerspieël die huidige Suid- Afrikaanse konteks  Die afgesonderdheid van die ligging van die gastehuis in 'n klein diamant- mynbou- en vissersdorpie aan die Weskus van Suid-Afrika skep 'n omgewing wat geïsoleerd is en daarom kan die gehoor daarop fokus as 'n mikrokosmos van die wêreld buite die gastehuis: een van 'n skelm gebrek aan vertroue en selfsugtige begeertes van hulle eie persoonlike 'Better life for All'.  Die stormagtige weer en see is simbolies van die verhoudings binne die gastehuis  Die afgesonderde ligging is ideaal vir die drie vreemdelinge om mekaar te ontmoet  Niemand sal opdaag om in te meng nie  Dit dra tot die broeiende atmosfeer by (4) 6.5 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat begrip van die tydperke voor en ná apartheid toon. Kandidate kan hulle antwoorde in die eerste persoon as dramaturg skryf, maar kan ook objektief antwoord. Aanvaar albei tipes antwoorde. Ken volpunte toe vir:  Twee goed gemotiveerde stellings OF  Vier aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: Spesifieke gebeure in Suid-Afrika se geskiedenis wat die intrige beïnvloed:  Die toneelstuk speel af in post-apartheid Suid-Afrika wat 'n dinamiese en gebeurtenisvolle tyd is Dit skep vyandigheid:  Johan ontbloot Smith as 'n persoon wat uit die onregverdige verlede,brutale apartheid baat gevind het Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 28 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne Dit skep dramatiese handeling:  Onopgeloste kwessies uit die verlede word deur Johan genoem wanneer hy Mr Smith konfronteer. Daar is 'storms' van die verlede wat hulle nie toelaat om 'n ooreenkoms met mekaar aan te gaan nie soos wat dit in die verhouding tussen Johan en Thami duidelik is  Die politiek en regering van die land is al vir amper twintig jaar verander, maar daar word gevind dat sekere sensitiewe kwessies bv rasseverhoudinge, verspreiding van rykdom, landbesit steeds na aan die oppervlak lê  Die burgers van Suid-Afrika is veronderstel om vrylik met mekaar te meng. Hulle vind dit moeilik om die verlede te vergeet en aan te beweeg. Daar is tans rasgedrewe protesaksie oor die hele land en die toename aan geweld in skole hou verband met sosio-ekonomiese probleme, mense maak vir geld dood en bedrog en korrupsie vind steeds plaas  Mense van alle rasse probeer oppervlakkig om op te maak vir die verlede  Die tema van identiteit is steeds 'n probleem. Die verlede het ons lewens en identiteite gevorm en die samelewing sukkel om hulleself in 'n nuwe Suid-Afrika te vind  Ons probeer almal om uit te vind wie ons in hierdie nuwe wêreld is en dit beïnvloed ons aksies, soos in die geval van Mr Smith, Johan en Thami  In die 2020's voel ons, net soos die karakters, skuldig op 'n aantal vlakke soos gesien by Mr Smith wanneer hy beskuldig word dat hy by apartheid baat gevind het (4) (4 6.6 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis, begrip en analise van die werking van die tegniese aspekte van die toneelstuk toon wat die Realisme versterk. Kandidate moet verwys na beligting, klank,kostuum en stel in hulle antwoorde om volpunte te behaal. Kandidate mag hulle antwoorde in die eerste persoon as dramaturg skryf, maar kan ook objektief antwoord. Aanvaar albei tipes antwoorde. Merk holisties. Ken volpunte toe vir:  Vier goed gemotiveerde stellings OF  Agt aparte gedagtes/idees  n Maksimum van vier punte mag toegeken word vir slegs n beskrywing van beligting, kostuum, klank en stelontwerp  LET WEL: Indien een/twee van die vier tegniese elemente uigelaat word mag die leerder nie volpunte kry nie Die volgende dien as 'n riglyn: Realisme in die teater: Karakters het 'n verlede en toekoms voor en na die toneelstuk oopmaak en ten einde kom, daarom word die gedeelte van die lewe op die verhoog uitgebeeld en die toneelstuk word as slegs 'n gedeelte van die geheel beskou  Realisme onthul die lewe soos wat dit is, sonder versierings, as 'n spieël (illusie) van die werklikheid  Alle elemente van die drama werk saam om hierdie illusie van die werklikheid te skep, bv. verhoogopstelling, kostuums, rekwisiete, beligting, klank, plek waar dit afspeel, aksie, taal, karakterisering, intrige, ens. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 29 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne  Realisme volg die goeie toneelstukformaat, met 'n duidelike uiteensetting, logiese oorsaak-tot-uitwerking-ontwikkeling, klimaks en oplossing  Word aangedryf deur die dramatiese spanning opgebou deur die konflikte wat duidelik deur die karakters ervaar word  Die kern van realistiese drama is konflik. Dit is die brandstof wat die intrige aandryf en hou die deurlopende spanningslyn sterk gehou word Realisme in die teater word versterk deur die gebruik van: Beligting:  Die beligting word gebruik om die realistiese stemming by die Garnet Lodge op 'n nat, winderige aand te skep  Die beligting kan ontwerp word om die illusie van 'n buite-area by die kus te skep. Dit kan dowwer as die binneruimte wees om fokus op die huis te skep.  Alle beligtingtings werk met gemonteerde ligte word uit die gehoor se sig weggesteek, daardeur word die illusie van 'n werklike huis op 'n werklike staar geskep Klank:  Die realistiese klank van seemeeue en die klok in die verte skep die illusie van 'n afgeleë kusgastehuis  Die klank van 'n motor in die straat wat die aankoms van Smith aandui, versterk die illusie van werklikheid  Die klank van die seeklok dra tot die stygende spanning by  Die wind en die stormagtige seeklanke maak hierdie afgeleë plek werklik Kostuum:  Elke karakter dra 'n kostuum wat vir hulle spesifieke karakter geskik is, bv. Mr Smith dra:  'n Hemp met 'n kraag met 'n das want hy is 'n afgetrede sakeman  Formele duur skoene want hy is ryk  Netjiese broek want hy is konserwatief Thami dra:  Dra verslete maar deftige klere want hy is die bestuurder van die Garnet Lodge maar spandeer nie geld aan klere nie  Langbroek want hy is by die werk  'n Formele hemp en skoene want hy is professioneel Johan dra:  'n T-hemp vir werkstoestande  Jeans vir werk  Tekkies wat gemaklik is vir sy werk  Leerbaadjie om die koue wind uit te hou Dekorstel  Die stel is 'n presiese weergawe van 'n tipiese gastehuis aan die Weskus van Suid-Afrika  Die meubels is tipes van 'n kusgastehuis en gedetailleerde rekwisiete voltooi die realistiese visuele prentjie  Die stel is ontwerp om op 'n prosceniumboog-verhoog in te pas (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 30 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne 6.7 Verwys na die notas hieronder en BYLAE A om jou nasienproses te vergemaklik. Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat begrip toon van die temas en verhoudings in 'n tydperk voor en ná apartheid. Kandidate kan hulle antwoorde in die eerste persoon as dramaturg skryf, maar kan ook objektief antwoord. Aanvaar albei tipes antwoorde. Ken volpunte toe vir:  Vyf goed gemotiveerde stellings OF  Tien aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: Dit is belangrik dat die jeug van Suid-Afrika na hierdie toneelstuk kyk want:  Ons almal probeer om uit te vind wie ons in hierdie nuwe wêreld is en dit beïnvloed al ons handelinge/aksies, soos in die geval met Mr Smith, Johan en Thami  Ons, net soos die karakters, voel almal op verskeie vlakke skuldig soos Mr Smith wanneer hy daarvan beskuldig word dat hy by apartheid baat gevind het. Deur die skuld te ontken, ontneem ons onsself 'n geleentheid op redding/verlossing  Ons het almal drome en verwagtinge wat nie altyd vervul word nie  Die toneelstuk leer ons oor die versoekings van die lewe, bv. om onwettig ryk te word  Skuld is nie 'n goeie emosie om te voel nie, dit laat jou irrasioneel optree  Dit wys dat die verlede altyd op jou 'n houvas sal hê  Waardes word geleer  Korrupsie is deel van die mensdom  Die intrige is modern en kontemporêr en ook tydloos met betrekking tot die temas (10) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 31 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne VRAAG 7: MIS – REZA DE WET 7.1 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat begrip toon van die inspirasie vir die skep van die toneelstuk. Kandidate kan hulle antwoorde in die eerste persoon as dramaturg skryf, maar kan ook objektief antwoord. Aanvaar albei tipes antwoorde. Ken volpunte toe vir:  Twee goed gemotiveerde stellings OF  Vier aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: Die inspirasie vir die toneelstuk:  Afrikaner Calvinisme het 'n dieper ondersoek na die wêreld van geloof in die onbekende geïnspireer  Die Afrikaner se moontlike behoefte om van 'n konserwatiewe beskouing na 'n meer oop ingesteldheid te verander  Om die invloed van nuwe idees op 'n jonger geslag te ondersoek bv jonger mense is meer vry in hulle nuuskierigheid ten opsigte van die wereld en bevraagteken meer sonder nagevolge  Die veranderende landskap van die lewe in Suid-Afrika en vermoedelike 'bedreigings' vir die bekende wêreld bv die armblanke vraagstuk, depressie en werkloosheid (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 32 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne 7.2 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n analise van die verskillende verhoudings tussen die karakters toon. Kandidate kan hulle antwoorde in die eerste persoon as dramaturg skryf, maar kan ook objektief antwoord. Aanvaar albei tipes antwoorde. Ken volpunte toe vir:  Drie goed gemotiveerde stellings OF  Ses aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: Die verhouding tussen die karakters:  Miem is Meisie se moeder  Miem het die patriargale rol oorgeneem want Gabriel sit in die solder en sy manipuleer en beheer Meisie maar, soos wat die toneelstuk ontwikkel en Konstabel se invloed sterker word, skuif hierdie verhouding en raak Meisie al hoe meer betower deur hom. Sy rebelleer meer en meer teen Miem  Gertie is Miem se vriendin en sy is daar om haar teen die boosheid in die dorp te beskerm  Konstabel is veronderstel om daar te wees om die drie dames te beskerm, maar hy is 'n vreemdeling vir hulle met bymotiewe  Al die dames geniet Konstabel se aandag want hulle het 'n hunkering na 'n man in hulle lewens  Gertie word tant ('aunt') Hannie, Konstabel se tante  Miem geniet dit om saans deur 'n man 'gegroet' te word  Konstabel het Meisie bevry. Sy ervaar 'n katarsis en verskuiwing vanaf klein dogtertjie na 'n vrou  Verhoudings verskuif en verander soos wat die intrige ontwikkel (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 33 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne 7.3 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat begrip van die invloed van karakters agter die skerms toon. Kandidate kan hulle antwoorde in die eerste persoon as dramaturg skryf, maar kan ook objektief antwoord. Aanvaar albei tipes antwoorde. Ken volpunte toe vir:  Twee goed gemotiveerde stellings OF  Vier aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: Gabriël is 'n belangrike karakter agter die skerms/van die verhoog af want:  Hy is Miem se man en Meisie se vader. Sy afwesigheid skep dramatiese spanning vir die karakters  Hy het na die solder gegaan nadat hulle hulle plaas as gevolg van die Depressie verloor het. Sy teenwoordigheid agter die skerms skep misterie  Hy is vir die laaste sewe jaar al daar. Hy is 'n gevestigde karakter wat toelaat dat temas gekommunikeer word  Miem en Meisie moet vir hom kos na die solder toe stuur en sy ontlasting in die emmer skoon maak wat hy in die kamer daaronder laat sak. Dit dui 'n sekere status en betekenis in die verhouding aan wat met dramatiese betekenis help  Die gehoor is bewus van Gabriël al is hy nie op die verhoog nie, want hulle kan hom hoor hoes en loop. Dit skep 'n ongemaklike stemming wat tot die dramatiese spanning bydra  Sy naam verwys na die engel Gabriël en hy het ook 'op'gegaan (soos 'n engel na die hemel sou opgaan). Dit wys hy is nie meer deel van die aarde nie. Die effek is dramatiese spanning  Hy is die vader wat nie meer vir sy gesin kan sorg nie en dit is 'n belediging vir sy manlikheid wat die desperaatheid van sy gesin beïnvloed om op hulle eie te oorleef en uit te kom met dit wat hulle het deur goiingsakke te maak. Hy verteenwoordig die tema van die arm Afrikaner tydens die Depressie  Miem dink steeds hy is die hoof van die gesin en dat hy gerespekteer moet word so sy kan nie onafhanklik van Gabriël funksioneer en ontwikkel nie. Dit verteenwoordig die Afrikaner Calvinistiese geloof dat die man die hoof van die huishouding moet wees  Miem het ook gedink dat hy hulle teen die bose sou kon beskerm, maar wanneer Konstabel hulle bedreig, is hy afwesig.Hy blyk ook oneffektief te wees maar manipuleer die aksie. Dit verteenwoordig die afwesige verteenwoordigheid van beskerming tydens die Depressiejare toe mans hulle werk verloor het  Gabriel en die slopsemmer verteenwoordig die feit dat Afrikaners altyd ondergeskik is en wat volgehoue misbruik van hulleself aanvaar en nooit rebelleer nie (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 34 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne 7.4 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat begrip toon van waar die toneelstuk afspeel. Kandidate kan hulle antwoorde in die eerste persoon as dramaturg skryf, maar kan ook objektief antwoord. Aanvaar albei tipes antwoorde.:Leerders kan die stel op die verhoog( huis) of die omgewing bespreek Ken volpunte toe vir:  Twee goed gemotiveerde stelling OR  Vier aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: Die plek/omgewing/agtergrond ('setting'):  1936 Suid-Afrika, ná die Depressie  'n Klein plasie/plot naby 'n afgeleë dorpie  'n Klein sinkhuisie vir arm wit mense in 1936  Die huis en plaas is tipies van die Armblankeprobleem in 1936  Baie ryk Afrikaner-boere het hulle groot plase as gevolg van die Depressie verloor  Die afgesonderdheid beklemtoon die gebrek aan kontak met nuwe idees en die res van die wêreld (4) 7.5 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat begrip toon van spesifieke gebeure in Suid-Afrika se geskiedenis wat die intrige van die toneelstuk aandryf. Kandidate kan hulle antwoorde in die eerste persoon as dramaturg skryf, maar kan ook objektief antwoord. Aanvaar albei tipes antwoorde. Ken volpunte toe vir:  Twee goed gemotiveerde stellings OF  Vier aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: Spesifieke gebeure in Suid-Afrika se geskiedenis wat die intrige beïnvloed:  Slag van Bloedrivier wat bydra tot skuldgevoelens teenoor God omdat die gelofte nie nagekom word nie.  Anglo Boere-oorlog wat bygedra het tot die verlies van Afrikaner- identiteit,behoort aan en algemene oorlewing  Die val van die Wall Street Aandelebeurs in New York het tot 'n wêreldwye Depressie gelei  In Suid-Afrika was daar 'n erge droogte wat die Depressie nog erger gemaak het  Die boere het insolvent geraak en het hulle plase verloor  Banke het hulle lenings opgesê/ingetrek  Dit het tot die „Armblankeprobleem‟ bygedra  Boere het na stede gemigreer om werk te vind  Gabriël het sy plaas verloor en Miem moes 'n bestaan maak deur mis aan die boere te verkoop  Miem het die broodwinner geword en dit het tot Gabriël se depressie gelei en ook sy ontsnapping na die solder (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 35 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne 7.6 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis, begrip en analise van die werking van die tegniese aspekte van die toneelstuk toon wat die Realisme versterk. Kandidate moet verwys na beligting, klank,kostuum en stel in hulle antwoorde om volpunte te behaal. Kandidate mag hulle antwoorde in die eerste persoon as dramaturg skryf, maar kan ook objektief antwoord. Aanvaar albei tipes antwoorde. Merk holisties. Ken volpunte toe vir:  Vier goed gemotiveerde stellings OF  Agt aparte gedagtes/idees  n Maksimum van vier punte mag toegeken word vir slegs n beskrywing van beligting, kostuum, klank en stelontwerp  LET WEL: Indien een/twee van die vier tegniese elemente uigelaat word mag die leerder nie volpunte kry nie Die volgende dien as 'n riglyn: Realisme in die Teater:  Karakters het 'n verlede en toekoms voor en na die toneelstuk oopmaak en ten einde kom, daarom word die gedeelte van die lewe op die verhoog uitgebeeld en die toneelstuk word as slegs 'n gedeelte van die geheel beskou  Realisme onthul die lewe soos wat dit is, sonder versierings, as 'n spieël (illusie) van die werklikheid  Alle aspekte van die drama werk saam om hierdie illusie van die werklikheid te skep, bv. verhoogopstelling, kostuums, rekwisiete, beligting, klank, plek waar dit afspeel, aksie, taal, karakterisering, intrige, ens.  Realisme volg die goeie toneelstukformaat, met 'n duidelike uiteensetting, logiese oorsaak-tot-uitwerking-ontwikkeling, klimaks en oplossing  Word aangedryf deur die dramatiese spanning opgebou deur die konflikte wat duidelik deur die karakters ervaar word  Die kern van realistiese drama is konflik. Dit is die brandstof wat die intrige aandryf en hoe die deurlopende spanningslyn sterk gehou word  Magiese Realisme in Mis brei die realisme uit tot 'n gebied waar enigiets kan gebeur Realisme in die teater word versterk deur die gebruik van Beligting:  Dit is aand en daar is geen elektrisiteit nie. Slegs kerse en lampe word gebruik om die Realisme te versterk en dit versterk die stemming en atmosfeer van die toneelstuk wat ook nog byvoeg by die Magiese Realisme  Die donkerheid van die huis beklemtoon die gevangeneskap van Meisie asook die boosheid daarbuite  Die helder ligte van die sirkus simboliseer die nuwe begin en opwinding vir Meisie maar die skrille bedreiging van boosheid vir Miem Klank:  Die verskillende klanke van die wind versterk die onheilspellendheid  Die geblaf van die hond en die klank van Gertie se motor beklemtoon die onbekende wêreld buite die huis Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 36 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne  Gabriël se gehoes en gestap dui vir die gehoor aan dat hy in die solder is  Die klank van die sirkus kan harder wees wanneer hulle die deur oopmaak want die buitewêreld word realisties ingelaat deur die variasie in die volume van die klank Kostuums:  Moet outentiek aan 1936 wees, daarom is navorsing baie belangrik  Konstabel se uniform kan omkeerbaar wees met die narkostuum aan die binnekant van die baadjie  Miem en Meisie kan konserwatiewe en ou, verslete rokke dra wat hulle verlies aan rykdom weerspieël aangesien hierdie klere voor die Depressie toon Dekorstel:  Die meubels kan outentiek tot 1936 wees, so dit is belangrik vir 'n stelontwerper om die tydperk na te vors om 'n getroue omgewing vir die toneelstuk te skep  Die eetkamer kan dié van 'n ou huis wees wat aan arm wit mense behoort met 'n buitedeur en 'n gang wat na die res van die huis lei  'n Venster met 'n verbleikte gordyn waardeur jy die sirkusliggies kan sien, is nodig  Die meubels kan aandui dat hulle eens ryk was maar nou is dit 'n bietjie afgeleef en verslete  Die stel is 'n ou kombuis wat aandui dat daar 'n gebrek aan geld is  'n Tafel en stoele word benodig: Die gesin beskik daaroor maar dit lyk vervalle  Daar is 'n koolstoof wat aandui dat dit 'n kombuis is  'n Tafel met 'n plastiekbedekking toon die armoede  Die plafon toon die valdeur waaragter Gabriël leef  Ander ruimtes, bv. die slaapkamers word voorgestel deur toe deure op strategiese plekke op die stel (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 37 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne 7.7 Verwys na die notas hieronder en BYLAE A om jou nasienproses te vergemaklik. Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat begrip toon van die universele temas en die relevansie van die toneelstuk vir die res van die wêreld. Kandidate kan hulle antwoorde in die eerste persoon as dramaturg skryf, maar kan ook objektief antwoord. Aanvaar albei tipes antwoorde. Die volgende dien as 'n riglyn: Dit is goed vir die jeug van Suid-Afrika om die toneelstuk te kyk want:  Die toneelstuk is 'n uitstekende voorbeeld van Magiese Realisme in die teater  Die jeug kan uit die geskiedenis leer hoe armoede 'n land en 'n gesin kan affekteer en dit is 'n universele waarheid/situasie  Hulle kan bewus gemaak word van die druk wat gedurende moeilike tye op verhoudings geplaas word  Die beperkende en konserwatiewe invloed van Afrikaner Calvinisme wat as skuldgevoelens ,vrees en fanatiese godsdienstigheid gesien en beleef word  Die belangrikheid daarvan om soms jou beskouing van die lewe te verander, is nodig om te oorleef  Ouers se verhouding met hulle kinders kan dikwels manipulerend wees, maar op een of ander manier verkry kinders hulle onafhanklikheid  Vrees vir die onbekende (bv. die sirkus) word as 'n bedreiging en boos beskou  Daar is 'n universele verlange na bevryding (10) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 38 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne AFDELING D: TEATERGESKIEDENIS, PRAKTIESE KONSEPTE, INHOUD EN VAARDIGHEDE VRAAG 8 8.1 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat begrip en analise toon van waarom dit belangrik is om 'die manier waarop ons teater maak, (te) herbedink'. Ken volpunte toe vir:  Twee goed gemotiveerde stellings OF  Vier aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: Dit was belangrik om 'die manier waarop ons teater maak, (te) herbedink', want:  Die Covid-19 pandemie vereis fisiese afstand  Teater is 'n lewende kunsvorm en vereis fisiese interaksie en as gevolg van Covid-19 protokol van 1,5 meter sosiale afstand, die dra van n masker, geen oorvol lokale, sanitering en handewas wat wettiglik verplig is moes alles verander  Sonder teateroptredes sal akteurs en kunstenaars werkloos en platsak wees  Teaters wat op lewendige gehore staatmaak, moes hulle deure toemaak  Dit is 'n manier om nuwe gehore te lok  Dit gee tradisionele gehore 'n hele nuwe ervaring (4) 8.2 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis en begrip toon van hoe die Suidoosterfees-organiseerders 'n nuwe manier om teaterproduksie te vervaardig, geskep het. Ken volpunte toe vir:  Twee goed gemotiveerde stellings OF  Vier aparte gedagtes/idees  LET WEL: aanvaar aanhalings uit die uittreksel Die volgende dien as 'n riglyn: Die Suidoosterfees-organiseerders het 'n nuwe manier om teater te vervaardig, geskep deur:  Drive-In Theatre te gebruik  Die gehoor in hulle motors te laat sit en op daardie manier word fisiese afstand gehandhaaf  Die akteurs tree op 'n opelugverhoog op met 'n groot skerm as agtergrond  Versterkte klank te gebruik, maar dit word ook op karradio's uitgesaai  Gesinne in staat te stel om uit te gaan en veilig te bly want hulle kan lewendige teater kyk sonder om in een ruimte met ander lede van die gehoor interaksie te hê (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 39 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne 8.3 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n analise en evaluering van die voor- en nadele van die opvoer van 'n lewendige teateropvoering by 'n inryteater of opelug-teaterruimte vertoon Ken volpunte toe vir:  Drie goed gemotiveerde stellings OF  Ses aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: Voordele:  Meer gehore word aan die kyk van lewendige teater bekendgestel en blootgestel  Tonele wat buite opgevoer word, kan meer realisties wees  Die afstand tussen die verhoog en die gehoor is optimaal vir fisiese afstandhouding van 1,5 meter  Gehore is dus in staat om 'n lewendige teateropvoering te kyk ten spyte daarvan dat hoofstroomteaters toegemaak is  Tegnologie sal sang en dans as deel van die vermaak van 'n lewendige teaterervaring ondersteun Nadele:  Die akteurs moet mikrofone gebruik en dit vereis 'n ander tipe toneelspel tegniek  Akteurs kan van die verhoog afgaan, maar die gehoor kan hulle steeds sien, wat die bereidwillige spanning/afwagting van ongeloof tot niet maak  Akteurs moet meer projekteer en groter gebare gebruik wat nie altyd 'n geskikte toneelspelstyl is nie  Dit is duur om 'n opelug-geleentheid op die planke te bring as gevolg van die behoefte aan tegniese ondersteuning, verkleekamers, 'n buitelug- kragopwekker, verskuifbare toilette, ens.  Slegte weer kan die opvoering van toneelstukke verhinder (6) 8.4 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat begrip, analise en evaluering van die vaardighede en tegniese vereistes wat akteurs effektief moet kan uitvoer in 'n inry- of opelug-teaterruimte. Ken volpunte toe vir:  Drie goed gemotiveerde stellings OF  Ses aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: Vaardighede:  Akteurs sal dalk meer moet projekteer en daarom is uigebreide opwarming en vokale oefeninge nodig en belangrik om asemhaling, resonansie en artikulasie te ondersteun, baie belangrik  Akteurs sal groter gebare en bewegings moet gebruik as gevolg van die grootte van die ruimte  Akteurs sal hulle fokus deurgans sterk moet behou omdat daar so baie afleidings van buite is omdat dit nie 'n afgeslote ruimte soos in die teater is nie Tegniese vereistes:  Akteurs sal hulle stemme by die mikrofone moet aanpas indien nodig  Hare, grimering en ander bykomstighede soos hoede en kopstukke sal by die weertoestande buite moet aanpas Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 40 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne  Akteurs sal vir die lewendige gehoor maar ook vir die kamera moet optree (6) 8.5 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat sintese en kreatiwiteit toon wanneer die manier waarop ons in die 21ste eeu teater maak, herbedink moet word. Ken volpunte toe vir:  Twee goed gemotiveerde stellings OF  Vier aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn:  Plek-spesifieke teater waar die gehoor na 'n spesifieke plek (buite) en met beperkte getalle gaan  Aanlyn voorafopgeneemde optredes kan afgelaai word en gekyk word  Onmiddelike lewendige stroom van teateropvoerings waar die gehoor betaal en in hulle huise kyk.  Whats-App lewendige teater is toeganklik en kan gekyk word  Indompelingsteater van een tot een kan opgevoer en gekyk word  Akteurs kan lewendige teater in ʼn geskikte venue opneem en dit oplaai na verskeie platforms  Beperkte hoeveelheid word toegelaat in die teater sodat daar oop spasies (4) tussen stoele is om fisieke afstand te verseker [24] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 41 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne VRAAG 9 9.1 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat begrip en evaluering van die skakels wat in die temaprogram gebruik word asook die effektiwiteit daarvan toon. Ken volpunte toe vir:  Drie goed gemotiveerde stellings OF  Ses aparte gedagtes/idees  Die interpretasie van “links” deur kandidate wat in of die aangepaste tema program of aangepaste oudisieprogram deelgeneem het  Enige ware en gemotiveerde interpretasie van wat n “link” is Die volgende dien as 'n riglyn: Skakels of oorgange: Die doel van skakels is om die drie dramatiese items, bv. gedig, prosa, beweging, te integreer, om:  'n Dramatiese oorgang tussen die drie individuele dramatiese items te verskaf  Die variasie m.b.t. genre, styl en opvoering tussen die drie dramatiese items wat geskep moet word, te beklemtoon om n afgeronde program te verseker  'n Deurgangslyn (kontinuïteit) of konsekwente en dramatiese energie lyn van een item na die volgende te skep  Kandidate die geleentheid te bied om bykomende toneelspel, vokale en fisiese vaardighede te vertoon  'n Samehangende/afgeronde finale opvoering te vorm Kandidate kan die skakel of oorgange gebruik, beskryf asook die relevansie daarvan tot 'n spesifieke dramatiese item. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 42 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne 9.2 Verwys na die notas hieronder en BYLAE A om jou nasienproses te vergemaklik. Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis, begrip, analise en kreatiwiteit in die vorm van selfstudieaantekeninge toon. Aanvaar 'n breinkaart/spinnekopdiagram/opsomming/kolpunte/enige ander vorm van aantekeninge waar inligting oor die onderwerp gekies, duidelik is. Ken 'n punt toe vir elke duidelike nuwe gedagte in die kandidaat se antwoord, d.i. erken die denkvaardighede wat duidelik gesien kan word in die antwoord. Dit is 'n onkonvensionele manier om 'n vraag te antwoord en onkonvensionele antwoorde moet krediet kry. Daar word nie van kandidate verwag om volsinne te skryf nie. Dit maak nie saak as die sinne op 'n lukrake manier geskryf is nie. Erken die feitelike bewyse en begrip van die onderwerp. Die volgende is 'n gids tot inligting wat by die kandidaat se aantekeninge ingesluit kan word, ongeag die formaat van die antwoord: Arm/Gestroopte Teater:  Jerzy Grotowski was die stigter  Het in Pole begin  Akteur is die hooffokus  Akteur fisies, verstandelik, emosioneel, geestelik wakker – heilige akteur  Akteur se hele liggaam en stem vir buigsaamheid opgelei  Akteur se stem op verskillende maniere gebruik, bv. liggaamsperkussie, vokale en verbale dinamiek  Via Negativa  Kan in enige oop ruimte opgevoer word  Uitskakeling van verhoog, ligte, kostuums en grimering  Gehoor is verdiep in die aksie  Multifunksionele rekwisiete  Was kostedoeltreffend en maklik om op die planke te bring  Kordian en Dr Faustus produksies  Beïnvloed die skep van Woza Albert! Protesteater:  Begin in Suid-Afrika ·  Protesteer teen apartheid  1960–1994  1948 Hendrik Verwoerd vestig apartheid  1960 Unie van SA word Republiek van SA  Gelykheid verban  Plaaslike dramaturge beveg apartheid, bv. Fugard, Maponya  Die Space Theatre, Markteater nie gesubsidieer nie  Doel is om oor apartheid te mobiliseer, bewus te wees en te leer daarvan  Werksessies is oor baie toneelstukke gehou en is toeganklik vir almal  In gemeenskappe opgevoer met eenvoudige, kostedoeltreffende stelle  Beïnvloed deur Arm/Gestroopte Teater  Voorbeelde: Woza Albert!, The Hungry Earth  Gebruik taal van die mense en op effek buite teater in samelewing gerig  Teater vir die onderdruktes  Teater vir verandering Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 43 DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne Werkswinkelteater: Merkers gee vol punte vir: Algemene feite genoem soos vir werkswinkelteater of die werkswinkelteater proses  Teatermaakproses  Dikwels deur „n groep mense saam geskep  Demokratiese proses van teatermaak  Stappe in die proses: idee, dinkskrum/navorsing, improvisasie, keuse/seleksie, redigering, repetisie en verfyning, neerskryf of opneem, bv. Ilanga, Woza Albert!  Toeganklik vir almal selfs ongeletterdes as gevolg van swak onderwysstelsel in SA  Kreatiewe proses  Onderwerp aktueel, gerig op opvoeding en mobilisering  Daar is werksessies gehou oor gemeenskapskwessies om oplossings te vind  Proses gebruik in Protes-, Gemeenskaps-, Omgewings-, Werkers- en Opvoedkundige Teater in SA Kan enige plek opgevoer word, soos in gemeenskapsale. (10) [16] TOTAAL AFDELING D: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne BYLAE A: RUBRIEK VIR VRAAG 2, 3, 4, 5, 6, 7 en 9: 10 PUNTE Nasieners moet opgelei word oor hoe om al ses die kognitiewe vlakke asook die vier denkprosesse te gebruik en toe te pas om die kandidaat se prestasie te meet. BESKRYWER PUNT DIE KANDIDAAT TOON 'N VERMOË OM Uitstaande • Kognitiewe vlakke en denkproses: Verander, beoordeel, beredeneer, reorganiseer, lewer opnuut 'n uitstaande vlak met denke op 'n metakognitiewe vlak Metakognitiewe • Die vraag: Dink Ondersoek, beoordeel en kontekstualiseer op 'n oorspronklike wyse en op 'n Oor 9–10 uitstaande vlak Kennis • Die antwoord: Lewer 'n nuwe perspektief en skep oorspronklike insigte Skep • Voorbeelde: Verskaf en evalueer 'n wye reeks insiggewend gekose teoretiese en estetiese voorbeelde Verdienstelik • Kognitiewe vlakke en denkproses: Ondersoek, stel voor, beoordeel, evalueer, kom tot gevolgtrekking op verdienstelike Prosedure vlak met denke op 'n prosedurevlak Dink • Die vraag: Oor Ondersoek en kontekstualiseer die vraag op 'n oorspronklike wyse op 'n Kennis 7–8 verdienstelike vlak • Die antwoord: Evalueer Verskaf 'n insiggewende begrip van die vraag • Voorbeelde: Verskaf 'n analise van 'n wye reeks insiggewend gekose teoretiese en estetiese voorbeelde Gemiddeld • Kognitiewe vlakke en denkproses: Doen navraag, kontrasteer, onderskei, klassifiseer op gemiddelde vlak met denke Konseptueel op 'n konseptuele vlak Dink • Die vraag: Oor 5–6 Ondersoek en kontekstualiseer die vraag op 'n gemiddelde vlak Kennis • Die antwoord: Bied 'n geskikte antwoord aan wat met die vraag verband hou Analiseer • Voorbeelde: Verskaf en ondersoek voorbeelde Elementêr • Kognitiewe vlakke en denkproses: Verbind, organiseer, interpreteer, identifiseer, integreer op 'n elementêre vlak met Feitelik denke op 'n feitelike vlak Dink • Die vraag: Oor Verstaan die vraag op 'n elementêre vlak 3–4 Kennis • Die antwoord: Toon 'n bietjie feitelike kennis. Lewer 'n reguit en voorspelbare antwoord wat met Toepas die vraag verband hou • Voorbeelde: Verskaf 'n paar voorbeelde Behaal • Kognitiewe vlakke en denkproses: Identifiseer, noem, definieer, vergelyk, verduidelik basies; met basiese denke op 'n Feitelik feitelike vlak Dink • Die vraag: Oor Verstaan die vraag op 'n basiese vlak 1–2 Kennis • Die antwoord: Verskaf 'n paar reguit basiese feite Verstaan/Begrip • Voorbeelde: Verskaf verkeerde voorbeelde of onvermoë om voorbeelde te verskaf Nie behaal nie • Kognitiewe vlakke en denkproses: Geen bewyse van identifisering, noem, herken, definieer nie; sonder denke op 'n Feitelik feitelike vlak Dink • Die vraag: Oor 0 Geen begrip van die vraag nie Kennis • Die antwoord: Verskaf feite wat nie met vraag verband hou nie Onthou • Voorbeelde: Verskaf geen voorbeelde nie Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste DBE/November 2021 NSS – Nasienriglyne BLOOM SE TAKSONOMIE Klassifikasiestelsel om verskillende vlakke van menslik kognisie te definieer en te onderskei Nasieners moet opgelei word oor hoe om al ses die kognitiewe vlakke asook die vier denkprosesse te gebruik en toe te pas om die kandidaat se prestasie te meet. DIE DIE KOGNITIEWEPROSES-DIMENSIE: 6 KOGNITIEWE VLAKKE KENNIS- Onthou Verstaan Toepassing Ontleding Evaluering Skep DIMENSIE Feitelik Noem Opsom Reageer Kies Gaan na vir Ontwikkel 4 DENK- Konseptueel Herken Klassifiseer Verskaf Onderskei Bepaal Stel saam PROSES- Prosedure Herroep Verklaar Uitvoer Integreer Beoordeel Ontwerp VLAKKE Metakognitiewe Identifiseer Voorspel Gebruik Dekonstrueer Besin Skep 1. Onthou Herwin gememoriseerde inligting, kennis, feite, definisies, lyste, konvensies, neigings, reekse, klassifikasies, kategorieë, kriteria, metodologie en maniere/wyses om met spesifisiteite van die universele, abstraksiebeginsels, veralgemenings, teorieë en struktuur te hanteer Noem Spesifiseer (tyd of plek) as iets gewens, voorgestel of op besluit Om te identifiseer, spesifiseer of by naam noem Identifiseer Om 'n probleem, behoefte, feit, ens. te herken en te toon wat dit is en dat dit bestaan Om te bewys wie of wat iemand of iets is Kies Kies noukeurig, bepaal of besluit dat dit die beste of geskikste is 2. Verstaan Konstrueer betekenis uit verskillende tipes kennis, organiseer, vergelyk, vertaal, interpreteer en haal uit Verduidelik Maak iets duidelik, maklik te verstaan deur dit in meer besonderhede te beskryf of om relevante feite of inligting daaroor te onthul. Gee 'n rede om te regverdig of verontskuldig ('n aksie of gebeurtenis) Beskryf Om 'n gedetailleerde beskrywing van iets te gee, vertel, te beskryf, uit te druk Motiveer Gee 'n rede, bied feite en argumente om iets te ondersteun aan, noem iets 3. Toepassing Om 'n prosedure uit te voer, te implementeer of te gebruik om 'n probleem in 'n nuwe situasie op tye los of te ontwikkel deur toepassing van verworwe kennis, feite, reëls, tegnieke Voorstel Lei tot, argumenteer, toon, wys, dui aan dat (iets) bestaan of die geval is Vir oorweging voorstel Om 'n idee, moontlike plan of aksie aan ander mense te noem vir oorweging Om 'n idee uit te dink/voort te bring 4. Ontleding Breek inligting in dele op. Bepaal hoe die dele verwant is deur identifisering, onderskeiding of organisering van elemente, verhoudings, beginsels, motiewe, doelwitte of oorsake. Maak afleidings/gevolgtrekkings en vind bewyse om veralgemenings te ondersteun. Reageer/Antwoord Antwoord/Reageer in woorde Bespreek Skryf oor ('n onderwerp) in besonderhede, neem verskillende kwessies of idees of menings/opinies wat daarmee verband hou, in ag of oorweeg dit Skryf Skryf, stel saam, produseer Ontleed Ondersoek iets metodies en in besonderhede, tipies om te ontdek, te verduidelik en te interpreteer Oorweeg Dink aandagtig oor iets, tipies voordat 'n besluit geneem word of 'n oordeel/keuse gemaak word 5. Evaluering Om opinies/menings aan te bied en te verdedig deur oordele oor inligting, geldigheid van idees, of gehalte van werk te maak gebaseer op 'n stel kriteria en standaarde met behulp van kontrolering/nagaan en kritiek Evalueer Om die betekenis/belangrikheid, waarde, doel of toestand van iets deur noukeurige waardebepaling en studie te bepaal, te beoordeel, ten einde te verstaan/begryp, te interpreteer of te lei 6. Skep Gebruik kreatiewe individuele insig en gedagtes om inligting te herorganiseer en saam te stel deur die ontwikkeling, beplanning en skep van 'n nuwe patroon, produk of struktuur Skep Ontwikkel uit eie denke of verbeelding, as 'n kunswerk, 'n uitvinding of iets nuuts Gee aanleiding tot ontstaan Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Dramatic Arts

View all