Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
EKONOMIE
NOVEMBER 2012
PUNTE: 300
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2012 papers 
%20(English)%20June%202012%20QP_hlayiso.com_--1348c740-b9d8-4f95-8cd6-12ba7225e20a/v1-7f02f9bb66e2ae838b21/card.webp)




View all
%20June%202025%20Possible%20Answers--3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e/v1-45abc04fbe038cfc315d/card.webp)



_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)
Economics Grade 12 NSC November 2012 Question Paper (Afr)
Grade 12 Economics question paper from the NSC November Exam 2012 (Afrikaans), 17 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Economics · Grade 12 · NSC November Exam · 2012. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2012
- Exam period
- NSC November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 978.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 17
This exam
NSC November Exam 2012
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie 2 DBE/November 2012
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord SES vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord enige DRIE van die vyf vrae.
AFDELING C: Beantwoord enige TWEE van die vier vrae.
2. Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
nagesien word NIE. In AFDELING B sal slegs die eerste DRIE vrae nagesien
word en in AFDELING C slegs die eerste TWEE.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.
5. Lees AL die vrae aandagtig deur.
6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
7. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.
8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
konteks van jou antwoorde met die kognitiewe vereistes van die vrae
ooreenstem.
9. Gebruik slegs swart of blou ink.
10. Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie 3 DBE/November 2012
NSS
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1 50 PUNTE – 25 MINUTE
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–C) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.12) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.1.1 Die geldmark is 'n mark vir …-termynbesparings en -lenings.
A kort
B kort- en lang
C lang
1.1.2 'n Vaste bedrag wat deur verbruikers betaal word vir water
en elektrisiteit, ongeag die eenhede verbruik, staan as … bekend.
A munisipale belasting
B gebruikersheffings
C 'n eenvormige tarief ('flat rate')
1.1.3 'n Fokus op die verbetering van insetdoeltreffendheid is 'n kenmerk
van die …-kant-beleid.
A vraag
B aanbod
C vraag- en aanbod
1.1.4 Die helling van die vraagkurwe vir 'n monopolistiese mededinger
is ...
A positief.
B horisontaal.
C negatief.
1.1.5 Produkte van monopolistiese mededingers is ...
A gedifferensieerd.
B homogeen.
C ongedifferensieerd.
1.1.6 As die markprys laer as die marginale koste is, sal die produsent
produksie … om winste te maksimeer.
A verlaag
B verhoog
C stop
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie 4 DBE/November 2012
NSS
1.1.7 Watter EEN van die volgende is 'n ontwikkelingsbeleid?
A Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging
B Groei, Werkverskaffing en Herverdeling
C Nywerheidsontwikkelingskorporasie
1.1.8 Die toepassing van nuwe wetenskaplike kennis in die vorm van
uitvindings en ontdekkings staan as … bekend.
A kapitaal
B tegnologie
C arbeid
1.1.9 Ruimtelike areas wat toegang aan mynbou, vervaardiging en ander
besighede bied, word … genoem.
A deurgange
B korridors
C uitvoerververvaardigingsones
1.1.10 'n Hoë inflasiekoers saam met 'n hoë werkloosheidskoers word …
genoem.
A deflasie
B hiperinflasie
C stagflasie
1.1.11 Godsdienstige byeenkomste word onder … toerisme ingesluit.
A eko-
B mediese
C kulturele
1.1.12 Uitlaatgasse en klimaatsverandering word verbind met …
A eiendomsregbelasting.
B aardverwarming.
C positiewe eksternaliteite. (12 x 2) (24)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie 5 DBE/November 2012
NSS
1.2 Gee die ekonomiese term/begrip vir elk van die volgende beskrywings. Skryf
slegs die term/begrip langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 'n Aanvanklike verandering in besteding lei tot 'n baie groter
verandering in nasionale inkome
1.2.2 Die addisionele koste aangegaan as produksie met nog een
eenheid styg
1.2.3 Die ekonomiese beleid wat in 1994 ingestel is om ongelykhede van
die verlede aan te spreek
1.2.4 Die koëffisiënt wat ongelykheid van inkomste in die bevolking meet
1.2.5 'n Volgehoue styging in die algemene prysvlak (5 x 2) (10)
1.3 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Internasionale Monetêre A glo dat markte inherent stabiel is
Fonds
B vermindering van lewensvorme binne
1.3.2 Monetaristiese die ekosisteem
benadering
C verleen bystand aan lande met
1.3.3 Koste-voordeel-ontleding betalingsbalansprobleme
1.3.4 Publieke goedere D bevorder die uitbreiding van handel
deur vryhandelsgebiede tussen
1.3.5 Verbruikersprys-indeks lidlande
1.3.6 Mercusor E belasting en owerheidsbesteding
1.3.7 Biodiversiteits-verlies F niemededingend en nie-uitsluitbaar
1.3.8 Emissie-permit G evalueer die uitvoerbaarheid van
groot infrastruktuurprojekte
H beperkings wat deur die owerheid op
besoedeling geplaas word
I meting van inflasie
(8 x 2) (16)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie 6 DBE/November 2012
NSS
AFDELING B
Beantwoord enige DRIE van die vyf vrae uit hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MAKROEKONOMIE 50 PUNTE – 25 MINUTE
2.1 Kies die korrekte woord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die
woord langs die vraagnommer (2.1.1–2.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.
2.1.1 Huishoudelike besparings en beleggings word deur die
(arbeids-/finansiële) mark gekanaliseer.
2.1.2 Die proses waarvolgens wette en regulasies verwyder word, staan
as (deregulasie/privatisering) bekend.
2.1.3 Die sleutelinstrumente van die fiskale beleid is owerheidsbesteding
en (belasting/rentekoerse).
2.1.4 Suid-Afrika se netto gouduitvoere het 'n (positiewe/negatiewe)
effek op die betalingsbalans. (4 x 2) (8)
2.2 Noem enige DRIE dienste wat deur die owerheid verskaf word. (3 x 2) (6)
2.3 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Kan jy vir DIE PRIVAAT
SEKTOR
hulle 'n
slukkie
oorhou?
Julle
veroorsaak ‘n
Betaal ongelykheids-
20%
meer! gaping
nou!
STAAT
Direkteursvergoeding
Die
werksmag
[Bron: Business Report, 19 September 2011]
2.3.1 Wat is die boodskap van die spotprent? (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie 7 DBE/November 2012
NSS
2.3.2 Wat kan die privaat sektor doen om die lewensomstandighede van
hierdie werkers te verbeter? (2 x 2) (4)
2.3.3 Hoe kan die staat die vlak van armoede verlig? (2 x 2) (4)
2.4 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
VOORDELE VAN NASIONALISERING STEEDS NIE DUIDELIK NIE
Cosatu eis die nasionalisering van myne en banke, asook strategiese
besighede wat voorheen onder staatsbeheer was – insluitend petrochemiese
maatskappy PetroSA en die staalmaatskappy ArcelorMittal.
Daar word beweer dat gerugte van nasionalisering belegging ontmoedig het.
Malikane, Cosatu se beleidshoof, het gesê dat '… buitelandse belegging
voorheen gebruik is om die arbeidsbeweging af te pers'. Dis waarom dit nodig
is dat Suid-Afrika die historiese ongelykhede wat voor 1994 bestaan het, moet
verander. Die owerheid moet belê in strategiese minerale soos platinum en
steenkool, '… maar nie goud nie, omdat dit 'n kwynende bedryfstak ('sunset
industry') is'
[Aangepas uit Business Times, 7 Augustus 2011]
2.4.1 Wat beteken nasionalisering? (2)
2.4.2 Watter effek sal die nasionalisering van myne en banke op
gewone burgers hê? (2 x 2) (4)
2.4.3 Hoekom, dink jy, word myne vir nasionalisering geteiken? (2)
2.4.4 Hoekom word daar na goud as 'n 'kwynende bedryfstak' verwys? (2)
2.5 Verduidelik hoe eksogene faktore sakesiklusse veroorsaak. (4 x 2) (8)
2.6 Onderskei tussen die appresiasie en depresiasie van die rand teenoor die
dollar. (2 x 4) (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie 8 DBE/November 2012
NSS
VRAAG 3: MIKROEKONOMIE 50 PUNTE – 25 MINUTE
3.1 Kies die korrekte woord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die
woord langs die vraagnommer (3.1.1–3.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.
3.1.1 Die vasstelling van minimum pryse bevoordeel die
(verbruiker/produsent).
3.1.2 Die produksie van goedere wat lei tot 'n negatiewe eksternaliteit
word dikwels (oor-/onder-) voorsien in die ekonomie.
3.1.3 Die sluitingspunt in 'n volmaakte mark is waar prys gelyk is aan
(gemiddelde/gemiddelde veranderlike) koste.
3.1.4 'n Kitskosbesigheid, soos KFC, is 'n voorbeeld van 'n
(monopolistiese/oligopolistiese) mededinger. (4 x 2) (8)
3.2 Noem enige DRIE oorsake van markmislukkings. (3 x 2) (6)
3.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Prys
V
P1
P2
V
0 Q1 Q2 Hoeveelheid
3.3.1 Watter markstruktuur word in die grafiek hierbo voorgestel? (2)
3.3.2 Watter tipe vraagkurwe word in die grafiek geïllustreer? (2)
3.3.3 Verduidelik hoekom die produsent NIE die prys sal verlaag om
verkope aan te moedig NIE. (2 x 2) (4)
3.3.4 Watter onwettige optrede kan onder produsente in hierdie tipe
mark ontstaan indien hulle hul winste wil verhoog? (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie 9 DBE/November 2012
NSS
3.4 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
MEDEDINGINGSKOMMISSIE WIL WALMART-VOORWAARDES HÊ
Terwyl Walmart (VSA) en Massmart (SA) se direksies deur die
Mededingingstribunaal oor hul oogmerke onder kruisverhoor geneem is, het
werkers buite die Departement van Handel en Nywerheid in Pretoria
byeengekom om hul teenkanting te wys teen die VSA se kleinhandelreus,
Walmart, wat probeer om 'n beherende aandeel in die Suid-Afrikaanse
maatskappy, Massmart, te verkry.
[Bron: Reuters, Mei 2011]
3.4.1 Wat is die hoofrede vir die werkers se teenkanting teen die
ooreenkoms tussen die twee maatskappye? (2)
3.4.2 Hoekom is die Mededingingskommissie bekommerd oor die
oorname van hierdie Suid-Afrikaanse maatskappy? (2 x 2) (4)
3.4.3 Watter ander instelling, behalwe die Mededingingskommissie en
Mededingingstribunaal, speel 'n rol in die regulering van
mededinging in Suid-Afrika? (2)
3.4.4 Hoe sal die verbruiker deur mededinging bevoordeel word? (2)
3.5 Verduidelik ondoeltreffendhede in die mark as 'n gevolg van markmislukking.
(2 x 4) (8)
3.6 Beskryf kortliks die rol van nie-prysmededinging onder toestande van
monopolistiese mededinging. (4 x 2) (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie 10 DBE/November 2012
NSS
VRAAG 4: EKONOMIESE STREWES 50 PUNTE – 25 MINUTE
4.1 Kies die korrekte woord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die
woord langs die vraagnommer (4.1.1–4.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.
4.1.1 Ekonomiese ontwikkeling impliseer 'n styging in die kapasiteit van
die (ekonomie/mense) om meer te produseer.
4.1.2 Streeksontwikkeling is gemik op 'n toename in (invoere/uitvoere).
4.1.3 Die getal huise voltooi is 'n belangrike (sosiale/ekonomiese)
aanwyser.
4.1.4 Die telkaart wat die vordering in bemagtiging en transformasie
in besighede meet, word deur die (Suid-Afrikaanse
Reserwebank/Departement van Handel en Nywerheid)
gepubliseer. (4 x 2) (8)
4.2 Noem enige DRIE aansporingskemas wat kontanttoelaes vir die bevordering
van streeksnywerheidsontwikkeling behels. (3 x 2) (6)
4.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
GROEIVOORUITSIG LAAG MAAR STABIEL
Versekeringsmaatskappye glo dat Suid-Afrika 'n lae, maar stabiele
ekonomiese groei oor die volgende 16 maande sal beleef, maar waarsku
besighede dat hulle steeds 'n groot risiko van niebetaling sal loop en hul
debiteure beter sal moet bestuur. Die verwagte groeikoers vir 2012 is 3% en
2% vir 2013. Gedurende 2011 het verbruiksbesteding gedaal.
Pravin Gordhan verwag 'n begrotingstekort van 5,3% van die BBP in die
fiskale jaar tot einde Maart 2012. Dit vergelyk ongunstig met die
internasionale maatstaf vir begrotingstekorte as 'n persentasie van die BBP.
Besighede met swak indiensnemingsyfers het risiko's vir die land ingehou.
Kontantvloeiprobleme het krediteure gedwing om terugbetalingstermyne te
verleng, eerder as om debiteure te likwideer. Hoë insetkoste en die swak
ekonomie het maatskappye se winsmarges verder verswak.
[Aangepas uit Natal Witness, 16 September 2011]
.
4.3.1 Definieer die term ekonomiese groei. (2)
4.3.2 Wat is die redes vir die lae groeikoers in die ekonomie? (2 x 2) (4)
4.3.3 Wat is die aanvaarde internasionale maatstaf vir die
begrotingstekort as 'n persentasie van die bruto binnelandse
produk? (2)
4.3.4 Hoe het besighede dit reggekry om die impak van die nie-betaling
deur debiteure te beperk? (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie 11 DBE/November 2012
NSS
4.4 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
MENSLIKE ONTWIKKELINGSINDEKS VOLGENS PROVINSIE: 2010
LEWENS-
REËLE
VERWAGTING VOLWASSE
RANG- BBP PER
PROVINSIE MOI BY GELETTERDHEIDS-
ORDE KOERS (%)
CAPITA
GEBOORTE
(PPP$)
(JAAR)
Oos-Kaap 7 0,643 60,41 76,47 2 856
Vrystaat 4 0,671 52,78 88,77 5 185
Gauteng 1 0,771 59,62 98,13 11 862
KwaZulu-Natal 5 0,658 52,98 89,17 4 563
Mpumalanga 6 0,657 53,49 79,42 6 105
Noord-Kaap 3 0,679 55,62 83,79 6 513
Limpopo 8 0,629 60,10 73,16 3 509
Noordwes 9 0,608 53,29 95,76 9 381
Wes-Kaap 2 0,762 60,83 95,76 9 381
RSA 0,688 57,04 85,93 5 916
[Bron: The SA Financial Sector Forum, http:/www.absa.co.za]
4.4.1 Identifiseer 'n aanwyser wat deel van die Menslike Ontwikkelings-
indeks vorm. (2)
4.4.2 Hoekom is die reële BBP per capita (PPP$) in Gauteng hoër as in
Limpopo? (2)
4.4.3 Stel voor hoe lewenstandaarde in jou plaaslike gemeenskap
verbeter kan word. (2 x 2) (4)
4.4.4 Hoekom is daar oor die algemeen 'n lae lewensverwagting by
geboorte in Suid-Afrika? (2)
4.5 Bespreek dumping/storting as 'n argument ten gunste van beskerming. (4 x 2) (8)
4.6 Bespreek indiensneming as 'n ekonomiese aanwyser. (4 x 2) (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie 12 DBE/November 2012
NSS
VRAAG 5: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
50 PUNTE – 25 MINUTE
5.1 Kies die korrekte woord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die
woord langs die vraagnommer (5.1.1–5.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.
5.1.1 Die pryse van goedere wat deur besighede ingevoer word, word
gemeet deur die (verbruikers/produsente) -prysindeks sodra dit die
land binnekom.
5.1.2 Die beskerming van die omgewing om kontinuïteit vir huidige en
toekomstige generasies te verseker, word (bewaring/beskerming)
genoem.
5.1.3 Te veel geld wat te min goedere jaag, word (vraagtrek/kostedruk)-
inflasie genoem.
5.1.4 Geld wat op toerusting spandeer word om besoedeling te
verminder, kan tot 'n (positiewe/negatiewe) eksternaliteit vir ander
lei. (4 x 2) (8)
5.2 Noem enige DRIE wêrelderfenisgebiede in Suid-Afrika. (3 x 2) (6)
5.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
INFLASIEDRUK
Lae-inkomste-huishoudings beleef baie groter inflasiedruk. Die werkers-
verbruikersprysindeks, saamgestel deur Statistiek Suid-Afrika, vind dat lae-
inkomste-werkers meer as 45% van hul inkomste op voedsel en drank
spandeer – meer as dubbel die gewig wat hierdie items geniet in die
amptelike verbruikersprysindeks-mandjie. Verder spandeer hulle 8% van hul
inkomste op elektrisiteit en vervoer – drie tot vier keer meer as die
gemiddelde verbruiker. Die werkers-verbruikersprysindeks was gemiddeld
10,1% in 2009 in vergelyking met loonooreenkomste van 8,6%. Volgens
Statistiek Suid-Afrika was die dryfkrag agter hoër inflasie voedsel, brandstof
en geadministreerde pryse.
[Aangepas uit Financial Mail, September 2011]
5.3.1 Hoekom word lae-inkomste-huishoudings negatief geraak deur die
gewig van items in die verbruikersprysindeks-mandjie? (1 x 3) (3)
5.3.2 Verduidelik die begrip geadministreerde pryse. (2 x 2) (4)
5.3.3 Hoekom, dink jy, behoort lone vasgestel te word op dieselfde of 'n
hoër vlak as die gemiddelde verbruikersprysindeks? (1 x 3) (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie 13 DBE/November 2012
NSS
5.4 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
GETAL BUITELANDSE EN SUID-AFRIKAANSE TOERISTE
VOLGENS JAAR VAN REIS, 1991–2010
35 000 000-
30 000 000- Totaal
25 000 000-
22 mil
Getal toeriste
Buitelandse
toeriste
20 000 000-
15 000 000-
SA inwoners
10 000 000-
5 000 000-
1991 1992 1993 1994 1995 1996 1997 1998 1999 2000 2001 2002 2003 2004 2005 2006 2007 2008 2009 2010
Jaar van reis
[Bron: Stats SA, Oktober 2011]
5.4.1 Definieer toerisme. (2)
5.4.2 Gebruik die data in die grafiek hierbo en bereken die persentasie
buitelandse toeriste in 2010. Toon ALLE berekeninge. (2 x 2) (4)
5.4.3 Watter toeriste vorm die grootste deel van die toeristebedryf in
Suid-Afrika? (2)
5.4.4 Wat het gelei tot die bestendige toename in die getal buitelandse
toeriste wat Suid-Afrika besoek? (2)
5.5 Verduidelik enige TWEE oorsake van koste-druk-inflasie. (2 x 4) (8)
5.6 Bespreek die effek van toerisme op die bruto binnelandse produk van Suid-
Afrika. (4 x 2) (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie 14 DBE/November 2012
NSS
VRAAG 6: MAKROEKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
50 PUNTE – 25 MINUTE
6.1 Kies die korrekte woord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die
woord langs die vraagnommer (6.1.1–6.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.
6.1.1 'n Sleutelveranderlike in die meting van sakesiklusse is
(nominale/reële) bruto binnelandse produk.
6.1.2 Die Laffer-kurwe meet die verband tussen belasbare inkomste en
die (belastingkoers/produksie van goedere).
6.1.3 Die pogings van die staat om ekonomiese groei te verhoog en
werkloosheid en armoede teen 2014 te halveer, word die
(Versnelde en Gedeelde Groei-inisiatief vir Suid-Afrika
[AsgiSA])/Groei, Werkverskaffing en Herverdelingstrategie [GEAR])
genoem.
6.1.4 Die G8-lande van die wêreld is in die (Noordelike/Suidelike)
Halfrond geleë. (4 x 2) (8)
6.2 Noem enige DRIE probleme van openbaresektor-voorsiening. (3 x 2) (6)
6.3 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
UITTREKSEL UIT DIE NASIONALE REKENINGE VAN SUID-AFRIKA
TEEN HUIDIGE PRYSE
R miljoen 2010
Bruto binnelandse produk (BBP) teen markpryse 2 407 689
Primêre inkome vanaf die res van die wêreld 34 075
Primêre inkome aan die res van die wêreld A
Bruto nasionale produk (BNP) teen markpryse 2 354 171
[Bron: SA Kwartaalblad, Junie 2010]
6.3.1 Definieer die begrip bruto binnelandse produk. (3)
6.3.2 Hoekom is die bruto binnelandse produk van Suid-Afrika altyd
groter as die bruto nasionale produk? (2 x 2) (4)
6.3.3 Bereken die primêre inkome aan die res van die wêreld (A). (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie 15 DBE/November 2012
NSS
6.4 Bestudeer die kaart hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
NYWERHEIDSONTWIKKELINGSONES IN SUID-AFRIKA
GAUTENG
GAUTENG
GAUTENG
Hoogtegnologie-industrieë
Hoogtegnologie-industrieë
Hoogtegnologie-industrieë
Saldanha
Saldanha
Staal
Staal
Richardsbaai
Metale
West Bank
A
A Voertuie
[Aangepas uit Natal Witness, 16 September 2011]
6.4.1 Wat is 'n nywerheidsontwikkelingsone? (3)
6.4.2 Watter nywerheidsontwikkelingsone word by A aangetref? Noem
EEN voordeel van nywerheidsontwikkelingsones. (2 x 2) (4)
6.4.3 Hoekom sal die staat nuwe nywerhede aanmoedig om hulself in
nywerheidsontwikkelingsones te vestig? (1 x 3) (3)
6.5 Bespreek enige TWEE monetêre beleidsinstrumente wat deur die Suid-
Afrikaanse Reserwebank gebruik word. (2 x 4) (8)
6.6 Verduidelik klimaat en natuurlike hulpbronne as redes vir internasionale
handel. (2 x 4) (8)
[50]
TOTAAL AFDELING B: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie 16 DBE/November 2012
NSS
AFDELING C
Beantwoord enige TWEE van die vier vrae uit hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
PUNTETOEKENNING VIR OPSTELVRAE
STRUKTUUR VAN OPSTEL PUNTE-
TOEKENNING
Inleiding Maks 3
Inhoud:
• Hoofdeel: Byvoorbeeld bespreek/onderskei/
differensieer/verduidelik/ontleed/evalueer/
assesseer Maks 30
• Addisionele deel: Byvoorbeeld teken 'n grafiek of diagram/
lei af/gee 'n oorsig/verduidelik kortliks/
brei uit op/jou eie opinie/ondersteun Maks 10
Gevolgtrekking Maks 2
Interpretasie Maks 5
TOTAAL 50
VRAAG 7: MAKROEKONOMIE 50 PUNTE – 40 MINUTE
Ontleed die verskillende sakesiklusaanwysers en eienskappe wat in vooruitskatting
gebruik word. Teken 'n volledig benoemde diagram van 'n tipiese sakesiklus om jou
ontleding te ondersteun.
• Koppel jou ontleding aan die fases van die sakesiklus. [50]
VRAAG 8: MIKROEKONOMIE 50 PUNTE – 40 MINUTE
Onderskei, in besonderhede, tussen die markstruktuur van 'n monopolie en 'n
volmaakte mededinger. Teken ook 'n volledig benoemde grafiek wat die langtermyn-
ewewigsposisie van enige EEN van die markte hierbo toon.
• Jou antwoord kan óf in tabel- óf in paragraafvorm gegee word.
• Volsinne word vereis. [50]
VRAAG 9: EKONOMIESE STREWES 50 PUNTE – 40 MINUTE
Bespreek invoervervanging en uitvoerbevordering as deel van Suid-Afrika se
internasionale handelsbeleid en verduidelik hoe suksesvol Suid-Afrika is in die
vervanging van invoere met plaaslik vervaardigde goedere.
• Gebruik goed gestruktureerde argumente om jou antwoord te ondersteun. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie 17 DBE/November 2012
NSS
VRAAG 10: KONTEMPORêRE EKONOMIESE KWESSIES
50 PUNTE – 40 MINUTE
Bespreek die maatreëls wat gebruik word om omgewingsvolhoubaarheid te verseker
onder die volgende hoofde:
• Markverwante beleide
• Openbaresektor-inmenging
• Openbaresektor-beheer
Na jou mening, hoe suksesvol was die relevante internasionale protokolle en
ooreenkomste? [50]
TOTAAL AFDELING C: 100
GROOTTOTAAL: 300
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Economics Grade 12 NSC November 2012 Question Paper (Eng)
%20(English)%20June%202012%20QP_hlayiso.com_--1348c740-b9d8-4f95-8cd6-12ba7225e20a/v1-7f02f9bb66e2ae838b21/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 NSC June 2012 Question Paper (English)

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC November 2023 Question Paper (Eng)

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC November 2021 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC November 2018 Question Paper (Eng)

Question paper
Economics Grade 12 P2 NSC November 2018 Question Paper (Eng)
More from Grade 12 Economics

Memorandum
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (Afr)
%20June%202025%20Possible%20Answers--3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e/v1-45abc04fbe038cfc315d/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 Gauteng June 2025 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Question paper
Economics Grade 12 P2 NW June 2025 Question Paper (English)
_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)
Question paper