SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
EKONOMIE V2
MEI/JUNIE 2025
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 23 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2025 papers 

%202020%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--ba246fa2-7d32-4ab7-981e-10d6b2dd4a91/v1-9e6be78dfbf1eddf2a29/card.webp)
%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--bda96458-ebe4-44b9-92e5-333e776e1614/v1-73e56ee11a0a58283c94/card.webp)


View all



_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)

Economics Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Economics Paper 2 memorandum from the NSC June Exam 2025 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · NSC June Exam · 2025 · Afrikaans. Memorandum, 23 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2025
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 23
- File size
- 603.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 23
This exam
NSC June Exam 2025
- Paper 1Question paper · AfrMemo · Eng
- Paper 2Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1.1The reasons for and consequences of market failures16 marks
- Question 1.2The reasons for and consequences of market failures8 marks
- Question 1.3The dynamics of perfect markets6 marks
- Question 2The reasons for and consequences of market failures40 marks
- Question 3Environmental sustainability40 marks
- Question 4Dynamics of imperfect markets40 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Ekonomie/V2 2 DBE/Mei/Junie/2025
SS/NSS – Nasienriglyne
BEGINSELS VIR DIE NASIEN VAN EKONOMIE – SS/NSS MEI/JUNIE 2025
Die volgende nasienbeginsels is ontwikkel om nasien in alle provinsies te standaardiseer.
NASIEN
• ALLE vrae en antwoorde in kandidate se skrifte MOET nagesien word, ongeag of dit korrek of
verkeerd is.
• Waar antwoorde meer is as wat die instruksies vereis, moet die volgende geld:
In afdeling A, waar kandidate TWEE antwoorde gee, moet die eerste antwoord nagesien
word.
In afdeling B, (2.1.1, 3.1.1 en 4.1.1) merk die eerste TWEE antwoorde en dui aan M 2 vir
antwoorde wat meer is as wat die vraag vereis het.
In afdeling B, data-respons vrae wat 'n spesifieke aantal antwoorde vereis (bv. 2.2.1 en
2.2.2), merk die eerste antwoord en dui aan M 1 vir antwoorde wat oortollig is.
In afdeling B en C (keusevrae), dui aan EKSTRA op vrae bo die vereiste aantal.
Waar die maksimum punte vir 'n spesifieke afdeling toegeken is, merk al die antwoorde tot
by die maksimum punte vir die vraag en dui óf M 2 óf M 8 óf M 10 óf M 26 aan. Trek daarna
'n lyn aan die regterkant van die antwoorde wat oortollig is.
• 'n Duidelike, netjiese regmerkie moet gebruik word:
Indien EEN punt toegeken word, moet EEN regmerkie gebruik word:
Indien TWEE punte toegeken word, moet TWEE regmerkies gebruik word:
Die regmerkie moet geplaas word by die FEIT waarvoor 'n punt toegeken word.
Merkies moet KLEIN gehou word, aangesien verskeie vlakke van moderering kan plaasvind.
• Verkeerde antwoorde moet met 'n duidelike, netjiese kruisie gemerk word:
Gebruik een kruisie op elke verkeerde antwoord in vrae waar kandidate meer as een
antwoord moet gee.
Probeer om NIE die kandidate se antwoorde te onderstreep nie.
• Vir die volgende aksiewoorde is EEN-woord antwoorde aanvaarbaar: lys, noem, identifiseer
• Vir die volgende aksiewoorde moet 'n VOLLE sin geskryf word: beskryf, verduidelik,
evalueer, ontleed, stel voor, onderskei, definieer, bespreek, waarom, hoe
• Die volgende aksiewoorde moet binne hul konteks gelees word om te bepaal of 'n EEN-woord
antwoord of 'n VOLLE sin vereis word: verskaf, wat, tabuleer, identifiseer en gee.
• Waar kandidate 'n grafiek moet teken, merk die grafiek volgens 'n merkrubriek wat in die
amptelike nasienriglyne verskaf word.
• Waar kandidate berekeninge moet doen, sal die finale antwoord nie noodwendig volpunte kry
nie. 3 punte word toegeken vir die berekeninge en 1 punt vir die finale antwoord.
LET OP DIE VOLGENDE
• Indien die nommering verkeerd is of weggelaat is, kan kandidate gekrediteer word solank die
volgorde van antwoorde op vrae gevolg word.
• Waar daar spelfoute is, ken die punte toe mits die betekenis korrek is.
• Gee aandag aan die betekenis van antwoorde, wat op 'n ander manier gestel kan word.
• In meerkeusevrae waar 'n letter die aanvaarde antwoord is, maar die leerder die werklike
antwoord skryf - ken punte toe.
• Daar sal 'n bylaag tot die nasienriglyne wees vir die nasien van sekere vrae.
TOTAAL EN OORDRAG VAN PUNTE
• Die subtotaal vir elke subvraag moet aan die regterkantse kantlyn aangeteken word.
Vraag 1 in Afdeling A het DRIE onderafdelings en DRIE subtotale moet in die regterkantlyn
aangeteken word.
Vrae in Afdeling B het VYF onderafdelings en VYF subtotale moet in die regterkantlyn
aangeteken word.
Subtotale moet leesbaar geskryf word en spasie vir gemodereerde punte op die
regterkantlyn laat.
• Die totale punt vir elke vraag moet in die boonste linkerkantlyn langs die vraagnommer
aangeteken word en na die voorblad van die antwoordboek oorgedra word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 3 DBE/Mei/Junie/2025
SS/NSS – Nasienriglyne
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
1.1.1 C – eksplisiete
1.1.2 A – monopolistiese mededinging
1.1.3 D – inligting
1.1.4 C – maksimum
1.1.5 A – allesomvattende
1.1.6 D – laer winsgrense
1.1.7 D – een nag
1.1.8 B – omgewing (8 x 2) (16)
1.2 PAS ITEMS
1.2.1 F 'n groep besighede wat dieselfde produkte produseer of
aanbied
1.2.2 H hoë ontwikkelingskoste voorkom dat ander besighede die mark
betree
1.2.3 E die besluit van een besigheid om prys te verhoog, word
beïnvloed deur hoe ander besighede sal reageer
1.2.4 I die bedrag geld deur die owerheid vasgestel, waaronder geen
werknemers hul werkers mag betaal nie
1.2.5 G saamgestel deur die pryse van ʼn verteenwoordigende mandjie
goedere en dienste gereeld aan te teken
1.2.6 B Suid-Afrikaanse burgers wat na ander lande reis
1.2.7 C daarop gemik om reis meer toeganklik en bekostigbaar binne
Suid-Afrika te maak
1.2.8 D 'n doelwit om uiterste armoede en honger uit te wis
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 4 DBE/Mei/Junie/2025
SS/NSS – Nasienriglyne
1.3 GEE DIE TERM
1.3.1 Homogeen
1.3.2 Patent
1.3.3 Kostevoordeel-analise
1.3.4 Kostedrukinflasie
1.3.5 Ekotoerisme
1.3.6 Nie-hernubare hulpbronne (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 5 DBE/Mei/Junie/2025
SS/NSS – Nasienriglyne
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 KORT VRAE
2.1.1 Noem enige TWEE kenmerke (eienskappe) van openbare
goedere.
• Niemededingend
• Nie-uitsluitbaar
• Nie-weiering
• Ondeelbaar
• Deurlopende verbruik/ Oneindige verbruik
• Sosiale voordele oortref private voordele / Eksterne voordele
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 1) (2)
2.1.2 Waarom ontmoedig die geknakte vraagkromme 'n oligopolie-
firma om hul prys te verhoog?
'n Kleiner prysstyging kan tot 'n groter afname in hoeveelheid gevra
lei, wat inkomste (totale inkomste) sal verlaag, as gevolg van die
elastiese gedeelte van die geknakte vraagkromme.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2)
2.2 DATARESPONS
2.2.1 Identifiseer die markstruktuur wat die bankbedryf
verteenwoordig in die uittreksel hierbo
Oligopolie (1)
2.2.2 Noem die instelling wat beperkende besigheidspraktyke
ondersoek.
Mededingingskommissie (1)
2.2.3 Beskryf kortliks die term prysleierskap.
'n Situasie waar die dominante besigheid die prys vasstel en die
ander firmas dit as die markprys aanvaar.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
2.2.4 Verduidelik die impak van samespanning deur banke op
verbruikers.
• Samespanning sal daartoe lei dat verbruikers hoë pryse vir
bankdienste betaal.
• Die samespannende banke kan swakgehalte dienste aan
verbruikers lewer, aangesien hulle geen ander alternatiewe sal
hê nie.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 6 DBE/Mei/Junie/2025
SS/NSS – Nasienriglyne
2.2.5 Waarom streef besighede daarna om skaalvoordele te bereik?
• Om die gemiddelde koste te verminder wat besighede in staat
stel om meer uitsette te produseer.
• Om die mededingendheid van besighede te verhoog deur laer
pryse wat die vraag laat verhoog.
• Om die winsgewendheid van besighede te verbeter as gevolg
van verhoogde verkope./ Om hoër wins te verdien en die
beleggingskapasiteit uit te brei.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4)
2.3 DATARESPONS
2.3.1 Identifiseer enige EEN negatiewe eksternaliteit in die inligting
hierbo.
• Sigarette rook
• Verkeersopeenhoping (1)
2.3.2 Noem 'n private voordeel wat produsente van goedere en
dienste geniet.
• Wins
• Verkoopsinkomste (1)
2.3.3 Beskryf kortliks die term sosiale koste.
Die totale koste van 'n goed of diens wat deur produsente en die
gemeenskap in die algemeen aangegaan word / Sosiale koste is die
som van private koste en eksterne koste
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
2.3.4 Waarom lei positiewe eksternaliteite, soos onderwys en
opleiding, tot markmislukking?
• Goedere en dienste met positiewe eksternaliteite word nie hoog
deur die mark aangeslaan nie, daarom word hulle deur markte
ondervoorsien.
• Markte is geneig om minder hoeveelhede goedere en dienste
met positiewe eksternaliteite te produseer, omdat hulle nie die
sosiale voordele in ag neem nie.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 7 DBE/Mei/Junie/2025
SS/NSS – Nasienriglyne
2.3.5 Hoe kan die owerheid die verbruik van niemerietegoedere
ontmoedig?
• Die owerheid kan indirekte belasting of aksynsbelasting verhoog,
wat die pryse van niemerietegoedere sal verhoog, wat tot 'n
afname in verbruik lei.
• Bewusmakingsveldtogte kan geloods word om mense op te voed
oor die skadelike gevolge van niemerietegoedere.
• Die owerheid kan die promosie/advertering van
niemerietegoedere deur produsente verbied.
• Wette kan afgedwing word om die verkoop van
niemerietegoedere, soos tabak, aan mense onder 'n spesifieke
ouderdom te reguleer.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4)
2.4 Verduidelik, met behulp van 'n korrek benoemde grafiek, die verhouding
tussen die vraagkromme (GI) en die marginale inkomstekromme van ‘n
monopolie.
Prys, Inkomste
V = GI
0 1
MI Hoeveelheid
Korrekte benoeming van vertikale en horisontale asse = 1 punt
Korrekte tekening en benoeming van die vraagkromme (GI) = 1 punt
Korrekte tekening en benoeming van die marginale inkomstekromme = 1 punt
Korrekte plasing van die MI-kromme in verhouding tot die vraag (GI) = 1 punt
Maks 4
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 8 DBE/Mei/Junie/2025
SS/NSS – Nasienriglyne
• Die vraagkromme (GI) en die marginale inkomste (MI)-kromme vir 'n
monopolie is albei afwaarts hellend van links na regs
• Die vraagkurwe toon die verband tussen die prys en die hoeveelheid vraag,
terwyl die marginale inkomste die bykomende inkomste toon wat verdien
word wanneer een addisionele eenheid verkoop word.
• Die marginale inkomste (MI)-kromme is minder elasties as die
vraagkromme.
• Die marginale inkomste (MI)- kromme sny die horisontale as by die
middelpunt van die oorsprong en die snypunt van die vraagkromme (GI).
Maks 4 (8)
2.5 Hoe kan die owerheid inkome en rykdom herverdeel om markmislukking
reg te stel?
• 'n Progressiewe inkomstebelastingstelsel word gebruik om hoër
inkomsteverdieners ‘n hoër belastingkoers as laer inkomsteverdieners te
laat betaal.
• Die owerheid kan subsidies op goedere en dienste, soos behuising,
onderwys en gesondheidsorg verskaf om bekostigbaarheid vir die armes te
verhoog.
• Welsyns- of oordragbetalings soos ouderdomstoelaes, ongeskiktheids-
toelaes en kinderonderhoudstoelae kan gebruik word om inkomste aan die
armes te verskaf.
• Belastinginkomste kan gebruik word om gratis dienste soos gratis
elektrisiteit en water, vir die arm mense te verskaf.
• Implementeer werkskeppingsprogramme, soos die uitgebreide openbare
werkeprogramme, om 'n bron van inkomste vir die armes te skep.
• Versterk die implementering van die Wet op Breë-basis Swart Ekonomiese
Bemagtiging om ekonomiese transformasie vir die voorheenbenadeelde
groepe te versnel
• Grondhervormingsprogramme, soos grondrestitusie en herverdeling, kan
gebruik word om die eienaarskap van grond onder voorheenbenadeelde
groepe te verhoog.
• Verseker dat die Wet op Gelyke Indiensneming regstellende aksie bevorder
en diskriminasie in werksgeleenthede verwyder.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
(Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir blote lys van feite) (4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 9 DBE/Mei/Junie/2025
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 KORTVRAE
3.1.1 Noem enige TWEE maniere wat gebruik word om inflasie te
meet.
• Indekse (VPI/PPI)
• Gewigstoekenning (Mandjie van goedere en dienste)
• Inflasiekoers
• Implisiete BBP-deflator
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 1) (2)
3.1.2 Hoe kan die owerheid onderwys gebruik om
omgewingsvolhoubaarheid te verseker?
• Gebruik verskeie metodes om bewustheid te skep en mense se
houdings teenoor die omgewing te verander.
• Deur die samelewing bewus te maak van omgewingskwessies
en hoe hul optrede die omgewing beïnvloed, sal dit verseker dat
beter besluite geneem word.
• Leer kinders om bewus te wees van die uitwerking van hul
optrede op die omgewing sodat hulle meer omgewingsbewus en
bemagtigde volwassenes kan word.
• Die oprigting van gemeenskapswildreservate om mense op te
voed oor die belangrikheid om die omgewing te beskerm.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2)
3.2 DATARESPONS
3.2.1 Identifiseer 'n term in die spotprent hierbo wat verband hou met
natuurlike hulpbronne wat vervang kan word wanneer dit
gebruik is.
Hernubare (1)
3.2.2 Noem enige EEN internasionale ooreenkoms wat aangegaan is
om klimaatsverandering te verminder.
• VNRKK (Verenigde Nasies se Raamwerkkonvensie oor
Klimaatsverandering)
• Kyoto-protokol
• Parysooreenkoms
• Montreal-protokol
• Konferensie van partye (KVP/COP)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1)
3.2.3 Beskryf kortliks die term aardverwarming
Die geleidelike en voortdurende toename in die aarde se
gemiddelde temperatuur.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 10 DBE/Mei/Junie/2025
SS/NSS – Nasienriglyne
3.2.4 Waarom hef die owerheid groenbelasting op sekere goedere en
dienste?
• Om omgewingskade wat deur koolstofvrystellings tydens die
produksieproses veroorsaak word, te verminder.
• Om inkomste in te samel wat gebruik kan word om die
omgewingskwessies aan te spreek.
• Om die aanbod van produkte wat die omgewing beskadig, te
verminder.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
3.2.5 Verduidelik die omgewingsvoordele wanneer die gebruik van
fossielbrandstowwe verminder word.
• Die hoeveelheid koolstofvrystellings in die atmosfeer kan afneem
wat die kweekhuiseffek verminder.
• Vermindering van lugbesoedeling wat deur fossielbrandstowwe
veroorsaak word, kan help om osoonuitputting te verminder, wat
aardverwarming kan vertraag.
• Die vraag na nie-hernubare hulpbronne kan afneem, wat die druk
op die omgewing verminder.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4)
3.3 DATARESPONS
3.3.1 Identifiseer die inflasieverwagtinge van huishoudings in die
derde kwartaal van 2024 in die uittreksel hierbo
6.9% (1)
3.3.2 Noem die inflasieteikengrens wat deur die Suid-Afrikaanse
Reserwebank vasgestel is.
3% tot 6% (1)
3.3.3 Beskryf kortliks die term stagflasie.
Wanneer die ekonomie lae ekonomiese groei, hoë werkloosheid en
hoë inflasie gelyktydig ervaar
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
3.3.4 Verduidelik die gedrag van werkers wanneer hulle verwag dat
pryse gaan styg.
• Werkers mag hoër lone eis as gevolg van die verwagte hoër
lewenskoste.
• Werkers kan met nywerheidsaksies begin indien werkgewers nie
tot hul looneise instem nie.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 11 DBE/Mei/Junie/2025
SS/NSS – Nasienriglyne
3.3.5 Hoe kan 'n verhoging in rentekoerse help om inflasie in die
ekonomie te bekamp?
• Die koste van lenings sal toeneem en die oortollige vraag
verminder wat tot ‘n afname in vraagtrek-inflasie lei.
• Hoër rentekoerse sal spaar aanmoedig, aangesien beleggers 'n
hoër opbrengs op belegging verwag, wat sal help om vraagtrek-
inflasie te bekamp.
• Hoër rentekoerse kan tot die appresiasie van die plaaslike
geldeenheid lei, wat ingevoerde produksie-insette goedkoper en
koste-inflasie laer maak.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4)
3.4 Bespreek kortliks beskerming en bewaring met betrekking tot die stand
van die omgewing.
Beskerming
• Beskerming verwys na die volhoubare bestuur van natuurlike hulpbronne
wat nie hernubaar is nie, om te verseker dat hulle nie heeltemal opgebruik
word en uit die omgewing verdwyn nie.
• Beskerming streef na 'n kreatiewe kontinuïteit van die omgewing terwyl dit
verseker dat verandering simpatiek is met die lewensgehalte van beide
huidige en toekomstige geslagte.
• Beskerming is nodig wanneer die voorraad natuurlike hulpbronne meer
benut word as wat dit herproduseer word.
• Beskerming sluit in wildparke, beskermde gebiede vir diere en woude,
botaniese parke, museums, reptiel- en skoenlapperreservate.
• Beskermingsstrategieë word aangewend om volhoubare gebruik van
natuurlike hulpbronne te verseker deur die benutting van
bewaringsgebiede.
• Die owerheid kan verskillende beheermaatreëls, soos permitte en kwotas,
toepas om natuurlike hulpbronne te bewaar.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) Maks 4
Bewaring
• Bewaring verwys na hulpbronne wat nie hernubaar is, ongeskonde of
ongedeerd te behou, soos vleilande, 'n inheemse woud of 'n riviermond-
ekosisteem.
• Bewaring help om bestaande bates te bewaar om te verseker dat hulle nie
op 'n manier gebruik word wat vernietigend is vir die omgewing nie.
• Bewaring behels die elemente van die omgewing wat deur uitsterwing
bedreig word, soos Afrika se oorblywende renoster- en dierspesies.
• Erfenisterreine wat spesiale kulturele of omgewingsbetekenis het, word
dikwels vir bewaring geteiken.
• Die owerheid mag in die mark ingryp wanneer dit nodig is om
omgewingsbates te bewaar. (Maks 4)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
(Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir blote lys van feite en voorbeelde)
(Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir slegs voorbeelde) (2 x 4) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 12 DBE/Mei/Junie/2025
SS/NSS – Nasienriglyne
3.5 Ontleed die negatiewe impak van hoë inflasie op die Suid-Afrikaanse
ekonomie.
• Huishoudings mag minder spaar, omdat meer van hul inkomste gebruik
word om goedere en dienste te koop wanneer daar hoë inflasie is.
• Verbruikersvertroue kan afneem wat kan lei tot 'n daling in
verbruiksbesteding.
• Investering kan afneem omdat hoë inflasie 'n negatiewe sentiment teenoor
die Suid-Afrikaanse ekonomie skep.
• Hoë vraag vir loonsstygings kan lei tot 'n styging in arbeidskoste wat die
produksie van goedere en dienste verminder.
• Werkers kan aan nywerheidsaksies deelneem indien hul looneise nie
nagekom word nie, wat ekonomiese aktiwiteit kan ontwrig.
• Belastingbetalers betaal hoër belasting namate hul nominale loon styg, wat
hul inkomstevlakke na ‘n hoër belastingkerf (belastingversnelling)
verskuif.
• Hoër inflasie veroorsaak 'n daling in die koopkrag van geld, wat daartoe lei
dat die rand minder goedere en dienste as voorheen kan koop.
• Rentekoerse kan styg, wat tot 'n styging in die koste van lenings in die
ekonomie lei.
• Hoë produksiekoste kan sommige besighede dwing om hul werksaamhede
te verminder wat tot werkverliese kan lei.
• Hoë inflasie stimuleer besteding aan ingevoerde goedere en dienste,
aangesien verbruikers dit as goedkoper beskou.
• Verhoogde pryse van Suid-Afrikaanse uitvoere kan hul mededingendheid
op wêreldmarkte verminder.
• Die waarde van plaaslike geldeenhede kan afneem namate die
betalingsbalanstekorte toeneem.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
(Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir blote lys van feite) (4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 13 DBE/Mei/Junie/2025
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 KORTVRAE.
4.1.1 Noem enige TWEE soorte besoedeling.
• Water
• Lug
• Land/omgewing/grond
• Geraas/geluid
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 1) (2)
4.1.2 Waarom hef die owerheid minimum pryse op sekere goedere in
die mark, soos mielies?
• Om boere toe te laat om gemaklike winste te maak uit die
produksie van basiese voedselsoorte, soos mielies en koring.
• Om voedselsekuriteit vir die land se bevolking te verseker deur
boere aan te moedig om voldoende hoeveelhede te
produseer.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2)
4.2 DATARESPONS
4.2.1 Identifiseer die jaarlikse groeikoers van aanlyn
kruidenierswareverkope in Suid-Afrika in die uittreksel hierbo.
54% (1)
4.2.2 Noem die aard van die produk wat in 'n monopolistiese
mededingende mark verkoop word.
Gedifferensieerde/ Heterogeen (1)
4.2.3 Beskryf kortliks die term nie-prys mededinging.
Mededinging wat nie op pryse gebaseer is nie, maar op faktore wat
verband hou met die uniekheid van die produk, doeltreffende dienste
en advertensies.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
4.2.4 Verduidelik die belangrikheid van handelsmerkgewing in
onvolmaakte markte.
• Handelsmerke help om verbruikerslojaliteit te bou, waar 'n
verbruiker een produsent bo 'n ander kan kies.
• Onderskei die produk wat maklike identifikasie deur verbruikers
moontlik maak.
• Handelsmerk help om meer kliënte te lok, wat die besigheid se
markaandeel verhoog.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 14 DBE/Mei/Junie/2025
SS/NSS – Nasienriglyne
4.2.5 Waarom verdien 'n monopolistiese mededingende firma
normale wins op lang termyn?
• Daar is geen versperringe tot toetrede wat nuwe besighede
toelaat om die mark te betree wanneer daar ekonomiese wins is
nie.
• ‘n Toename in die aantal besighede sal die markaanbod laat
toeneem en pryse laat daal totdat die bestaande firmas normale
winste verdien.
OF
• Die vryheid van uittrede laat sommige bestaande besighede toe
om die mark te verlaat wanneer daar ekonomiese verlies is.
• ‘n Afname in die aantal besighede sal die markaanbod verminder
en pryse laat styg totdat bestaande firmas normale wins
verdien.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4)
4.3 DATARESPONS
4.3.1 Identifiseer die VPI inflasiekoers vir Maart 2024 in die grafiek
hierbo.
5,3% (1)
4.3.2 Noem die prysindeks wat belasting op toegevoegde waarde
(BTW) uitsluit.
Produsenteprysindeks/PPI (1)
4.3.3 Beskryf kortliks die term geadministreerde prys-inflasie.
Die styging in pryse van goedere en dienste wat deur owerheid
aangestelde instellings vasgestel of beheer word.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
4.3.4 Waarom is kerninflasie meer stabiel as verbruikersprys-
indeks(VPI)-inflasie?
• Kerninflasie sluit items wat hoogs gefluktuerende pryse het en
wat deur regeringsingryping gereguleer word uit, terwyl die VPI-
inflasie items met hoë wisselvallige pryse pryse insluit.
• Kerninflasie word nie deur die seisoenale aanpassings van
voedselpryse beïnvloed nie, terwyl die VPI-inflasie deur die
seisoenale aanpassings van voedselpryse beïnvloed word.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 15 DBE/Mei/Junie/2025
SS/NSS – Nasienriglyne
4.3.5 Hoe kan 'n toename in produktiwiteit help om inflasie te
bekamp?
• Die gemiddelde produksiekoste sal daal wat kostedrukinflasie
laat afneem.
• Toename in produktiwiteit wat aan loonsstygings gekoppel word,
kan kostedrukinflasie neutraliseer.
• Hoër produktiwiteit, deur onderwys en opleiding, kan produksie-
uitsette laat toeneem, wat die totale aanbod sal stimuleer.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (4)
4.4 Bespreek kortliks produktiewe ondoeltreffendheid en toedelings-
ondoeltreffenheid as gevolge van markmislukking.
Produktiewe ondoeltreffendheid
• Vind plaas wanneer besighede nie uitsette met die beskikbare insette
(produksiefaktore) maksimeer nie.
• Produktiewe ondoeltreffendheid beteken dat 'n besigheid nie goedere en
dienste teen die laagste moontlike koste produseer nie.
• Produktiewe ondoeltreffendheid laat besighede toe om koste te verminder
sonder om minder goedere te produseer en die kwaliteit van goedere te
verlaag./ Daar is ruimte vir besighede om meer uitset teen 'n laer koste te
produseer.
• Die gevolge van produktiewe ondoeltreffendheid is 'n verlies aan uitsette en
verkwiste hulpbronne. (Maks. 4)
Toedelingsondoeltreffendheid
• Toewysingsondoeltreffendheid beteken dat die produkmengsel nie die
verbruiker se smaak weerspieël nie en daarom word hulpbronne nie in die
regte verhoudings toegeken nie.
• Verbruikersvoorkeure kan bevredig word indien besighede hul hulpbronne
meer doeltreffend kan gebruik.
• Aanbod van goedere en dienste stem nie ooreen met vraag nie, aangesien
die hoeveelhede wat deur verbruikers benodig word nie beskikbaar is nie, •
wat tekorte aan surplus toon.
• Toedelingsondoeltreffendheid gebeur wanneer besighede hulpbronne
ondoeltreffend toewys en goedere en dienste produseer wat verbruikers nie
wil hê nie. (Maks. 4)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
(Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir blote lys van feite en voorbeelde)
(Ken slegs 'n maksimum van 2 punte toe aan voorbeelde) (2 X 4) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 16 DBE/Mei/Junie/2025
SS/NSS – Nasienriglyne
4.5 Hoe kan die owerheid bevel-en-beheermaatreëls gebruik om
omgewingsvolhoubaarheid te verseker?
• Die owerheid kan 'n reeks beleide oplê, om wetgewing te bepaal wat mense
mag en nie mag doen nie.
• Regulasies kan ingestel word om omgewingsbeperkings of standaarde af
te dwing in terme van hoe hulpbronne gebruik mag word.
• Maksimum toelaatbare vlakke kan vasgestel word vir omgewingsaktiwiteite,
soos koolstofdioksiedvrystellings of hulpbron gebruik.
• Minimum toelaatbare vlakke kan opgelê word op die ontginning van
hulpbronne soos water in reservate en bome in plantasies.
• Kwaliteitsstandaarde word vasgestel om die voorafbepaalde hoeveelheid
besoedeling wat veroorsaak word, soos fabrieks- en motorgasvrystellings,
voor te skryf.
• Namate tegnologie vir die vermindering van besoedelingstowwe verbeter,
kan strenger standaarde ingestel word gebaseer op die beste beskikbare
tegnologie.
• Kwaliteitsstandaarde word vasgestel wat reëls en regulasies voorskryf oor
die omgewingsimpak van besoedeling wat vrygestel word.
• Sosiale standaarde is ingegestel om te fokus op die uitwerking van
omgewingsbesoedeling op mense.
• Strenger standaarde vir geraasvlakke kan in digbevolkte as in plattelandse
gebiede gehef word in
• Die owerheid kan die voorraadvlakke van omgewingshulpbronne handhaaf
deur die uitreiking van permitte/lisensies en kwotas.
• Inspekteurs kan aangestel word om die omgewingsaktiwiteite van
besighede en voldoening aan die voorbepaalde standaarde te monitor.
• Omgewingsoortredings kan wetlik strafbaar wees deur die oplegging van
boetes of die onttrekking van permitte/lisensies, kwotas en vergoeding aan
slagoffers of gevangenisstraf.
• Direkte beheer kan gebruik word om oortredende firmas te dwing om die
werklike koste van die oortredende aktiwiteit aan te gaan.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
(Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir blote lys van feite) (4 x 2) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 17 DBE/Mei/Junie/2025
SS/NSS – Nasienriglyne
AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
• Bespreek in detail die korttermyn-ewewigsposisies in 'n volmaakte mark met
die hulp van drie aparte grafieke. (26 punte)
• Evalueer die impak van volmaakte mededinging op verbruikers. (10 punte)
INLEIDING
• 'n Mark is 'n plek waar kopers en verkopers mekaar ontmoet om goedere en dienste
vir 'n prys te verhandel.
• Volmaakte mededinging is 'n markstruktuur met ‘n groot aantal kopers en verkopers
van homogene produkte, en vrye mark toegang- en uittrede.
• Korttermyn is 'n produksieperiode waarin ten minste een van die faktorinsette vas
is.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding) (Maks 2)
LIGGAAM: HOOFDEEL
Ekonomiese wins
• Ekonomiese wins vind plaas wanneer die totale inkomste (TI) groter is as die totale
koste (TK)/wanneer die gemiddelde inkomste (GI) groter is as die gemiddelde koste
(GK).
• Ekonomiese wins is die ekstra wins wat 'n besigheid maak benewens die normale
wins.
Prys, Koste, Inkomste
Korrekte benoeming van vertikale en horisontale asse = 1 punt
Korrekte tekening en benoeming van die kostekromme in verhouding
tot die inkomstekromme = 1 punt
Aanduiding van die ekonomiese wins = 1 punt
Aanduiding van die winsmaksimeringspunt = 1 punt
Maks 4
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 18 DBE/Mei/Junie/2025
SS/NSS – Nasienriglyne
• Teen die markprys van R20, word wins gemaksimaliseer by punt e, waar
MI = MK.
• 100 eenhede van die produk sal teen 'n gemiddelde koste van R15 vervaardig
word.
• Die besigheid maak 'n ekonomiese wins omdat die markprys bo die GK is.
• Wanneer daar ekonomiese wins (bonatuurlike wins) is, sal nuwe besighede
aangetrek word om die mark te betree.
• Die firma maak 'n totale ekonomiese wins van R500 (R20 x 100 = R2000 – R15 x
100 = R1500) OF 'n ekonomiese wins van R5 per eenheid (R20 – R15).
Ekonomiese verlies
• Ekonomiese wins vind plaas wanneer die totale inkomste (TI) minder is as die totale
koste (TK)/wanneer die gemiddelde inkomste (GI) minder is as die gemiddelde koste
(GK).
• Ekonomiese verlies is die negatiewe verskil tussen TI en TK.
Prys, Koste, Inkomste
Korrekte benoeming van vertikale en horisontale asse = 1 punt
Korrekte tekening en benoeming van die kostekromme in verhouding tot die
inkomstekromme = 1 punt
Aanduiding van die ekonomiese verlies area = 1 punt
Aanduiding van die minimiseringspunt = 1 punt
Maks 4
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 19 DBE/Mei/Junie/2025
SS/NSS – Nasienriglyne
• Teen die prys van R15, word verlies geminimialiseer by punt e, waar MI = MK.
• 100 Eenhede van die produk sal teen 'n gemiddelde koste van R18 vervaardig
word.
• Die besigheid sal 'n ekonomiese verlies ly, omdat die markprys laer is as die GK.
• Wanneer daar ekonomiese verlies is, sal sommige besighede die mark verlaat.
• Die firma sal 'n ekonomiese verlies van R300 (R15 x 100 = R1500 – R18 x 100 =
R1800) OF 'n ekonomiese verlies van R3 per eenheid (R15 – R18) maak.
Normale wins
• Normale wins vind plaas wanneer die totale inkomste (TI) gelyk is aan die totale koste
(TK)/wanneer die gemiddelde inkomste (GI) gelyk is aan die gemiddelde koste
(GK).
• Normale wins is die minimumverdienste nodig is om te verhoed dat besighede die
bedryf verlaat en hul geld elders belê.
• Normale wins word na verwys as NUL ekonomies wins (gelykbreekpunt) omdat TI –
TK / GI – GK = 0.
Prys, Koste, Inkomste
Korrekte benoeming van vertikale en horisontale asse = 1 punt
Korrekte tekening en benoeming van die kostekromme in
verhouding tot die inkomstekromme = 1 punt
Aanduiding van GK gelyk aan die prys = 1 punt
Aanduiding van die winsmaksimeringspunt = 1 punt
Maks 4punte
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 20 DBE/Mei/Junie/2025
SS/NSS – Nasienriglyne
• Teen die markprys van R15, word wins gemaksimeer by punt e, waar MI =MK.
• 100 Eenhede van die produk sal geproduseer word teen 'n gemiddelde koste van
R15.
• Die besigheid maak normale wins omdat die markprys gelyk is aan die GK.
• Wanneer besighede normale wins maak, sal daar geen aansporing vir nuwe
besighede wees om toe te tree of bestaande besighede om die mark te verlaat
nie.
• Die firma maak 'n normale wins van R0 (R15 x 100 = R1500 – R15 x 100 = R1500)
OF ' normale wins van R0 per eenheid (R15 – R15).
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks 26)
(Ken 'n maksimum van 8 punte toe vir blote lys van feite/voorbeelde)
ADDISIONELE DEEL
Positiewe impak
• Verbruikers het volledige inligting oor die heersende marktoestande soos die prys en
kwaliteit van die produk, wat hulle help om ingeligte besluite te neem.
• Homogene produkte bied verbruikers toegang tot produkte van dieselfde standaard
(gehalte).
• Daar is baie besighede wat verbruikers van voldoende beskikbaarheid (aanbod) van
goedere en dienste verseker.
• Verbruikers betaal laer pryse aangesien besighede goedere teen die laagste
moontlike gemiddelde koste (produktiewe of tegniese doeltreffendheid)
produseer.
• Verbruikers mag nie deur besighede uitgebuit word nie, aangesien samespanning
onmoontlik is en besighede geen beheer oor die markprys het nie.
Negatiewe impak
• Verbruikers se keuse en tevredenheid kan beperk word as gevolg van homogene
produkte in die volmaakte mark.
• Verbruikers kan beperk word tot produkte van laer gehalte as gevolg van 'n gebrek
aan innovasie of produkontwikkeling.
• Verbruikers mag nie vir 'n laer prys onderhandel nie, aangesien geen individuele
deelnemer invloed op die markprys het nie.
• Verbruikers kan aan prysskommelings blootgestel word as gevolg van toetrede en
uittrede van verskaffers in die mark.
(Aanvaar enige ander korrekte hoë orde, relevante antwoord) (Maks 10)
(Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir blote lys van feite/voorbeelde)
SLOT
Op die lange duur kan 'n volmaakte mededingende firma slegs normale wins maak as
gevolg van die vryheid van toetrede en uittrede. / Alhoewel volmaakte mededinging nie
in die werklike lewe bestaan nie, is dit nodig om dit te bestudeer om 'n ideale mark te
verstaan waarin doeltreffendheid bereik word.
(Aanvaar enige ander korrekte hoër orde relevante slot) (Maks 2) [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 21 DBE/Mei/Junie/2025
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE
• Ondersoek in detail die voordele van toerisme. (26 punte)
• Ontleed die belangrikheid van inheemse kennisstelsels (IKS) in die
bevordering van toerisme. (10 punte)
INLEIDING
Toerisme is aktiwiteite van mense wat na plekke buite hul gewone omgewing reis en
daar bly vir nie meer as een agtereenvolgende jaar vir ontspanning, sake of ander
doeleindes nie.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding) (Maks 2)
LIGGAAM: HOOFDEEL
HUISHOUDINGS
• Lede van huishoudings verdien inkomste direk uit die toerismesektor as
toeroperateurs en reisagente.
• Baie huishoudings is indirek betrokke by toerisme as werknemers soos in hotelle en
vervoersektore.
• Huishoudings wat as kuriositeitprodusente of musikante werksaam is, kan 'n
inkomste uit toerisme verdien.
• 'n Groot aantal huishoudings bekom vaardighede in die toerismebedryf, soos
toerisme wat sedert 2000 as 'n vak in SA skole bekendgestel is en geleenthede bied
aan mense om vaardighede aan te leer.
• Skoolkurrikulum en leerderskappe kan gebruik word om huishoudings geleenthede
te bied om vaardighede aan te leer.
• Toerisme moedig plattelandse ontwikkeling aan omdat baie toeriste
besienswaardighede in plattelandse gebiede geleë is.
• Plaaslike mense trek voordeel uit verbeterde infrastruktuur wat vir toeriste bedoel is.
BESIGHEDE
• Toerisme stimuleer besighede in gebiede soos verblyf en vermaak.
• Die vervaardiging- en rekreasiesektor trek almal voordeel uit verhoogde vraag as
gevolg van toerisme.
• Die voorheenbenadeelde gemeenskappe kry entrepreneursgeleenthede deur die
swart ekonomiese bemagtigingskemas.
• 'n Groot aantal mense verkry besigheidsgeleenthede in die informele sektor, soos
die verkoop van handgemaakte produkte.
• Plaaslike handelaars kan 'n toename in verkope hê wat wins tot gevolg het as gevolg
van toename in verhoogde vraag van toeriste.
• Private ondernemings en owerheid kan private-publieke vennootskappe vorm, om
die infrastruktuur te verskaf wat vir toerisme benodig word, wat die inkomste van
besighede verhoog.
• Toerisme-aktiwiteite moedig besighede aan om die gehalte en verskeidenheid van
hul produkte te verbeter.
• Natuurlike monopolieë soos Tafelberg-kabelkar kan abnormale wins uit toerisme-
aktiwiteite ervaar.
• Die openbare sektor bied 'n reeks finansiële aansporings, soos toelaes, subsidies,
lenings, belastingkortings, vir toerisme-beleggings in die privaatsektor.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 22 DBE/Mei/Junie/2025
SS/NSS – Nasienriglyne
OWERHEID
• Toerisme dra tot die inkomste van die owerheid by deur:
persoonlike inkomstebelasting op die inkomste wat van toerismewerknemers
ontvang word.
belasting van toeriste soos lughawe-toegangs- en vertrekbelasting,
vliegtuigkaartjiebelasting en belasting op hotelkamerbesetting.
belastinginkomste uit indirekte belastings soos BTW en heffings (tariewe) op
goedere en dienste wat aan toeriste verskaf word.
• Belasting word gehef om eksterne koste te verhaal, wat die bedrag is wat nie in die
prys ingesluit is nie.
• Belasting vergoed die gasheergemeenskap vir die verskaffing van infrastruktuur en
basiese geriewe.
• Toerisme is 'n belangrike buitelandse valutaverdiener en versterk die land se
buitelandse valutareserwes.
• Die owerheid is in staat om sy sosio-ekonomiese doelwitte van informele sektorgroei,
swart ekonomiese bemagtiging en KMMO-ontwikkeling te bereik.
• Toerisme skep 'n goeie beeld van die land deur hulself te bemark.
• Die owerheid kan werksgeleenthede teen 'n minimum koste skep.
INFRASTRUKTUUR
• Voldoende en goed-onderhoudende infrastruktuur is noodsaaklik vir
toeristebestemmings.
• Fisiese infrastruktuur soos paaie, telekommunikasie, spoorwegstelsels, lughawens
en verblyf is verbeter en opgradeer om internasionale standaarde te voldoen, soos
die Gautrein.
• Plaaslike mense trek voordeel uit die verbeterde en opgegradeerde infrastruktuur vir
toeriste, soos die stadions vir die 2010 Wêreldbeker-sokkertoernooi.
• Die owerheid prioritiseer dikwels ekonomiese infrastruktuur soos hawens en
strande.
• Sosiale infrastruktuur soos klinieke en hospitale is ook belangrik vir die groei van
toerisme.
• ROI's en ontwikkelingkorridors het ook toerisme as 'n belangrike fokus.
• Privaatvennootskappe word vir infrastruktuur ontwikkeling gebruik.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks.10)
(Ken 'n maksimum van 8 punte vir opskrifte/sub-hofies/voorbeelde toe)
ADDISIONELE DEEL
•Inheemse Kennisstelsels (IKS) help om toeriste te lok omdat hulle egtheid en
uniekheid by plaaslike bestemmings soek.
• IKS bied toeriste die geleentheid om Suid-Afrika se kulturele diversiteit, inheemse
kultuur, geskiedenis, omgewing en hoe plaaslike mense leef en werk, te ervaar en
meer daaroor te leer.
• Die gebruik van inheemse medisyne vir gesondheid, tradisionele stories, danse,
musiek, skildery, handwerk, jag en kookmetodes lok toeriste na plaaslike dorpies
• Kulturele dorpies, soos Basotho in die Vrystaat en Simunye Zoeloe Woning in
KwaZulu-Natal, bevorder toerisme deur aktiwiteite waar toergidse storievertelling en
inheemse kennispraktyke verduidelik en demonstreer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 23 DBE/Mei/Junie/2025
SS/NSS – Nasienriglyne
• Kulturele en dorpsgemeenskapstoere, soos Soweto, moedig toeriste aan om
godsdiens aktiwiteite, lewe met plaaslike huishoudings en eet in
dorpsgemeenskappe te ervaar.
• Wêrelderfenisgebiede, soos Mapungubwe Kulturele Landskappe, Richtersveld
Kulturele en Botaniese Landskappe en Robbeneiland, bevorder belangrike kulturele
en historiese aspekte van die land, waarin toeriste belang stel.
• Omgewingswêrelderfenisgebiede, soos die Kaapse Fynbosstreek, Isimangaliso
vleilande en uKhahlamba Drakensbergpark, bied toeriste die geleentheid om die
uiterste van Suid-Afrika se inheemse omgewingsuniekheid te geniet.
• Kuns en kultuurfeeste, soos die Nasionale Kunstefeeste wat jaarliks in Makhanda en
die Ontsagwekkende Afrika Musiekfees plaasvind, moedig toeriste aan om Suid-
Afrika te besoek om sulke geleenthede by te woon.
• Afrika- kuns en -handwerke, soos Maboneng Township Arts Experience in Kaapstad,
stel plaaslike kunstenaars en handwerkers aan internasionale toeriste ten toon.
(Aanvaar enige ander korrekte hoë orde antwoord) (Maks 10)
(Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir blote lys van feite/voorbeelde)
SLOT
Die owerheid moet geskikte strategieë implementeer wat toerisme kan bevorder,
aangesien dit tot die bruto binnelandse produk en ekonomiese groei bydra.
(Aanvaar enige ander korrekte hoër orde relevante slot) (Maks 2) [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 QP (Afr)
%202020%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--ba246fa2-7d32-4ab7-981e-10d6b2dd4a91/v1-9e6be78dfbf1eddf2a29/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 Memo (Afrikaans)
%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--bda96458-ebe4-44b9-92e5-333e776e1614/v1-73e56ee11a0a58283c94/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2017 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2014 Memo (Afr)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 NSC June 2019 Memo (Afrikaans)
More from Grade 12 Economics

Study guide
MTG Economics Afr

Question paper
Economics Grade 12 P1 Free State Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P1 Mpumalanga Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P2 Mpumalanga Mock 2025 Question Paper
_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 Eastern Cape June 2024 Question Paper

Question paper