Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
JUNIE 2024
EKONOMIE V1
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
*JECONA1*
Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.
Hosted by https://www.ecexams.co.za
Skip to contentAll 2024 papers 



%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b63a0d0e-df37-4750-b5b1-eca932045c79/v1-e860756d76976a4f1387/card.webp)

View all
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)
Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the Eastern Cape June Exam 2024 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · Eastern Cape June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- Eastern Cape June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 661.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Eastern Cape June Exam 2024
Questions in this paper
- Question 1.1The circular flow model, national account aggregates and the multiplier16 marks
- Question 1.2The role of the public sector8 marks
- Question 1.3The role of the public sector6 marks
- Question 2The role of the public sector40 marks
- Question 3Business cycles and forecasting40 marks
- Question 4The role of the public sector40 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 EKONOMIE V1 (EC/JUNIE 2024)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord enige TWEE van die drie vrae.
AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.
2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
nagesien word NIE.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord.
5. Lees die vrae aandagtig deur.
6. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
7. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae.
8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae
voldoen.
9. Gebruik slegs swart of blou ink.
10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024) EKONOMIE V1 3
AFDELING A (VERPLIGTEND) 30 PUNTE – 20 MINUTE
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 D.
1.1.1 Die metode om BBP te bereken waardeur vergoeding van
werknemers in ag geneem word, word die … -metode genoem.
A inkomste
B produksie
C toegevoegde waarde
D besteding
1.1.2 ʼn Sakesiklus wat deur veranderinge in die bou- en konstruksiebedryf
veroorsaak word, word die ... -siklus genoem.
A Jugler
B Kondratieff
C Kitchin
D Kuznets
1.1.3 Die regeringsvlak wat uit metropole, distrikte en munisipaliteite
bestaan, word ʼn … regering genoem.
A provinsiale
B buitelandse
C plaaslike
D sentrale
1.1.4 Die verskil tussen sigbare uitvoere en sigbare invoere staan as ...
bekend.
A ruilvoet
B handelsbalans
C handelsliberalisering
D handelsprotokol
1.1.5 Besteding wat plaasvind ongeag die vlak van inkomste, word …
genoem.
A geïnduseerde verbruik
B outonome verbruik
C staatsuitgawes
D private besteding
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 EKONOMIE V1 (EC/JUNIE 2024)
1.1.6 ʼn Ekonomiese aanwyser wat die algemene rigting toon waarin die
ekonomie beweeg, word na as die ... verwys.
A lengte
B amplitude
C tendenslyn
D ekstrapolasie
1.1.7 ʼn Plig van ʼn individu of organisasie om hul besluite en optrede te
verduidelik en verantwoordelikheid vir hul gedrag te aanvaar,
staan as ... bekend.
A doeltreffendheid
B eiebelang
C ondoeltreffendheid
D aanspreeklikheid
1.1.8 ʼn Afname in die waarde van die geldeenheid as gevolg van
markkragte staan as ... bekend.
A depresiasie
B appresiasie
C revaluasie
D evaluering (8 x 2) (16)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024) EKONOMIE V1 5
1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn item in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 J.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Lekkasies A spesiale vorm van krediet wat die IMF
kan gebruik wanneer ʼn land
betalingsbalans probleme ondervind
1.2.2 Nuwe ekonomiese B goedere wat voordele vir hul
paradigma verbruikers en die ekonomie inhou
1.2.3 Meriete goedere C die proporsie bykomende inkomste wat
huishoudings kies om aan goedere en
dienste te bestee
1.2.4 Spesiale D ʼn som van belasting, invoere en
onttrekkingsregte besparings in ʼn sirkelvloei
1.2.5 Marginale verbruik- E die regeringsbeleid wat daarop gemik is
geneigdheid om ekonomiese groei te skep sonder
om inflasie te veroorsaak
1.2.6 Kontantreserwe- F koop van finansiële bates soos aandele
vereistes in maatskappye op die aandelebeurs
van ʼn ander land
1.2.7 Parastatale G goedere wat moontlik skadelik vir die
samelewing is
1.2.8 Portefeulje- H besighede wat geheel of gedeeltelik
belegging deur die staat besit word en deur ʼn
openbare owerheid bestuur word
I gebruik word om die geldvoorraad te
beheer deur die koop en verkoop van
staatseffekte
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 EKONOMIE V1 (EC/JUNIE 2024)
1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.
1.3.1 ʼn Ekonomie wat die buitelandse sektor insluit
1.3.2 Die punt waar ekonomiese inkrimping op sy laagste is
1.3.3 Die gebruik van belasting en staatsuitgawes om makro-ekonomiese
doelwitte te bereik
1.3.4 Die wêreldwye integrasie van ekonomieë met handel as ʼn
belangrike element
1.3.5 ʼn Raming van inkomste en uitgawes vir ʼn tydperk van drie jaar
tydens die begrotingsproses
1.3.6 ʼn Toename in die produksie van goedere en dienste van ʼn land
gedurende ʼn tydperk, gewoonlik ʼn jaar (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024) EKONOMIE V1 7
AFDELING B
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem enige TWEE kenmerke van openbare goedere. (2)
2.1.2 Hoe kan mededinging totale aanbod stimuleer? (2)
2.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
VERMENIGVULDIGER IN ’N TWEE-SEKTOR-EKONOMIE
Land Y het slegs twee deelnemers en het ʼn marginale
verbruiksgeneigdheid van 0,6.
Die land se outonome verbruik is 30. Die ewewig nasionale inkomste is 75.
[Aangepas uit Clever Economics, bl. 163]
2.2.1 Identifiseer ʼn term wat verwys na besteding, wat nie van inkomste
afhang nie. (1)
2.2.2 Noem EEN deelnemer in ʼn geslote ekonomie. (1)
2.2.3 Beskryf kortliks die konsep vermenigvuldiger. (2)
2.2.4 Verduidelik die impak van ʼn toename in besparings op die waarde
van die vermenigvuldiger. (2)
2.2.5 Teken ʼn goed-benoemde grafiek van ʼn vermenigvuldiger deur die
inligting uit die uittreksel te gebruik. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 EKONOMIE V1 (EC/JUNIE 2024)
2.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
[Bron: www.enews.co.za op 01 Januarie 2023.]
2.3.1 Identifiseer ʼn rede vir openbare sektor mislukking uit die inligting
hierbo. (1)
2.3.2 Noem EEN kenmerk van fiskale beleid. (1)
2.3.3 Beskryf kortliks die term openbare sektor mislukking. (2)
2.3.4 Verduidelik die impak van hoë staatskuld op die voorsiening van
openbare goedere en dienste. (2)
2.3.5 Hoe kan mislukking in die openbare sektor die ekonomie
beïnvloed? (4)
2.4 Bespreek kortliks die reële (werklike) sakesiklus sonder die grafiek. (8)
2.5 Hoe kan die Suid-Afrikaanse regering die gehalte van openbare
sektorvoorsiening verbeter? (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024) EKONOMIE V1 9
VRAAG 3: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem enige TWEE aanwysers wat in vooruitskatting van
sakesiklusse gebruik word. (2)
3.1.2 Hoe kan inkomstebelasting kerwe belastingbetalers beïnvloed? (2)
3.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Vooruitskatting is ʼn tegniek wat historiese data as insette gebruik om
ingeligte ramings te maak wat voorspellend is om die rigting van
toekomstige tendense te bepaal.
Ná die wêreldwye finansiële krisis (WFK) van 2008–09, het die Suid-
Afrikaanse ekonomie vir meer as ’n dekade ’n ongewone sakesiklus beleef.
Die globale ekonomiese herstel ná WFK was relatief ongelyk, met swak
ekonomiese groei en lae rentekoerse.
[Aangepas uit Investopedia.com]
3.2.1 Identifiseer ʼn sakesiklus fase uit die uittreksel hierbo. (1)
3.2.2 Noem EEN tipe sakesiklus. (1)
3.2.3 Verduidelik kortliks die term sakesiklusse. (2)
3.2.4 Verduidelik die belangrikheid van bewegende gemiddeldes as ʼn
kenmerk wat in vooruitskattings gebruik word. (2)
3.2.5 Hoekom is dit belangrik vir ekonome om voorspellings te maak? (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 EKONOMIE V1 (EC/JUNIE 2024)
3.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
3.3.1 Identifiseer ʼn diagram hierbo wat ʼn toename in die aantal toeriste
van die VSA na Suid-Afrika voorstel. (1)
3.3.2 Noem die wisselkoersstelsel wat in Suid-Afrika gebruik word. (1)
3.3.3 Beskryf kortliks die term wisselkoers. (2)
3.3.4 Verduidelik die impak op die rand as die aantal toeriste van Suid-
Afrika na die VSA afneem. (2)
3.3.5 Watter voordele kan lande van die wêreld uit internasionale handel
verkry? (4)
3.4 Bespreek die endogene (Keynesiaanse) verduideliking van sakesiklusse. (8)
3.5 Hoe kan die nasionale begroting sosio-ekonomiese regte bevorder? (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024) EKONOMIE V1 11
VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem enige TWEE kenmerke van openbare sektor mislukking. (2)
4.1.2 Hoe kan die regering belasting gebruik om ekonomiese herstel te
stimuleer? (2)
4.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
4.2.1 Identifiseer die belastingkoers waarteen die regering
belastinginkomste maksimeer. (1)
4.2.2 Noem enige vorm van indirekte belasting wat huishoudings aan die
regering betaal. (1)
4.2.3 Beskryf kortliks die term progressiewe belasting. (2)
4.2.4 Verduidelik die effek van ʼn regressiewe belastingstelsel op
inkomsteverdeling. (2)
4.2.5 Hoekom sal belastinginkomste afneem as die regering baie hoë
belastingkoerse instel? (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 EKONOMIE V1 (EC/JUNIE 2024)
4.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SUID-AFRIKA SE RENTEKOERS: JANUARIE 2024
Die Reserwebank het eenparig besluit om sy sleutel repokoers op 8,25% op
Januarie 2024 te hou. Hy het opgemerk dat die terugkeer van inflasie na die
teiken stadig was. Hooflyninflasie het vir ʼn tweede maand tot 5,1% in
Desember gedaal.
[Aangepas uit tradingeconomics.com]
4.3.1 Identifiseer die tydperk met die laagste repokoers in die inligting
hierbo. (1)
4.3.2 Noem die komitee wat verantwoordelik is vir rentekoersbesluite in
Suid-Afrika. (1)
4.3.3 Beskryf kortliks die term repokoers. (2)
4.3.4 Verduidelik die verband tussen inflasie en werkloosheid in die
Phillips-kromme. (2)
4.3.5 Hoe kan morele oorreding gebruik word as ʼn instrument om die
oorverhitte ekonomie af te koel? (4)
4.4 Bespreek kortliks prysstabiliteit en ekonomiese regverdigheid as makro-
ekonomiese doelwitte. (8)
4.5 Hoe sal produsente op die verskillende fases van die sakesiklus reageer? (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024) EKONOMIE V1 13
AFDELING C
Beantwoord enige EEN vraag van die TWEE vrae in die ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
PUNTE-
STRUKTUUR VAN OPSTEL
TOEKENNING
Inleiding
• Die inleiding is ʼn laerorde-antwoord. Maks. 2
• ʼn Goeie beginpunt is om die sleutelkonsep wat met die vraag
verband hou, te definieer of te omskryf.
• MOENIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.
• MOENIE enige deel van die inleiding by die liggaam herhaal NIE.
• Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan
bespreek.
Liggaam:
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/ Maks. 26
Ondersoek/Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/
Verduidelik/Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die grafiek gegee
en verduidelik/Voltooi die grafiek gegee/Assesseer/Debatteer
Maks. 10
ʼn Maksimum van 8 punte kan vir opskrifte/voorbeelde toegeken
word.
Bykomende gedeelte: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/
Debatteer/Lei af/Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/Hoe?/Stel voor
ʼn Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite
toegeken word.
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:
• ʼn Kort samevatting van wat bespreek is, sonder die herhaling van Maks. 2
enige feite wat reeds genoem is
• Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
• Bykomende ondersteunende inligting wat die
bespreking/ontleding versterk
• ʼn Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
• Aanbevelings
TOTAAL 40
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
• Bespreek in detail die markte binne die vier-sektor model.
(26 punte)
• Hoe kan die toename in inspuitings ʼn impak op die Suid-Afrikaanse ekonomie
hê? (10 punte) [40]
VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE
• Bespreek volledig die redes vir internasionale handel. (26 punte)
• Hoe kan ʼn geldeenheid (rand) depresiasie die ekonomie beïnvloed? (10 punte) [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC June 2024 Question Paper (Afr)

Memorandum
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b63a0d0e-df37-4750-b5b1-eca932045c79/v1-e860756d76976a4f1387/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P2 Gauteng June 2024 Question Paper (Afr)

Question paper



%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--d54cb2c3-c826-4990-8f30-6eaeb86b12e4/v1-b25692f4d0b569bc941a/card.webp)
