You're offline
Skip to content
Question paper

ECONOMICS P2 QP SEPT FINAL 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Subject: EconomicsGrade 12202413 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2024 EKONOMIE V2 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye. Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 2 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2024) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK: • AFDELING A: VERPLIGTEND • AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae. • AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 3. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer. 4. Lees die vrae aandagtig deur en begin elke vraag op ʼn NUWE bladsy. 5. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop. 6. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen. 7. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien word NIE. 8. Gebruik slegs swart of blou ink. 9. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) EKONOMIE V2 3 AFDELING A (VERPLIGTEND) 30 PUNTE – 20 MINUTE VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 D. 1.1.1 ʼn Situasie waar alle ander faktorinsette onveranderd bly, staan as die … reël bekend. A reële pryse B ceteris paribus C nominale pryse D markkragte 1.1.2 ʼn Monopolis sal die prys ... van die vraagkurwe vasstel. A by die middelpunt B bo die middelpunt C onder die middelpunt D by die eindpunt 1.1.3 ʼn Mark wat deur twee firmas oorheers word: A Monopolistiese mededinging B Monopolie C Oligopolie D Duopolie 1.1.4 Winsmaksimering is waar die vertikale afstand tussen ... en TK die grootste is. A TFC B TVK C MK D TI 1.1.5 Kostedruk-inflasie kan verminder word deur ... A toenemende produktiwiteit. B subsidies. C vereistes vir kontantreserwes. D morele oorreding. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 4 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2024) 1.1.6 Internetgeriewe wat deur toeriste benodig word, word ... infrastruktuur genoem. A vervoer B energie C kommunikasie D brûe 1.1.7 ʼn Internasionale ooreenkoms om kernafval te bestuur. A Basel Konvensie B Kioto-protokol C Parys-ooreenkoms D Stockholm-protokol 1.1.8 Om aan die behoeftes van die huidige geslag te voldoen sonder om die behoeftes van die toekomstige geslagte te benadeel. A Hidrobreking B Omgewingsontwikkeling C Omgewingsvolhoubaarheid D Bewaring (8 x 2) (16) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) EKONOMIE V2 5 1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 K. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Homogene produkte A Kan nie verhaal word indien ʼn firma besluit om die mark te verlaat nie 1.2.2 Gesinkte koste B Die verskeidenheid plant- en dierelewe in ʼn bepaalde habitat 1.2.3 Winsmaksimering C Toeriste kom besoek museums en kunsgalerye 1.2.4 Merietegoedere D Die regering handhaaf die voorraad- vlakke van omgewingshulpbronne deur die uitreiking van permitte en kwotas 1.2.5 Inflasieteikengrens E Goedere wat die samelewing voel, is voordelig om te verbruik, maar word onderbenut deur die mark 1.2.6 Kulturele toerisme F Produkte wat dieselfde is in styl, ontwerp en kwaliteit 1.2.7 Direkte kontroles G Monetêre beleidsbenadering wat deur die SARB gebruik word om prysveranderings binne 3–6% te hou 1.2.8 Biodiversiteit H Wanneer MK = MI I Produsente het ʼn invloed op die markprys (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 6 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2024) 1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE. 1.3.1 ʼn Instelling wie se hooffunksie is om bevele wat deur die mededingingstribunaal gemaak is, te hersien en hierdie bevele te wysig of te bevestig 1.3.2 ʼn Bemarkingstrategie wat ondernemings gebruik om ʼn sekere persepsie in die gedagtes van verbruikers te skep 1.3.3 Die proses om sosiale koste en sosiale voordele van ʼn projek te vergelyk 1.3.4 Lae groei, hoë werkloosheid en hoë inflasiekoerse kom gelyktydig voor 1.3.5 ʼn Kulturele of natuurlike terrein wat ʼn spesiale kulturele of fisiese belangrikheid het 1.3.6 Die direkte regulering van ʼn bedryf of aktiwiteit deur wette wat meld wat toegelaat word en wat onwettig is. (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) EKONOMIE V2 7 AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in jou ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van monopolieë in Suid-Afrika. (2 x 1) (2) 2.1.2 Hoe word kunsmatige monopolieë teen mededinging beskerm? (1 x 2) (2) 2.2 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. HOEVEELHEID PRYS TOTALE INKOMSTE 2 10 20 4 10 40 6 10 60 8 10 80 10 10 100 2.2.1 Identifiseer die gemiddelde inkomste (GI) in die tabel hierbo. (1) 2.2.2 Hoe word marginale inkomste bereken? (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die term gemiddelde koste. (2) 2.2.4 Waarom is die marginale inkomste dieselfde as die gemiddelde inkomste onder perfekte marktoestande? (2) 2.2.5 Teken ʼn grafiek wat winsmaksimering met behulp van die marginale koste en marginale inkomstekurwes onder perfekte marktoestande aandui. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 8 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2024) 2.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 2.3.1 Identifiseer die markstruktuur in die bostaande grafiek. (1) 2.3.2 Noem die boonste segment (AB) in die grafiek. (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die term stilswyende samespanning. (2) 2.3.4 Hoe raak prysvasstelling produsente? (2) 2.3.5 Hoekom is dit raadsaam vir oligopoliste om teen markprys te verkoop? (2 x 2) (4) 2.4 Onderskei tussen ʼn individuele besigheid en die bedryf. (4 x 2) (8) 2.5 Waarom moet monopolistiese mededingers hul produkte adverteer? (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) EKONOMIE V2 9 VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van indirekte belasting. (2 x 1) (2) 3.1.2 Hoekom is die bewaring van niehernubare hulpbronne belangrik? (1 x 2) (2) 3.2 Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. Toerisme aankomste in Suid-Afrika demonstreer ʼn positiewe tendens, met verbetering in die getalle wat maand tot maand gedurende die tydperk van 2021 tot 2023 aangeteken is. In Desember 2023 was 3,5 miljoen reisigers by Suid-Afrika se poorte of ingang/uitgang aangeteken, wat beide November 2023 se getalle wat op 2,6 miljoen en Desember 2022 se getalle wat op 2,9 miljoen gestaan, verbygesteek het. [Aangepas uit www.statssa.gov.za] 3.2.1 Identifiseer die Wêrelderfenisterrein in die uittreksel hierbo. (1) 3.2.2 Noem enige EEN omgewings Wêrelderfenisterrein. (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die begrip toerisme. (2) 3.2.4 Hoe kan ekotoerisme die omgewing bevoordeel? (2) 3.2.5 Evalueer hoe die Suid-Afrikaanse toerismeprofiel gebruik word om toeriste-aktiwiteite in Suid-Afrika te bevorder. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 10 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2024) 3.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SUID-AFRIKA: ENTREPRENEUR STOOT HIDROPONIKA OM VEILIGE TOEGANG TOT VOEDSEL AAN TE PAK. ʼn Plaaslike voedselentrepreneur maak ʼn verskil met hidroponika om Suid- Afrika se voedselsekerheidskwessies aan te pak. Voedselonsekerheid word vererger deur klimaatsverandering en gronderosie. In Suid-Afrika word ongeveer 61 miljoen hektaar grond, sowat die helfte van die land se hele oppervlakte, geklassifiseer as ʼn matige tot ernstige potensiële risiko vir gronderosie. Toenemende gronderosie en onvrugbare grond maak dit moeilik vir Suid- Afrikaners om hul eie kos te kweek. Daar word geglo dat hidroponiese boerderystelsels ʼn innoverende en volhoubare oplossing bied vir die verbouing van voedsel beide op ʼn bestaansvlak sowel as ʼn kommersiële vlak. [Aangepas uit www.hortidaily.com] 3.3.1 Identifiseer enige EEN groot omgewingsprobleem uit die uittreksel. (1) 3.3.2 Noem ʼn internasionale maatreël wat gebruik word om biodiversiteit- verlies aan te spreek. (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die term bewaring. (2) 3.3.4 Hoe veroorsaak eiebelang dat markte misluk om die omgewing volhoubaar te bestuur? (2) 3.3.5 Hoe beïnvloed gronderosie die Suid-Afrikaanse ekonomie negatief? (4) 3.4 Bespreek kortliks die redes vir groei in die plaaslike toerismebedryf. (8) 3.5 Waarom is die toekenning van eiendomsreg effektief in die bereiking van omgewingsvolhoubaarheid? (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) EKONOMIE V2 11 VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem enige TWEE toestande van ʼn perfekte mark. (2 x 1) (2) 4.1.2 Hoe beïnvloed die appresiasie van die rand inkomende toerisme? (2) 4.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 4.2.1 Identifiseer die skadu-area in die grafiek hierbo. (1) 4.2.2 Watter kromme verteenwoordig die gemiddelde inkomstekurwe? (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die term natuurlike monopolie. (2) 4.2.4 Waarom is die grafiek hierbo tipies van ʼn korttermyn- ewewigsposisie? (2) 4.2.5 Gebruik die inligting in die grafiek hierbo om die totale koste te bereken. Toon ALLE berekeninge. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 12 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2024) 4.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. [Aangepas uit www.avbob.co.za] 4.3.1 Identifiseer EEN oorsaak van klimaatsverandering uit die uittreksel hierbo. (1) 4.3.2 Noem ʼn internasionale ooreenkoms wat die produksie van gasse wat klimaatsverandering veroorsaak, beperk. (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die term besoedeling. (2) 4.3.4 Verduidelik hoe aardverwarming klimaatsverandering tot gevolg kan hê. (2) 4.3.5 Hoe kan energiebesparing ʼn positiewe impak op die Suid-Afrikaanse ekonomie hê? (2 x 2) (4) 4.4 Beskryf kortliks die doelwitte van die Suid-Afrikaanse mededingingsbeleid. (4 x 2) (8) 4.5 Verduidelik die positiewe impak van die gebruik van omgewingsbelasting op omgewingsvolhoubaarheid. (4 x 2) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) EKONOMIE V2 13 AFDELING C Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word. PUNTE- STRUKTUUR VAN OPSTEL TOEKENNING Inleiding Die inleiding is ʼn laerorde-antwoord. • ʼn Goeie beginpunt is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband hou, te defineer of te omskryf. Maks. 2 • Moenie enige deel van die vraag by die inleiding insluit nie. • Moenie enige deel van die inleiding by die liggaam insluit nie. • Vermy dit om in die inleiding te sê wat jy in die liggaam gaan bespreek. Liggaam Hoofdeel: Bespreek in detail/In-diepte bespreking/Ondersoek/Bespreek Maks. 26 krities/Ontleed/Vergelyk/ Evalueer/Onderskei/Verduidelik Bykomende deel: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/ Evalueer krities/Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/ Bereken/Lei af/Vergelyk/ Verduidelik/Onderskei/ Interpreteer/ Debatteer kortliks/Hoe/Stel voor Maks. 10 Gevolgtrekking Enige hoërorde gevolgtrekking behoort die volgende in te sluit: • ʼn Kort samevatting van wat bespreek is, sonder om enige feite wat reeds genoem is, te herhaal • Enige opinie of waardeoordeel oor die bespreekte feite • Addisionele ondersteunende inligting om bespreking/ontleding te versterk • ʼn Teenstrydige sienswyse met motivering, indien vereis • Aanbevelings Maks. 2 TOTAAL 40 VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE • Bespreek in detail die faktore wat tot die wantoewysing van hulpbronne in die mark lei. (26 punte) • Evalueer die impak van KVO op die Suid-Afrikaanse ekonomie. (10 punte) [40] VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE • Bespreek in detail die maatreëls om vraagtrek- en kostedruk-inflasie te bekamp. (26 punte) • Ontleed die impak van direkte buitelandse belegging op prysstabiliteit. (10 punte) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.

Verified matching documents

The question paper, memo or addendum that belongs with this document.

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Economics

Explore more published documents in this catalogue.

View all
Grade 12 · Economics · 2024 · Eastern Cape Prelim Exam · Question paper · Paper 2 · Afrikaans | Hlayiso | Hlayiso