Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2024
EKONOMIE V2
NASIENRIGLYN
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 19 bladsye.
Hosted by www.ecexams.co.za.
You're offline
Skip to contentMemorandum 



View all


ECONOMICS P2 MEMO SEPT FINAL2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Economics · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Memorandum, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2024
- Exam period
- Eastern Cape Prelim Exam
- Paper
- 2
- Pages
- 19
- File size
- 1.4 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 19
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
1.1.1 B (ceteris paribus)
1.1.2 B (bo die middelpunt)
1.1.3 D (duopolie)
1.1.4 D (TI)
1.1.5 A (toenemende produktiwiteit)
1.1.6 C (kommunikasie)
1.1.7 A (Basel-konvensie)
1.1.8 C (omgewingsvolhoubaarheid) (8 x 2) (16)
1.2 PASITEMS
1.2.1 F Produkte wat dieselfde is in styl, ontwerp en kwaliteit
1.2.2 A Kan nie verhaal word indien ʼn firma besluit om die mark te
verlaat nie
1.2.3 H Wanneer MK = MI
1.2.4 E Goedere wat die samelewing voel, is voordelig om te verbruik,
maar is onderverskaf deur die mark
1.2.5 G Monetêre beleidsbenadering wat deur die SARB
gebruik word om prysveranderinge binne 3–6% te hou
1.2.6 C Toeriste kom besoek museums en kunsgalerye
1.2.7 D Die regering handhaaf die voorraadvlakke van die omgewing
hulpbronne deur die uitreiking van permitte en kwotas
1.2.8 B Die verskeidenheid plant- en dierelewe in ʼn bepaalde habitat.
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) EKONOMIE V2 3
1.3 GEE EEN TERM
1.3.1 Mededingings-appèlhof
1.3.2 Handelsmerke
1.3.3 Koste-voordeel-analise
1.3.4 Stagflasie
1.3.5 Wêrelderfenisgebied
1.3.6 Bevel-en-beheer
(6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
4 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
AFDELING B
Beantwoord TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in jou ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE
2.1 2.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van monopolieë in Suid-Afrika.
• ESKOM
• DENEL
• Die Poskantoor
• ACSA
• TRANSNET
(Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.) (2 x 1) (2)
2.1.2 Hoe word kunsmatige monopolieë teen mededinging beskerm?
• Kunsmatige monopolieë word deur wetgewing, reëls en regulasies
van kompetisie beskerm.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2)
2.2 DATARESPONS
2.2.1 Identifiseer die gemiddelde inkomste (GI) in die tabel hierbo.
• Prys 10 (1)
2.2.2 Hoe word marginale inkomste bereken?
• MI = verandering in totale inkomste ÷ verandering in hoeveelheid
• ∆TI/∆H
• Marginale inkomstekurwe ÷ marginale kostekurwe (1)
2.2.3 Beskryf kortliks die term gemiddelde koste.
• Gemiddelde koste is die koste per eenheid van produk verkoop / is
die koste van ʼn enkele eenheid produk. (2)
2.2.4 Waarom is die marginale inkomste dieselfde as die gemiddelde
inkomste onder perfekte marktoestande?
• Marginale inkomste is dieselfde as die gemiddelde inkomste omdat
ʼn perfekte mededinger nie die prys hoef te verlaag om meer te
verkoop nie.
• Marginale inkomste is dieselfde as die gemiddelde inkomste omdat
ʼn perfekte mededinger ʼn prysnemer is en ʼn horisontale vraagkurwe
in die gesig gestaar. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) EKONOMIE V2 5
2.2.5 Teken ʼn grafiek wat winsmaksimering met behulp van die
marginale koste en marginale inkomstekurwes onder perfekte
marktoestande aandui.
Puntetoekenning:
1 punt vir die etikettering van die
asse.
MK
KOSTE/INKOMSTE
1 punt vir die korrekte tekening en
etikettering van MK- en MI-kurwes
Winsmaksimering 2 Punte vir korrekte aanduiding van
winsmaksimeringspunt.
MI MK
Winste verminder
MI < MK
10 D = MI
Wins vermeerder
Hoeveelheid
(4)
2.3 DATARESPONS
2.3.1 Identifiseer die markstruktuur in die bostaande grafiek.
• Oligopolie (1)
2.3.2 Noem die boonste segment (AB) in die grafiek.
• Relatief elasties (1)
2.3.3 Beskryf die term kortliks stilswyende samespanning.
• Stilswyende samespanning verwys na ʼn situasie waar ʼn dominante
firma die prys van ʼn produk verhoog en ander firmas sal volg. Dit
staan ook as prysleierskap bekend.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
2.3.4 Hoe raak prysvasstelling produsente?
• Prysvasstelling beïnvloed produsente negatief omdat hulle minder
eenhede sal moet produseer, selfs al kan hulle meer
produseer.
• Produsente sal inkomste verloor omdat hulle minder
produseer.
• Daar kan van produsente verwag word om van hul werknemers af
te lȇ omdat hulle hul produksie verminder het. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
6 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
2.3.5 Hoekom is dit raadsaam vir oligopoliste om teen markprys te
verkoop?
• Oligopoliste word aangeraai om teen markprys te verkoop, want as
hulle hul pryse verhoog, sal hulle met ʼn relatief elastiese
vraagkurwe gekonfronteer word.
• Bo die markprys sal die verandering in prys tot ʼn groter verandering
in hoeveelheid gevra lei en hulle sal inkomste verloor.
• As hulle hul pryse verlaag, sal hulle word met ʼn relatief onelastiese
vraagkurwe gekonfronteer.
• Onder die markprys sal die verandering in prys tot ʼn klein
verandering in hoeveelheid gevra lei en hulle sal minder inkomste
maak.
(Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.) (2 x 2) (4)
2.4 Onderskei tussen ʼn individuele besigheid en die bedryf.
INDIVIDUELE BESIGHEID BEDRYF
• Dit is ʼn enkele firma wat ʼn • Dit is ʼn groep individuele
homogene produk produseer ondernemings wat identiese produkte
en verkoop . verkoop.
• Die individuele firma is ʼn • Die bedryf stel die markprys deur die
prysnemer en verkoop teen die markkragte van vraag en aanbod
markprys wat in die bedryf vas.
bepaal word.
(Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.)
(Ken ʼn maksimum van 4 punte toe vir blote lys van feite.) (maks. 8) (4 x 2) (8)
2.5 Waarom moet monopolistiese mededingers hul produkte adverteer?
• Inligting onder monopolistiese mededinging is onvolledig, advertensies is
doelbewuste pogings om inligting aan voornemende kopers te
voorsien.
• Monopolistiese mededingers se produkte word gedifferensieer, dit vereis
advertensies om die vraag na hul produkte te verhoog.
• Hulle moet hul pryse van hul gedifferensieerde produkte regverdig en die
mededingende prys minder elasties maak.
• Verskille in produkte kan denkbeeldig wees, monopolistiese gebruik
anders handelsname of verpakking om gedifferensieerde produkte te skep
wat presies dieselfde basiese bestanddeel bevat.
• In baie gevalle ding monopolistiese mededingers in terme van nie-prys
kompetisie strategieë mee, bv. dienste, na-verkope dienste, ens.
• Die doel van advertensie is om ʼn lojale verbruikersgroep op te bou wat hul
handelsmerk bo dié van enige ander produsent kies.
(Aanvaar enige korrekte en relevante antwoord.)
(Ken ʼn maksimum van 2 punte toe vir blote lys van feite.) (4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) EKONOMIE V2 7
VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
3.1 3.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van indirekte belasting.
• BTW
• Aksynsbelasting/Sondebelasting
• Doeaneregte (2 x 1) (2)
3.1.2 Waarom is die bewaring van niehernubare hulpbronne belangrik?
• Die bewaring van natuurlike hulpbronne is belangrik om te
verseker dat toekomstige geslagte toegang tot hierdie hulpbronne
het om goedere en dienste te produseer en te verbruik.
• Die produksie van goedere en dienste sal help met werkskepping
en verligting van armoede.
• Dit sal ook help met volhoubare ontwikkeling.
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2)
3.2 DATARESPONS
3.2.1 Identifiseer die Wêrelderfenisterrein in die uittreksel hierbo.
• Tafelberg (1)
3.2.2 Noem enige EEN omgewings Wêrelderfenisterrein.
• iSimangiliso Vleilandpark (ekosisteme)
• Kaapse Fynbosstreek
• uKhahlamba Drakensbergpark (1)
3.2.3 Beskryf kortliks die term toerisme.
• Toerisme verwys na die aktiwiteite van mense wat buite hul
gewone omgewing vir ontspanning of besigheid reis maar nie vir
meer as ʼn jaar sonder om ʼn inkomste te verdien nie.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
3.2.4 Hoe kan ekotoerisme die omgewing bevoordeel?
• Toerisme bevoordeel die omgewing wanneer Suid-Afrika dit
gebruik as rede vir omgewingsbewaring, soos byvoorbeeld ons
nasionale parke.
• Ons Wêrelderfenisterreine is internasionale toeriste-
aantreklikhede, en hulle het streng reëls vir bewaring.
• Daar sal beter beskerming van skaars plante en diere wees as
gevolg van die belangstelling wat toeriste in hulle het.
• Toerisme bied ook opvoedkundige geleenthede aan om ervaring
oor die beskerming van die omgewing te ervaar.
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
8 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
3.2.5 Evalueer hoe die Suid-Afrikaanse toerismeprofiel gebruik word
om toerisme-aktiwiteite in Suid-Afrika te bevorder.
• Nuwe besienswaardighede is veral op landelike gebiede ontwikkel
om toeriste te lok.
• Die Suid-Afrikaanse regering in vennootskap met SANRAL
onderhou en ontwikkel vervoerinfrastruktuur veral in landelike
gebiede.
• Kommunikasie-infrastruktuur in die vorm van 5G word in
townships deur verskeie diensverskaffers geïnstalleer.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4)
3.3 DATARESPONS
3.3.1 Identifiseer enige EEN groot omgewingsprobleem uit die
uittreksel.
• Klimaatsverandering
• Gronderosie (Enige 1 x 1) (1)
3.3.2 Noem ʼn internasionale maatreël wat gebruik word om
biodiversiteitsverlies aan te spreek.
• Die Konvensie oor Internasionale Handel in Bedreigde Spesies
√/CITES (1)
3.3.3 Beskryf kortliks die term bewaring.
• Bewaring verwys na metodes wat geneem word om te verseker
dat sekere nie-hernubare hulpbronne word nie met uitwissing
bedreig nie.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
3.3.4 Hoe veroorsaak eiebelang dat markte misluk om die omgewing
te bestuur?
• Individue sorg dikwels vir wat aan hulle behoort en is onverskillig
wanneer die omgewing gebruik word omdat dit ʼn algemene
hulpbron is en aan almal behoort wat dit gebruik.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
3.3.5 Hoe beïnvloed gronderosie die Suid-Afrikaanse ekonomie
negatief?
• Gronderosie is die verwydering van bogrond as gevolg van
natuurlike kragte soos reën en wind en dit kan tot onvrugbaarheid
van die grond lei.
• Onvrugbare grond verminder die produktiwiteit en dit sal tot
voedselonsekerheid en verlaagde lewenstandaard lei.
• Die bydrae van die primêre sektor tot ekonomiese groei sal as
gevolg van verminderde produktiwiteit van grond afneem.
• Boere sal inkomste verloor en sommige werkers sal afgelê
word.
• Die vraag na goedere en dienste sal negatief beïnvloed word as
gevolg van verhoogde werkloosheid en verminderde inkomste.
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) EKONOMIE V2 9
3.4 Bespreek kortliks die redes vir groei in die plaaslike toerismebedryf.
• Verhoogde besteebare inkomste stel Suid-Afrikaners in staat om na
plaaslike bestemmings te reis.
• Minder werksure, so meer tyd om te reis, gepaard met die bewustheid
van toeriste-aantreklikheidsgebiede, help om toerisme-aktiwiteite plaaslik
en in die buiteland te verbeter.
• ʼn Bewustheid van ontspanning deur verhoogde advertering en
bevordering van toeristebestemmings het gehelp om binnelandse
toerisme te verbeter.
• Verbeterde vervoer, kommunikasie en akkommodasiegeriewe.
• Geniet die voordele van vakansie en reis.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
(ʼn Maksimum van 4 punte sal gegee word vir blote notering.) (4 x 2) (8)
3.5 Waarom is die toekenning van eiendomsreg effektief in die bereiking van
omgewingsvolhoubaarheid?
• Die bewaringseffek: mense sorg vir dinge wat aan hulle behoort, om te
voorkom dat fauna en floraspesies uitsterf, kry mense eiendomsreg as
hulle instem om die flora en fauna te bewaar.
• Eiendomsreg kan na algemene goedere uitgebrei word, byvoorbeeld
skoon lug, diegene wat aan besoedeling blootgestel word, kan die
besoedelaars aankla vir hul reg teen om te besoedeling.
• Die Kioto-protokol is ʼn internasionale ooreenkoms waardeur ontwikkelde
lande finansiële hulp aan ontwikkelende lande verleen omdat dit minder
besoedeling veroorsaak.
• Eiendomsreg is baie belangrik omdat dit verseker dat hulpbronne
doeltreffend in die ekonomie toegewys word en negatiewe eksternaliteite
wat individue en ander besighede benadeel, beperk word.
• Die vrye mark waarborg nie dat die lug wat ons inasem gesond is of dat
die water wat ons drink nie besmet is nie.
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)
(Ken ʼn maksimum van 2 punte toe vir ʼn blote lys van feite/voorbeelde.)
(4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
10 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
4.1 4.1.1 Noem enige TWEE toestande van ʼn perfekte mark.
• Baie kopers en verkopers
• Homogene produk
• Geen beperkings op toegang en uitgang nie
• Perfekte inligting
• Geen beheer oor die prys/ prysnemers nie
• Tegniese en toewysende doeltreffendheid
• Samespanning is nie moontlik nie
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2 x 1) (2)
4.1.2 Hoe beïnvloed appresiasie van die rand inkomende toeriste?
• Die waardering van die rand sal ʼn dalende effek op inkomende
toerisme hê omdat buitelandse toeriste meer vir binnelandse pryse sal
betaal.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2)
4.2 DATARESPONS
4.2.1 Identifiseer die skadu-area in die grafiek hierbo.
• Ekonomiese verlies (1)
4.2.2 Watter kromme verteenwoordig die gemiddelde inkomstekurwe?
• Vraagkurwe / V (1)
4.2.3 Beskryf kortliks die term natuurlike monopolie.
• Natuurlike monopolie verwys na monopolie wat as gevolg van
hindernisse wat ekonomies van aard is, soos hoog ontwikkelingskoste
bestaan. (2)
4.2.4 Waarom is die grafiek hierbo tipies van ʼn korttermyn-
ewewigsposisie?
• Omdat monopoliste op kort termyn ekonomiese verlies maak.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
4.2.5 Gebruik die inligting in die grafiek hierbo om die totale koste te
bereken. Toon ALLE berekeninge.
• Totale koste = gemiddelde koste x hoeveelheid
• R10 x 100
• R1 000 (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) EKONOMIE V2 11
4.3 DATARESPONS
4.3.1 Identifiseer EEN oorsaak van klimaatsverandering uit die uittreksel
hierbo.
• Kweekhuisgasse (1)
4.3.2 Noem ʼn internasionale ooreenkoms wat om die produksie van
gasse wat klimaatsverandering veroorsaak, beperk.
• Kioto-protokol (1)
4.3.3 Beskryf kortliks die term besoedeling.
• Besoedeling verwys na die blootstelling van afval in die
omgewing.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
4.3.4 Verduidelik hoe aardverwarming klimaatsverandering tot gevolg
kan hê.
• Aardverwarming beïnvloed die wêreld se weerpatrone wat uiterste
temperature en ʼn verandering in reënvalpatrone insluit
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
4.3.5 Hoe kan energiebesparing ʼn positiewe impak op die Suid-
Afrikaanse ekonomie hê?
• Energiebesparing sal die nodige volume van ingevoerde primêre
energiebronne, veral ru-olie verlaag en dit sal ʼn positiewe impak op
die betalingsbalans hê.
• Dit sal die robuustheid van Suid-Afrika se energiesekerheid verbeter
en sal die land se veerkragtigheid teen onderbrekings in eksterne
energievoorsiening en prysskommelings verbeter.
• Energiebesparing sal met werkskepping en met die verbetering van
die lewenstandaard help.
• Namate doeltreffendheid toeneem, daal die produksiekoste oor die
algemeen en met lae produksiekoste, kan die koste van goedere en
dienste vir verbruikers ook afneem.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
12 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
4.4 Beskryf kortliks die doelwitte van die Suid-Afrikaanse mededingings-
beleid.
• Voorkom die misbruik van ekonomiese magsvorming van monopolieë.
• Reguleer die groei van markkrag deur middel van oornames en
samesmeltings
• Voorkom beperkende praktyke, veral deur oligopolis soos regstelling van
verkooppryse, samespanning en prysdiskriminasie
• Verbeter die doeltreffendheid in die mark deur wetgewing
• Bevorder gesonde mededinging tussen besighede
• Beskerm die verbruiker teen onbillike pryse en minderwaardige produkte
vir byvoorbeeld deur die Wet op Mededinging
• Dra tot Suid-Afrika se ontwikkelingsdoelwitte by om te verseker dat alle
Suid-Afrikaners gelyke geleenthede het om regverdig aan ekonomiese
aktiwiteite deel te neem.
• Hulle verbeter ook aandele in die mark, byvoorbeeld deur die Wet op
Gelyke Indiensneming / maak KMMO’s moontlik
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
(ʼn Maksimum van 4 punte moet toegeken word vir blote lys van feite) (maks. 4)
(4 x 2) (8)
4.5 Verduidelik die positiewe impak van die gebruik van omgewingsbelasting
op omgewingsvolhoubaarheid.
• Omgewingsbelasting hou baie belangrike voordele in, soos
omgewingsdoeltreffendheid, ekonomiese doeltreffendheid, die vermoë om
openbare inkomste te verhoog en deursigtigheid.
• Omgewingsbelasting is al suksesvol gebruik om ʼn wye reeks kwessies,
insluitend afvalverwydering, waterbesoedeling en lugvrystelling te
adresseer.
• Hulle internaliseer die negatiewe eksternaliteite en bevorder energie
besparing en die gebruik van hernubare bronne.
• Hulle ontmoedig anti-ekologiese gedrag. Hulle motiveer maatskappye om
in volhoubaarheid te innoveer.
• Omgewingsbelasting/Groen belasting is bedoel om individue, besighede en
nywerhede aan te spoor om meer volhoubare praktyke, aan te neem
besoedeling te verminder en natuurlike hulpbronne te bewaar.
• Deur omgewingsskadelike aktiwiteite of produkte te belas, poog regerings
om hulle minder ekonomies aantreklik te maak terwyl alternatiewe aan te
moedig wat ʼn laer omgewingsimpak het.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
(ʼn Maksimum van 2 punte kan toegeken word vir blote lys van feite.)
(4 x 2) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) EKONOMIE V2 13
AFDELING C
VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE
Bespreek in detail die faktore wat tot die wantoewysing van hulpbronne in die
mark lei. (26 punte)
Evalueer die impak van KOV op die Suid-Afrikaanse ekonomie. (10 punte)
INLEIDING
Markmislukking is wanneer die kragte van vraag en aanbod nie hulpbronne
doeltreffend toewys nie.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding.) (2)
LIGGAAM: HOOFDEEL
Ontbrekende markte
• Markte is onvolledig omdat hulle nie aan die vraag na sekere goedere kan
voorsien nie.
• Openbare goedere (gemeenskaps- en kollektiewe goedere) is in groot aanvraag,
maar word nie deur die mark as gevolg van die lae wins daaruit en die koste van
kapitaal wat nodig is om te voorsien, verskaf nie.
• Aangesien private produsente nie hierdie goedere teen wanbetaling kan weerhou
nie, is hulle huiwerig om hierdie goedere te verskaf.
• Die regering verskaf dus hierdie goedere en dienste.
Openbare goedere
• Dit sluit gemeenskaps- en kollektiewe goedere in en het twee kenmerke:
• Nie-wedywering: Verbruik deur een persoon verminder nie verbruik deur ʼn ander
individu nie bv. ʼn vuurtoring.
• Nie-uitsluitbaarheid: Verbruik kan nie beperk word tot diegene wat daarvoor
betaal nie (niebetalers kan dit gebruik) bv. radio en televisie.
• Sosiale voordele oortref privaat voordele, byvoorbeeld gesondheidsorg en
onderwys.
• Nie-verwerpbaarheid: Individue kan hulle nie van verbruik weerhou nie,
byvoorbeeld straatligte.
• Deurlopende verbruik, byvoorbeeld verkeersligte.
Gemeenskapsgoedere
• Dit is goedere soos verdediging, polisiedienste, gevangenisdienste, straatbeligting,
vloedbeheer, stormwaterdreinering en vuurtorings.
Kollektiewe goedere
• Dit is goedere soos parke, strandgeriewe en strate.
• Markte is onvolledig en kan nie in die vraag na alle goedere voorsien nie.
• Die regering verskaf openbare goedere wat bestaan uit vuurtorings, parke, paaie,
brȗe, ens.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
14 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
Merietegoedere
• Dit is hoogs in aanvraag vir algemene welvaart, maar nie hoog aangeslaan deur
die mark nie, bv. gesondheidsorg, onderwys en veiligheid.
• As mense die markprys vir hulle moes betaal, sou baie min verbruik word.
• Die mark sal misluk omdat die mark minder as die verlangde hoeveelheid
produseer.
Niemeriete goedere
• Dit is oorverbruikte goedere, byvoorbeeld sigarette en alkohol, dus word meer
goedere geproduseer as wat sosiaal aanvaarbaar wenslik is.
• Die regering verbied of verminder die verbruik van hierdie produkte deur
belasting en verskaf inligting aan die bevolking oor die skadelike gevolge
daarvan.
Gebrek aan inligting
• Verbruikers, werkers en entrepreneurs het nie die nodige inligting om rasionele
besluite neem nie.
• Dit lei daartoe dat hulpbronne nie doeltreffend toegewys word nie.
• Verbruikers om hul voordele te maksimeer, verbruikers benodig gedetailleerde
inligting oor goedere en dienste.
• Alhoewel tegnologie dit aan die verbruiker bied, het hulle vanselfsprekend nie
perfekte inligting nie.
• Werkers is dikwels onbewus van werksgeleenthede.
• Entrepreneurs het nie inligting oor koste, beskikbaarheid en produktiwiteit van
produksiefaktore nie, wat hul doeltreffendheid beïnvloed.
Onbeweeglikheid van produksiefaktore
• Arbeid neem tyd om van een gebied na ʼn ander te beweeg en dit neem tyd om te
verander aangesien die opleiding van arbeid duur is.
• Die aanbod geskoolde arbeid kan nie verhoog word nie as gevolg van die tyd wat
dit neem om opgelei of opgevoed te word.
• Fisiese kapitaal soos fabrieksgeboue of infrastruktuur soos telefoonlyne kan nie
maklik herverdeel word nie.
• Strukturele veranderinge soos ʼn verandering van die vervaardiging van
plastiekpakkies na papierpakkies of verskuiwing van arbeidsintensiewe produksie
na rekenaargebaseerde produksie vereis ʼn verandering in arbeiders vaardighede
indiensneming en werkpatrone.
Eksternaliteite
• ʼn Eksternaliteit vind plaas wanneer sommige van die koste en voordele van ʼn
besluit of aksie gedra of geniet word deur tweede of derde partye wat nie deel
van of direk betrokke by die besluitneming was nie.
Privaat koste
• Interne koste staan as private koste bekend en dit is die gewone koste wat
verbruikers aan gaan wanneer hulle goedere koop, byvoorbeeld die prys wat
hulle vir ʼn produk betaal.
• Die private koste van die besigheid is hul vaste en veranderlike koste – hul dag-
tot-dag uitgawes.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) EKONOMIE V2 15
Privaat voordele (interne voordele)
• Dit is die voordele wat verkry word deur diegene wat die goedere koop en
diegene wat die goedere produseer.
• Vir die verbruiker sluit dit die gerief in om die produk te geniet, en vir die
produsent sluit dit die inkomste en wins in wat hy ontvang uit die verkoop van
die produk.
Sosiale koste
• Dit is die koste van goedere of dienste aan diegen wat dit skep en aan die
samelewing in die algemeen.
• Dit sluit die produksiekoste in, maar ook die bykomende koste van besoedeling
en die afvalprodukte (eksterne koste – negatiewe eksternaliteite).
• Geen waardes word aan hierdie ekstra (eksterne) koste gegee nie, want geen
mark bestaan om dit te prys nie.
• Privaat koste plus eksterne koste is gelyk aan sosiale koste.
Sosiale voordele
• Verbruikers betaal vir private voordele hoewel die samelewing trek oor die
algemeen voordeel uit minder siektes, ʼn gesonder arbeidsmag kan meer
produktief werk en is minder afwesig van die werk (eksterne voordele –
positiewe eksternaliteite)
• Wanneer munisipaliteite skoon water aan huishoudings verskaf, betaal
huishoudings slegs vir die private voordeel.
• Privaat voordele plus eksterne voordele is gelyk aan sosiale voordele.
• Omdat eksternaliteite in produksie en verbruik dikwels bestaan en uitset is
gewoonlik op private koste en voordele gebaseer, is dit ʼn oorsaak van
markmislukkings.
Onvolmaakte mededinging
• Onder sekere omstandighede sal ʼn perfek mededingende mark ʼn punt van
allokatiewe doeltreffendheid bereik.
• Firmas produseer die regte produk teen die regte prys en die regte hoeveelheid
en doen dit doeltreffend, aangesien slegs doeltreffende ondernemings sal
oorleef.
• In markekonomieë word mededinging deur krag benadeel. Krag lê meer by
produsente as verbruikers.
• Meeste besighede werk onder toestande van onvolmaakte mededinging – dit
stel hulle in staat om uitset te beperk, pryse te verhoog en te produseer op
vlakke waar prys marginale koste oorskry.
• Die uitkoms is ʼn onvoldoende toewysing van hulpbronne, omdat slegs dié wat
kan bekostig om dit te betaal, toegang tot sekere goedere en dienste het.
• Onder onvolmaakte mededinging vind markmislukking plaas omdat
onvolmaakte markte versuim om tegniese en toewysende doeltreffendheid te
bereik.
• Die volgende faktore veroorsaak onvolmaakte mededinging: Moderne markte
maak nie voorsiening vir prysonderhandelinge nie, verbruikers moet die pryse
betaal wat produsente vra.
• Advertensies bevorder die superioriteit van sekere produsente. Hindernisse
voorkom nuwe besighede om markte te betree – volle aanpassings aan
veranderinge in vraag word voorkom.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
16 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
• Die bekendstelling van nuwe, verbeterde produkte word vertraag, byvoorbeeld
die tegnologie om motors te vervaardig wat nie deur fossielbrandstowwe
aangedryf word nie, is reeds beskikbaar. Maar die olieprodusente en gebrek
aan kapitaal vertraag die proses.
Onvolmaakte verdeling van inkomste en rykdom
• Die markstelsel is geneig om inkomste en rykdom oneweredig te versprei.
• Aangesien die mark slegs belangstel in die vervaardiging van goedere vir
diegene wat dit kan bekostig, lei die ongelyke verdeling van inkomste daartoe
dat min mense te veel goedere, en baie te min het.
• As gevolg van ʼn gebrek aan vaardighede, opvoeding en onvolmaakte inligting,
kan sekere individue nie inkomste verdien wat nodig is om ʼn ordentlike
lewenstandaard te bereik nie.
• Lae inkomste lei tot ʼn onvermoë om rykdom op te bou.
• As die aanvanklike verdeling ongelyk is, sal die finale verdeling ook ongelyk
wees.
• Die mark slaag nie daarin om te verseker dat almal in die samelewing te gelyke
toegang tot die uitsette van die ekonomie het nie.
• Te veel hulpbronne word gebruik om uitsette vir die ryk lede van die samelewing
te produseer, en te min vir dié wat arm is.
(Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.)
(Ken ʼn maksimum van 8 punte toe vir blote lys van feite/voorbeelde)
ADDISIONELE GEDEELTE
Evalueer die belangrikheid van KVO op die Suid-Afrikaanse ekonomie.
• Mark misluk as gevolg van onvanpaste toewysing van hulpbronne en KVO poog
om projekbeoordeling reg te stel om markmislukking te vermy.
• ʼn Behoefte aan koste-voordeel-ontleding ontstaan in gevalle van
markmislukking waar die regering poog om dienste te lewer wat nodig is.
• Om te verseker dat koste en voordele in ag geneem word voordat die regering
met ʼn groot projek begin, byvoorbeeld paaie en brûe ens.
• Om te bepaal of die nuwe projek haalbaar sal wees, neem in ag dat sosiale
voordele meer as sosiale koste is.
• Om objektiewe besluite te neem aangesien dit subjektiwiteit in besluitneming
verwyder omdat alle besluite op praktiese feite gebaseer is.
• Verseker ekonomiese doeltreffendheid in hulpbrontoewysing en skakel
vrugtelose uitgawes uit.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante hoë-orde-reaksie.)
(ʼn Maksimum van 4 punte sal vir blote notering/feite toegeken word.) (Maks. 10) (10)
GEVOLGTREKKING
Die regering moet ingryp om hierdie markte te help om beter te funksioneer en ʼn
billiker verdeling van rykdom en inkomste te bevorder om die lewenstandaard in
die land te verbeter.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante hoë-orde gevolgtrekking.) (Maks. 2) (2)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) EKONOMIE V2 17
VRAAG 6: KONTEMPORERE EKONOMIESE KWESSIES
Bespreek in detail die maatreëls om vraagtrek-en kostedruk-inflasie te bekamp.
(26 punte)
Ontleed die impak van direkte buitelandse belegging op prysstabiliteit.
(10 punte)
INLEIDING
Inflasie verwys na die algemene stygings in pryse oor ʼn tydperk.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding.) (2)
LIGGAAM: HOOFDEEL
VRAAGTREK-INFLASIE
Fiskale beleid
• Dit is stappe wat die minister van finansies geneem het om inflasie te bekamp deur
beleide vir belasting en uitgawes.
• Verhoging van direkte belasting om besteebare inkomste te verminder en
buitensporige vraag na goedere en dienste te verminder / bv. LBS
• Vermeerdering van indirekte belasting soos BTW en aksynsbelasting kan verhoog
word om pryse van spesifieke produkte te verhoog om die vraag na goedere en
dienste te laat afneem.
• ʼn Leningsheffing kan ingestel of verhoog word en dit sal krediet ontmoedig en tot
verminderde hoeveelheid geld in omloop lei.
• Staatsbesteding kan verminder word deur sommige van die regeringsprojekte uit
te stel; bv. die bou van HOP-huise, skole en besproeiing van damme. √
• Finansiering van die begrotingstekort op ʼn nie-inflasionêre basis bv. lenings
van die nie-banksektor.
• Die instelling van ʼn toeslag op ingevoerde goedere wat die pryse van
ingevoerde goedere (veral luukse items) sal verhoog sodat mense minder goedere
koop.
• Implementering van maatreëls om produktiwiteit te verbeter, soos belastingkorting
aan besighede.
Monetêre beleid
• Verhoog die repokoers om die beskikbaarheid van krediet te verminder. Banke sal
op hul beurt rentekoerse daardeur verhoog, wat dit duurder maak om geld te
leen.
• Verhoogde rentekoerse kan ook spaar aanmoedig en sodoende die vraag van
goedere en dienste verminder en die van die bedrag geld in omloop verminder.
• Afname in geldvoorraad deur middel van opemarktransaksies deur staatseffekte te
verkoop.
• Toenemende bank kontantreserwe-vereiste om die geld beskikbaar vir uitleen aan
hul kliënte te verminder.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
18 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2024)
KOSTEDRUK-INFLASIE
Produktiwiteit
• Verhoging van produktiwiteit deur beter onderwys en opleiding/
vaardighedesontwikkeling en die ondersteuning van tegnologiese
ontwikkelings
• Loonverhogings moet met produktiwiteitsverhogings gepaard gaan.
• Beskerming van mededinging (deur die Mededingingskommissie).
• Aanmoediging van persoonlike spaargeld wat beleggings moontlik maak, verhoog
die voorsieningskant van die ekonomie.
Ander maatreëls om te oorweeg
• Prysbeheer kan gebruik word deur die prys van sekere noodsaaklike goedere vas
te stel, die regering verseker hulle bekostigbaar bly.
• Strenger voorwaardes vir verbruikerskrediet waarvoor die regering dit moeiliker
maak vir verbruikers om krediet te kry om hul besteding te beperk.
• Invoerkontroles kan verslap word om die uitvloei van geld uit die ekonomie wat die
hoeveelheid geld in omloop sal verminder.
• Swewende wisselkoerspryse word outomaties aangepas na internasionale
voorwaardes.
• Indeksering van ʼn beleid om pryse van items soos lone, pensioene en
verbandrentekoerse tot prysindekse te voeg om die gevolge van inflasie teen te
werk.
(Ken ʼn maksimum van 8 punte toe vir blote lys van feite/voorbeelde.)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Maks. 26) (26)
ADDISIONELE GEDEELTE
Ontleed die impak van direkte buitelandse belegging op prysstabiliteit.
• Verhoog die produksie van goedere en dienste wat die totale toename in aanbod
sodoende pryse stabiliseer.
• Bring meer doeltreffende produksietegnieke wat produksiekoste sal verlaag, wat
kostedruk-inflasie vertraag.
• Verhoog mededinging in plaaslike markte wat plaaslike pryse laag sal hou, die
rand versterk deur hoër uitvoervolumes wat help om die koste van die invoer van
produksie-insette soos ru-olie te verlaag.
• Verbetering van tegnologie in produksie wat produktiwiteit verhoog en sodoende
kostedruk-inflasie verminder.
• Die skep van meer werksgeleenthede sodoende verbruikersbesteding stimuleer
wat tot vraag-inflasie bydra.
• Toenemende uitgawes aan kapitaalgoedere soos masjinerie en toerusting lei tot ʼn
groter totale vraag.
• Verhoging van reële lone meer as binnelandse belegging, wat lei tot kostedruk-
inflasie.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante hoë-orde-reaksie.)
(ʼn Maksimum van 4 punte sal toegeken word vir blote notering/feite.) (Maks. 10) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) EKONOMIE V2 19
GEVOLGTREKKING
Hoë inflasiekoerse veroorsaak swaarkry onder die armes, werkloses, lae inkomste
verdieners; behoorlike maatreëls om dit te beheer moet in plek gestel word.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante hoëorde gevolgtrekking.) (Maks. 2) (2)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Memorandum
Economics P2 Memo Afr_watermark.pdf
Memorandum
Economics-Grade-12-NSC-P2-MEMO-September-2025-KZN.pdf
Memorandum
Economics-Grade-12-NSC-P1-MEMO-Pre-June-2025-Limpopo.pdf

Memorandum
Economics P2 May-June 2025 MG Afr.pdf
Memorandum
Economics-Grade-12-NSC-P2-MEMO-September-2025-Northern-Cape.pdf
Memorandum
ECONOMICS P1 GR12 MEMO JUNE 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Memorandum
ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper
ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
ECONOMICS P2 MEMO GR12 JUNE 2023_Afrikaans.pdf
Memorandum
ECONOMICS P2 MEMO GR12 JUNE 2023_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers_hlayiso.com_.pdf
Question paper
ECONOMICS P1 GR12 QP JUNE 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 Economics
Explore more published documents in this catalogue.

Question paper
ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D_watermark.pdf

Question paper
Economics-Grade-12-NSC-P1-QP-September-2025-Free-State.pdf
Question paper
Economics P1 May-June 2025 Afr.pdf

Question paper
Economics P2 May-June 2025 Afr.pdf
Question paper
ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)_hlayiso.com_.pdf
Question paper