You're offline
Skip to content
Memorandum

Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Possible Answers hlayiso.com

Subject: EconomicsGrade 12202017 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2020 10732 EKONOMIE VRAESTEL 2 NASIENRIGLYNE TYD: 2 uur PUNTE: 150 17 bladsye 1
Downloaded from hlayiso.com 10732/20 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 1.1.1 C – horisontaal ✓✓ 1.1.2 B – normale wins ✓✓ 1.1.3 D – toegangsversperring ✓✓ 1.1.4 B – prys ✓✓ 1.1.5 C – arbeid ✓✓ 1.1.6 A – Statistiek Suid-Afrika ✓✓ 1.1.7 D – biodiversiteit ✓✓ 1.1.8 D – uitgaande ✓✓ (8 x 2) (16) 1.2 PASITEMS 1.2.1 H 1.2.2 G 1.2.3 F 1.2.4 I 1.2.5 E 1.2.6 C 1.2.7 B 1.2.8 A (8 x 1) (8) 1.3 GEE DIE TERM 1.3.1 Volmaakte mededinging  1.3.2 Interafhanklikheid van ondernemings  1.3.3 Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde  1.3.4 Ekonomiese beleide √ 1.3.5 Toerisme-ondernemingsontwikkeling  1.3.6 Flora en Fauna (6 x 1) ( 6) TOTAAL AFDELING A: 30 2
Downloaded from hlayiso.com 10732/20 AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem enige TWEE doelstellings van anti-monopoliebeleide. ● Daar mag geen beperkings op toegang wees nie. ✓ ● Beperk die ekonomiese mag. ✓ ● Besighede moet mededingend raak. ✓ ● Nuwe handelsooreenkomste. ✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 2 x 1) (2) 2.1.2 Waarom is individuele deelnemers in ʼn volmaakte mark onbelangrik vir die mark as geheel? ● Hulle het nie beheer oor pryse nie. ✓ ● Daar bestaan groot kompetisie. ✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) x 2) (1 2.2 DATARESPONS 2.2.1 Watter markstruktuur word in die uittreksel hierbo uitgebeeld? Oligopolistiese mark ✓ (1) 2.2.2 Wat is die aard van die produk in die bostaande uittreksel? ● ʼn Paar groot verkopers oorheers die mark. ✓ ● Produkte kan homogeen of gedifferensieerd wees. ✓ ● Toegangshindernisse bestaan wel, maar beperkte beperkings.✓ ● Oligopolieë is onderling afhanklik in terme van die prys. ✓ ● Oligopolieë het wel ʼn mate van prysbeheer/markkrag. ✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die begrip fokus op meerderwaardigheid. • Oligopolieë maak gebruik van produk differensiasie, wat selfs denkbeeldig kan wees/twee pynverdowers kan dieselfde basiese bestanddele bevat, maar verskil in terme van handelsmerke, ens. ✓✓ • Oligopolieë gebruik produkherkenning, waardeur verpakking en handelsname gebruik word om die verbruikers te oortuig.✓✓ • Verder kan oligopolieë ook gebruik maak van produk- prolifirasie, waardeur hulle fokus op dienslewering ten einde markaandeel te verkry. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 3
Downloaded from hlayiso.com 10732/20 2.2.4 Hoe gebruik produsente marknavorsing om winste te maksimeer? ● Inligting oor die produsente van mededingers ontleed faktore wat daartoe lei dat verbruikers 'produkte' bo hul handelsmerk verkies. ✓✓ ● As gevolg hiervan, maak hulle aanpassings aan hul kwaliteit van die produk, prys, voorkoms of bemarkingstrategie om verbruikers hul produkte te laat verkies✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 2.2.5 Hoe is die wynbedryf beïnvloed deur die Corona-virus- inperking in Suid-Afrika? • Die wynbedryf het baie werksgeleenthede/inkomste aan werkers verloor. ✓✓ • Die bedryf het buitelandse valuta verloor omdat hulle nie kon uitvoer nie. ✓✓ • Hul bydrae tot die BBP is ook negatief beïnvloed. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (4) x 2) (2 2.3 DATARESPONS 2.3.1 Noem EEN ontasbare koste wat verband hou met die implementering van die VBV stelsel in Suid-Afrika. ● Die koste vir die aanskaffing en instandhouding van busse is duursaam. ✓✓ ● Die VBV stelsel is beperk tot sekere roetes, wat hulle doeltreffendheid kan beperk. ✓✓ ● Die busdiens is in mededinging met taxi’s/Uber and ander operatekurs, wat busdienste baie oneffektief of onekonomies kan maak. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1) 2.3.2 Noem EEN voordeel geassosieer met openbare vervoerstelsels in Suid-Afrika. ● Busdiens vervoer is effektief om mense na werksplekke in stede te vervoer. ✓✓ ● In die meeste stede word openbare busdienste deur stadsrade gesubsidieer, wat tot voordeel van die verbruikers is. ✓✓ ● Busdienste kan vervoer bied aan groot hoeveelhede mense, selfs oor provinsies. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die term netto huidige waarde. • Dit dui op die huidige waarde van ʼn beleggingsprojek. ✓✓ • Die huidige waarde word bereken deur al die huidige en toekomstige inkomstes en uitgawes teen ʼn toepaslike rentekoers te verdiskonteer. ✓✓ • Indien die netto huidige waarde positief is sal dit vir die regering die moeite werd wees om in die projek te belê. ✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 4
Downloaded from hlayiso.com 10732/20 2.3.4 Wat word bedoel met “die VBV stelsel dreineer die fiskus”? • Die busdiens is nie winsgewend genoeg nie. ✓✓ • Die lopende/operasionele koste is meer as die inkomste. ✓✓ • Belastinggeld word gebruik/vermors om die busdienste te finansier. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 2.3.5 Evaleer die impak van die VBV op ander vervoerstelsels in Suid-Afika. ● Die busdienste benodig groot hoeveelhede kapitaal, ten koste van ander vervoerdienste se subsidies. ✓✓ ● Die busdiens industrie is ook in konflik met ander vervoerdienste, soos Uber/taxi operateurs, wat nie noodwendig subsidies ontvang nie. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4) 2.4 Met betrekking tot die vraag kurwe van ʼn oligopolis, verduidelik die twee elastisiteits-segmente van die vraag kurwe. • Die boonste segment van die oligopolie-grafiek is meer elasties van aard. ✓✓ • Enige prysstygings in hierdie segment bo die markprys sal ʼn groot afname hê in die hoeveelheid wat aangevra word (wet van vraag). ✓✓ • ʼn Oligopolistiese-mededinger sal baie verkope verloor vir enige klein styging in die prys. ✓✓ • As ʼn firma sy prys verlaag, en ander firmas nie volg nie, sal ʼn meer onelastiese vraagkurwe in die gesig gestaar word, wat dit moontlik sal maak om verkope te verhoog. ✓✓ • Die groot prysverlaging sal ʼn klein toename in die hoeveelheid wat in hierdie onelastiese segment gevra word, verhoog. ✓✓ • Die wins verkry deur enige prysverlaging is eintlik minder as teen die oorspronklike markprys. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (4 x 2) (8) 2.5 Hoe hanteer die regering ʼn gebrek aan inligting as oorsaak van markmislukkings? ● Die SABS reguleer standaarde in Suid-Afrika. Dit beteken dat alle firmas goedere moet produseer wat aan sekere gesondheids-, veiligheids- en gehaltestandaarde voldoen. ✓✓ ● Inligting moet by die verpakking van goedere ingesluit word. ✓✓ ● Regulasies vir advertensiestandaarde om vals aansprake en misleidende advertensies te voorkom.✓✓ ● Daar moet maklik toegang tot inligting en regulasies wees.✓✓ ● Bv. Voorbereide voedselprodukte moet die inhoud van die verpakking bevat. ✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (8) [40] 5
Downloaded from hlayiso.com 10732/20 VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 3.1 3.1.1 Noem enige TWEE beleidsvoorstelle vir toerisme. ● Bemarking ✓ ● Ruimtelike verspreiding ✓ ● Belasting ✓ ● Ontwikkeling van infrastruktuur✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 1) (2) 3.1.2 Hoe beïnvloed stagflasie die konstruksiebedryf? ● Die prys van grondstowwe sal styg weens vertragings in die aanbod of ʼn groter vraag, wat die inflasiekoers verhoog. ✓✓ ● As gevolg van prysstygings en mense wat nie bereid is om te belê in die aankoop van nuwe huise en geboue nie, asook lae groeikoerse. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2) 3.2 DATARESPONS 3.2.1 Identifiseer die tipe inflasie geassosieer met die verhoging in brandstofpryse, volgens bogenoemde uittreksel. Koste-druk inflasie/vraag-trek inflasie ✓ (1) 3.2.2 Noem EEN manier hoe inflasie gemeet kan word. • Gewigte toeken ✓ • Prysindekse – VPI/VPI ✓ (1) • Inflasiekoers ✓ 3.2.3 Beskryf kortliks die term kerninflasie. Kerninflasie sluit items uit vanaf die VPI mandjie wat hoë kwesbare/wisselende pryse het en items waar die pryse deur regeringsinmenging beïnvloed word. ✓✓ (2) 3.2.4 Waarom behoort die loonkoers teen dieselfde of selfs hoër koers as die gemiddelde verbruikersprysindeks vasgestel te word? ● Werkers moet ʼn beter of dieselfde lewensstandaard geniet. ✓✓ ● Werkers behoort genoeg geld te hê om in hulle basiese behoeftes te voldoen. ✓✓ ● Dit ondersteun die effek van inflasie, wat mense se besteebare inkomste kan verminder. ✓✓ ● Die werklike loonverhogings moet tred hou met die lewenskoste. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte, relevante antwoord.) (2) 6
Downloaded from hlayiso.com 10732/20 3.2.5 Hoe kan die regering fiskale beleid aanwend om inflasie te bekamp? • Verhogings in direkte belasting om die verbruikers se besteebare inkomste te verminder. ✓✓ • Verhogings in indirekte belasting om veral krediet besteding te verminder. ✓✓ • Verlaging in regerings uitgawes, soos die uitstelling of selfs kansellasie van duursame infrastruktuur projekte ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4) 3.3 DATARESPONS 3.3.1 Noem die tipe toerisme wat in die tekenprent uitgebeeld word. Mediese toerisme ✓ (1) 3.3.2 Watter instansie is verantwoordelik vir die bemarking van Suid-Afrika as ʼn toeristebestemming? Die Suid-Afrikaanse Toerisme-agentskap (SA Toerisme) ✓ (1) 3.3.3 Beskryf die begrip toerisme kortliks. Aktiwiteite rakende individue wat op plekke buite hul gewone omgewing reis en bly ✓ (2) 3.3.4 Hoekom is dit moeilik om die impak van toerisme op die ekonomie te bepaal? ● Toerisme het ʼn indirekte invloed op die ekonomie. ✓✓ ● Die bydrae deur hierdie sektor/aktiwiteite kan selfs nie opgeneem word nie, aangesien dit ook die informele/sekondêre sektore behels. ✓✓ ● Toerisme is ʼn diensgebaseerde bedryf en was verantwoordelik vir die groei in die dienstesektor. ✓✓ ● ʼn Groot aantal verskaffers lewer goedere en dienste aan die toerismebedryf, soos voedsel, water en skoonmaakmateriaal.✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 7
Downloaded from hlayiso.com 10732/20 3.3.5 Waarom groei inheemse kennis in Suid-Afrika? ● Buitelandse toeriste soek na outentieke en unieke plaaslike kennis en terreine. ✓✓ ● Inheemse kennis (IK) is die plaaslike kennis - kennis wat uniek is aan ʼn bepaalde kultuur of samelewing. Dit vorm dikwels die basis vir besluitneming op plaaslike vlak. ✓✓ ● Inheemse kultuur – die tradisies, argitektuur, rituele, musiek en kunswerke van plaaslike of streeks-kultuurgroepe. ✓✓ ● Dit is ʼn groot toeriste aantreklikheid wat in die verlede verwaarloos is. ✓✓ ● Baie kulture het die afgelope 500 jaar in Suid-Afrika bymekaargekom. ✓✓ ● Omdat die inheemse kultuur in Suid-Afrika so uiteenlopend en ryk is, lok dit miljoene buitelandse toeriste. ✓✓ ● Hierdie toeriste is nie meer tevrede met ʼn passiewe ervaring nie - hulle soek egtheid en uniekheid by bestemmings. ✓✓ ● Hulle wil die inheemse kultuur, geskiedenis en omgewing verstaan en hoe die plaaslike bevolking leef en werk. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte, relevante antwoord.) (2 x 2) (4) 3.4 Bespreek die monetariste se verduideliking van inflasie. ● Die monetariste glo dat onvanpaste regeringsinmenging in die mark ʼn versteuring in die ekonomie veroorsaak. ✓✓ ● Volgens die monetariste veroorsaak volgehoue hoë groeikoerse in die geldvoorraad hoë inflasie, terwyl lae groeikoerse lae inflasie veroorsaak. ✓✓ ● Hulle baseer hul siening op die kwantiteitsteorie van geld (MV = PT). Hulle maak drie basiese aannames: Die snelheid van die sirkulasie van geld is stabiel; die hoeveelheid geld word ekstern bepaal deur monetêre owerhede, en die reële produksie word bepaal deur die hoeveelheid en kwaliteit van verskillende produksiefaktore. ✓✓ ● Die algemene prysvlak styg slegs as gevolg van die toename in die aanbod van geld, maar nie proporsioneel nie.✓✓ ● MV = PT en P = MV/T✓✓ ● Dit toon duidelik dat die prysvlak proporsioneel styg met die toename in die geldvoorraad ( MV) en die totale aantal transaksies (T) bly konstant. ✓✓ ● Hierdie stelling is nie aanvaarbaar vir die moderne monetariste nie en stem nie saam met die proporsionele styging in die prysvlak nie. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (4 x 2) (8) 8
Downloaded from hlayiso.com 10732/20 3.5 Evalueer die effek van beleggings op toerisme. Positiewe gevolge: ● Toeriste dra by tot verkope, winste, werksgeleenthede, belastinginkomste en inkomste in ʼn gebied. ✓✓ ● Die mees direkte effek kom voor in die primêre toerisme sektore, soos akkommodasie, restaurante, vervoer, vermaak en kleinhandel.✓✓ ● Toerisme stimuleer die skepping van werk, veral in die dienstesektor, soos kelners, hotel personeel, winkels of toergidse. ✓✓ ● Dit skep en verbeter infrastruktuur deur die bou van hotelle, paaie en ander fasiliteite, wat ook werk skep. ✓✓ ● Dit help om landelike dienste soos vervoer, dorpswinkels en ander dienste te ontwikkel en in stand te hou. ✓✓ ● Dit verhoog die vraag na plaaslike voedsel en kunsvlyt, wat ʼn ekstra inkomste vir gemeenskappe skep. ✓✓ ● Plaaslike mense kan meer welvaart geniet, ʼn beter openbare gesondheidstelsel en meer infrastruktuur. ✓✓ ● Hulle kan ook besoedelingsbeheer en skoon strande wat op toeriste gerig is, geniet en voordeel trek uit die kulturele uitruiling met toeriste. ✓✓ Negatiewe gevolge: ● Beleggers sal ontmoedig of onttrek word weens baie stakings en misdaad in Suid-Afrika. ✓✓ ● Onstabiele wisselkoerse sal beleggers demotiveer ✓✓ ● Politieke onstabiliteit in die land lei tot beleggers wat geld verloor op die waarde van hul beleggings. ✓✓ ● Verhoogde ongelykhede tussen groepe in die land, want landelike mense kan nie altyd ten volle voordeel trek uit dit nie. ✓✓ ● Minder opgeleide mense verdien selde geen voordele nie. ✓✓ ● Dit kan veroorsaak dat plaaslike pryse styg omdat toeriste dikwels meer betaal vir goedere en dienste, wat dikwels meer is as wat plaaslike inwoners kan bekostig. ✓✓ ● Hoë toerismevlakke kan lei tot verkeersopeenhopings, besoedeling, rommel, verhoogde CO2-vrystellings, verhoogde waterverbruik en misdaad. ✓✓ ● Toerisme kan die voorkoms van ʼn gemeenskap verander deur meer winkels en hotelle te ontwikkel. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (8) 9
Downloaded from hlayiso.com 10732/20 VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem TWEE voorbeelde waar maksimum pryse toegepas kan word. Huur ✓ Kos ✓ Kaartjies✓ (Enige 2 x 1) (2) 4.1.2 Wat sal die invloed van die Corona-virus pandemie op die prys van goedere en dienste wees? ● Kleinhandelaars kan verbruikers te veel vra op sekere goedere, wat tot verhoogde pryse lei. ✓✓ ● Produksie kan verlangsaam as werkers siek word en industrieë sluit, en ʼn verminderde hoeveelheid goedere is duurder.✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 4.2 4.2.1 DATARESPONS Identifiseer die markprys van die monopolie hierbo uitgebeeld. R 20 ✓ (1) 4.2.2 Noem EEN kenmerk van marginale inkomste. ● Die ekstra eenheid wat verkoop word, lewer ʼn addisionele inkomste. ✓✓ ● Die verandering in inkomste, gedeel deur verandering in hoeveelheid, dus verminder die inkomste Q. ✓✓ (Enige 1) (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die term prysdiskriminasie. Die praktyk om verskillende pryse vir dieselfde goedere of dienste aan verskillende verbruikers te vra. ✓✓ (2) 4.2.4 Hoe kan monopolieë tegnologie bevorder? ● Beleggings in die nuutste/toepaslike tehnologie vir meer koste- effektiwiteit. ✓✓ ● Deur meer effektiewe produksiestelsels, soos robotte in fabrieke te implementeer/meganisasie. ✓✓ ● Openbare ondernemings moet belê in meer moderne toerusting, soos meer doeltreffende kragstasies. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 10
Downloaded from hlayiso.com 10732/20 4.2.5 Hoekom word ʼn wins-situasie in die bostaande grafiek uitgebeeld? ● Die LGK kurwe (posisie B) is op ʼn laer punt as die gemiddelde inkomste (posisie C) op die grafiek. ✓✓ ● Die inkomste van die monopolie (R 20) is meer as die koste (R 10) ✓✓ ● Die monopolie maak ekonomiese wins tussen B/C/R 10/R 20)/geskakeerde area. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (4) 4.3 DATARESPONS 4.3.1 Noem die tipe inflasie wat tans deur Venezuela ervaar word. Hiperinflasie ✓ (1) 4.3.2 Wie dra die las van hoë inflasiekoerse? (1) Verbruikers ✓ 4.3.3 Beskryf kortliks die term inflasie. ʼn Volgehoue en aansienlike styging in pryse van goedere en dienste in ʼn land vir ʼn sekere tyd, wat daartoe lei dat die koopkrag van geld verminder. ✓✓ (2) 4.3.4 Wat is die politieke en sosiale gevolge van hoë inflasiekoerse in Suid-Afrika? ● Voortdurende styging in pryse van goedere en dienste sal mense ongelukkig maak, d.w.s stygings in die prys van brood- en taxi pryse sal die lewenskoste van arm huishoudings verhoog, wat tot sosiale en politieke onrus kan lei. ✓✓ ● Daar kan gesondheidsprobleme wees as gevolg van wanvoeding onder die armstes. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 4.3.5 Hoe beïnvloed inflasie infrastruktuurontwikkeling in die toerismebedryf? ● As die inflasiekoers van ʼn land hoog is, verloor die geldeenheid waarde, wat regeringsprojekte beïnvloed deur vertragings of kansellasies. ✓✓ ● As gevolg van kostestygings word die prys van grondstowwe duur en kan infrastruktuurprojekte nie ontwikkel word nie. ✓✓ ● As inflasie laag is, word die koste van grondstowwe goedkoper, daarom kan infrastruktuurontwikkeling plaasvind, wat toerisme bedrywighede in die land verhoog. ✓✓ ● ʼn Land met hoë inflasievlakke lok ook nie beleggings vir toerisme-ontwikkelingsprojekte nie. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4) 11
Downloaded from hlayiso.com 10732/20 4.4 Bespreek die aanbod van nie-meriete goedere in Suid-Afrika en hoe die regering kan ingryp. ● Items soos sigarette, alkohol en dwelmmiddels wat nie voorgeskryf is nie, is voorbeelde van nie-meriete of ongewenste goedere. ✓✓ ● Hierdie goedere word dikwels oor-voorsien in die mark, omdat die eksterne koste nie by die markprys gevoeg word nie. ✓✓ ● Sommige verbruikers is dalk nie bewus van die werklike koste deur dit te verbruik, maar ook van hul negatiewe eksternaliteite. ✓✓ ● Die regering kan hul verbruik verbied of verminder deur belasting. ✓✓ ● Belasting op hierdie produkte verhoog die markprys en hopelik sal die vraag na hierdie produkte afneem. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (4 x 2) (8) 4.5 Hoe kan toerisme ontwikkel word om gelyktydig die beskerming van die omgewing in ag te neem? • Sommige lande verdien ʼn groot inkomste uit toerisme, maar dit is egter nodig om die natuurlike omgewing wat deur toeriste besoek word te beskerm. ✓✓ ● Daarom word ʼn deel van toerisme-inkomste spandeer aan die beskerming van die biologiese omgewings wat besoek word. ● Tegnieke vir natuurbewaring en natuurlike ekosisteme moet voortdurend verbeter word. ✓✓ ● Nuwe inligtingstegnologieë moet gebruik word om die toestand van natuurlike omgewings te ontleed. ✓✓ ● Nuwe inligtingstegnologieë tipies van die huidige tegnologiese rewolusie, Industrie 4.0, word toenemend gebruik om toerisme en bemarking in individuele lande te bevorder. ✓✓ ● Meer gereeld word sosiale media-portale gebruik om toerisme in individuele lande wêreldwyd te bevorder. ✓✓ ● Dieselfde tegnologieë moet ook toenemend gebruik word om die beskerming van die natuur, natuurlike ekosisteme en biodiversiteit te bevorder. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 12
Downloaded from hlayiso.com 10732/20 AFDELING C Beantwoord EEN vraag uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE ● Bespreek, met behulp van ʼn grafiek, die sluitingspunt van ʼn firma onder volmaakte marktoestande. (26 punte) ● Waarom is mededinging in markte goed vir die ekonomie? (10 punte) INLEIDING ʼn Mark is ʼn instelling of meganisme wat die kopers en verkopers van goedere of dienste bymekaar bring. ✓✓ (Maks. 2 punte) HOOFDEEL Prys MK Kostes COST/REV Inkomste✓ GK ✓ GVK ✓ GI/MI b Normale Wins a Sluitingspunt Hoeveelheid Ko Korrrekte aanduiding Y-asse: 1 punt Korrekte aanduiding GK kurwe: 1 punt Korrekte aanduiding GVK kurwe: 1 punt Korrekte aanduiding sluitingspunt: 1 punt (Maks. 4 punte) 13
Downloaded from hlayiso.com 10732/20 ● Om te bepaal of ʼn onderneming moet sluit, word die totale inkomste met die gemiddelde veranderlike koste (GVK) eerder as die totale koste (FK + VK) vergelyk. ✓✓ ● As die inkomste wat die onderneming ontvang, groter is as die gemiddelde veranderlike koste (TI > GVK), sal die firma die veranderlike koste dek, plus daar is ekstra inkomste ('bydrae'), wat op vaste koste toegepas kan word. ✓✓ ● (Die grootte van die vaste koste is nie relevant nie, aangesien dit ʼn gesinkte koste is). ✓✓ ● Dieselfde oorweging word gebruik as die vaste koste R1 of R1 000 000 is. ✓✓ ● Aan die ander kant, as GVK > TI, dan dek die onderneming nie eens sy produksiekoste nie en moet dit onmiddellik gesluit word. ✓✓ Die Sluitingsreël ● Op die kort termyn waar ʼn firma wat teen ʼn verlies werk (sy inkomste is minder as sy totale koste of sy prys is laer as die eenheidskoste) moet daar besluit word om te bedryf of tydelik te sluit. ✓✓ ● Die donker deel van die marginale kostekurwe verteenwoordig die aanbodkromme van die onderneming. ✓✓ ● Die aanbodkromme begin by punt a (sluitingspunt) met ʼn opwaartse helling van daar af, as gevolg van die marginale koste (MK) wat toeneem namate die produksie toeneem. ✓✓ ● Teen ʼn markprys van R200 kan die onderneming slegs sy veranderlike koste (VK) betaal.✓✓ ● As die markprys onder R200 daal, sal die onderneming gedwing word om te sluit en hierdie punt staan bekend as die sluitingspunt. ✓✓ ● By punt b (uitset 300) is die onderneming besig om ʼn normale wins te maak omdat GI = GK.✓✓ ● Die verlies word egter tot die minimum beperk omdat die onderneming produseer waar MI = MK. ✓✓ (Maks. 26 punte) ADDISIONELE DEEL ʼn Mededinging in die mark is goed vir die ekonomie, want: ● Indien ondernemings met mekaar meeding, kry verbruikers die beste pryse, hoeveelheid en kwaliteit van goedere en dienste. ✓✓ ● Lae pryse en produkte van goeie gehalte sal lei tot ʼn toename in die totale vraag. ✓✓ ● Gevolglik sal ondernemings uitbrei en meer goedere en dienste produseer en die ekonomie in die algemeen ʼn hupstoot gee. ✓✓ ● Mededinging moedig firmas aan om lae-koste vervaardigingsprosesse uit te vind, wat hul winste kan verhoog en hulle kan help om internasionaal mee te ding. ✓✓ ● Dit kan ook besigheidsgeleenthede aanmoedig en ʼn land se prestasie verbeter. ✓✓ ● Mededinging kan ook lei tot hoër produktiwiteit en doeltreffendheid in die mark. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Maks. 10 punte) SLOT Die individuele firma maksimeer die wins waar die marginale inkomste (MI) gelyk is aan die marginale koste (MK), mits die gemiddelde inkomste (GI) voldoende is om die gemiddelde veranderlike koste te dek (GVK) ✓✓ (Aanvaar enige gevolgtrekking van ʼn hoër orde.) (Maks. 2 punte) [40] 14
Downloaded from hlayiso.com 10732/20 VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES ● Bespreek breedvoerig die volgende probleme en die internasionale maatreëls wat getref word om volhoubare ontwikkeling te verseker: - Biodiversiteit (8) - Klimaatsveranderingsbeleid (8) - Chemiese afval (10) (26 punte ) ● Hoe verseker markverwante maatreëls omgewingsvolhoubaarheid? (10 punte) INLEIDING Omgewingsvolhoubaarheid behels die instandhouding van die natuurlike omgewing, ten einde te verseker dat hulpbronne van ʼn goeie gehalte beskikbaar is om lewe en die voortgesette ekonomiese aktiwiteite te ondersteun. ✓✓ (Maks. 2) HOOFDEEL Biodiversiteitsverlies: - Indien spesies uitsterf, kan dit nie omgekeer word nie. ✓✓ - Moderne tegnieke soos geen oorplantings kan die verlies van spesies beperk . ✓✓ - Die Konvensie van internasionale handel in bedreigde spesies (CITES) stel baie beleidsrigtings in om die verlies van spesies te hanteer. ✓✓ • Biologiese diversiteit bevat twee verwante elemente: - Die hoeveelheid genetiese verskeidenheid onder individue binne ʼn enkele spesie; ✓ - Die aantal spesies binne ʼn gemeenskap van organismes. ✓ • As gevolg van die uitsterwing van spesies neem die verskeidenheid lewensvorme wat die planeet bewoon af teen ʼn ongekende tempo. Uitwissing is ʼn onomkeerbare proses. ✓✓ • Hierdie uitwissings vind plaas op presies die oomblik in die geskiedenis toe ons die gene-poel van plante se diversiteit sou kon benut. ✓✓ • Moderne tegnieke maak dit nou moontlik om wenslike gene van een spesie na ʼn ander oor te plant, en nuwe spesies met nuwe eienskappe soos verhoogde weerstand teen siektes of plae te skep. ✓✓ • Die gene-poel moet uiteenlopend wees om as bron van skenker gene te dien. ✓✓ • Die handel in bedreigde spesies word internasionaal verbied. ✓✓ • Beheer word uitgevoer deur die gebruik van permitte en kwotas om die handel in sekere spesies wat moontlik bedreig kan word, te reguleer. ✓✓ (Maks. 8 punte) 15
Downloaded from hlayiso.com 10732/20 Chemiese afval - Chemiese afval is giftig omdat dit onmiddellike dood en dood veroorsaak na ʼn tyd. ✓✓ - Dit het ʼn negatiewe uitwerking op lewende wesens en kan onvrugbaarheid of dood veroorsaak. ✓✓ - Chemiese afval moet versigtig bestuur word om te verseker dat dit nie in die grondwater insypel nie. ✓✓ - Die Stockholm-Protokol is ʼn ooreenkoms van die Verenigde Nasies om chemiese afval te beperk. ✓✓ - Die Verenigde Nasies se Raamwerkkonvensie oor Klimaatbeheer (UNFCCC) is daarop gemik om kweekhuisgasse in die atmosfeer te verminder. ✓✓ - In normale konsentrasies is die meeste chemikalieë nie giftig nie, maar ander is giftig volgens ontwerp, soos DDT. ✓✓ - In oormatige konsentrasies kan enige stof toksies raak, soos medisyne in die verkeerde dosisse. ✓✓ (Maks. 8 punte) Klimaatsveranderingsbeleid - aanpassing en versagting - Aardverwarming veroorsaak hoofsaaklik klimaatsverandering. ✓✓ - Klimaatsverandering kan omgekeer word deur wydverspreide internasionale samewerking, soos die deel van weer-inligting en weerpatrone, die ooreenkoms oor die beperking van besoedeling en die verbod van chemiese produkte soos kweekhuisgasse, wat die osoonlaag beskadig. ✓✓ - Die Kyoto-Protokol van 1997 is ʼn internasionale ooreenkoms om die produksie van kweekhuisgasse te beperk. ✓✓ - Klimaatsverandering het geweldige ekonomiese en sosiale gevolge. ✓✓ - Die impak van klimaatsverandering sluit veranderinge in see temperature, weerpatrone, grondgebruike, dierelewe, siekte gebiede soos malaria, natuurrampe, ens. ✓✓ • Die Verenigde Nasies se Raamwerkkonvensie vir Klimaatsverandering (UNFCCC) erken die probleme wat veroorsaak word deur klimaatsverandering. ✓✓ • Dit stel ʼn uiteindelike doelwit om die konsentrasie van kweekhuisgasse in die atmosfeer te stabiliseer op ʼn vlak wat gevaarlike inmenging deur mense op die klimaatstelsel sal voorkom. ✓✓ • Dit was gebaseer op vrywillige verlaging van CO2-vlakke. ʼn Gebrek aan sukses het gelei tot die ondertekening van die Kyoto-protokol in 1997, waarin die 186 ondertekenaars ooreengekom het oor ʼn stel bindende vrystellingsteikens vir ontwikkelde lande op 1990-vlakke (Die doel was om kweekhuisgasvrystellings teen 2012 met gemiddeld 5,2 % te verminder) ✓✓ • Dit is nie bereik nie en die Kyoto Protokol-ooreenkoms is nie by die COP 17 in Durban in 2011 hernu nie. ✓✓ • Benewens die ooreenkoms se spesifieke emissie teikens, het die ooreenkoms ook die volgende ingesluit: - Lande moet planne indien vir die vermindering van kweekhuisgasvrystellings en opdaterings verskaf oor die vordering om hul teikens te bereik. ✓✓ - ʼn Internasionale stelsel van handel in koolstofvrystellings sal begin word. ✓✓ - Geïndustrialiseerde lande kan krediete eis vir die verwydering van CO2 uit die atmosfeer deur aksies soos die aanplant en bestuur van woude en die verandering van boerderypraktyke. ✓✓ - Lande wat nie in 2012 hul eerste stel teikens bereik nie, sal gepenaliseer word. ✓✓ - Geïndustrialiseerde lande sal finansiële hulp aan ontwikkelende lande 16
Downloaded from hlayiso.com 10732/20 bied om hulle te help om aan te pas by klimaatsverandering en om nuwe skoon tegnologieë te bied. ✓✓ (Maks. 10 punte) (Aanvaar enige ander korrekte, relevante antwoord.) (Maks. 26 punte) INHOUD: BYKOMENDE DEEL ● Die mark word gedryf deur eiebelang, en daarom is volhoubare ontwikkeling nie altyd teenwoordig in ʼn vryemarkomgewing nie. ✓✓ ● Bedrywe/individue gebruik die omgewing tot hul eie voordeel, maar sonder om besorg te wees oor sosiale koste. ✓✓ ● Markverwante maatreëls is ontwerp om die prysmeganisme beter te benut. ✓✓ ● Dit is gebaseer op aansporings wat gehef word, of belasting op besoedelaars instel volgens die randwaarde van die skade wat hulle doen. ✓✓ ● Voorbeelde hiervan is brandstof- en voertuigbelasting (groen belastings), herwinning, opeenhopingsheffings, afval- en afvalstowwe en verhandelbare, vrystellingspermitte, soos: - Verhandelbare vrystellingspermitte word gebruik in ʼn omgewingsregulerende skema waar die bronne van die besoedeling gereguleer moet word, en permitte gegee moet word. ✓✓ - Met hierdie permitte kan besoedelaars ʼn bepaalde hoeveelheid besoedelende stof vrystel. ✓✓ - Die regering reik slegs ʼn beperkte aantal permitte uit, in ooreenstemming met die verlangde vlak van emissies. ✓✓ - Die eienaars van die permitte mag dit hou en die besoedelende stof vrylaat, of hul uitstoot verminder of die permitte verkoop. ✓✓ - Stortingskostes is ʼn praktyk wat deur munisipaliteite gebruik word, en dit behels die installering van ʼn fooiestruktuur vir die gebruik van snelweë, brûe of tonnels gedurende periodes met ʼn hoë gebruik, byvoorbeeld om openbare vervoer te gebruik, soos e-tol. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Maks. 10) SLOT In ʼn vrye mark word volhoubaarheid slegs bereik as pryse verhoog word omdat dit skaars is, maar die sosiale koste en voordele vir die samelewing moet ook oorweeg word. ✓✓ (Aanvaar enige hoërorde-gevolgtrekking.) (Maks. 2) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 TOTAAL 150 17

Verified matching documents

The question paper, memo or addendum that belongs with this document.

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Economics

Explore more published documents in this catalogue.

View all