Skip to content

Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2015 Question Paper (Afr)

Question paperEconomicsGrade 12201512 pages

Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2015 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2015 10732 EKONOMIE TWEEDE VRAESTEL PUNTE: 150 Bladsye 12 TYD: 2 uur 3 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 2 (Tweede Vraestel) 10732/15 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN EKONOMIE (Tweede Vraestel) TYD: 2 uur PUNTE: 150 INSTRUKSIES EN INLIGTING: 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:  AFDELING A: VERPLIGTEND  AFDELING B: Beantwoord TWEE van die DRIE vrae.  AFDELING C: Beantwoord EEN van die TWEE vrae. 2. Nommer die vrae volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik word. 3. Skryf die vraagnommer bokant elke antwoord. 4. Lees die vrae sorgvuldig en begin elke vraag op ʼn NUWE bladsy. 5. Los 2 – 3 lyne oop tussen onderafdelings van vrae. 6. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde korreleer met die vereistes van die vrae. 7. Beantwoord slegs die vereiste hoeveelheid vrae. As daar meer vrae beantwoord word sal dit NIE gemerk word nie. 8. Gebruik slegs blou of swart ink. 9. Nie-programmeerbare sakrekenaars mag gebruik word. 10. Skryf netjies en leesbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 3 (Tweede Vraestel) 10732/15 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 15 MINUTE 1.1 Verskeie keuses word gegee as moontlike antwoorde op die volgende vrae. Kies die korrekte antwoord en skryf net die letter (A – C) langs die vraagnommer (1.1.1 – 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer. 1.1.1 Die gemiddelde inkomste kurwe en die marginale inkomste kurwe in die volmaakte mark is dieselfde, want pryse ... A is dieselfde. B daal saam met uitsette. C styg saam met uitsette. 1.1.2 Die rede vir die implementering van ʼn mededingingsbeleid is om… A inflasie binne grense te hou. B die ontstaan van samesmeltings te reguleer. C diensleweringsproteste te vermy. 1.1.3 Die oligopolis is die… A Prysmaker. B Prysonderhandelaar. C Prysnemer. 1.1.4 Die mees waarskynlikste versperring tot toetrede vir firmas wat met besighede soos Mercedes of Microsoft wil meeding is... A Lisensiëringsprobleme. B Wetlike versperrings. C Tegniese voorsprong. 1.1.5 Die kansellasie van groot infrastruktuur projekte deur die regering, kan toegeskryf word op die toepassing van ... beleid A monetêre. B fiskale . C wisselkoers. 1.1.6 ʼn Skielike en onbeheerbare toename in pryse, word beskryf as ... inflasie A koste-druk B vraag-trek C hiper- b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 4 (Tweede Vraestel) 10732/15 1.1.7 Eko-toerisme verwys na toerisme aktiwiteite waar mense ... ervaar A kulturele en tradisionele gemeenskapsaktiwiteite. B die diverse natuurskoon van ʼn land. C aktiwiteite van ʼn spesifieke avontuurlike aard. 1.1.8 Klimaatsverandering en uitlaatgasse hou verband met ... A belasting op eiendomsreg. B aardverwarming. C positiewe eksternaliteite. 8x2=(16) 1.2 Kies ʼn BESKRYWING in KOLOM B wat pas by ʼn ITEM in KOLOM A. Skryf slegs die korrekte letter (A – I) langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.8) in die ANTWOORDBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Normale wins A Verbruik van ʼn produk kan nie beperk word tot net persone wat daarvoor betaal het nie 1.2.2 Duopolie 1.2.3 Volmaakte mark B Prysstygings wat weer verdere prysstygings veroorsaak 1.2.4 Nie-wedywering C ʼn Plek wat deur die Verenigde Nasies 1.2.5 Produksieprys- aangewys is vir sy kulturele of fisiese indeks belangrikheid 1.2.6 Inflasie-siklus D Koste wat deur die gemeenskap gedra word wat nie deur die markmeganisme 1.2.7 Wêrelderfenis- bepaal word nie gebied E Wanneer twee firmas die mark domineer 1.2.8 Eksterne koste F ʼn Mark soos die JEB (Johannesburgse effekte beurs) G Meet die inflasie by die punt van produksie H Minimum vlak van inkomste wat die eienaar van die besigheid benodig om in die mark te bly I Verbruik van ʼn produk deur een persoon, sal nie verhoed dat ander persone dit geniet nie 8x1=(8) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 5 (Tweede Vraestel) 10732/15 1.3 Identifiseer die BEGRIP in elk van die volgende stellings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.6) in jou ANTWOORDBOEK neer. 1.3.1 ʼn Situasie waar een firma in die nywerheid die prys bepaal vir die hele nywerheid 1.3.2 Die volhoubare gebruik en bestuur van natuurlike hulpbronne 1.3.3 Die instansie wat die kompetisietribunaal se bevele hersien en dit verander of bevestig 1.3.4 ʼn Meting van inflasie waar vlugtige pryse soos energie, kos en brandstof uitgesluit word 1.3.5 ʼn Prys wat hoër as die ewewigsprys/markprys bepaal word om produseerders ʼn geleentheid te bied om ʼn meer billike wins te maak 1.3.6 Die indeks wat die prys van ʼn vaste mandjie van verbruiksgoedere en dienste meet 6x1=(6) AFDELING A: 30 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 6 (Tweede Vraestel) 10732/15 AFDELING B Beantwoord TWEE van die drie vrae in die afdeling in jou ANTWOORDBOEK. VRAAG 2 MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 20 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae: 2.1.1 Noem TWEE voorbeelde van kunsmatige versperrings vir toetrede wat ʼn monopolis kan geniet. 2x1=(2) 2.1.2 Hoekom is dit belangrik vir die ekonomie om geallokeerde doeltreffendheid in ʼn volmaakte mededingende mark te bereik? 1x2=(2) 2.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Hoeveelheid 2.2.1 Watter markstruktuur word in die grafiek voorgestel? (1) 2.2.2 Wat word deur die donker area op die grafiek aangedui? (1) 2.2.3 Differensieer tussen die begrippe korttermyn en langtermyn. 2x2=(4) 2.2.4 Verduidelik die redes vir die skuif van die ekwilibrium punt vanaf E1 tot E2. 2x2= (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 7 (Tweede Vraestel) 10732/15 2.3 Bestudeer die illustrasie hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 1 2 3 4 Vertaling: kreupel staatsinstellings 2.3.1 Hoekom word die besighede hierbo beskryf as gebreklik (kreupel)? (2) 2.3.2 Hoe sal die SA Pos Diens (Prent 1) bydrae tot mark mislukkings? (2) 2.3.3 Identifiseer die parastaat wat voorgestel word in Prent 2 . (2) 2.3.4 Hoe word besighede geaffekteer deur Eskom se beurtkrag? (4) 2.4 Verduidelik die maatreëls wat deur die regering gebruik kan word om die herverdeling van inkomste te verbeter (8) 2.5 Hoekom is dit belangrik om die totale koste en totale voordele van ʼn ekonomiese projek te evalueer? 4x2=(8) [40] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 8 (Tweede Vraestel) 10732/15 VRAAG 3 KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 20 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae: 3.1.1 Noem TWEE doelwitte van toerisme. 2x1=(2) 3.1.2 Hoekom verskaf die regering omgewingsubsidies aan 1x2=(2) produsente? 3.2 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Marginaliseerdes Inflasie (Aangepas uit: cartoonstock.com) 3.2.1 Identifiseer die groep mense wat in die samelewing die meeste geaffekteer word deur vraag-trek inflasie. (1) 3.2.2 Val die inflasie koers wat aangedui word in die spotprent binne die raamwerk van die SARB? (1) 3.2.3 Wat is die boodskap van die spotprent? (2) 3.2.4 Wat is die hoof oorsaak van die tipe inflasie, soos aangedui in die spotprent hierbo? (2) 3.2.5 Hoe kan die fiskale beleid gebruik word om vraag-trek inflasie te bekamp? (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 9 (Tweede Vraestel) 10732/15 3.3 Bestudeer die sirkelgrafiek hieronder, en beantwoord die vrae wat volg. (Bron: Google: Effects of pollution on our health – South Africa) 3.3.1 Watter sektor het die minste by gedrae tot lugbesoedeling? (1) 3.3.2 Verskaf ʼn voorbeeld van lugbesoedeling veroorsaak deur vervoer. (1) 3.3.3 Verduidelik hoekom industrie die grootste oorsaak is van lugbesoedeling volgens die grafiek. (2) 3.3.4 Noem enige vorm van regerings inmenging wat lugbesoedeling kan verminder. (2) 3.3.5 Hoe kan ʼn verbetering in tegnologie lugbesoedeling verminder? 2x2=(4) 3.4 Bespreek die invloed van ʼn aaneenlopende toename in pryse op beleggers en spaarders. 4x2=(8) 3.5 Hoekom is inheemse kennis stelsels belangrik vir die Suid-Afrikaanse ekonmie? 4x2=(8) [40] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 10 (Tweede Vraestel) 10732/15 VRAAG 4 MIKRO-EKONOMIE & KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 20 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae: 4.1.1 Gee TWEE voorbeelde van besighede wat deel van ʼn monopolistiese mededingingsmark in jou area vorm. 2x1=(2) 4.1.2 Watter effek sal inflasie op krediteure hê? 1x2=(2) 4.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Positiewe Eksternaliteit 4.2.1 Identifiseer die area in die grafiek waar eksterne voordele verkry word van die verbruik van ʼn produk. (1) 4.2.2 Gee een voorbeeld van ʼn produk wat ʼn positiewe eksternaliteit veroorsaak. (1) 4.2.3 Verduidelik die begrip eksternaliteit. (2) 4.2.4 Watter hoeveelheid sal geproduseer word as die markkragte die enigste rolspeler was? (2) 4.2.5 Verduidelik hoe die eksternaliteit ʼn ondoeltreffende allokasie van hulpbronne veroorsaak. 2x2=(4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 11 (Tweede Vraestel) 10732/15 4.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Suid-Afrika se toerisme moet sy fokus weg van Europa af verskuif, sê Toerisme Suid-Afrika. Suid-Afrika sal toenemend nuwe toerisme geleenthede soek in Indië, China, Brasilië en elders in Afrika as die ekonomiese afswaai in die Eurosone besteebare inkomste in Europa bly daal, sê Toerisme Suid-Afrika. Toeriste wat Suid-Afrika besoek van die “BRIC” lande het vir 330834 van die 9.2 miljoen internasionale toeriste in 2012 getel. Totale buitelandse besoekers het met 10.2% toegeneem van die vorige jaar se 8.3 miljoen. Europa het 1.4 miljoen toeriste na Suid-Afrika gelewer in 2012, ʼn toename van 9.5% oor die vorige jaar. SA toerisme se voorsitter, Frank Kilbourn het in sy jaarlikse verslag Dinsdag in die parlement gesê die verwagting vir groei in die ontluikende markte was “groot” “Wêreldwyd is daar aangehoue afname in besteebare inkomste en onsekerheid oor die globale ekonomiese herstel, wat ʼn demper plaas op toerisme van veral VSA en Europa. Ons is bewus van die behoefte om toenemend op die uitkyk te wees vir ander geleenthede” Bron: Business Day Live (vertaal) 03 September 2013(http://www.bdlive.co.za /business/transport/ 2013/09/03/sas-tourism-focus) 4.3.1 Identifiseer die rede vir die stadige groei in toerisme vanaf Europa en die VSA. (1) 4.3.2 Noem die instansie in die openbare sektor wat in vennootskap is met die Departement van Toerisme. (1) 4.3.3 Wat is die betekenis van die woord Eurosone? (2) 4.3.4 Hoekom dink jy is daar ʼn sterk fokus op opkomende markte by die toerisme beamptes? (2) 4.3.5 Hoe kan toerisme tot voordeel wees vir die armes, volgens jou opinie?. (4) 4.4 Verduidelik onvolmaakte mededinging en de-meriete (onverdienstelike) goedere as redes vir mark mislukkings. 4x2=(8) 4.5 Deur gebruik te maak van totale inkomste en totale koste kurwes, verduidelik wins maksimerings onder volmaakte omstandighede. 4x2=(8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 12 (Tweede Vraestel) 10732/15 AFDELING C Beantwoord EEN van die twee vrae in jou ANTWOORDBOEK. STRUKTUUR VAN OPSTEL: Punte toekenning: Inleiding Maks. 2 Inhoud:  Hoofdeel: Verduidelik in diepte, bespreek volledig, bespreek Maks. 26 krities, onderskei, vergelyk, onderskei, differensieer/evalueer, bespreek, analiseer, assesseer.  Addisionele deel: Gebruik, skets, teken ʼn grafiek, diagram/ Maks. 10 aflei, riglyne, eie opinie, krities evalueer, evalueer, skets en verduidelik, gebruik grafiek en verduidelik, bereken, vergelyk, verduidelik, onderskei, interpreteer, verduidelik kortliks, hoe, stel voor, gebruik informasie en argumenteer, debatteer/evalueer Gevolgtrekking Maks. 2 Totaal 40 VRAAG 5 MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 20 MINUTE “De Beers speel ʼn leidende rol in diamanteksplorasie, ontginning, verhandeling, kleinhandel en in die industriële diamantvervaardiging-sektore.”  Bespreek die kenmerke van ʼn monopolie as ʼn markstruktuur. (26 punte)  Evalueer die langtermyn wins maksimering posisies van die volmaakte en monopolistiese mark, deur net gebruik te maak van grafieke. (10 punte) [40] VRAAG 6 KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 20 MINUTE “Die omgewing is onder druk want mense verwag meer van die natuur as wat die natuur kan verskaf op die langtermyn.”  Bespreek die huidige stand van die omgewing met verwysing na bewaring en konservasie. (26 punte)  Evalueer die sukses van die groot internasionale konvensies op omgewings volhoubaarheid. (10 punte) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 EINDE

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all