You're offline
Skip to content
Memorandum

ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Subject: EconomicsGrade 12202422 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2024 EKONOMIE V1 NASIENRIGLYN PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 22 bladsye. Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 2 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2024) AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 1.1.1 C – geïnduseerde verbruik  1.1.2 A – reële sakesiklus  1.1.3 D – plaaslike  1.1.4 D – handelsbalans  1.1.5 B – fisiese beheer  1.1.6 A – per kapita inkomste  1.1.7 C – Gesamentlike Inisiatief vir die Verwerking van Voorkeur- vaardighede  1.1.8 B – Produsentprys-indeks  (8 x 2) (16) 1.2 PAS-ITEMS 1.2.1 E – ʼn stelsel van internasionale riglyne om inligting in ekonomiese ontleding en inligting oor makro- ekonomiese beleid te verskaf 1.2.2 I – ʼn aanbodkant-beleid wat skommelinge in die ekonomie gladstryk 1.2.3 A – oordrag van funksies en eienaarskap van die privaatsektor na die openbare sektor 1.2.4 G – finansierings-instrument onder lidlande van die Internasionale Monetêre Fonds versprei 1.2.5 H – die verwydering van wette, regulasies en by-wette deur die regering 1.2.6 B – ʼn landswye regeringsingryping om werk deur arbeidsintensiewe metodes te skep 1.2.7 D – ʼn landstreek wat ʼn deurgang vorm wat deel van streeksontwikkeling is 1.2.8 F – die aantal jare wat ʼn persoon kan leef gebaseer op statistiese gemiddeldes (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) EKONOMIE V1 3 1.3 GEE EEN TERM 1.3.1 Bruto Nasionale Produk  1.3.2 Lengte  1.3.3 Lafferkurwe  1.3.4 Uitvoerbevordering  1.3.5 Noord-Suid verdeling  1.3.6 Ruimtelike-Ontwikkelings-Inisiatiewe  (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 4 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2024) AFDELING B Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 2.1 2.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van indirekte belasting. • Belasting op Toegevoegde Waarde (BTW)  • Aksynsregte/sonde-belasting  • Doeane-belasting/Invoerbelasting/tariewe  • Brandstofheffing  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (Enige 2 x 1) (2) 2.1.2 Waarom is dit nodig om ʼn oorverhitte ekonomie te demp (buitensporige groei)? • ʼn Oorverhitte ekonomie veroorsaak ʼn tekort in die voorsiening van goedere en dienste en lei tot inflasie.  • Die waarde van die rand kan sterk raak, en dit kan tot ʼn daling in uitvoere lei.  • Hulpbronne kan uitgeput raak as besighede besluit om produksie as gevolg van vraag te verhoog.  Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (Enige 1 x 2) (2) 2.2 DATARESPONS 2.2.1 Identifiseer ʼn letter wat geldbesteding op kapitale goedere verteenwoordig vanuit die grafiek. • I (1 x 1) (1) 2.2.2 Noem die tipe ekonomie wat deur die diagram hierbo uitgebeeld word. • Oop-ekonomie  (1 x 1) (1) 2.2.3 Verduidelik die term vermenigvuldiger. ʼn Aanvanklike styging in besteding (inspuiting) lewer ʼn meer as proporsionele toename in nasionale inkomste.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2) 2.2.4 Verduidelik die negatiewe effek van ʼn styging in invoere besteding op die grootte van die vermenigvuldiger. ʼn Toename in besteding aan invoere sal die grootte van die vermenigvuldiger verminder; namate meer geld uit die land vloei (lekkasies), verminder plaaslike verbruik (mvg).  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 2.2.5 Gebruik die formule K = ∆Y/∆J om die waarde van die vermenigvuldiger te bereken uit die scenario hierbo. Toon ALLE berekeninge. K = [200 – 100]  ÷ [80 – 40]  = 2,5  • (Maksimum 1 punt vir antwoord alleen.) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) EKONOMIE V1 5 2.3 DATARESPONS 2.3.1 Identifiseer EEN parastataal vanuit die uittreksel hierbo. • Eskom  • Transnet  (Enige 1 x 1) (1) 2.3.2 Noem ʼn kenmerk van openbare sektor mislukking. • Ondoeltreffendheid  • Onbekwaamheid  (Enige 1 x 1) (1) 2.3.3 Verduidelik die term openbare sektor mislukking. Openbare sektor mislukking vind plaas wanneer die openbare sektor nie daarin slaag om die beskikbare hulpbronne effektief en optimaal te bestuur nie / Vind plaas wanneer regeringsingryping nie die gewenste uitkoms bereik nie, of selfs die bestaande ekonomiese situasie vererger.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2) 2.3.4 Verduidelik die impak van korrupsie op volle indiensneming as ʼn makro-ekonomiese objektief. • Korrupsie verminder die effektiwiteit van openbare investering wat tot ʼn daling in werkskepping lei.  • Aangesien maatskappye verliese ervaar as gevolg van korrupsie en bedrog, kan sommige werkers dalk afgelê word.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2) 2.3.5 Hoe kan onbevoegdheid in staatsondernemings dienslewering beïnvloed? • Onbevoegdheid deur SBO’s vertraag dienslewering en lei tot onreëlmatige dienslewering (SAL en ESKOM).  • Fondse wat vir dienslewering toegeken word, word nie reg bestee nie weens ʼn gebrek aan kapasiteit.  • SBO’s werknemers het dalk onvoldoende opleiding en ervaring wat tot verkeerde besluite en lae produktiwiteit lei.  • Dit kan lei tot minder wins verdien en daarom is dienslewering baie stadig.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 6 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2024) 2.4 Verduidelik kortliks die verhouding tussen die finansiële sektor en die ander deelnemers in die ekonomiese kringloop-model. • Finansiële sektor voorsien lenings aan ander deelnemers van die ekonomiese kringloop.  • Kommersiële banke aanvaar deposito’s van geld van huishoudings as spaargeld.  • Die finansiële sektor leen geld in die vorm van lenings aan vervaardigers wat dit benodig om uit te brei.  • Huishoudings kan geld leen van finansiële instellings om goedere en dienste te koop.  • Regeringsinstansies soos staatsbeheerde besighede en plaaslike munisipaliteite kan spaar of hulle surplus fondse by finansiële instellings investeer/belê.  • Finansiële instellings soos kommersiële banke en versekerings- maatskappye betaal belasting aan die regering.  • Die regering kan geld by verskillende finansiële instellings leen.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 4 x 2) (8) 2.5 Hoe kan eksogene faktore ekonomiese skommelinge veroorsaak (sakesiklusse)? • Uitbreidingsbeleide soos vermindering in belasting en rentekoerse stimuleer totale vraag wat die produksie van goedere en dienste sal verhoog.  • Toename in geldvoorraad en staatsbesteding stimuleer wat ʼn uitbreiding in ekonomiese aktiwiteit sal veroorsaak  • Strukturele veranderinge soos toename in die bydrae van die sekondêre of tersiêre sektor tot die BBP kan produksiepatrone verander, en die vlak van ekonomiese aktiwiteit vergroot.  • Tegnologiese verandering lei tot groot beleggings in die produksie van nuwe produkte wat ʼn uitbreiding in ekonomiese aktiwiteite veroorsaak  • Willekeurige skokke soos verandering in die regerende party of burgeroorlog kan veroorsaak dat besighede en huishoudings pessimisties is en sodoende die vlak van aktiwiteit verlaag  • ʼn Drastiese styging in internasionale oliepryse kan die koste van produksie verhoog wat die vlak van ekonomiese aktiwiteite sal laat krimp  • Natuurrampe soos droogtes en vloede kan infrastruktuur vernietig wat ʼn inkrimping in ekonomieë aktiwiteit kan veroorsaak  • Klimaatsverandering en aardverwarming verminder primêre sektor produksie, vertraag ekonomiese groei  van die ekonomie wat ook die produksie van goedere en dienste fasiliteer  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) LET WEL: ʼn Maksimum van 2 punte vir die opnoem van feite moet toegeken word. (Enige 4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) EKONOMIE V1 7 VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 3.1 3.1.1 Noem enige TWEE vorms van ekonomiese integrasie. • Doeane-unie  • Gemeenskapsmark  • Ekonomiese unie  • Monetêre unie  • Vryhandel-gebied  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 2 x 1) (2) 3.1.2 Hoe kan die ekonomie sy produktiwiteit verhoog? • Verbeterings in arbeidsgehalte, insluitend bestuurs- doeltreffendheid deur onderwys en opleiding, kan produktiwiteit ʼn hupstoot gee  • Die gebruik van beter en verbeterde tegnologie wat besighede in staat stel om meer te produseer met dieselfde hoeveelheid arbeid en kapitaal.  • Die toekenning van befondsing om navorsing en ontwikkeling te bevorder.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 1 x 2) (2) 3.2 DATARESPONS 3.2.1 Identifiseer EEN nuwe lidland van BRICS. • Saoedi-Arabië  • Egipte  • Verenigde Arabiese Emirate (VAE)  • Iran  • Ethiopië  (Enige 1 x 1) (1) 3.2.2 Noem die handelsooreenkoms (protokol) tussen die Verenigde State en sub-Sahara Afrika-lande. Die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika (AGOA)  (1 x 1) (1) 3.2.3 Verduidelik kortliks die term handelsprotokol. Handelsprotokol is ʼn reël of riglyn wat van toepassing op lidlande is.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2) 3.2.4 Verduidelik die hoofdoelwitte van BRICS. • Om ekonomiese samewerking en handel tussen die lidlande te verbeter  • Om volhoubare ontwikkeling en inklusiewe groei te bevorder  • Om politieke samewerking en wedersydse begrip tussen lidlande te fasiliteer  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 8 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2024) 3.2.5 Hoe kan vryhandel die ekonomie benadeel? • Mededinging met buitelandse uitvoere kan plaaslike werkloosheid en besigheidsmislukkings veroorsaak.  • Nywerhede kan verskuif na gebiede met toegeeflike regulasies en wetgewings, wat omgewingskade of beledigende arbeidspraktyke veroorsaak  • Lande kan afhanklik raak van globale markte vir sleutelgoedere wat hulle in ʼn strategiese nadeel in tye van krisis laat.  • Ontwikkelde lande/nasies verwag van ontwikkelende lande om hul handelsversperrings te verwyder, sonder dat (ontwikkelde lande) dieselfde doen  • Monopolieë kan geskep word wat pryse en handelstoestande bepaal  • Die vermindering van belastinginkomste as gevolg van die verwydering van tariewe  • Stygende produksievlakke kan tot grootskaalse besoedeling lei  • Ontwikkelde lande implementeer streng sanitêre en gesondheidstandaarde vir goedere uit ontwikkelde lande  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 2 x 2) (4) 3.3 DATARESPONS 3.3.1 Identifiseer die ekonomiese aanwyser uit die tabel wat met buitelandse handel verband hou. Wisselkoers  (1) 3.3.2 Noem EEN geldvoorraadaanwyser. • M1  • M2  • M3  (Enige 1 x 1) (1) 3.3.3 Verduidelik kortliks die term werkloosheidskoers. Die werkloosheidskoers word gedefinieer as die persentasie werkloosheidswerkers in die totale arbeidsmag.  (Aanvaar enige relevante korrekte antwoord.) (1 x 2) (2) 3.3.4 Verduidelik die belangrikheid om die prestasie van die ekonomie te meet. • Om te kyk hoe die ekonomie van tyd tot tyd vaar  • Om ingeligte besluite te neem en toekomstige ekonomiese beleide te bepaal  • Om te wys of teikens bereik is  • Om toestande tussen gebiede en verskillende tydperke te vergelyk  • Om soortgelyke syfers met die van ander lande te vergelyk en vir ons die relatiewe prestasie te vertel  • Om die sakegemeenskap te help om die gebruik van VPI te verstaan om hul stygings op pryse te baseer  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) EKONOMIE V1 9 3.3.5 Ondersoek die rol van internasionale instellings in die standaardisering van ʼn land se aanwysers. • Die internasionale instellings betrokke in standaardisering is die Internasionale Monetêre Fonds, die Wêreldbank en Verenigde Nasies  • Oorbruggingsfinansiering vir betalingsbalanstekorte word deur die IMF betaal as die betalingsbalans volgens hul vereistes saamgestel word.  • Die IMF fokus op staatsfinansiering oor openbare finansies, rekeningkunde en baseer hul voorspellings slegs op transaksies wat wel plaasgevind het en wat na verwagting sal gebeur.  • Die Wêreldbank is verantwoordelik vir ontwikkelingshulp en is die wêreld se grootste bron van finansiële bystand.  • Die Verenigde Nasies is verantwoordelik vir kinderhulp deur UNICEF  • Die Verenigde Nasies skryf die gebruik van die Stelsel op Nasionale Rekeninge in die saamstelling van produksie-, inkomste- en bestedingsrekeninge voor.  • Ekonomiese en sosiale aanwysers is belangrik vir internasionale hulp en befondsingsorganisasies wat spesifikasies nodig het van hoe om dit te voltooi.  • Voordeel mag nie aan lande gegee word as hul aanwysers nie beskikbaar is nie, nie in ooreenstemming met die instelling se vereistes is nie, of nie prestasies toon wat ʼn lid vir hulp of befondsing kwalifiseer nie  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 10 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2024) 3.4 Verduidelik kortliks die voordele van invoervervanging. • Verhoogde indiensneming – plaaslike werkers, eerder as buitelandse werkers word in diens geneem om die goedere en dienste te produseer wat buitelandse goedere kan vervang.  • Meer keuses – omdat goedere nie meer ingevoer word nie, maar plaaslik geproduseer word, kan die buitelandse valuta wat beskikbaar word vir ander invoere gebruik word en sodoende die keuses wat aan verbruikers beskikbaar gestel word, verhoog  • Diversifikasie – deur meer goedere plaaslik te produseer, vergroot die verskeidenheid beskikbare goedere  • Die land is minder kwesbaar vir buitelandse optrede en toestande.  • Moedig industriële groei en ontwikkeling aan  • Minder invoere het ʼn positiewe uitwerking op die betalingsbalans.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) LET WEL: Ken ʼn maksimum van 4 punte vir blote opnoem van feite toe. (Enige 4 x 2) (8) 3.5 Hoe kan spesiale ekonomiese sones (SES) tot die uitbreiding van die Suid-Afrikaanse ekonomie bydra? SES dra by tot die uitbreiding van die Suid-Afrikaanse ekonomie deur: • Nuwe besigheid/beleggings te lok.  • Besighede by te staan wat nuwe produklyne vestig en hul bedrywighede uitbrei  • Meer werk vir mense in hul omgewings te skep.  • Verhoog produktiwiteit en ekonomiese groei  • Bevorder meer effektiewe gebruik van hulpbronne.  • Fokus op beide plaaslike produksie en uitvoere.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) LET WEL: Ken ʼn maksimum van 4 punte vir blote opnoem van feite toe. (Enige 4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) EKONOMIE V1 11 VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES 4.1 4.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van NOSs in Suid-Afrika. • Coega NOS  • Oos-Londen NOS  • Gauteng NOS  • Mafikeng NOS  • Richardsbaai NOS  • Saldanha NOS  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 2 x 1) (2) 4.1.2 Hoe beïnvloed prysveranderinge die monetêre vloei in die ekonomiese kringloop? • ʼn Afname in die pryse van goedere en dienste sal tot ʼn toename in vraag lei, wat geld verhoog in die sirkulêre vloei as betaling vir goedere en dienste en besteding tussen die deelnemers.  • ʼn Verhoging in die pryse van goedere en dienste sal geld wat tussen die deelnemers vloei (as betaling vir goedere en dienste), verminder, namate die vraag na goedere en dienste afneem.  • As die prys van arbeid (lone) styg, sal dit die vloei van geld in die sirkulêre vloei verhoog namate die vraag toeneem as gevolg van verhoogde inkomste (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 1 x 2) (2) 4.2 DATARESPONS 4.2.1 Identifiseer ʼn voorbeeld van leidende aanwysers uit die inligting hierbo. Gemiddelde ure gewerk  (1 x 1) (1) 4.2.2 Noem die tipe sakesiklus wat tussen 15–20 jaar duur. Kuznets  (1 x 1) (1) 4.2.3 Verduidelik kortliks die term saamgestelde aanwyser. ʼn Saamgestelde aanwyser word gevorm wanneer individuele aanwysers in ʼn enkele mark saamgestel word.  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2) 4.2.4 Verduidelik samevallende aanwysers as ʼn kenmerk wat in die vooruitskatting van sakesiklusse gebruik word. • Samevallende aanwysers verskaf inligting oor die huidige situasie van die ekonomie.  • Hulle verander op dieselfde tyd as die ekonomie.  • Hulle bereik ʼn hoogtepunt op dieselfde tyd as die sakesiklus en bereik ʼn trog op dieselfde tyd as die sakesiklus.  • Voorbeelde van samevallend aanwysers is die reële BBP en geregistreerde werkloses.  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (Enige 1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 12 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2024) 4.2.5 Waarom gebruik ekonome die bewegende gemiddeldes in die analisering van ekonomiese tendense? Ekonome gebruik die bewegende gemiddelde: • As ʼn instrument om veranderinge wat in ʼn reeks data oor ʼn tydperk plaasvind, te ontleed ✓✓ • As ʼn berekening om klein skommelinge uit te stryk en neigings in die sakesiklus te openbaar ✓✓ • Om ʼn duideliker beeld te kry van die algemene tendense in die sakesiklus deur berekeninge wat uit data bepaal word ✓✓ • As ʼn toepaslike metode uit vorige data nie beskikbaar is nie, en wanneer langtermyn voorspelling gedoen word. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 2 x 2) (4) 4.3 DATARESPONS 4.3.1 Identifiseer ʼn nywerheidsontwikkelingsbeleid uit die inligting hierbo • NBAP  • NNBR (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 1 x 1) (1) 4.3.2 Noem EEN aansporing wat die Suid-Afrikaanse regering gebruik om nywerheidsontwikkeling aan te moedig. • Kleinsake-ondersteuningsprogram • SEDA Tegnologie Program (STP)  • Vaardigheidsondersteuning Program (VOP)  • Kritiese infrastruktuurfasiliteite  • Doeanevry aansporings  • Buitelandse Beleggings inisiatiewe/aansporings  • Strategiese Beleggingsprogram  • Dienste aan sakeprosesse  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 1 x 1) (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die term nywerheidsontwikkeling. Verwys na beleide wat gemik is op die aanmoediging van nywerheidsinvestering en groter nywerheidsdoeltreffendheid / Regeringswette of regulasies wat daarop gemik is om maatreëls te ontwikkel om nywerheidsbedrywighede te verbeter of investering in nywerheid aan te moedig.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2) 4.3.4 Verduidelik mededinging as een van die algemene kriteria vir streeksontwikkeling. Mededingend vereis dat nywerhede en besighede wat gestig is as gevolg van streeksbeleide nie deurlopend finansiële hulp van die regering moet benodig nie.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) EKONOMIE V1 13 4.3.5 Hoe kan Geïntegreerde Vervaardigingsstrategie (GVS) industrialisasie in Suid-Afrika bevorder? • GVS fokus op die verbetering van die mededingendheid van vervaardigingsondernemings deur die verbetering van infrastruktuur soos energie, kommunikasie en vervoer.  • Die strategie is daarop gemik om dwarsliggende kwessies te verbeter deur ʼn reeks faktore soos tegnologie, innovasie en menslike hulpbronne te ondersoek.  • Toegang tot finansiering word verbeter deur die voorsiening van befondsing vir die ontwikkeling van nywerhede  • GVS behels die opgradering van menslike hulpbronne deur vaardigheidsontwikkelingprogramme om arbeidsproduktiwiteit en die kwaliteit van goedere en dienste te verbeter  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 2 x 2) (4) 4.4 Onderskei tussen die Mediumtermyn-bestedingsraamwerk (MTBR) en die Mediumtermyn Begrotingsbeleid-raamwerk (MTBBR). MTBR • ʼn Plan van geraamde inkomste en uitgawes wat ʼn tydperk van drie jaar strek  • Dit dien om die vlak van deursigtigheid oor sake van die staatsbegroting te verhoog  • Dit fasiliteer langtermynbeplanning sodat departemente elke drie jaar seker kan wees van beleids- en befondsingskwessies  (Mak. 4) MTBBR • Die staat wat in Oktober van elke jaar aangebied word om ʼn prentjie te gee van die volgende jaar se jaarlikse begroting in Februarie  • Dit verskaf die regeringsbeoordeling van die ekonomie, die begrotingsprioriteite en die verdeling van inkomste  • Dit is gebaseer op die Medium Termyn Bestedingsraamwerk  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (Aanvaar ʼn maksimum van 4 punte vir die blote opnoem van feite.) (Mak. 4) (4 + 4) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 14 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2024) 4.5 Analiseer gesondheid as ʼn sosiale aanwyser. • Kindersterftes  o Die aantal kinders wat voor eenjarige ouderdom sterf, is een manier om die gesondheid van die bevolking te meet  o Kindersterftes is aansienlik hoër in arm huishoudings.  • Jonger as vyf jaar sterftesyfer  o Die aantal kinders wat voor die vyfjarige ouderdom sterf  o Die aantal kinders wat onder die ouderdom van vyf jaar sterf is steeds baie hoog, weens faktore soos nalatigheid, gebrek aan fasiliteite en personeel  • Gesondheidsbesteding  o Dit word gemeet in terme van die bedrag van openbare en private besteding aan gesondheidsorg as ʼn persentasie van die BBP (gesondheidsorg ontvang die tweede grootste begrotingstoekenning vir sy dienste).  o Gesondheidsorg het uiters positiewe eksternaliteite aangesien ʼn groter deel van die bevolking nou toegang tot basiese gesondheidsorg het  o Die toekenning van gesondheidsorg uitgawes is nie voldoende in alle provinsies nie en ʼn uiterse tekort aan toerusting en personeel word in verskeie hospitale ervaar  • Toegang tot skoon drinkwater  o Dit is maatreëls in terme van die persentasie van die bevolking wat redelike toegang tot veilige drinkwater het (behandel of onbesmet).  o Sommige gebiede van die land ervaar erge droogtes, en ʼn tekort aan skoon water in skole en hospitale  o Die Departement van Waterwese het baie waterverligtingskemas gebou, veral in skole en landelike gemeenskappe.  • Toegang tot sanitêre fasiliteite  o Dit word gemeet in terme van die persentasie van ʼn bevolking met ten minste voldoende sanitasie-fasiliteite wat mens/dier/insekte kontak effektief kan voorkom.  o ʼn Gesonde bevolking bespaar op mediese en ander koste, lewer inkomste en dra tot ʼn sterker ekonomie by.  o Die landelike gemeenskappe(skole) ervaar steeds ʼn gebrek aan sanitasiegeriewe (soos die gebruik van die ou-put toiletstelle, ens.).  (Mak 2 punte vir die blote opnoem van feite en voorbeelde.) (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) EKONOMIE V1 15 AFDELING C VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE • Bespreek in detail die redes vir internasionale handel. (26 punte) • Hoe kan verandering in ruilvoet die Suid-Afrikaanse ekonomie beïnvloed? (10 punte) INLEIDING Internasionale handel gee verbruikers en lande die geleentheid om blootgestel te word aan goedere en dienste wat nie in hul eie lande beskikbaar is nie, of wat binnelands duurder sou wees  / Internasionale handel is die ruil van goedere en dienste oor internasionale grense.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding.) (2) HOOFDEEL Vraagredes  Die vraag na goedere en dienste word beïnvloed deur: Die grootte van die bevolking  • As daar ʼn toename in bevolkingsgroei is, veroorsaak dit ʼn toename in vraag, omdat meer mense se behoeftes bevredig moet word  • As ʼn land nie genoeg goedere en dienste het nie, moet dit van ander lande ingevoer word aangesien plaaslike verskaffers dalk nie aan hierdie vraag kan voldoen nie  Inkomstevlakke  • Veranderinge in inkomste veroorsaak ʼn verandering in die vraag na goedere en dienste.  • ʼn Toename in die per kapita inkomste van mense in ʼn land lei tot hoër besteebare inkomste wat aan goedere en dienste bestee kan word, waarvan sommige ingevoer moet word.  • Hierdie verhoogde vraag moet bevredig word en as daar nie genoeg goedere en dienste in die land is nie, moet goedere en dienste ingevoer word.  ʼn Styging in die welvaart van die bevolking  • ʼn Styging in welvaart van die bevolking lei tot ʼn groter vraag na goedere • Mense het meer toegang tot lenings en kan meer en groter op luukse goedere bestee, waarvan baie in ander lande geproduseer word.  • As ʼn land nie self hierdie luukse en hoogs tegnologiese produkte kan verskaf nie, moet sulke goedere ingevoer word.  • Hierdie faktore is gunstig vir ontwikkelde lande, maar nie vir ontwikkelende lande nie.  • Ontwikkelde lande baat meer by internasionale handel as ontwikkelende lande  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 16 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2024) Persoonlike smaak en voorkeure  • Persoonlike smaak en voorkeure speel ʼn belangrike rol in die bepaling van pryse, bv. verbruikers in Australië het ʼn voorkeur vir ʼn spesifieke produk wat hulle nie plaaslik kan produseer nie, en dus moet hulle invoer, en dit sal ʼn hoër waarde hê as in ander lande.  Die verskil in verbruikspatrone  • Die vlak van ekonomiese ontwikkeling in ʼn land bepaal verbruikerspatrone.  • Die verbruikspatrone van ontwikkelde lande sal van die van ontwikkelende lande verskil.  • Byvoorbeeld, swak ontwikkelende lande het ʼn hoë vraag na basiese goedere en dienste, maar kleiner vraag na luukse goedere.  • Die behoefte aan basiese benodighede, soos voedsel in ontwikkelende lande, kan daartoe lei dat meer benodighede goedere ingevoer word.  Aanbodredes  Natuurlike hulpbronne • Natuurlike hulpbronne is nie eweredig tussen alle lande versprei nie.  • Dit verskil van land tot land en kan slegs ontgin word in plekke waar daardie hulpbronne voorkom  • Elke land het sy eie unieke mengsel van natuurlike hulpbronne wat hulle in staat stel om sekere goedere en dienste meer effektief en teen ʼn relatief laer prys te produseer.  • Byvoorbeeld, Suid-Afrika se goud- en diamantbronne het ons ʼn voordeel gegee in die produksie van goud en diamante.  • Suid-Afrika is goed toegerus met verskillende natuurlike hulpbronne, maar het minder hulpbronne met geskoolde arbeid en kapitaal.  • Japan en Ierland wat ʼn oorvloed van geskoolde arbeid het, maar hulle het ʼn gebrek aan natuurlike hulpbronne.  Klimaattoestande  • Verskille in klimaatstoestande tussen lande maak dit vir sekere lande moontlik om goedere teen ʼn laer prys as ander lande te produseer.  • Baie gewasse kan slegs in sekere klimaatstoestande in sekere gebiede en sekere soorte grond verbrou word  • Lande met gunstige klimaatstoestande maak dit ander moontlik om sekere goedere teen ʼn laer prys te produseer.  • Byvoorbeeld Brasilië, wat die wêreld se grootste produsent van koffie is.  Arbeidsbronne  • Arbeid verskil tussen verskillende lande in terme van vaardighede, kennis, opleiding, kwaliteit, kwantiteit en ook koste.  • Sommige lande het hoogs geskoolde, goedbetaalde werkers met hoë produktiwiteitsvlakke bv., Switserland (horlosie-vervaardiging).  • Dit stel hulle in staat om goedere en dienste teen laer pryse te produseer as wat dit deur ander lande geproduseer kan word.  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) EKONOMIE V1 17 Tegnologiese hulpbronne  • Die ontwikkelingsvlak en innovasie prosesse van ʼn land sal altyd verskil en gevolglik kan ander lande dit in oorvloed hê, terwyl ander nie  • Lande soos Duitsland en die VSA is in staat om kapitaal te gebruik wat hoë vlakke van tegnologie vereis, terwyl ander lande nie toegang tot die nuutste tegnologie het nie, soos basiese internetdienste en gesondheidsorg.  • Daardie lande wat ʼn hoë tegnologiese arbeidskragte het, is in staat om sekere goedere en dienste teen ʼn lae koste te produseer, soos die ontwikkelde lande.  Spesialisasie  • Sommige lande spesialiseer in die produksie van sekere goedere en dienste  • Spesialiseer in die produksie van ʼn sekere goed of diens, stel dit ʼn land in staat om voordeel te trek uit skaalvoordele en kan dus ʼn goed teen ʼn vergelykende eenheidskoste voordeel produseer  • Byvoorbeeld, Japan spesialiseer in die produksie van sekere elektroniese goedere en verkoop dit teen ʼn laer prys as wat dit in ander lande geproduseer kan word.  • Dit lei dikwels tot massaproduksie as gevolg van arbeidsverdeling, outomatisering en meganisasie  • Kosteverskille vind plaas omdat goedere en dienste teen laer koste in een land as ʼn ander land geproduseer word kan word, as gevolg van die teorie van vergelykende voordeel.  • Meeste van hierdie surplusproduksie word na ander lande uitgevoer en die inkomste verdien wat gebruik word uit hierdie uitvoere kan gebruik word om hul invoere te finansier  Kapitaal  • Kapitaal kan nie so maklik in sekere lande as in ander lande verkry word nie.  • Ontwikkelde lande het ʼn voordeel bo ontwikkelende lande.  • As gevolg van die gebrek aan kapitaal kan sekere lande nie self al die goedere wat hulle benodig produseer nie, of hulle geniet nie die gunstige toestande soos in ander lande nie.  • In sommige lande moet hulle hul nywerhede en ekonomieë met gevorderde masjinerie en toerusting moderniseer, maar kan nie hierdie toerusting vervaardig nie, want hulle het nie die kapitaal om dit te doen nie.  • Hierdie faktor het dus die behoefte aan internasionale handel verhoog .  Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (Maksimum van 8 punte vir opskrifte, lys van feite en voorbeelde.) (Ken ʼn maksimum van 13 punte vir bespreking van een hoofrede toe.) (Mak. 26 punte) (26) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 18 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2024) ADDISIONALE DEEL Hoe kan ʼn verandering in ruilvoet die Suid-Afrikaanse ekonomie beïnvloed? • ʼn Verbetering in die ruilvoet kom as gevolg van ʼn styging in uitvoerpryse of ʼn afname in invoerpryse  • ʼn Verhoging in uitvoerpryse sal ekonomiese welvaart op die korttermyn verhoog, aangesien meer inkomste verdien word met dieselfde/minder uitgawes en invoere  • ʼn Afname in invoerpryse sal op die korttermyn minder uitgawes of minder betalings op invoer tot gevolg hê  • Hoër uitvoerverdienste en laer invoerbetalings kan die tekort op die betalingsbalans op die korttermyn verminder  • Minder hulpbronne sou gebruik word om uitvoere te produseer om vir invoere te betaal  • Die vraag na Suid-Afrikaanse uitvoere kan op die langtermyn as gevolg van hoë pryse daal  • ʼn Daling in die ruilvoet kom as gevolg van ʼn daling in die uitvoerpryse of/en ʼn styging in invoerpryse.  • ʼn Afname in uitvoerpryse sal ekonomiese welvaart op korttermyn verlaag, aangesien minder inkomste verdien word met dieselfde/minder uitgawes aan invoere.  • ʼn Verhoging in invoerpryse sal op die korttermyn meer uitgawes of meer betalings op invoere tot gevolg hê  • Laer uitvoer verdienste en hoër invoerbetalings kan die betalingsbalanstekort op die korttermyn verhoog  • Meer hulpbronne sal gebruik word om uitvoere te produseer as vir die betaling vir invoere  • Die vraag na Suid-Afrikaanse uitvoere kan op die langtermyn toeneem as gevolg van laer pryse.  (Aanvaar enige korrekte relevante korrekte antwoord.) (Ken ʼn maksimum van 2 punte vir die lys van feite toe.) (Maks. 10) (10) GEVOLGTREKKING Internasionale handel is van kardinale belang vir ons moderne kommersiële wêreld en produsente omdat verskillende lande wil voordeel uit ʼn groter mark trek, in plaas daarvan om beperk te word om net binne hul grense te verkoop.  (Aanvaar enige hoër orde relevante gevolgtrekking.) (Maks. 2) (2) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) EKONOMIE V1 19 VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES • Bespreek in detail die vraagkant-benadering in die bevordering van groei en ontwikkeling in Suid-Afrika. (26 punte) • Evalueer die Nasionale Ontwikkelingsprogram (NOP) in bevordering van groei en ontwikkeling. (10 punte) INLEIDING Die vraagkant-benadering behels diskresionêre verandering in monetêre en fiskale beleide met die doel om die vlak van totale markvraag te verander.  (Aanvaar enige korrekte relevante inleiding.) (Maks.) (2) HOOFDEEL Internasionale beste praktyke argumenteer dat ontwikkelende ekonomieë hul ekonomieë moet bestuur op ʼn manier wat ekonomiese groei skep.  Dit sal sosiale transformasie, menslike kapitaalvorming en herverdeling van inkomste aanhelp.  Monetêre beleid  • Monetêre beleid word gedryf deur die Suid-Afrikaanse Reserwe Bank (SARB) en word gebruik om die rentekoerse te beïnvloed en voorsiening van geld in die ekonomie om pryse te stabiliseer deur inflasieteikens te implementeer.  • Die sentrale bank bestuur die beskikbaarheid van geld deur middel van ope- mark transaksies en kontantreserwes vereistes  • Variasies in die vlakke van rentekoerse verhoog of verlaag die koste van krediet en bepaal die hoeveelheid geld deur die werking van die geld- vermenigvuldiger  • Variasies van wisselkoerse vir die doel van die veranderende handelsvoorwaardes word gebruik as ʼn hulpmiddel om veranderinge in die geld- voorraad teweeg te bring  Die Suid-Afrikaanse monetêre beleid implementeer die vraagkant-benadering deur: Beheer die repokoers  Om die rentekoerse te beïnvloed wat kommersiële banke kan bied vir twee doeleindes: • Kredietskepping te beïnvloed deur krediet duurder of goedkoper te maak  • Stabiliseer die wisselkoerse deur kapitaal invloei en uitvloei aan te moedig om te sorg vir ʼn tekort of ʼn surplus op die lopende rekening van die betalings- balans.  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 20 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2024) Ope-mark transaksies ✓ • Om krediet te beperk verkoop die SARB sekuriteite en wanneer die banke hierdie sekuriteite koop, vloei geld van die banke na die SARB. ✓✓ • Die banke het dan minder geld om uit te leen en kan nie soveel krediet toestaan soos voorheen nie.  • Om kredietverlening aan te moedig, koop banke die SARB-sekuriteite. Geld vloei die bankstelsel in. ✓ Morele oorreding ✓ • Die SARB konsulteer met banke om verantwoordelik op te tree in die lig van die heersende ekonomiese toestande ✓✓ • Die oortuiging word dikwels gekoppel aan die transaksies deur die SARB in die geldmark, ✓✓ bv. die koop en verkoop van wissels en verbande ✓ • As die banke vrygewig is om krediet te verleen, kan die SARB hulle versoek om minder toegeeflik te wees. ✓✓ Dit kan egter terselfdertyd papier in die mark verkoop en oortollige likiditeit dreineer, sodat banke minder geld het om uit te leen  Fiskale beleid  Fiskale beleid word gedryf deur die Departement van Finansies, en het ten doel om die regering se politieke en ekonomiese doelwitte te fasiliteer,  deur belasting en staatsbesteding wat ekonomiese groei en ontwikkeling kan stimuleer.  Progressiewe persoonlike inkomstebelasting:  • Hoër inkomste verdieners word met hoër belastingkoerse belas as laer- inkomste verdieners.  • Hierdie belasting word aangewend om maatskaplike ontwikkelings te finansier / die armes verkry meer voordeel as diegene met hoër inkomste.  Welvaartbelasting ✓ • Eiendomme soos huise, kantore en fabrieke in stedelike gebiede word jaarliks belas  • Hereregte/Oordragkoste word betaal wanneer eiendom gekoop en verkoop word.  • Kapitaalwinsbelasting word gehef op wins uit die verkoop van kapitaalgoedere soos eiendomme en aandele  Kontantvoordele  • Ouderdomspensioene, ongeskiktheidstoelaes, kinderondersteuning en werkloosheid versekering is belangrike kontanttoelaes.  • Dit is ook as bestaanssorgbetalings/sosiale toelaes bekend.  Goederevoordele (Natura-voordele)  • Dit sluit in die voorsiening van gesondheidsorg, onderwys en sosiale maaltye, beskerming, munisipale dienste en infrastruktuur.  • Wanneer gebruikersfooie gehef word, betaal die armes of lae-inkomste verdieners minder of niks.  • ʼn Beperkte hoeveelheid gratis elektrisiteit en water word voorsien.  Ander herverspreiding  • Sommige mikro-ekonomiese beleide het die voordeel dat dit die armes en lae-inkomste verdieners bevoordeel  bv. UOWP, SGP en KMMOs  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2024) EKONOMIE V1 21 Grondrestitusie en grondherverdeling ✓ • Die doel van grondrestitusie is die teruggee van grond aan diegene wat dit verloor het weens eertydse diskriminerende wette na Junie 1913, terwyl grondherverdeling fokus op grond vir woongebiede en produktiewe gebruik vir voorheen benadeelde groepe.  • Die doel is om landbougrond te herverdeel aan die voorheen benadeelde persone.  Eiendom-subsidies  • Subsidies help mense om eienaarskap van vaste residensiële eiendom te bekom.  • Die staat se behuisingssubsidies-skema voorsien befondsing aan alle mense wat minder as R3 500 per maand verdien / die geld vir hierdie skema kom vanaf die hoofbegroting.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord. LET WEL: Ken ʼn maksimum van 8 punte vir die blote opnoem van feite/voorbeelde toe. (Maks. 8 punte vir opskrifte, lys van feite en voorbeelde.) (Maks. 26) (26) ADDISIONELE GEDEELTE Die Nasionale Ontwikkelingsplan was suksesvol omdat: • dit het daarin geslaag om werksgelykheid te verminder deur sy beleide soos BBSEB, Diensbillikheid ens.  • die NOP het openbare vervoer verbeter, landelike inkomste verhoog en die toegang tot werk verbreed  • die NOP was suksesvol in die professionalisering van die staatsdiens in terme van verbeterde aanspreeklikheid, doeltreffendheid koördinering en om korrupsie op alle vlakke van die samelewing uit te roei  • die NOP was suksesvol in die bevordering van private investering in arbeidsintensiewe gebiede, mededinging en toenemende uitvoer  • die NOP in samewerking met die onderwysdepartemente het die gehalte van onderwys verbeter, veral in terme van vroeë kinderontwikkeling (VKO) .  • die NOP is besig om die nasionale gesondheidsversekering (NHI) in te faseer, openbare gesondheidsorgfasiliteite op te gradeer en om die koste van private gesondheidsorg in die land te verminder.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) Die NOP was nie suksesvol nie omdat: • Die land kon nie regstreekse buitelandse investering bekom nie (FDI’s).  • Die nasionale werkloosheidskoers is steeds uiters hoog, as gevolg van ʼn baie lae ekonomiese groeikoers.  • Die nasionale openbare gesondheidstelsel is nie funksioneel nie/doeltreffend in alle dele van die land nie.  • Die vlakke van misdaad / geweld / korrupsie is buite beheer in groot dele van die land.  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (Maks. 10) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com 22 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2024) GEVOLGTREKKING Suid-Afrika se groei- en ontwikkelingsbeleid is ontwerp om baie sosiale en ekonomiese doelwitte te bereik en om te verseker dat die meeste Suid-Afrikaners ʼn redelike lewenstandaard kan bereik.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante hoërorde gevolgtrekking.) (Maks. 2) (10) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.

Verified matching documents

The question paper, memo or addendum that belongs with this document.

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Economics

Explore more published documents in this catalogue.

View all
Grade 12 · Economics · 2024 · Eastern Cape Prelim Exam · Memorandum · Paper 1 · Afrikaans | Hlayiso | Hlayiso