You're offline
Skip to content
Question paper

Economics P1 May June 2024 Afr

Subject: EconomicsGrade 12202413 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Vertroulik SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN EKONOMIE V1 MEI/JUNIE 2024 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 2 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK: AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae. AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien word NIE. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord. 5. Lees die vrae aandagtig deur. 6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 7. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop. 8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen. 9. Gebruik slegs swart of blou ink. 10. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 3 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D. 1.1.1 Wanneer bruto binnelandse besteding (BBB) bereken word, word foute en weglatings deur die… in berekening gebring. A markprys B residuele item C basiese prys D insetkoste 1.1.2 Die vertikale verskil tussen 'n trog en die volgende piek van 'n siklus staan as … bekend. A amplitude B ekstrapolasie C bewegende gemiddelde D lengte van 'n siklus 1.1.3 Die Minister van Finansies lê elke jaar die Mediumtermyn- begrotingsbeleidsverklaring (MTBBV) in … voor. A Februarie B Junie C April D Oktober 1.1.4 Die verskil tussen tasbare uitvoere en tasbare invoere word … genoem. A handelsbalans B lopende oordragte C reserwebates D handelstekort 1.1.5 Die wêreldwye blootstelling en interaksie van ekonomieë, met handel as 'n belangrike element, word… genoem. A nasionalisering B sentralisasie C globalisering D devaluasie Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 4 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 1.1.6 Die vorm van belasting wat jaarliks op die markwaarde van residensiële, kantoor- en fabrieksgeboue betaalbaar is, word ... genoem. A kapitaalwinsbelasting B eiendomsbelasting C hereregte D boedelbelasting 1.1.7 'n Geografies-afgebakende gebied wat opsygesit is om spesifieke ekonomiese aktiwiteite te ontwikkel, staan as 'n … bekend. A nywerheidsbasis B uitvoerverwerkingsone C nywerheidsmiddelpunt D spesiale ekonomiese sone 1.1.8 Die menslike-ontwikkelingsindeks (MOI) van 'n land met die hoogste vlak van ontwikkeling is … A 10 B 0 C 1 D 100 (8 x 2) (16) 2024 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 5 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.9 J. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Reële vloei A wanneer van 'n persoon verwag word om 'n verduideliking van sy of haar 1.2.2 Deregulering besluite of aksies te gee 1.2.3 Aanspreeklikheid B word deur die Verenigde Nasies gebruik om die lewenstandaarde tussen 1.2.4 Spesialisasie verskillende lande te vergelyk 1.2.5 Handelsneutraliteit C wettige eienaarskap van kopiereg, ontwerp, patent of handelsmerk deur 'n 1.2.6 Menslike- individu of besigheid ontwikkelingsindeks D aantal jare wat 'n pasgebore baba 1.2.7 Intellektuele eiendom waarskynlik sal lewe 1.2.8 Lewensverwagting E die beweging van produksiefaktore, goedere en dienste tussen ekonomiese deelnemers F betaling van subsidies wat gelyk is aan invoerregte deur uitvoerprodusente betaal G die verwydering van wette en ander vorme van staatsbeheer wat by die funksionering van markte inmeng H produksie van goedere en dienste in groot hoeveelhede I fokus op die produksie/voorsiening van 'n bepaalde tipe goedere of dienste (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 6 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE. 1.3.1 Vind plaas wanneer die waarde van intermediêre goedere by die finale produk bygevoeg word wanneer BBP bereken word 1.3.2 Wanneer al die mense wat aktief werk soek, by magte is om werk te vind of vir hulleself werk te skep 1.3.3 Die prys van een geldeenheid in terme van 'n ander 1.3.4 Maatreëls wat die beweging van goedere en dienste tussen lande kunsmatig beperk 1.3.5 Wanneer die sentrale bank handelsbanke oorreed om op 'n manier op te tree wat in die huidige ekonomiese omstandighede wenslik is 1.3.6 Die totale nywerheidsvermoë van 'n ekonomie wat vir gebruik beskikbaar is (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 7 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem die TWEE faktore wat die grootte van die vermenigvuldiger in 'n tweesektor-model bepaal. (2 x 1) (2) 2.1.2 Hoe kan die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) opemark- transaksies gebruik om geldaanbod te vermeerder? (1 x 2) (2) 2.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. REËLE FINALE VERBRUIKSBESTEDING DEUR HUISHOUDINGS VIR SUID-AFRIKA 6 5 Duursame goedere 4 Halfduursame goedere Nieduursame goedere 3 2 1 0 -1 -2 K4, 2021 K1, 2022 K2, 2022 K3, 2022 [Aangepas uit SARB Kwataallikse Bulletin, Desember 2022] 2.2.1 Identifiseer die kategorie van verbruiksgoedere wat in die derde kwartaal van 2022 (K3, 2022) groei aangeteken het. (1) 2.2.2 Gee EEN voorbeeld van nieduursame goedere. (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die term verbruik. (2) 2.2.4 Waarom word besparings as lekkasies in die ekonomiese- kringloop-model beskou? (2) 2.2.5 Hoe kan 'n verhoging in rentekoerse huishoudings in die ekonomiese kringloop beïnvloed? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 8 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 2.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. DIE PRIVATISERING- EN HERSTRUKTURERINGSPROGRAM IN SUID-AFRIKA Die Suid-Afrikaanse benadering tot privatisering was een van herstrukturering van staatsbeheerde ondernemings (SBO's). Die doelwitte van herstrukturering was om staatsleningsvereistes te verminder en om private eienaarskap na histories benadeelde groepe uit te brei. Min is egter bereik aangesien herstruktureringspogings stadig en teësinnig was. [Bron: www.investopidia.com] 2.3.1 Identifiseer 'n term wat na parastatale verwys. (1) 2.3.2 Gee EEN kenmerk van openbaresektor-mislukking. (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die term nasionalisering (2) 2.3.4 Waarom is dit vir die owerheid belangrik om in beheer te bly van sleutelinsetsektore soos energie en vervoer? (2) 2.3.5 Hoe kan die Suid-Afrikaanse owerheid voordeel trek uit die privatisering van staatsbeheerde ondernemings (SBO's)? (2 x 2) (4) 2.4 Bespreek die rol van huishoudings in die ekonomiesekringloop-model. (4 x 2) (8) 2.5 Ontleed die faktore wat 'n tekort op die Suid-Afrikaanse betalingsbalans (BB) kan veroorsaak. (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 9 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem enige TWEE regstellende beleide in Suid-Afrika. (2 x 1) (2) 3.1.2 Hoe kan invoervervanging industrialisasie bevorder? (1 x 2) (2) 3.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. UITWERKING VAN STORTING Storting behels aansienlike uitvoervolumes van produkte en dit bedreig dikwels die finansiële lewensvatbaarheid van vervaardigers of produsente in invoerlande. Die grootste nadeel van storting is die vermoë om 'n mark met produkpryse, wat dikwels as onredelik beskou word, te oorstroom. Daarom gebruik lande tariewe en kwotas om hulle plaaslike produsente teen storting te beskerm. [Aangepas uit https//www.investopedia.com] 3.2.1 Identifiseer in die uittreksel hierbo 'n vorm van belasting wat op invoere opgelê word. (1) 3.2.2 Noem die internasionale handelsbeleid wat plaaslike produsente (1) teen onbillike buitelandse mededinging beskerm. 3.2.3 Beskryf kortliks die term invoerkwota. (2) 3.2.4 Verduidelik die rol van die Wêreldhandelsorganisasie (WHO) in die bevordering van vryhandel. (2) 3.2.5 Hoe kan storting verbruikers in die invoerland beïnvloed? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 10 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 3.3 Bestudeer die kaart hieronder en beantwoord die vrae wat volg. DIE 'GLOBALE NOORDE' EN DIE 'GLOBALE SUIDE' [Bron: www.google.com] 3.3.1 Identifiseer die letter wat ontwikkelde lande in die kaart hierbo verteenwoordig. (1) 3.3.2 Noem EEN aspek (element) wat met lewenstandaarde verband hou. (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die term Noord-Suidverdeling. (2) 3.3.4 Hoe kan ekonomiese aktiwiteite in die noorde 'n uitwerking op die omgewing hê? (2) 3.3.5 Verduidelik die uitdagings wat ontwikkelende lande in die gesig staar wanneer met ontwikkelde lande handel gedryf word. (2 x 2) (4) 3.4 Bespreek nywerheidsontwikkelingsones (NOS) as Suid-Afrika se inisiatief in streeksontwikkeling. (4 x 2) (8) 3.5 Ontleed die redes waarom Suid-Afrikaanse verbruikers ingevoerde goedere en dienste verkies. (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 11 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem enige TWEE finansiële aansporings wat die Suid-Afrikaanse owerheid gebruik om nywerheidsontwikkeling te verbeter. (2 x 1) (2) 4.1.2 Waarom streef die owerheid daarna om openbare skuld op minstens 60% van die bruto binnelandse produk te hou? (1 x 2) (2) 4.2 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. VSD/ZAR JAARLIKSE HISTORIESE WISSELKOERSE Jaar Gemiddelde wisselkoers 2018 VSA$1: R13,26 2019 VSA$1: R14,49 2020 VSA$1: R16,46 2021 VSA$1: R14,80 2022 VSA$1: R16,38 [Bron: ofx.com] 4.2.1 Identifiseer, in die tabel hierbo, die jaar waarin die waarde van die rand die sterkste was. (1) 4.2.2 Noem die wisselkoersstelsel wat in Suid-Afrika gebruik word. (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die term depresiasie met betrekking tot wisselkoerse. (2) 4.2.4 Hoe kan die owerheid direk in die buitelandse valutamarkte ingryp wanneer die plaaslike geldeenheid onderwaardeer word? (2) 4.2.5 Teken 'n korrek benoemde grafiek om die uitwerking van 'n toename in die vraag na Amerikaanse dollar in Suid-Afrika te toon. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 12 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 4.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. DIE VIER NYWERHEIDSREWOLUSIES Die fokus van nywerheidsontwikkeling het oor die afgelope eeue ontwikkel. A B C D Vandag MASSA- GEOUTOMATISEERDE NUWE MEGANISERING PRODUKSIE PRODUKSIE TEGNOLOGIEË [Aangepas uit www.google.com/industrialevolution] 4.3.1 Identifiseer die prent, deur die letters hierbo te gebruik, wat die vierde nywerheidsrewolusie verteenwoordig. (1) 4.3.2 Noem die staatsdepartement wat daarvoor verantwoordelik is om nywerheidsontwikkeling in Suid-Afrika te bevorder. (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die term vervaardiging. (2) 4.3.4 Verduidelik die invloed van vaardigheidstekorte op nywerheidsontwikkeling. (2) 4.3.5 Hoe kan die Nasionale Navorsing- en Ontwikkelingstrategie (NNOS) help om die Suid-Afrikaanse ekonomie te verbeter? (2 x 2) (4) 4.4 Bespreek die noodsaaklikheid van die openbare sektor in die ekonomie. (4 x 2) (8) 4.5 Hoe gebruik die Suid-Afrikaanse owerheid fiskale beleid om die lewenstandaard te verbeter? (4 x 2) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 13 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: PUNTE- STRUKTUUR VAN OPSTEL TOEKENNING Inleiding Die inleiding is 'n laerorde-antwoord. Maks. 2  'n Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband hou, te definieer of te omskryf.  MOENIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.  MOENIE enige deel van die inleiding by die liggaam herhaal NIE.  MOENIE in die inleiding noem wat jy in die liggaam gaan bespreek NIE. Liggaam Hoofdeel: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek/ Maks. 26 Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/ Verduidelik/Assesseer/Debatteer 'n Maksimum van 8 punte kan vir opskrifte/voorbeelde toegeken word. Addisionele deel: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Lei af/ Maks. 10 Vergelyk/Onderskei/Stel voor/Interpreteer/Debatteer/Hoe 'n Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken word. Slot Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit: Maks. 2  'n Kort samevatting van wat alreeds bespreek is, sonder die herhaling van feite wat reeds genoem is  Enige mening/opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is  Addisionele ondersteuningsinligting wat die bespreking/analise versterk  'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra  Aanbevelings TOTAAL 40 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE  Bespreek in detail die nuwe ekonomiese paradigma om sakesiklusse glad te stryk. (26)  Hoe kan 'n toename in ekonomiese aktiwiteit besighede beïnvloed? (10) [40] VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE  Bespreek in detail die verskeie ekonomiese aanwysers. (26)  Hoe kan sosiale aanwysers die owerheid help om besluitneming te verbeter? (10) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Economics

Explore more published documents in this catalogue.

View all
Economics P1 May June 2024 Afr | Hlayiso