Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2024
EKONOMIE V1
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.
Hosted by www.ecexams.co.za.
Skip to contentAll 2024 papers 


%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b63a0d0e-df37-4750-b5b1-eca932045c79/v1-e860756d76976a4f1387/card.webp)
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4b579af8-e0b1-4689-a729-7d9986eea052/v1-e91730b4b9b539964aa8/card.webp)
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--468fe2d7-94f8-43ec-88c6-86cf12e31969/v1-b9f94b025e76d883b8ba/card.webp)
View all


_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--d54cb2c3-c826-4990-8f30-6eaeb86b12e4/v1-b25692f4d0b569bc941a/card.webp)

Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)
Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the Eastern Cape Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- Eastern Cape Prelim Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 739.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 13
This exam
Eastern Cape Prelim Exam 2024
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.
2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
nagesien word NIE.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
hierdie vraestel gebruik word.
4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord.
5. Lees die vrae aandagtig deur.
6. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
7. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae.
8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud
en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae
voldoen.
9. Gebruik slegs swart of blou ink.
10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) EKONOMIE V1 3
AFDELING A (VERPLIGTEND) 30 PUNTE – 20 MINUTE
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 D.
1.1.1 Die gedeelte van verbruik wat verander met besteebare inkomste
word na … verbruik verwys.
A outonome
B produktiewe
C geïnduseerde
D direkte
1.1.2 ʼn Sakesiklus wat verkry word wanneer die gevolge van
onreëlmatige gebeurtenisse uit tydreeks data verwyder word, is ʼn
… sakesiklus.
A reële
B natuurlike
C leidende
D nuwe ekonomiese
1.1.3 ʼn Regeringsfeer wat basiese dienste aan die mense lewer is die …
regering.
A politieke
B sentrale
C basiese
D plaaslike
1.1.4 Die verskil tussen die waarde van sigbare uitvoere van goedere en
dienste en die waarde van sigbare invoere is die …
A betalingsbalans.
B direkte investering.
C ruilvoet.
D handelsbalans.
1.1.5 Die verbod op die invoer van sekere goedere uit ʼn bepaalde land.
A Hoeveelheid beheer
B Fisiese beheer
C Tariewe
D Kwotas
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
4 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
1.1.6 ʼn Maatstaf van hoeveelheid geld verdien deur ʼn individu wat
gebruik word om die lewenstandaard van die bevolking te bepaal,
staan as ... bekend.
A per kapita inkomste
B nominale inkomste
C lone
D groei-inkomste
1.1.7 ʼn Platform wat geskep is om die ontwikkeling van dringende
benodighede vaardighede te help om werkskepping te fasiliteer.
A Breë-Basis Swart Ekonomiese Bemagtiging
B Kritieke Infrastruktuur Program
C Gesamentlike Inisiatief vir die Verwerwing van Voorkeur-
vaardighede
D Buitelandse investeringstoekenning
1.1.8 ʼn Maatstaf van ʼn verandering in die pryse van goedere wat plaaslik
geproduseer word soos die fabrieksvloer verlaat, is die ...
A verbruikersprys-indeks
B produsentprys-indeks
C weging-indeks
D inflasieteikening. (8 x 2) (16)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) EKONOMIE V1 5
1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn item in pas. KOLOM A. Skryf
slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 J.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Stelsel van A oordrag van funksies en eienaarskap
nasionale rekeninge van die privaatsektor na die openbare
sektor
1.2.2 Vermindering van B ʼn landswye regeringsingryping om werk
koste te skep deur arbeidsintensiewe
metodes
1.2.3 Nasionalisering C welstand van mense wat deur
gesondheid, onderwys en gesondheid
bepaal word
1.2.4 Spesiale D ʼn landstreek wat ʼn deurgang vorm wat
trekkingsregte as deel van streeksontwikkeling
ontwikkeld was
1.2.5 Deregulering E ʼn stelsel van internasionale riglyne om
inligting oor ekonomiese ontleding en
formulering van makro-ekonomiese
beleid te verskaf
1.2.6 Uitgebreide F die aantal jare wat ʼn persoon verwag
Openbare Werke om te leef gebaseer op statistieke
Program gemiddeldes
1.2.7 Korridor G finansieringsinstrument verdeel tussen
lidlande van die Internasionale
Monetêre Fonds
1.2.8 Lewensverwagting H die verwydering van wette, regulasie en
by-wette deur die regering
I ʼn aanbodkant-beleid wat skommelinge
in die ekonomie gladstryk
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
6 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
1.3 Gee EEN term/woord vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
term/woord langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.
1.3.1 Die totale waarde van alle goedere en dienste wat deur permanente
inwoners van ʼn land vervaardig word
1.3.2 Die duur van ʼn sakesiklus gemeet van trog tot trog, of van piek tot
piek
1.3.3 ʼn Illustrasie van die teoretiese verband tussen belastingkoerse en
belastinginkomste
1.3.4 ʼn Handelsbeleid wat die verskaffing van aansporings behels om
plaaslike produsente aan te moedig om goedere vir uitvoere te
produseer
1.3.5 Die verskil in ekonomiese ontwikkeling tussen ontwikkelde en
ontwikkelende lande
1.3.6 Regeringsprogramme om investering en werkskepping in gebiede
met hoë groei potensiaal aan te moedig (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) EKONOMIE V1 7
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van indirekte belasting. (2 x 1) (2)
2.1.2 Waarom is dit nodig om die oorverhitte ekonomie te demp
(buitensporige groei)? (1 x 2) (2)
2.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
[Aangepas uit Google images]
2.2.1 Identifiseer uit die grafiek hierbo ʼn letter wat geldbesteding op
kapitale goedere verteenwoordig. (1)
2.2.2 Noem die tipe ekonomie wat deur die diagram hierbo uitgebeeld
word. (1)
2.2.3 Beskryf kortliks die term vermenigvuldiger. (2)
2.2.4 Verduidelik die negatiewe effek van ʼn styging in invoerbesteding
op die grootte van die vermenigvuldiger. (2)
2.2.5 Gebruik die formule K =∆Y/∆J om die waarde van die
vermenigvuldiger te bereken vanuit die scenario hierbo.
Toon alle bewerkings. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
8 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
2.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
OPENBARE SEKTOR MISLUKKING: IS DIE REGERING BESIG OM
SUID-AFRIKA SE EKONOMIE TE VERWOES?
ʼn Nuwe verslag deur die Sentrum vir Ontwikkeling en Ondernemings
(SOO) voer aan dat swak beleide en swak regerings ekonomiese groei
vernietig.
Die verslag het volgende geïdentifiseer:
• Onvoldoende energie voorsiening is Suid-Afrika se mees kritieke
beperking op groei – Die handhawing van Eskom-monopolie het
beteken dat ʼn ineenstorting deur korrupsie, onbevoegdheid het
katastrofiese implikasies vir die hele land gehad.
• Die Zondo-kommissie het bevind dat die staat meer as R57 biljoen aan
korrupsie besmette kontrakte bestee het.
• Transnet se monopolie op swak hawebestuur en spoorweg-
infrastruktuur verduidelik hoekom sy dienste afgeneem het, maar kostes
het gestyg
• Die aanstelling van onbevoegde mense in sleutel-organisasies was die
belangrikste faktor wat tot vervalle openbare infrastruktuur bygedra dit.
[Aangepas uit https://dailyinvestor.com/south-africa/19596. Toegang op 22 Maart 2024
verkry.]
2.3.1 Identifiseer EEN parastataal uit die uittreksel hierbo. (1)
2.3.2 Noem ʼn kenmerk van openbare sektor mislukking. (1)
2.3.3 Verduidelik kortliks die term openbare sektor mislukking. (2)
2.3.4 Verduidelik die impak van korrupsie op volle indiensneming as ʼn
makro-ekonomiese objektief. (2)
2.3.5 Hoe kan onbevoegdheid in staatsondernemings dienslewering
beïnvloed ? (4)
2.4 Verduidelik kortliks die verhouding tussen die finansiële sektor en die ander
deelnemers in die ekonomiese kringloop-model. (8)
2.5 Hoe kan eksogene faktore ekonomiese skommelinge veroorsaak
(sakesiklusse)? (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) EKONOMIE V1 9
VRAAG 3: EKONOMIESE STREWE 40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem enige TWEE vorms van ekonomiese integrasie. (2 x 1) (2)
3.1.2 Hoe kan die ekonomie sy produktiwiteit vermeerder? (1 x 2) (2)
3.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BRICS UITBREIDING
Die 15de uitgawe van die
jaarlikse BRICS-beraad wat
in 2023 in Suid-Afrika gehou
was, het ʼn besluit geneem
om die BRICS-blok uit te brei
en nuwe lede toe te laat.
Vyf lande, Saoedi-Arabië,
Egipte, Ethiopië, Iran en die
VAE is nou volle lede van die
BRICS handelsprotokol.
[Aangepas en vertaal uit livemint.com. Toegang op 5 April 2024 verkry.]
3.2.1 Identifiseer EEN nuwe lidland van BRICS. (1)
3.2.2 Noem die handelsooreenkoms (protokol) tussen die Verenigde
State en sub-Sahara Afrika lande. (1)
3.2.3 Verduidelik kortliks die term handelsprotokol. (2)
3.2.4 Verduidelik die hoofdoel van BRICS. (2)
3.2.5 Hoe kan vryhandel die ekonomieë benadeel? (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
10 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
3.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
EKONOMIESE AANWYSERS
AANWYSERS NUUTSTE VERWYSING MAATSTAF
WAARDE
Inflasie 5,6 12/2023 Persent
VPI 114 02/2024 Indeks punte
Geldvoorraad 376 845 02/2024 ZAR miljoen
Werkloosheidskoers 32,1 12/2023 Persent
Rentekoers (repo) 8,25 02/2024 Persent
Wisselkoers 18,87 26/03/2024 US$/rand
Die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) voorspel dat sy globale
ekonomiese groei sal styg tot 3,1% ten spyte van die verbeterde globale
uitkyk vir 2024, Suid-Afrika se groeiprestasie bly gestrem in vergelyking met
ander lande.
[Aangepas en vertaal uit trading.com; statista.com & treasury.gov.za. Toegang op 5 April
2024 verkry.
3.3.1 Identifiseer ʼn ekonomiese aanwyser uit die tabel hierbo wat met
buitelandse handel verband hou. (1)
3.3.2 Noem EEN geldvoorraad-aanwyser. (1)
3.3.3 Verduidelik kortliks die term werkloosheidskoers. (2)
3.3.4 Verduidelik die belangrikheid om die prestasie van die ekonomie te
meet. (2)
3.3.5 Ondersoek die rol van internasionale instellings in die
standaardisering van ʼn land se aanwysers. (4)
3.4 Verduidelik kortliks die voordele van invoervervanging. (8)
3.5 Hoe kan spesiale ekonomiese sones (SES) tot die uitbreiding van die Suid-
Afrikaanse ekonomie bydra? (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) EKONOMIE V1 11
VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van NOS in Suid-Afrika. (2 x 1) (2)
4.1.2 Hoe beïnvloed prysveranderinge die monetêre vloei in die
ekonomiese-kringloop? (1 x 2) (2)
4.2 Bestudeer die informasie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SAAMGESTELDE SAKESIKLUSSE AANWYSERS VIR SUID-AFRIKA
Die saamgestelde samevallende sakesiklus-aanwyser het in November
2023 toegeneem en ʼn toename is ook aangeteken vir die saamgestelde en
sloerende sakesiklus-aanwysers gedurende dieselfde periode. ʼn Daling in
die saamgestelde aanwyser toon dat gemiddelde ure gewerk per werker ook
gedaal het. Sommige sakesiklusse duur tussen 15–20 jaar, en word deur
veranderinge in aktiwiteite in die bou- en konstruksie nywerhede veroorsaak.
[Aangepas en vertaal uit sarb/publikasies/ Feb 2024.pdf. Toegang op 31 Maart verkry.]
4.2.1 Identifiseer ʼn voorbeeld van leidende aanwysers uit die inligting
hierbo. (1)
4.2.2 Noem die tipe sakesiklus wat tussen 15–20 jaar duur. (1)
4.2.3 Verduidelik kortliks die term saamgestelde aanwyser. (2)
4.2.4 Verduidelik saamvallende aanwysers as ʼn kenmerk wat in
vooruitskatting van sakesiklusse gebruik word. (2)
4.2.5 Waarom gebruik ekonome bewegende gemiddeldes in die
analisering van ekonomiese tendense? (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
12 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2024)
4.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
NYWERHEIDS-ONTWIKKELINGSTRATEGIEË IN SUID-AFRIKA
Die Suid-Afrikaanse regering het aksie geneem om uitdagings in die
ontwikkeling van nywerhede aan te spreek deur verskeie beleide en
strategieë. Dit sluit die volgende in, NVOS, IPAP, NNBR en GVS.
Verskillende vervaardiging- en diens-aansporings word deur die
Departement van Handel en Nywerheid verskaf om streeksontwikkeling te
verbeter.
[Aangepas en vertaal uit https://www.thedtic.gov.za/sectors-and-services-2/industrial-
development/. Toegang op 5 April 2024 verkry.]
4.3.1 Identifiseer ʼn nywerheidsonwikkelingsbeleid uit die inligting hierbo. (1)
4.3.2 Noem EEN aansporing wat die Suid-Afrikaanse regering gebruik om
nywerheidsontwikkeling aan te moedig. (1)
4.3.3 Verduidelik kortliks die term nywerheidsontwikkeling. (2)
4.3.4 Verduidelik mededinging as een van die algemene kriteria vir
streeksontwikkeling. (2)
4.3.5 Hoe kan die Geïntegreerde Vervaardigingstrategie (GVS)
industrialisasie in Suid-Afrika bevorder? (4)
4.4 Onderskei tussen Meduimtermyn-bestedingsraamwerk (MTBR) en die
Medium-termyn begrotingsbeleidraamwerk (MTBBR). (8)
4.5 Analiseer gesondheid as ʼn sosiale aanwyser. (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) EKONOMIE V1 13
AFDELING C
Beantwoord enige EEN vraag van die TWEE vrae in die ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
PUNTE-
STRUKTUUR VAN OPSTEL
TOEKENNING
Inleiding
• Die inleiding is ʼn laerorde-antwoord. Maks. 2
• ʼn Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband
hou, te definieer of te omskryf.
• MOENIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.
• MOENIE enige deel van die inleiding by die liggaam herhaal NIE.
• Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan
bespreek.
Liggaam:
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/ Maks. 26
Ondersoek/Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/
Verduidelik/Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die grafiek gegee en
verduidelik/Voltooi die grafiek gegee/Assesseer/Debatteer
Maks. 10
ʼn Maksimum van 8 punte kan vir opskrifte/voorbeelde toegeken
word.
Bykomende gedeelte: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/
Debatteer/Lei af/Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/Hoe?/Stel voor
ʼn Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken
word.
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:
• ʼn Kort samevatting van wat bespreek is, sonder die herhaling van Maks. 2
enige feite wat reeds genoem is
• Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
• Bykomende ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding
versterk
• ʼn Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
• Aanbevelings
TOTAAL 40
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
• Bespreek in detail die redes vir internasionale handel. (26 punte)
• Hoe kan verandering in ruilvoet die Suid-Afrikaanse ekonomie beïnvloed?
(10 punte) [40]
VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE
• Bespreek in detail die vraagkant-benadering in die bevordering van groei en
ontwikkeling in Suid-Afrika. (26 punte)
• Evalueer die suksesse van die Nasionale Ontwikkelingsprogram (NOP) in die
bevordering van groei en ontwikkeling. (10 punte) [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC June 2024 Question Paper (Afr)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b63a0d0e-df37-4750-b5b1-eca932045c79/v1-e860756d76976a4f1387/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P2 Gauteng June 2024 Question Paper (Afr)
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4b579af8-e0b1-4689-a729-7d9986eea052/v1-e91730b4b9b539964aa8/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P1 Gauteng Mock 2022 Question Paper (Afr)
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--468fe2d7-94f8-43ec-88c6-86cf12e31969/v1-b9f94b025e76d883b8ba/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P1 Gauteng Mock 2020 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Economics

Study guide
MTG Economics Afr

Memorandum
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)
_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 Eastern Cape June 2024 Question Paper
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--d54cb2c3-c826-4990-8f30-6eaeb86b12e4/v1-b25692f4d0b569bc941a/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 12 P2 Gauteng Prelim 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum