You're offline
Skip to content
Question paper

Gr12 Economics P1 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper hlayiso.com

Subject: EconomicsGrade 12202214 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com 8888888888888 VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2022 10731 EKONOMIE VRAESTEL 1 TYD: 2 uur PUNTE: 150 14 bladsye b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 2 (Vraestel 1) 10731/22 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK: AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae. AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Antwoorde wat die vereiste aantal oorskry, sal NIE nagesien word nie. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 4. Skryf die vraagnommer bo elke antwoord neer. 5. Lees die vrae aandagtig deur. 6. Begin elke vraag op ʼn NUWE bladsy. 7. Laat 1 – 2 reëls tussen onderafdelings van vrae. 8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen. 9. Gebruik slegs swart of blou ink. 10. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 3 (Vraestel 1) 10731/22 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.9 D. 1.1.1 Een van die grootste uitdagings wanneer die nasionale inkome syfers bereken word, is ... A dubbeltelling. B die residuele item. C vergoeding van werknemers. D netto inkomste. 1.1.2 Die tipiese fluktuasies van ʼn sakesiklus sal ʼn … wees A opswaai-afswaai-trog-piek B afswaai-trog-opswaai-piek C piek-opswaai-trog-afswaai D piek-afswaai-opswaai-trog 1.1.3 Die instelling wat jaarliks skriftelike verslae aan die parlement verskaf oor die standaard van finansiële bestuur van elke staatsdepartement: A Tesouriebeheer B Ouditeur-generaal C Ministeriële verantwoordelikhede D Parlementêre ondervraging 1.1.4 Wanneer ʼn geldeenheid … is, kan rentekoerse verlaag word wat sal lei tot ʼn uitvloei van buitelandse valuta. A oorwaardeer B gedepresieer C onderwaardeer D geappresieer 1.1.5 Watter van die volgende hou verband met die beskerming van jong nywerhede? A Vryhandelsbeleid B Handhawing van die wisselkoers C ʼn Belasting op petrol om projekte te finansier ten einde die skade, wat verband hou met koolstofvrystellings, te beperk D ʼn Subsidie vir opkomende wynboere om wynuitvoer aan te moedig b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 4 (Vraestel 1) 10731/22 1.1.6 Watter van die volgende is ʼn oor-kontinentale handelsprotokol? A Afrika Unie (AU) B Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) C Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika (BRICS) D Europese Unie (EU) 1.1.7 Gebiede wat ’n voordeel bied aan mynbou, vervaardiging, toerisme en ander besighede is … A korridors in Suid-Afrika. B Ruimtelike Ontwikkelingsinisiatiewe. C Spesiale Ekonomiese Sones. D Nywerheidsontwikkelingsones. 1.1.8 Die aanwyser wat die meeste dopgehou word, veral met betrekking tot reële loonverhogings, is die ... A ekonomies aktiewe bevolking. B indiensnemingskoers. C vergoeding per werker. D arbeidsproduktiwiteit. (8 x 2) (16) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 5 (Vraestel 1) 10731/22 1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.2.9 J. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Makro-ekonomiese A ʼn Korttermyn (drie maande) skuldverpligting van benadering die sentrale regering 1.2.2 Bewegende B Die verskil tussen die waarde van ʼn land se gemiddeldes uitvoere en die waarde van ʼn land se invoere vir ʼn gegewe tydperk 1.2.3 Skatkiswissels C Ontwerp om te help bou aan Suid-Afrika se 1.2.4 Handelsbalans industriële basis in kritieke sektore van produksie en vervaardiging met toegevoegde waarde 1.2.5 KMMO's D Voordele en fasiliteite wat hoofsaaklik deur ʼn 1.2.6 NBAP (IPAP) regering verskaf word om die lewenskwaliteit van burgers te verbeter 1.2.7 Maatskaplike dienste E Verwydering van staatsinmenging in handelsvloeie 1.2.8 Handels- liberalisering F Die waarde van uitvoere minus invoere G Word gebruik om die veranderinge in ʼn reeks data oor ʼn sekere tydperk te ontleed H ʼn Klein onderneming met ʼn klein markaandeel en word direk deur sy eienaars bestuur. I Dit behels uitset, werkloosheid en inflasie. (8 x 1) (8) 1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDBOEK neer. Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE. 1.3.1 Die werklike prys wat verbruikers betaal vir goedere en dienste insluitend belasting minus subsidies 1.3.2 Die regering se doel is om ekonomiese groei te verhoog sonder om inflasie te verhoog 1.3.3 Die staatsdepartement wat toesig hou oor die invordering, bestuur en besteding van openbare inkomste 1.3.4 Lande wat van die “ontwikkelende” fase na die “ontwikkelde” fase oorgaan b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 6 (Vraestel 1) 10731/22 1.3.5 Ondersteun streeks- en nasionale ekonomiese ontwikkeling en spreek dienslewering in die armste en minste bekwame provinsies aan 1.3.6 Die arbeidsmag gedeel deur die totale bevolking van werkende ouderdom (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 7 (Vraestel 1) 10731/22 AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae van hierdie afdeling in die ANTWOORD- BOEK. VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem enige TWEE totale aanwysers van makro-ekonomie. (2 x 1) (2) 2.1.2 Hoe dra ʼn gebrek aan kapasiteit by tot die mislukking van die openbare sektor? (1 x 2) (2) 2.2 Lees die volgende inligting en beantwoord die vrae wat volg. SAAMGESTELDE LEIDENDE SAKESIKLUS-AANWYSER KLIM TOT ’N DRIE-MAANDE-HOOGTEPUNT Sake aktiwiteit in Suid-Afrika het in November 2021 toegeneem, toe die saamgestelde toonaangewende sakesiklusaanwyser tot ʼn drie-maande- hoogtepunt geklim het na verdere verligting van inperkingsbeperkings. [Aangepaste bron: https://www.iol.co.za/business-] 2.2.1 Noem EEN voorbeeld van ʼn leidende aanwyser. (1) 2.2.2 Noem EEN eksterne faktor wat sakesiklusse laat verander. (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die term saamgestelde aanwyser. (2) 2.2.4 Verduidelik hoe die opswaaifase van die sakesiklus, kommoditeits-- pryse sal affekteer. (2) 2.2.5 Hoe kan ekonomiese aanwysers besigheidsdoeltreffendheid in Suid- Afrika verbeter? (2 x 2) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 8 (Vraestel 1) 10731/22 2.3 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Die semistaatlike periode [Bron: https://twitter.com/ricoschacherl/status/1101000368941608961] 2.3.1 Identifiseer die semistaatsinstelling wat in 2021 geprivatiseer is. (1) 2.3.2 Noem EEN rede vir die stigting van ondernemings in staatsbesit. (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die term openbare sektor. (2) 2.3.4 Hoe finansier die regering sy begrotingstekort? (2) 2.3.5 Waarom moet semi-staatsinstellings (SBO’s) volledig verslag gee van hul aktiwiteite aan die publiek? (2 x 2) (4) 2.4 Bespreek hoe die bestedingsmetode BBP(E) gebruik word om die bruto binnelandse produk te bereken. (4 x 2) (8) 2.5 Ontleed die verband tussen die Mediumtermyn-bestedingsraamwerk (MTBR) en die nasionale begroting. (8) [40] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 9 (Vraestel 1) 10731/22 VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem enige TWEE argumente ten gunste van vrye handel. (2) 3.1.2 Hoe beïnvloed belastingbeleid direkte buitelandse belegging? (1 x 2) (2) 3.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. HANDEL, INDUSTRIE EN MEDEDINGING OOR NUWE HANDELSOOREENKOMSTE IN EFFEK VANAF 2021 Handel met die res van die vasteland is ʼn kritieke bron van produksie en werksgroei. Afrikalande erken dat industrialisasie van kritieke belang is vir die ontwikkeling van die vasteland. Die nuwe ooreenkoms (AfCFTA) wat in werking getree het, sal ʼn geruime tyd neem om ten volle operasioneel te wees, maar het die potensiaal om transformerend vir Afrika te wees. [Aangepaste bron: https://www.gov.za/speeches/trade-industry-and-competition-new- trade-agreements-effect-2021-1-jan-2021-0000] 3.2.1 Watter internasionale organisasie moedig vrye handel tussen alle lande in die wêreld aan? (1) 3.2.2 Waarvoor staan die afkorting AfCFTA? (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die term handelsprotokol. (2) 3.2.4 Waarom is industrialisering van kritieke belang vir die ontwikkeling van Afrika? (2) 3.2.5 Hoe kan die toepassing van proteksionisme nasionale welsyn verhoog? (2 x 2) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 10 (Vraestel 1) 10731/22 3.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. GIFT OF THE GIVERS BETAAL VIR DIE SINK VAN BOORGATE OM DIE SUKKELENDE HOSPITALE VAN JOHANNESBURG TE HELP Gekonfronteer met onderbefondsing, oorbevolking en beurtkrag, het Johannesburg Water gesukkel om konsekwent aan Johannesburg-Wes te voorsien, wat verskeie hospitale geraak het. Toe Gauteng ʼn derde COVID-19- golf betree het, wou geen hospitaal die moontlikheid van geen water in die gesig staar nie. Weereens het Gift of the Givers tot die redding gekom en ʼn boorgat by Helen Joseph-hospitaal begin boor, nadat dit reeds vir die Rahima Moosa-Moeder-en-Kind-Hospitaal gedoen is. [Bron: https://www.dailymaverick.co.za/article/2021-06-17-they-know-the-drill-gift-of-the- givers-steps-up-to-sink-boorholes-for -battling-joburg-hospitals/] 3.3.1 Verskaf EEN aanwyser van dienslewering wat verband hou met sosiale aanwysers. (1) 3.3.2 Noem enige EEN gesondheidsaanwyser. (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die term maatskaplike dienste. (2) 3.3.4 Hoe het Gift of the Givers die regering se mislukking in die verskaffing van basiese dienste in Suid-Afrika beïnvloed? (2) 3.3.5 Hoe kan die ongelyke aard van gesondheidsorgvoorsiening meer effektief in Suid-Afrika bestuur word? (2 x 2) (4) 3.4 Bespreek die rol van Ruimtelike Ontwikkelingsinisiatiewe (ROI's) in Suid-Afrika. (4 x 2) (8) 3.5 Ontleed die rol van entrepreneurs met betrekking tot uitvoerbevordering. (8) [40] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 11 (Vraestel 1) 10731/22 VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem enige TWEE regeringsprysbeleide wanneer openbare goedere en dienste verskaf word. (2 x 1) (2) 4.1.2 Waarom is ʼn lae besparingsvlak aanwyser nadelig vir die Suid-Afrikaanse ekonomie? (1 x 2) (2) 4.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. DIE VERMENIGVULDIGER 45° Besteding (E) C+I+G C+I+G1 A 700 400 500 1 200 Inkomste (Y) 4.2.1 Gee die formule van ʼn tweesektormodel van die vermenigvuldiger deur die inligting hierbo te gebruik. (1) 4.2.2 Identifiseer die komponent, volgens die grafiek, wat ʼn verandering in die totale besteding veroorsaak het. (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die term vermenigvuldigingseffek. (2) 4.2.4 Waarom skep ʼn toename in belegging ʼn positiewe vermenigvuldigingseffek? (2) 4.2.5 Bereken die vermenigvuldiger deur die inligting in die grafiek te gebruik en verduidelik die vermenigvuldiger effek op die ekonomie. (2 x 2) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 12 (Vraestel 1) 10731/22 4.3 Bestudeer die kaart hieronder en beantwoord die vrae wat volg. MAKHADO SPESIALE EKONOMIESE SONE CHAPUDI EN CHAPUDI-WES KRUGER NASIONALE PARK WOESTALLEEN WAS AANLEG EN VERWANTE MYNE Matola Steenkool Terminaal (Maputo) Stad MC Myn bate MC Myn termol bate Hoof spoorwee [Bron: https://www.mcmining.co.za/our-business/projects/makhado] 4.3.1 In watter provinsie is die Makhado Spesiale Ekonomiese Sone geleë? (1) 4.3.2 Noem enige EEN industrie wat geskik is vir belegging in die bogenoemde SES. (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die term nywerheidsontwikkelingstrategie. (2) 4.3.4 Verduidelik die stelling, ontwikkeling vir die mense deur die mense. (2) 4.3.5 Hoe kan die Suid-Afrikaanse regering die bevordering van beleggings in onderontwikkelde gebiede verseker? (2 x 2) (4) 4.4 Teken ʼn grafiek om die amplitude in ʼn sakesiklus te illustreer. Verduidelik die variasies van die amplitude op die sakesiklus. (4 x 2) (8) 4.5 Ontleed die impak van COVID-19 op inflasiekoers aanwyser. (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 13 (Vraestel 1) 10731/22 AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae van hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: PUNTE- STRUKTUUR VAN OPSTEL TOEKENNING Inleiding Die inleiding is ʼn laer-orde respons.  ʼn Goeie beginpunt sal wees om die hoofkonsep wat verband hou met Maks. 2 die vraagonderwerp te definieer.  Moenie enige deel van die vraag by jou inleiding insluit nie.  Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie.  Vermy om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek. Liggaam Hoofgedeelte: Bespreek in detail/In-diepte bespreking/Ondersoek/Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik/ Maks. 26 Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Assesseer/Debatteer ʼn Maksimum van 8 punte mag vir opskrifte/voorbeelde toegeken word. Addisionele deel: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Debatteer/Lei af/Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/Hoe?/Stel voor Maks. 10 ʼn Maksimum van 2 punte kan toegeken word vir blote lys van feite. Gevolgtrekking Enige hoër-orde gevolgtrekking moet die volgende insluit:  ʼn Kort opsomming van wat bespreek is sonder om feite wat reeds genoem is te herhaal Maks. 2  Enige mening of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is  Addisionele ondersteuningsinligting om die bespreking/analise te versterk  ʼn Teenstrydige standpunt met motivering, indien nodig  Aanbevelings TOTAAL: 40 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 14 (Vraestel 1) 10731/22 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE  Bespreek, in detail, die aanbodredes vir internasionale handel. (26 punte)  Ontleed die effek van internasionale handel op die betalingsbalans. (10 punte) [40] VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE  Bespreek, in detail, die doelstellings en doelwitte van die volgende groei- en ontwikkelingsbeleide: - Nuwe Groeipad (NGP) (13) - Uitgebreide Openbare Werke-program (UOWP) (13) (26 punte)  Ontleed Suid-Afrika se fiskale beleid in terme van voordele in natura (natura- voordele), as ʼn maatreël om die ekonomiese welsyn van sy burgers te verbeter. (10 punte) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 TOTAAL: 150 EINDE

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Economics

Explore more published documents in this catalogue.

View all