Skip to content

Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 Memo (Afrikaans)

MemorandumEconomicsGrade 12202219 pages

Grade 12 Economics Paper 2 memorandum from the Gauteng Mock Exam 2022 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2022 NASIENRIGLYNE EKONOMIE VRAESTEL 2 (10732) 19 bladsye
Downloaded from hlayiso.com 10732/22 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 1.1.1 C – MK-kromme bo die GVK is ✓✓ 1.1.2 A – prysvloer ✓✓ 1.1.3 C – oligopolie ✓✓ 1.1.4 B – Toewysingsdoeltreffendheid ✓✓ 1.1.5 B – stagflasie ✓✓ 1.1.6 D – Suid-Afrikaanse burgers wat na ander lande reis ✓✓ 1.1.7 C – repokoers ✓✓ 1.1.8 A – fiskale ✓✓ (8 x 2) (16) 1.2 PASSENDE ITEMS 1.2.1 E – Uitgawes wat verander volgens veranderinge in uitset ✓ 1.2.2 G – Volledige beheer oor die markprys ✓ 1.2.3 A – Die besluit van een maatskappy sal die besluite van ander maatskappye beïnvloed ✓ 1.2.4 I – MI=MK✓ 1.2.5 D – Prysbeheer van brandstof en elektrisiteit ✓ 1.2.6 F – Behels die vasstelling van maksimum toegelate vlakke van hulpbrongebruik. ✓ 1.2.7 B – Inkomstegroei veroorsaak dat individue ʼn hoër gemiddelde inkomstebelasting betaal ✓ 1.2.8 C – Beskerming van die aarde se hulpbronne sodat dit alle lewe vir toekomstige geslagte kan onderhou ✓(Aanvaar beide H & C) (8 x 1) (8) 2
Downloaded from hlayiso.com 10732/22 1.3 GEE DIE TERM 1.3.1 Afsluitingspunt ✓ 1.3.2 Prysleierskap ✓ 1.3.3 Onvolmaakte mededinging/Monopolie/Oligopolie/Monopolistiese mededinging ✓ 1.3.4 Produksieprysindeks ✓ 1.3.5 Inheemse kennis ✓ 1.3.6 Beskerming ✓ (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 3
Downloaded from hlayiso.com 10732/22 AFDELING B Beantwoord TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Gee TWEE hindernisse wat nuwe besighede verhoed om markte te betree. • Hindernisse vir toetrede word geskep deur advertensies ✓ • Nuwe toetreders het nie die nodige kapitaal/kapitaal vereistes nie/ Gebrek aan finansies✓ • Skaalvoordele ✓ • Beperkte grootte van die mark ✓ • Eksklusiewe eienaarskap van grondstowwe/Bestaande besighede beheer die hulpbronne ✓ • Patente ✓ • Lisensiëring/Wetlike vereistes ✓ • Alleenregte ✓ • Invoerbeperkings ✓ • Tegnologiese meerderwaardigheid/ Tegnologie (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 1) (2) 2.1.2 Waarom is ʼn volmaakte mark die doeltreffendste markstruktuur? ● Omdat pryse in 'n volmaakte mark 'n ware weerspieëling gee van die skaarsheidswaarde van goedere en dienste.  of ● Dit is gerig op maksimum produksie, anders as ander markstrukture wat produksie beperk.  of ● 'n Volmaakte mark produseer meer teen 'n laer koste (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2) 2.2 DATA RESPONS 2.2.1 Watter tipe eksternaliteit word in die grafiek hierbo uitgebeeld? ʼn Positiewe eksternaliteit ✓ (1) 2.2.2 Identifiseer die sosiaal doeltreffende vlak van produksie in die grafiek hierbo. 15 000 ✓ (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die term markmislukking. Die onvermoë van ʼn mark om sekere goedere op die mees wenslike vlak te verskaf./Waar die kragte van vraag en aanbod misluk om hulpbronne doeltreffend toe te wys en nie die korrekte hoeveelhede goedere en dienste produseer teen die regte pryse nie. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 4
Downloaded from hlayiso.com 10732/22 2.2.4 Wat is die ekonomiese voordele van ʼn veilige COVID-19-entstof op die Suid-Afrikaanse ekonomie? Die ekonomiese voordele van COVID-19-inentings kan die volgende insluit: • Ingeënte mense mag minder angstig voel, en dit kan hul welstand en werksproduktiwiteit verbeter. ✓✓ • Mense wat ingeënt is, is minder geneig om ʼn ernstige infeksie te kry wat minder mediese onkostes tot gevolg het. ✓✓ • Ingeënte mense sal meer geneig wees om vir hul toekoms te beplan en geld te spaar. ✓✓ • Gesonder mense sal aanhou om tot die ekonomie by te dra. ✓✓ • Dit verminder las op staatsbesteding aan gesondheidsorg • Meer goedere en dienste sal geproduseer word as gevolg van n gesonder bevolking  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 2.2.5 Waarom sal die gratis verskaffing van die COVID-19-entstowwe NIE noodwendig tot ʼn markmislukking lei NIE? • Die regering is die enigste koper van die COVID-19-entstowwe. ✓✓ • Dit herverdeel die entstof onder streng voorwaardes aan sy burgers. ✓✓ • Die aanbod word gewaarborg omdat regerings toelaes vir navorsing verskaf, in sommige gevalle subsidieer hulle die produksie. ✓✓ • Groot bedrae is in die vervaardiging van hierdie entstowwe belê. Produsente sou huiwerig gewees het om op groot skaal te produseer as dit nie vir regeringsbetrokkenheid en ʼn gewaarborgde mark vir die entstowwe was nie.  • Die marktekort word deur die regering voorsien omdat dit 'n meriete goed is (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4) 2.3 Data Respons 2.3.1 Noem die wetgewing wat mededinging in Suid-Afrika reguleer. Die Mededingingswet 89 van 1998 ✓ (1) 2.3.2 Watter instelling is verantwoordelik vir die bevordering van mededinging in Suid-Afrika? Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging✓/ Die mededingingskommissie (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die term prysvasstelling. Prysvasstelling verwys na ʼn ooreenkoms tussen markdeelnemers om pryse gesamentlik te verhoog, te verlaag of te stabiliseer om vraag en aanbod te beheer. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 5
Downloaded from hlayiso.com 10732/22 2.3.4 Waarom oorweeg die kommissie SEB-aandeelhouding voordat ʼn aankoop goedgekeur word? Om hul doelwitte te bereik, dit is om die voorheen benadeelde en gemarginaliseerde mense toe te laat om hul eienaarskap van besighede te vergroot. ✓✓ Om ekonomiese transformasie in Suid-Afrika te verseker. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 2.3.5 Hoe verhoed beperkende praktyke mededinging? • ʼn Dominante besigheid kan verskaffers of kliënte oorreed om nie met ʼn mededinger handel te dryf nie. ✓✓ • Groot firmas kan weier om skaars goedere aan ʼn mededinger te verskaf. ✓✓ • Die hef van pryse wat onder kosprys is om mededingers van die mark uit te sluit. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4) 2.4 Verduidelik kortliks die gratis ryer probleem. • Die gratis ryer verwys na ʼn situasie waarin individue die voordele van ʼn kollektiewe aktiwiteit kan ontvang, ongeag of hulle daarvoor help betaal het of nie. ✓✓ • Die gratis ryer het geen aansporing om te betaal nie aangesien hulle die voordele kan geniet sonder om te betaal. ✓✓ • Die gratis ryer probleem is algemeen met openbare goedere wat nie- uitsluitbaar en nie-mededingend is nie. ✓✓ • Openbare goedere(soos openbare paaie of hospitale), of dienste van ʼn gemeenskaplike aard is voorbeelde van die gratis ryer probleem. ✓✓ • Nie-uitsluitbaar beteken dat nie-betalers nie gekeer kan word om die goed of diens te gebruik of daaruit voordeel te trek nie. ✓✓ • Nie-mededingende verbruik bepaal dat die gebruik van ʼn goed of diens deur een verbruiker nie die beskikbaarheid daarvan vir ʼn ander verbruiker verminder nie. ✓✓ • Die gratis ryer probleem is ʼn tipiese voorbeeld van ʼn markmislukking. ✓✓ • Dus, die goedere kan ondergeproduseer, oorbenut of gedegradeer word. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (4 x 2) (8) 6
Downloaded from hlayiso.com 10732/22 2.5 Wanneer sal dit die beste opsie wees vir ʼn onderneming, wat ʼn verlies maak in volmaakte mark, om NIE te sluit NIE? • ʼn Verliesmakende besigheid kan op kort termyn voortgaan om te produseer wanneer sommige insette vasgestel is. ✓✓ • ʼn Verliesmakende besigheid sal sy verlies minimaliseer wanneer dit op die vlak van uitset produseer waar die marginale inkomste gelyk is aan die marginale koste. ✓✓ • Op kort termyn, as ʼn besigheid ʼn markprys ontvang wat hoër is as sy gemiddelde veranderlike koste (GVK), kan dit sy vermybare bedryfskoste dek en moet dit voortgaan om te produseer. ✓✓ • Slegs wanneer dit nie sy GVK kan dek nie, moet dit op die kort termyn sluit. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (4 x 2) (8) [40] VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem enige TWEE redes vir toerisme. • Vakansie ✓ • Spesiale belangstelling ✓ • Ekotoerisme ✓ • Kulturele/Paleo toerimse ✓ • Besigheid ✓ • Konferensie ✓ • Sport ✓ • Medies ✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 1) (2) 3.1.2 Hoe kan besoedeling tot ʼn verlies aan biodiversiteit lei? • Besoedeling maak alle spesies dood wat nie vinnig by omgewingsverandering kan aanpas nie. ✓✓ • Sommige spesies het ʼn laer toleransie vir veranderende toestande as ander wat hulle kwesbaar maak. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2) 7
Downloaded from hlayiso.com 10732/22 3.2 Data Respons 3.2.1 Identifiseer die jaar waarin die Suid-Afrikaanse inflasiekoers die inflasie teikenkoers oorskry het. Aanvaar 2016of 2017 (1) 3.2.2 Gee EEN rede vir ʼn toename in die inflasiekoers. • Hoë verbruikersvraag ✓ • Verhoogde produksiekoste ✓ • ʼn Hoë Brent-ruolieprys ✓ • Ondoeltreffendheid van die monetêre en fiskale beleid ✓ • Verhoogde besteding ✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die term inflasieteikening. Dit is ʼn monetêrebeleidstrategie deur die Reserwebank wat daarop gemik is om inflasie binne die omvang van 3 – 6% te hou soos deur die Minister van Finansies bepaal. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 3.2.4 Hoe sal ʼn verhoging in die inflasiekoers lae-inkomsteverdieners benadeel? Lae-inkomsteverdieners sal nie hul basiese behoeftes kan bevredig nie. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 3.2.5 Hoe kan prysonstabiliteit die ekonomie negatief beïnvloed? Prysonstabiliteit sal die ekonomie negatief beïnvloed deur: • Inflasieverwagtinge onder verbruikers, besighede en werkers te verhoog ✓✓ • Besighede sal nie beleggings in langtermynprojekte maak as pryse onstabiel is nie. ✓✓ • Verminderde besparings onder verbruikers. Dit kan die opgaar van goedere aanmoedig wat druk op die ekonomie kan skep ✓✓ • Deur dit vir verbruikers moeilik te maak om ingeligte besluite te neem wat kan lei tot ʼn afname in totale vraag en ekonomiese groei ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.) (2 x 2) (4) 8
Downloaded from hlayiso.com 10732/22 3.3 Data Respons 3.3.1 Identifiseer die tipe omgewingsagteruitgang in die prent hierbo. Ontbossing ✓ (1) 3.3.2 Noem die internasionale konferensie oor omgewingsvolhoubaarheid wat in 2011 in Suid-Afrika gehou is. COP17 ✓ (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die term gevaarlike afval. Dit is enige giftige neweproduk van vervaardiging, boerdery, rioolstelsels, konstruksie-terreine, laboratoriums en hospitale, wat ʼn nadelige impak op gesondheid of die omgewing het. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 3.3.4 Verduidelik die impak van besoedeling op die pryse van goedere en dienste. • As die koste van besoedeling bygevoeg word, sal die pryse van goedere styg. ✓✓ • Besoedeling skep ʼn behoefte aan bykomende produkte, soos maskers, wat die pryse van produkte opstoot om ons teen besoedeling te beskerm. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 3.3.5 Waarom is dit moeilik om in ʼn vrye mark omgewingsvolhoubaarheid te verseker? • Vrye markte het vrye toegang tot hulpbronne. Dit lei tot oorbenutting van hulpbronne. ✓✓ • Die vrye mark reageer op die vraag na goedere en dienste en prioritiseer winsmaksimering, ✓✓ • dit lei tot erge druk op die omgewing. ✓ • Die vrye mark bevorder ongelykheid en armoede. Hierdie sosiale euwels plaas druk op die omgewing. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4) 3.4 Bespreek die uitwerking van klimaatsverandering op die omgewing. • Klimaatsverandering het wêreldwyd ʼn toename in temperature meegebring. ✓✓ • Aardverwarming het ʼn styging in seevlakke meegebring. ✓✓ • Oppervlakwater in tropiese en subtropiese seestreke het souter geword en daar is ʼn verandering in seesoutgehalte. ✓✓ • Hoër temperature lei tot meer ekstreme weer soos verwoestende storms, tsoenami's, erge droogtes en vloede. ✓✓ • Daar is ʼn negatiewe impak op landbou as gevolg van die onvoorspelbare klimaat. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (4 x 2) (8) 9
Downloaded from hlayiso.com 10732/22 3.5 Hoe kan onvanpaste regerings fiskale beleid die inflasiekoers beïnvloed? Die regering se onvanpaste gebruik van fiskale beleid kan bydra tot hoër inflasie deur: • Staatsbesteding te verhoog sonder om die totale aanbod te verhoog wat pryse laat styg. ✓✓ • Besteding aan kapitaalprojekte, bv. paaie, behuising, ens., wat meer is as die ekonomie se kapasiteit, sal pryse laat styg. ✓✓ • Toenemende besteding aan verbruik soos onderwys, gesondheid en veiligheid. ✓✓ • Groot bedrae geld is in die maatskaplike sektor te bestee omdat daar ʼn behoefte is om werkloosheid en armoede te verminder, wat veroorsaak dat daar ʼn toename in totale vraag is. ✓✓ • Geld word geleen om die vlakke van maatskaplike toelaes te verhoog teen ʼn hoër koers as die inflasiekoers. ✓✓ • Verlaagde persoonlike inkomstebelasting skep groter verbruikersvraag. ✓✓ • Verlaging van maatskappybelasting/invoerbelasting sal lei tot verhoogde produksie en invoer. ✓✓ • Aanvaar ook monetêre argumente. (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (4 x 2) (8) [40] VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Gee TWEE voorbeelde van Wêrelderfenisgebiede in Suid-Afrika. • Mapungubwe Nasionale Park ✓ • Die Vredefort-koepel ✓ • Sterkfontein-grotte/Wieg van die Mensdom ✓ • Robbeneiland ✓ • Richtersveld Kulturele en Botaniese Landskap • iSimangaliso-vleilandpark/St Lucia ✓ • Die Kaapse Fynbos-streek ✓ • uKhahlamba Drakensberg-park ✓ • Makhonjwaberge ✓ (2) 4.1.2 Wat kan die ontstaan van onwettige (swart) markte veroorsaak? • Onwettige markte ontwikkel wanneer mense nie goedere kan bekom teen die regering se maksimum prys nie en hoër onwettige pryse moet betaal om die goedere te bekom. ✓✓ • Indien swartmarkte ontstaan sal dit aanleiding gee dat die aanbod op markte afneem aangesien produsente dit teen duurder kan verkoop op swartmarkte  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2) 10
Downloaded from hlayiso.com 10732/22 4.2 Data Respons 4.2.1 Identifiseer die hoeveelheid waarteen wins gemaksimeer sal word. By hoeveelheid 15 is die wins R75. ✓ (1) 4.2.2 Watter markstruktuur word in die inligting hierbo uitgebeeld? Volmaakte mededinging ✓ (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die term marginale inkomste. Marginale inkomste verwys na die ekstra inkomste wat verkry word deur nog een eenheid van ʼn produk te verkoop. ✓✓ (2) 4.2.4 Waarom sou dit nie moontlik wees, vir die individuele besigheid in die inligting hierbo, om sy prys te verhoog nie? ʼn Hoër prys as die markprys kan nie gehef word nie aangesien klante verlore gaan vir ander produsente wat teen die markprys verkoop. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 4.2.5 Bereken marginale koste van die firma teen ʼn hoeveelheid van 15. Toon ALLE berekeninge. Totale Koste berekening (1 punt)  Totale Koste = (Totale Inkomste – Wins) Bereken totale koste van 10 eenhede produksie ✓ By 10 eenhede is totale koste (R100 – 50) = R50 Bereken totale koste van 15 eenhede produksie By 15 eenhede is totale koste (R150 – 75) = R75 Marginale koste berekening ∆ 𝑇𝐾 𝑀𝐾 = ∆ 𝐻 (1 punt vir die formule) 75 − 50 𝑀𝐾 = 15 − 10 25 𝑀𝐾 = 5 MK = 5 ✓✓ (Korrekte antwoord 2 punte) (2 x 2) (4) 11
Downloaded from hlayiso.com 10732/22 4.3 Data Respons 4.3.1 Noem EEN indeks wat gebruik word om inflasie te bereken. (1) • Verbruikers-prysindeks (VPI) ✓ • Produsente-prysindeks (PPI) ✓ • Implisiete BBP-inflator (alles insluitende inflasiekoers) ✓ (1) 4.3.2 Noem EEN oorsaak vir die afgradering van Suid-Afrika na rommel status. • Inflasie ✓ • Korrupsie ✓ • Staatskaping ✓ • COVID-19 ✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die term hiperinflasie. Dit is vinnige, buitensporige en buite beheer algemene prysstygings in ʼn ekonomie./Dit is vinnig stygende inflasie van meer as 50% per maand. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 4.3.4 Wat word bedoel met “onder beleggingsgraad”? Dit is wanneer daar ʼn hoë risiko is dat beleggings waarde kan verloor of nie terugbetaal word nie. ✓✓ Die beleggings is geneig om meer sensitief te wees vir veranderinge in ekonomiese toestande. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 4.3.5 Hoe sal die rommelstatus inflasie in Suid-Afrika beïnvloed? • Beleggers sal ʼn hoër rentekoers vir uitleen eis, wat leenkoste sal verhoog. ✓✓ • Dit kan produksiekoste verhoog en pryse laat styg. ✓✓ • Hoër rentekoerse plaaslik, sal die besteebare inkomste van verbruikers verminder, van wie die meerderheid tot ʼn mate op krediet staatmaak. ✓✓ • Die rand wisselkoers sal ook negatief beïnvloed word, wat lei tot verhoogde pryse van ingevoerde goedere op die kort termyn en verhoogde pryse oor die algemeen op die langer termyn. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4) 12
Downloaded from hlayiso.com 10732/22 4.4 Bespreek kortliks die redes vir die gebruik van koste-voordeel-analise (KVA). • Om markseine te bepaal, bv., pryse help om hulpbronne deur vraag en aanbod toe te wys. ✓✓ • Goedere wat deur die regering verskaf word, soos paaie, brûe, ens., word gratis verskaf. ✓✓ • Met die afwesigheid van markseine, kan besluite oor die wenslikheid van ʼn projek subjektief wees. ✓✓ • Objektiewe kriteria kan vereis word om ekonomiese doeltreffendheid in hulpbrontoewysing te verseker. ✓✓ • KVA bring groter objektiwiteit tot besluitneming. ✓✓ • Dit word gedoen deur al die relevante voordele en koste van ʼn projek te identifiseer sodat ʼn ingeligte besluit geneem kan word. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (4 x 2) (8) 4.5 Evalueer die sukses van die Aardeberaad om omgewingsvolhoubaarheid in Afrika aan te spreek. Die Aardberaad wat in Rio de Janeiro gehou is, was uiters suksesvol in Afrika omdat: • Agenda 21, ʼn aksieplan van die Aardberaad wat gemik was op volhoubare ontwikkeling lande bewus gemaak van die gevare van onvolhoubare ontwikkeling. ✓✓ • Verskeie SAOG-lande het omgewingsbestuursprogramme ontwikkel wat daarop gemik is om grondhulpbronne te beskerm en te rehabiliteer.  Die Aardberaad wat in Rio de Janeiro gehou is, was uiters onsuksesvol omdat: • Daar word erken dat volhoubaarheid nie bereik kan word totdat armoede verminder is en dat daar ʼn groot probleem van armoede en ongeletterdheid in baie lande in Afrika is. ✓✓ • Daar is onvoldoende koördinering tussen regerings, NRO's en die private sektor. ✓✓ • Agenda 21 se implementering, ʼn doelwit van die Aardeberaad word belemmer deur Afrika-grondbesitkwessies, vermindering van weivelde en grondagteruitgang. ✓✓ • Vinnige bevolkingsgroei en verhoogde vraag na voedsel- en energiebronne is besig om woude uit te put. ✓✓ • Afrika word geteister met herhalende droogtes, toenemende wateraanvraag en waterbesoedeling wat die implementering van Agenda 21 belemmer. ✓✓ • Daar is konflikte oor gedeelde waterbronne al het SAOG-lande hervormings geïmplementeer wat gemik is op volhoubare bestuur van waterbronne. ✓✓ • Toerisme en bevolkingsdruk het ook die implementering van Agenda 21 belemmer. ✓✓ • Gebrek aan tegnologie-oordrag, toegang tot navorsingsbevindinge en kapasiteitsbou het ook vordering belemmer. Lande sukkel om nasionale data oor Agenda 21-kwessies in te samel en te ontleed. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoorde.) (Ken ʼn maksimum van 2 punte toe vir blote lys van feite/voorbeelde.) (4 x 2) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 13
Downloaded from hlayiso.com 10732/22 AFDELING C Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: PUNTE- STRUKTUUR VAN OPSTEL TOEKENNING Inleiding Die inleiding is ʼn laerorde-antwoord. • ʼn Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband hou, te Maks. 2 definieer of te omskryf. • Moet NIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE. • Moet NIE enige deel van die inleiding by die liggaam insluit NIE. • Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek. Liggaam Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/ Ondersoek/Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/ Maks. 26 Verduidelik/Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die grafiek gegee en verduidelik/Voltooi die grafiek gegee/Assesseer/Debatteer ʼn Maksimum van 8 punte kan aan opskrifte/voorbeelde toegeken word. Bykomende gedeelte: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Debatteer/ Lei af/Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/Hoe?/Stel voor Maks. 10 ʼn Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken word. Slot Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit: • ʼn Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder die herhaling van enige feite wat reeds genoem is Maks. 2 • Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is • Bykomende ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding versterk • ʼn Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra • Aanbevelings TOTAAL 40 14
Downloaded from hlayiso.com 10732/22 VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE • Vergelyk en kontrasteer ʼn oligopolistiese mededinger met ʼn monopolistiese mededinger in terme van: o Beheer oor pryse (8) o Ekonomiese wins/verlies (8) o Vraagkromme (10) (26 punte) • Wat is die effek van samespanning op markte? (10 punte) INLEIDING ʼn Oligopolie word gekenmerk deur ʼn bedryf wat deur ʼn klein aantal groot besighede oorheers word. Monopolistiese mededinging is ʼn kombinasie van volmaakte mededinging en ʼn monopolie. Die mees kenmerkende kenmerk van monopolistiese mededinging is dat die produkte van verskeie besighede verskil, ten spyte daarvan dat dit noue plaasvervangers vir mekaar is. ✓✓ (Aanvaar enige ander relevante inleiding.) (Maks. 2) LIGGAAM: HOOFDEEL Beheer oor pryse • ʼn Oligopolie bestaan wanneer ʼn klein aantal groot maatskappye die aanbod in ʼn mark kan beïnvloed. ✓✓ • Deur die aanbod van die produk of diens op die mark te beheer, poog oligopolieë om sy pryse en winste hoog te hou. ✓✓ • Die beperkte aantal besighede maak hulle prysmakers. ✓✓ • In ʼn monopolistiese mededingende mark verkoop elke onderneming teen sy eie prys aangesien ʼn enkele prys nie vir die gedifferensieerde produkte bepaal kan word nie. ✓✓ • ʼn Verskeidenheid pryse bestaan vir die verskillende gedifferensieerde goedere in ʼn monopolistiese mededingende mark. ✓✓ (Maks. 8) Ekonomiese wins/verlies • Oligopolieë kan die aanbod beheer, en marktoetrede word beperk. ✓✓ • Dit maak dit vir hulle moontlik om langtermyn- en korttermynwinste te verdien. ✓✓ • Vir die monopolisties mededingende onderneming is dit slegs moontlik om ekonomiese winste op kort termyn te maak. ✓✓ • As gevolg van die maklike toetrede tot die mark, sal korttermynwinste meer besighede na die mark lok. ✓✓ • In die langtermyn sal ewewig bereik word wanneer slegs normale winste verdien word en daar geen verdere aansporing vir nuwe firmas is om die mark te betree nie. ✓✓ (Maks. 8) 15
Downloaded from hlayiso.com 10732/22 Vraagkromme • ʼn Oligopolis staar ʼn geknikte vraagkromme in die gesig. Hierdie vraagkromme bestaan uit twee afdelings. ✓✓ • Die boonste gedeelte, die gedeelte wat met hoë pryse verband hou, het ʼn baie elastiese helling, m.a.w. die vraag is baie sensitief vir ʼn prysverandering. ✓✓ • Die onderste gedeelte, die gedeelte wat met laer pryse verband hou, is baie onelasties, m.a.w. vraag is nie sensitief vir ʼn prysverandering nie. ✓✓ • Die vraagkromme vir ʼn monopolistiese mededinger is afwaarts skuins. ✓✓ • Korttermyn-ewewig (ekonomiese wins en ekonomiese verlies) stem ooreen met ʼn monopolie, maar die vraagkromme is meer pryselasties (platter) as gevolg van goeie/baie plaasvervangers. ✓✓ (Maks. 10) (Kandidate kan gekrediteer word vir die teken van grafieke. Maks. 2 punte moet vir elke grafiek toegeken word. 2 Punte vir die oligopolie vraagkromme en 2 punte vir die vraagkromme van die monopolistiese mededinger.) (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoorde.) (ʼn Maksimum van 8 punte sal toegeken word vir blote lys van feite/voorbeelde.) (Maks. 26) ADDISIONELE DEEL Hoe beïnvloed samespanning markte? • Verskaffers toon anti-mededingende gedrag wanneer hulle saamspan, in plaas van om mee te ding, bepaal hulle pryse en hoeveelhede. ✓✓ • Samespanning kan lei tot hoër pryse vir verbruikers. Dit lei tot ʼn afname in verbruiker-surplus en toewysings-ondoeltreffendheid. ✓✓ • Wanneer produsente instem om pryse kunsmatig hoog te hou, het verbruikers dalk geen ander keuse as om hierdie opgeblase pryse te betaal nie. ✓✓ • Besighede ding mee deur doeltreffend te wees en innoverende produkte aan te bied. As hulle nie meer meeding nie, sal hulle minder gemotiveerd wees om doeltreffend en innoverend te wees. ✓✓ • Produsente wat saamspan en nie meeding nie, sal minder gemotiveerd wees om goeie kliëntediens te lewer. ✓✓ • As ʼn bedryf bekend word daarvoor dat dit teenmededingend is of soos ʼn kartel optree, sal die publiek agterdogtig en gegrief word teenoor die bedryf. ✓✓ • Ondernemings wat saamspan, moet ʼn aansienlike bedrag geld aan advertensies en bemarking bestee om handelsmerklojaliteit en produkdifferensiasie te bou. ✓✓ • Nuwe firmas kan ontmoedig word om die mark te betree deur hierdie tipe samespanning wat as ʼn hindernis vir toetrede kan dien. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Maks. 10) GEVOLGTREKKING Oligopolieë en monopolistiese, mededingende besighede maak albei staat op produkdifferensiasie om mee te ding. Monopolistiese-mededinging is ʼn realistiese markstruktuur met geen langtermyn wins as gevolg van vrye marktoetrede nie. ʼn Oligopolie kan langtermyn-winste maak deur beperkte marktoetrede en samespanning om aanbod te beperk. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante hoër-orde gevolgtrekking.) (Maks. 2) [40] 16
Downloaded from hlayiso.com 10732/22 VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES ● Ondersoek, in detail, die uitwerking van toerisme op die volgende: o Indiensneming (8) o Omgewing (8) o Eksternaliteite ( 10) (26 punte) ● Ontleed die impak van die COVID-19-inperking op die toerismebedryf in Suid- Afrika. (10 punte) INLEIDING Toerisme is die aktiwiteite van mense wat reis na plekke vir ontspanning, besigheid en ander doeleindes en bly in plekke buite hul gewone omgewing vir nie meer as een opeenvolgende jaar nie. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding.) (Maks. 2) LIGGAAM: HOOFDEEL Indiensneming • Die toerismebedryf het ongeveer 7% van die Suid-Afrikaanse arbeidsmag in diens, en word moontlik beskou as die grootste verskaffer van werk en verdiener van buitelandse valuta. ✓✓ • Die toerismebedryf het meer as 1,2 miljoen mense in diens geneem. ✓✓ • Is ideaal om werk te verskaf in gebiede wat min werksgeleenthede bied. ✓✓ • Is arbeidsintensief alhoewel dit die laagste verhouding van belegging tot werkskepping het. ✓✓ • Gebruik verskillende vaardighede, van rekenmeesters tot haarkappers. ✓✓ • Het die potensiaal om werk te skep en geleenthede vir klein entrepreneurs te bied. ✓✓ • Verskaf onmiddellike werk soos lewendige vermaak by vakansieoorde. ✓✓ • Verskaf entrepreneursgeleenthede in die informele sektor soos vrugteverkopers. ✓✓ (Maks. 8) 17
Downloaded from hlayiso.com 10732/22 Omgewing • Toerisme het die potensiaal om voordelige uitwerkings op die omgewings te skep deur by te dra tot omgewingsbeskerming en -bewaring. ✓✓ • Dit is ʼn manier om bewustheid van omgewingswaardes te verhoog en dit kan as ʼn instrument dien om beskerming van natuurlike gebiede te finansier en hul ekonomiese belangrikheid te verhoog. ✓✓ • Baie bestemmings bevorder ekotoerisme en volhoubare toerisme en dit kan help om mense op te voed oor die omgewingsimpakte van toerisme. ✓✓ • Die negatiewe omgewingsimpakte van toerisme is wesenlik. Dit sluit die uitputting van plaaslike natuurlike hulpbronne sowel as besoedeling en afvalprobleme in. ✓✓ • Toerisme plaas dikwels druk op natuurlike hulpbronne deur oorverbruik, dikwels op plekke waar hulpbronne reeds skaars is. ✓✓ • Toerisme plaas enorme stres op plaaslike grondgebruik, en kan lei tot gronderosie, verhoogde besoedeling, verlies van die natuurlike habitat, en meer druk op bedreigde spesies. ✓✓ • Hierdie effekte kan geleidelik die omgewingshulpbronne vernietig waarvan toerisme self afhanklik is. ✓✓ • Toerisme dra by tot meer as 5 persent van die globale kweekhuisgasvrystellings, met vervoer verantwoordelik vir 90 persent hiervan. ✓✓ • Toerisme lei dikwels tot oorbenutting van water, bv. ʼn gemiddelde gholfbaan in ʼn tropiese land gebruik soveel as 60 000 liter water, soortgelyk aan ʼn plattelandse dorpie. ✓✓ • Dit gebruik ook 1 500 kg chemiese kunsmis, plaagdoders en onkruiddoders per jaar. ✓✓ (Maks. 8) Eksternaliteite • Toerisme-aktiwiteite kan voordele of koste tot gevolg hê vir derde partye wat nie deel is van die koper-verkoper-mark nie. ✓✓ • Negatiewe eksternaliteite: Vliegtuiggeraas wat inwoners naby lughawens steur. ✓✓ • Ander voorbeelde/koste: Verkeer en verkeersopeenhoping, ekstra polisiëring as gevolg van misdaad, verhoogde gesondheidsdienste en sanitasie, vernietiging van flora en fauna, bederf uitsigte van die landskap, verhoogde instandhouding van infrastruktuur, ens. ✓✓ • Toerisme kan inflasie veroorsaak, wat sekere goedere vir plaaslike inwoners onbekostigbaar maak. ✓✓ • Positiewe eksternaliteite: bv. die Gautrein verskaf vinnige skakels na verskillende gebiede, veral na die lughawe. ✓✓ • Ander voordele is nuwe ontspanningsgeriewe en verhoogde direkte en indirekte belastingsinkomste.✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Ken ʼn maksimum van 8 punte toe vir die blote lys van feite/voorbeelde.) (Maks. 10) 18
Downloaded from hlayiso.com 10732/22 BYKOMENDE DEEL Ontleed die impak van die COVID-19-inperking op die toerismebedryf in Suid- Afrika. Die COVID-19-inperking het die volgende negatiewe uitwerkings op toerisme gehad: • Die land het aan die einde van 2020 aansienlik hoër werkloosheidsvlakke in die toerismebedryf as enige ander sektor in die gesig gestaar as gevolg van die gebrek aan beweging. ✓✓ • Werkloosheid het breër oorvloei-effekte wat baie ander sektore van die ekonomie raak. ✓✓ • As gevolg van werkloosheid het die totale vraag ernstig in die ekonomie afgeneem. Mense kon nie basiese goedere en dienste bekostig nie. ✓✓ • As gevolg van ʼn afname in totale vraag, het produksie in maatskappye afgeneem en sodoende hul winste verminder. Ekonomiese aktiwiteit was baie laag. ✓✓ • Vraag en aanbod van toerisme-dienste het afgeneem as gevolg van reisverbod en die instelling van wette oor sosiale distansiëring. ✓✓ • Belegging in toerisme-infrastruktuur het afgeneem omdat dit nie volhoubaar was nie. ✓✓ • Toerisme ondernemings kon nie meer hul skuld betaal nie, aangesien hulle geen inkomste verdien het nie. ✓✓ • Gevolglik het baie toerisme-ondernemings gesluit en hul bates is teruggeneem. ✓✓ • Dit het gelei tot verdere werksverliese aangesien mense afgelê is wat tot verdere armoede gelei het. ✓✓ • Inkomende toerismesvlakke het afgeneem namate die land se grense gesluit is. Dit het gelei tot ʼn afname in buitelandse valuta wat die land ontvang het. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Ken ʼn maksimum van 2 punte toe vir die blote lys van feite/voorbeelde.) (Maks. 10) Samevatting Bemarking van toerismeprodukte aan beide plaaslike en internasionale markte is belangrik om die volle groeipotensiaal te bereik van die sektor in Suid-Afrika./Die potensiaal van die toerismesektor is nie bereik nie, en voortgesette bemarking is nodig om te verseker dat dit sy volle potensiaal bereik, in beide die binnelandse mark en die internasionale mark. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante hoër orde gevolgtrekking.) (Maks. 2) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 TOTAAL: 150 19

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all