Downloaded from hlayiso.com
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2022
NASIENRIGLYNE
EKONOMIE VRAESTEL 1 (10731)
22 bladsye
Skip to contentAll 2022 papers %20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--82e9d47a-c817-4545-9700-e9e2b9b7de9b/v1-301c5aae90a68c6175ee/card.webp)
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--468fe2d7-94f8-43ec-88c6-86cf12e31969/v1-b9f94b025e76d883b8ba/card.webp)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--37295a41-5de8-4317-9725-dc223714aee3/v1-561d5cdb129296dcc9f2/card.webp)
%202020%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--ba246fa2-7d32-4ab7-981e-10d6b2dd4a91/v1-9e6be78dfbf1eddf2a29/card.webp)
%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--bda96458-ebe4-44b9-92e5-333e776e1614/v1-73e56ee11a0a58283c94/card.webp)

View all





Economics Grade 12 P1 Gauteng Mock 2022 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Economics Paper 1 memorandum from the Gauteng Mock Exam 2022 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Memorandum, 22 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2022
- Exam period
- Gauteng Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 22
- File size
- 1.6 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 22
This exam
Gauteng Mock Exam 2022
Questions in this paper
- Question 1.1Protectionism and free trade16 marks
- Question 1.2Protectionism and free trade8 marks
- Question 1.3The circular flow model, national account aggregates and the multiplier6 marks
- Question 2The role of the public sector40 marks
- Question 3Protectionism and free trade40 marks
- Question 4The circular flow model, national account aggregates and the multiplier40 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
10731/22
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE
1.1.1 A – dubbeltelling
1.1.2 B – afswaai-trog-opswaai-piek
1.1.3 B – Ouditeur-generaal
1.1.4 C – onderwaardeer
1.1.5 D – ʼn Subsidie op opkomende wynboere om wynuitvoer aan te moedig
1.1.6 C – Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika (BRICS)
1.1.7 A – korridors in Suid-Afrika (Aanvaar A/B as antwoorde)
1.1.8 D – arbeidsproduktiwiteit (8 x 2) (16)
1.2 PASITEMS
1.2.1 I – Dit behels uitset, werkloosheid en inflasie.
1.2.2 G – Word gebruik om die veranderinge in ʼn reeks data oor ʼn sekere
tydperk te ontleed
1.2.3 A – ʼn Korttermyn (drie maande) skuldverpligting van die sentrale
regering
1.2.4 B – Die verskil tussen die waarde van ʼn land se uitvoere en die waarde
van ʼn land se invoere vir ʼn gegewe tydperk (Aanvaar beide B en F)
1.2.5 H – ʼn Klein onderneming met ʼn klein markaandeel en word direk deur sy
eienaars bestuur
1.2.6 C – Ontwerp om te help bou aan Suid-Afrika se industriële basis in kritieke
sektore van produksie en vervaardiging met toegevoegde waarde
1.2.7 D – Voordele en fasiliteite wat hoofsaaklik deur ʼn regering verskaf word
om die lewenskwaliteit van burgers te verbeter
1.2.8 E – Verwydering van staatsinmenging in handelsvloeie
(8 x 1) (8)
2
Downloaded from hlayiso.com
10731/22
1.3 GEE DIE TERM
1.3.1 Markprys
1.3.2 Die nuwe ekonomiese paradigma
1.3.3 Departement van Finansies/Tesourie
1.3.4 Ontluikende markte/ ekonomieë
1.3.5 Strategiese geïntegreerde projekte
1.3.6 Arbeidsmagdeelnamekoers (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
3
Downloaded from hlayiso.com
10731/22
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem enige TWEE totale aanwysers van makro-ekonomie.
Nasionale inkomste
Nasionale besteding
Nasionale produksie
Totale indiensneming
Algemene pryse van goedere en dienste
Totale geldvoorraad
Leidende/Sloerende/Saamgestelde/Samevallende
(Enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 1) (2)
2.1.2 Hoe dra ʼn gebrek aan kapasiteit by tot die mislukking van die
openbare sektor?
Die gebrek aan vaardighede kan lei tot bestuursmislukking en
dienslewering wat ineenstort.
Werkers in die openbare sektor het dalk onvoldoende opleiding en
ondervinding wat lei tot verkeerde besluite en lae produktiwiteit.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2)
2.2 Lees die volgende inligting en beantwoord die vrae wat volg.
2.2.1 Noem EEN voorbeeld van ʼn leidende aanwyser.
Werksadvertensie spasie
Verkope van nuwe passasiersvoertuie
Indeks van verbruikersvertroue
Gemiddelde ure gewerk
Gemiddelde weeklikse werksure in vervaardiging
Fabrieksbestellings vir goedere
Bouplanne goedgekeur/behuisingpermitte
Aandelepryse
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1)
2.2.2 Noem EEN eksterne faktor wat sakesiklusse laat verander.
Natuurrampe
Politieke redes
Sielkundige redes
Verandering in weerpatrone
Tegnologiese skokke
Smaakskokke
(Aanvaar enige ander korrekte relevante reaksie.) (1)
4
Downloaded from hlayiso.com
10731/22
2.2.3 Beskryf kortliks die term saamgestelde aanwyser.
ʼn Saamgestelde aanwyser word gevorm wanneer individuele aanwysers
in ʼn enkele indeks saamgestel word.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
2.2.4 Verduidelik hoe die opswaaifase van die sakesiklus, kommoditeits-
pryse sal affekteer.
Die verwagting is dat kommoditeitspryse moet styg omdat die totale vraag
toeneem en die totale aanbod tydens ʼn opswaai kan
oorskry.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
2.2.5 Hoe kan ekonomiese aanwysers besigheidsdoeltreffendheid in Suid-
Afrika verbeter?
ʼn Ekonomiese aanwyser is ekonomiese data, gewoonlik van makro-
ekonomiese skaal, wat deur ontleders gebruik word om huidige of
toekomstige beleggingsmoontlikhede te interpreteer. Hierdie
aanwysers help ook om die algemene gesondheid van ʼn ekonomie te
beoordeel.
Beleggers kan aanwysers gebruik om hulle te help om voorspellings
te maak oor waarheen die mark op pad is.
Ekonomiese aanwysers soos indiensneming, inflasie en BBP help nie
net om te voorspel hoe die ekonomie presteer nie, maar help ook om
te voorspel of die aandelemark in waarde gaan daal of toeneem.
Ekonomiese aanwysers help beleggers/besighede om transaksies in
die konteks van ekonomiese gebeure te oorweeg en prysaksies
tydens hierdie gebeurtenisse te verstaan.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4)
2.3 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
2.3.1 Identifiseer die semistaatsinstelling wat in 2021 geprivatiseer is.
Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAA/SAL) (1)
2.3.2 Noem EEN rede vir die stigting van ondernemings in staatsbesit.
Verskaffing van strategiese dienste, wat noodsaaklik is vir die optimale
funksionering van die land.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1)
2.3.3 Beskryf kortliks die term openbare sektor.
Openbare sektor is die deel van die ekonomie wat deur die regering besit
en bedryf word, nie deur private besighede of individue nie.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
5
Downloaded from hlayiso.com
10731/22
2.3.4 Hoe finansier die regering sy begrotingstekort?
Regerings leen geld om vir begrotingstekorte te betaal, en wanneer ʼn
regering geld leen, dra dit by tot sy nasionale skuld.
Regerings kan slegs inkomste verhoog deur belasting te verhoog of
ekonomiese groei te verhoog.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
2.3.5 Waarom moet semi-staatsinstellings (SBO’s) volledig
verslag gee van hul aktiwiteite aan die publiek?
Dit gee die publiek ʼn geleentheid om toegang te verkry tot die
effektiewieteit en doeltreffendheid van semistaatsinstellings.
Dit help om doeltreffende bestuur en monitering van
semistaatsinstellings te verbeter om te verseker dat daar geen
vermorsing in die gebruik van die hulpbronne is nie.
Dit word gebruik as ʼn maatstaf van kontrole en teenwigte om die
gedrag van amptenare en bestuurders te reguleer om te verseker dat
beleide van hul instellings reageer, goeie bestuur bevorder en tot
voordeel van openbare belang is.
Aanspreeklikheid vir wettigheid is gemoeid om te verseker dat die
bevoegdhede wat deur die wet gegee word, nie oorskry word nie.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4)
2.4 Bespreek hoe die bestedingsmetode BBP(E)gebruik word om die bruto
binnelandse produk te bereken.
● Die bestedingsmetode is ʼn stelsel vir die berekening van die bruto binnelandse
produk (BBP) wat verbruik, investering, staatsbesteding en netto uitvoer
kombineer.
● Dit is die algemeenste manier om BBP te skat. Dit sluit alles in wat die private
sektor, insluitend verbruikers en private firmas, en die regering bestee binne
die grense van ʼn bepaalde land, wat moet optel tot die totale waarde van alle
voltooide goedere en dienste wat oor ʼn sekere tydperk geproduseer word.
● Hierdie metode produseer nominale BBP, wat dan aangepas moet word vir
inflasie om die reële BBP tot gevolg te hê.
● Die formule vir besteding is BBP=C+I+G+(X−M).
● Die mees dominante komponent in die berekening van BBP onder die
bestedingsmetode is verbruikersbesteding, wat die meerderheid van Suid-
Afrikaanse BBP uitmaak. Verbruik word tipies opgedeel in aankope van
duursame goedere (soos motors en rekenaars), nie-duursame goedere (soos
klere en kos) en dienste.
● Die tweede komponent is staatsbesteding, wat besteding deur die staat,
plaaslike en provinsiale regering verteenwoordig, op verdedigings- en
nie-verdedigingsgoedere en -dienste, soos wapens, gesondheidsorg en
onderwys.
6
Downloaded from hlayiso.com
10731/22
● Besigheidsbelegging is een van die mees wisselvallige komponente wat in
die berekening van BBP ingaan. Dit sluit kapitaalbesteding deur firmas in op
bates met nuttige lewensduur van meer as een jaar elk, soos vaste eiendom,
toerusting, produksiefasiliteite en aanlegte.
● Die laaste komponent wat in die bestedingsbenadering ingesluit is, is netto
uitvoere, wat die effek van buitelandse handel van goedere en dienste op die
ekonomie verteenwoordig.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (4 x 2) (8)
(Maksimum van 4 punte vir blote noem van feite)
2.5 Ontleed die verband tussen die Mediumtermyn-bestedingsraamwerk
(MTBR) en die nasionale begroting.
Die Mediumtermyn-bestedingsraamwerk (MTBR) voorsien die regering van ʼn
instrument om die spanning tussen mededingende beleidprioriteite en
begrotingsrealiteite te bestuur.
Dit help om besteding te herprioritiseer en ingeligte beleidskeuses te maak
wat op mediumtermyn bekostigbaar is.
MTBR's verbeter begrotingsformulering deur die ontwikkeling van
bestedingsplanne wat op bestaande hulpbronne gebaseer is aan te moedig
en deur fiskale dissipline te bevorder.
MTBR's kan nasionale begrotingstabiliteit verhoog deur onsekerheid in die
finansiële vloei te verminder.
MTBR's kan doeltreffendheid in die nasionale begroting verbeter, aangesien
dit sorg vir groter aanspreeklikheid en deursigtigheid.
Die nasionale begroting stel nie groot veranderinge aan staatsbesteding of
belasting voor soos die MTBR doen nie.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
(Maksimum van 2 punte vir bloot die lys van feite en voorbeelde) (8)
[40]
VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem enige TWEE argumente ten gunste van vrye handel.
Spesialisasie
Skaalvoordele
Keuses/Verhoogde welsyn
Innovasies/Beste praktyk
Verbeterde internasionale betrekkinge (2)
3.1.2 Hoe beïnvloed belastingbeleid direkte buitelandse beleggings?
Hoë belasting sal direkte buitelandse investering verminder terwyl
aansporing meer direkte buitelandse investering in die land lok.
ʼn Lae belastingkoers sal meer direkte buitelandse investering lok wat
sal lei tot die bou van infrastruktuur en werkskepping.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2)
7
Downloaded from hlayiso.com
10731/22
3.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
3.2.1 Watter internasionale organisasie moedig vrye handel tussen alle
lande in die wêreld aan?
Wêreldhandelsorganisasie (1)
3.2.2 Waarvoor staan die afkorting AfCFTA?
Afrika Kontinentale Vryhandelsgebied of African Continental Free
Trade Area (1)
3.2.3 Beskryf kortliks die term handelsprotokol.
Ooreenkomste oor handel wat die norme vasstel wat die vlak van handel
beheer. (2)
3.2.4 Waarom is industrialisering van kritieke belang vir die ontwikkeling
van Afrika?
Om verbruikers aan te moedig om die vraag weg van buitelandse
produkte te skuif na plaaslik vervaardigde produkte.
Om die groei van strategiese nywerhede in die land te bevorder.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
3.2.5 Hoe kan die toepassing van proteksionisme nasionale welsyn
verhoog?
ʼn Proteksionistiese handelsbeleid laat die regering van ʼn land toe om
binnelandse produsente te bevorder, en sodoende die binnelandse
produksie van goedere en dienste ʼn hupstoot te gee.
Proteksionisme verhoed storting, goedkoop invoer uit die buiteland,
wat die winsgewendheid en voortbestaan van plaaslike nywerhede
bedreig.
Dit laat die land toe om te diversifiseer en selfversorgend te
word.
Uitvoerbelasting sal dit toelaat om voordeel te trek uit sy mag in
handel en ʼn toename in welsyn te genereer.
Kwota's vasgestel deur ʼn land wat groot is in ʼn internasionale
invoermark kan die nasie in staat stel om voordeel te trek uit sy
monopsie krag in handel en ʼn toename in nasionale welsyn
veroorsaak.
Tariewe wat toegepas word om ʼn invoer/mededingende industrie te
beskerm – ʼn oplewing in invoere kan dalk die dreigende
werkloosheid in die land verminder of uitskakel.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4)
8
Downloaded from hlayiso.com
10731/22
3.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
3.3.1 Verskaf EEN aanwyser van dienslewering wat verband hou met
sosiale aanwysers.
Elektrisiteit
Vullis/Vullisverwydering
Watervoorsiening
Sanitasie (1)
3.3.2 Noem enige EEN gesondheidsaanwyser.
Kindersterftes
Sterftes onder 5 jaar
Besteding aan gesondheid
Toegang tot sanitasie
Toegang tot skoon drinkwater (1)
3.3.3 Beskryf kortliks die term maatskaplike dienste.
Voordele en fasiliteite wat hoofsaaklik deur ʼn regering verskaf word om
die lewenskwaliteit te verbeter. (2)
3.3.4 Hoe het Gift of the Givers die regering se mislukking in die
verskaffing van basiese dienste in Suid-Afrika beïnvloed?
Dit verminder die regering se verantwoordelikheid om basiese
dienste aan sy burgers te verskaf.
Dit het ʼn vennootskap met die regering aangegaan oor rampverligting
soos COVID-19-voedsel en mediese bystand verleen.
Dit het sekere gemeenskappe gehelp waar die regering blykbaar
misluk het.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
3.3.5 Hoe kan die ongelyke aard van gesondheidsorgvoorsiening meer
effektief in Suid-Afrika bestuur word?
Opgradering van regeringsinstellings sal dit moontlik maak vir die
regering om toegang tot gesondheidsorg te gee waar die
meerderheid mense dit nodig het.
Opleiding van meer gesondheidsorgwerkers om die kwaliteit van
gesondheidsorg te verbeter.
Voorsiening van basiese medisyne in gemeenskapsklinieke sal druk
op hospitale verlig om geringe siektes te behandel.
Verhoogde befondsing op gesondheidsorg sal billikheid,
doeltreffendheid en beter gesondheidsuitkomste verskaf.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4)
9
Downloaded from hlayiso.com
10731/22
3.4 Bespreek die rol van Ruimtelike Ontwikkelingsinisiatiewe (ROI's) in Suid-
Afrika.
Ruimtelike ontwikkelingsinisiatiewe (ROI’s/SDI's) poog om infrastruktuur te
verbeter en beleggings na onderontwikkelde gebiede te lok.
Die ROI’s het ten doel om die skepping van lewensvatbare nuwe
werksgeleenthede te fasiliteer, aangesien potensiële beleggingsgeleenthede,
wat deur die proses geïdentifiseer is, deur die private sektor opgeneem
word.
Die Suid-Afrikaanse regering sien die behoefte om saam met private kapitaal
in vennootskap te werk om sulke ROI’s te fasiliteer.
As gevolg van fiskale beperkings op die finansiering van padprojekte, die
PPP-benadering beteken dat ʼn bykomende manier om infrastruktuur en
dienste te finansier vanaf ander bronne as die openbare sektor beskikbaar
gestel word.
Die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging is die dryfkrag
agter industriële en ruimtelike ontwikkeling.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (4 x 2) (8)
(Maksimum van 4 punte vir bloot die lys van feite)
3.5 Ontleed die rol van entrepreneurs met betrekking tot uitvoerbevordering.
Entrepreneurskap speel ʼn belangrike rol in ekonomiese groei van ʼn land
deur middel van uitvoere. Dit verhoog die ekonomiese toestand van die
mense van die land.
Entrepreneurs help om ʼn wêreldbeeld vir Suid-Afrikaanse produkte in die
internasionale mark te skep om mee te ding teen buitelandse vervaardigde
produkte.
Deur verkope van hul surplusprodukte in buitelandse markte, stel
entrepreneurs ʼn land in staat om buitelandse valuta te verdien.
Die verdien van buitelandse valuta kan help om ʼn geskikte betalingsbalans
vir ʼn land te handhaaf.
Entrepreneurs ontwikkel plaasvervangende goedere wat ingevoer word en
voorkom dus oorafhanklikheid van die buiteland en help terselfdertyd om
buitelandse valuta te bespaar.
Plaaslike nywerhede van die land kan vinnig ontwikkel.
Laekoste vervoer en goedkoop vragtariewe kan vir uitvoermarkte gebruik
word
DHN verskaf sake-intelligensie en identifiseer besigheidsgeleenthede in
ander lande, wat entrepreneurs kan benut
DHN bied tegniese advies en kundigheid oor produkspesifikasies tot
advertensies en bemarking, oor buitelandse mark; entrepreneurs kan
inligting van hierdie kanaal/bron verkry
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
(Maksimum van 2 punte vir bloot die lys van feite en voorbeelde) (8)
[40]
10
Downloaded from hlayiso.com
10731/22
VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem enige TWEE regerings prysbeleide wanneer openbare
goedere en dienste verskaf word.
Gratis goedere en dienste
Hef ʼn klein fooi of tolgeld
Subsidies (2 x 1) (2)
4.1.2 Waarom is ʼn lae besparingsvlak aanwyser nadelig vir die Suid-
Afrikaanse ekonomie?
Die Suid-Afrikaanse ekonomie sal nie sy kapitaalvoorraad kan opbou
nie.
Besighede sal nie in staat wees om te belê en hul besighede uit te
brei nie.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2)
4.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
4.2.1 Gee die formule van ʼn tweesektormodel van die vermenigvuldiger
deur die inligting hierbo te gebruik.
AE = C + I
𝛥𝑌
𝐾 = 𝛥𝐸
𝛥𝑌
𝐾 = 𝛥𝐽
(1)
4.2.2 Identifiseer die komponent, volgens die grafiek wat ʼn verandering in
die totale besteding veroorsaak het.
C/Verbruiksbesteding (1)
4.2.3 Beskryf kortliks die term vermenigvuldigingseffek.
Die vermenigvuldigingseffek dui daarop dat ʼn inspuiting van nuwe
besteding tot ʼn groter toename in finale nasionale inkomste (BBP) kan
lei.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
4.2.4 Waarom skep ʼn toename in beleggings ʼn positiewe
vermenigvuldigingseffek?
● Firmas sal ʼn toename in bestellings kry en meer goedere verkoop
wat uitset sal verhoog en firmas sal aanmoedig om meer werkers aan
te stel om aan groter vraag te voldoen.
● Werkers sal nou hoër inkomste hê en hulle sal meer bestee wat meer
besteding en inkomste vir die regering skep. (2)
11
Downloaded from hlayiso.com
10731/22
● Wanneer die regering sy besteding verhoog, is dit ʼn inspuiting in die
ekonomie, die vermenigvuldiger neem dan oor en soos elke
bestedingsronde plaasvind, word meer geld in die ekonomie
gegenereer, maar teen die koers van die vermenigvuldiger wat van
die mvg verkry word.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
4.2.5 Bereken die vermenigvuldiger deur die inligting in die grafiek te
gebruik en verduidelik die vermenigvuldiger effek op die ekonomie.
Veranderin g in inkomste Y
K
Veranderin g in totale besteding AE
700
2,3
300
Die vermenigvuldiger toon ʼn afname van 2,3 as gevolg van
verbruiksbesteding. Die effek is stadiger groei in die ekonomie.
(2 x 2) (4)
4.3 Bestudeer die kaart hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
4.3.1 In watter provinsie is die Makhado Spesiale Ekonomiese Sone
geleë?
Limpopo Provinsie (1)
4.3.2 Noem enige EEN industrie wat geskik is vir belegging in die
bogenoemde SES.
Mineraalveredeling/mynbou
Landbouverwerking
Petrochemies (1)
4.3.3 Beskryf kortliks die term nywerheidsontwikkelingstrategie.
Nywerheidsontwikkelingstrategie verwys na doelbewuste
regeringspogings om die struktuur en verspreiding van
nywerheidsaktiwiteite te verander om ekonomiese groei en
ontwikkeling te bevorder.
Die strategie om waardetoegevoegde produkte te genereer deur
hoogs gevorderde benutting van plaaslike hulpbronne.
Verwys na die wette en regulasies wat daarop gemik is op die
aanmoediging van beleggings, verbetering en die uitbreiding van
bepaalde nywerhede aan te moedig
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
12
Downloaded from hlayiso.com
10731/22
4.3.4 Verduidelik die stelling, ontwikkeling vir die mense deur die mense.
Die doel van streeksontwikkeling is om mense se lewenstandaard te
verhoog.
Geen ontwikkeling kan sonder mense plaasvind nie.
Aspekte soos opleiding en gesondheid is baie belangrik.
Bou infrastruktuur vir die mense wat dieselfde mense gebruik om die
infrastruktuur te bou
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
4.3.5 Hoe kan die Suid-Afrikaanse regering die bevordering van
beleggings in onderontwikkelde gebiede verseker?
Finansiële beleggingsondersteuning moet deur verskeie programme
verskaf word, insluitend die Klein- en Medium
Ondernemingsontwikkelingsprogram.
Nuwe aansporingskemas moet van stapel gestuur word, insluitend
skemas om koöperatiewe ondernemings en ondernemings in
vrouebesit te ondersteun.
Verskaffing van mikrolenings aan mikro-ondernemings wat ʼn leemte in
die finansering aanspreek wat deur ontwikkelings finansierings
stellings en private sektor verskaf word.
Finansiële ondersteuning wat aan ondernemings verskaf word, sluit
belastingaansporings deur die Strategiese Nywerheidsprogram in.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4)
13
Downloaded from hlayiso.com
10731/22
4.4 Teken ʼn grafiek om die amplitude in ʼn sakesiklus te illustreer. Verduidelik die
variasies van die amplitude op die sakesiklus.
Piek
Vlak van ekonomiese aktiwiteit
Piek Neiging
Amplitude
Amplitude
Amplitude Trog
Tyd
Puntetoekenning
Korrekte teken van die sakesiklus : 2 punte
Korrekte posisie en benoeming van die amplitude: 2 punte
(Maks. 4 punte)
Die amplitude is die afstand tussen die tendenslyn en die piek/trog.
Amplitude weerspieël die intensiteit van die opswaai en afswaai in ekonomiese
aktiwiteit.
Die amplitude weerspieël die krag van onderliggende faktore soos
rentekoerse, uitvoere of verbruikersbesteding.
ʼn Groot amplitude tydens die opswaai dui op sterk onderliggende kragte – wat
langer siklusse tot gevolg het.
Hoe groter die amplitude, hoe meer ekstreem die veranderinge wat kan
voorkom. (Maks. 4)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (4 x 2) (8)
(Maksimum van 4 punte vir blote noem van feite)
14
Downloaded from hlayiso.com
10731/22
4.5 Ontleed die impak van COVID-19 op inflasiekoers aanwyser.
Maatreëls om COVID-19 te bevat het gelei tot ʼn korttermyn toename in
verwagtinge en inflasie-onsekerheid.
Inperkingsmaatreëls soos tydelike besigheidssluitings het eers ʼn skok aan
die aanbodkant aangedui, terwyl besmettingsvrese onsekerheid verhoog
het en werkverliese het tot afnames in vraag gelei.
Voedselpryse het gestyg terwyl energie- en dienste-inflasie gedaal het –
Die daling kon gesien word in beide energiepryse en in die mandjie
goedere wat kerninflasie bepaal.
Daar was ʼn effense afname in inflasie oor die algemeen, hoewel pryse van
industriële goedere aansienlik toegeneem het.
Die styging in inflasie in onverwerkte voedsel was abnormaal hoog, wat ʼn
afname in produksie aandui aangesien die vraag meer stabiel bly,
aangesien die inperking nie die verbruiker se basiese behoeftes verander
het nie.
Pryse is moontlik ook beïnvloed deur ʼn moontlike toename in vraag namate
verbruikers voorraad opgegaar het.
Huishoudings met hoër inkomste is geneig om meer te spaar as ʼn
voorsorgmaatreël wat inflasiedruk verminder het.
Die fiskale beleid wat tydens inperkings- en herstelfases ontplooi word, sal
deurslaggewend wees om aanhoudende uitwerking op vraag te vermy en
die risiko van deflasie te regverdig.
COVID-19 kan ʼn blywende impak hê op die gedrag van verbruikers en
besighede wat versigtiger kan raak met hoeveel hul verbruik- en
beleggingsbesluite wat die verbruiksmandjie sal beïnvloed.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
(Maksimum van 2 punte vir bloot die lys van feite en voorbeelde) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
15
Downloaded from hlayiso.com
10731/22
AFDELING C
Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
PUNTE-
STRUKTUUR VAN OPSTEL
TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is ʼn laer-orde respons.
ʼn Goeie beginpunt sal wees om die hoofkonsep wat verband hou met Maks. 2
die vraagonderwerp te definieer.
Moenie enige deel van die vraag by jou inleiding insluit nie.
Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie.
Vermy om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek .
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in detail/In-diepte bespreking/Ondersoek/Bespreek
krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik/ Maks. 26
Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en
verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Assesseer/Debatteer
ʼn Maksimum van 8 punte mag vir opskrifte/voorbeelde toegeken word.
Addisionele deel: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Debatteer/Lei
af/Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/Hoe?/Stel Maks. 10
ʼn Maksimum van 2 punte mag toegeken word vir blote lys van feite.
Gevolgtrekking
Enige hoër-orde gevolgtrekking moet die volgende insluit:
ʼn Kort opsomming van wat bespreek is sonder om feite wat reeds
genoem is te herhaal Maks. 2
Enige mening of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
Addisionele ondersteuningsinligting om die bespreking/analise te
versterk
ʼn Teenstrydige standpunt met motivering, indien nodig
Aanbevelings
TOTAAL: 40
16
Downloaded from hlayiso.com
10731/22
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE
Bespreek, in detail, die aanbodredes vir internasionale handel. (26 punte)
Ontleed die effek van internasionale handel op die betalingsbalans.
(10 punte)
INLEIDING
Internasionale handel is die uitruil van goedere en dienste tussen lande. Handel
wêreldwyd gee verbruikers en lande die geleentheid om blootgestel te word aan
goedere en dienste wat nie in hul eie lande beskikbaar is nie, of wat binnelands duurder
sou wees. (Maks. 2)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding.)
LIGGAAM: HOOFDEEL
VOORSIENING REDES
Natuurlike hulpbronne
Hierdie hulpbronne is nie eweredig oor alle lande van die wêreld versprei nie.
Hulle verskil van land tot land en kan slegs uitgebuit word op plekke waar die
hulpbronne bestaan.
Suid-Afrika is goed toegerus met verskillende natuurlike hulpbronne, maar minder
toegerus met geskoolde arbeid en kapitaal.
Voorbeelde is Japan en Ierland, wat ʼn oorvloed van geskoolde arbeid het, maar
hulle het ʼn gebrek aan natuurlike hulpbronne.
Arbeidshulpbronne
Arbeid verskil tussen verskillende lande in terme van vaardighede, kennis,
opleiding, kwaliteit, kwantiteit en ook koste.
Sommige lande soos Switserland het hoogs geskoolde, goed betaalde werkers en
hoë produktiwiteitsvlakke.
Die beskikbaarheid van kapitaal
Sommige lande moet hul nywerhede en ekonomieë moderniseer met gevorderde
masjinerie, toerusting (aanlegte), maar kan nie hierdie toerusting vervaardig nie,
want hulle het nie die kapitaal om dit te doen nie.
Hierdie faktor het dus die behoefte aan internasionale handel verhoog.
Gebrek aan entrepreneurskap
Daardie lande wat goeie entrepreneursvaardighede het, bied meer goedere en
dienste vir handel.
Doeltreffendheid bepaal die aanbod van goedere en dienste wat teen laer pryse
geproduseer word en verminder ook die geleentheidskoste om dit te verkry.
Klimaatstoestande
Lande met gunstige klimaatstoestande maak dit moontlik om sekere goedere teen ʼn
laer prys as ander lande te produseer.
ʼn Voorbeeld is Brasilië, wat die grootste produsent van koffie is.
Lande het verskillende klimaatstoestande en is dus in staat om verskillende
produkte te produseer.
17
Downloaded from hlayiso.com
10731/22
Tegnologiese hulpbronne
Die ontwikkelingsvlakke en innovasieprosesse van lande sal altyd verskil en
gevolglik kan een land dit in oorvloed hê, terwyl ander nie.
Lande soos Duitsland en die VSA het genoeg kapitaal om hoë vlakke van
tegnologie en gesondheidsorg te ontwikkel, terwyl ander lande nie toegang het tot
die nuutste tegnologie soos basiese internetdienste en gesondheidsorg nie.
Ontwikkelde lande wat hoë tegnologiese arbeidskragte het, kan sekere goedere en
dienste teen ʼn lae eenheidskoste produseer.
Spesialisering
Die produksie van sekere goedere en dienste laat sommige lande toe om dit teen ʼn
laer koste as ander produsente te produseer.
Japan vervaardig elektroniese goedere en verkoop dit teen ʼn baie laer prys.
Internasionale handel stel lande in staat om te spesialiseer in die produksie van
goedere en dienste waarin hulle ʼn vergelykende voordeel bo ander het.
Die meeste van hierdie surplusproduksie word na ander lande uitgevoer en die
inkomste wat uit hierdie uitvoere verdien word, kan gebruik word om hul invoere te
finansier.
(ʼn Maksimum van 2 punte kan toegeken word vir blote lys van feite.) (Maks. 26)
ADDISIONELE DEEL:
Ontleed die effek van internasionale handel op die betalingsbalans.
Internasionale of eksterne handel is die vloei van goedere en dienste oor
internasionale grense.
Die betalingsbalanstransaksies (BOP) bestaan uit invoere en uitvoere van goedere,
dienste en kapitaal, sowel as oordragbetalings, soos buitelandse hulp en
oorbetalings.
ʼn Land se betalingsbalans en sy netto internasionale beleggingsposisie skep saam
sy internasionale rekeninge.
ʼn Betalingsbalanssurplus beteken die land voer meer uit as wat dit invoer. Dit
verskaf genoeg kapitaal om vir alle binnelandse produksie te betaal.
Omgekeerd, as die invoer uitvoere oorskry, bestaan ʼn ongunstige handelsbalans, of
ʼn handelstekort.
Toename in goedere-uitvoer sal daartoe lei dat ʼn land ʼn positiewe betalingsbalans
het.
Die saldo tekort of surplus het ʼn impak op die wisselkoers van ʼn land se
geldeenheid.
ʼn Sterk geldeenheid stimuleer invoere en beperk uitvoere terwyl ʼn swakker
geldeenheid uitvoere stimuleer en invoere ontmoedig.
ʼn Tekort in die betalingsbalans lei tot ʼn groter vraag na buitelandse valuta tot die
nadeel van ʼn land se geldeenheid wat in hierdie situasie sou depresieer.
ʼn Oorskryding van die rekeningsaldo behels egter ʼn groot hoeveelheid buitelandse
valuta waarvoor ʼn land se geldeenheid omgeruil sal word. ʼn Toenemende vraag na
die land se geldeenheid sal lei tot ʼn appresiasie van die geldeenheid.
Toerisme en ander hoëvlakdienste: (1 punt vir die frase)
Effek van globalisering op internasionale handel (spesialisasie,
massaproduksie, doeltreffendheid en globalisering aangesien die gevolge van
internasionale handel aan die betalingsbalans gekoppel kan word)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Maks. 10)
18
Downloaded from hlayiso.com
10731/22
GEVOLGTREKKING
Lande wat meer oop is vir internasionale handel is geneig om vinniger te groei, te
innoveer, produktiwiteit te verbeter en hul burgers hoër inkomste en meer
geleenthede te gee. Integrasie in die globale ekonomie deur internasionale handel
en globale waardekettings dra by tot plaaslike en globale ekonomiese groei en
armoedevermindering. (Maks. 2)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante hoër-orde gevolgtrekking)
VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES
Bespreek, in detail, die doelstellings en doelwitte van die volgende groei- en
ontwikkelingsbeleide:
- Nuwe Groeipad (NGP) (13)
- Uitgebreide Openbare Werke-program (UOWP) (13)
(26)
Ontleed Suid-Afrika se fiskale beleid in terme van voordele in natura (natura-
voordele) as ʼn maatreël om die ekonomiese welsyn van sy burgers te
verbeter. (10)
INLEIDING
Die Nuwe Groeipad weerspieël die regering se verbintenis tot die prioritisering van
werkskepping in alle ekonomiese beleide. Dit identifiseer strategieë wat Suid-Afrika in
staat sal stel om op ʼn meer regverdige en inklusiewe wyse te groei terwyl Suid-Afrika se
ontwikkelingsagenda bereik word.
Die Uitgebreide Openbare Werke-program is een van die regering se sleutelprogramme
wat daarop gemik is om armoede en inkomsteverligting te verskaf deur tydelike werk vir
werkloses. (Maks. 2)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding.)
19
Downloaded from hlayiso.com
10731/22
LIGGAAM: HOOFDEEL
Die Nuwe Groeipad (NGP) is in 2010 geïmplementeer.
Doelwitte
Die Nuwe Groeipad het groot verbeterings in die regering voorgestel, met ʼn oproep om
onnodige rompslomp te verminder, mededinging in die ekonomie te verbeter en
vaardigheidsontwikkeling te versterk.
Doelwitte
Groen ekonomie: Uitbreidings in konstruksie en die vervaardiging van tegnologieë
vir son-, wind- en biobrandstof. Skoon vervaardiging en omgewingsdienste is
geprojekteer om 300 000 werksgeleenthede teen 2020 te skep.
Landbou: Werksgeleenthede sal geskep word deur die hoë insetkoste aan te
spreek en verwerking en uitvoerbemarking op te skaal. Ondersteuning vir klein
boerderye sal toegang tot sleutelinsette insluit.
Mynbou: Verhoogde mineraalontginning en verbetering van infrastruktuur en
vaardigheidsontwikkeling. Dit fokus steun vir veredeling op die finale vervaardiging
van verbruikers- en kapitaalgoedere, wat grootskaalse indiensneming kan skep.
Vervaardiging: Herindustrialisering in die Suid-Afrikaanse ekonomie gebaseer op
die verbetering van prestasie deur innovasie, vaardigheidsontwikkeling en
verlaagde insetkoste in die ekonomie.
Toerisme en ander hoëvlakdienste: Behou indiensnemingspotensiaal en vorm die
raamwerk vir Suid-Afrika om homself te posisioneer as die hoëronderwysmiddelpunt
van die Afrika-kontinent.
Spesifieke doelwitte
Die skep van vyf miljoen werksgeleenthede teen 2020.
Skep jeugbrigades waarin ʼn miljoen jong volwassenes van opleiding en
werkservaring voorsien moet word.
Skep ʼn meer inklusiewe, arbeidsabsorberende en doeltreffende ekonomie.
Om die werkloosheidskoers tot 15 persent te verminder.
Die Nuwe Groeipad het ses prioriteitsareas vir werkskepping vasgestel:
Infrastruktuurontwikkeling, landbou, mynbou, vervaardiging, die "groen" ekonomie
en toerisme.
ʼn Oorgang na ʼn groen ekonomie behels die uitbreiding van groen produksie en
markte;
die uitputting van natuurlike hulpbronne en agteruitgang van ekosisteme wat deur
ekonomiese aktiwiteit veroorsaak word, te verminder;
● toenemende afhanklikheid van laekoolstof energievoorsiening om
klimaatsverandering te versag. (Maks. 13)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
20
Downloaded from hlayiso.com
10731/22
UITGEBREIDE OPENBARE WERKE-PROGRAM (UOWP)
Dit is in 2004 bekendgestel.
UOWP (EPWP) fokus op vier sektore:
● Nie-staat sektor – gelei deur die Onafhanklike Ontwikkelingstrust OOT (IDT) verskaf
befondsing aan NRO's om gereelde deeltydse werk met gereelde inkomste te verskaf
● Omgewings- en Kultuursektor – Hierdie sektor skep werksgeleenthede deur
uitheemse plantegroei skoonmaakprojekte, vleilandrehabilitasieprogramme,
afvalbestuur en gemeenskapstoerismeprojekte.
● Die maatskaplike sektor – fokus op die verhoging van die gehalte van
tuisgebaseerde sorg en vroeë kinderontwikkelingsprogramme ✓✓
Doel
Om armoede en inkomsteverligting deur tydelike werk aan arm, ongeskoolde en
werklose Suid-Afrikaners te verskaf.
Dit bied arbeidsintensiewe werksgeleenthede.
Dit is ʼn landwye program op alle vlakke van regering en staatsbeheerde
ondernemings.
Bied ʼn belangrike geleentheid vir arbeidsabsorpsie en inkomste-oordragte aan arm
huishoudings op kort en medium termyn.
Doelwitte
Werksgeleenthede binne die infrastruktuur fokus meer op arbeidsverwante aktiwiteite
(byvoorbeeld instandhoudingsprogramme) en sal waarskynlik gereelde werk aan groot
getalle mense verskaf.
Fase 1 se fokus was op werksgeleenthede vir arm en werklose huishoudings, KMMO-
ontwikkeling en dienslewering.
Fase 2 (April 2009 – Maart 2014) se doelwit was om werksgeleenthede vir 4,5 miljoen
tydelike en 2 miljoen permanente werksgeleenthede te verskaf.
Verhoogde teikens vir aangewese groepe (vroue, jeug en mense met
gestremdhede).
Verskaf werksgeleenthede vir 6 miljoen mense in Fase 3 (April 2014 –
Maart 2019).
Verskaf tydelike werksgeleenthede aan 5 miljoen mense en 2,3 miljoen permanente
werksgeleenthede in Fase 4 (April 2019 – Maart 2024).
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Maks. 13)
BYKOMENDE DEEL
Ontleed Suid-Afrika se fiskale beleid in terme van voordele in natura (natura-voordele), as
ʼn maatreël om die ekonomiese welsyn van sy burgers te verbeter.
Gesondheidsorgbestedings kan lei tot beter voorsiening van
gesondheidsgeleenthede, wat menslike kapitaal kan versterk en produktiwiteit kan
verbeter, en sodoende bydra tot ekonomiese prestasie.
Skoolmaaltye kan die voedingstatus van voorskoolse kinders, laerskoolkinders en
adolessente verbeter deur makro- en mikronutriënttekorte aan te spreek. Dit lei tot
21
Downloaded from hlayiso.com
10731/22
verbeterde voeding en gesondheid, verminderde morbiditeit, en verhoogde
leervermoë en inskrywing.
Huishoudings met opgevoede mense staan ʼn beter kans om hulself uit swak
lewensomstandighede te lig as huishoudings sonder opgevoede mense daarin.
Onderwys is die sleutel tot die verhoging van ekonomiese doeltreffendheid en sosiale
konsekwentheid. Deur die waarde en doeltreffendheid van hul arbeid te verhoog, help
dit om die armes uit armoede op te hef.
Gratis basiese elektrisiteit van 50 kWh per huishouding per maand vir ʼn netwerk-
energiestelsel (gekoppel deur die nasionale elektrifiseringsprogram) word voorsien.
Hierdie hoeveelheid elektrisiteit sal genoeg wees om basiese beligting, basiese
waterverhitting met ʼn ketel, basiese strykwerk en ʼn klein TV en radio te voorsien.
Riool en sanitasie, sowel as vaste afvalbestuur, word tot R50 per maand of 100%
subsidie aan behoeftige huishoudings gesubsidieer.
Gratis basiese water bestaan uit ten minste ʼn basiese hoeveelheid van 6 kl (6 000 l)
water per maand, per huishouding.
Infrastruktuur verseker maklike beweging van goedere en grondstowwe, en
verminder daardeur ondoeltreffendheid en lei tot doeltreffende benutting van skaars
hulpbronne en skakel vermorsing uit.
Waar gebruikersfooie gehef word, trek arm mense en lae-inkomsteverdieners meer
voordeel as ander gebruikers omdat hulle niks of minder as hoër inkomste
verdieners betaal nie. (Maks. 10)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
SLOT
Beleide behoort vertroue te versterk in die land se vermoë om ʼn fiskale konsolidasiepad
te volg, die doeltreffendheid van bestedings te verbeter en inkomstemobilisering te
versterk. (Maks. 2)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante hoër-orde gevolgtrekking.) [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
TOTAAL: 150
22
Study this subject
Recommended for this subject
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--82e9d47a-c817-4545-9700-e9e2b9b7de9b/v1-301c5aae90a68c6175ee/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 Question Paper (Afr)
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--468fe2d7-94f8-43ec-88c6-86cf12e31969/v1-b9f94b025e76d883b8ba/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P1 Gauteng Mock 2020 Question Paper (Afr)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--37295a41-5de8-4317-9725-dc223714aee3/v1-561d5cdb129296dcc9f2/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P1 Gauteng Mock 2019 Question Paper (Afr)
%202020%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--ba246fa2-7d32-4ab7-981e-10d6b2dd4a91/v1-9e6be78dfbf1eddf2a29/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 Memo (Afrikaans)
%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--bda96458-ebe4-44b9-92e5-333e776e1614/v1-73e56ee11a0a58283c94/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2017 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 Memo (Afr)
More from Grade 12 Economics

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 Free State Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P1 Mpumalanga Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P2 Mpumalanga Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (Afr)

Question paper