Downloaded from hlayiso.com
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2017
NASIEN RIGLYNE
EKONOMIE (TWEEDE VRAESTEL) (10732)
17 bladsye
Skip to contentAll 2017 papers %202020%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--ba246fa2-7d32-4ab7-981e-10d6b2dd4a91/v1-9e6be78dfbf1eddf2a29/card.webp)

%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--82e9d47a-c817-4545-9700-e9e2b9b7de9b/v1-301c5aae90a68c6175ee/card.webp)
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--d34a6a9d-f432-46f7-873d-1a849eb9a1cc/v1-813bf44cd2b14d59ad5b/card.webp)
%202015%20Preparatory%20Examination%20Paper_hlayiso.com_--14747984-6602-4d68-a89a-339c7ef58679/v1-7a5a15ad65c47c648255/card.webp)

View all





Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2017 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Economics Paper 2 memorandum from the Gauteng Mock Exam 2017 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2017 · Afrikaans. Memorandum, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2017
- Exam period
- Gauteng Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 261.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 17
This exam
Gauteng Mock Exam 2017
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
10732/17
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
EKONOMIE
(Tweede Vraestel)
MEMORANDUM
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
1.1.1 Bhomogene
1.1.2 Celasties
1.1.3 Anormale
1.1.4 C staatsprojekte
1.1.5 Adienste
1.1.6 D volhoubare ontwikkeling
1.1.7 B COP17
1.1.8 D besoedeling (8 x 2) (16)
1.2 PASITEMS
1.2.1 H Die punt waar die firma nie abnormale winste maak nie maar
slegs normale winste
1.2.2 G Besighede wat dieselfde tipe produk produseer
1.2.3 E ʼn Situation waar een firma die prys vasstel en die ander
aanvaar dit as die markprys
1.2.4 B Individue kan hulle nie weerhou van verbruik nie
1.2.5 D Die algemene prysvlak toon ʼn volgehoue afname
2
Downloaded from hlayiso.com
10732/17
1.2.6 A Besoek aan ʼn land deur ʼn nie-inwoner van die land
1.2.7 F Enige sigbare en volgehoue verandering in die normale
weerpatroon
1.2.8 I Heffings vir die negatiewe effek op die omgewing
(8 x 1) (8)
1.3 IDENTIFISEER DIE KONSEP
1.3.1 Volmaakte mark
1.3.2 Oligopolie
1.3.3 Pareto-effektiwiteit
1.3.4 VPI
1.3.5 Bio-brandstof
1.3.6 Wêreld Erfenis Gebied (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
3
Downloaded from hlayiso.com
10732/17
AFDELING B
VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE
2.1 2.1.1 Noem die TWEE markstrukture waar volledige markinligting
moontlik is.
• Volmaakte mededinging
• Monopolistiese kompetisie (2 x 1) (2)
2.1.2 Hoe kan die owerheid die prys van goedere in ʼn volmaakte
markstruktuur beïnvloed?
Die regering meng nie in met die ekonomie onder volmaakte
kondisies nie. (1 x 2) (2)
2.2 Data Respons
2.2.1 Identifiseer TWEE hindernisse tot toegang soos deur die
spotprent uitgebeeld.
• Patente regte
• Eksklusiewe hulpbronne (2 x 1) (2)
2.2.2 Watter tipe monopolie word voorgestel in die spotprent?
Nagemaakte monopolie. ʼn Monopolie met patente regte (2)
2.2.3 Beskryf kortliks die term monopolie.
In ʼn monopolie is daar slegs een produsent of verkoper van ʼn
produk. (2)
2.2.4 Waarom kan ʼn monopolis nie die pryse van sy produk
uitermatig hoog maak nie?
• ʼn Monopolis word aan markkragte blootgestel.
• Verbruikers het ʼn beperkte begroting en sal vir alternatiewe
soek as die prys te hoog word. (2 x 2) (4)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
4
Downloaded from hlayiso.com
10732/17
2.3 Data Respons
2.3.1 Wat is FreeMe tariefplanne van Telkom?
Verbruikers koop databondels met groot hoeveelhede, gratis
minute, gratis SMSe, gratis sosiale media en ander voordele (1)
2.3.2 Watter tipe kompetisie word uitgebeeld in die uittreksel
hierbo?
Nie-prys kompetisie (1)
2.3.3 Waarom het Vodacom besluit om ʼn soortgelyke
bemarkingstrategie as Telkom bekend te stel?
• Hulle mag kliënte aan Telkom verloor.
• Daar is intense kompetisie omdat daar net ʼn paar
verskaffers is van mobiele data. Hierdie verskaffers is
interafhanklik van mekaar. (2 x 2) (4)
2.3.4 Wat anders kan Vodacom doen om hulle kliëntebasis te
vergroot?
• Hulle kan aggressiewer advertensieveldtogte toepas.
• Hulle kan hulle na-verkoopdienste verbeter.
• Bied kompeterende pakkette: Selfoonkontrakte. (2 x 2) (4)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
2.4 Verduidelik kortliks die aard van produkte onder monopolistiese
mededinging.
• Produkte is nie identies nie.
• Gedifferensieerde produkte is dieselfde, maar nie identies nie.
• Die ooreenkomste tussen die produkte lê in die feit dat hulle dieselfde
verbruikers behoeftes bevredig.
• Voorbeelde is die groot verskeidenheid van mans- en vroueklere, skoene
ens.
• Verskille kan denkbeeldig wees.
• Verskillende handelsmerke vir produkte maar die inhoud en bestanddele
mag presies dieselfde wees.
• Bv. sommige medisyne, tandepasta ens. (4 x 2) (8)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
(Allokeer ʼn maksimum van 4 punte as feite slegs gelys is of vir
voorbeelde.)
5
Downloaded from hlayiso.com
10732/17
2.5 Hoe sal nuwe toetreders in die volmaakte mark die winsvlakke van
bestaande besighede beïnvloed?
Nuwe toetreders in die volmaakte mark sal die winsvlakke van bestaande
besighede beïnvloed deur ...
• toe te tree tot die mark wanneer bestaande besighede ekonomiese
winste maak.
• die markaanbod te verhoog.
• ʼn afname in die prys van die goedere en dienste te bring.
• kleiner / minder winste maak as voorheen te veroorsaak.
• nie meer algemene veranderlike koste kan dek nie.
• ophou bestaan en die mark verlaat.
• slegs normale winste maak op die langtermyn te maak. (4 x 2) (8)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
(Allokeer ʼn maksimum van 2 punte as feite slegs genoem is of vir
voorbeelde.) [40]
6
Downloaded from hlayiso.com
10732/17
VRAAG 3: KONTEMPORêRE EKONOMIESE KWESSIES
3.1 3.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van items wat herwin kan word.
• Plastiek
• Glas
• Papier
• Blikkies
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
Enige (2 x 1) (2)
3.1.2 Hoe kan toerisme die omgewing negatief beïnvloed?
• Dit kan permanente omgewingsverandering veroorsaak
• Toerisme genereer afvalprodukte
• Dit kan omgewingstres veroorsaak Enige (1 x 2) (2)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
3.2 Data respons
3.2.1 Hoeveel KMMO’s was gekies om Suid-Afrika se unieke en
oorspronklike Suid-Afrikaanse toerismeprofiel uit te stal?
70 KMMO’s (1)
3.2.2 Noem EEN voordeel wat KMMO’s geniet het tydens die Indaba.
• Het besigheidsnetwerkgeleenthede gehad met kopers uit
die uithoeke van die wêreld.
• Werkswinkels was aangebied wat hulle die nodige kennis
en gereedskap verskaf het hoe om die mark te betree.
• Hulle kon ook hul stories met die globale media deel.
Enige 1 x 1 (1)
3.2.3 Watter uitdagings ondervind KMMO’s normaalweg in die
toerismebedryf?
• Sommige KMMO’s stagneer as gevolg van onvoldoende
toetrede tot fondse.
• Sommige besighede kan nie hul besighede blootstel nie.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4)
7
Downloaded from hlayiso.com
10732/17
3.2.4 Hoe kan KMMO’s in die toerisme bedryf die Suid-Afrikaanse
ekonomie ontwikkel?
• Hulle kan ʼn groot verskeidenheid goedere en dienste
aanbied in die toerismebedryf en Suid-Afrika se profiel as
toeriste bestemming verbeter.
• Meer toeriste sal aangetrek word na Suid-Afrika en dit kan
lei na ʼn invloei van buitelandse valuta.
• KMMOs kan ook werksgeleenthede verskaf en dit kan die
armoedevlak verminder.
• Hierdie toeris betaal ook ʼn verskeidenheid van belasting wat
vir ekonomiese ontwikkeling gebruik word. (2 x 2) (4)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
3.3 Data respons
3.3.1 Noem EEN voorbeeld van ʼn hernubare bron
Bome (1)
3.3.2 Wat, volgens die informasie hierbo, is nodig om ekonomiese
gebruik van hulpbronne te verseker
Bewaring (1)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 1x1)
3.3.3 Beskryf kortliks die konsep van bewaring.
• Bewaring is enige strategie wat gemik is op die behaling van
volhoubare gebruik en bestuur van natuurlike
hulpbronne. (2)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
3.3.4 Hoe sal die uitwissing van hulpbronne ʼn negatiewe impak op
die omgewing hê?
Die uitwissing van hulpbronne sal op die omgewing ʼn negatiewe
effek hê, want ...
• biodiversiteit sal geaffekteer word.
• dit kan lei tot afvalprodukte ook bekend as besoedeling
• lei tot klimaatsverandering (2)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
3.3.5 Wat kan gedoen word om die afkap van bome te verminder?
• Bemarkingsinisiatiewe teen ontbossing / openbare mening
• Die gebruik van tegnologie om houtprodukte te vervang om
so die vraag daarna te verminder.
• Wetgewing om natuurlike woude te beskerm / uitbreiding van
plantasies om die aanbod te verhoog.
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4)
8
Downloaded from hlayiso.com
10732/17
3.4 Verduidelik kortliks die heffing vir die gebruik van die omgewing en die
heffing van omgewingsbelasting as maatreëls om die omgewing te
beskerm.
Heffing vir die gebruik van die omgewing
• Die heffing vir die gebruik van die omgewing is een manier wat die
regering gebruik om vergoed te word vir die natuurlike bronne.
• Die regering hef ʼn fooi op verbruikers en produsente vir die gemors
(solied, vloeibaar en gas) wat hulle produseer of stort in die
omgewing.
• Byvoorbeeld, plaaslike regering vra geld vir die verwydering van vullis
en sanitasieverwydering van die huishouding, besighede en ander.
(maks. 4)
Heffing van omgewingsbelasting
• ʼn Belasting wat gehef word op die uitsette (verbruik) van goedere waar
uitermatige omgewingskoole veroorsaak word
• Dit word groenbelasting genoem
• Byvoorbeeld, ʼn belasting op bande.
• In hierdie geval, het die goedere alreeds ʼn prys en die belasting wat
gehef word verhoog die prys.
• Om die sosiaal effektiewe uitset te behaal, moet die belastingkoers
gelyk wees aan die marginale eksterne koste.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
(Allokeer ʼn maksimum van 4 punte vir die noem van feite of
voorbeelde.)
(maks. 4)
(2 x 4) (8)
3.5 Hoe baat die regering by toerisme in Suid-Afrika?
Die regering trek voordeel uit toerisme deur ...
• die heffing van belasting.
• die eksterne koste terug te kry deur die heffing van toerisme-
belasting.
• Die bedrag wat gehef word op toeriste en verkoopspryse. Hierdie
bedrag dien as vergoeding vir die verskaffing van infrastruktuur, basiese
dienste en publieke geriewe (soos storte en toilette op die strand) vir
toeriste.
• inkomste te kry.
• lughawebelasting, lugkaartjiebelasting, belasting op hotelkamers.
• Dobbelplekke wat baie winsgewende instansies is.
• normale uitgawes en belastings, soos BTW, invoerbelastings,
aksynsbelastings. (4 x 2) (8)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
(Allokeer ʼn maksimum van 2 punte vir die noem van feite of
voorbeelde.)
[40]
9
Downloaded from hlayiso.com
10732/17
VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE & KONTEMPORêRE EKONOMIESE KWESSIES
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Lys enige TWEE omgewings Wêrelderfenisgebiede in Suid-
Afrika.
• iSimangiliso Water Park
• Kaapse Fynbosgebied, insluitend Tafelberg en Agulhas
Nasionale Park
• uKhahlamba Drakensberg Park (Enige 2 x 1) (2)
4.1.2 Hoe kan ʼn produsent in ʼn volmaakte mark sy / haar winsvlakke
handhaaf as die markprys daal?
Die vervaardigers moet hulle produksiekoste verminder en poog
om goedkoper alternatiewe produksiemetodes te kry. (1 x 2) (2)
4.2 Data respons
4.2.1 Benoem punt A op die grafiek hierbo.
Winsmaksimeringspunt/MI=MK (1)
4.2.2 Identifiseer die vraagkurwe in die grafiek hierbo.
MI/GI (1)
4.2.3 Bereken die wins / verlies in die mark hierbo.
Koste
=P x Q
=10 x 100
=1000
Inkomste
=P x Q
=12 x 100
=1200
Dus sal die wins 1200 – 1000 = 200 wees (4)
10
Downloaded from hlayiso.com
10732/17
4.2.4 Teken ʼn volledig benoemde grafiek om die lang-termyn
ewewigsposisie van ʼn volmaakte mededinger te illustreer.
Koste/Inkomste
LMK
LGK
e MI=GI=V
0 Q Hoeveelheid
Punte-allokasie
Benoeming van asse 1 punt
Korrekte posisie van LMK-kurwe: 1 punt
LGK-kurwe: 1 punt
Gemeenskaplike punt van alle kurwes: 1 punt
(Maks 4 punte)
(4)
4.3 Data respons
4.3.1 Watter tipe toerisme word verteenwoordig in die prent?
Eko-Toerisme (1)
4.3.2 Noem EEN rede waarom Suid-Afrika so aanloklik is vir toeriste?
• Uitsig (fauna en flora)
• Nasionale parke / wild
• Vreedsame politieke oorname
• Konvensies
• Wieg van die Mensdom (1)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
4.3.3 Omskryf kortliks die term toeris.
Mense wat reis en bly op plekke buite hulle normale
lewensomgewing. (2)
4.3.4 Verduidelik toerisme is goed vir ons besigheid.
• Toerisme voorsien entrepreneursgeleenthede vir informele
besighede.
• Toerisme voorsien ʼn goeie en volhoubare bron van
inkomste vir klein besighede.
• Dit verskaf ook stabiele inkomste en handhawing van ʼn
lewenstandaard vir individue.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
11
Downloaded from hlayiso.com
10732/17
4.3.5 Hoe bevorder inheemse kennis toerisme?
• Toeriste soek oorspronklike en unieke plekke om te besoek.
• Hulle wil die inheemse kultuur, geskiedenis en omgewing
verstaan, en hoe die plaaslike mense lewe en werk. (2x2) (4)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
4.4 Verduidelik kortliks die doelwitte van die kompetisiebeleid in Suid-
Afrika.
• Die doel van die kompetisiebeleid is om die misbruik van ekonomiese
magte te voorkom.
• Reguleer die groei van markkragte deur oornames en sames-
meltings.
• Voorkom beperkende praktyke, veral oligopoliëe, prysvastellings,
samespannings met betrekking tot tenders en prysdiskriminasie
• Om alle Suid-Afrikaners ʼn gelyke geleentheid te gee om deel te
neem.
• Om markte te voorsien waar verbruikers toegang het en vrylik kan kies
van ʼn verskeidenheid van goedere en dienste wat hulle begeer.
• Om groter kapasiteit en omgewing vir Suid-Afrika te skep om effektief
internasionaal mee te ding
• Om sekere praktyke te beperk wat ʼn kompeterende ekonomie
ondermyn.
• Om onafhanklike instansies te skep wat kompetisie dop hou.
• (Allokeer ʼn maksimum van 4 punte vir die noem van feite of
voorbeelde.) (2 x 4) (8)
4.5 Hoekom moet besighede die omgewing bewaar?
Besighede moet die omgewing bewaar deur ...
• die omgewing as primêre / natuurlike bron gebruik om goedere en
dienste te produseer.
• die omgewing in ʼn volhoubare manier te gebruik en nie bronne op te
gebruik nie.
• seker te maak dat die omgewing op ʼn volhoubare manier versorg
word, en so langtermyn winste te waarborg.
• gemeenskappe gesond is wat weer groter markte skep vir die
besighede en die gemeenskappe verder te ontwikkel.
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord)
(Allokeer ʼn maksimum van 2 punte vir die noem van feite of
voorbeelde.) (4 x 2) (8)
TOTAAL AFDELING B: 80
12
Downloaded from hlayiso.com
10732/17
AFDELING C
VRAAG 5 MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
“Adam Smith het verklaar dat die denkbeeldige hand die ekonomie sal beheer. Maar
in realiteit is dit nodig dat die regering inmeng.”
• Bespreek volledig die implementering van die volgende aspekte as deel van die
owerheid se inmenging as ʼn gevolg van markmislukking. Gebruik volledig
benoemde grafieke in jou bespreking:
Belasting (13 punte)
Maksimum pryse (13 punte) (26 punte)
• Hoekom is dit nodig om ʼn nasionale minimum loon in Suid-Afrika in te stel?
(10 punte)
INLEIDING
Markmislukking beteken dat die beste alternatief of optimale produksie-uitkoms
nie bereik is nie. (Maks. 2)
(Aanvaar enige ander gepaste inleiding.)
LIGGAAM: HOOFDEEL
Belasting
- Die mees gewenste manier vir die regering om in te meng in die mark is
deur belastings te hef om eksterne kostes te dek.
Koste/Prys
V A1
A
Puntetoekenning
P1 e1 Oorspronkline ewewigspunt 1 punt
Afname in prys 1 punt
Aanduiding van tekorte 1 punt
P e Benoeming van asse 1 punt
Maks. 4 punte
A1
V
A
0 Q1 Q Quantity
Hoeveelheid
13
Downloaded from hlayiso.com
10732/17
• Wanneer mense goedere gebruik wat skadelik is vir hulleself en die gemeenskap
in die algemeen, word dit as nie-meriete goedere geklassifiseer.
• Voorbeelde van nie-meriete goedere is dwelms, drank, sigarette ens.
• As individue sukkel om die negatiewe koste van die gebruik van die goedere te bepaal,
is dit die taak van die staat om ʼn belasting te hef om die verbruik te verminder.
• In die grafiek hierbo is die hoeveelheid (Q) verminder tot Q1 na die heffing van die
belasting.
• Die heffing van die belasting veroorsaak ʼn skuif in die prys van P tot P1.
• Die produsent sal die belasting aan die verbruiker oordra deur hoër pryse P1.
(maks. 13: bespreking:9, grafiek: 4)
Maksimum Pryse
• Soms sal die owerheid ʼn prys stel vir goedere en dienste teen ʼn maksimum prys wat
onder die markprys is.
• Die owerheid meng in en maak wette wat verskaffers verbied om meer as die
maksimum prys te vra.
• Maksimum pryse is gewoonlik op basiese goedere soos kos en vervoer sodat
landsburgers ʼn sekere minimum standaard kan handhaaf.
Prys V A
Puntetoekenning
Oorspronklike ewewigspunt 1 mark
Daling van prys 1 mark
P e Aanduiding van tekorte 1 mark
Benoeming op asse 1 mark
Maks. 4 punte
P1
Tekort
A V
0 Q1 Q Q2 Hoeveel
Hoeveelheid
• In die grafiek hierbo, is die minimum prys gestel op P1, terwyl die markprys P is.
• Die onmiddellike effek op die hoeveelheid voorsien is, ʼn afname van Q tot Q1.
• Hierdie tekort veroorsaak deur die prysplafon, veroorsaak probleme oor hoe om die
goedere toe te ken omdat die vraag hoër as die aanbod is.
(Maks. 13: bespreking:9, grafiek: 4)
(maks. 26)
14
Downloaded from hlayiso.com
10732/17
Addisionele deel
Dit is nodig om die nasionale minimum loon in Suid-Afrika te implementeer
• ʼn meer regverdige herverdeling van inkomste plaasvind.
• dit voorkom uitbuiting / diskriminasie van werkers, spesifiek in die onderhandelinge oor
werksomstandighede.
• werkers kan dan vir verhoging in reële lone onderhandel, want tans is hulle lone relatief
laag.
• dit sal verseker dat mense se lewenstandaard verhoog.
• die nasionale lone is vasgestel op R3 500 per maand (onderhandel nog).
• Sekere besighede wat dit nie kan bekostig om die minimum bedrag te betaal nie, kan
aansoek doen tot kwytskelding.
• Dit sal die aanbod van werkers verhoog.
• Bv. Meer mense sal belangstel om verder te studeer om deel te word van Suid-Afrika se
arbeidsmag.
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)
(Allokeer ʼn maksimum van 2 punte vir die noem van feite of voorbeelde.)
(Maks. 10)
Slot
Markte word gesien as effektief as die allokasie van hulpbronne regverdig is en dit onmoontlik
is vir een deelnemer om verder bevoordeel te word sonder om ʼn ander deelnemer te
benadeel.
(Aanvaar enige ander relevante slot.) (Maks. 2)
[40]
15
Downloaded from hlayiso.com
10732/17
VRAAG 6 KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
40 PUNTE – 40 MINUTE
“Inflasie is die enigste ekonomiese mag wat alleenlik die mens se skuld is”.
• Bespreek volledig die oorsake van vraag-trek-inflasie. (26 punte)
• Hoe suksesvol is die fiskale beleid as maatstaf om inflasie te beveg?
(10 punte)
INLEIDING
Inflasie is die algemene toename in pryse oor ʼn spesifieke tydsperiode.
Inflasie verminder die koopswaarde van die geldeenheid.
Vraag-trek-inflasie veroorsaak dat verbruikers wat meer vra, terwyl aanbod van die
produk dieselfde bly of verminder.
(Aanvaar enige ander relevante inleiding.) (Maks. 2)
LIGGAAM:HOOFDEEL
Verhoging in huishoudelike verbruik
- Wanneer verbruikers geld spandeer, verhoog hulle die hoeveelheid geld in
sirkulasie, wat lei tot inflasiedruk.
• Vermindering van spaarkoerse
- As verbruikers / besighede hulle spaarverantwoordelikhede verminder word ʼn
toename in geldaanbod geskep deur herinvestering / spandering van geld
• Vermindering in algemene belasting
- Dit is meestal van toepassing op inkomstebelasting, omdat hierdie belasting
direk besteebare inkomste beïnvloed bv. geldaanbod.
• Toegang tot krediet
- As verbruikers / produsente makliker toegang tot krediet het, sal hulle dit gebruik
en die geld sal toeneem en geldaanbod verhoog
Beleggingsuitgawes verhoog
- Meestal te doen met besighede maar ook van toepassing op huishoudings
omdat hulle indirek die groter kredietbasis vir die uitleen van geld veroorsaak om
wins te maak.
Verhoging in owerheidsbesteding
- Verhoging in owerheidsbesteding sonder ʼn toename in vraag lei tot
prysverhogings.
- Veral as die toename in uitgawes deur die banksektor gefinansier is.
- Owerhede kan drie kanale van uitgawes gebruik:
• Spandering op infrastruktuur
• Beskermingsdienste
• Sosiale beskerming
16
Downloaded from hlayiso.com
10732/17
• Uitvoerdienste:
- Buitelandsesektor-groei dra by tot die groter vraag na plaaslik
geproduseerde produkte.
- Vraag na kommoditeite is baie wisselvallig, maar die vraag na
kommoditeite is hoog en pryse neem toe.
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)
(Allokeer ʼn maksimum van 8 punte vir die noem van feite of voorbeelde.)
(Maks. 26)
ADDISIONELE DEEL
Fiskale beleid as maatstaf om inflasie te bekamp is suksesvol, want dit ...
• verhoog direkte belasting.
• lei tot ʼn afname in besteebare inkomste wat beteken mense het minder geld om
te spandeer. Dit sal lei tot ʼn afname in die vraag
• verhoog indirekte belasting. byvoorbeeld BTW, aksynsbelasting. ʼn Toename
in hierdie belasting sal die prys van goedere en dienste verhoog wat sal lei tot ʼn
afname in die vraag
• laat owerheidsbesteding daal.
• geld in die besigheidsiklus sal inspuit sodat die vraag sal daal.
• finansier die begrotingstekort.
• verkry lenings by die nie-bank sektor wat nie-inflasionêr is.
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)
(Allokeer ʼn maksimum van 2 punte vir die noem van slegs feite / voorbeelde)
(Maks. 10)
SLOT
Inflasie moet versigtig dopgehou word en beheer word sodat dit ʼn minimum effek op die
ekonomie het.
(Aanvaar enige ander relevante slot.) (Maks. 2)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
TOTAAL: 150
17
Study this subject
Recommended for this subject
%202020%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--ba246fa2-7d32-4ab7-981e-10d6b2dd4a91/v1-9e6be78dfbf1eddf2a29/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2017 Memo
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--82e9d47a-c817-4545-9700-e9e2b9b7de9b/v1-301c5aae90a68c6175ee/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 Question Paper (Afr)
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--d34a6a9d-f432-46f7-873d-1a849eb9a1cc/v1-813bf44cd2b14d59ad5b/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 Question Paper (Afr)
%202015%20Preparatory%20Examination%20Paper_hlayiso.com_--14747984-6602-4d68-a89a-339c7ef58679/v1-7a5a15ad65c47c648255/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2015 Question Paper (Afr)

Memorandum
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2014 Memo (Afr)
More from Grade 12 Economics

Study guide
MTG Economics Afr

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 Free State Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P1 Mpumalanga Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P2 Mpumalanga Mock 2025 Question Paper

Question paper