Skip to content

Economics Grade 12 P1 Gauteng Mock 2017 Question Paper (Afr)

Question paperEconomicsGrade 12201713 pages

Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2017 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2017 10731 EKONOMIE EERSTE VRAESTEL TYD: 2 uur PUNTE: 150 13 bladsye 3 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 2 (Eerste Vraestel) 10731 / 17 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN – 2017 EKONOMIE (Eerste Vraestel) TYD: 2 uur PUNTE: 150 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK: • AFDELING A: VERPLIGTEND • AFDELING B: Beantwoord enige TWEE van die DRIE vrae. • AFDELING C: Beantwoord enige EEN van die TWEE vrae. 2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien word nie. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Skryf die nommer van die vraag bo-aan elke antwoord. 5. Lees die vrae sorgvuldig deur. 6. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 7. Los 2 – 3 lyne oop tussen onderafdelings van vrae. 8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde ooreenstem met die vereistes van die vrae. 9. Gebruik slegs blou of swart ink. 10. Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word. 11. Skryf netjies en leesbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 3 (Eerste Vraestel) 10731 / 17 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE 1.1 Verskeie opsies word voorsien as moontlike antwoorde vir die volgende vrae. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (1.1.1 – 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer. 1.1.1 Inkomste verdien uit die uitvoer van goedere en dienste word ... genoem. A lekkasies B inspuitings C belasting D besparings 1.1.2 Die geldmark is ʼn mark vir ... -termyn besparings en lenings. A medium B klein C lang D kort 1.1.3 Die Laffer-kurwe illustreer die verwantskap tussen ... en die belastingkoers. A aanvraag B armoede C belastinginkomste D werkloosheid 1.1.4 Flukturerende faktore wat buitekant die ekonomiese stelsel ontstaan, verwys na... faktore. A inheemse B eksogene C endogene D internasionale 1.1.5 Hooflyninflasie word afgelei van die onaangepaste ... A Produsenteprysindeks. B terugkoopkoers. C Verbruikersprysindeks-syfers. D wisselkoers. b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 4 (Eerste Vraestel) 10731 / 17 1.1.6 ʼn Verlaging in die repokoers kan gesien word as ʼn ... benadering tot ekonomiese groei. A vraagkant B bank C fiskale D toegevoegde-waarde 1.1.7 Sosiale aanwysers staan ook bekend as ... aanwysers. A menslike ontwikkelings- B ekonomiese- C werkloosheids- D rentekoers- 1.1.8 Belasting word gebruik as ʼn meganisme om ... te herverdeel. A toelaes B lone C pensioene D welvaart (8 x 2) (16) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 5 (Eerste Vraestel) 10731 / 17 1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – I) langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.8) in die ANTWOORDBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Appresiasie A Die getal kinders per 1000 lewendig gebore wat voor hulle eerste verjaarsdag sterf 1.2.2 Vryehandel B ʼn Kontant instrument 1.2.3 Belasting C ʼn Verhoging in die prys van ʼn geldeenheid 1.2.4 Ekonomiese groei in terme van ʼn ander geldeenheid 1.2.5 Devaluasie D Doelbewuste regeringsinmenging ten einde die waarde van die land se geldeenheid te 1.2.6 Geïntegreerde verminder vervaardigings- strategie E Die rentekoers wat die Reserwebank ander banke vra vir lenings 1.2.7 Kindermortaliteit F Dit versterk institusionele vermoë en 1.2.8 Terugkoopkoers fasiliteer ontwikkeling G Afwesigheid van regeringshindernisse en beperkings om goedere internasionaal te koop en te verkoop H ʼn Fiskale beleidsinstrument I ʼn Toename in die reële BBP (8 x 1) (8) 1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.6) in die ANTWOORDBOEK neer. 1.3.1 ʼn Grafiek wat die verwantskap tussen werkloosheid en inflasie aandui 1.3.2 Die wêreldwye interaksie van ekonomieë 1.3.3 Die toepassing van ʼn handelsbeleid waarby die staat die invoer van goedere wat ook plaaslik vervaardig word ontmoedig 1.3.4 Die verhoging in die lewensstandaard van mense 1.3.5 Die verhouding tussen reële insette en reële uitsette in die ekonomie 1.3.6 Ruimtelike areas wat spesifieke voordele bied aan mynbou en ander ondernemings langs ʼn bepaalde handelsroete (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 6 (Eerste Vraestel) 10731 / 17 AFDELING B Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem TWEE tipes markte in die ekonomiese kringloop. (2 x 1) (2) 2.1.2 Hoe sal besparings beïnvloed word met ʼn styging in die marginale verbruiksgeneigdheid? (1 x 2) (2) 2.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SUID-AFRIKA: REËLE BRUTO BINNELANDSE PRODUK Persentasie groei Reeks1 [Bron: Aangepas uit www.sarb.co.za] 2.2.1 Wat was die reële BBP groei gedurende 2009? (1) 2.2.2 Identifiseer die periode (jare) waar die langste sakesiklus in die grafiek waargeneem kan word. (1) 2.2.3 Omskryf kortliks die term Bruto Binnelandse Produk. (2) 2.2.4 Verduidelik die onderliggende kragte van die amplitude gedurende 2009. (2) 2.2.5 Hoe kan belasting gebruik word om die afwaartse tendens in die ekonomie om te keer? (2 x 2) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 7 (Eerste Vraestel) 10731 / 17 2.3 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SWAK MUNISIPALE OUDIT DUI OP DIE ONVERMOË OM TE PRESTEER Volgens die Openbare Dienste Aanspreeklikheids Monitor (ODAM) is daar moeilike vrae wat gevra moet word oor die redes waarom munisipaliteite nog steeds nie die korrekte bestuursprosedures volg nie. Terwyl die Ouditeur- Generaal van Suid-Afrika (OGSA) gesonde ouditeringstelsels aanvaar het, moet daar meer gedoen word om munisipaliteite verantwoordelik te hou vir die wanadministrasie van openbare fondse. Oor ʼn 10-jaar tydperk is dieselfde tendens herhaal en dieselfde oudit bevindinge gemaak met betrekking tot onvoldoende dokumentasie. Die stelsel word herhaal en skep die indruk dat die herhalende probleem van ongeoorloofde en onregmatige besteding aanvaarbaar is. ʼn OGSA verslag beklemtoon die aanstellingsprosesse en die uitdagings om geskoolde personeel te werf en te behou. Die verslag beklemtoon dat een van die grootste struikelblokke vir plaaslike regering oor die jare was om gekwalifiseerde en bevoegde persone in alle administratiewe gebiede te werf en te behou. Dit is van die faktore wat tot openbare sektor-mislukkings kan bydra. [Bron: Aangepas uit Eye-witness News, November 2016] 2.3.1 Wat is die TWEE grootste uitdagings, volgens die uittreksel, vir plaaslike regerings (2 x 1) (2) 2.3.2 Omskryf kortliks die term openbare sektor-mislukking. (2) 2.3.3 Wat is die effek van ongemagtigde en onreëlmatige besteding op dienslewering? (2) 2.3.4 Na jou mening, hoe sal jy die ondoeltreffendheid van munisipaliteite in Suid-Afrika aanspreek? (2 x 2) (4) 2.4 Onderskei tussen die Mediumtermyn- Bestedingsraamwerk (MTBR) en die Mediumtermyn-Begrotingsbeleidsverklaring (MTBBV). (2 x 4) (8) 2.5 Hoe word leidende aanwysers gebruik om ekonomiese aktiwiteite te voorspel? (8) [40] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 8 (Eerste Vraestel) 10731 / 17 VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem TWEE Suid-Afrikaanse groei- en ontwikkelingsbeleide. (2 x 1) (2) 3.1.2 Hoe sal die verkoop van sekuriteite en staatseffekte deur die Reserwebank die beskikbaarheid van krediet beïnvloed? (1 x 2) (2) 3.2 Bestudeer die staafdiagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Suid-Afrika: Ruilvoet 137.45 Indeks 135.15 Jaar [Bron: www.data.worldbank.org] 3.2.1 Beskryf die algemene tendens van die ruilvoet tussen 2011 en 2015. (1) 3.2.2 Identifiseer die basisjaar in die bostaande grafiek. (1) 3.2.3 Omskryf kortliks die term ruilvoet. (2) 3.2.4 Wat beteken ʼn verbetering in die ruilvoet? (2) 3.2.5 Watter impak het ʼn verswakking van die ruilvoet op die betalingsbalans? (2 x 2) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 9 (Eerste Vraestel) 10731 / 17 3.3 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. AANBOD VERVANG AANVRAAG AS DIE GROOTSTE MYNKWESSIE Onvoldoende aanbod is waarskynlik die oorheersende aspek wat die mynbou-industrie die volgende aantal jare in die gesig staar. Vooraanstaande ekonome noem dat die grootste kwessie die verminderde vlakke in aanbod behels asook stygende insetkoste, nasionalisering, toenemende produksie-onderbrekings en toenemende skaarsheid van minerale hulpbronne. Die mynbou-industrie staar ook ʼn grootskaalse afname van markkapitalisasie in die gesig. Dit word aanvaar dat ʼn gebrek aan selfvertroue in die industrie toegeskryf kan word aan globale gebeure soos die probleme in die Euro- sone, die kernvoorval in Japan, onsekerheid omtrent ekonomiese groei in China en die ekonomiese afgradering van sekere lande. [Vrye vertaling - Bron: Sunday Times, Business Times, 17 June 2016] 3.3.1 Identifiseer EEN rede vanuit die uittreksel hierbo waarom myne ʼn onvoldoende aanbod van hulpbronne ondervind. (1) 3.3.2 Noem EEN globale gebeurtenis wat ʼn impak gehad het op die prestasie van die mynbou-industrie. (1) 3.3.3 Omskryf kortliks die term nasionalisasie. (2) 3.3.4 Wat is die effek van toenemende produksie-onderbrekings op die Suid-Afrikaanse ekonomie? (2) 3.3.5 Hoe affekteer hoë energiekoste die sukkelende mynbousektor? (2 x 2) (4) 3.4 Bespreek kortliks armoede en handel as uitdagings van globalisering. (2 x 4) (8) 3.5 Evalueer die belangrikheid van lewensverwagting as sosiale aanwyser. (8) [40] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 10 (Eerste Vraestel) 10731 / 17 VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem TWEE tipes wisselkoersstelsels. (2 x 1) (2) 4.1.2 Wat sal die effek op inflasie wees indien die styging in arbeids- produktiwiteit minder is as die styging in loonverhogings? (1 x 2) (2) 4.2 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg. Betalingsbalans (R miljoene) 2015 Lopende rekening Goedere uitvoere………..……………… 973 776 Netto gouduitvoere……………………… 67 662 Diensontvangste…………………….….. 191 656 Inkomste-ontvangste…………………… 98 016 Min:Goedere invoere…………………… 1 075 850 Min:Betalings vir dienste....................... 197 643 Min:Inkomstebetaling…………………… 198 382 Lopende oordragte ……………………... -33 533 Saldo op lopende rekening..................... -174 298 Memo item: Handelsbalans …………….. (A) [Bron: Quarterly Bulletin SARB, Desember 2016] 4.2.1 Wie is verantwoordelik vir die publikasie van die bostaande inligting? (1) 4.2.2 Hoeveel sub-rekeninge is daar in die betalingsbalans? (1) 4.2.3 Omskryf kortliks die term betalingsbalans. (2) 4.2.4 Ontleed kortliks die saldo op die lopende rekening soos aangedui in die tabel hierbo. (2) 4.2.5 Bereken die handelsbalans (A) vir 2015. Toon ALLE berekeninge. (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 11 (Eerste Vraestel) 10731 / 17 4.3 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. … ONTHOU, ONS KAN NOG STEEDS DIE NASIONALE ONTWIKKELINGSPLAN PROBEER! [Bron: Aangepas uit Internet Images] 4.3.1 Identifiseer TWEE moontlike oplossings wat kan verhoed dat die Suid-Afrikaanse ekonomie heeltemal sink. (2) 4.3.2 Wat is die Nasionale Ontwikkelingsplan? (2) 4.3.3 Wat is die hoofdoelwitte van die Nasionale Ontwikkelingsplan? (2) 4.3.4 Hoe kan die privaatsektor bydra tot die ontwikkelingsbeleide van die regering? (4) 4.4 Bespreek die vermenigvuldiger-effek op nasionale inkome. (4 x 2) (8) 4.5 Hoe kan beleggingsbesteding effektief aangewend word om ekonomiese ontwikkeling te stimuleer? (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 12 (Eerste Vraestel) 10731 / 17 AFDELING C Beantwoord EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL PUNTETOEKENNING Inleiding Die inleiding is ʼn laer orde respons. • ʼn Goeie vertrekpunt behoort ʼn definisie van die hoofkonsep te Maks. 2 wees, maar verwant aan die vraag. • Moenie enige deel van die vraag in jou inleiding herhaal nie. • Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie. • Vermy om enigiets in die inleiding te noem wat in die liggaam bespreek gaan word. Liggaam: Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede / In-diepte bespreking / Maks. 26 Ondersoek / Bespreek krities / Ontleed /Analiseer / Vergelyk / Evalueer / Onderskei / Differensieer / Verduidelik / Assesseer / Debatteer Addisionele gedeelte: Gee eie mening / Bespreek krities / Evalueer / Evalueer krities / Teken ʼn grafiek en verduidelik / Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik / Voltooi die gegewe Maks. 10 grafiek / Bereken / Lei af / Vergelyk / Verduidelik / Onderskei / Interpreteer / Debatteer kortliks / Hoe? / Stel voor Slot Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit: • ʼn Kort samevatting van dit wat reeds bespreek is, sonder om enige feite wat reeds genoem is, te herhaal • Enige opinie of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is • Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking / Maks. 2 analise versterk • ʼn Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra • Aanbevelings TOTAAL 40 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE “Ekonomiese groei is afhanklik van handel, waarvan een van die strategieë die uitwaarts-gebaseerde beleid van uitvoere en internasionale mededingendheid is.” • Bespreek invoervervanging as deel van die Suid-Afrikaanse internasionale handelsbeleid. (26 punte) • Adviseer die Minister van Handel en Nywerheid of Suid-Afrika ʼn vrye handelsbeleid moet aanneem of nie. (10 punte) [40] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 13 (Eerste Vraestel) 10731 / 17 VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE “ ʼn Reeks van programme gee steunkrag aan die regering se bereidwilligheid om ekonomiese ontwikkeling op ʼn streeksbasis te steun.” • Bespreek streeksontwikkeling in Suid-Afrika in terme van die beginsels van beste praktyk maatstawwe. (26 punte) • Hoekom was Nywerheidsontwikkelingsones (NOS) nie baie suksesvol gewees sedert die totstandkoming daarvan in Suid-Afrika nie? (10 punte) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 TOTAAL: 150 EINDE

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all