You're offline
Skip to content
Question paper

ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans hlayiso.com

Subject: EconomicsGrade 12201716 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2017 EKONOMIE V1 PUNTE: 150 TYD: 2 uur *ECONA1* Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2017) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK.  AFDELING A: VERPLIGTEND  AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.  AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 3. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer. 4. Lees die vrae noukeurig en begin elke vraag boaan ʼn NUWE bladsy. 5. Laat 2−3 reëls oop tussen onderafdelings van vrae. 6. Beantwoord vrae in volsinne en maak seker dat die uitleg, inhoud en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vlakke van die vrae voldoen. 7. Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Meer antwoorde as die vereiste aantal, sal NIE nagesien word NIE. 8. Gebruik slegs swart of blou ink. 9. Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word. 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2017) EKONOMIE V1 3 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE − 20 MINUTE 1.1 Verskeie opsies word as antwoorde tot die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–C) langs die ooreenstemmende vraagnommer (1.1.1−1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 A. 1.1.1 Geld wat onttrek is uit die ekonomiese kringloop, staan as ... bekend. A geldvloei B inspuitings C lekkasies D deposito’s 1.1.2 Totale aanbod kan deur ʼn regeringsbeleid van … gestimuleer word. A verlaging in die produktiwiteit van produksiefaktore B verminderde produksiekoste C beperking op die doeltreffendheid van insette D beperking op die doeltreffendheid van markte 1.1.3 ʼn Rede vir die bestaan van ʼn openbare sektor is om … A meriete goedere te voorsien. B pryse van verbruikersgoedere te bepaal. C privaat goedere te verskaf. D die bestuur van die ekonomie aan die privaatsektor oor te laat. 1.1.4 ʼn Amptelike verbanning op handel of ander aktiwiteite met ʼn spesifieke land, staan as … bekend. A sanksies B disinvestering C onttrekking D ʼn verbod 1.1.5 ʼn Argument ten gunste van die beskerming van plaaslike nywerhede, is ... A die voorkoming van storting (‘dumping’). B wanneer min werksgeleenthede geskep word. C wanneer onstabiele loonvlakke ervaar word. D minder inkome vir die regering. 1.1.6 Belasting wat gebruik word om ontwikkelingsbesteding te befonds, ten einde die armes te bevoordeel, staan as ... bekend. A kontantvoordele B progressiewe persoonlike inkome C in natura voordele D rykdom Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2017) 1.1.7 Die sleutel rentekoers in Suid-Afrika is die … A wisselkoers. B nulkoers. C repokoers. D inflasiekoers. 1.1.8 Met globalisering raak lande ekonomies meer … A geïsoleerd. B interafhanklik. C onafhanklik. D ondoeltreffend. (8 x 2) (16) 1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn begrip in KOLOM A pas. Skryf slegs die korrekte letter (A−I) langs die ooreenstemmende vraagnommer (1.2.1−1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 K. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 BBP A Finansiële toelaes om die produksie van uitvoergoedere te bevorder 1.2.2 Direkte subsidie B Fokus daarop om die mededingendheid van vervaardigingsnywerhede te verbeter 1.2.3 Oordragbetaling C Inflasie-aanwyser by produsente-vlak 1.2.4 Staatsbeheerde D Geld wat ontvang word sonder dat enige onderneming produktiewe dienste gelewer word 1.2.5 SAOK E Word gebruik om die veranderinge in ʼn reeks data oor ʼn periode van tyd te ontleed 1.2.6 M3-geldvoorraad F Besighede wat deur die staat besit en deur openbare instellings bestuur word 1.2.7 Geïntegreerde G Waarde van alle finale goedere en vervaardigings- dienste wat deur permanente inwoners strategie van ʼn land, in ʼn spesifieke jaar, geproduseer word 1.2.8 Bewegende H ʼn Inter-staatsorganisasie wat daarna gemiddeldes streef om sosio-ekonomiese samewerking en integrasie te bevorder I Die totale bedrag geld in sirkulasie in die ekonomie (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2017) EKONOMIE V1 5 1.3 Gee EEN begrip vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die begrip langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDE- BOEK neer. 1.3.1 Waarde van al die besteding deur huishoudings op goedere en dienste 1.3.2 Faktore wat buite die markstelsel ontstaan 1.3.3 Die koers waarteen ʼn geldeenheid vir ʼn ander verruil kan word 1.3.4 Die gedeelte grond wat ʼn deurweg toelaat vir toegang van een gebied na ʼn ander 1.3.5 ʼn Doelbewuste afname in die waarde van ʼn land se geldeenheid 1.3.6 Die beleid is in 1994 in SA geïmplementeer om ongelykhede van die verlede aan te spreek (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2017) AFDELING B Beantwoord TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem die TWEE periodes van ʼn sakesiklus. (2 x 1) (2) 2.1.2 Wat is die uitwerking op die vermenigvuldiger as die ewewig inkome meer as die toename in die aanvanklike besteding toeneem? (1 x 2) (2) 2.2 Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg. Jaar Nominale BBP Reële BBP (R miljard) (R miljard) 2015 4 049 759 3 008 436 2016 4 336 988 3 009 860 [Bron: Kwartaallikse Bulletin, Maart 2017] 2.2.1 Watter bron was gebruik om die data in bostaande tabel saam te stel? (1) 2.2.2 Watter jaar word tans as die basisjaar deur die Reserwebank gebruik? (1) 2.2.3 Verduidelik kortliks die verskil tussen die nominale BBP en reële BBP. (2 x 2) (4) 2.2.4 Bereken die deflator vir 2016. Toon alle berekeninge. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2017) EKONOMIE V1 7 2.3 Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg. LAFFER-KURWE Belasting inkome Rm 80 A C D 50 0% 20 50 70 100% Belastingkoers 2.3.1 By watter punt sal die regering sy inkome maksimeer? (1) 2.3.2 Watter kurwe word hierbo voorgestel? (1) 2.3.3 Watter uitwerking sal punt C op owerheidsinkome hê? (2) 2.3.4 Wat is die gevare van hoë persoonlike inkomstebelasting- koerse? (2) 2.3.5 Hoe kan die Suid-Afrikaanse regering openbare sektor mislukking voorkom? (2 x 2) (4) 2.4 Verduidelik kortliks hoe ʼn tekort op die betalingsbalans outomaties onder ʼn vry swewende wisselkoersstelsel reggestel sal word. (4 x 2) (8) 2.5 Hoe word Suid-Afrika deur die toetrede van plaaslike besighede tot buitelandse markte bevoordeel? (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2017) VRAAG 3: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem TWEE instrumente wat die SARB kan gebruik om die ekonomie te beïnvloed. (2 x 1) (2) 3.1.2 Watter uitwerking sal ʼn groot toename in elektrisiteitskoste op kleiner besighede in Suid-Afrika hê? (1 x 2) (2) 3.2 Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. NYWERHEIDSBELEID-AKSIEPLAN – INDUSTRIAL POLICY ACTION PLAN (IPAP) 2017/18 Die jongste ontwikkelings met verwysing na nywerheidsontwikkeling is om geïntegreerde intra-regering ondersteuning vir industrialisasie in noue samewerking met die privaatsektor te verseker. Die fokus sal wees op onderwys en vaardighede, infrastruktuur en regulerende omgewing, arbeidsverhouding omgewing en insluitende groei. [Bron: www.thedti.gov.za] 3.2.1 Waarvoor staan die afkorting IPAP? (Jy mag die Engels benaming ook gebruik.) (1) 3.2.2 Noen EEN fokuspunt van hierdie beleid vir 2017/2018. (1) 3.2.3 Verduidelik EEN rede vir nywerheidsontwikkeling. (2) 3.2.4 Hoe suksesvol is nywerheidsontwikkelingsbeleide in Suid- Afrika? (2) 3.2.5 Watter invloed mag IPAP hê op nywerheidsontwikkeling in die privaatsektor van Suid-Afrika? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2017) EKONOMIE V1 9 3.3 Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg. MENSLIKE ONTWIKKELINGS-INDEKS Land MOI-waardes Nigerië 0,304 Suid-Afrika 0,629 Noorweë 0,955 [Bron: http: Wikipedia.org Januarie 2014] 3.3.1 Noem die metode wat gebruik word om die ekonomiese ontwikkeling van ʼn land te meet. (1) 3.3.2 Watter land het die hoogste MOI volgens die bostaande tabel? (1) 3.3.3 Verduidelik die begrip menslike ontwikkeling. (2) 3.3.4 Hoekom onderpresteer Suid-Afrika se ekonomiese ontwikkeling? (2) 3.3.5 Hoe kan die Suid-Afrikaanse regering help om ekonomiese ontwikkeling te verbeter? (2 x 2) (4) 3.4 Vergelyk die lewenstandaard tussen die Noord-Suid lande. (2 x 4) (8) 3.5 Hoe suksesvol is Swart Ekonomiese Bemagtiging in die Suid- Afrikaanse ekonomie? (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2017) VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem TWEE probleme van openbare sektor voorsiening. (2 x 1) (2) 4.1.2 Hoe hou ekonomiese groei met ekonomiese ontwikkeling verband? (1 x 2) (2) 4.2 Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg. Vryhandel Pryse D S (plaaslik) A 50 Welvaart opbrengs 40 C B (wêreld) S D 0 100 120 Hoeveelheid 4.2.1 Watter internasionale handelsbeleid word na in bostaande grafiek verwys? (1) 4.2.2 Wat gebeur met die aanbod wanneer ʼn land by vryhandel betrokke raak? (1) 4.2.3 Definieer die begrip vryhandel. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2017) EKONOMIE V1 11 4.2.4 Verduidelik waarom handelsprotokolle in die ekonomie nodig is. (2) 4.2.5 Hoe ervaar die gemeenskap ʼn toename in rykdom deur vryhandel? (2 x 2) (4) 4.3 Bestudeer die onderstaande prentjie en beantwoord die vrae wat volg. INFLASIE beïnvloed jou koopkrag 1980 2000 2017 4.3.1 Watter ekonomiese probleem word in bostaande prentjie voorgestel? (1) 4.3.2 Hoe mag inflasie die verbruiker se koopkrag beïnvloed? (1) 4.3.3 Verduidelik die begrip inflasie kortliks. (2) 4.3.4 Hoe sal ʼn belegger deur inflasie beïnvloed word? (2) 4.3.5 Hoekom is dit belangrik vir die Suid-Afrikaanse regering om die optrede van die ekonomie dop te hou? (2 x 2) (4) 4.4 Verduidelik kortliks die kritiese infrastruktuur en vaardigheid ondersteuningsprogramme as die aansporings wat deur die SA regering gebruik word, ten einde nywerheidsontwikkeling te bevorder. (8) 4.5 Hoe kan klimaatsveranderinge internasionale handel beïnvloed? (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2017) AFDELING C Beantwoord EEN van die volgende twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. PUNTE- STRUKTUUR VAN OPSTEL TOEKENNING Inleiding Die inleiding is ʼn laer orde antwoord:  ʼn Goeie beginpunt sal wees om die hoofbegrip, wat met die vraag verband hou, te Maks. 2 Definieer.  Moenie enige gedeelte van die vraag in jou inleiding insluit nie.  Moenie enige gedeelte van jou inleiding in die inhou herhaal nie.  Vermy dit om in die inleiding te skryf dat jy die inhou gaan bespreek. Liggaam: Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/Ondersoek/ Maks. 26 Bespreek krities/Ontleed (Analiseer)/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Verduidelik/ Assesseer/ Debatteer Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/ Evalueer krities/Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/ Maks. 10 Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/ Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe?/Stel voor Slot Enige toepaslike hoër orde slot wat die volgende behoort in te sluit:  ʼn Kort opsomming van wat bespreek is / ontleed sonder om reeds genoemde feite, in die inhoud, te herhaal Maks. 2  ʼn Mening of gewaardeerde oordeel oor die bespreekte feite  Addisionele ondersteunende inligting om bespreking te versterk / ontleding  ʼn Teenstrydige sienswyse met motivering, indien vereis  Aanbevelings TOTALE AANTAL PUNTE 40 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE Die sakesiklus speel ʼn sleutelrol om ekonome in staat te stel om gerekende skattings te maak oor die toekomstige groei van die ekonomie.  Bespreek aanwysers as onderliggende kenmerke in die voorspelling van sakesiklusse. (26 punte)  Hoekom is dit belangrik dat die Reserwebank prysstabiliteit in die Suid- Afrikaanse ekonomie handhaaf? (10 punte) [40] VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE Baie mense, soos gewone landsburgers, besighede, beleggers en die regering, is geïnteresseerd om te sien hoe ʼn ekonomie presteer.  Bespreek die volgende sosiale aanwysers: - Voeding en gesondheid (16 punte) - Demografie (10 punte) (26 punte)  Hoe kan ekonomiese ontwikkeling verbeter word deur die gebruik van hierdie sosiale aanwysers? (10 punte) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Economics

Explore more published documents in this catalogue.

View all