Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2018
EKONOMIE V2
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
*ECONA2*
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
Skip to contentAll 2018 papers 





View all


_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)


Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)
Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 319.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord VIER vrae as volg in die ANTWOORDEBOEK:
• AFDELING A: VERPLIGTEND
• AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
• AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.
2. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
hierdie vraestel gebruik word.
3. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.
4. Lees die vrae sorgvuldig deur en begin elke vraag boaan ʼn NUWE
bladsy.
5. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.
6. Beantwoord vrae in volsinne en maak seker dat die uitleg, inhoud en
konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae
voldoen.
7. Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Addisionele antwoorde sal
NIE nagesien word NIE.
8. Gebruik slegs swart of blou ink.
9. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) EKONOMIE V2 3
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Skryf die vraagnommer (1.1.1–1.1.8) neer, kies die korrekte antwoord en
maak ‘n kruis oor die letter (A–D) van jou keuse in die ANTWOORDEBOEK,
byvoorbeeld 1.1.9 D.
1.1.1 ʼn Volmaak mededingende besigheid maak ʼn verlies oor die
korttermyn indien …
A P = GK.
B P > GK.
C P < GK.
D P > GVK.
1.1.2 Die vraagkurwe van ʼn oligopolie …
A is horisontaal.
B is vertikaal.
C is geknak.
D hel opwaarts.
1.1.3 Verbruikers neem nie rasionele besluite nie as gevolg van …
A ʼn gebrek aan inligting.
B tegnologiese verbeteringe.
C ʼn styging in inkome.
D ʼn daling in die rentekoers.
1.1.4 Stagflasie toon die gelyktydige bestaan van hoë inflasiekoerse en ...
A hoë groei.
B lae werkloosheid.
C hoë werkloosheid.
D lae groei en hoë werkloosheid.
1.1.5 Suid-Afrika se inheemse uniekheid word weerspieël deur …
A die Vredefort Koepel.
B die Isimangaliso-vleilandpark.
C Robben-eiland.
D Mapungubwe.
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
4 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
1.1.6 Hulpbronne wat uitgewis mag word indien dit nie goed bestuur word nie,
staan as … hulpbronne bekend.
A hernieubare
B nie-hernieubare
C natuurlike
D oneindige
1.1.7 Indien die rand depresieer, sal pryse en inflasie …
A daal.
B onveranderd bly.
C toeneem.
D krimp.
1.1.8 In ʼn monopolie is die vraagkurwe gelyk aan die…
A marginale inkome.
B gemiddelde inkome.
C gemiddelde koste.
D marginale koste. (8 x 2) (16)
1.2 Kies ʼn omskrywing in KOLOM B wat pas by ʼn begrip in KOLOM A. Skryf slegs die
letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Bemarkbare permitte A ondersoek en evalueer beperkende
besigheidspraktyke
1.2.2 Pareto-doeltreffendheid B verander met veranderinge in produksie
1.2.3 Tafelberg C direkte regulering van ʼn nywerheid deur
middel van wette wat voorskryf wat wettig
en toelaatbaar is
1.2.4 Veranderlike kostes D lisensie om tot ʼn sekere mate te besoedel
1.2.5 Agenda 21 E hulpbronne word sodanig toegeken dat
een party voordeel trek tot nadeel van die
ander
1.2.6 Versonke kostes F ʼn wêrelderfenisgebied
1.2.7 Bevel en Beheer G kan nie opgespoor word wanneer
besighede uit die industrie uittree nie
1.2.8 Mededingingskommissie H addisionele winste
I maksimum toelaatbare vlak van
gasuitlatings
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) EKONOMIE V2 5
1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.3.1 Kostes styg as produksie styg
1.3.2 Aktiwiteite van toeriste wat museums en kunsgalerye besoek
1.3.3 ‘n Aanhoudende daling in die algemene prysvlak
1.3.4 Hou hulpbronne vir toekomstige geslagte in stand
1.3.5 Koste en voordele aan derde partye wat nie in die markprys ingesluit
is nie
1.3.6 ʼn Markstruktuur waar besighede baie mededingers het, maar elkeen
verkoop ʼn effens verskillende produk (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
6 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in jou
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem enige TWEE metodes van nie-prysmededinging by
monopolistiese mededinging. (2 x 1) (2)
2.1.2 Waarom span besighede saam in ʼn oligopolistiese mark? (1 x 2) (2)
2.2 Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg.
Prys A
Prys /Inkome/Kostes
V MK
GK
A
10 E 10 VV=GI=MI
8
B
V
A
0 Q Hoeveelheid 0 20 Hoeveelheid
INDUSTRIE INDIVIDUELE ONDERNEMING
2.2.1 Identifiseer die ewewigspunt van bogenoemde individuele besigheid. (1)
2.2.2 Watter tydsperiode word in die bostaande grafiek voorgestel? (1)
2.2.3 Wat is die rede vir die afwaarts hellende vraagkurwe in hierdie industrie? (2)
2.2.4 Waarom word daar na besighede in hierdie industrie as prysnemers
verwys? (2)
2.2.5 Hoe sal nuwe toetreders (besighede) die volmaakte mark beïnvloed?
(2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) EKONOMIE V2 7
2.3 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
OKOSA GEREED OM MULTICHOICE MONOPOLIE TE BREEK
Die Onafhanklike Kommunikasie Owerheid van SA (Okosa) het ʼn ondersoek
geloods na betaalde TV beeldsending en voorgestel dat Multichoice, onder
andere, se monopolie op premium sportinhoud, beperk moet word.
In die regstelling van herhalende mededingingskwessies, is inmenging
voorgestel soos verkorte eksklusiewe kontrakte, ontbondeling en verdeling
van regte.
Die hoof uitvoerende beampte (HUB) van Naspers, ʼn filiaal van Multichoice,
beskou dit as belaglik om weg te doen met eksklusiewe regte op sport-
beeldsending, en beweer dat hulle vir elke speler asook vir die ligte by die
stadium en vir sekere vertrekke betaal.
[Aangepas uit http://digicastmagazine.com/2017/08/27]
2.3.1 Noem EEN hindernis tot toetrede as ʼn monopolie. (1)
2.3.2 Wat is die aard van produkte wat monopoliste verkoop? (1)
2.3.3 Beskryf kortliks die begrip natuurlike monopolie. (2)
2.3.4 Waarom sal dit nodig wees om Multichoice se monopolie te
verbreek? (2)
2.3.5 Hoe sal nie-meriete goedere tot markmislukking bydra? (2 x 2) (4)
2.4 Met behulp van ʼn grafiek met volledige byskrifte, verduidelik die
aanbodkurwe van ʼn besigheid in ʼn volmaakte mark. (8)
2.5 Evalueer die uitwerkings van monopolieë op ʼn ekonomie. (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
8 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem enige TWEE goedere waar pryse deur die regering
geadministreer word. (2 x 1) (2)
3.1.2 Waarom raak lande by ontbossing betrokke? (1 x 2 ) (2)
3.2 Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.
VERBRUIKERSPRYSINDEKS
ʼn Verbruikersprysindeks (VPI) meet verandering in die prysvlak van ʼn
‘mandjie’ met verbruiksgoedere en dienste wat deur huishoudings
aangekoop word.
Die VPI is ʼn statistiese beraming wat saamgestel word deur die pryse van
verteenwoordigende items periodiek te versamel en te gebruik. Basiese data
word wat benodig word om die VPI vas te stel is data aangaande pryse en
gewigte.
Die jaarlikse persentasieverandering in die VPI word gebruik om inflasie te
meet.
[Bron: https/www.wkipedia.org]
3.2.1 Noem enige voorbeeld van ʼn goed of diens waarop die VPI gebaseer
word. (1)
3.2.2 Hoe word die verbruikersprysindeks (VPI) bereken? (1)
3.2.3 Beskryf kortliks die begrip hiperinflasie. (2)
3.2.4 Verduidelik kortliks verbruiksbesteding as ʼn oorsaak van vraagtrek-
inflasie. (2)
3.2.5 Waarom word produkte wat sensitief is vir prysveranderings, by die
verbruikersprysindeks uitgesluit? (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) EKONOMIE V2 9
3.3 Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.
VRYSTELLING VAN KWEEKHUISGASSE VERMINDER TEEN 2050
Verskeie state en lande het teikens aanvaar vir drastiese verlagings in die
vrystelling van kweekhuisgasse teen 2050, maar min fisiese en realistiese
modellering van die energie en ekonomiese transformasie is nog gedoen.
Vermindering in die vrystelling van kweekhuisgasse sal die planeet die
helfte van die trauma spaar wat oor die volgende eeu verwag word, soos
wat die aarde verwarm.
*Greenhouse gas emission cuts – Kweekhuis gasvrylating besnoeiings
*G-8 nations – G8-nasies
[Aangepas uit https://www.pinterest.co.uk/pin]
3.3.1 Noem enige land wat deel van die G8-nasies vorm. (1)
3.3.2 Waarvoor, volgens die uittreksel, is die G8-nasies bekend? (1)
3.3.3 Beskryf kortliks die begrip omgewingsvolhoubaarheid. (2)
3.3.4 Verduidelik die impak van kweekhuisgasse op die omgewing. (2)
3.3.5 Hoe kan die ekonomie ontwikkel word sonder om die omgewing
te beskadig? (2 x 2) (4)
3.4 Verduidelik fiskale en monetêre beleide as maatreëls om inflasie te
bekamp. (2 x 4) (8)
3.5 Hoe suksesvol is die Suid-Afrikaanse regering in die ondersteuning van ʼn
groen ekonomie? (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
10 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE
KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem enige TWEE kenmerke van openbare goedere. (2 x 1) (2)
4.1.2 Watter positiewe uitwerking sal die toestaan van eiendomsregte op
die omgewing hê? (1 x 2) (2)
4.2 Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
DIE TOENAME IN BTW SAL INFLASIE HOËR DRYF
Volgens kenners sal middelklasverbruikers die spit afbyt vir belasting-
hervormings wat aangekondig is tydens Suid-Afrika se 2018/19 begroting,
ten spyte daarvan dat daar geen styging in persoonlike inkomstebelasting is
nie.
Die navorser beweer dat verbruikers wat meer sal betaal vir alle goedere,
behalwe die mees basiese voedselitems en die middelklas wat die ergste
geraak sal word, die gevolg sal wees van die eerste BTW-styging in SA se
demokratiese geskiedenis.
[Aangepas uit Business Day, 22 February 2018]
4.2.1 Noem ʼn voorbeeld van ʼn basiese voedsel-item wat van BTW
vrygestel is. (1)
4.2.2 Watter soort inflasie word hierbo voorgestel? (1)
4.2.3 Beskryf kortliks inflasie-teikens in Suid-Afrika. (2)
4.2.4 Hoe word krediteure deur inflasie geraak? (2)
4.2.5 Hoe kan die uitwerking van ʼn styging in BTW teengestaan word?
(2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) EKONOMIE V2 11
4.3 Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
CELL C SAL DIE REUSE OP HULLE TONE HOU
Die mobiele telekom-sektor is een van die nywerhede wat gedomineer word
deur twee groot rolspelers, Vodacom en MTN.
Cell C en ook ander sellulêre netwerkoperateurs se toetrede tot die telekom-
sektor, het ʼn effektiewe duopolie, wat so te sê die mark in hulle sak gehad
het, uitgedaag.
Die herkapitalisering van Cell C sal verseker dat die telekom-reuse in die
nabye toekoms op hulle tone gehou sal word.
[Aangepas uit BUSINESS REPORT, 21 Desember 2017]
4.3.1 Noem EEN soort nie-prysmededinging wat by ʼn oligopolie
voorkom. (1)
4.3.2 Wat kenmerk die produkte wat deur ʼn oligopolie verkoop word? (1)
4.3.3 Beskryf kortliks die begrip duopolie. (2)
4.3.4 Wat maak dit moeilik vir nuwe besighede om tot ʼn oligopolie toe te
tree? (2)
4.3.5 Hoe is die ekonomie negatief deur oligopolistiese neigings
beïnvloed? (2 x 2) (4)
4.4 Verduidelik verlies aan biodiversiteit en chemiese afval as probleme in die
volhoubaarheid van die omgewing. (2 x 4) (8)
4.5 Wat hoop die Suid-Afrikaanse regering om deur mededingingsbeleide te
bereik? (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
12 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
AFDELING C
Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
STRUKTUUR VAN OPSTEL PUNTE-
TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is ʼn laerorde-antwoord.
• ʼn Goeie beginpunt is om die hoofterm, wat met die vraagonderwerp
verband hou, te definieer. Maks. 2
• Moenie enige deel van die vraag by jou inleiding insluit nie.
• Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie.
• Vermy om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek.
Liggaam
Hoofdeel: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek/Bespreek Maks. 26
krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik
Addisionele deel: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer
krities/Trek ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en Maks. 10
verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/
Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe/Maak voorstelle
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:
• ʼn Kort samevatting van dit wat alreeds bespreek is, sonder om feite wat
reeds genoem is, te herhaal
Maks. 2
• Enige mening of waardeoordeel van die feite wat bespreek is
• Addisionele ondersteuningsinligting wat die bespreking/analise versterk
• ʼn Opponerende sienswyse met motivering, indien verlang
• Aanbevelings
TOTAAL 40
VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
• Met behulp van grafieke, bespreek staatsinmenging as ʼn oorsaak van
markmislukking in detail, onder die volgende opskrifte:
- Minimum lone (13 punte)
- Subsidies op goedere en dienste (13 punte) (26 punte)
• Hoe kan Kostevoordeel-ontleding markmislukking verminder? (10 punte) [40]
VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
40 PUNTE – 40 MINUTE
• Bespreek die uitwerking van toerisme in detail. (26 punte)
• Hoe kan die regering die positiewe impak van toerisme volhou? (10 punte) [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP (Eng)

Memorandum
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2014 Memo (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)
More from Grade 12 Economics

Study guide
MTG Economics Afr

Memorandum
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)
_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 Eastern Cape June 2024 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)

Memorandum