Skip to content

Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 Memo (Afr)

MemorandumEconomicsGrade 12201817 pages

Grade 12 Economics Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2018 EKONOMIE V2 NASIENRIGLYN PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 17 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2018) AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 1.1.1 C  P < GK 1.1.2 C  is geknak 1.1.3 A  ʼn gebrek aan inligting 1.1.4 D  lae groei en hoë werkloosheid 1.1.5 B  die Isimangaliso-vleilandpark 1.1.6 B  nie-hernieubare 1.1.7 C  toeneem 1.1.8 B  gemiddelde inkome (8 x 2) (16) 1.2 PAS ITEMS 1.2.1 D  lisensie om tot ʼn sekere mate te besoedel 1.2.2 E  hulpbronne word sodanig toegeken dat een party voordeel trek tot nadeel van die ander 1.2.3 F  ʼn wêrelderfenisgebied 1.2.4 B  verander met veranderinge in produksie 1.2.5 I  maksimum toelaatbare vlak van gasuitlatings 1.2.6 G  kan nie opgespoor word wanneer besighede uit die industrie uittree nie 1.2.7 C  direkte regulering van ʼn nywerheid deur middel van wette wat voorskryf wat wettig en toelaatbaar is 1.2.8 A  ondersoek en evalueer beperkende besigheidspraktyke (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com (OK/SEPTEMBER 2018) EKONOMIE V2 3 1.3 GEE EEN BEGRIP 1.3.1 Dis-ekonomieë / Dis-ekonomieë van skaal / Skaalnadele  1.3.2 Kulturele toerisme  1.3.3 Deflasie  1.3.4 Preservering  1.3.5 Eksternaliteite  1.3.6 Monopolistiese mededinging  (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com 4 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2018) AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in jou ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem enige TWEE metodes van nie-prysmededinging by monopolistiese mededinging. • Produkdifferensiasie  • Advertensies  • Handelsmerke  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (2 x 1) (2) 2.1.2 Waarom span besighede saam in ʼn oligopolistiese mark? Hulle span saam om onsekerheid oor wat mededingers in die mark mag doen, uit te skakel.  Maksimeer winste.  (Enige 1 x 2) (2) 2.2 2.2.1 Identifiseer die ewewigspunt van bogenoemde individuele besigheid. A (1) 2.2.2 Watter tydsperiode word in bostaande grafiek voorgestel? Korttermyn  (1) 2.2.3 Wat is die rede vir die afwaarts hellende vraagkurwe in hierdie industrie? • Die wet van vraag – hoe hoër die prys, hoe laer die hoeveelheid aangevra en omgekeerd  • Substitusie-effek  • Inkome-effek  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2) 2.2.4 Waarom word daar na besighede in hierdie industrie as prysnemers verwys? Daar is baie klein besighede in die industrie en nie een van hulle kan pryse beïnvloed nie.  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (2) 2.2.5 Hoe sal nuwe toetreders (besighede) die volmaakte mark beïnvloed? Nuwe toetreders sal die volmaakte mark beïnvloed deur: • Die skuif van die industrie se aanbodkurwe na regs, lei tot ‘n toename in hoeveelheid aangebied en die prys sal daal.  • Toepassing van ʼn laer prys van die industrie en produseer by die laagste draaipunt van die langtermyn gemiddelde koste- kurwe.  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com (OK/SEPTEMBER 2018) EKONOMIE V2 5 2.3 DATARESPONS 2.3.1 Noem EEN hindernis tot toetrede as ʼn monopolie. • Patente  • Eksklusiewe regte  • Lisensies  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (1) 2.3.2 Wat is die aard van produkte wat monopoliste verkoop? Uniek  (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die begrip natuurlike monopolie. • Natuurlike monopolieë het hoë ontwikkelingskoste.  • Hierdie soort besigheid word dikwels deur die regering besit en gereguleer.  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2) 2.3.4 Waarom sal dit nodig wees om Multichoice se monopolie te verbreek? • Opbreek van monopolieë sal mededinging verhoog omdat meer besighede tot die mark sal toetree.  • Die pryse sal mededingend wees en meer verbruikers sal die produk kan bekostig.  • Verbruikers sal aan ʼn verskeidenheid produkte blootgestel word.  • Die kwaliteit van dienste wat verskaf word, sal verbeter omdat elke besigheid daarna sal streef om sy markaandeel te verhoog.  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2) 2.3.5 Hoe sal nie-meriete goedere tot markmislukking bydra? • Nie-meriete goedere is goedere wat as sosiaal onaanvaarbaar beskou word en wat waarskynlik deur die markmeganisme oorgeproduseer en oorverbruik sal word.  • Die verbruik van nie-meriete goedere lei tot aansienlike negatiewe eksternaliteite op die gemeenskap as ʼn geheel.  • Die private koste wat deur die individuele verbruiker aangegaan word, is minder as die sosiale koste wat deur die gemeenskap as ʼn geheel ervaar word.  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com 6 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2018) 2.4 Met behulp van ʼn grafiek met volledige byskrifte, verduidelik die aanbod kurwe van ʼn besigheid in ʼn volmaakte mark. AANBODKURWE VAN 'N INDIVIDUELE BESIGHEID PRYS KOSTE MK  GK  INKOME GVK  P3 E3 E2 P2 E 1 P1 Q 1 Q 2 Q3 HOEVEELHEID (Maks 4) Die korttermyn aanbodkurwe van ‘n individuele produsent is deel van die marginale kostekurwe wat bo die minimum gemiddelde veranderlike koste is.  Dit begin by punt E1 (afsluitpunt) en beweeg opwaarts (E2; E3.)  Onder die afsluitpunt sal die besigheid nie enige goedere verkoop nie omdat die prys laer is as die gemiddelde veranderlike koste.  ʼn Onderneming sal goedere verkoop as die prys bo die afsluitpunt se prysvlak is.  (Maks. 4) (8) 2.5 Evalueer die uitwerkings van monopolieë op die ekonomie. Positiewe uitwerkings Monopolieë is doeltreffend omdat: ➢ Sommige produkte is gevaarlik en moet versigtig hanteer word, bv. elektrisiteit deur Eskom en water deur plaaslike munisipaliteite.  ➢ Kritiese produkte en dienste word deur een maatskappy hanteer, wat rekenskap moet gee indien dinge verkeerd loop. ➢ Kwaliteit word gehandhaaf deurdat dit deur ʼn ervare diensverskaffer hanteer word. Negatiewe uitwerkings ➢ Omdat dit net een produsent is, neig goedere en dienste om duur te wees.  ➢ Hoeveelheid neig om beperk te wees.  ➢ Produkte word teen hoë koste geproduseer en welvaart neig om te daal.  ➢ Gebrek aan mededinging, wat beteken dat keuses vir verbruikers beperk is.  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (ʼn Leerder kan op een kant of beide kante fokus.) (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com (OK/SEPTEMBER 2018) EKONOMIE V2 7 VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 3.1 3.1.1 Noem enige TWEE goedere waar pryse deur die regering geadministreer word. • Petrol  • Brood  • Suiwelprodukte  (2 x 1) (2) 3.1.2 Waarom raak lande by ontbossing betrokke? • Sommige nywerhede gebruik bome vir die produksie van goedere, byvoorbeeld meubels en papier.  • Gebiede met woude word ontbos om plek te maak vir konstruksienywerhede, behuising en paaie.  • As gevolg daarvan word werksgeleenthede vir baie mense geskep.  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2) 3.2 DATARESPONS 3.2.1 Noem enige voorbeeld van ʼn goed of diens waarop die VPI gebaseer word. • Voedsel  • Klere  • Huisvesting  • Vervoer  • Dokters  • En ander goedere  (Enige 1 x 1) (1) 3.2.2 Hoe word die VPI bereken? Prysveranderinge vir verskeie items word bymekaargetel deur gewigte te gebruik.  (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die begrip hiperinflasie. ʼn Inflasiekoers bo 50% per maand en word ook weghol-inflasie genoem.  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (2) 3.2.4 Verduidelik kortliks verbruiksbesteding as ʼn oorsaak van vraagtrek-inflasie. Die toename in verbruiksbesteding a.g.v. minder besparings, daling in belastings en toegang tot krediet, sal lei tot ʼn daling in totale aanbod en gevolglik sal pryse toeneem.  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (2) 3.2.5 Waarom word produkte wat sensitief is vir prysveranderings, by die verbruikersprysindeks uitgesluit? • Om kern-inflasie te bepaal  • Om variasies in voedselpryse uit te sluit sodat kern-inflasie koerse meer stabiel is  • Die uitgesluite produkte kan tydelike prysskokke ervaar, wat ʼn onakkurate meting van inflasie kan veroorsaak  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com 8 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2018) 3.3 DATARESPONS 3.3.1 Noem enige land wat deel van die G8-nasies vorm. • Frankryk  • Duitsland  • Italië  • Verenigde Koninkryk  • Japan  • Verenigde State  • Kanada  • Rusland  (1) 3.3.2 Waarvoor, volgens die uittreksel, is die G8-nasies bekend? (1) Besoedeling  3.3.3 Beskryf kortliks die begrip omgewingsvolhoubaarheid. Dit is die omgewing se vermoë om sy gebruike te oorleef vir toekomstige ekonomiese aktiwiteite.  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (2) 3.3.4 Verduidelik die impak van kweekhuisgasse op die omgewing. • CO2 skep ʼn kombers in die atmosfeer wat die hitte vasvang en ʼn kweekhuiseffek skep, wat tot globale verwarming lei.  • Globale verwarming lei tot klimaatsverandering.  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord) (2) 3.3.5 Hoe kan die ekonomie ontwikkel word sonder om die omgewing te beskadig? Dit kan plaasvind deur: • Te leef met die beperkings wat die omgewing bied  • Die skakels tussen die ekonomie, gemeenskap en die omgewing te verstaan  • Die eweredige verspreiding van hulpbronne en geleenthede  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com (OK/SEPTEMBER 2018) EKONOMIE V2 9 3.4 Verduidelik fiskale en monetêre beleide as maatreëls om inflasie te bekamp. Fiskale maatreëls: • Die maatreëls is daarop gemik om verbruiksbesteding te ontmoedig.  • Belastings word verhoog om besteebare inkome te verminder en oormatige vraag te bekamp.  • Verlaag regeringsbesteding deur besteebare inkome te verlaag.  • Implementeer maatreëls om produktiwiteit te verhoog, soos belastingkortings, om die aanbodposisie te verbeter.  (Maks. 4) Monetêre maatreëls: • Hierdie stappe word deur die SARB en die Nasionale Tesourie geneem. • Verhoog die repo-koers aan banke, om die beskikbaarheid van krediet deur banke te verminder.  • Verhoog rentekoerse met dieselfde effek as hierbo genoem.  • Verminder aanbod van geld d.m.v. ope mark transaksies.  • Verhoog bank kontantreserwe vereistes om die beskikbaarheid aan kliënte te verlaag.  • Stel valuta- en kredietbeheer in.  (Maks. 4) (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (ʼn Maksimum van 4 punte mag toegeken word indien maatreëls slegs genoem of voorbeelde gegee word.) (8) 3.5 Hoe suksesvol is die Suid-Afrikaanse regering in die ondersteuning van ʼn groen ekonomie? Die Suid-Afrikaanse regering is suksesvol deur: • Die gemeenskap op te voed oor die nadele van ontbossing ten einde die uitwerking van globale verwarming te verminder.  • Die plant van bome aan te moedig asook die noodsaaklikheid om om te sien na ons natuurlike plantegroei.  bv. Nasionale Boomplant week in Suid-Afrika is ʼn tyd waar Suid-Afrikaners aangemoedig word om die skoonheid en belangrikheid van bome te vier.  • Die gebruik van sonenergie aan te moedig omdat dit baie veilig en omgewingsvriendelik is,  minder fossielbrandstowwe sal verbrand word, wat die hoeveelheid lugbesoedeling sal verminder.  • Die bewusmaking van ou bestaansboerdery-metodes asook tuinbou oor die algemeen, insluitende inheemse metodes om ons natuurlike plantegroei te volhou.  • Aansporings te bied aan tegnologie wat minder besoedeling veroorsaak, dit sluit metodes van regeringsinmenging in, bv. subsidiëring van tegnologie wat minder besoedeling vrystel, bevel- en beheerstelsels, ens.  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (ʼn Maksimum van 2 punte mag toegeken word indien feite slegs genoem of voorbeelde gegee word.) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com 10 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2018) VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIESE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 4.1 4.1.1 Noem enige TWEE kenmerke van openbare goedere. • Geen mededinging  • Nie-verwerpbaar  • Nie-uitsluitbaar  • Sosiale voordeel oorskry private voordeel  • Aanhoudende verbruik  (2 x 1) (2) 4.1.2 Watter positiewe uitwerking sal die toestaan van eiendomsregte op die omgewing hê? Die omgewing sal goed na omgesien word en sal ʼn gebalanseerde ekostelsel hê omdat besitreg aan mense toegeken word, wat hulle deel sal bydra om te verseker dat daar na natuurlike hulpbronne omgesien word.  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2) 4.2 DATARESPONS 4.2.1 Noem ʼn voorbeeld van ʼn basiese voedsel-item wat vrygestel is van BTW. • Mieliemeel;  Rys;  Bruinbrood;  Droë bone;  Groente;  Vrugte;  Stampmielies;  Groente-olie  Mielierys;  Peulplant;  Sardyne; Eiers;  Droë mielies;  Melk;  Suurmelk;  Poeier suiwelmengsel;  Melkpoeier;  Lensies;  Fyn bruinmeel  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (1) 4.2.2 Watter soort inflasie word hierbo voorgestel? Kostedruk  (1) 4.2.3 Beskryf kortliks inflasie-teikens in Suid-Afrika. ʼn Monetêre beleidsraamwerk waarin die SARB ʼn eksplisiete inflasie teiken van 3%–6% aankondig en beleid implementeer om die teiken direk te bereik.  (2) 4.2.4 Hoe word krediteure deur inflasie geraak? Hulle ly gedurende inflasie omdat hulle geld met ʼn laer koopkrag ontvang.  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (2) 4.2.5 Hoe kan die uitwerking van ʼn styging in BTW beveg word? • Die styging in BTW behoort saam te val met ʼn toename in lone en salarisse.  • Loonverhogings behoort met styging in produktiwiteit gepaard te gaan.  • Regeringsubsidies aan produsente behoort ingestel te word om produksiekoste te verlaag.  • Meer goedere behoort van BTW vrygestel te word.  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com (OK/SEPTEMBER 2018) EKONOMIE V2 11 4.3 DATARESPONS 4.3.1 Noem EEN soort nie-prysmededinging wat by ʼn oligopolie voorkom. • Advertensies  • Verlengde besigheidsure  • Na-verkope diens  • Produkdifferensiasie  • Handelsmerklojaliteit  • Produkverspreiding  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (1) 4.3.2 Wat kenmerk die produkte wat deur ʼn oligopolie verkoop word? Produk wat verkoop word is homogeen of gedifferensieerd.  (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die begrip duopolie. ʼn Duopolie is ʼn markstruktuur wat deur twee groot besighede gedomineer word.  (2) 4.3.4 Wat maak dit moeilik vir nuwe besighede om toe te tree tot ʼn oligopolie? • Daar is hoë kostes betrokke by die oprigting van ʼn besigheid.  • Ondernemings wat reeds in die mark is, gebruik handelsmerke om nuwe mededingers uit te druk/hou.  • Breedvoerige advertensies mag vir nuwe ondernemings duur wees.  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (2) 4.3.5 Hoe is die ekonomie negatief deur oligopolistiese neigings beïnvloed? • Samespanning beïnvloed verbruikers negatief omdat besighede hoë pryse hef wat verbruikers nie kan bekostig nie.  • Verbruikers het nie toegang tot die goedere en dienste wat hulle begeer nie en kan nie vryelik die kwaliteit en verskeidenheid daarvan kies nie.  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4) 4.4 Verduidelik verlies aan biodiversiteit en chemiese afval as probleme in die volhoubaarheid van die omgewing. Biodiversiteit: Biodiversiteit is die aantal verskillende spesies en subspesies wat in ʼn gebied aangetref word.  Die uitputting van natuurlike hulpbronne kan lei tot die uitwissing van spesies en so die biodiversiteit verminder.  (Maks. 4) Chemiese afval: Chemiese afval is giftig/toksies (dit het ʼn negatiewe uitwerking op lewende wesens en kan onvrugbaarheid of dood veroorsaak).  Dit moet versigtig bestuur word om te verseker dat dit nie in die grond insyfer nie.  (Maks. 4) (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord) (ʼn Maksimum van 4 punte vir slegs die noem daarvan of voorbeelde.) (8) Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com 12 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2018) 4.5 Wat hoop die Suid-Afrikaanse regering om te bereik deur Mededingingsbeleide? Mededingingsbeleide behoort bereik te word deur: • Onregverdige metodes om markkrag te verkry, te voorkom  • Regverdige mededinging tussen besighede aan te moedig  • Doeltreffendheid in markte te verbeter waar produsente produseer volgens die behoeftes van verbruikers  • Die bestaan van monopolieë wat deur oornames en samesmeltings veroorsaak word, te ontmoedig  • Prysvasstelling en samespanning by oligopolieë te voorkom  • KMMO’s aan te moedig ten die einde die ekonomie te ontwikkel  • Deur die Mededingingsgesag doeltreffend te gebruik (Mededinging Kommissie, Mededinging Tribunaal en Mededinging Appèlhof).  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (ʼn Maksimum van 2 punte vir slegs die noem van feite of voorbeelde.) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com (OK/SEPTEMBER 2018) EKONOMIE V2 13 AFDELING C Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: VRAAG 5 • Met behulp van grafieke, bespreek staatsinmenging as ʼn oorsaak van markmislukking in detail, onder die volgende opskrifte: - Minimum lone (13 punte) - Subsidies op goedere en dienste (13 punte) (26 punte) • Hoe kan kostevoordeel-ontleding markmislukking verminder? (10 punte) INLEIDING Deelnemers aan die ekonomie, raak soms betrokke by aktiwiteite wat nie in lyn is met die markkragte nie. Gevolglik is daar tekorte hier en daar, en daarom word daar vereis dat die regering stappe neem.  (Aanvaar enige korrekte toepaslike inleiding.) (2) INHOUD / HOOFGEDEELTE MINIMUM LOON V A L1 Minimum loon  L E A V H1 H H2 Hoeveelheid  Q Q Toekenning van punte Korrekte benoeming van beide asse = 1 Ewewigspunt =1 Minimum loon =1 Vraag en aanbod =1 Maksimum punt =4 ʼn Minimum loon is ‘n loon wat deur die regering vasgestel is en geen werkgewer mag werkers minder as dit betaal nie.  Punt E is die markewewigsprys waar werkers ʼn inkome ontvang by L, en die hoeveelheid beskikbare werkers is H.  Die regering meng in deur ʼn minimum loon vas te stel by L1  bokant die mark ewewigsprys (L).  By die nuwe loonvlak, is die aanbod van werkers H2, terwyl die vraag na werkers H1. is.  Daarom lei die instel van minimum lone tot ‘n oormaat aanbod van arbeid.  (Maks. 9) Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com 14 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2018) SUBSIDIES OP GOEDERE EN DIENSTE UITWERKING VAN 'N SUBSIDIE A  Prys  V A1  Subsidie  C P2 E P E1  P1 A A1 V 0 H H1 Hoeveelheid Toekenning van punte Korrekte benoeming van beide asse =1 Vraag en aanbod =1 Toename in aanbod (A1A1) =1 Ewewigspunt (Snyding van VV en A1A1) =1 Subsidie =1 Maksimum punt =4 ‘n Subsidie is ʼn vorm van finansiële toelae om produksie van goedere en dienste te ondersteun of die verbruik van goedere en dienste.  Die oorspronklike ewewig is by punt E; by prys P en hoeveelheid H.  Wanneer ʼn subsidie ingestel word: Skuif aanbod van AA na A1A1 en die nuwe ewewig word gevorm by punt E1, by prys P1 en hoeveelheid H1 Die prys van die produsent styg van P na P2  Die prys vir die verbruiker daal van P na P1  Subsidie beloop P1P2 C E1 Die instelling van ʼn subsidie bevoordeel die produsent deurdat die produsent ʼn wins van PP2 C E maak  Dit bevoordeel ook die verbruiker deur PEE1P1 te bespaar.  (Maks. 9) (26) Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com (OK/SEPTEMBER 2018) EKONOMIE V2 15 ADDISIONELE GEDEELTE - Hoe kan kostevoordeel-ontleding markmislukking verminder? Die Suid-Afrikaanse regering hoop om dit te bereik deur: • Te verseker dat kostes en voordele in berekening gebring word alvorens die regering ʼn groot projek aanpak  byvoorbeeld paaie en brûe.  • Te assesseer of die nuwe projek wel haalbaar is,  inaggenome dat sosiale voordele meer is as sosiale kostes.  • Objektiewe besluitneming  omdat dit subjektiwiteit uit die besluitneming verwyder aangesien alle besluite gebaseer is op praktiese feite.  • Ekonomiese doeltreffendheid in hulpbrontoekenning te verseker  en vrugtelose uitgawes uit te skakel.  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (10) SLOT Die regering probeer sy bes om die belange van die armes te beskerm, maar nog meer moet gedoen word.  (Aanvaar enige ander hoërorde slot.) (2) [40] VRAAG 6 • Bespreek die uitwerking van toerisme in detail. (26 punte) • Hoe kan die regering die positiewe impak van toerisme volhou? (10 punte) INLEIDING Toerisme is die aktiwiteite van mense wat reis na plekke buite hulle gewone omgewing. Dit mag vir plesier of besigheid wees, solank niemand vergoed gaan word nie.  (Aanvaar enige korrekte toepaslike inleiding.) (2) INHOUD / HOOFGEDEELTE – Uitwerking van Toerisme BRUTO BINNELANDSE PRODUK (BBP)  Toerisme is ʼn diens-gebaseerde industrie. Dit is verantwoordelik vir 65% van die BBP in ontwikkelde lande en 40% van die BBP in ontwikkelende lande.  Toerisme kan die BBP direk en indirek beïnvloed.  ʼn Direkte impak op die BBP spruit uit dienste gelewer aan toeriste  wat 7–9% van die BBP in Suid-Afrika kan wees.  ʼn Indirekte bydrae sal produkte wees wat aan besighede, in die toerisme-industrie, verkoop word,  byvoorbeeld, groothandelaars verskaf bestanddele aan hotelle wat die finale etes aan toeriste verkoop.  (Maks. 4) Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com 16 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2018) WERKVERSKAFFING  Toerisme verskaf werk aan 7% van Suid-Afrika se arbeidsmag.  Toerisme is die grootste werkverskaffer omdat dit: • Arbeidsintensief is  • ʼn Verskeidenheid vaardighede in diens neem  • Onmiddellike indiensname verskaf  • Entrepreneurs geleenthede verskaf  (Maks. 4) ARMOEDE  Armoede kom meestal voor in plattelandse gebiede a.g.v. werkloosheid.  Toerisme kan armoede op die volgende maniere verlig: - Toerisme is ‘n vinnige en doeltreffende meganisme vir die verspreiding van hulpbronne aan plattelandse gebiede ten einde toerismeplekke te ontwikkel.  - Uitstekende toerisme-aantreklikhede word in plattelandse gebiede gevind.  Toerisme-ontwikkelings in plattelandse gebiede laat die aantal beskikbare werksgeleenthede toeneem.  Toerisme bevorder ‘n gebalanseerde en volhoubare vorm van ontwikkeling.  Mense is by magte om ‘n inkome te verdien in hulle tuisgebiede wat lei tot ‘n daling in verstedeliking.  (Maks. 4) EKSTERNALITEITE  Eksternaliteite is koste en voordele wat spruit uit ‘n spesifieke aktiwiteit.  Toerisme lei tot beide.  Positiewe eksternaliteite  Toerisme: Lok groot bedrae inkome  Lei tot ‘n verbetering in infrastruktuurontwikkeling  Stimuleer werkskepping indirek  Kan help om natuurlike en kulturele bates te bewaar en armoede te verlig  Negatiewe eksternaliteite  • Toerisme kan skade aan die omgewing veroorsaak indien dit nie behoorlik bestuur word nie.  • Dit kan lei tot baie afval en skade aan sensitiewe toeristepersele.  • Die infrastruktuur van toeristepersele kan onder druk kom as hulle voorsiening moet maak vir toenemende aantal toeriste.  • Dit lei tot stygings in pryse vir toeristegoedere.  (Maks. 6) DIE OMGEWING  • Toerisme kan bydra tot omgewingspanning (‘stress’).  Dit kan lei tot: • Permanente herstrukturering van die landskap, bv. konstruksiewerk aan snelweë  • Addisionele afvalprodukte, bv. biologiese (riool) en nie-biologiese (rommel) afval  • Direkte omgewingspanning (‘stress’) bv. die verlies aan wildspesies a.g.v. safari- jagtogte  • Uitwerking op bevolkingsdinamika, bv. migrasie en veranderinge in bevolkingsdigtheid in reaksie tot die behoeftes van toerismepersele  (Maks. 4) Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com (OK/SEPTEMBER 2018) EKONOMIE V2 17 INVESTERING  Toerismebestemmings vereis voldoende fisiese (hotelkamers), ekonomiese (OTMs) en basiese (water en elektrisiteit) dienste infrastruktuur.  Dit sluit in: • Vervoerinfrastruktuur, bv. verbeterde paaie is nodig vir toegang tot toeristepersele.  • Kommunikasie-infrastruktuur, bv. hotelle benodig telefoonlyne om besprekings te kan maak by toeristepersele.  • Energie-infrastruktuur, bv. toeriste benodig elektrisiteit by toeristepersele.  (Maks. 4) (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (Maksimum 8 punte vir slegs noem en gee van voorbeelde.) (26) ADDISIONELE GEDEELTE Die regering kan positiewe uitwerking van toerisme volhou deur: • Infrastruktuur te onderhou en dit in ʼn goeie toestand te hou, sodat daar behoorlik omgesien word na die behoeftes van toeriste.  • Beleide te implementeer rondom die beveiliging en onderhoud van toeristepersele en om dit aantreklik te hou.  • Nuwe toerisme-aantreklikhede uit te brei en nuwes te skep ten einde voorsiening te maak vir die potensiaal om die hoeveelheid toeriste te laat toeneem.  • Plaaslike toerisme te bevorder omdat dit die potensiaal het om toerisme te laat toeneem.  • ʼn Afname in die misdaadkoers te bewerkstellig sodat toeriste vryelik en veilig rond kan beweeg, wat sal verseker dat hulle dan ‘n gevoel van ‘huis weg van die huis’ kan ervaar en aanhou terugkom.  • Inheemse kennis en kultuur in stand te hou omdat toeriste iets wil sien en ervaar wat nuut en outentiek is.  (Aanvaar enige ander hoërorde toepaslike antwoord.) (10) SLOT Suid-Afrika is ʼn baie mooi land; dit het die potensiaal om die nommer een toeristebestemming te word en die regering behoort meer te doen om dit uit te lig.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante hoërorde slot.) (2) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all