Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2018
EKONOMIE V1
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.
Skip to contentAll 2018 papers 





View all
%20June%202025%20Possible%20Answers--3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e/v1-45abc04fbe038cfc315d/card.webp)



_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)
Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 322.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Questions in this paper
- Question 1.1The circular flow model, national account aggregates and the multiplier16 marks
- Question 1.2The circular flow model, national account aggregates and the multiplier8 marks
- Question 1.3The circular flow model, national account aggregates and the multiplier12 marks
- Question 2The circular flow model, national account aggregates and the multiplier40 marks
- Question 3South Africa’s industrial policies and their suitability in terms of international best practice14 marks
- Question 4South African economic and social indicators40 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK.
x AFDELING A: VERPLIGTEND
x AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
x AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.
2. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
hierdie vraestel gebruik word.
3. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.
4. Lees die vrae noukeurig en begin elke vraag boaan ʼn NUWE bladsy.
5. Laat 2−3 reëls oop tussen onderafdelings van vrae.
6. Beantwoord vrae in volsinne en maak seker dat die uitleg, inhoud en
konteks van jou antwoorde voldoen aan die kognitiewe vlakke van die
vrae.
7. Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Meer antwoorde as die
vereistes aantal, sal NIE nagesien word NIE.
8. Gebruik slegs swart of blou ink.
9. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) ECONOMICS P1 3
AFDELING A (VERPLIGTEND
VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE
1.1 Verskeie opsies word as antwoorde tot die volgende vrae gegee. Kies
die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
ooreenstemmende vraagnommer (1.1.1−1.1.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 D.
1.1.1 Onttrekkings van geld wat die hoeveelheid van geld in die
ekonomie sal verlaag word ... genoem.
A geldvloei
B inspuitings
C lekkasies
D reële vloei
1.1.2 Probleme van openbare sektor voorsiening is:
A gebrek aan rekenskap.
B die handhaaf van wet en orde.
C om inwoners te beskerm teen vreemde bedreigings.
D om natuurlike hulpbronne te bewaar.
1.1.3 Eksogene verduideliking van sakesiklusse koppel die
uitbreiding en inkrimping van ʼn ekonomie aan …
A slegs aanbodfaktore.
B slegs vraagfaktore.
C magte buite die markstelsel.
D kragte binne die markstelsel.
1.1.4 Wanneer die regering gebruik maak van tariewe om invoere te
ontmoedig, word dit ... genoem.
A invoervervanging
B uitvoerbevordering
C monetêre beleid
D beskerming
1.1.5 ʼn Organisasie bestaande uit die wêreld se ontluikende
ekonomieë, staan as... bekend.
A Mercosur.
B BRICS
C SADU
D Europese-unie (EU)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
1.1.6 Hierdie syfers verskaf ʼn sistematiese rekord van nasionale
ekonomiese aktiwiteit.
A Wêreldbank
B Stelsel van nasionale rekeninge
C Progressiewe persoonlike inkome
D Internasionale Monetêre Fonds
1.1.7 ʼn Beleid wat deur die SARB gedryf word om pryse te stabiliseer
deur inflasie te bestuur, word die ... beleid genoem.
A monetêre
B fiskale
C internasionale handel
D arbeids-
1.1.8 ʼn Landswye regeringsinmenging om werk te skep deur
arbeidsintensiewe metodes te gebruik word die ... genoem.
A Swart Ekonomiese Bemagtiging
B Nasionale Ontwikkelingsplan
C Nasionale Groeiplan
D Uitgebreide Openbare Werkeprogram (8 x 2) (16)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) ECONOMICS P1 5
1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn begrip in KOLOM A pas. Skryf
slegs die korrekte letter (A−I) langs die ooreenstemmende vraagnommer
(1.2.1−1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 J.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Phillips-kurwe A meet pryse by die eerste vlak van
beduidende kommersiële transaksie,
dit is waar dit die land binnekom of die
fabrieksvloer verlaat
1.2.2 Indirekte belasting B georganiseerde ekonomiese aktiwiteit
om vervaardiging, mynwese en
dienste-sektore te skep
1.2.3 Portfolio investering C betaling aan inkomste-dienste word
gemaak deur besigheid wat goedere
verkoop, maar op die verbruiker gehef
1.2.4 Sanksies D aanwysers moet bepaal word kragtens
die reëls van hul samestelling
1.2.5 Kontantreserwe E die waarde van een geldeenheid
vereiste kragtens ʼn ander
1.2.6 Nywerheids- F ʼn amptelike bevel om handel met ʼn
ontwikkeling land te stop, ten einde hulle te dwing
om internasionale wette te
gehoorsaam
1.2.7 Produsente- G die Wet op Banke verander soms die
prysindeks (PPI) saldo’s van banke om geldskepping
aktiwiteite van banke te manipuleer
1.2.8 Spesifikasie H koop en verkoop van aandele en
skuldbriewe byvoorbeeld aandele en
effekte
I illustreer die verhouding tussen
werkloosheid en inflasie
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
Akronieme en afkortings sal NIE aanvaar word NIE.
1.3.1 Markte vir langtermyn-finansiële instrumente byvoorbeeld effekte
en aandele
1.3.2 Negatiewe ekonomiese groei vir ten minste twee agtereenvolgende
kwartale van die jaar
1.3.3 Oneerlike gedrag deur persone in verantwoordelike posisies
1.3.4 Die doelbewuste daling in die waarde van ’n geldeenheid as gevolg
van regeringsinmenging
1.3.5 Note en munte in omloop en vraagdeposito’s van die plaaslike
privaatsektor
1.3.6 ʼn Stuk land wat ʼn gang/deurgang bied van een gebied na ʼn ander
(6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) ECONOMICS P1 7
AFDELING B
Beantwoord TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem enige TWEE metodes om ʼn BBP te bereken. (2 x 1) (2)
2.1.2 Hoe kan uitvoerbevordering die betalingsbalans onewewigtigheid
regstel? (1 x 2) (2)
2.2 Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg.
Prysvlak %
TV1
TV
TA
TA1
A
P B C
TV1
TA TV
TA1
0 H H1
Reële uitset
2.2.1 Wat word in bostaande grafiek geïllustreer? (1)
2.2.2 By watter punte sal inflasie voorkom? (1)
2.2.3 Beskryf die begrip nuwe ekonomiese paradigma kortliks. (2)
2.2.4 Wat sal met die uitset gebeur as aanbod nie reageer op die
veranderinge in vraag nie? (2)
2.2.5 Hoe sal die regering produksiekoste verlaag om die aanbodkant
van die ekonomie te stimuleer? (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
2.3 Bestudeer die onderstaande diagram en beantwoord die vrae wat volg.
2.3.1 Wat word in bostaande diagram voorgestel? (1)
2.3.2 Watter deelnemer is die hoofverbruiker in die ekonomie? (1)
2.3.3 Omskryf kortliks die begrip ‘ekonomiese kringloop’. (2)
2.3.4 Bespreek die rol van die faktormark in die ekonomiese
kringloop. (2)
2.3.5 Hoe beïnvloed die vermenigvuldiger-effek die regering ten
opsigte van die neem van besluite? (2 x 2) (4)
2.4 Onderskei tussen spesialisasie en keuse as argumente ten gunste van
vryhandel. (2 x 4) (8)
2.5 Hoe gebruik die regering die fiskale beleid om die ekonomie te beperk?
(4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) ECONOMICS P1 9
VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem enige TWEE aansporings wat die Suid-Afrikaanse regering
gebruik om nywerheidsontwikkeling te verhoog (2 x 1) (2)
3.1.2 Hoe kan die Nasionale Ontwikkelingsplan ʼn beter lewe vir almal
verseker? (1 x 2) (2)
3.2 Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
COEGA NYWERHEIDSONTWIKKELINGSONE (NOS)
Die Coega NOS is geleë naby Nelson Mandela-baai in Suid-Afrika se voorste
investering gebied vir nywerhede met ʼn globale perspektief. Coega het
sukses behaal met die lok van ʼn gesonde mengsel van beide plaaslike en
internasionale investeerders.
[Aangepas uit www.coega.co.za]
3.2.1 Wat was die regering se doel met die totstandkoming van
nywerheidsontwikkelingsones (NOSe)? (1)
3.2.2 Noem enige diens wat deur Oos-Londen se NOS verskaf word. (1)
3.2.3 Omskryf die begrip ‘nywerheidsontwikkelingsone’. (2)
3.2.4 Verduidelik waarom die NOS as ’n belastingvrye aansporing
beskou word. (2)
3.2.5 Hoekom was NOSe nie baie suksesvol sedert hulle ontstaan in
Suid-Afrika nie? (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
3.3 Bestudeer die onderstaande spotprent en beantwoord die vrae wat volg.
Vandag, lewe ongeveer die helfte van Suid-Afrika onder die armoedelyn en
oorleef op net meer as R500 per maand, ʼn verbetering aangesien dit die geval
was vir die meeste van die bevolking. Ja, daar was ʼn afname in armoede oor
tyd – maar duidelik nie genoeg nie. En dit is slegs ’n gedeelte van die dilemma
wat Suid-Afrika in die gesig staar, want terwyl armoede-vlakke daal, het
ongelykheid toegeneem en die gaping tussen die ‘hê’ en ‘nie-hê-nie’ raak net
groter.
3.3.1 Wat word in bogenoemde spotprent voorgestel? (1)
3.3.2 Noem enige aspek wat gebruik word om die vlak van ’n land se
ontwikkeling aan te dui. (1)
3.3.3 Verduidelik kortliks die begrip ‘Noord/Suid verdeel’. (2)
3.3.4 Verduidelik kortliks enige uitdaging van globalisasie tussen die Noord
en die Suid. (2)
3.3.5 Hoe kon lande in die Suid die inkome-gaping oorbrug wat Noord en
Suid verdeel? (4)
3.4 Verduidelik werkverskaffing as ’n ekonomiese aanwyser kortliks. (4 x 2) (8)
3.5 Hoe suksesvol is die Suid-Afrikaanse regering se aansporings ten opsigte van
die stimulering van nywerheidsontwikkeling? (4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) ECONOMICS P1 11
VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem enige TWEE dienste wat deur die regering beskou word as
noodsaaklik om mense se lewenstyl, asook die vlak van
ekonomiese en sosiale ontwikkeling te verbeter. (2 x 1) (2)
4.1.2 Hoe kan plaaslike syfers na nasionale syfers omgeskakel word?
(1 x 2) (2)
4.2 Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg.
BETALINGSBALANS
(R Miljoene)
Lopende rekening 2015 2016 2017
Goedere uitvoer 970 623 1 058 032 1 108 322
Netto goud uitvoere 59 521 66 762 66 411
Ontvangste vir dienste 191 605 210 865 210 238
Ontvangste vir inkome 98 016 87 773 81 637
- Goedere invoer 1 076 290 1 090 089 1 105 876
- Betaling vir dienste 197 643 218 830 215 544
- Betaling vir inkome 198 382 208 243 225 201
Lopende oordragte -33 533 -27 458 -38 303
Saldo op lopende rekening -186 084 -121 188 -114 317
[Bron: SARB Kwartaallikse Bulletin, Maart 2018]
4.2.1 Gedurende watter jaar het Suid-Afrika die grootste handelstekort in
die handelsbalans getoon? (1)
4.2.2 Watter rekening in die betalingsbalans toon die syfers van die
handelsbalans aan? (1)
4.2.3 Omskryf die begrip ‘handelsbalans’. (2)
4.2.4 Wat kan Suid-Afrika doen om die uitvoer van goedere positief te
beïnvloed? (2)
4.2.5 Hoe word die ekonomie positief beïnvloed deur internasionale
handel? (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
4.3 Bestudeer die onderstaande spotprent en beantwoord die vrae wat volg.
Wanvoeding bly ʼn probleem in Suid-Afrika, alhoewel dit nie so endemies is
soos in ander lande nie. 15% van Suid-Afrikaanse babas word gebore met
ʼn lae gewig by geboorte en 5% van Suid-Afrikaanse kinders is ondergewig.
[Bron: Eksaminator]
4.3.1 Identifiseer die sosiale aanwyser wat hierbo aangetoon word. (1)
4.3.2 Noem enige oorsaak van wanvoeding in Suid-Afrika. (1)
4.3.3 Verduidelik kortliks die begrip ‘sosiale aanwyser’. (2)
4.3.4 Watter planne en strategieë was deur die regering ingestel om
die algehele gesondheid verwante sake aan te spreek? (2)
4.3.5 Hoe kan onderwys armoede in Suid-Afrika verminder? (2 x 2) (4)
4.4 Onderskei tussen aansporings en subsidies as metodes van
uitvoerbevordering. (4 x 2) (8)
4.5 Evalueer die belangrikheid van produktiwiteit as ʼn ekonomiese aanwyser.
(4 x 2) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) ECONOMICS P1 13
AFDELING C
Beantwoord EEN van die volgende twee vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
PUNTE-
STRUKTUUR VAN OPSTEL
TOEKENNING:
Inleiding Maks. 2
Die inleiding is ʼn laerorde-antwoord.
x ʼn Goeie beginpunt is om die hoofterm, wat met die vraagonderwerp
verband hou, te definieer.
x Moenie enige deel van die vraag in jou inleiding insluit nie.
x Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie.
x Vermy om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek.
Liggaam
Hoofdeel: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek/ Bespreek Maks. 26
krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik
Maks. 10
Addisionele deel: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer
krities/Trek ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en
verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/
Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe/Maak voorstelle
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:
x ʼn Kort samevatting van dit wat alreeds bespreek is, sonder om feite wat
alreeds genoem is, te herhaal
x Enige mening of waardeoordeel van die feite wat bespreek is
Maks. 2
x Addisionele ondersteuningsinligting wat die bespreking/analise versterk
x ʼn Opponerende sienswyse met motivering, indien verlang
x Aanbevelings
TOTAAL 40
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
x Bespreek die makro-ekonomiese doelwitte van die staat. (26 punte)
x Hoe suksesvol die regering was om openbare sektor mislukking te verminder.
(10 punte) [40]
VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE
x Bespreek die aanbodkant benadering om groei en ontwikkeling in Suid-Afrika te
bevorder, onder hoofde van die volgende subhoofde:
¾ Doeltreffendheid en effektiwiteit van mark
¾ Doeltreffendheid van besighede
¾ Die koste om besigheid te doen (26 punte)
x Evalueer die toepaslikheid van Suid-Afrika se streekontwikkelings-beleide.
(10 punte) [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP (Eng)

Question paper
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP (Eng)

Question paper
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP (Eng)

Memorandum
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 Memo (English)

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP (Eng)

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)
More from Grade 12 Economics

Memorandum
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (Afr)
%20June%202025%20Possible%20Answers--3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e/v1-45abc04fbe038cfc315d/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 Gauteng June 2025 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Question paper
Economics Grade 12 P2 NW June 2025 Question Paper (English)
_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)
Question paper