Skip to content

Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 Memo (Afr)

MemorandumEconomicsGrade 12201822 pages

Grade 12 Economics Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2018 EKONOMIE V1 NASIENRIGLYN PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 22 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2018) AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 1.1.1 C Lekkasies  1.1.2 A gebrek aan rekenskap  1.1.3 C magte buite die markstelsel.  1.1.4 D beskerming  1.1.5 B BRICS  1.1.6 B Stelsel van nasionale rekeninge  1.1.7 A Monetêre  1.1.8 D Uitgebreide Openbare Werkeprogram  (8 x 2) (16) 1.2 PASITEMS 1.2.1 I illustreer die verhouding tussen werkloosheid en inflasie  1.2.2 C betaling aan inkomste-dienste word gemaak deur besigheid wat goedere verkoop, maar op die verbruiker gehef  1.2.3 H koop en verkoop van aandele en skuldbriewe byvoorbeeld aandele en effekte  1.2.4 F ’n amptelike bevel om handel met ’n land te stop, ten einde hulle te dwing om internasionale wette te gehoorsaam  1.2.5 G die Wet op Banke verander soms die saldo’s van banke om geldskeppings-aktiwiteite van banke te manipuleer.  1.2.6 B georganiseerde ekonomiese aktiwiteit om vervaardiging, mynwese en dienste sektore te skep.  1.2.7 A meet pryse by die eerste vlak van beduidende kommersiële transaksie, dit is waar dit die land binnekom of die fabrieksvloer verlaat  1.2.8 D aanwysers moet bepaal word kragtens die reëls van hul samestelling  (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) EKONOMIE V1 3 1.3 IDENTIFISEER DIE BEGRIP 1.3.1 Kapitaalmark  1.3.2 Resessie  1.3.3 Korrupsie  1.3.4 Devaluasie  1.3.5 M1  1.3.6 Korridors  (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2018) AFDELING B Beantwoord TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 2.1 2.1.1 Noem TWEE metodes om BBP te bereken.  Inkome / BBP (I)   Bestedings / BBP (E)   Produksie / BBP (P)  (Enige 2 x 1) (2) 2.1.2 Hoe kan uitvoerbevordering die betalingsbalans onewewigtigheid regstel?  Deur geld te leen by die IMF   Beleide van uitvoerbevordering en invoervervanging   Toename in totale aanbod sal pryse verlaag   Uitvoere word aangemoedig deur goedkoper pryse   Hoër rentekoerse help om besteding op invoere te laat daal  (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord) (Enige 1 x 2) (2) 2.2 DATA RESPONS 2.2.1 Wat word in bostaande grafiek geïllustreer? Vraag- en aanbodkantbeleide  (1) 2.2.2 By watter punte sal inflasie voorkom? By punt A  (1) 2.2.3 Beskryf die begrip nuwe ekonomiese paradigma kortliks. Die nuwe ekonomiese paradigma – ontmoedig beleidmakers om monetêre en fiskale beleide te gebruik om die ekonomie reg te stel,  maar moedig eerder die bereiking van stabiliteit aan, deur middel van gesonde langtermyn beleidsbesluite rakende die vraag en aanbod in ʼn ekonomie.  (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord.) (2) 2.2.4 Wat sal met die uitset gebeur as aanbod nie op die veranderinge in vraag reageer nie? Uitset sal toeneem  (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) EKONOMIE V1 5 2.2.5 Hoe sal die regering produksiekoste verlaag om die aanbodkant van die ekonomie te stimuleer? Regering kan koste verlaag deur:  Infrastruktuurdienste te voorsien soos vervoer, kommunikasie, water en energie   Implementering van kontant aansporings, bv. Subsidies   Besighede te vergoed wat hulself vestig in afgeskeepte gebiede waar hoë werkloosheid voorkom   Uitvoerders te vergoed vir sekere kostes wat hul aangaan in die ontwikkeling van uitvoermarkte  (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord) (Enige 2 x 2) (4) 2.3 DATA RESPONS 2.3.1 Wat word in bostaande diagram voorgestel? Ekonomiese kringloop / Twee sektor model  (1) 2.3.2 Watter deelnemer is die hoofverbruiker in die ekonomie? Huishoudings  (1) 2.3.3 Omskryf kortliks die begrip ‘ekonomiese kringloop’. Dit is ’n vereenvoudiging van die werking van die ekonomie en die verhoudinge tussen inkome, produksie en besteding in die ekonomie as ’n geheel.  (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord.) (2) 2.3.4 Bespreek die rol van die faktormark in die ekonomiese kringloop.  In die faktormark word produksiefaktore verhandel  bv. grond vir huur, arbeid vir lone en salarisse, entrepreneurskap vir wins en kapitaal vir rente.   Huishoudings verkoop hulle produksiefaktore in die faktormark en ontvang ʼn inkome   Besighede koop produksiefaktore van die faktormark en die faktor mark ontvang ʼn inkome.  (Enige 1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2018) 2.3.5 Hoe beïnvloed die vermenigvuldiger-effek die regering ten opsigte van die neem van besluite? Regering word soos volg beïnvloed:  Ekonomiese goei en die makro ekonomiese kwessies soos werkskepping en inflasie d.m.v. manipulerende inspuitings en lekkasies   Afname in belastings: besteebare inkome van verbruikers sal toeneem, wat sal lei tot styging in totale vraag,   Wat weer lei tot hoër verbruiksbesteding.   Winste na belasting van produsente sal styg en daarom ook die styging van totale vraag wat lei tot hoër investerings.   Verhoogde verbruik van goedere en dienste: As die regering meer geld spandeer, sal totale vraag ook toeneem.   Stygende uitvoere: dit sal lei tot ʼn inspuiting van buitelandse geld in die plaaslike ekonomie  (Enige 2 x 2) (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord) (4) 2.4 Onderskei tussen spesialisasie en keuse as argumente ten gunste van vryhandel.  Spesialisasie  Vryhandel veroorsaak spesialisasie in nywerhede waarin lande ʼn vergelykende voordeel het.   Hierdie nywerhede sal ʼn laer geleentheidskoste hê.   Dit sal ekonomiese doeltreffendheid laat toeneem en vermorsing van hulpbronne voorkom.   Elke land wat die beste geskik is vir spesifieke goedere en dienste sal onderneem om meer daarvan te produseer.  (Enige 2 x 2) (4)  Keuse  Vryhandel gee verbruikers die keuse om enige plek in die wêreld te koop.   Hulle is nie beperk om plaaslik geproduseerde goed te koop nie.   Dit lei tot ʼn globale mark en verbruikers trek voordeel uit die mededinging en verskeidenheid wat na die mark gebring word.   Wanneer ander lande dieselfde item goedkoper produseer, koop verbruikers minder.  (Enige 2 x 2) (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord) (ʼn Maksimum van 2 punte mag toegeken word wanneer feite of voorbeelde slegs genoem word.) (4) [8] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) EKONOMIE V1 7 2.5 Hoe gebruik die regering die fiskale beleid om die ekonomie te beperk? Regering gebruik fiskale beleid deur:  Staatsbesteding te verlaag ten einde totale vraag te beperk.   Produksie te verlaag, want soos minder goedere en dienste benodig word, sal minder produksiefaktore in diens geneem word en besteebare inkome sowel as besteding sal daal.   Belasting te verhoog, wat sal lei tot ʼn daling in besteebare inkome en ʼn daling in totale vraag.   Staatsbesteding te verlaag en ook gelyktydig belasting te verhoog: dit sal ʼn dubbele uitwerking hê.   Staatsbesteding te verlaag en verbruikers en produsente ook minder laat bestee.   Vraag te laat daal en gevolglik sal inflasie ook daal . (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord) Maks. 8 (ʼn Maksimum van 2 punte mag toegeken word wanneer feite / voorbeelde slegs genoem word.) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2018) VRAAG 3 3.1 3.1.1 Noem enige TWEE aansporings wat die Suid-Afrikaanse regering gebruik om nywerheidsontwikkeling te verhoog.  Kleinsake-ondersteuningsprogram   SEDA Tegnologie Program (STP)   Vaardigheidsondersteuningsprogram   Kritiese infrastruktuur fasiliteite   Doeanevrye aansporings   Buitelandse investerings aansporings   Strategiese Investeringsprogram   Dienste aan Sake Prosesse  (Enige 2 x 1) (2) 3.1.2 Hoe kan die Nasionale Ontwikkelingsplan ’n beter lewe vir almal verseker? Dit is van plan om ekonomiese geleenthede uit te brei deur investering in infrastruktuur, meer innovasie, privaat investering en entrepreneurskap. (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord) (Enige 1 x 2) (2) 3.2 DATA RESPONS 3.2.1 Wat was die regering se doel met die totstandkoming van Nywerheidsontwikkelingsones (NOSe)? Om doelgeboude nywerheidsparke wat grens aan internasionale hawens of lughawens te ontwikkel.  (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord) (1) 3.2.2 Noem ʼn diens wat deur Oos-Londen se NOS verskaf word. Voertuie  (1 x 1) (1) 3.2.3 Omskryf die begrip ‘Nywerheidsontwikkelingsone’. Dit is ʼn doelgeboude nywerheidspark wat fisies omhein is en grens aan ʼn internasionale hawe of lughawe, bv. Coega  (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord) (Enige 1 x 2) (2) 3.2.4 Verduidelik waarom die NOS as ʼn belastingvrye aansporing beskou word.  Is om vervaardiging en buitelandse handel aan te moedig.   Maak dit makliker om materiale in- en uit te voer.   Grondstowwe met die oog op produksie kan vry van enige invoerbelastings ingevoer word, terwyl goedere wat uitgevoer word, vrygestel is van BTW.  (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord) (Enige 1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) EKONOMIE V1 9 3.2.5 Hoekom was NOSe nie baie suksesvol sedert hulle ontstaan in Suid-Afrika nie?  NOSe se suksesse was relatief klein.   Investeringsvlakke was relatief laag.   Die aantal permanente werksgeleenthede wat geskep is, was maar min.   Besighede binne die NOS het nie spesiale aansporings ontvang nie, ten spyte van beloftes dat sodanige besighede een of ander vorm van belasting en BTW verligting, wat verband hou met in- en uitvoere, sou ontvang   Slegs streke met toegang tot ʼn internasionale lughawe of hawe was geregtig op ondersteuning.   Die regering erken dat NOSe in SA nie ʼn sukses was nie, omdat die hoofrede is dat nege konsessies van toepassing is, maar slegs twee daarvan is in SA toegepas, naamlik voorwaardelike vrystelling van invoerbelasting en zero BTW- koerse.  (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord) (Enige 2 x 2) (4) 3.3 DATA RESPONS 3.3.1 Wat word voorgestel in bogenoemde spotprent? Noord-Suid verdeling (1) 3.3.2 Noem enige aspek wat gebruik word om die vlak van ’n land se ontwikkeling aan te dui.  Indiensname-vlakke   Armoede-vlakke   Gesondheidsorg   Lewensverwagting   Onderwysvlakke   Veiligheid en sekuriteitsvlakke  (Enige 1 x 1) (1) 3.3.3 Verduidelik die begrip ‘Noord/Suid verdeel’. Dit toon die verdeling tussen die ryk (politiek meer stabiele) lande van die Noorde en die armer (politiek minder stabiele) lande van die Suide.  (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2018) 3.3.4 Verduidelik kortliks enige uitdaging van globalisasie tussen die Noord en die Suid.  Dit het gehelp om die lewensstandard van baie mense wêreldwyd te verhoog, maar ook ander mense vêrder in armoede laat verval.   Klein besighede in Suid-Afrika is nie by magte om hul tegnologie so gereeld op te dateer soos hulle teenstanders in die Noorde nie – veral nie sonder investerings van die Noorde nie.   Hulle groei nie altyd tot hulle volle potensiaal nie.  Indien hulle nie groei met buitelandse investering nie, verloor hulle baie winste aan hulle investeerders in die Noorde.   Die Suide sukkel om met die Noorde mee te ding rakende handel.   Hulle suigelingindustrieë sukkel om mee te ding sonder die beskerming van tariewe, wat deur die WHO ontmoedig word.  (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord) (2) 3.3.5 Hoe kon lande in die Suid verdeel die inkome gaping oorbrug wat Noord en Suid verdeel? Lande in die Suide oorkom die gaping deur:  Buitelandse direkte investering te verkry uit die Noorde.   Investering in kapitaal ten einde produksiekapasiteit te verhoog.   Prosessering van grondstowwe voordat dit uitgevoer word as intermediêre of klaarprodukte.   Maak die onderwysstelsel meer doeltreffend.   Verhoog sosiale dienste sodat almal voldoende voedsel, water en huisvesting mag hê .  (Enige 2 x 2) (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord) (ʼn Maksimum van 2 punte mag toegeken word wanneer feite / voorbeelde slegs genoem word.) (4) 3.4 Verduidelik ‘werkverskaffing’ as ʼn ekonomiese aanwyser, kortliks.  Die ekonomies bedrywige bevolking: die arbeidsmag tussen 15 en 65 jaar oud.   Die werkloses is mense binne die EBB.   Werkverskaffing: Die aantal werkende mense as ʼn persentasie van die EBB.   Werkloosheid: Die werkloses (wat aktief werk soek) as ʼn persentasie van die EBB.  (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord) (Enige 4 x 2) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) EKONOMIE V1 11 3.5 Hoe suksesvol is die Suid-Afrikaanse regering se aansporings t.o.v. die stimulering van nywerheidsontwikkeling? Die Suid-Afrikaanse regering is suksesvol in:  Die skepping van werksgeleenthede.   Diversifisering van die ekonomie.   Toepaslike aansporings om beleggers te lok, te ontwikkel en te onderhou.   Die ontwikkeling van plaaslike vervaardigingsvermoë, ten einde uitvoere te laat toeneem.   Bereiking van hoë besparingskoerse en investering.   Vestiging van grootskaalse vervaardiging, landbou, mynbou produksie en dienste.   Uitbuiting van die wêreld ekonomie deur handel te dryf en kennis te versamel.  Maks. 8 (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord) (ʼn Maksimum van 2 punte mag toegeken word wanneer feite / voorbeelde slegs genoem word.) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2018) VRAAG 4 4.1 4.1.1 Noem enige TWEE dienste wat deur die regering beskou word as noodsaaklik om mense se lewenstyl te verbeter asook die vlak van ekonomiese en sosiale ontwikkeling.  Elektrisiteit   Vullisverwydering   Watervoorsiening   Sanitasie   Behuising   Onderwys  (Enige 2 x 1) (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord) (2) 4.1.2 Hoe kan plaaslike syfers na nasionale syfers omgeskakel word? BBP teen markpryse plus primêre inkome van die res van die wêreld minus primêre inkome aan die res van die wêreld.  (1 x 2) (2) 4.2 DATA RESPONS 4.2.1 Gedurende watter jaar het Suid-Afrika die grootste handelstekort in die handelsbalans getoon? Januarie 2015  (1) 4.2.2 Watter rekening in die betalingsbalans toon die syfers van die handelsbalans aan? Lopende rekening  (1) 4.2.3 Omskryf die begrip ‘handelsbalans’. Is die waarde van uitvoere minus die waarde van invoere.  (2) 4.2.4 Wat kan Suid-Afrika doen om die uitvoer van goedere positief te beïnvloed? Suid-Afrika kan uitvoere beïnvloed:  Deur die prestasie van die vervaardiging en dienste nywerhede te verbeter.   Met verwysing na tegnologie en produktiwiteit.   Deur die gebruik van produksiefaktore soos natuurlike hulpbronne, te maksimeer.   Besighede te voorsien van subsidies en aansporings.  (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord) (Enige 1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) EKONOMIE V1 13 4.2.5 Hoe word die ekonomie positief beïnvloed deur internasionale handel? Dit beïnvloed nywerhede en lande deur:  Groei te stimuleer wat mense se lewenstandaard kan verhoog.  Plaaslike nywerhede met vergelykende voordeel sal suksesvol wees in die globale markte en diegende wat ondoeltreffend vergelyk met dieselfde nywerhede in ander lande, sal geneig wees om onder te gaan.   Dit sal lei tot lande wat spesialiseer waarin hulle goed is.   Dit lei groot markte na massaproduksie en toenemende doeltreffendheid.   Dit lei na globalisasie wat internasionale koöperasie en kommunikasie verbeter.   Skep interafhanklikheid tussen lande, wat hulle broos maak vir ekonomiese skokke wat buite hulle grense plaasvind.  (Enige 2 x 2) (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord) (4) 4.3 DATA RESPONSE 4.3.1 Identifiseer die sosiale aanwyser wat hierbo aangetoon word. Wanvoeding  (1) 4.3.2 Noem enige oorsaak van wanvoeding in Suid-Afrika.  Ma’s wat nie borsvoed nie.   MIV/Vigs  (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord) (1) 4.3.3 Omskryf kortliks die begrip ‘sosiale aanwyser’. Is maatreëls wat gebruik word om die prestasie van ʼn land, kragtens sosiale-welstand van sy inwoners, te evalueer.  (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord) (Enige 1 x 2) (2) 4.3.4 Watter planne en strategieë word deur die regering ingestel om die algehele gesondheidverwante sake aan te spreek?  Voorsien supplemente, soos Vitamien A, wat by basiese voedselsoorte soos brood, bygevoeg word.   Departement van Gesondheid moedig borsvoeding aan.  (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord) (Enige 1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2018) 4.3.5 Hoe kan onderwys armoede in Suid-Afrika verlig?  Deur die minderbevoorregtes te voorsien van hulpbronne  en geleenthede vir opwaartse sosiale beweeglikheid   Kan ongelykheid verlaag.   Verhoog verdienste vir individue.  Bevorder ekonomiese groei.  (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord) (Enige 2 x 2) (4) 4.4 Onderskei tussen aansporings en subsidies as metodes van uitoer- bevordering. Aansporings:  Aansporings om uitvoere aan te moedig deur finansiële bystand te verleen aan uitvoer maatskappye.   Hierdie bystand laat hulle toe om doeltreffend mee te ding in die internasionale markte.   Sodanig dat hulle ʼn groot gedeelte van hulle produksie kan uitvoer.   Soorte aansporings: versamelde inligting aangaande, of marknavorsing oor potensiële uitvoermarkte.   Handelsendings wat Suid-Afrika se produkte en dienste kan ten toon stel by internasionale uitstallings.   Versekeringskontrakte vir uitvoer transaksies en uitvoer kredietlenings.  (Enige 2 x 2) Subsidies: Twee soorte subsidies – direkte en indirekte subsidies Direkte subsidies:  Lei tot staatsbesteding om direkte finansiële ondersteuning aan plaaslike produsente te bied, wat goedere uitvoer na oorsee.   Doelgerigte of direkte subsidies is om die produksiekoste te verlaag en mededingendheid in die uitvoermark te verhoog.   En om oorsese markte te vestig.   Streng keuring vind plaas wanneer maatskappye aansoek doen om finansiële bystand.  Soorte direkte subsidies:  Kontanttoelaes aangebied aan Suid-Afrika se uitstallers om hulle produkte oorsee ten toon te stel.   Buitelandse handelsendings om nuwe markte te ontdek.   Fondse vir inligting van formele uitvoerraad, ens.  Indirekte subsidies:  Gebeur wanneer die regering nie sekere soorte staatsinkome ontvang nie,  bv. belasting.   Die regering betaal dikwels belastings terug aan maatskappye ten einde uitvoere te bevorder.  Soorte indirekte subsidies:  Algemene belasting rabatte   Belastingkonsessies op winste verdien deur uitvoere en op kapitaal wat belê is om uitvoergoedere te produseer.   Terugbetalings op invoertariewe.  (Enige 2 x 2) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) EKONOMIE V1 15 4.5 Evalueer die belangrikheid van produktiwiteit as ekonomiese aanwyser.  Produktiwiteit is die verhouding tussen die uitset van ekonomiese aktiwiteite en die inset van produksiefaktore.   Arbeidsproduktiwiteit: Word gemeet deur die reële BBP te deel deur die aantal werkers in diens.   Wanneer arbeidsproduktiwiteit toeneem, kan dit lei tot ekonomiese groei, wat werkers se lewenspeil kan verhoog.   Vergoeding per werker: Die vlak van reële lone beïnvloed die prys van goedere en dienste.   Wanneer reële lone styg teen ʼn hoër vlak as die styging in arbeidsproduktiwiteit, sal die prys van goedere en dienste styg en dit sal bydra tot inflasie.   Onderwys, opleiding en ontwikkeling van ʼn positiewe houding teenoor en trots op werk, kan arbeidsproduktiwiteit verhoog.  (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord) Maks. 8 (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2018) AFDELING C Beantwoord EEN vraag van hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. PUNTE- STRUKTUUR VAN OPSTEL TOEKENNING: Inleiding Maks. 2 Die inleiding is ʼn laerorde-antwoord.  ʼn Goeie beginpunt is om die hoofterm, wat met die vraagonderwerp verband hou, te definieer.  Moenie enige deel van die vraag in jou inleiding insluit nie.  Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie.  Vermy om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek. Liggaam Hoofdeel: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek/ Bespreek Maks. 26 krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik Maks. 10 Addisionele deel: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Trek ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/ Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe/Maak voorstelle Slot Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:  ʼn Kort samevatting van dit wat alreeds bespreek is, sonder om feite wat alreeds genoem is, te herhaal  Enige mening of waardeoordeel van die feite wat bespreek is Maks. 2  Addisionele ondersteuningsinligting wat die bespreking/analise versterk  ʼn Opponerende sienswyse met motivering, indien verlang  Aanbevelings TOTAAL AANTAL PUNTE 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) EKONOMIE V1 17 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTES  Bespreek die makro-ekonomiese doelwitte van die staat. (26 punte)  Hoe suksesvol was die regering om openbare sektor mislukking te verminder? (10 punte) Inleiding Makro-ekonomie is die studie van die totale ekonomiese aktiwiteite, dit sluit in streek, nasionale en internasionale studievelde.  Makro-ekonomiese doelwitte is die teikens en doelwitte wat die openbare sektor wil bereik ten opsigte van die hele ekonomie. (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike inleiding) Maks. 2 Inhoud HOOFGEDEELTE Makro ekonomiese doelwitte  Ekonomiese groei   Is die toename in die produksie van goedere en dienste.   Dit word gemeet kragtens Reële BBP.   Daar moet meer goedere en dienste geproduseer word in ʼn land as wat die groei in die bevolking is.   Ekonomiese ontwikkeling benodig ekonomiese groei.   Ekonomiese groei en ontwikkeling in ʼn land bevoordeel die bevolking, omdat dit lei tot hoër lewenstandaarde.   Volle indiensname   Dit impliseer dat alle mense wat wil werk en werk soek, werk behoort te kry.   ʼn Hoë vlak van werkverskaffing is die mees belangrike doelwit van die regering.   Die ideaal is om volle indiensname te bereik, alhoewel dit nie tegnies moontlik is nie.   Die werkloosheidskoers het oor die laaste paar jaar bly toeneem.   Informele sektor aktiwiteite moet aangemoedig word omdat dit ʼn area is waar werkskepping verhoog kan word.   Vir werkskepping om toe te neem, moet produksie eers styg.   Die regering ondersteun onderwys, arbeidsintensiewe besighede en die informele sektor.   GEAR as ʼn strategie is geïmplimenteer om ’n positiewe klimaat te skep en dit was bevorderlik vir werkskepping in die privaatsektor.  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 18 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2018)  Wisselkoers-stabiliteit   Druk die waarde van ʼn land se geldeenheid uit in verhouding tot die waarde van dié van ʼn ander land se geldeenheid.   Skommelinge, soos die depresiasie en appresiasie van ’n geldeenheid, kan onsekerheid skep vir beleggers, produsente en handelaars.   Tekorte in die betalingsbalans veroorsaak ook verdere ekonomiese probleme.   Suid-Afrika het ʼn vryswewende wisselkoersstelsel.   Die regering moet nogtans seker maak dat die wisselkoers relatief stabiel bly ten einde internasionale markte te verseker.   Prysstabiliteit   Impliseer dat pryse in die ekonomie nie baie oor tyd verander nie.  Stabiele pryse lei tot beter resultate i.t.v. werkskepping en ekonomiese groei.   Die SARB se inflasiekoers is 3%–6% en hulle is suksesvol om die inflasiekoers binne die teiken te hou.   Rentekoerse, gebaseer op die Repokoers is die hoofinstrument wat gebruik word om prysstabiliteit te verseker.   ʼn Stabiele tekort op die begroting het ook ’n stabiliserende uitwerking op die inflasiekoers.   Ekonomiese regverdigheid   Is die redelike verdeling van inkome onder die bevolking.  Suid-Afrika gebruik ʼn progressiewe inkomstebelastingstelsel – belasting op winste, belasting op rykdom, kapitaalwinsbelasting en belasting op besteding word gebruik om gratis dienste te finansier.   Die regering meng in sodat die rykes nie ryker word nie en die armes nie armer nie.   Die regering probeer ook vergoed vir die misbruik van menseregte in die verlede.   Die regering betaal kontanttoelaes soos ouderdomspensioen, ongeskiktheidstoelaes en kindersorgtoelaes.   Die regering implementeer beleide om BBSEB te behaal. (Indien slegs genoem, maks. 5 punte) (Voorbeelds maks. 3 punte) Maks. 26 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) EKONOMIE V1 19 ADDISIONELE GEDEELTE Hoe suksesvol was die regering om openbare sektor mislukking te verminder Die regering verminder openbare sektor mislukking deur:  Leierskap en opleiding aan bestuur en werkers te verskaf.   Implementering van verskillende strategieë ten einde dienslewering te verseker  bv. stel van teikens.   Uitskakeling van korrupsie deur gereelde monitering  bv. ouditte.  Erkenning van werkers se prestasie deur aansporings  bv. toekenning vir uitstekende diens.   Administreer buigbare sake prosesse om individuele verskille te akkommodeer.  Regering het nie daarin geslaag om openbare sektor mislukking te bekamp nie, deur:  Vermorsing met die toekenning van hulpbronne, meer as die privaat- sektor.   Nie-bereiking van doelwitte.   Onvoldoende en onmoontlik om die verwagte uitwerkings in die ekonomie te bewerkstellig.   Neig om minder produktief te wees.  (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike antwoord) Maks.10 SLOT Dit is belangrik vir die regering om toepaslike beleide toe te pas ten einde die makro-ekonomiese doelwitte te bereik.  (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike slot) Maks. 2 [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 20 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2018) VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE Bespreek die aanbodkant benadering om groei en ontwikkeling in Suid-Afrika te bevorder, onder hoofde van die volgende:  Doeltreffendheid en effektiwiteit van markte (10)  Doeltreffendheid van besighede (8)  Die koste om besigheid te doen (8) (26 punte) Evalueer die toepaslikheid van Suid-Afrika se streekontwikkelings- beleide. Inleding Aanbodkantbeleid sluit in enige iets wat die totale aanbod van goedere en dienste kan beïnvloed, met die fokus op mikro-ekonomiese komponente, bv. mededinging en potensiële uitset. (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike inleiding) Maks. 2 Inhoud HOOFGEDEELTE  Doeltreffendheid en effektiwiteit van markte Doeltreffendheid  Pareto doeltreffendheid beteken dat gegewe die beperkings van die grense van doeltreffendheid, dit nie moontlik is om die toekenning van hulpbronne op so ’n manier te verander dat iemand beter daaraan toe is op so ’n wyse dat iemand anders slegter daaraan toe is nie.   Dit sluit produktiewe en allokatiewe doeltreffendheid in.  Mededinging.  Mededinging in die mark het op drie maniere toegeneem deur die oprig van nuwe besighede, werwing van BDI en die verslapping van invoerbeperkings wat mededinging van oorsee verhoog het.   ’n Mededinging regulerende netwerk is geskep om mededingende praktyke tussen plaaslike besighede af te dwing.  Deregulasie   Wanbalanse betreffende mag in die privaatsektor, wat die vrye werking van die mark beperk, moet hersien word.   Regering hou vol dat hulle daartoe verbind is om die gemak waarmee besigheid in Suid-Afrika gedoen word, te vergemaklik.  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) EKONOMIE V1 21  Effektiwiteit:  Regering vereis dat markte werk op ʼn manier wat verseker dat meer swart mense in die hoofstroom ekonomie geabsorbeer word omdat hulle voorheen uitgesluit was.   Twee wette is ingestel, tesame met ander maatreëls, om voorkeur te verleen aan swart werkers en die besighede van swart mense  bv. Wet op Gelyke Indiensname en die BBSEB.  Maks. 10  Doeltreffendheid van besighede  Belastings moet doeltreffend ingesamel word, klein besighede betaal ’n laer koers solank as wat hulle inkome minder as R350 000 per jaar is. (Aanvaar die huidige inkome)   Die vlak van belasting in Suid-Afrika is redelik in vergelyking met ander ontwikkelde lande.   As ʼn ontwikkelende land sal laer koerse bydra tot groei en ontwikkeling.   Kapitaalvorming moet toeneem.   Waardevermindering op kapitaalgoedere deur besighede gebruik, is ontwerp om investering aan te moedig.   Hierdie dien as aansporings om doeltreffendheid te bevorder.   Menslike hulpbronne moet ondersteun word ten einde te verbeter.   Onderwys ontvang proporsioneel die grootste deel van die besteding.   Hierdie is maatreëls wat daarop gemik is om doeltreffendheid te bevorder.   Gratis advies dienste moet beskikbaar gemaak word sodat sake- doeltreffendheid verbeter kan word.   Bv. dit sluit in ontwikkeling van uitvoermarkte en die bedryf van KMMOs.  Maks. 8  Die koste om besigheid te doen  Kostes om sake te doen, moet verlaag word,  bv. vervoer, kommunikasie en energie.  Die beskikbaarheid, betroubaarheid en koste van infrastruktuur dienste speel ’n belangrike rol in die finansiële lewensvatbaarheid en winsgewendheid van besighede.   Die pryse van ingevoerde ru-olie is gekoppel aan die internasionale markpryse wat hoog is.   Hoë vloeibare energiepryse ondermyn die doeltreffendheid van die ekonomie.  Maks. 8 (Maks. 26) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 22 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2018) ADDISIONELE GEDEELTE Streekontwikkeling beleide is toepaslik deur te fokus op:  Prioritiseer werkskepping   Skuif werkers na waar die werk is.   Die afstand na die werkplek moet maklik bereikbaar wees vanwaar die werklose mense bly.  Daar behoort akkommodasie naby die werkplek te wees .  Neem van werk na werkers word beskou as die beleid wat heel waarskynlik die langtermyn probleme van strukturele werkloosheid en streeksverskille t.o.v. groei en ontwikkeling sal kan aanspreek.   Verlaag oorbevolking in stedelike gebiede en voorkom daarom ongewenste newe-effekte  bv. besoedeling, dwelmmisbruik en MIV.  Maks. 10 SLOT Aanbodkantbeleide is ontwerp om ’n omgewing te skep waar besighede, nywerhede en markte optimaal kan funksioneer.  (Aanvaar enige ander korrekte en toepaslike slot) Maks. 2 TOTAAL AFDELING C: 40 GROOT TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all