Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2014
EKONOMIE V2
MEMORANDUM
PUNTE: 150
Hierdie memorandum bestaan uit 12 bladsye.
You're offline
Skip to contentMemorandum 




View all


ECONOMICS P2 MEMO GR12 SEPT2014 AFRIKAANS_hlayiso.com_.pdf
Economics · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2014 · Afrikaans. Memorandum, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2014
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Pages
- 12
- File size
- 376.6 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 12
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 EKONOMIE V2 (SEPTEMBER 2014)
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
1.1.1 C (volmaakte mededinging) √√
1.1.2 A (GI = GK) √√
1.1.3 B (oneweredige) √√
1.1.4 C (Tegniese meerderwaardigheid) √√
1.1.5 B (die invloed op koopkrag te meet.) √√
1.1.6 C (Minister van Finansies.) √√
1.1.7 C (die geboorteplek van Nelson Mandela (QUNU) √√
1.1.8 B (toename in kweekhuisgasse.) √√ (8 x 2) (16)
1.2 PASITEMS
1.2.1 E (kan nie verhaal word indien die besigheid die bedryf verlaat
nie) √
1.2.2 F (hulpbronne kan nie regverdig toegeken word nie, aangesien
as een ...) √
1.2.3 A (afhanklik van kultuur en erfenis) √
1.2.4 G (koste om die volgende beste keuse op te gee) √
1.2.5 J (Suid-Afrika se groot vyf ...) √
1.2.6 C (bly onveranderd ongeag die hoeveelheid geproduseer) √
1.2.7 D (ʼn poging om die volhoubare gebruik van die natuurlike
hulpbronne te verseker) √
1.2.8 I (vind alternatiewe bronne van energie om die ...) √ (8 x 1) (8)
1.3 1.3.1 Grootskaalse ekonomieë/Ekonomieë van skaal/Skaalvoordele √
1.3.2 Volmaakte mark √
1.3.3 Kern-inflasie √
1.3.4 Toerisme √
1.3.5 Bio-diversiteit √
1.3.6 Rekeningkundige wins √ (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) EKONOMIE V2 3
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 2.1.1 Allokatiewe/Toewysing ondoeltreffendheid
Produktiewe/Tegniese ondoeltreffendheid (2 x 1) (2)
2.1.2 ʼn Soort samespanning wat openlik en amptelik tussen oligopolieë
voorkom. √√ (1 x 2) (2)
2.2 2.2.1 Onvolmaakte markte √√ (2)
2.2.2 Die vraagkurwe in ʼn onvolmaakte mark het ʼn afwaartse helling, √
wat beteken dat, as hulle verkope wil laat toeneem met ʼn
addisionele eenheid, moet die prys van die produk afneem. √
Die laer prys is van toepassing op al die klante. √
Die grens-inkomste, die bedrag waarmee die totale inkomste
toeneem as een addisionele eenheid verkoop word, sal dus laer
as die prys wees, √
(LW. PRYS = GI). √ Daarom sal die grens-inkomste kurwe onder
die gemiddelde inkomste wees. √ (Enige 4 x 1) (4)
2.2.3 Verlies = Inkomste – Koste
Inkomste = 30 x 8 = 240 √
Koste = 35 x 8 = 280 √
Wins/Verlies = 240 – 280 = -40 (Verlies) √√ (4)
2.3 2.3.1 Volmaakte markte: Dit is ʼn markstruktuur wat voldoen aan alle
kenmerke van ʼn volmaakte mark. √√ (2)
2.3.2 Doeltreffende toekenning van hulpbronne. √√
Maksimeer die welvaart van verbruikers en produsente. √√ (4)
2.3.3 Surplus (ekonomiese) wins is die abnormale wins/super-normale
wins/suiwer wins √√ – totale inkomste is meer as totale koste; dit ʼn
wins bo en behalwe die normale wins. √√ Verbruikers betaal hoë
pryse vir min goedere terwyl ondernemings groot winste verdien. √√
(2 x 2) (4)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 EKONOMIE V2 (SEPTEMBER 2014)
2.4 Onderskei tussen meriete en nie-meriete goedere as oorsake van
markmislukking.
Meriete goedere:
Goedere en dienste wat verlang word vir die algemene welsyn van
mense, ongeag hulle onderskeie inkome, √√ bv. onderwys en
gesondheidsorg. √√
Regering voorsien hierdie goedere omdat dit onderwaardeer word op die
mark. √√
Nie-meriete goedere:
Goedere wat skadelik vir die gemeenskap in geheel is, √√ bv. dwelms,
sigarette, alkohol. √√
Regerings implementeer stappe om die verbruik van hierdie goedere te
ontmoedig. √√ (2 x 4) (8)
2.5 Met behulp van ʼn grafiek verduidelik die afsluit/uittree-punt van ʼn
onderneming onder volmaakte mededinging.
Inkome/koste
Gelykbreek-punt
MK
GK
P1 e
P2 d GVK
Puntetoekenning (6 punte vir grafiek)
Korrekte benoeming van kurwes=3
P3 c Gelykbreek-punt=2
Benoeming van asse=1
P4 b
P5 a gelykbreek-punt
h4 h3 h2 h1 hoeveelheid
As die markprys laer as P4 daal, sal die onderneming nie kan voortbestaan
nie en sal gedwing word om te sluit, √√ daarom staan punt b bekend as die
afsluit/uittree punt. √√ (Enige 1 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) EKONOMIE V2 5
VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
3.1 3.1.1 Besoedeling: lugbesoedeling √√
Waterbesoedeling √√
Geraasbesoedeling √√
Verkeersopeenhopings en √√
Skade aan paaie deur motors √√ (2 x 1) (2)
3.1.2 Omgewingsvolhoubaarheid is die vermoë van die omgewing om sy
gebruik behoue te laat bly vir ekonomiese aktiwiteit.
(Aanvaar enige toepaslike definisie.) √√ (1 x 2) (2)
3.2 3.2.1 Toerisme: aktiwiteite van mense wat reis na en oorbly buite hulle
gewone omgewing √ vir nie meer as een opeenvolgende jaar nie √
bv. vir plesier en ander doele waarvoor hulle nie vergoed word nie √
in die plek wat hulle besoek. √ (2)
3.2.2 Inkome: besteding deur toeriste beteken inkome vir huishoudings
as gevolg van salarisse en lone wat hulle verdien deur
indiensneming. √√
Infrastruktuur: meeste van die infrastruktuur wat geskep word vir
gebruik deur toeriste is ook beskikbaar vir gebruik deur die
plaaslike mense, bv. paaie, hotelle. √√
Vaardighede: toerisme vereis ʼn verskeidenheid vaardighede,
waarvoor onderwys en opleiding nodig is. √√
Toerisme het ʼn uitwerking op kulturele en sosiale kennis en
plesier. √√ (Enige 2 x 2) (4)
3.2.3 Eko-toerisme √√ (2)
3.2.4 KwaZulu-Natal √√ (2)
3.3 3.3.1 Positiewe mening √√ – belangrikheid van bome in die produksie
van boeke √√ wat kennis bring aan mense en bome verskaf
suurstof aan mense. √√
Negatiewe mening √√ – in die produksie van boeke moet bome
afgekap word, √√ wat lei tot ontbossing. √√
(Aanvaar enige toepaslike reaksie.) (Enige 2 x 2) (4)
3.3.2 Hernubare hulpbron √√ (2)
3.3.3 Herwinning √√
Onderwys √√
Wyse bestuur van hulpbronne √√
Heffing op gebruik van die omgewing √√
Heffing van omgewingsbelasting √√
Toestaan van eiendomsregte om te verseker dat mense omgee vir
dinge wat aan hulle behoort √√
Regeringspermitte √√ (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 EKONOMIE V2 (SEPTEMBER 2014)
3.4 Verduidelik enige TWEE beleidsvoorstelle wat toerisme in Suid-Afrika kan
bevoordeel.
ʼn Volledige toerismepakket: √√ toegang tot veilige, betroubare vervoer,
gerieflike akkommodasie, plekke wat smaaklike en interessant kos
aanbied √√
Strategiese beplanning: √√ brandstof en ander strategiese hulpbronne
behoort strategies verbruik te word sodat beide plaaslike gemeenskappe
en toeriste maksimum voordeel uit die belegging kan trek. √√
Moedig plaaslike toerisme aan: √√ plaaslike regering moet ʼn groot bydrae
lewer om toerisme aan te moedig √√
Multilaterale samewerking: √√ samewerking tussen lande in ʼn sekere
streek. √√
Aanmoediging van openbare en private samewerking: √√ as die twee
sektore saamwerk, kan hulle meer bereik, beleide met borge uit die privaat
sektor. √√
Bemarking: √√ moedig toerisme nasionaal en internasionaal aan. √√
Ruimtelike verspreiding: √√ skep verteenwoordigende liggame, verbeter
bemarking, verbeter en brei ondersteunende dienste uit. √√
Belasting: √√ belastings moet regverdig wees, √√ het minimale uitwerking
op die vraag na reis het √√ en behoort eenvoudig te wees om te betaal of
te administreer. √√
Infrastruktuur ontwikkeling √√ infrastruktuur behoort opgradeer te word, √√
die nuutste tegnologie moet aangewend word. √√ (Enige 2) (2 + 2) (8)
3.5 Verduidelik kortliks die voornemens van COP 17 in Durban 2011.
Verbintenis tot Kyoto Protokol √√ wat ʼn hoofdoelwit van die konferensie
was; ʼn tweede verbintenis gemaak tot die voortgaan met die vermindering
van besoedeling deur kweekhuisgasse. √√
Om klimaatsverandering te beveg deur gesamentlike langtermyn aksies
tussen lande. √√
Om ʼn Groen Klimaatfonds te stig. √√ Die fonds beoog om $100 miljard per
jaar te versprei om arm lande te help om by klimaatsveranderinge aan te
pas √√ en strategieë te aanvaar om omgewingsvolhoubaarheid te
verseker. √√
Om die toekomstige klimaatsveranderings-regime te loods; ʼn protokol of
verdrag waaronder lande wetlik verbind is om gas uitlatings te
verminder. √√ (4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) EKONOMIE V2 7
VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE
KWESSIES
4.1 4.1.1 Verbeter die doeltreffendheid in markte deur wetgewing. √
Bevorder gesonde mededinging tussen besighede. √
Voorkom onregverdige metodes om markkrag te bekom en uit te
oefen. √
Voorkom die misbruik van markkrag deur bv. ʼn monopolie. √
Reguleer die toename in markkrag deur middel van oornames en
saamsmeltings van groot ondernemings. √
Voorkom beperkende praktyke, veral prysvasstelling en
samespanning deur oligopolieë. √
Beskerm die verbruiker teen onregverdige pryse en swak
kwaliteit produkte, bv. deur die Wet op Mededinging. √
Dra by tot Suid-Afrika se ontwikkelingsdoelwitte deur te verseker
dat alle Suid-Afrikaners gelyke geleenthede het om deel te neem
in ekonomiese aktiwiteite. √ (Enige 2 x 1) (2)
4.1.2 Nie-mededingend beteken dat die verbruik deur een persoon nie die
verbruik deur ʼn ander individu verminder nie, bv. ʼn ligtoring en
straatligte. √√ (1 x 2) (2)
4.2 DATA RESPONS
4.2.1 Hooflyn-inflasie: meet die totale inflasie binne die ekonomie, insluitend
items wat skielike toenames in die inflasiekoers mag veroorsaak soos
voedsel en energie √√ /Neem in ag prysveranderings in alle goedere
en dienste in die mandjie soos deur die VPI gemeet. √√ (2)
4.2.2 September 2010 √√ (2)
4.2.3 Die stel van inflasie-teikens is ʼn ekonomiese (monetêre) beleid
waarin die sentrale bank ʼn verkose inflasiekoers daarstel √√ en dan
poog om die werklike inflasie na die teiken te rig. √√
In 2000 het die SARB ʼn inflasiekoers van tussen 3% en 6%
gestel. √√
Die VPIX koers word gebruik, √√ wat verbandleningterugbetalings
wat deur rentekoerse bepaal word, uitsluit. √√ (Enige 3 x 2) (6)
4.3 4.3.1 Monopolistiese mark √√ (2)
4.3.2 Nie-prysmededinging √√ (2)
4.3.3 Besighede wat fel meeding vir markaandeel, bv. prys-oorloë,
gedifferensieerde produkte, denkbeeldige differensiasie. √√
(Enige toepaslike antwoord.) (2)
4.3.4 Korttermyn: ʼn Periode waartydens sommige insetfaktore vas is √√ en
uitset slegs aangepas kan word deur hoeveelhede van veranderlike
insetfaktore te verander, bv. grondstowwe en arbeid. √√ (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 EKONOMIE V2 (SEPTEMBER 2014)
4.4 Onderskei tussen stagflasie en hiperinflasie.
Stagflasie:
Verwys na ʼn toestand van stagnasie van ekonomiese groei en ʼn hoë
inflasiekoers √√
Gebeur wanneer ʼn land hoë inflasie, ʼn stadige ekonomiese groeikoers en
hoë werkloosheid ervaar. √√
Wanneer stagflasie plaasvind, raak dit moeilik om ʼn beleid te ontwerp om
daarmee te handel. √√ (4)
Hiperinflasie:
Gebeur wanneer daar ʼn uitermatige hoë en vinnige styging in die
prysvlakke van meer as 50% per maand is. √√
Dit word veroorsaak deur ʼn volhoudende verhoging in die druk van geld
deur ʼn regering om vir sy uitgawes te betaal. √√
Daar is dus ‘te veel geld vir te min goedere’. √√
Wanneer die prysstygings so skielik is, verloor mense vertroue in die
waarde van geld, so dit kan moeilik wees vir die ekonomie om te
funksioneer. √√
Mense neem hul toevlug na goedere as ʼn metode van betaling. √√
Ruilhandel maak ʼn terugkeer met mense wat goedere vir goedere
ruil. √√ (4)
4.5 Verduidelik enige TWEE besluitnemingkriteria van koste-voordeel-ontleding.
Netto huidige waarde (NHW): √√ Die huidige waarde van ʼn investering
projek word verkry deur alle huidige en toekomstige ontvangste en
uitgawes teen die toepaslike rentekoers te verdiskonteer. √√ As die
berekende netto huidige waarde positief is, is dit die moeite werd om in die
projek te belê. √√
Interne opbrengskoers (IOK): √√ ʼn Projek is die moeite werd om in te belê
as die IOK hoër is as die rentekoers. √√ Dit beteken dat die projek
finansieel meer moet verdien as wat dit sou verdien wanneer die geld net
in die bank gelos was. √√
Kostevoordeel van verhouding (KVV): √√ Is die verhouding tussen die som
van die verwagte voordele en die koste. √√ As die KVV positief is, dan die
dit die moeite werd om in die projek te belê. √√ (Enige 2 x 4) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) EKONOMIE V2 9
AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
STRUKTUUR VAN OPSTEL PUNTETOEKENNING
Inleiding Maks. 2
Inhoud
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/In-diepte Maks. 26
bespreking/Ondersoek/Bespreek krities/Differensieer/
Ontleed/Vergelyk/Evalueer/Assesseer/Debatteer
Addisionele deel: Gee eie mening/Bespreek krities/ Maks. 10
Evalueer/Evalueer krities/Teken ʼn grafiek en
verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/
Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/
Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks
Slot Maks 2
TOTAAL Maks. 40
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE
“ʼn Oligopolie word gekenmerk deur ʼn hoë mate van interafhanklikheid tussen
ondernemings.”
In die lig van bogenoemde stelling verduidelik ander kenmerke van ʼn oligopolie en
beskryf kortliks die implikasie van ʼn geknakte vraagkurwe.
INLEIDING
ʼn Oligopolie is ʼn markstruktuur met ʼn hoofkenmerk van ʼn paar besighede wat
gesamentlik interafhanklik is en elke besigheid besluit op sy eie pryse en
strategieë. √√ (Aanvaar enige toepaslike inleiding) (2)
INHOUD
Kenmerke van oligopolieë:
Aantal besighede √√
Oligopolie is ʼn markstruktuur gedomineer deur ʼn klein aantal groot besighede. √√
As daar slegs twee besighede in die mark is, word dit ʼn duopolie genoem. √√
Aard van produkte √√
Besighede verkoop identiese of gedifferensieerde produkte √√
Versperrings tot toetrede √√
Daar is beduidende versperrings tot toetrede as gevolg van baie kapitaal wat
benodig word om ʼn besigheid te begin. √√
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 EKONOMIE V2 (SEPTEMBER 2014)
Beheer oor prys √√
Produsente het oor die algemeen redelike beheer oor die prys van hulle
produkte, alhoewel nie so baie soos in ʼn monopolie nie. √√
Oligopolieë word gekenmerk deur prysrigiditeit want as een hulle prys sny,
reageer mededingers deur ook hulle prys te sny. √√ ʼn Prysbesnoeiing deur een
onderneming inisieer ʼn prysoorlog in die mark. √√
Onvolledige inligting √√
Besighede het nie altyd volledige inligting oor die toestande in die mark nie. √√
Elke besigheid probeer ander besighede in die nywerheid verhoed om kennis
van sy produksieprosesse, nuwe produkte en die uitslae van enige nuwe
navorsing te bekom. √√
Samespanning √√
Samespanning kan twee vorme aanneem, bv. openlike samespanning √√ en
stilswyende samespanning √√
Openlike samespanning of eksplisiete samespanning vind plaas waar twee of
meer besighede in dieselfde nywerheid formeel ooreenkom om die mark te
beheer.√√
Stilswyende samespanning of implisiete samespanning vind plaas wanneer twee
of meer besighede in dieselfde nywerheid informeel ooreenkom om die mark te
beheer. √√ (Enige 13 x 2) (26)
IMPLIKASIE VAN DIE GEKNAKTE VRAAGKURWE
GEKNAKTE VRAAGKURWE
Prys
a
P2
P1 b
Puntetoekenning
Vorm=1 punt
Asse= 1 punt
onelasties=1
elasties=1
Totaal= 4 punte
0 h2 h1 Hoeveelheid
Die gedrag van oligopolieë kan nie voorspel word nie omdat feitlik enigiets kan
gebeur √√
As die ewewigsprys P1 is en die besigheid verhoog die prys, terwyl ander
besighede nie volg nie, sal die besigheid ʼn meer elastiese vraagkurwe in die
gesig staar (tussen punte a en b). √√
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) EKONOMIE V2 11
Dit beteken dat dit baie verkope sal verloor vir enige toename in prys. √√
As die besigheid sy prys verlaag, terwyl ander besighede nie volg nie, sal dit ʼn
meer onelastiese vraagkurwe in die gesig staar (tussen punte b en c), dit sal
verkope toelaat om te styg. √√
Die geknakte vraagkurwe verduidelik hoekom pryse in ʼn oligopolie rigied is. √√
(Enige 3 x 2) (6)
(10)
SLOT
ʼn Oligopolie is ʼn moeilike markstruktuur omdat dit uit sy aard onvoorspelbaar is, en
nadelig is vir verbruikers omdat oligopolieë van tyd tot tyd neig om saam te span en
pryse mag dan redelik hoog wees. (Aanvaar enige toepaslike slot.) √√ (2)
[40]
VRAAG 6
“Suid-Afrika moet voortgaan om toekomsgerigte inflasieteikens te gebruik om die
huidige inflasiedruk te hanteer.”
Bespreek duidelik die oorsake van beide vraag-trek inflasie en koste-druk inflasie.
Verduidelik hoe ʼn hoë inflasiekoers deur ʼn verandering in die repokoers verminder
kan word.
INLEIDING
Inflasie kan gedefinieer word as ʼn aaneenlopende en beduidende toename in pryse
oor ʼn periode van tyd, daar behoort ʼn toename in meeste goedere en dienste wees
vir inflasie om plaas te vind.√√ (2)
INHOUD
Vraag-trek inflasie:
Vraag-trek inflasie gebeur wanneer die totale besteding in die ekonomie toeneem
en die ekonomie nie by magte is om uitset te verhoog ten einde aan die toename in
besteding te voldoen nie, daarom neig pryse om te styg. √√
Die volgende faktore mag vraag-trek inflasie veroorsaak:
Toenemende besteding deur huishoudings, √√ mag veroorsaak word deur
maklike toegang tot krediet en laer rentekoerse maak krediet goedkoper. √√
Toenemende besteding op investering deur ondernemings, √√ toenemende
sake vertroue veroorsaak deur hoër vraag na goedere en dienste. √√
Toenemende besteding deur owerheid, √√ dit kan as gevolg van beleide wees
wat deur die regering ontwerp is om met die kwessies van werkloosheid, meer
diensverskaffing aan die publiek, te handel. √√
Toenemende besteding deur buitelandse sektor, √√ dit kan as gevolg van ʼn
hoër vraag na uitvoere wees, of ʼn afname in die prys van minerale, wat die
hoeveelheid gevra laat styg. √√
Vermindering in belastings, √√ laat meer geld in die sakke van verbruikers.√√
(Maks. 14)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 EKONOMIE V2 (SEPTEMBER 2014)
Koste-druk inflasie
Koste-druk inflasie het te doen met ʼn toename in produksiekoste. Ten einde voort
te bestaan as ʼn besigheid, word produsente gedwing om die hoër produksiekoste
van verbruikers te verhaal in die vorm van hoër pryse. Hierdie is die faktore wat lei
tot koste-druk inflasie: √√
Toenames in lone en salarisse: √√ as toenames in lone en salarisse nie
vergesel word van ʼn toename in produksie nie, verhoog produksiekoste en
pryse in die ekonomie neem toe. √√
ʼn Afname in produktiwiteit, √√ dit beteken dat die meer kos om dieselfde aantal
goedere en dienste te produseer, wat lei tot ʼn toename in die prys van goedere
en dienste. √√
Toename in die prys van ingevoerde goedere, √√ bv. intermediêre goedere en
kapitaalgoedere, daarom veroorsaak dit ʼn toename in produksiekoste. √√
Styging in winsgrense deur besighede. √√ Dit veroorsaak ʼn styging in
produksiekoste, want wins vorm deel van die produksiekoste. √√
Daling in wisselkoers lei tot duur invoere. √√
Natuurrampe soos droogtes, vloede en selfs aardverwarming het ʼn groot
invloed op produksiekoste vir boere. √√ (Maks. 12) (26)
HOE ’N HOË INFLASIEKOERS VERLAAG KAN WORD DEUR ’N
VERANDERING IN DIE REPO-KOERS
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank √√ verhoog die repo-koers aan banke √√ om
die beskikbaarheid van krediet aan banke te verlaag, √√
en om die rentekoers te laat styg, √√ wat dit duurder maak om geld te leen,
maar, √√ terselfdertyd besparing aanmoedig. √√
Beide hierdie sal lei tot ʼn afname in verbruikersvraag √√, en daarom ʼn daling in
inflasie. √√ (Enige 5 x 2) (10)
SLOT
As die inflasiekoers nie versigtig gemonitor word nie en bogenoemde oorsake ʼn
werklikheid raak, kan dit ʼn nadelige uitwerking op die ekonomie hê. √√
(Aanvaar enige toepaslike slot.) (2)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Memorandum
Economics P2 Memo Afr_watermark.pdf
Memorandum
Economics-Grade-12-NSC-P2-MEMO-September-2025-KZN.pdf

Memorandum
Economics P2 May-June 2025 MG Afr.pdf
Memorandum
Economics-Grade-12-NSC-P2-MEMO-September-2025-Northern-Cape.pdf
Memorandum
ECONOMICS P1 GR12 MEMO JUNE 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Memorandum
ECONOMICS P2 MEMO GR 12 SEPT2014 ENG_hlayiso.com_.pdf

Question paper
ECON P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Question paper
ECONOMICS P2 QP GR12 SEPT2021 Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper
ECONOMICS P2 QP SEPT2018 Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT 2023_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
ECONOMICS P2 MEMO SEPT FINAL2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 Economics
Explore more published documents in this catalogue.

Question paper
ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D_watermark.pdf

Question paper
Economics-Grade-12-NSC-P1-QP-September-2025-Free-State.pdf
Question paper
Economics P1 May-June 2025 Afr.pdf

Question paper
Economics P2 May-June 2025 Afr.pdf
Question paper
ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)_hlayiso.com_.pdf
Question paper