Skip to content

Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2014 Memo (Afr)

MemorandumEconomicsGrade 12201415 pages

Grade 12 Economics Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2014 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2014 EKONOMIE V1 MEMORANDUM PUNTE: 150 Hierdie memorandum bestaan uit 15 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 EKONOMIE V1 (SEPTEMBER 2014) AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 1.1.1 B  Verenigde Nasies 1.1.2 C  Privatisering 1.1.3 A  Kompetisie 1.1.4 A  Invoer van goedere en dienste 1.1.5 C  Handelsliberalisering 1.1.6 A  Vervaardigingsnywerhede 1.1.7 C  MOI 1.1.8 A  Korridors (8 x 2) (16) 1.2 PASITEMS 1.2.1 E Handel oor die eienskappe van bevolking, soos die grootte, ras, ouderdom ens. 1.2.2 B Gebaseer op historiese tydreeksdata 1.2.3 H Verminder persoonlike belasting 1.2.4 C ʼn Individu kan nie ʼn prys gehef word op die basis van gebruik nie 1.2.5 F Die proses van transformasie, van ʼn mineraal na ʼn hoër waarde van die produk wat of plaaslik verbruik of uitgevoer kan word. 1.2.6 D Die totaal van al die geld wat uit die buiteland die land inkom, minus al die geld wat die land uitgaan gedurende dieselfde tydperk 1.2.7 I Strafmaatreëls teen ʼn land ingestel soos weiering om handel te dryf en disinvestering 1.2.8 G Word gebruik om die raamwerk en die meganisme te skep (8 x 1) (8) 1.3 ONTBREKENDE WOORDE 1.3.1 Spesiale Trekkingsregte  1.3.2 Verbruik van Vaste Kapitaal/Depresiasie  1.3.3 Kapitaalwinsbelasting  1.3.4 Produsente Prysindeks (PPI)  1.3.5 Tegnologie  1.3.6 Handelsverbod  (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2014) EKONOMIE V1 3 AFDELING B (Beantwoord TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.) VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 2.1 Noem TWEE handelsprotokolle waarvan Suid-Afrika deel is.  Die Afrika-Unie   Die Noord-Amerikaanse Vryhandelsooreenkoms   Wêreldhandelsorganisasie  (Enige 2 x 2) (4) 2.2 DATA RESPONS 2.2.1 Progressiewe Belastingstelsel  (2) 2.2.2 30%  (2) 2.2.3 385 000 – 358 110 = 26 890 x 35% ÷ 100 = 9 411,50  82 904 + 9 411,50 = 92 315,50  (4) 2.2.4 92 315,50 ÷ 385 000 x 100 = 23, 9% or 24%  (2) 2.3 DATA RESPONS 2.3.1 Suid-Afrika  (2) 2.3.2  Suid-Afrika is die wêreld se vierde grootste bron van goud en diamante.   Suid-Afrika besit ook meer as ʼn driekwart van die globale platinum reserwes  (2 x 2) (4) 2.3.3 In Nieu-Delhi  (2) 2.3.4  Dien as alternatief vir die Internasionale Monêtere Fonds.   Help lande om hulpbronne te in vir die ontwikkeling van infrastruktuur.   Dit verskaf lenings gedurende finansiële moeilikhede.  (Enige relevante antwoord is aanvaarbaar.) (Enige 1 x 2) (2) 2.4 Onderskei tussen aanbod- en vraaggedrewe sakesiklusse.  Aanbodgedrewe sakesilus lê die oorsaak van in die skielike veranderinge in die makro-ekonomiese aanbodfaktore.   Dit is faktore soos natuurlike hulpbronne, arbeid, tegnologie en kapitaal.   Op die langtermyn moet veranderinge in die beskikbaarheid en pryse van hierdie faktore verwag word.  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 EKONOMIE V1 (SEPTEMBER 2014)  Dit is moontlik om hierdie langtermynveranderinge te hanteer.   As daar egter ʼn skielike verandering in een of meer van hierdie faktore is, kan dit op kort termyn ʼn redelike mate van onstabiliteit meebring.  (Enige 2 x 2) (4) Vraaggedrewe sakesiklus  Dit vind meer gereeld plaas as ʼn aanbodgedrewe sakesiklus.   In ʼn vraaggedrewe sakesiklus lê die oorsaak van die siklus in veranderinge in totale besteding.   Dit kan die gevolg wees van ʼn verandering in verbruiksbesteding deur huishoudings, beleggingsbesteding deur firmas, regeringsbesteding of besteding deur die buitelandse sektor.   Byvoorbeeld: ʼn Tipiese vraaggedrewe sakesiklus in Suid-Afrika kan begin wanneer die ekonomiese groeikoerse van ons belangrikste buitelandse handelsvennote styg.   ʼn Toename in hulle ekonomiese groeikoerse verhoog ons uitvoere na hulle en die totale besteding aan ons goedere verhoog dan.   Dit beteken ʼn inspuiting in die ekonomiese kringloop het plaasgevind.  Namate die vraag na ons uitvoerprodukte verhoog, produseer plaaslike firmas meer goedere.   Hulle benut daarom meer produksiefaktore en die inkomste van huishoudings styg.   Dit lei tot ʼn styging in verbruiksbesteding, en ʼn verdere styging in produksie en inkomste.   Die vermenigvuldiger-effek tree in werking en die uitbreidingsfase van die siklus neem sy loop.  (Enige 2 x 2) (4) 2.5 Verduidelik waarom ʼn verandering in inspuiting ʼn vermenigvuldiger- effek op die vlak van produksie het.  ʼn Inspuiting, soos ʼn verhoging in uitvoer, belegging of staatsbesteding verhoog totale besteding in die ekonomie.   Dit veroorsaak ʼn verhoging in produksie, wat op sy beurt inkomste verhoog.   Die verhoogde inkomste lei dan tot ʼn verhoging in verbruikersbesteding deur huishoudings.   Hierdie verhoging in besteding lei tot ʼn verdere verhoging in produksies, wat inkomste weer verhoog, en ʼn proses van ʼn verhoging in besteding, produksie en inkomste gaan voort.  (4 x 2) (8) VRAAG 3: EKONOMIESE KWESSIES 3.1 Noem TWEE soorte ingrypings deur die regering in nywerhede.  Wetlik   Invoerbeperkings   Uitvoerbevordering   Toekennings   Belastingsaansporings   Lenings  (Enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2014) EKONOMIE V1 5 3.2 DATA RESPONS 3.2.1  Dit is ʼn nasionale ontwikkelingsfinansieringsinstelling wat gestig is om ekonomiese groei en nywerheidsontwikkeling te bevorder.   Dit word deur die Suid-Afrikaanse regering besit en staan onder toesig van die Departement van Ekonomiese Ontwikkeling.   Dit voorsien finansiering vir nywerheidsontwikkeling in Suid-Afrika en die res van Afrika.  (Enige 1 x 2) (2) 3.2.2  Staan benoude maatskappye by.   Dit red en skep werksgeleenthede.   Dit stig ʼn werkersfonds.  (Enige 2 x 2) (4) 3.2.3 Werkers sal baat vind by die opleiding as ʼn alternatief vir afdanking.  (2) 3.2.4  Maatskappye met finansiële krisisse.   Maatskappye wat bankrot is.   Besighede in nood.  (Enige relevante antwoord is aanvaarbaar.) (Enige 1 x 2) (2) 3.3 DATA RESPONS 3.3.1 Werkloosheid  3.3.2  Mense het daadwerklike stappe geneem om werk te soek.   Mense is in staat en bereid om te werk, maar kry nie werksgeleenthede nie.  (Enige relevante antwoord is korrek.) (Enige 1 x 2) (2) 3.3.3  Bied vaardighede aan werkers.   Moedig ontwikkeling aan by klein en medium-grootte ondernemings.   Verskaf onderwys en opleiding   Bevordering van plaaslike bedrywe.   Verbeter tegnologie en koop nuwe masjiene om produktiwiteit te verhoog.   Die regering moet ondernemings subsidieer.  (Enige relevante antwoord is korrek.) (Enige 2 x 2) (4) 3.3.4 Statistiek Suid-Afrika/SSA (2) 3.4 Verduidelik kortliks die Wet op Diensbillikheid en Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging  Hierdie wet verbied diskriminasie en vereis dat die arbeidsmag die rasionele en die geslagsprofiel van die bevolking in die algemeen weerspieël word.   Ondernemings word verplig om ʼn diensbillikheidsplan by die Departement van Arbeid in te dien.   Inspekteurs van die Departement lê besoek af by besigheidspersele om te kyk of dit aan die vereistes voldoen.  (Enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 EKONOMIE V1 (SEPTEMBER 2014) Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging  Hierdie wet verskaf ʼn wetlike basis vir die transformasie van die Suid- Afrikaanse ekonomie.   Dit vereis regstelling sodat die getal swart mense wat besighede in die land besit en bestuur, aansienlik kan verhoog.   Inkomste-ongelykheid kan aansienlik verminder.  (Enige 2 x 2) (4) 3.5 Verduidelik die redes waarom Suid-Afrika die plaaslike ontwikkeling en integrasie in Suider-Afrika ondersteun.  Om politieke en stabiele vennote/buurlande te hê.   Om belangrike uitvoermarkte en toekomstige bronne van water- en energievoorrade te hê.   Integrasie kan ʼn voorvereiste wees vir die ondersteuning van buiutelandse beleggers, skenkers en multilaterale instellings.   ʼn Deurtastende streeksvervoerstelsel en ʼn soliede infrakstruktuur hou die sleutel om belegging na die SAOG-streek aan te trek, om sodoende kompetisie en handel te verbeter.  (Enige 4 x 2) (8) [40] VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWE 4.1 Noem enige TWEE doelwitte van die openbare sektor.  Verhoog ekonomiese groei   Skep prysstabiliteit   Stabiliseer wisselkoerse   Skep ekonomiese gelykheid   Volle indiensneming  (Enige 2 x 2) (4) 4.2 DATA RESPONS 4.2.1 Vryswewende wisselkoers-stelsel  (2) 4.2.2 Aanbod het van SS na S1S1 verhoog  (2) 4.2.3  Wanneer Suid-Afrika goedere na Amerika uitvoer/goedere uitvoer   Dienste verskaf aan ander lande.  Rente ontvang van die buiteland   Die verkryging van nuwe lenings uit die buiteland   Buitelandse beleggings in Suid-Afrika   Toeriste wat Suid-Afrika besoek  (Enige 2 x 2) (4) 4.2.4 Die Suid-Afrikaanse Reserwe Bank kan die vraag na en aanbod van buitelandse valuta manipuleer ten einde die wisselkoerse te laat appresieer/depresieer.  (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2014) EKONOMIE V1 7 4.3 DATA RESPONS 4.3.1 Bruto Binnelandse Produk is die totale waarde van alle finale goedere en dienste wat binne die geografiese grense van ʼn land oor ʼn spesifieke periode, geproduseer word.  (2) 4.3.2 2009  (2) 4.3.3 Noem maniere hoe die Suid-Afrikaanse regering groei in Suid- Afrika kan verbeter.  Die beskikbaarheid van ʼn groter hoeveelheid en gehalte van hulpbronne soos die ontginning van minerale en die uitbreiding van die kommersiële landbou, sal industriële uitset verhoog en werk skep.   Hoër produktiwiteit deur arbeid en deur onderwys en vaardigheidspleiding te verbeter.   Doeltreffende infrastruktuur soos paaie, spoorweë, hawens, krag en water.   Verhoogde gebruik van tegnologie, soos die van inligtingstegnologie in administrasie en kommunikasie.   Investering in nuwe en uitgebreide besighede.   Toenemende entrepreneurskap, veral deur die oprigting van meer klein- en medium ondernemings.   Die regering moet demokraties, doeltreffend en vry wees van korrupsie.  (Enige 2 x 2) (4) 4.3.4 Suid-Afrikaanse Reserwe Bank  (2) 4.4 Verduidelik die redes vir die Noord-Suid verdeling  Dit is as gevolg van verskille in geografie.   Die Noorde het ʼn koeler klimaat, beter hawens, bevaarbare riviere en die plante en diere is beter geskik vir huishoudelike gebruik.   Dit is as gevolg van kolonialisme en onregverdige handelspraktyke deur die Noorde wat op op lande in die Suide toegepas was.   Dit is as gevolg van verskillende kulture van die twee areas.  (Enige 4 x 2) (8) 4.5 Beskryf TWEE kenmerke van uitvoerbevorderingsones en verduidelik hul doelwitte. Eienskappe  Omheinde en beheerde industriële gebiede   Hulle is naby ʼn hawe of ʼn lughawe  Doelwitte  Daar is geen doeane-regulasies of beskermende maatreëls.   Goedere kan direk uitgevoer word.  (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 EKONOMIE V1 (SEPTEMBER 2014) AFDELING C (Beantwoord enige EEN van die vrae in hierdie afdeling.) VRAAG 5 Bespreek die noodsaaklikheid van die openbare sektordiens en probleme wat verband hou met hul dienslewering. [40] Inleiding Daar is baie problem wat verband hou met die lewering van openbare goedere en dienste en dit is belangrik om te probeer verstaan hoe hierdie probleme uitgeskakel kan word vir die Suid-Afrikaanse staatsdiens om sodoende ʼn verteenwoordiger, doeltreffende en demokratiese instrument te kan word om sy eintlike rol te speel in die versoening-, heropbou- en ontwikkelingsproses.  (Enige relevante inleiding is aanvaarbaar.) Maks. (1 x 3) INHOUD Die noodsaaklikheid van die openbare sektor A. Om noodsaaklike goedere te verskaf   Die openbare sektor verskaf vir die grootste gedeelte van gemeenskappe, noodsaaklike goedere.   Alhoewel die openbare sektor meestal slegs dienste verskaf, verwys ekonome oor die algemeen na noodsaaklike goedere.   Noodsaaklike goedere word verder geklassifiseer in die volgende: (a) Openbare goedere   Openbare goedere het nie-mededinging (die verbruik deur een individu verminder nie die hoeveelheid of kwaliteit van goedere beskikbaar deur ʼn ander individu nie).   Nie-uitsluitlik (nie-betalers, kan nie uitgesluit word van die voordeel van sekere goedere nie) en ander wat gewillig voorsien word deur die private sektor nie.   Hierdie goedere en dienste word nie deur die privaat sektor voorsien nie, omdat verbruik deur een persoon nie die verbruik deur ʼn ander uitsluit nie en is nie prysgebaseer nie.   Hierdie goedere is belangrik vir die welstand van die gemeenskap en die openbare sektor moet dit dan voorsien.   Voorbeelde van publieke goedere is verdediging, polisiedienste, verkeersdienste, straatbeligting en vloedbeheer.  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2014) EKONOMIE V1 9 (b) Kollektiewe goedere   Dit is moontlik om nie-betalers van die gebruik van kollektiewe goedere uit te sluit deur die heffing van fooie of tolgelde. (nie-betalers is mense wat goedere en dienste gebruik sonder om daarvoor te betaal).   Voorbeelde van kollektiewe goedere is parke, strande, paaie, watervoorsiening, openbare vervoer en vullisverwydering.   Die openbare sektor voorsien in meeste van die kollektiewe goedere.  (c) Meriete goedere   Hierdie goedere en dienste het belangrike voordele aan die gebruikers en die ekonomie.   Markkragte weerspieël nie die volle waarde van meriete goedere nie.   Die private sektor onderwaardeer hierdie produkte en voorsien nie genoeg nie.   Die staat voorsien meriete goedere om te verseker dat alle burgers toegang het tot dit bv. die regering verskaf onderwys om te verseker dat alle burgers die geleentheid gebied word tot onderwys, omdat onderwys belangrike voordele het bv. om die stryd teen armoede teen te werk en ʼn bydrae tot ekonomiese groei kan lewer.   Meriete goedere sluit in biblioteke, navorsing, onderwys en gesondheidsdienste.   Nie-meriete goedere is skadelik vir die gebruikers en vir die gemeenskap. Die regering gebruik belasting en wegewing om die verbruik en produksie van nie-meriete goedere te ontmoedig, byvoorbeeld dobbel, alkohol en tabakprodukte.  B. Om natuurlike hulpbronne te beskerm  Ons omgewing sluit in, natuurlike hulpbronne soos lug wat ons inasem, die skoonheid wat ons van die natuur geniet en die oseane wat vol vis is. Natuurlike hulpbronne word deur niemand besit nie, maar deur almal gebruik.   Negatiewe eksternaliteite is koste wat voortspruit uit die produksie van goedere en dienste wat ʼn impak op ʼn tweede of derde party het, wat nie deel van die transaksie is nie. Byvoorbeeld gedurende produksie word skadelike besoedeling deur fabrieke versoosaak, wat ʼn negatiewe eksternaliteit is. Negatiewe eksternaliteite het negatiewe uitwerkings op natuurlike hulpbronne. Sakeondernemings neem dikwels nie die koste wat die samelewing weens produksie moet dra, in ag nie, soos besoedeling wat asma veroorsaak en waterbesoedeling wat waterlewe doodmaak.   Die regering moet inmeng om die natuurlike hulpbronne te beskerm en beperkings moet geplaas word op die skep van negtiewe eksternaliteite deur die implementering van sekere wetgewing.  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 EKONOMIE V1 (SEPTEMBER 2014) C. Ingryping in die ekonomie  Die Regering gryp in, om die volgende te bereik:  Die regering moet ʼn sosiale-wetgewende omgewing skep wat individue en besighede tot hul maksimum kan laat funksioneer.   Die regering bevorder die doeltreffendheid van die vrye markte en gryp dus in om onvolmaakte mededinging, bv monopolieë te verhoed.   Die regering beinvloed ook die toekenning van hulpbronne.   Die regering kan ook geskikte regeringsbeleide toepas ten einde makro- ekonomiese doelwitte soos ekonomiese groei, volle indiensneming, ekonomiese gelykheid, prysstabiliteit en wisselkoerse te kan bereik.  (Enige 10 x 2) (20) Maks. (26) Daarby, bespreek probleme wat verband hou met die openbare sektordiens met spesiale verwysing na Suid-Afrika, en hoe suksesvol dit was. A. Aanspreeklikheid   Die openbare sektor tree nie altyd op in die beste belang van die gemeenskap nie. Die openbare sektor van ʼn land word nie deur ʼn winsmotief aangedryf nie en die publiek kan nie altyd kies om na ander verskaffers van openbaresektordienste te gaan nie. Hierdie omstandighede kan tot lae produktiwiteit en ʼn gebrek aan aanspreeklikheidheid onder staatsamptenare lei. Nog ʼn probleem is dat die openbare korporasies verantwoordelik is aan die parlement, en nie aan die belastingbetalers wat hulle dien nie.  Die Suid-Afrikaanse regering voorsien gratis water en elektrisiteit, HOP huise, gratis skoolopvoeding en gratis gesondheidsdienste.  B. Doeltreffendheid  Enige plek in die wêreld, word die openbare sektor, in plaas van die private sektor, as ondoeltreffend beskou. Daar is drie hoofredes hiervoor:  Burokrasie en rompslomp – amptenare kan te veel daarop konsentreer om die prosedures streng na te volg in plaas daarvan om die individuele behoeftes in ag te neem.   Gebrek aan opleiding – regeringsamptenare het nie altyd die gepaste opleiding in die vaardigheid wat vir hulle poste vereis word nie.  Korrupsie – ʼn gebrek aan deeglike toesig en ondergemiddelde lone kan korrupsie ʼn aantreklike opsie vir sommige mense maak.   In Suid-Afrika is daar baie gevalle van nepotisme en korrupsie onderhewe aan ondersoeke.  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2014) EKONOMIE V1 11 C. Die probleem om behoeftes te assesseer en reg te beplan   In die privaat sektor word goedere en dienste in reaksie op werklike vraag voorsien. Huise word bevoorbeeld gebou volgens die prys wat mense bereid is om daarvoor te betaal. Die getal en soort huise wat voorsien word, sal afhang van die ewewigsprys wat in die mark bepaal word.   In die openbare sektor word goedere en dienste volgens die behoeftes van die burgers voorsien. Die owerheid beskou byvoorbeeld behuising as ʼn maatskaplike verantwoordelikheid en voorsien dit volgens mense se behoeftes.   Openbare ondernemings werk nie volgens marktoestande nie, so hule het dus nie ʼn meganisme om die behoeftes van die verbruikers aan regeringsamptenare oor te dra nie.   Dit skep ʼn probleem wat kan lei tot ʼn onder-voorsiening van openbare goedere of ʼn ontoereikende voorspelling van toekomstige behoeftes.  Die Suid-Afrikaanse huishoudings wat in formele huise woon, het gestyg van 5,5 miljoen tot 11 miljoen of met 89,9%. Huise wat toegang het tot elektrisiteit het van 58%–83% gestyg.  D. Korrekte prysbepaling  Dit is nie altyd moontlik om die regte markverwante pryse vir openbare goedere en dienste te vra nie, omdat baie mense dit nie sal kan bekostig nie, maar dit beteken nie hulle kan van die voordeel uitgesluit word nie.   Baie Suid-Afrikaners baat by maatskaplike toelae en subsidies.   Die Suid-Afrikaanse regering voorsien gratis onderwys en gratis hospitaaldienste.  (Indien slegs 5 gelys word –maks. 5 punte – enige 5 x 1) (Enige 5 x 2) (10) Samevatting  Openbare sektor-voorsiening van goedere en dienste is baie belangrik vir alle Suid-Afrikaners om sodoende te probeer om die lewensstandaard van baie mense te verbeter, sowel as om die ekonomiese effektiwiteit en ontwikkeling te verhoog.  (Maks. 1 x 2) (Enige toepaslike gevolgtrekking kan gekrediteer word.) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 EKONOMIE V1 (SEPTEMBER 2014) VRAAG 6 Bespreek die verskillende ekonomie groei in ontwikkelingsstrategieë in Suid- Afrika. Addisioneel verduidelik kortliks hoe Suid-Afrika se fiskale beleid sedert 1994 tot ontwikkeling bygedra het. [40] Inleiding Verskillende groei- en ontwikkelingstrategiee was sedert 1994 in Suid-Afrika geimplementeer, met elkeen wat spesifieke behoelftes by sy instelling aangespreek het.  Maks. (1 x 2) (Enige relevante gevolgtrekking is aanvaarbaar.) (2) LIGGAAM A. Heropbou- en Ontwikkelingsprogram (HOP)   Die HOP was ʼn gëintegreerde, samehangende sosio-ekonomiese beleidsraamwerk wat direk na Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing in 1994 ingestel is.   Om die ontwikkelingsdoelwitte van die HOP te verwesenlik, moes Suid- Afrika ʼn volgehoue groeikoers van 6% handhaaf.   Dit was daarop gemik om alle Suid-Afrikaanse mense en die land se hulpbronne te mobiliseer om apartheid finaal uit te wis, en ʼn demokratiese, nie-rassige en nie-seksistiese toekoms te bou.   Die HOP het op ses beginsels berus: 1. ʼn Geïntegreerde en volhoubare program  2. ʼn Mensgedrewe proses wat op die behoeftes van die bevolking konsentreer  3. Vrede en sekuriteit vir almal, met die doel om ʼn nie-gewelddadige samelewing te skep waarin alle menseregte gerespekteer word  4. Nasiebou, met die doel om op die behoeftes van alle lede van die samelewing te konsentreer  5. Die ineenskakeling van heropbou en ontwikkeling  6. Die demokratisering van Suid-Afrika in alle opsigte, insluitend besluitnemingsprosesse op alle vlakke   Die HOP het uit vele voorleggings, strategieë en beleidsprogramme bestaan. Dit alles kon egter saam gegroepeer word in vyf belangrike beleidsprogramme wat nou met mekaar verband gehou het.   Die vyf belangrikste programme was: 1. Om in basiese behoeftes te voorsien  2. Om ons menslike hulpbronne te ontwikkel  3. Om die ekonomie op te bou  4. Om die staat en samelewing te demokratiseer  5. Om die HOP in werking te stel  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2014) EKONOMIE V1 13 B. Groei-, Indiensneming- en Herverdelingsprogram (GEAR)  GEAR het die strategiese visie wat in die HOP uiteengesit is, verder gevoer.   Dit het die belangrikheid van al die HOP-doelwitte herbevestig, maar het ook erken dat die regering probleme met die uitvoering van die plan ervaar het, asook makro-ekonomiese probleme terwyl die HOP in werking gestel is   Die HOP het baie meer klem laat val op gedissiplineerde ekonomiese beleid, maar steeds erken dat daar ernstige behoeftes is waarin voorsien moet word.   C. Die Versnelde en Gedeelde Groei-Inisiatief vir Suid-Afrika (AsgiSA)   AsgiSA het voortgevloei uit die regering se verbintenis om werkloosheid en armoede teen 2014 te halveer.  Die Gesamentlike Inisiatief vir die Verkryging van Prioriteitsvaardighede (Jipsa) is bekendgestel om aandag te gee aan die skaars en uiters noodsaaklike vaardighed wat nodig was om AsgiSA se doelwitte te bereik.  Asgisa het ses belangrike faktore geidentifiseer wat Suid-Afrika verhinder het om die gewenste groeikoers te behaal: 1. Die relatiewe onstabiliteit van die geldeenheid.  2. Die koste, doeltreffendheid en kapasiteit van die nasionale logistieke stelsel.  3. Die tekort aan geskikte geskoolde arbeid en die ruimtelike verwringing van apartheid wat die koste van laaggeskoolde arbeid beïnvloed het.  4. Versperrings tot toetrede, beperkings op mededinging en beperkte nuwe beleggingsgeleenthede.  5. Die regulerende omgewing, en die las op klein en mediumgrootte ondernemings (KMO’s).  6. Tekortkomings in die staat se organisasie, kapasiteit en leierskap.   AsgiSA was nie bedoel om ʼn regeringsprogram te wees nie, maar eerder ʼn nasionale inisiatief wat ondersteun moes word deur al die belangrikste groepe in die ekonomie, naamlik ondernemings, die arbeidsmag, entrepreneurs en die regering, asook semistaatsdepartemente en -instellings.  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 EKONOMIE V1 (SEPTEMBER 2014) D. Die Nuwe Groeipad (NGP)   Die huidige groeiplan wat in Suid-Afrika gevolg word, is die Nuwe Groeipad (NGP) wat in November 2011 bekendgestel is. Hierdie plan is ontwerp om as ʼn raamwerk vir ekonomiese beleid te dien en om die dryfkrag agter die land se werkskeppingstrategie te wees.  Die NGP stel dus strategieë voor om voldoende vraag te verseker:  Verdieping – van die plaaslike- en streeksmark deur werksgeleenthede te vermeerder, inkomste te verhoog, en ander stappe te doen om regverdiging en inkomsteverdeling te verbeter.   Verbreding – van die mark vir Suid-Afrikaanse goedere en dienste deur sterker te fokus op uitvoere na die streek en ander vinning groeiende ekonomieë  Op ʼn makro-ekonomiese vlak behels die NGP ʼn inskiklike (wat beteken dit is minder streng) monetêre beleid, gekombineer met ʼn strenger fiskale beleid om inflasionêre druk te beperk en mededinging te bevorder. Regeringsbesteding sal ʼn prioriteit wees met die doelwit om volhoubare werksgeleenthede op die langtermyn te skep.  Die mikro-ekonomiese maatreëls om inflasionêre druk te beheer, sluit die volgende in:  Mededingingsbeleid om monopolistiese prysbepaling op produkte en dienste te kontroleer.   ʼn Hersiening van geadministreerde pryse om te verseker dit styg nie sonder goeie rede tot bokant die inflasiekoers nie.   Ingrypings wanneer die pryse van noodsaaklike produkte en dienste (soos privaat gesondheidsorg en basiese kositems) vinnig styg.  Die mikro-ekonomiese pakket behels 10 programme wat inflasiedruk beheer, limiet ondoeltreffendheid en verseker dat meer pro-aktiewe strategieë om ʼn inklusiewe ekonomie te ondersteun: 1. Aktiewe nywerheidsbeleid  2. Landelike-ontwikkelingsbeleid  3. Mededingingsbeleid  4. Bevordering van onderwys- en vaardigheidsontwikkeling  5. Ondernemingsontwikkeling: die ondersteuning van klein ondernemings en entrepreneurskap, en om onnodige rompslomp uit te skakel.  6. Breëbasis-Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBBEE)  7. Arbeidsbeleide  8. Tegnologiebeleid  9. Ontwikkelingshandelsbeleide  10. Beleide vir Afrika-ontwikkeling  (Enige 10 x 2) (20) Maks. (26) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2014) EKONOMIE V1 15 Bykomstig, verduidelik hoe Suid-Afrika se fiskale beleid sedert 1994 het met ontwikkeling gehelp.  Vlakke van belasting is verminder vir lae inkomste verdieners.   Die BTW-koers is nie verhoog nie, wat goed is vir laevlak inkomste verdieners.   Die brandstofheffing is ingestel, wat ʼn negatiewe uitwerking op die pryse van vervoer en ook op die meeste ander goedere en dienste gehad het.   Die provinsies en munisipaliteite ontvang toekennings vanaf die nasionale regering om dienste te verskaf.   Groot vordering is gemaak in die verskaffing van verbeterde dienste, veral vir arm mense.   In 2012 was daar nog ʼn groot aantal mense wat in agtergeblewe nedersettings gebly het sonder enige van hierdie dienste.  (Indien slegs 5 gelys – maks. 5 punte – enige 5 x 1) (Enige 5 x 2) (10) Gevolgtrekking Die verskillende groei- en ontwikkelingstrategieë wat in Suid-Afrika sedert 1994 geimplementeer is, het alles bygedra om ons land meer welvarend te maak en die aanspreek van problem wat deur ongelykhede van die verlede. Probleme soos ʼn lae vlak van onderwys, werkloosheid en ongelyke verspreiding van inkomste duur voort. Die huidige NGP is ʼn omvattende beleid wat gerig is op die aanspreek van al hierdie probleme.  (Maks. 1 x 2) (Enige relevante gevolgtrekking is aanvaarbaar.) [40] TOTAAL AFDELING C: 80 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all