Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2014
EKONOMIE V2
PUNTE: 150
TYD: 1½ uur
*ECONA2*
Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.
Skip to contentAll 2014 papers 





View all

_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)



Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2014 QP (Afr)
Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2014 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2014 · Afrikaans. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2014
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 11
- File size
- 341.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 11
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2014
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 EKONOMIE V2 (SEPTEMBER 2014)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord VIER vrae soos volg:
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord enige TWEE van die drie vrae.
AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.
2. Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Addisionele antwoorde sal
NIE nagesien word NIE.
3. Beantwoord die vrae in volsinne en die uitleg, inhoud en konteks van
jou antwoorde moet in ooreenstemming met die kognitiewe vereistes
van die vrae wees.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
hierdie vraestel gebruik is.
5. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.
6. Lees AL die vrae aandagtig deur.
7. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
8. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.
9. Gebruik slegs swart of blou ink.
10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) EKONOMIE V2 3
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1 30 PUNTE – 15 MINUTE
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae
gegee. Kies die mees korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–C)
langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.1.1 Surplus kapasiteit word nie by ... gevind nie.
A ʼn monopolie
B monopolistiese mededinging
C volmaakte mededinging
1.1.2 Wins-maksimering kom voor wanneer ...
A GI = GK.
B TI > GK.
C GI < GK.
1.1.3 Een van die tekortkominge van ʼn vryemarkstelsel is dat dit
inkomste ... versprei.
A eweredig
B oneweredig
C oormatig
1.1.4 Die mees waarskynlike versperring tot toetrede vir maatskappye
wat wil meeding met ʼn maatskappy soos Mercedes of Microsoft:
A Wetlike beperkings
B Lisensiëring-probleme
C Tegniese meerderwaardigheid
1.1.5 Gewigte word aan goedere en dienste toegeken om ...
A die besteding van verbruikers te verbeter.
B die invloed op koopkrag te meet.
C verbruikersbesteding te verminder.
1.1.6 ʼn Individu belas met die ontwerp van ʼn omsigtige (goed beplande)
fiskale beleid is die ...
A Goewerneur van die Reserwebank.
B Minister van Openbare Sake.
C Minister van Finansies.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 EKONOMIE V2 (SEPTEMBER 2014)
1.1.7 In die Oos-Kaap sal toeriste waarskynlik deur ... gelok word.
A die geboorteplek van Nelson Mandela (QUNU)
B Amabele entombi (COFIMVABA)
C Ncora-besproeiingskema
1.1.8 Klimaatsverandering kan wees as gevolg van ʼn ...
A afname in skadelike menslike praktyke.
B toename in kweekhuisgasse.
C toename in die koers waarteen bome aangeplant word.
(8 x 2) (16)
1.2 Kies ʼn omskrywing uit KOLOM B wat pas by ʼn begrip in KOLOM A. Skryf
slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Versonke koste A afhanklik van kultuur en erfenis
1.2.2 Pareto- B bevorder armoedeverligting deur die
doeltreffendheid aanmoediging van toerisme
1.2.3 Inheemse C bly onveranderd ongeag die
kennisstelsels hoeveelheid geproduseer
1.2.4 Geleentheidskoste D ʼn poging om die volhoubare gebruik
van natuurlike hulpbronne te
verseker
1.2.5 Kruger Nasionale E kan nie verhaal word indien die
Park besigheid die bedryf verlaat nie
1.2.6 Vaste koste F hulpbronne kan nie regverdig
toegeken word nie, aangesien as
een party bevoordeel word, word die
ander benadeel
1.2.7 Bewaring G koste om die volgende beste keuse
op te gee
1.2.8 Agenda 21 H die skoon ontwikkelingsmeganisme
I vind alternatiewe bronne van
energie om die gebruik van
fossielbrandstowwe te vervang
J Suid-Afrika se groot vyf (leeu,
luiperd, buffel, renoster en olifant)
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) EKONOMIE V2 5
1.3 Gee die korrekte begrip vir elk van die volgende frases.
1.3.1 Koste voordele vir groot ondernemings
1.3.2 ʼn Markstruktuur waar pryse van individuele ondernemings deur
die mark bepaal word
1.3.3 Inflasie wat items met wisselvallige pryse uitsluit
1.3.4 Arbeidsintensiewe bedryf wat vir baie mense regoor die wêreld
aanloklik is
1.3.5 ʼn Verskeidenheid van plante- en dierelewe in ʼn bepaalde habitat
1.3.6 ʼn Tipe wins wat gerealiseer word wanneer ʼn onderneming se
totale inkomste groter as sy implisiete koste is (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 EKONOMIE V2 (SEPTEMBER 2014)
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 20 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem TWEE soorte ondoeltreffendheid. (2 x 1) (2)
2.1.2 Verduidelik kortliks wat ʼn kartel is. (1 x 2) (2)
2.2 Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg.
Prys/koste/inkomste
GK
40
MK
35
30
25 E2
20
15 E1
V = GI
10
MI
2 4 6 8 10 12 14 16 Hoeveelheid
2.2.1 Watter soort mark word deur die bostaande grafiek voorgestel? (2)
2.2.2 Verduidelik waarom die MI-kurwe onder die GI-kurwe lê. (4)
2.2.3 Bereken die wins/verlies van die bogenoemde produsent en toon
alle berekeninge. (4)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) EKONOMIE V2 7
2.3 Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
VOLMAAKTE MARKTE
Die kenmerk van volmaakte markte het diepgaande politieke en
ekonomiese implikasies. Dit is nie die doel van die mark om deelnemers in
staat te stel om winste te maksimeer nie, ten spyte van baie deelnemers
wat dit aanvaar of geleer word. Die doel van die mark is om hulpbronne
doeltreffend toe te ken en om die welstand van beide die verbruikers en
produsente te maksimeer. Die mark beskou dus oortollige (ekonomiese)
winste en ekonomiese huur as ʼn teken van ondoeltreffendheid.
[Aangepas van die Internet: 2013]
2.3.1 Definieer volmaakte markte. (2)
2.3.2 Noem TWEE doele van volmaakte markte, soos in die uittreksel
aangedui. (4)
2.3.3 Gee die betekenis en implikasie van oortollige winste. (2 x 2) (4)
2.4 Onderskei tussen meriete en nie-meriete goedere as oorsake van
markmislukking. (2 x 4) (8)
2.5 Met behulp van ʼn grafiek verduidelik die afsluit-/uittree-punt van ʼn
onderneming onder volmaakte mededinging. (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 EKONOMIE V2 (SEPTEMBER 2014)
VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
40 PUNTE – 25 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae:
3.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van negatiewe eksternaliteite in die
omgewing. (2 x 1) (2)
3.1.2 Definieer omgewingsvolhoubaarheid. (1 x 2) (2)
3.2 Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
ISIMANGALISO VLEILANDPARK
UNESCO het agt erfenisterreine gekies, waarvan iSimangaliso Vleilandpark
een is. Dit is in Desember 1999 gelys as Suid-Afrika se Wêrelderfenisgebied
as erkenning van sy unieke globale waardes.
Die naam iSimangaliso beteken wonderwerk of wonder wat hierdie unieke plek
toepaslik beskryf met sy verstommende verskeidenheid habitatte wat
grasvelde, ou sand- en kuswoude, vleilande, ens. insluit.
Dit is dié plek om te besoek as gevolg van sy tien juwele; Kosibaai, kuswoud,
Sibaya-Meer, Sodwanabaai, uMkhuze, Valsbaai, westelike kusgebiede en
Charters Creek, Lake St Lucia, oostelike kusgebiede, Kaap Vidal en
Maphelane.
[Aangepas uit Explore Zululand, 2013]
3.2.1 Gee ʼn omvattende definisie van toerisme. (2)
3.2.2 Verduidelik kortliks hoe toerisme huishoudings bevoordeel. (4)
3.2.3 Watter tipe toerisme kan met ʼn besoek aan die iSimangaliso
Vleilandpark geassosieer word? (2)
3.2.4 In watter provinsie is die iSimangaliso Vleilandpark? (2)
3.3 Bestudeer die prentjie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Die boom van kennis ontdek waar papier vandaan kom
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) EKONOMIE V2 9
3.3.1 Wat, volgens jou mening, beeld die prentjie uit? (2 x 2) (4)
3.3.2 Bome is ʼn (hernubare/nie-hernubare) hulpbron. (2)
3.3.3 Verduidelik kortliks hoe die misbruik van natuurlike plantegroei
verminder kan word. (2 x 2) (4)
3.4 Verduidelik enige TWEE beleidvoorstelle wat toerisme in Suid-Afrika kan
bevoordeel. (2 x 4) (8)
3.5 Verduidelik kortliks die voornemens van COP 17 in Durban 2011. (4 x 2) (8)
[40]
VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE
KWESSIES 40 PUNTE – 20 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae:
4.1.1 Noem enige TWEE doelwitte van ʼn mededingingsbeleid. (2 x 1) (2)
4.1.2 Verduidelik nie-mededinging as ʼn kenmerk van openbare goedere.
(1 x 2) (2)
4.2 Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg:
4.2.1 Definieer die begrip hooflyn-inflasie. (2)
4.2.2 In watter maand en jaar was Suid-Afrika se inflasiekoers op sy
laagste? (2)
4.2.3 Verduidelik Suid-Afrika se inflasie-teikenbeleid kortliks. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 EKONOMIE V2 (SEPTEMBER 2014)
4.3 Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
ONDERSKEI JOU BESIGHEID VAN MEDEDINGERS
Toe sy haar besigheid gevisualiseer en gestig het, het Zilungile gefokus op
beide korttermyn- en langtermyndoelwitte. Haar korttermyndoel was om
plaaslike mededingers en bruto verkope te ontgroei. Sy het geweet sy sou
uiteindelik meeding met miljoen ander reuse, maar eers moes sy haar
sterkpunte en swakpunte ondersoek.
Markmededinging kan ʼn slagveld skep en haar doel was om die oorlog te
wen. Hierdie denkwyse mag omstrede wees, maar baie besighede het
misluk omdat hulle nie op hul mededingers se foute gekapitaliseer het nie.
Zilungile het haar besigheid onderskei deur: ontleding van die bedryf, beter
as die kompetisie te doen, op kliëntediens te fokus, advertensies, pro-aktief
te wees, om maar ʼn paar te noem.
[Aangepas van die Internet, 2013]
4.3.1 In watter tipe markstruktuur is Zilungile se besigheid? (2)
4.3.2 Watter ekonomiese konsep kan jy in ooreenstemming bring met die
manier waarop Zilungile haar besigheid onderskei? (2)
4.3.3 Wat, na jou mening, word bedoel met die skuinsgedrukte sin? (2)
4.3.4 Verduidelik die korttermyn van ʼn besigheid. (4)
4.4 Onderskei tussen stagflasie en hiperinflasie. (2 x 4) (8)
4.5 Verduidelik enige TWEE besluitnemingkriteria van koste-voordeel-
ontleding. (2 x 4) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) EKONOMIE V2 11
AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal as volg geassesseer word:
STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL PUNTETOEKENNING
Inleiding Maks. 2
Inhoud
Hoofgedeelte: Bespreek/Onderskei/ Maks. 26
Differensieer/Verduidelik/Ontleed/
Evalueer/Assesseer
Addisionele Gebruik/Skets/Teken ʼn Maks. 10
gedeelte: grafiek/diagram/Lei af…/Sit uit
een/Verduidelik kortliks/Brei uit
op…/Gee jou eie mening
Slot Maks. 2
TOTAAL 40
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 35 MINUTE
“ʼn Oligopolie word gekenmerk deur ʼn hoë mate van interafhanklikheid tussen
ondernemings.”
In die lig van bogenoemde stelling verduidelik ander kenmerke van ʼn oligopolie
en beskryf kortliks die implikasie van ʼn geknakte vraagkurwe. [40]
VRAAG 6: INFLASIE 40 PUNTE – 35 MINUTE
“Suid-Afrika moet voortgaan om toekomsgerigte inflasieteikens te gebruik om die
huidige inflasiedruk te hanteer.”
Bespreek duidelik die oorsake van beide vraag-trek inflasie en koste-druk inflasie.
Verduidelik hoe ʼn hoë inflasiekoers deur ʼn verandering in die repokoers
verminder kan word. [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

Memorandum
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2014 Memo (English)

Question paper
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)
More from Grade 12 Economics

Memorandum
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)
_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 Eastern Cape June 2024 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)

Memorandum
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

Question paper