Skip to content

Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2014 QP (Afr)

Question paperEconomicsGrade 12201413 pages

Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2014 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2014 EKONOMIE V1 PUNTE: 150 TYD: 1½ uur *ECONOA1* Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 EKONOMIE V1 (SEPTEMBER 2014) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg: AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord enige TWEE van die drie vrae. AFDELING C: Beantwoord slegs EEN vraag. 2. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 3. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord. 4. Lees die vrae noukeurig deur en begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 5. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae. 6. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen. 7. Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Antwoorde in oormaat van die vereiste aantal sal NIE gemerk word NIE. 8. Gebruik slegs swart of blou ink. 9. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2014) EKONOMIE V1 3 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 15 MINUTE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–C) langs die ooreenstemmende vraagnommer (1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.1.9 C. 1.1.1 Suid-Afrika gebruik die stelsel van Nasionale Rekeninge (SNA) aanbeveel deur die ... A Wêreldbank. B Verenigde Nasies. C Internasionale Monetêre Fonds. 1.1.2 As die regering meer as 50% van die aandele van staatsbeheerde ondernemings, aan die privaat sektor verkoop, staan dit as ... bekend. A nasionalisering B parastatale C privatisering 1.1.3 Maatreëls wat markdoeltreffendheid verbeter sluit ... in. A kompetisie B belastingkoerse C menslike ontwikkeling 1.1.4 Die vlak waarop ʼn land se wisselkoers bepaal word is grootliks afhanklik van die … A invoer van goedere en dienste. B internasionale beweging van wisselkoerse. C aantal toeriste wat die land besoek. 1.1.5 Is die verwydering van handelspraktyke wat die vrye vloei van goedere en dienste tussen lande verhoed: A Globalisering B Wêreldhandelsorganisasie C Handelsliberalisering 1.1.6 Die eerste industrieë wat gedurende die Industriële Revolusie in Brittanje ontwikkel het was ... A vervaardingsnywerhede. B landbounywerhede. C mynbounywerhede. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 EKONOMIE V1 (SEPTEMBER 2014) 1.1.7 ʼn Indeks wat gebruik word om menslike aspekte van lande se ontwikkeling te vergelyk: A Inflasiekoers B Repokoers C MOI 1.1.8 ... is ʼn strook land wat ʼn deurgang vorm wat toegang van een gebied na ʼn ander moontlik maak. A Korridors B IDZ C Spesiale Ekonomiese Sone (8 x 2) (16) 1.2 Kies die korrekte beskrywing uit KOLOM B om by ʼn item in KOLOM A te pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2. 8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 J. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Demografie A gebaseer op goedere en fisiese prosesse 1.2.2 Kwantitatiewe B gebaseer op historiese tydreeksdata metodes 1.2.3 ʼn Fiskale beleid C ʼn individu kan nie ʼn prys gehef word op die basis van gebruik nie 1.2.4 Nie-uitsluitend in D die totaal van al die geld wat van die verbruik buiteland kom, minus al die geld wat uit die land uitgaan in dieselfde tydperk 1.2.5 Benefisiëring E handel oor die eienskappe van die bevolking, soos die grootte, ras, ouderdom, ens. 1.2.6 Betalingsbalans F die proses van transformasie van ʼn mineraal na ʼn hoër waarde produk, wat óf plaaslik verbruik óf uitgevoer kan word 1.2.7 Ekonomiese G word gebruik om die raamwerk en die sanksies meganisme te skep 1.2.8 Makro- H vermindering van persoonlike belasting ekonomiese beleide I strafmaatreëls teen ʼn land ingestel soos weiering om handel te dryf en disinvestering (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2014) EKONOMIE V1 5 1.3 Vul die ontbrekende woord/e in elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term/e langs die ooreenstemmende vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.3.1 … is ʼn vorm van krediet wat die IMF kan gebruik wanneer ʼn land betalingsbalans-probleme ervaar. 1.3.2 Die beloning wat aan die eienaars betaal word, waar vaste kapitaal in die proses van die vervaardiging op verbruik was tydens die produsering van die finale uitset word ... genoem. 1.3.3 … word gehef op winste verdien op die verkoop van kapitale goedere, soos eiendomme en aandele. 1.3.4 Die ... meet pryse van goedere wat plaaslik geproduseer word wanneer hulle die fabriek verlaat en goedere wat ingevoer word, wanneer hulle die land binnekom. 1.3.5 Die ... behels die ontdekking van nuwe kennis. 1.3.6 ʼn Verbod op die handel met ʼn bepaalde land, staan as ... bekend. (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 EKONOMIE V1 (SEPTEMBER 2014) AFDELING B Beantwoord enige TWEE vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 20 MINUTE 2.1 Noem TWEE handelprotokolle wat Suid-Afrika deel is van. (2 x 2) (4) 2.2 DATA RESPONS Bestudeer die gegewe tabel en beantwoord die vrae wat volg. Inkomstebelastingtabelle 1 Maart 2013 – 28 Februarie 2014 BELASBARE BELASTINGKOERS INKOMSTE R0 – R 165 600 18% R165 601 – R258 750 R29 808 + (25% van die bedrag bo R165 600) R258 751 – R358 110 R53 096 + (30% van die bedrag bo R258 750) R358 111 – R500 940 R82 904 + (35% van die bedrag bo R358 110) R500 941 – R638 600 R132 894 + (38% van die bedrag bo R500 940) R638 60 en hoër R185 205 + (40% van die bedrag bo R638 600) Belastingkortings van toepassing op individue is: Primêre kortings R12 080 Sekondêre kortings (Persone 65 jaar en ouer) R6 750 Tersiêre kortings (Persoon 75 en ouer) R2 250 [Bron: SARS inkomstebelastingtafels – belastingjaar 2013/2014] 2.2.1 Watter skaal van belasting word in die tabel hierbo gebruik? (2) 2.2.2 Wat is die marginale koers van belasting as ʼn persoon R280 000 verdien? (2) 2.2.3 Mnr. Sokuthu (ouderdom 50) verdien R385 000 per jaar. Bereken die totale belasting beloop vir ʼn jaar. (4) 2.2.4 Skryf mnr. Sokuthu se belastingbydrae as ʼn persentasie van sy belasbare inkomste neer. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2014) EKONOMIE V1 7 2.3 DATA RESPONS Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. [Gepubliseer in die Sunday Times in April 2012] 2.3.1 Wie is hierdie nuwe seun by die BRIC-“klub”? (2) 2.3.2 Waarom dink jy is die vier oorspronklike BRICS lande gretig om hierdie nuwe seun te verwelkom? Gee TWEE redes. (4) 2.3.3 Waar was die BRICS se vierde spitsberaad in 2012 gehou? (2) 2.3.4 Noem EEN voorstel gemaak deur die klub vir die vestiging van die BRICS Ontwikkelingsbank. (2) 2.4 Onderskei tussen vraaggedrewe en aanbodgedrewe as vorme van die sakesiklus. (4 x 2) (8) 2.5 Verduidelik waarom ʼn verandering in inspuiting ʼn vermenigvuldiger-effek op die vlak van produksie het. (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 EKONOMIE V1 (SEPTEMBER 2014) VRAAG 3: EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 20 MINUTE 3.1 Noem enige TWEE vorme van regeringingryping in nywerhede. (2 x 2) (4) 3.2 DATA RESPONS Bestudeer die volgende gevallestudie en beantwoord die vraag wat volg. Raamwerk vir Suid-Afrika se reaksie op die internasionale ekonomiese krisis Die Departement van Ekonomiese Ontwikkeling lei die implementering van die maatreëls in die raamwerk vir Suid-Afrika se reaksie op die internasionale krisis. Die geïmplementeerde maatreels sluit in:  Die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (NOK) het ʼn R6,1 miljard fonds gestig om benoude maatskappye te help. Teen Februarie 2012, het die NOK 26 309 werksgeleenthede gered en geskep.  Die NOK het ʼn werkfonds gestig, gefinansier deur die uitreiking van ʼn R2 miljard ontwikkelingsverband, wat die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) gekoop het. Omtrent R219 miljoen van hierdie R2 miljard is ingesluit in die R6,1 miljard fonds vir die maatskappye in nood. Dit was in Februarie 2012 aangekondig dat die WVF nog ʼn verdere R2 miljoen in werkskepping sal belê.  Die departement, saam met die Departement van Arbeid, die NOK en die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie, het ʼn R2,9 – miljard opleiding aflê-skema gestig, om voorsiening te maak vir die opleiding van werkers as ʼn alternatief vir afdanking. Teen die einde van Januarie 2011 het 6 351 werkers voordeel daaruit getrek. Die tempo van die werklike uitset-groei in die Suid-Afrikaanse ekonomie, het aansienlik in die tweede kwartaal van 2011 gedaal. Groei in die reële bruto binnelandse produk (BBP), uitgesluit die wisselvallige primêre sektor, het ook skerp teen ʼn jaarlikse koers van 5,5% gemodereer (gematig) tot 1,6% in die tweede kwartaal. [Bron: Suid-Afrikaanse nasionale begroting 2013/2014] 3.2.1 Wat is die rol van die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (NOK) in die ekonomie? (2) 3.2.2 Volgens die uittreksel, verduidelik hoe die NOK industriële ontwikkeling bevorder. (4) 3.2.3 Hoe sal die werkers deur die werking van die NOK en KVBA bevoordeel word? (2) 3.2.4 Verduidelik die betekenis van die term ‘benoude maatskappy’ volgens die uittreksel. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2014) EKONOMIE V1 9 3.3 DATA RESPONS Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. [Bron: Suid-Afrikaanse Nasionale Begroting 2013/2014] 3.3.1 Identifiseer die ekonomiese aanwyser wat in die spotprent uitgebeeld word. (2) 3.3.2 Verduidelik die stappe geneem deur die mense in die spotprent. (2) 3.3.3 Hoe kan die bogenoemde ekonomiese aanwyser in Suid-Afrika reggestel word? Noem enige TWEE oplossings. (2 x 2) (4) 3.3.4 Noem die instelling wat die bogenoemde ekonomiese aanwyser publiseer. (2) 3.4 Verduidelik kortliks hoe die Wet op Diensbillikheid en Breëbasis Swart Bemagtigingswet gebruik word om ʼn voorkeur vir swart werkers af te dwing asook besighede van swart mense. (8) 3.5 Bespreek die redes waarom Suid-Afrika streeksontwikkeling en integrasie in Suidelike-Afrika ondersteun. (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 EKONOMIE V1 (SEPTEMBER 2014) VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWE 40 PUNTE – 20 MINUTE 4.1 Noem enige TWEE doelwitte van die openbare sektor. (2 x 2) (4) 4.2 DATA RESPONS Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. D S S1 PRYS VAN P DOLLARS IN RAND P S S1 D Q Q1 AMERIKAANSE DOLLAR 4.2.1 Noem die wisselkoersstelsel wat deur die vraag en aanbod bepaal word. (2) 4.2.2 Wat het met die verskaffing van die Amerikaanse dollar gebeur? (2) 4.2.3 Gee TWEE redes vir die gebeurtenis in VRAAG 4.2.2. (2 x 2) (4) 4.2.4 Hoe kan die Suid-Afrikaanse Reserwebank ingryp om die wisselkoers rondom ʼn spesifieke tempo te stabiliseer? (2) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2014) EKONOMIE V1 11 4.3 DATA RESPONS Bestudeer die staafgrafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SA BBP JAARLIKSE GROEITEMPO (REGERINGSKATTINGS) [Bron: Suid-Afrika Nasionale Begroting 2013/2014] 4.3.1 Definieer die term BBP. (2) 4.3.2 Volgens die bogenoemde staafgrafiek, watter jaar is die laagste jaarlikse groei, beoordeel op grond van die regeringskattings? (2) 4.3.3 Noem TWEE maniere hoe die Suid-Afrikaanse regering groei in Suid-Afrika kan verbeter. (2 x 2) (4) 4.3.4 Noem die instelling wat die Suid-Afrikaanse groeikoers publiseer. (2) 4.4 Verduidelik die redes vir die Noord-Suid-verdeling. (8) 4.5 Beskryf TWEE kenmerke/metodes van uitvoerbevorderingsones en verduidelik hul doelwitte. (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 EKONOMIE V1 (SEPTEMBER 2014) AFDELING C Beantwoord EEN van die twee vrae van hierdie AFDELING in die ANTWOORDEBOEK. PUNTETOEKENNING VIR OPSTEL-ANTWOORDE STRUTUUR VAN DIE OPSTEL: PUNTETOEKENNING: Inleiding Maks. 2 Liggaam Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/In-diepte Maks. 26 bespreking/Ondersoek/Bespreek krities/Differensieer/ Ontleed/Vergelyk/Evalueer/Assesseer/Debatteer Addisionele deel: Gee eie mening/Bespreek Maks. 10 krities/Evalueer/Evalueer krities/Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/ Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks Gevolgtrekking Maks. 2 TOTAAL 40 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 35 MINUTE Die Suid-Afrikaanse staatsdiens staar baie uitdagings in die gesig in sy pogings om ʼn werklik verteenwoordigende, doeltreffende en demokratiese instrument te word en sy eintlike rol te speel in die versoening, heropbou- en ontwikkelingsproses. Bespreek die noodsaaklikheid van die openbare sektor. Daarby bespreek die probleme wat met openbare-sektordienslewering verband hou. [40] VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 35 MINUTE Hoewel baie gedoen is sedert 1994 om die openbare sektordienste uit te brei en die afbreek van struikelblokke uit die verlede, is daar ʼn wydverspreide frustrasie dat armoede en ongelykheid steeds hooggety vier en transformasie steeds traag is. Skryf ʼn verslag en bespreek die verskillende ekonomiese groei- en ontwikkeling- strategieë in Suid-Afrika sedert 1994. Daarbenewens verduidelik hoe Suid-Afrika se fiskale beleid sedert 1994 met ontwikkeling gehelp het. [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all