NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2022
EKONOMIE V2
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
You're offline
Skip to contentQuestion paper 


%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--82e9d47a-c817-4545-9700-e9e2b9b7de9b/v1-301c5aae90a68c6175ee/card.webp)


%20Preparatory%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--498eaf17-b8bb-4092-a221-96afe7bd7aa2/v1-cb2a96f2ffed9fd37ab2/card.webp)
View all
ECON P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Economics · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Pages
- 12
- File size
- 667.3 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 12
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2022)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK.
• AFDELING A: VERPLIGTEND
• AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
• AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.
2. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
hierdie vraestel gebruik word.
3. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.
4. Lees die vrae aandagtig deur en begin elke vraag op ʼn NUWE bladsy.
5. Laat 2−3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.
6. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vlakke van die vrae voldoen.
7. Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
nagesien word NIE.
8. Gebruik slegs swart of blou ink.
9. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2022) EKONOMIE V2 3
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 D.
1.1.1 In ʼn perfekte mark sal die prys van die produk altyd gelyk wees
aan …
A marginale koste.
B gemiddelde koste.
C marginale inkomste.
D totale inkomste.
1.1.2 ’n Markstruktuur waar samespanning plaasvind is ʼn …
A volmaakte mark.
B monopolie.
C oligopolie.
D monopolistiese mark.
1.1.3 Monopolistiese mededingende firmas verkoop ... goedere.
A gedifferensieerde
B homogene
C dieselfde
D unieke
1.1.4 Die koste en voordele aan die derde party wat nie by die markprys
ingesluit is nie, word….. genoem.
A private koste
B maatskaplike voordele
C interne koste
D eksternaliteite
1.1.5 ʼn Instrument wat die regering vereis om opsies te vergelyk om te
bepaal om met ʼn projek voort te gaan of nie, word ʼn … genoem.
A uitvoerbaarheidstudie
B koste-voordeel-analise
C SWOT-analise
D behoefte-analise
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2022)
1.1.6 Om inflasie tussen 3% – 6% te hou, word inflasie… genoem.
A teikening
B monitering
C kosteberekening
D meeting
1.1.7 Paaie, lughawens, parkeerterreine, ens. noodsaaklik vir toeriste-
bestemming word … -infrastruktuur genoem.
A kommunikasie
B dienste
C energie
D vervoer
1.1.8 'n Beduidende en volgehoue verandering in die normale weerpatrone
word na as ... verwys.
A verwering
B klimaatverandering
C klimatologie
D kondensasie (8 x 2) (16)
1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn item in KOLOM A pas. Skryf slegs die
letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK
neer, byvoorbeeld 1.2.9 J.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Mededingings- A Enige strategie wat aangepak word om die
tribunaal omgewing te beskerm en ongeskonde te hou
1.2.2 Monopolistiese B Gemiddelde veranderlike koste is gelyk aan
kompetisie prys
1.2.3 Maksimum prys C Suid-Afrika se Wêrelderfenisgebied
1.2.4 Afsluitpunt D Aanbevelings aanvaar of verwerp en oordeel
sȇ
1.2.5 Indeksasie E Het ʼn hibriede struktuur
1.2.6 Transit-toerisme F Lei tot ʼn tekort aan goedere in die ekonomie
1.2.7 Sterkfontein grotte G Deur die land te reis
1.2.8 Bewaring H Informele ooreenkoms oor pryse
I ʼn Beleid om pryse van items soos
verbandrentekoste aan prysindekse te koppel
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2022) EKONOMIE V2 5
1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.
1.3.1 ʼn Tydperk van produksie waar alle insette veranderlik is
1.3.2 ʼn Monopolie wat as gevolg van hoë begin- en instandhoudings-
koste gevorm word
1.3.3 Mark waar onwettige goedere gekoop en verkoop word
1.3.4 Uiterste styging in die pryse van goedere en dienste van meer as
50%
1.3.5 Die soort toerisme waar Suid-Afrikaners na ander lande gaan
1.3.6 ʼn Internasionale ooreenkoms wat handel van die gevaarlikste
stowwe beheer (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2022)
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van openbare goedere en dienste. (2)
2.1.2 Hoe word die markprys in ʼn volmaak mededingende mark bepaal? (2)
2.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
OLIGOPOLIE
Die wêreldmark vir farmaseutiese produkte funksioneer as ʼn oligopolie as
gevolg van die aard van die bedryf en die hindernisse tot toetrede wat
bestaan.
Die ontwikkeling van ʼn nuwe geneesmiddel is ʼn uiters komplekse en duur
taak wat ʼn groot hoeveelheid hulpbronne verg. Daarbenewens het die
meeste medisyne patente wat beteken dat dit nie deur ander firmas
gerepliseer en vervaardig kan word nie.
[Bron: www.invetopedia.com. Toegang op 15 Desember 2021 verkry.]
2.2.1 Identifiseer ʼn hindernis vir marktoetrede tot ʼn oligopolie uit die
bogenoemde uittreksel. (1)
2.2.2 Gee EEN vorm van nie-prys-mededingingstrategie wat oligopolieë
gebruik. (1)
2.2.3 Beskryf kortliks die terme oligopolie. (2)
2.2.4 Verduidelik interafhanklikheid as ʼn kenmerk van oligopolistiese
markte. (2)
2.2.5 Teken ʼn goed benoemde grafiek van ʼn vraagkurwe van ʼn oligopolie. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2022) EKONOMIE V2 7
2.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
2.3.1 Identifiseer die subsidie vanaf die grafiek hierbo. (1)
2.3.2 Gee enige EEN voorbeeld van ʼn direkte subsidie. (1)
2.3.3 Beskryf kortliks die term produksiesubsidie. (2)
2.3.4 Waarom word onvolmaakte markte as allokatief ondoeltreffend
beskou? (2)
2.3.5 Verduidelik die impak van ʼn produsentesubsidie op die ekonomie. (4)
2.4 Onderskei tussen merietegoedere en nie-merietegoedere. (8)
2.5 Ondersoek die nadele vir die bestaan van die monopolistiese
mededingende mark. (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2022)
VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem enige TWEE tipes besoedeling. (2)
3.1.2 Hoe kan Suid-Afrika se swak rand inkomende toeriste uit die
Verenigde State van Amerika beïnvloed? (2)
3.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
ROTSKUNS IN SUID-AFRIKA
Rotskuns verskaf belangrike inligting oor die eerste nasies in die streek. Dit
gee insig in die lewenswyse en psige (denke) van die eerste inwoners van
Suider-Afrika.
Rotskuns is ʼn inheemse erfenis. Die rotskuns in die uKhahlamba-
Drakensbergpark is sowat 3 000 jaar oud.
[Aangepas uit Afrika-begrotingsafari's]
3.2.1 Gee EEN voorbeeld van inheemse kennis. (1)
3.2.2 Watter tipe Wêrelderfenisgebied is uKhahlamba Drakensbergpark? (1)
3.2.3 Beskryf kortliks die terme inheemse kennisstelsel. (2)
3.2.4 Verduidelik die doel van die Welkom-veldtog as die bemarking-
strategie vir toerisme. (2)
3.2.5 Hoe dra inheemse kennisstelsel tot plaaslike gemeenskaps-
ontwikkeling by? (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2022) EKONOMIE V2 9
3.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
DIE SARB VERLAAG DIE REPOKOERS
DIE DRUPPEL …
SA EKONOMIE
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het 25 basispunte van die repokoers
afgeneem. Hierdie optrede het die repokoers afgebring tot 3,5%, 'n volle 300
basispunte onder van waar dit in 2020 begin het (en ʼn rekordlaagtepunt van
vier dekades).
[Aangepas uit directaxis.co.za. Toegang op 21 November 2021 verkry.]
3.3.1 Skryf die afkorting ‘SARB’ volledig uit. (1)
3.3.2 Wat beteken 25 basispunte? (1)
3.3.3 Beskryf kortliks die term repokoers. (2)
3.3.4 Hoe kan loonverhogings inflasie beïnvloed? (2)
3.3.5 Waarom is die Monetêre Beleidskomitee belangrik in Suid-Afrika? (4)
3.4 Bespreek die fiskale maatreëls om inflasie te bekamp. (8)
3.5 Hoe kan toerisme armoede in landelike gebiede verlig? (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2022)
VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE
KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem enige TWEE tipes samespanning. (2)
4.1.2 Hoe sal ʼn hoë inflasiekoers die betalingsbalans beïnvloed? (2)
4.2 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
INKOMSTETABEL VIR 'N MONOPOLIE
Prys Hoeveel- Totale Gemiddelde Marginale
heid inkomste inkomste inkomste
11 0 0 - -
10 1 10 10 10
9 2 18 9 8
8 3 24 8 6
7 4 28 7 4
6 5 30 6 2
4.2.1 Identifiseer die inkomstemaksimerende uitset uit die tabel hierbo. (1)
4.2.2 Wat beteken die frase monopoliste beheerprys? (1)
4.2.3 Beskryf kortliks die term gemiddelde inkomste. (2)
4.2.4 Verduidelik die aard van produkte wat deur ʼn monopolis verkoop
word. (2)
4.2.5 Hoekom is dit vir ʼn monopolis moontlik om ʼn ekonomiese verlies in
die korttermyn te maak? (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2022) EKONOMIE V2 11
4.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
VERBRUIKERSINFLASIE VERLAAG IN JANUARIE 2022
Weseninflasie het in Januarie 2022 tot 5,7% gedaal vanaf 5,9% in Desember
2021.
[Bron: Statistiek Suid-Afrika: 16 Februarie 2022.]
4.3.1 Identifiseer die persentasie verandering van die wesensinflasie van
Desember tot Januarie uit die inligting hierbo. (1)
4.3.2 Noem die verbruikersinflasie wat items met wisselvallige pryse
uitsluit. (1)
4.3.3 Beskryf kortliks die term wesensinflasie. (2)
4.3.4 Hoe veroorsaak beleggingsbesteding vraag-trek inflasie? (2)
4.3.5 Hoe word vaste-inkomsteverdieners negatief deur inflasie geraak? (4)
4.4 Verduidelik die gebrek aan inligting as ʼn oorsaak vir markmislukking. (8)
4.5 Evalueer die sosiale impak van toerisme. (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2022)
AFDELING C
Beantwoord EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word.
PUNTE-
STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is ʼn laerorde-antwoord.
• ʼn Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband hou,
te definieer of te omskryf. Maks. 2
• Moenie enige deel van die vraag by die inleiding insluit nie.
• Moenie enige deel van die inleiding by die liggaam insluit nie.
• Vermy dit om in die inleiding te sê wat jy in die liggaam gaan bespreek.
Inhoud
Hoofgedeelte: Bespreek in detail/In-diepte bespreking/ Ondersoek/ Maks. 26
Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/ Verduidelik
Bykomende gedeelte: Gee eie opinie Bespreek krities/Evalueer/
Evalueer krities/ Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die grafiek gegee
en verduidelik/Voltooi die grafiek gegee/Bereken /Lei af/Vergelyk/
Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe/Stel voor Maks. 10
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:
• ʼn Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder enige feite wat
reeds genoem is, te herhaal
• Enige opinie of waardeoordeel oor die bespreekte feite Maks. 2
• Addisionele ondersteunende inligting om bespreking/ontleding te
versterk.
• ʼn Teenstrydige sienswyse met motivering, indien vereis.
• Aanbevelings
TOTAAL 40
VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
• Met behulp van goed benoemde grafieke, bespreek in detail die verskillende
korttermyn-ewewigsposisies van ʼn individuele onderneming in ʼn volmaakte
kompetisie. (26 punte)
• Hoe beskerm die Mededingingswet verbruikers? (10 punte) [40]
VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
40 PUNTE – 40 MINUTE
• Bespreek in detail regeringsmaatreëls om volhoubare ontwikkeling te verseker.
(26 punte)
• Hoe gebruik Suid-Afrika bewaring om ʼn volhoubare omgewing te verseker?
(10 punte) [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D_watermark.pdf

Question paper
Economics-Grade-12-NSC-P1-QP-September-2025-Free-State.pdf
Question paper
Economics P1 May-June 2025 Afr.pdf

Question paper
Economics P2 May-June 2025 Afr.pdf
Question paper
ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)_hlayiso.com_.pdf
Question paper
ECONOMICS P1 GR12 QP JUNE 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--82e9d47a-c817-4545-9700-e9e2b9b7de9b/v1-301c5aae90a68c6175ee/card.webp)
Question paper
Gr12 Economics P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper_hlayiso.com_.pdf
Question paper
ECONOMICS P2 QP GR12 SEPT2021 Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper
ECONOMICS P2 QP SEPT2018 Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper
ECONOMICS P2 QP GRADE 12 JUNE 2023_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper_hlayiso.com_.pdf
%20Preparatory%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--498eaf17-b8bb-4092-a221-96afe7bd7aa2/v1-cb2a96f2ffed9fd37ab2/card.webp)
Question paper
Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Question Paper_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 Economics
Explore more published documents in this catalogue.
Memorandum
Economics P2 Memo Afr_watermark.pdf
Memorandum
Economics-Grade-12-NSC-P2-MEMO-September-2025-KZN.pdf
Memorandum
Economics-Grade-12-NSC-P1-MEMO-Pre-June-2025-Limpopo.pdf

Memorandum
Economics P2 May-June 2025 MG Afr.pdf
Memorandum
Economics-Grade-12-NSC-P2-MEMO-September-2025-Northern-Cape.pdf
Memorandum