Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR
SERTIFIKAAT
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2022
EKONOMIE V1
NASIENRIGLYN
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 21 bladsye.
Skip to contentAll 2022 papers 

%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4b579af8-e0b1-4689-a729-7d9986eea052/v1-e91730b4b9b539964aa8/card.webp)



View all





Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afr)
Grade 12 Economics Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2022 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Memorandum, 21 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2022
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 21
- File size
- 347.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 21
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2022
Questions in this paper
- Question 1.1The circular flow model, national account aggregates and the multiplier
- Question 1.2The circular flow model, national account aggregates and the multiplier8 marks
- Question 1.3The circular flow model, national account aggregates and the multiplier6 marks
- Question 2The circular flow model, national account aggregates and the multiplier40 marks
- Question 3South Africa’s industrial policies and their suitability in terms of international best practice40 marks
- Question 4The role of the public sector40 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2022)
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
1.1.1 B – I + G + X > S + T + M
1.1.2 C – Jugler
1.1.3 A – ondoeltreffendheid
1.1.4 A – verbetering
1.1.5 D – koste om besigheid te doen
1.1.6 B – integrasie
1.1.7 C – M1
1.1.8 D – gemeenskapsmark (8 x 2) (16)
1.2 PAS-ITEMS
1.2.1 D – ʼn klein aanvanklike toename in besteding produseer ʼn
proporsioneel groter toename in totale nasionale
inkomste
1.2.2 F – onafhanklike faktore wat sakesiklusse beïnvloed en buite
die ekonomie ontstaan
1.2.3 G – Stelsel wat die waarde van geldeenheid toelaat om op
markkragte te reageer met sentrale bankintervensies
1.2.4 A – Herverdeling van inkomste en welwaart
1.2.5 H – ʼn Amptelike staatsverbod op handel met ʼn bepaalde
land
1.2.6 C – regstellingsprogram as gevolg van diskriminerende
wette in die verlede
1.2.7 E – geniet aansporings soos belastingverligting en
ondersteuningstelsels om nywerheidsontwikkeling te
bevorder
1.2.8 I – ʼn Internasionale instelling wat gestig is om ekonomiese
herstel en ontwikkeling te bevorder (8 x 1) (8)
1.3 GEE DIE TERM
1.3.1 Ekonomiese Kringloop/Sirkulȇre vloei
1.3.2 Meriete goedere
1.3.3 Devaluasie
1.3.4 Ekonomiese groei
1.3.5 Ekonomies aktiewe bevolking
1.3.6 Korridor (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) EKONOMIE V1 3
AFDELING B
Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE
2.1 2.1.1 Noem enige TWEE kenmerke van die fiskale beleid.
• Doelgebonde
• Vraaggebaseerd
• Siklies (Enige 2 x 1) (2)
2.1.2 Hoe sal ʼn positiewe vermenigvuldigingseffek die ekonomie
beïnvloed?
Dit kan die ekonomie beïnvloed deur:
• firmas verhoog produksie en verkoop meer goedere.
• dat sommige firmas meer werkers aanstel om aan die groter
vraag te voldoen namate uitset toeneem
• inkomste aan huishoudings te verskaf wat besteding sal
verhoog
• tot ʼn toename in ekonomiese groei by te dra.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
(Enige 1 x 2) (2)
2.2 DATARESPONS
2.2.1 Watter letter verteenwoordig invoere van bogenoemde data?
A (1)
2.2.2 Watter internasionale instelling kan lande met fondse help om
fundamentele tekort reg te stel?
Internasionale Monetêre Fonds (IMF) (1)
2.2.3 Beskryf kortliks die term betalingsbalans.
ʼn Sistematiese rekord van alle handel en finansiële transaksies van
ʼn land met die res van die wêreld.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2022)
2.2.4 Verduidelik die verband tussen die wisselkoers van ʼn land en
die lopende rekeningsaldo.
• ʼn Oorwaardeerde wisselkoers beteken dat die land se uitvoer
relatief duur sal wees en invoer goedkoper
• Besteding aan invoere neem toe wat lei tot voortdurende
tekorte op die lopende rekening van die
betalingbalans
• ʼn Ondergewaardeerde land se geldeenheid maak die land se
invoer relatief duur as sy uitvoer wat tot fundamentele
surplusse lei namate meer uit die invoerbetalings verdien
word
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
(Enige 1 x 2) (2)
2.2.5 Waarom is dit belangrik om ʼn land se betalingsbalansdata te
ontleed?
Betalingsbalansdata:
• verskaf gedetailleerde inligting oor die vraag en aanbod van
die land se geldeenheid
• kan gebruik word om die prestasie van die land in
internasionale ekonomiese mededinging te evalueer
• dui ʼn land se internasionale betalingsgaping aan wat deur die
regering se amptelike reserwe transaksies gefinansier moet
word
• verseker maksimum valutabeheer
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 2 x 2) (4)
2.3 DATARESPONS
2.3.1 Noem enige EEN metode om bruto binnelandse produk te
bereken.
• Produksie
• Uitgawes
• Inkomste (Enige 1 x 1) (1)
2.3.2 Wat word op produkte in ag geneem wanneer basiese pryse
na markpryse omgeskakel word?
• Belasting
• Subsidies (Any 1 x 1) (1)
2.3.3 Beskryf kortliks die term bruto binnelandse produk.
Waarde van alle finale goedere en dienste geproduseer binne die
grense van ʼn land vir ʼn spesifieke tydperk.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) EKONOMIE V1 5
2.3.4 Hoe kan ekonome die akkuraatheid van BBP-syfers verseker?
Deur slegs die waarde van finale goedere en dienste by die
samestelling van die syfers by te voeg.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2)
2.3.5 Waarom is reële BBP ʼn voorkeurmaatstaf van ekonomiese
groei eerder as nominale BBP?
Reële BBP word meer verkies as nominale BBP omdat:
• dit gebruik konstante pryse, wat vergelykings tussen jare meer
sinvol maak
• dit maak voorsiening vir vergelykings van die werklike volume
goedere en dienste sonder om inflasie in ag te neem
• deur inflasie te verwyder, verskaf reële BBP die mees
akkurate syfers waarmee ʼn ekonomie se veranderinge oor
tyd uitgedruk en gemonitor kan word.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 2 x 2) (4)
2.4 Verduidelik met behulp van ʼn goed-gemerkte Laffer-kurwe die
verband tussen ʼn belastingkoersverhoging en die effek daarvan op
staatsinkomste.
Uitwerking van ʼn belastingverhoging op staatsinkomste
• Soos die belastingkoers styg, neem belastinginkomste toe
• Waar die kromme ʼn hoogtepunt bereik (teen belastingkoers t)
maksimeer die belasting aan die regering
• Teen belastingkoerse hoër as t, sal staatsinkomste daal omdat
werkers sal weier om te werk of hul inkomste sal openbaar
(ontduiking/vermyding) (Maks. 4)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (4 x 2) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2022)
2.5 Hoe bevoordeel finansiële markte die ekonomie?
• Finansiële markte help om die vloei van spaargeld en investering
doeltreffend in die ekonomie te rig
• Hulle doen dit op maniere wat die akkumulasie/ophoping van kapitaal
en die produksie van goedere en dienste vergemaklik.
• Die markte maak dit maklik vir kopers en verkopers om hul finansiële
besittings te verhandel.
• Finansiële markte verskaf finansiering vir maatskappye sodat hulle
kan huur, belê en groei.
• Finansiële markte speel ʼn belangrike rol om die gladde werking van
ander markte te fasiliteer deur hulpbronne toe te ken en likiditeit vir
besighede en entrepreneurs te skep.
• Finansiële markte skep sekuriteitsprodukte wat ʼn opbrengs bied vir
diegene wat oortollige fondse het (beleggers/uitleners) en stel
hierdie fondse beskikbaar aan diegene wat bykomende geld benodig
(leners).
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) EKONOMIE V1 7
VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES
3.1 3.1.1 Noem enige TWEE dienste wat as sosiale aanwysers beskou
word.
• Elektrisiteit
• Vullis/vullisverwydering
• Watervoorsiening
• Sanitasie (Enige 1 x 2) (2)
3.1.2 Hoe verbeter Spesiale Ekonomiese Sones
nywerheidsontwikkeling?
• Spesiale ekonomiese sones het verbinding met beide verskaffers
en potensiële markte terwyl dit uitvoergerigte nywerhede en
plaaslike integrasie bevorder.
• Hulle stimuleer dus indiensneming en industrie groei en
maatskaplike ontwikkeling.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 1 x 2) (2)
3.2 DATARESPONS
3.2.1 Noem enige EEN van Suid-Afrika se top-uitvoerprodukte.
• Goud
• Platinum
• Steenkool
• Motors
• Diamante
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 1 x 1) (1)
3.2.2 Watter internasionale organisasie reguleer vrye handel tussen
lande?
Wêreld Handelsorganisasie / WHO (1)
3.2.3 Beskryf kortliks die term uitvoerbevordering.
Uitvoerbevordering verwys na maatreëls wat deur die regering
onderneem word om plaaslike produsente aan te moedig om meer te
produseer om aan ander lande te verkoop.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2)
3.2.4 Verduidelik ʼn rede waarom die regering uitvoerbevordering
ondersteun.
• Uitvoerbevordering vergroot die produksievermoë van die land en
lei tot ekonomiese groei
• Deur uitvoerbevordering sal meer werkers in diens geneem word
en pryse sal verlaag word
• Uitvoerbevordering help om die betalingsbalans onewewig reg te
stel aangesien daar meer geld na die land sal vloei
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2022)
3.2.5 Hoe dra vryhandel tot verbeterde ekonomiese groei by?
Vryhandel dra by tot verbeterde ekonomiese groei deur:
• toenemende wêreldproduksie wanneer lande spesialiseer in dit
waarin hulle relatief die beste is
• die vermindering van eenheidskoste van produksie deur
skaalvoordele te maksimeer.
• toenemende mededinging wat innovasies aanmoedig
• die verbetering van globale doeltreffendheid deur meer
doeltreffende toewysing van hulpbronne toe te laat
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 2 x 2) (4)
3.3 DATARESPONS
3.3.1 Noem enige EEN nywerheidsontwikkelingsbeleid in Suid-
Afrika.
• Nasionale Nywerheidsbeleidsraamwerk (NIPF/NNBR)
• Nywerheidsbeleid-aksieplan (IPAP/NBAP)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 1 x 1) (1)
3.3.2 Watter finansiële aansporing word gebruik om besighede te
lok om in die Nywerheidsontwikkelingsones (NOS’e) te werk?
Doeane fooi-aansporing/Belastingvrye aansporing (1)
3.3.3 Beskryf kortliks die term industriële ontwikkeling.
Industriële ontwikkeling verwys na beleide wat gemik is op die
aanmoediging van nywerheidsinvestering en groter nywerheids-
doeltreffendheid.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
3.3.4 Verduidelik die belangrikheid van nywerheidsontwikkeling in
Suid-Afrika.
• vestig grootskaalse vervaardiging, landbou, mynbou en dienste
produksie en skep werksgeleenthede in die proses
• diversifiseer die ekonomie en bereik hoë koerse van besparing
en belegging
• ontwikkel en handhaaf toepaslike aansporings om beleggers te
lok.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) EKONOMIE V1 9
3.3.5 Hoe sal streeksontwikkeling in Suid-Afrika die hele Afrika
bevoordeel?
• Suid-Afrika word beskou as ʼn poort/deurgang na Afrika.
• Deur streeksontwikkeling in Suid-Afrika kan buurlande ons
hawens en lughawens vir uitvoergeleenthede gebruik.
• Suid-Afrika se streeksbenadering sal strategiese rigting gee in
terme van Suid-Afrika se handelsposisie in die Suidelike
Doeane-unie en die Suider-Afrikaanse Ontwikkelings-
gemeenskap.
• Suid-Afrika se streeksontwikkelingsprogramme in die
infrastruktuur sal ekonomiese ontwikkeling in die aktiwiteite van
die Afrika-unie (AU), en die Nuwe Vennootskap vir Afrika se
Ontwikkeling (NEPAD) verbeter).
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 2 x 2) (4)
3.4 Onderskei tussen produksieprysindeks en verbruikersprysindeks as
ekonomiese aanwysers.
Produksieprysindeks (PPI)
• PPI word gebruik om die pryse van binnelands geproduseerde goedere
te meet
• Het betrekking op koste van produksie
• Dit meet ook ʼn styging of afname in die prys van ingevoerde
goedere.
• Wanneer die rand depresieer, sal dit eers in die PPI weerspieël
word.
• Pryse sluit BTW uit (Enige 2 x 2)
Verbruikersprysindeks (VPI)
• Dit verteenwoordig die koste van ʼn inkopie mandjie van goedere en
dienste van ʼn tipiese SA huishouding.
• Kapitaal- en intermediêre goedere is uitgesluit
• Dit wys veranderinge in die koopkrag van die rand.
• Het betrekking op lewenskoste
• Pryse sluit BTW in
• Dit is die amptelike indeks wat in inflasieteikens gebruik word.
(Enige 2 x 2) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2022)
3.5 Hoe kan die regering werkloosheid in die ekonomie verminder?
Die regering kan die vlak van werkloosheid verminder deur:
• verbetering van onderwys en opleiding deur die toepassing van die
vaardigheidsontwikkelingsprogramme om strukturele indiensneming te
help verminder en beter vergoeding te verseker wat vraag en produksie
sal stimuleer
• die aanbied van geografiese subsidies om firmas aan te moedig om in
onderontwikkelde streke te belê om werklose jeugdiges te absorbeer en
hulle te voorsien van internskappe wat nodig is om die nuutste tegnologie
te gebruik wat in produksieprosesse vereis word
• Verlaging van minimum loon om reële loonwerkloosheid te verminder
• meer buigsame arbeidsmarkte toe te laat om dit makliker te maak om
werkers aan te stel en af te dank
• verskaffing van werk deur EPWP
• regeringsbeleide te gebruik wat die totale vraag sal verhoog, soos
dalende rentekoerse, belastingverlagings en verhoging van
staatsbesteding.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) EKONOMIE V1 11
VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
4.1 4.1.1 Noem TWEE hoofitems wat gebruik word om die handelsbalans
te bereken.
• Uitvoere
• Invoere (2 x 1) (2)
4.1.2 Watter effek het subsidies op produksie op bruto toegevoegde
waarde?
• Subsidies op produksie verander die kosteproduksie van goedere
en, as gevolg daarvan, die hoeveelheid geproduseer
• Hulle verlaag die bruto waardetoegevoegde syfers
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 1 x 2) (2)
4.2 DATARESPONS
4.2.1 Identifiseer ʼn bron van staatsinkomste uit die data hierbo.
Belasting (1)
4.2.2 Watter persentasie van openbare skuld tot nominale BBP word
as die algemene skuldreël aanvaar?
60% (1)
4.2.3 Beskryf kortliks die term begroting.
Begroting is die staat van die regering se beplande uitgawes en
verwagte inkomste vir die boekjaar.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
4.2.4 Wat is die doel van die MTBBV?
• Dit laat staatsdepartemente toe om aansoek te doen vir
aanpassings aan hul begrotings, en bykomende fondse aan te vra
vir onvoorsienbare en onvermydelike uitgawes .
• Dit dui aan hoe die regering van plan is om die komende nasionale
begroting toe te ken .
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 1 x 2) (2)
4.2.5 Hoe kan die regering sy inkomste verhoog?
Die regering kan sy inkomste verhoog deur:
• meer mense en maatskappye te kry om inkomste- en
maatskappybelasting te betaal
• die implementering van strategieë en beleide om ekonomiese groei
te verhoog
• die uitbreiding van belastingbasis deur meer werksgeleenthede te
skep
• beter dienslewering om belastingontduiking te vermy deur burgers
se vertroue in die regering te wen
• die vereenvoudiging van belastinginvorderingstelsels om
belastingontduiking te verminder
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2022)
4.3 DATARESPONS
4.3.1 Noem EEN rede vir die toename in verstedeliking in Suid-Afrika.
• Opsoek na werk
• Groter ekonomiese geleenthede in stedelike gebiede
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1)
4.3.2 Watter sosio-ekonomiese kwessie kan ontstaan as gevolg van
onbeplande verstedeliking?
• ʼn Toename in misdaad
• ʼn Toename in werkloosheid
• Armoede (1)
4.3.3 Beskryf kortliks die term verstedeliking.
Verstedeliking is die beweging van mense van landelike gebiede
na stedelike gebiede.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
4.3.4 Verduidelik die negatiewe effek van vinnige verstedeliking op
die omgewing.
• Swak lug- en watergehalte
• Onvoldoende water beskikbaarheid
• Probleme met afvalverwydering
• Hoë energieverbruik
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 2 x 1) (2)
4.3.5 Hoe kan die regering die probleem van onbeplande
verstedeliking verminder?
• Die regering moet toegang tot noodsaaklike maatskaplike
dienste verseker, naamlik onderwys, gesondheid, sanitasie en
skoon water, tegnologie, elektrisiteit en voedsel.
• Private beleggings moet aangemoedig word om meer
werksgeleenthede in onderontwikkelde gebiede te skep .
• Voorsien veldtogte en berading vir doeltreffende
gesinsbeplanning om te help om die hoë koerse van
bevolkingsgroei te verminder.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) EKONOMIE V1 13
4.4 Bespreek massaproduksie en doeltreffendheid as gevolge van
internasionale handel.
Massaproduksie
• Indien binnelandse vraag by buitelandse vraag gevoeg word, maak dit
grootskaalse produksie (massaproduksie) moontlik
• Die vervaardiging van vervaardigde goedere vereis dat dit op groot
skaal moet plaasvind om dit bekostigbaar en winsgewend te
maak, bv. vervaardiging van rekenaars, selfone, motors ens.
• Klein lande kan net met groter lande meeding as hulle spesialiseer en
suksesvol uitvoer.
• Suid-Afrikaanse besighede voer na Afrika-lande uit (Enige 2 x 2)
Doeltreffendheid
• Onbeperkte internasionale handel verhoog mededinging
• Mededinging verhoog doeltreffendheid aangesien dit onnodige koste en
vermorsing/verkwisting uitskakel en verminder
• Verhoogde doeltreffendheid lei tot laer koste en laer pryse
• Laer pryse beteken dat dieselfde inkomste meer goedere en dienste
kan koop wat tot ʼn verhoogde lewenstandaard lei
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 2 x 2) (4 + 4) (8)
4.5 Verduidelik die uitdagings in die implementering van ʼn beskermings-
beleid
ʼn Beskermingsbeleid het die volgende uitdagings:
• nywerhede wat beskerming gekry het, is geneig om daarvan afhanklik
te raak en kan nooit finansieel daarsonder voortbestaan nie
• sommige nywerhede is nie beskerm teen prysverlaging / storting van
buitelandse goedere en dienste nie byvoorbeeld die storting van
hoender deur die VSA
• die styging in werkloosheidsyfers (35%) het die lewenstandaard
benadeel as gevolg van ʼn laer vraag wat ʼn negatiewe impak op
plaaslike produksie
• die nadele van hoër pryse teenoor die voordele van laer ingevoerde
pryse is moeilik om op die lang termyn op te weeg
• beskerming moedig grootliks invoervervanging aan wat ekonomiese
groei en werkskepping demp
• dit is moeilik vir die regering om te bepaal wanneer om beskerming uit
te faseer, want as dit te vroeg gedoen word, sal dit die industrieë
kwesbaar laat
• die inflasiespiraal word geaktiveer, want die koste verbonde aan
beskerming beteken dat plaaslik vervaardigde goedere duurder is as
ingevoerde goedere
• dit is moeilik om nuwe bedrywe te identifiseer wat moontlik tydelike
beskerming verleen
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 4 x 2) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2022)
AFDELING C
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE
• Bespreek in detail die kenmerke onderliggend aan vooruitsskatting van
sakesiklusse (26 punte)
• Ontleed die negatiewe impak van sakesiklusse op die ekonomie.
(10 punte)
INLEIDING
Besigheidsiklusse kan gebruik word om ekonomiese voorspellings te maak
(voorspel toekomstige gebeure) / ʼn Besigheidsiklus kan as opeenvolgende
periodes van toenemende en dalende ekonomiese aktiwiteite beskryf word.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding.) (2)
INHOUD: HOOFDEEL
Leidende ekonomiese aanwysers
• Dit is aanwysers wat verander voordat die ekonomie verander/met die
verwysingsdraaipunt saamval.
• Hulle gee verbruikers, besighede en beleidmakers ʼn blik op waarheen die
ekonomie op pad is.
• Hulle bereik die hoogtepunt voordat die ekonomie die hoogtepunt bereik.
• Belangrikste tipe aanwyser om ekonome te help om te voorspel hoe die
ekonomie in die toekoms gaan wees.
• Wanneer hierdie aanwysers welvaart toon, sal die vlak van ekonomiese
aktiwiteite ook oor ʼn paar maande styg bv. aantal nuwe voertuie verkoop,
werklike uitvoere van goedere, ens.
Samevallende ekonomiese aanwysers
• Hulle beweeg op dieselfde tyd as die ekonomie. As die draaipunt van ʼn
spesifieke tydreeksveranderlike saamval met die verwysingsdraaipunt.
• Dit dui die huidige stand van die ekonomie aan bv. kleinhandelverkope.
• As die sakesiklus ʼn hoogtepunt bereik en dan begin daal, sal die waarde van
kleinhandelverkope ʼn hoogtepunt bereik en dan terselfdertyd begin daal.
Sloerende aanwysers
• Hulle verander nie van rigting tot nadat die sakesiklus sy rigting verander het
nie.
• Hulle dien om die gedrag van samevallende aanwysers te bevestig bv.
nuwe masjinerie verkoop.
• As die sakesiklus die hoogtepunt bereik en begin daal, is ons in staat om die
waarde van nuwe masjinerie wat verkoop word, te voorspel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) EKONOMIE V1 15
Saamgestelde aanwysers
• Dit is ʼn groepering van verskeie aanwysers van dieselfde soort in ʼn enkele
waarde.
• Die enkele syfer vorm die norm vir ʼn land se ekonomiese prestasie.
Lengte
• Dit is die tyd wat dit neem vir ʼn sakesiklus om deur een volledige siklus te beweeg.
Dit word gemeet van piek tot piek/trog tot trog.
• Dit is nuttig om die lengte te ken omdat die lengte geneig is om met verloop van
tyd relatief konstant te bly.
• As sakesiklusse langer is, beskou ons die ekonomie as sterk.
Amplitude
• Dit is die verskil tussen die totale uitset tussen ʼn piek en ʼn trog.
• Dit meet die afstand van die ossillasie van ʼn veranderlike vanaf die tendenslyn. Dit
is die intensiteit van die opswaai en afswaai in ekonomiese aktiwiteit.
• Hoe groter die amplitude, hoe meer drasties is die veranderinge wat kan
voorkom.
Tendens
• ʼn Tendens is die algemene rigting waarin die ekonomie beweeg
• Dit het gewoonlik ʼn positiewe helling omdat die produksievermoë van die
ekonomie mettertyd toeneem.
• Tendense is nuttig omdat dit die algemene rigting aandui waarin die ekonomie op
pad is. Dit dui die tempo van toename of afname in die vlak van uitset aan.
Ekstrapolasie
• Dit is die tegniek om vorige data te gebruik om voorspellings oor die toekoms te
maak.
• Dit word ook gebruik om ekonomiese voorspellings in ander omgewings te
maak bv. voorspelling van toekomstige aandeelprys.
Bewegende gemiddelde
• Dit is ʼn statistiese analitiese hulpmiddel wat gebruik word om die veranderinge in
ʼn data reeks oor ʼn tydperk te ontleed.
• Bewegende gemiddeldes kan vir die afgelope drie maande bereken word om enige
geringe fluktuasies uit te stryk.
(Aanvaar enige ander relevante en korrekte antwoord.)
(Beide subopskrifte en voorbeelde word tot ʼn maksimum van 8 punte nagesien)
Maks. (26)
ADDISIONELE DEEL
• Tydperke van vinnige groei in BBP lei tot inflasie met verskeie ekonomiese koste
wat tot ʼn resessie lei
• ʼn Inkrimping in die ekonomie veroorsaak dat totale vraag afneem wat weer ʼn
afname in aanbod veroorsaak
• In ʼn wêreldwye resessie neem die vraag van ander lande na Suid-Afrikaanse
produkte af
• Resessie verteenwoordig ʼn groot vermorsing van hulpbronne en lang tydperk van
werkloosheid wat ook dan tot ʼn verlies aan arbeidsproduktiwiteit lei.
• Die onsekerheid wat deur sakesiklusse geskep word, veroorsaak laer investering
en dit kan tot laer langtermyn ekonomiese groei lei.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2022)
• In ʼn resessie gaan ondoeltreffende firmas uit besigheid en
werkloosheid neem toe
• In ʼn wêreldwye resessie neem die vraag van ander lande na Suid-Afrikaanse
produkte af.
• Die vraag na die rand neem af, die randwisselkoers depresieer.
• Sakesiklusse raak oor die algemeen ekonomies kwesbare mense meer as
die res van die bevolking.
• Mense wat ekonomies kwesbaar is ly die meeste wanneer lewenstandaarde
daal tydens ʼn resessie
• Daar is minder geld om te bestee aan maatskaplike opheffingsprojekte en
toelaes om mense in nood by te staan.
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) Maks. (10)
SLOT
Variasies in die land se monetêre en fiskale beleid is ʼn belangrike maatstaf wat
die regering kan gebruik om sakesiklusse te bestuur.
(Aanvaar enige hoër-orde relevante gevolgtrekking.) Maks. (2)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) EKONOMIE V1 17
VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES
• Bespreek in detail die Suid-Afrikaanse groei- en ontwikkelingsbeleide en
strategiese inisiatiewe. (26 punte)
• Evalueer die privaat-openbare vennootskap in die bereiking van
ekonomiese groei en ontwikkeling. (10 punte)
INLEIDING
Verskillende groei- en ontwikkelingstrategieë is sedert 1994 in Suid-Afrika
geïmplementeer, elk wat daarop gemik is om spesifieke behoeftes ten tye van
bekendstelling aan te spreek.
(Aanvaar enige korrekte relevante inleiding.) (2)
INHOUD: HOOFDEEL
Heropbou- en Ontwikkelingsbeleid (HOP)
• Die HOP-strategie was om armoede te verlig en die ongelykhede en tekorte in
maatskaplike dienste aan te spreek deur te fokus op werkskepping, welsyn,
behuising, vervoer, grondhervorming, gesondheidsorg, onderwys, opleiding,
water en sanitasie.
• Die behuisingsinfrastruktuur van die meerderheid van die mense het begin
verbeter
• Meer elektrifisering van die landelike gemeenskappe is in plek gestel
• Die HOP-program het die oorspronklike roetekaart vir ekonomiese groei en
ontwikkeling van die land geword
• Dit was ʼn sosio-ekonomiese beleidsraamwerk wat as ʼn goue draad in elke
regeringsplan deurgeloop het
• Gehelp met die ontwikkeling van menslike hulpbronne wat die ekonomie die
nodigste vir ontwikkeling benodig
Groei, Indiensneming en Herverdelingbeleid (GEAR)
• Die strategie was om ekonomiese ontwikkeling te versterk, inkomste te
herverdeel en sosio-ekonomiese geleenthede vir die armes te skep.
• Het groter finansiële dissipline en makro-ekonomiese stabiliteit meegebring.
• Daar was werklike vermindering in fiskale tekort (minder as 3% in terme van
internasionale maatstawwe).
• Inflasie het meestal tot binne die inflasieteikens gedaal.
• Buitelandse valutareserwes het in die meeste opsigte toegeneem.
• GEAR het nie daarin geslaag om volhoubare werksgeleenthede te skep en
rykdom meer eweredig te herverdeel nie
Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie (NVOS)
• Hierdie beleid verskaf die raamwerk vir vaardigheidsontwikkeling in die
werkplek.
• JIPSA is ʼn kort- tot mediumtermyn-meganisme om die doelwitte van die NVOS
te bespoedig en om die aanleer van vaardighede wat nodig is vir versnelde
en gedeelde groei te prioritiseer
Drie prosesse vir implementering:
• Dit fokus op produktiewe burgers
• Fokus op billikheid kwaliteit opleiding en vaardigheidsontwikkeling in die
werkplek
• Fokus op institusionele leer
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2022)
Versnelde en Gedeelde Groei-inisiatief vir Suid-Afrika (ASGISA)
• Asgisa se doelwit was om regeringsinisiatief met ekonomiese ontwikkeling te
koordineer
• AsgiSA het daarin geslaag om meer werk te skep wat gelei het tot verhoogde
lone en verbruik
• Dit het die lewenstandaard van sommige burgers verbeter
• Dit het werkloosheidskoersvlakke effens verlaag deur die Uitgebreide Openbare
Werke-program (EPWP)
• AsgiSA het ook gepoog om ekonomiese groei te verhoog hoewel Suid-Afrika
steeds hoë vlakke van werkloosheid ervaar, veral onder die jeug
Gesamentlike Inisiatief oor die Verwerwing van Voorkeurvaardighede
(JIPSA)
• dit is die vaardigheidsbemagtigingsarm van AsgiSA
• die inisiatief is in 2006 van stapel gestuur om die land se chroniese
probleemareas aan te spreek: werkloosheid en die vaardigheidstekort
Uitgebreide Openbare Werke-programme (UOWP)
• Dit is ʼn landwye regeringsingryping om werk te skep deur arbeidsintensiewe
metodes te gebruik,
• om mense vaardighede aan te leer wat hulle kan om werk te kry wanneer hulle
werk in die UOWP klaar is.
Dit doen dit deur:
• Gee werklose mense toegang tot tydelike werk.
• Help werklose mense deur vaardigheidsprogramme en werkservaring.
• Verseker dat werklose mense ʼn toelae ontvang vir enige werk wat hulle as deel
van die UOWP voltooi het.
• Verbetering van UOWP-deelnemers se kanse om werk te kry of hul eie
besighede te begin.
UOWP fokus op vier sektore:
• Infrastruktuursektor – Werksgeleenthede binne hierdie sektor fokus meer op
arbeidsverwante aktiwiteite soos instandhoudingsprogramme.
• Nie-staatsektor – gelei deur die Independent Development Trust (IDT) verskaf
befondsing aan NRO's om gereelde deeltydse werk met gereelde inkomste te
verskaf
• Omgewings- en Kultuursektor – Hierdie sektor skep werk deur uitheemse
plantegroei skoonmaakprojekte, vleiland rehabilitasieprogramme, afvalbestuur
en gemeenskapstoerisme projekte.
• Die sosiale sektor – fokus om die kwaliteit van tuisversorging en vroeë
kinderontwikkelingsprogramme te verhoog
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) EKONOMIE V1 19
Die Nuwe Groeipad(NGP)
• Dit het ten doel om groei te bevorder om werk en groter gelykheid te
bewersktellig
• Dit is in Oktober 2010 aangekondig en die hooffokus was om 5 miljoen
werksgeleenthede oor die volgende 10 jaar te skep
Sleutel-areas waar werk geskep kan word:
• Infrastruktuuruitbreiding met beleggings in vyf belangrike fisiese en sosiale
infrastruktuurareas naamlik energie, vervoer, kommunikasie, water en
behuising
• Die landbou waardeketting deur die hoë koste van kunsmis en ander insette aan
te spreek en deur verwerking en uitvoerbemarking te bevorder
• Die mynbouwaardeketting deur mineraalontginning te verhoog wat infrastruktuur
en vaardigheidsontwikkeling verbeter
• en die ondersteuning van die veredeling op die finale vervaardiging van
verbruikers en kapitaalgoedere waardeur minerale plaaslik tot hoërwaarde
produkte verwerk word eerder as om rou minerale uit te voer om na die buiteland
verwerk te word
• sodoende werk te skep en welvaart te genereer
• Die groen ekonomie deur die uitbreiding van konstruksie en produksie van
tegnologieë vir sonenergie, windenergie en biobrandstof
• Vervaardigingsektore deur innovasie, sterk vaardigheidsontwikkeling, verlaagde
insetkoste en verhoogde navorsings- en ontwikkelingsinvestering
• Toerisme en sekere hoëvlakdienste
Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP)
• Beoog om armoede teen 2030 uit te skakel en ongelykheid te verminder
Drie prioriteite staan uit:
• Verhoging van indiensneming deur vinniger ekonomiese groei
• Verbetering van die gehalte van onderwys, vaardigheidsontwikkeling en
innovasie
• Die bou van die staat se vermoë om ʼn ontwikkelings-, transformerende rol te
speel.
Om die akute uitwerking van armoede op miljoene Suid-Afrikaners oor die kort
termyn te verminder, stel die plan voor om:
• Stel aktiewe arbeidsmarkbeleide en aansporings in om indiensneming te laat
groei, veral vir jongmense en in sektore wat relatief lae geskoolde mense in
diens neem.
• Brei openbare indiensnemingsprogramme uit tot 1 miljoen deelnemers teen
2015 en 2 miljoen teen 2020
• Versterk primêre gesondheidsorgdienste en verbreed distriksgebaseerde
gesondheidsprogramme, soos die gemeenskaps gesondheidswerker- en
vroedvrou programme, en gesondheidsopvoeding.
• Brei welsynsdienste en openbare indiensnemingskemas uit, wat die staat in
staat stel om arm gemeenskappe te bedien en te ondersteun, veral dié met hoë
vlakke van misdaad en geweld.
• Stel ʼn voedingsprogram vir swanger vroue en jong kinders bekend en brei vroeë
kinderontwikkelingsdienste uit vir kinders onder vyf.
• Verbeter die gehalte van onderwys in onderpresterende skole en kolleges vir
verdere onderwys en opleiding.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
20 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2022)
• Bevorder gemengde behuisingstrategieë en meer kompakte stedelike
ontwikkeling om mense te help om toegang tot openbare ruimtes en fasiliteite,
werk en sakegeleenthede te kry.
• Belê in openbare vervoer, wat lae-inkomste huishoudings sal bevoordeel deur
mobiliteit te fasiliteer. Maks. (26)
Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB)
• SEB het daarin geslaag om sommige swartes deur die stelsel te bemagtig deur
in senior poste in beide die openbare en private sektor aangestel te word
• Dit het baie voorheen benadeelde mense aktief by die ekonomie van die land
betrek
• Dit het geleenthede geskep vir jong opkomende entrepreneurs om die
sakewêreld te betree
• Dit het toeganklikheid van oop besigheidsgeleenthede in die verskillende
sektore van die ekonomie gebied
• Swart Ekonomiese Bemagtiging het alle Suid-Afrikaners bevoordeel, hoewel die
stelsel deur ʼn paar met korrupte neigings misbruik is
• Dit het waardevolle hulpbronne regverdig toegewys, maar nepotisme en
wydverspreide korrupsie het gelei tot waardevolle hulpbronvermorsing
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoorde.) Maks. (26)
Bevorderingsprogram vir kleinsake ontwikkeling
• Om onderstering te bied en sodoende groei van klein besigheid te bevorder
• Om te verseker dat nuwe entrepreneurs behoorlik gementoor, ondersteun en
gekoester word om KMMO’s aan sthe moedig.
• KMMO’s word deur die regering erken as krities vir die groei en ontwikkeling van
die ekonomie.
ADDISIONELE DEEL
Positiewes
• Hulle help om onvoldoende infrastruktuur wat ekonomiese groei beperk, veral
in ontwikkelende lande te oorkom deur private sektor bronne te mobiliseer en
voldoende instandhouding te verseker
• Hulle dien as ʼn instrument om op markmislukkings te reageer terwyl die risiko
van regeringsmislukking tot die minimum beperk word
• Dit lei tot vinniger projekvoltooiings en verminderde vertragings op
infrastruktuur projekte deur tyd-tot-voltooiing in te sluit as ʼn maatstaf van
prestasie en dus van wins.
• Innoverende ontwerp- en finansieringsbenaderings word beskikbaar gestel
wanneer die twee entiteite saamwerk.
• Die operasionele en projekuitvoeringsrisiko's word van die regering na die
private deelnemer oorgedra, wat gewoonlik meer ondervinding in kostebeheer
het.
• Deur die doeltreffendheid van die regering se belegging te verhoog, laat dit
staatsfondse toe om na ander belangrike sosio-ekonomiese gebiede herlei te
word.
• Die groter doeltreffendheid van PPP's verminder staatsbegrotings en
begrotingstekorte.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) EKONOMIE V1 21
Negatiewe
• Elke publiek-private vennootskap hou risiko's in vir die private deelnemer, wat
redelikerwys verwag om vergoed te word vir die aanvaarding van daardie
risiko's. Dit kan staatskoste verhoog.
• ʼn Beperkte aantal private entiteite wat die vermoë het om ʼn projek te voltooi,
kan die mededingendheid wat vir kostedoeltreffende vennootskap vereis word,
beperk.
• As die kundigheid in die vennootskap baie aan die private kant lê, is die
regering inherent benadeel. Dit kan byvoorbeeld nie in staat wees om die
voorgestelde koste akkuraat te bepaal nie.
• Sommige projekte kan polities of sosiaal meer uitdagend wees om in te stel en
te implementeer as ander – veral as daar ʼn bestaande openbare sektor
werksmag is wat vrees om na die private sektor oorgeplaas te word.
• Regeringsverantwoordelikheid duur voort – burgers sal voortgaan om die
regering verantwoordelik te hou vir die kwaliteit van nutsdienste.
• (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoorde.) Maks. (10)
SLOT
Suid-Afrika het sedert sy oorgang na demokrasie in 1994 groot pogings aangewend
om die welstand van sy burgers te verbeter, maar vordering het in die laaste dekade
verminder.
(Aanvaar enige ander relevante hoër-orde gevolgtrekking) Maks. (2)
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 Memo (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4b579af8-e0b1-4689-a729-7d9986eea052/v1-e91730b4b9b539964aa8/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P1 Gauteng Mock 2022 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

Memorandum
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2014 Memo (Afr)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 1 NW Prelim 2022 Memo
More from Grade 12 Economics

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 Free State Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P1 Mpumalanga Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P2 Mpumalanga Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (Afr)

Question paper