Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2022
EKONOMIE V1
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
Skip to contentAll 2022 papers 
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4b579af8-e0b1-4689-a729-7d9986eea052/v1-e91730b4b9b539964aa8/card.webp)


%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--82e9d47a-c817-4545-9700-e9e2b9b7de9b/v1-301c5aae90a68c6175ee/card.webp)

View all

_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)



Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)
Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2022 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 595.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2022
Questions in this paper
- Question 1.1The circular flow model, national account aggregates and the multiplier
- Question 1.2The circular flow model, national account aggregates and the multiplier8 marks
- Question 1.3The circular flow model, national account aggregates and the multiplier6 marks
- Question 2The circular flow model, national account aggregates and the multiplier40 marks
- Question 3South Africa’s industrial policies and their suitability in terms of international best practice40 marks
- Question 4The role of the public sector40 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2022)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord enige TWEE van die drie vrae
AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae
2. Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Antwoorde wat die vereiste
nommer oorskry, sal NIE nagesien word NIE.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.
5. Lees die vrae aandagtig deur.
6. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
7. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae.
8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae
voldoen.
9. Gebruik slegs swart of blou ink.
10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) EKONOMIE V1 3
AFDELING A (VERPLIGTEND) 30 PUNTE – 20 MINUTE
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A‒D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 D.
1.1.1 Nasionale inkomste sal toeneem wanneer …
A I + G + X = S + T + M.
B I + G + X > S + T + M.
C I + G + X < S + T + M.
D I + G + X – S + T + M.
1.1.2 Die tipe sakesiklus wat veroorsaak word deur veranderinge in netto
beleggings deur die regering en besighede word ... genoem.
A Kondratieff
B besigheid
C Jugler
D Kitchin
1.1.3 Die kenmerk van mislukking in die openbare sektor waar die
regering inflasie- en groeiteikens mis, hou met ... verband.
A oneffektief
B die Pareto-doeltreffendheid
C ondoeltreffendheid
D burokrasie
1.1.4 ʼn Styging in uitvoerpryse toon ʼn … in terme van handel van ʼn land.
A verbetering
B agteruitgang
C balans
D onewewig
1.1.5 ʼn Maatreël om die aanbodkantbenadering te stimuleer is die ...
A monetêre beleid.
B inflasie-teikening.
C fiskale maatreëls.
D koste om besigheid te doen.
1.1.6 ʼn Beste internasionale praktyk kriteria wat daarop fokus om te
verseker dat die voordele van een streek oorspoel na ander
nywerhede en gebiede is ...
A goeie bestuur.
B integrasie.
C die voorsiening van hulpbronne.
D vennootskappe.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2022)
1.1.7 Die kategorie geldvoorraad wat bestaan uit note en munte in
omloop en aanvraagdeposito's van die binnelandse private sektor
by banke is …
A M2.
B M3.
C M1.
D M3+
1.1.8 ʼn Handelsprotokol waar lidlande die vrye beweging van
produksiefaktore tussen lidlande toelaat, is die (ʼn) …
A ekonomiese unie.
B doeane-unie.
C vryhandelsgebied.
D gemeenskaplike mark. (8 x 2) (16)
1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 J.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Vermenigvuldiger A herverdeling van inkomste en rykdom
1.2.2 Eksogene benadering B waarde van geldeenhede wat deur
markkragte bepaal word
1.2.3 Beheerde C regstellingsprogram as gevolg van
wisselkoerse diskriminerende wette in die verlede
1.2.4 Ekonomiese billikheid D ʼn klein aanvanklike toename in
besteding produseer ʼn proporsioneel
groter toename in totale nasionale
inkomste
1.2.5 Embargo E geniet aansporings soos belasting-
verligting en ondersteuningstelsels
om nywerheidsontwikkeling te
bevorder.
1.2.6 Grondrestitusie F onafhanklike faktore wat
sakesiklusse beïnvloed en buite die
ekonomie ontstaan
1.2.7 Spesiale ekonomiese G stelsel wat die waarde van
sones geldeenheid toelaat om op
markkragte te reageer met sentrale
bankintervensies
1.2.8 Wêreldbank H ʼn amptelike staatsverbod op handel
met ʼn bepaalde land
I ʼn internasionale instelling wat gestig
is om ekonomiese herstel en
ontwikkeling te bevorder
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) EKONOMIE V1 5
1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK
neer. Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.
1.3.1 ʼn Voorstelling van die ekonomie wat wys hoe die ekonomiese
deelnemers met mekaar omgaan
1.3.2 Goedere verskaf deur die staat wat ondervoorsien sou word as
dit heeltemal aan markkragte oorgelaat word
1.3.3 ʼn Doelbewuste afname in die waarde van ʼn land se geldeenheid
in vergelyking met ʼn ander
1.3.4 ʼn Toename in ʼn land se reële bruto binnelandse produk
1.3.5 Arbeidsmag tussen die ouderdomme van 15 en 65 wat bereid en
in staat is om arbeid te verskaf vir die produksie van goedere en
dienste
1.3.6 ʼn Landstreek wat ʼn deurgang vorm wat toegang van een gebied
na ʼn ander toelaat (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2022)
AFDELING B
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem enige TWEE kenmerke van die fiskale beleid. (2 x 1) (2)
2.1.2 Hoe sal ʼn positiewe vermenigvuldigingseffek die ekonomie
beïnvloed? (1 x 2) (2)
2.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BETALINGSBALANSTEKORT
B
A
[Aangepas uit https://ecoaim.in/2020/07/12/how-disequilibrium-can-be-corrected/.
Toegang op 21 November 2021 verkry.]
2.2.1 Watter letter verteenwoordig invoere in die data hierbo? (1)
2.2.2 Watter internasionale instelling kan lande met fondse help om
fundamentele tekort reg te stel? (1)
2.2.3 Beskryf kortliks die term betalingsbalans. (2)
2.2.4 Verduidelik die verband tussen die wisselkoers van ʼn land en sy
betalingsbalans. (2)
2.2.5 Waarom is dit belangrik om ʼn land se betalingsbalansdata te
ontleed? (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) EKONOMIE V1 7
2.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
DIE STELSEL VAN NASIONALE REKENINGE, HERBASERING EN
MAATSTAFKRITERIA
Alle lande produseer hul makro-ekonomiese statistieke deur ʼn reeks
internasionale riglyne te gebruik. Die internasionale goudstandaard vir die
samestelling van nasionale rekeninge is die Stelsel van Nasionale
Rekeninge, 2008 (SNR 2008).
Statistieke Suid-Afrika (Stats SA) saam met die SARB het die land se
bruto binnelandse produk (BBP) herbaseer (nuwe basisjaar) en nuwe
maatstawwe toegeken. BBP is die bekendste en algemeenste kenmerk
van die nasionale rekeninge.
[Aangepas uit www.statssa.gov.za. Toegang op 15 Desember 2021 verkry.]
2.3.1 Noem enige EEN metode om die bruto binnelandse produk te
bereken. (1)
2.3.2 Wat word op produkte in ag geneem wanneer basiese pryse na
markpryse omgeskakel word? (1)
2.3.3 Beskryf kortliks die term bruto binnelandse produk. (2)
2.3.4 Hoe kan ekonome die akkuraatheid van BBP-syfers verseker? (2)
2.3.5 Waarom is reële BBP ʼn voorkeurmaatstaf van ekonomiese groei
eerder as nominale BBP? (2 x 2) (4)
2.4 Verduidelik met behulp van ʼn goed-gemerkte Laffer-kurwe die verband
tussen ʼn belastingkoersverhoging en die effek daarvan op
staatsinkomste. (8)
2.5 Hoe bevoordeel finansiële markte die ekonomie? (4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2022)
VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem enige TWEE dienste wat as sosiale aanwysers beskou word.
(2 x 1) (2)
3.1.2 Hoe verbeter Spesiale Ekonomiese Sones nywerheidsontwikkeling?
(1 x 2) (2)
3.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SUID-AFRIKA SE
HANDELSBELEID INVOERE
UITVOER Suid-Afrika was ʼn
Die
BEVORDERING WHO-lid sedert 1995 en ʼn
lid van GATT
belangrikste
SA se top
sedert 1948. invoere van
uitvoere word
In November 2021 het Suid- S.A. is ru- en
meestal na
Afrika ʼn positiewe verfynde
China, die
handelsbalans van ZAR petroleum,
Verenigde
29,6 miljard gehad. motors en
Koninkryk, Uitvoere het met 18,7% voertuig-
Duitsland, die gestyg en invoer met onderdele en
Verenigde State 24,5% tussen Nov. 2020 goud.
en Indië en Nov. 2021.
uitgevoer
en NO
and
Nov 2021.
Regerings gebruik die Wêreldhandelsorganisasie om die reëls wat internasionale
handel reguleer, te vestig, hersien en af te dwing.
[Aangepas uit https://oec.world. Toegang op 13 Oktober 2021 verkry.]
3.2.1 Noem enige EEN van Suid-Afrika se top-uitvoerprodukte. (1)
3.2.2 Watter internasionale organisasie reguleer tans vrye handel tussen
lande? (1)
3.2.3 Beskryf kortliks die term uitvoerbevordering. (2)
3.2.4 Verduidelik ʼn rede waarom die regering uitvoerbevordering
ondersteun. (2)
3.2.5 Hoe dra vryhandel tot verbeterde ekonomiese groei by? (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) EKONOMIE V1 9
3.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
R50 BILJOEN IN NUWE SUID-AFRIKAANSE BELEGGINGS
Die nuwe beleggings van R50 miljard wat deur Franse maatskappye in Suid-
Afrika aangekondig is, volg op ʼn belegging van R20 miljard in 2019. Die
verskillende sektore wat daarby sal baat vind sluit vervaardiging en die
landbou-industrie in.
Die twee lande het ooreengekom om saam te werk om investering te
bevorder wat nywerheidsontwikkeling ondersteun.
Behoorlike sakevriendelike beleide wat hawedoeltreffendheid insluit, sal die
posisie van Suid-Afrika as die beleggingsentrum op die Afrika-vasteland
verder versterk.
[Aangepas uit engineeringnews.co.za. Toegang op 26 Augustus 2021 verkry.]
3.3.1 Noem enige EEN nywerheidsontwikkelingsbeleid in Suid-Afrika. (1)
3.3.2 Watter finansiële aansporing word gebruik om besighede te lok om
in die Nywerheidsontwikkelingsones (NOS’e) te werk? (1)
3.3.3 Beskryf kortliks die term industriële ontwikkeling. (2)
3.3.4 Verduidelik die belangrikheid van nywerheidsontwikkeling in Suid-
Afrika. (2)
3.3.5 Hoe sal streeksontwikkeling in Suid-Afrika die hele Afrika
bevoordeel? (2 x 2) (4)
3.4 Onderskei tussen produksie (produsent)-prysindeks en verbruikers-
prysindeks as ekonomiese aanwysers. (8)
3.5 Hoe kan die regering werkloosheid in die ekonomie verminder? (4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2022)
VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem TWEE hoof-items wat gebruik word om ʼn handelsbalans te
bereken. (2 x 1) (2)
4.1.2 Watter effek het subsidies op produksie op bruto toegevoegde
waarde? (2 x 1) (2)
4.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SUID-AFRIKAANSE BEGROTING 2022
Belastinginvorderings vir die huidige boekjaar het verbeter in vergelyking
met die laaste mediumtermynbegrotings-beleidsverklaring (MTBBV) wat
aan die parlement voorgelê is.
[Aangepas uit moneyweb.co.za. Toegang op 19 Oktober 2021 verkry.]
4.2.1 Identifiseer ʼn bron van staatsinkomste uit die data hierbo. (1)
4.2.2 Watter persentasie van openbare skuld tot nominale BBP word as
die algemene skuldreël aanvaar? (1)
4.2.3 Beskryf kortliks die term begroting. (2)
4.2.4 Wat is die doel van die mediumtermynbegrotings-beleidsverklaring
(MTBBV)? (2)
4.2.5 Hoe kan die regering sy inkomste verhoog? (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) EKONOMIE V1 11
4.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
VERSTEDELIKING
Suid-Afrika verstedelik baie
vinnig: Daar word beraam dat
agt uit 10 mense teen 2050 in
stedelike gebiede sal woon
en dit sal die vraag na
basiese infrastruktuur-
vereistes verhoog.
[Aangepas uit https://pmg.org.za/page/Urbanisation en Google images. Toegang op
05 April 2022 verkry.]
4.3.1 Noem EEN rede vir die toename in verstedeliking in Suid-Afrika. (1)
4.3.2 Watter sosio-ekonomiese kwessie kan as gevolg van onbeplande
verstedeliking ontstaan? (1)
4.3.3 Beskryf kortliks die term verstedeliking. (2)
4.3.4 Verduidelik die negatiewe effek van vinnige verstedeliking op die
omgewing. (2)
4.3.5 Hoe kan die regering die probleem van onbeplande verstedeliking
verminder? (2 x 2) (4)
4.4 Bespreek massa produksie en doeltreffendheid as gevolge van
internasionale handel. (8)
4.5 Verduidelik die uitdagings in die implementering van ʼn beskermingsbeleid.
(4 x 2) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2022)
AFDELING C
Beantwoord enige EEN vraag van die TWEE vrae in die ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
PUNTE-
STRUKTUUR VAN OPSTEL
TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is ʼn laerorde antwoord.
• ʼn Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband Maks. 2
hou, te definieer.
• Moenie enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.
• Moenie enige deel van die inleiding by die liggaam insluit NIE.
• Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan
bespreek.
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek
/Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Verduidelik
/Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die grafiek gegee en
verduidelik/Voltooi die grafiek gegee/Assesseer/Debatteer Maks. 26
ʼn Maksimum van 8 punte kan aan opskrifte/voorbeelde toegeken
word. Bykomende gedeelte: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer
krities/Debatteer/ Lei af/Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/Hoe?/Stel
voor
ʼn Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken
word. Maks. 10
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:
• ʼn Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder die herhaling
van enige feite wat reeds genoem is
• Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
• Bykomende ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding Maks. 2
versterk
• ʼn Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
• Aanbevelings
TOTAAL 40
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
• Bespreek in detail die kenmerke onderliggend aan vooruitskatting van
sakesiklusse (26 punte)
• Ontleed die negatiewe impak van sakesiklusse op die ekonomie. (10 punte) [40]
VRAAG 6: EKONOMIESE STREWE 40 PUNTE – 40 MINUTE
• Bespreek in detail die Suid-Afrikaanse groei- en ontwikkelingsbeleide en
strategiese inisiatiewe. (26 punte)
• Evalueer die privaat-openbare vennootskap in die bereiking van ekonomiese
groei en ontwikkeling. (10 punte) [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4b579af8-e0b1-4689-a729-7d9986eea052/v1-e91730b4b9b539964aa8/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P1 Gauteng Mock 2022 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

Memorandum
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 Memo (Afr)
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--82e9d47a-c817-4545-9700-e9e2b9b7de9b/v1-301c5aae90a68c6175ee/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)
More from Grade 12 Economics

Memorandum
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)
_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 Eastern Cape June 2024 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)

Memorandum
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

Question paper