Skip to content

Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afr)

MemorandumEconomicsGrade 12202218 pages

Grade 12 Economics Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2022 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2022 EKONOMIE V2 NASIENRIGLYN PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 18 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2022) AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 1.1.1 C – marginale inkomste  1.1.2 C – oligopolie  1.1.3 A – gedifferensieerde  1.1.4 D – eksternaliteite  1.1.5 B – koste-voordeel-analise 1.1.6 A – teikening  1.1.7 D – vervoer  1.1.8 B – klimaatverandering  (8 x 2) (16) 1.2 PASITEMS 1.2.1 D – Aanbevelings aanvaar of verwerp en oordeel  1.2.2 E – Het ʼn hibriede struktuur  1.2.3 F – Lei tot ʼn tekort aan goedere in die ekonomie  1.2.4 B – Gemiddelde veranderlike koste is gelyk aan prys  1.2.5 I – ʼn Beleid om pryse van items soos verbandrentekoste aan prysindekse te koppel  1.2.6 G – Deur die land te reis  1.2.7 C – Suid-Afrika se Wêrelderfenisgebied  1.2.8 A – Enige strategie wat aangepak word om die omgewing te beskerm en ongeskonde te hou  (8 x 1) (8) 1.3 GEE EEN TERM 1.3.1 Lang termyn  1.3.2 Naturale monopolie  1.3.3 Swart mark  1.3.4 Hiperinflasie  1.3.5 Uitgaande toerisme  1.3.6 Basil Konvensie  (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) EKONOMIE V2 3 AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in jou ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van openbare goedere en dienste. • Nasionale verdediging  • Vuurtoring  • Straatbeligting  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2) 2.1.2 Hoe word die markprys in ʼn volmaak mededingende mark bepaal? • Die markprys word bepaal deur interaksie tussen vraag en aanbod.  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2) 2.2 DATA-RESPONS 2.2.1 Identifiseer ʼn hindernis vir marktoetrede tot ʼn oligopolie uit die bogenoemde uittreksel. • Patent  • Groot hoeveelheid hulpbronne  (1) 2.2.2 Gee EEN vorm van nie-prys-mededingingstrategie wat oligopolieë gebruik. • Reklame  • Lojaliteitsbelonings  • Deur-tot-deur aflewerings  • Produkdifferensiasie  • Verlengde inkopie-ure  • Verkope op die internet  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die term oligopolie. Oligopolie is ʼn markstruktuur waar slegs ʼn paar groot verkopers bedrywig is, en toegang moeilik is en produkte gedifferensieer kan word of homogeen.  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2022) 2.2.4 Verduidelik interafhanklikheid as ʼn kenmerk van ʼn oligopolistiese mark. • Interafhanklikheid bestaan wanneer firmas in ʼn oligopolie hul mededingers se reaksies oorweeg terwyl pryse en uitset aangepas word.  • Elke firma is bewus van hoe mededingende firmas sal reageer op enige aksie wat hulle neem.  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2) 2.2.5 Teken ʼn goed benoemde grafiek van ʼn vraagkurwe van ʼn oligopolie. Prys V  korrekte vorm P/12 e V 0 H/ 30 Hoeveelheid  Puntetoekenning Korreksie-etikettering van beide asse 1 Korrekte vorm (geknikte vraagkurwe) 1 Aanduiding en byskrifte van die knik-ewewig 2 Maksimum 4 punte (4) 2.3 2.3.1 Identifiseer die subsidiearea vanaf die grafiek hierbo. yz  (1) 2.3.2 Gee enige EEN voorbeeld van ʼn direkte subsidie. • Kontanttoelaes  • Rentevrye lenings  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die term produksiesubsidie. ʼn Produksiesubsidie is ʼn finansiële toekenning of hulpbron wat deur die regering aan besighede gegee word om die produksie van ʼn goed of diens te ondersteun  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2) 2.3.4 Waarom word onvolmaakte markte as allokatief ondoeltreffend beskou? • Produkmengsel van onvolmaakte markte weerspieël nie verbruiker se smaak nie en daarom word hulpbronne nie in die regte verhoudings toegeken nie, die hoeveelhede wat deur verbruikers benodig word, is nie beskikbaar nie.  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) EKONOMIE V2 5 2.3.5 Verduidelik die impak van ʼn produsentesubsidie op die ekonomie. • Meer goedere sal vervaardig word  • Algehele aanbod van die gesubsidieerde produk sal toeneem  • Die prys van goedere sal verlaag word en die hoeveelheid gevra van daardie goed sal toeneem  • Soos die produsent die aanbod verhoog, word die produksiekoste verlaag wat die verskaffer in staat stel om voordeel te trek uit beide die subsidie en laer koste  • As gevolg van die subsidie sal die verhoogde aanbod die groter hoeveelheid gevra kan akkommodeer  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2 x 2) (4) 2.4 Onderskei tussen meriete goedere en nie-merietegoedere. Merietegoedere • Goedere wat as nodig/voordelig vir die samelewing geag word  bv. gesondheidsorg en onderwys  • Hulle is hoogs wenslik vir die algemene welsyn, maar nie die hoogste aangeslaan deur die mark nie  • Mark produseer minder as die verlangde hoeveelhede/voorsien onvoldoende aanbod  • As mense markpryse daarvoor moes betaal, sou relatief te min verbruik word  • Rede vir onderaanbod van merietegoedere is dat die mark slegs die private voordeel in ag neem en nie die maatskaplike voordeel nie  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (Maks. 4) Nie-merietegoedere • Goedere of dienste wat as skadelik vir die samelewing beskou word, dus moet minder daarvan verbruik word, bv. alkohol, sigarette ens.  • Hulle is hoogs ongewens vir die algemene welsyn van die samelewing, maar word oorverbruik  • Daar is ʼn ooraanbod van nie-merietegoedere  • Verbruikers is onbewus van die ware koste van die verbruik daarvan  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (Maks. 4) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2022) 2.5 Ondersoek die nadele vir die bestaan van die monopolistiese mededingende mark. • ʼn Firma kan nie optimale produksiedoeltreffendheid bereik nie  • Produktiewe ondoeltreffendheid kan die hulpbronvermorsing in die bedryf verhoog  • Die ewewigsprys is hoog daarom betaal verbruikers hoë pryse  • Dit is onmoontlik vir die firmas om ekonomiese wins op die lang termyn te verkry  • Meer fondse word aan advertensies bestee as om die kwaliteit van die produk te verbeter  wat dan daartoe lei dat verbruikers produkte van minderwaardige gehalte koop  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (4 x 2) (8) [40] VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 3.1 3.1.1 Noem enige TWEE tipes besoedeling. • Lugbesoedeling  • Waterbesoedeling  • Grondbesoedeling  • Klankbesoedeling  (2) 3.1.2 Hoe kan Suid-Afrika se swak rand inkomende toeriste uit die Verenigde State van Amerika beïnvloed? • Inkomende toeriste van die Verenigde State van Amerika sal meer geld vir hul sterk Amerikaanse dollar ontvang en dus meer binne Suid-Afrika spandeer.  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2) 3.2 3.2.1 Gee EEN voorbeeld van inheemse kennis. • Rotsverf/kuns  • Tradisionele kos en klere  • Erdewerk  • Kralewerk  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1) 3.2.2 Watter tipe Wêrelderfenisgebied is uKhahlamba Drakensberg- park? Omgewing  (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die terme inheemse kennisstelsel. Dit is kennis ontwikkel binne inheemse samelewings onafhanklik van en voor die koms van moderne wetenskaplike kennis- stelsel/kennis-sisteem wat uniek aan ʼn gegewe kultuur is.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) EKONOMIE V2 7 3.2.4 Verduidelik die doel van die Welkom-veldtog as die bemarkingstrategie vir toerisme. Die doel van die Welkom-veldtog as ʼn bemarkingstrategie is om: • alle Suid-Afrikaners aan te moedig om elke toeris tuis te laat voel en ʼn onvergeetlike ervaring in die land te hê  • toeriste aan te moedig om terug te keer vir ʼn herhaalde besoek en ander te vertel van hul ervaring in die land wat besoek is  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 3.2.5 Hoe dra inheemse kennisstelsel tot plaaslike gemeenskaps- ontwikkeling by? Inheemse kennisstelsel dra by tot gemeenskapsontwikkeling deur: • die bewaring van die omgewing  • die ontwikkeling van volhoubare landbou  • die versekering van voedselsekerheid  • die instandhouding van tradisionele praktyke aan te moedig  • aanmoediging van gedragsveranderinge en lewenstyl  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4) 3.3 3.3.1 Skryf die afkorting ‘SARB’ volledig uit. Suid-Afrikaanse Reserwebank  (1) 3.3.2 Wat beteken 25 basispunte? 0,25% / persent  (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die term repokoers. Die koers waarteen die sentrale bank van ʼn land geld aan kommersiële banke leen in die geval van enige tekort aan fondse.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 3.3.4 Hoe kan loonverhogings inflasie beïnvloed? Verhogings in lone lei tot ʼn styging in produksiekoste wat lei tot ʼn styging in pryse, daarom is loonverhogings ʼn bron van koste-druk- inflasie.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 3.3.5 Waarom is die Monetêre Beleidskomitee belangrik in Suid-Afrika? Die werk van die Monetêre Beleidskomitee is belangrik omdat dit: • ʼn rentekoers wat ooreenstem met die bereiking van die inflasieteiken van 3%–6% bepaal  • ʼn rentekoers as ʼn uitbreidingsmaatstaf kan gebruik deur die repokoers te verlaag om die ekonomie te stimuleer  • ʼn rentekoers as ʼn inkrimpende monetêre maatstaf kan gebruik deur die repokoers te verhoog sodat die ekonomie verlangsaam  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2022) 3.4 Bespreek die fiskale maatreëls om inflasie te bekamp. Fiskale maatreëls is maatreëls wat deur die Minister van Finansies getref word met betrekking tot belasting en uitgawes.  • ʼn Verhoging in direkte belasting (persoonlike inkomstebelasting) wat sal help om die vraag te verminder.  • ʼn Styging in indirekte belasting (BTW) veroorsaak dat besteding afneem omdat goedere duurder word.  • ʼn Leningsheffing verminder die besteebare inkomste van verbruikers.  • Die staat besnoei uitgawes deur regeringsprojekte soos paaie, hospitale en skole te kanselleer.  • Die land se finansiële begrotingstekort is nie-inflasionêr (die regering gebruik lenings van die nie-banksektor om inflasie te beperk).  • Die staat stel bybetalings op ingevoerde goedere.  • Dit verhoog die prys van hierdie ingevoerde goedere, wat daartoe lei dat baie mense nie kan bekostig om hierdie goedere te koop nie.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (4 x 2) (8) 3.5 Hoe kan toerisme armoede in landelike gebiede verlig? Toerisme kan armoede verlig veral in landelike gebiede deur: • die verspreiding van hulpbronne na landelike gebiede om hulle as toeristeterreine te ontwikkel.  • geleenthede te bied om bronne van inkomste vir die armes te diversifiseer deur ʼn aandeel in kleinskaalse toerisme toe te laat  • die bemagtiging van landelike mense om geleenthede soos werksopleiding te ontgin en vennootskap met hoofstroombesighede te skep  • die bevordering van plaaslike ondernemings wat deur die armes besit word om as ʼn voordeel te dien aangesien toeriste ʼn wye verskeidenheid goedere/dienste koop  • die verskaffing van ʼn groot aantal werksgeleenthede aan mense met min of geen formele opleiding  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) EKONOMIE V2 9 VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 4.1 4.1.1 Noem enige TWEE tipes samespanning. • kartelle/openbaar/eksplisiet  • prysleierskap/stilswyend/implisiet  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 4.1.2 Hoe sal ʼn hoë inflasiekoers die betalingsbalans beïnvloed? ʼn Hoë inflasiekoers sal lei tot: • duur uitvoere (min uitgevoer) en goedkoper invoere (baie ingevoer) en sodoende die tekort in die betalingsbalans verhoog.  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2) 4.2 4.2.1 Identifiseer die inkomstemaksimerende uitset uit die tabel hierbo. • 5 eenhede  (1) 4.2.2 Wat beteken die frase monopoliste beheerprys? • Monopolie stel sy eie prys vas  • Prysmaker  (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die term gemiddelde inkomste. • Dit is inkomste per eenheid  • dit bereken as totale inkomste gedeel deur eenhede verkoop  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 4.2.4 Verduidelik die aard van produkte wat deur ʼn monopolis verkoop word. • Produkte is uniek en het nie soortgelyke plaasvervangers nie  (2) 4.2.5 Hoekom is dit vir ʼn monopolis moontlik om ʼn ekonomiese verlies op ʼn kort termyn te maak? • Op die kort termyn is die monopolis nie in staat om al sy insette te verander nie, dan is die koste van produksie hoog  • Die vraag na die produk is dalk nie voldoende om wins te lewer nie  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4) 4.3 4.3.1 Identifiseer die persentasie verandering van die wesensinflasie van Desember tot Januarie uit die inligting hierbo. 0,2%  (1) 4.3.2 Noem die verbruikersinflasie wat items met wisselvallige pryse uitsluit. Kerninflasie  (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die term wesensinflasie. • Weseninflasie verwys na inflasie gemeet deur VPI en slegs vir stedelike gebiede bereken  • Dit verwys na onaangepaste VPI-syfers  (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2022) 4.3.4 Hoe veroorsaak beleggingsbesteding vraag-trek-inflasie? • Besighede belê meer en dit kan lei tot ʼn toename in die vraag na die kapitaalgoedere en dienste wat deel vorm van die belegging  • As die totale vraag teen ʼn vinniger tempo toeneem as die totale aanbod, sal prysstygings volg  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 4.3.5 Hoe word vaste-inkomsteverdieners negatief deur inflasie geraak? • Vaste-inkomsteverdieners word erg deur inflasie geraak omdat hul inkomste nie toeneem op dieselfde tyd as wat pryse dit doen nie  • Soos pryse toeneem, koop die inkomste van vaste- inkomsteverdieners al hoe minder en dit lei tot ʼn daling in hul standaard van lewe  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (4) 4.4 Verduidelik die gebrek aan inligting as ʼn oorsaak vir markmislukking. • Verbruikers, werkers en entrepreneurs het nie die nodige inligting om rasionale besluite te neem nie en dit kan lei tot ondoeltreffende toewysing van hulpbronne  • Verbruikers benodig gedetailleerde inligting oor goedere en dienste om hul nut te maksimeer  • Werkers is dikwels onbewus van werksgeleenthede en kan dus nie die vereiste werk kry nie en dit sal die produksie van goedere en dienste beïnvloed  • Entrepreneurs het nie inligting oor koste nie, beskikbaarheid van produktiwiteit van produksiefaktore het ʼn impak op hul doeltreffendheid  • Entrepreneurs kan op grond van verkeerde inligting werk  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (4 x 2) (8) 4.5 Evalueer die sosiale impak van toerisme. Positiewe impak • Toerisme bevorder reis en nuwe mense ontmoet en vriende maak  • Toeriste kan oor verskillende kulture leer  • Daar is groter begrip van mense wat in verskillende samelewings leef  • Plaaslike gemeenskappe is in staat om hul vaardighede en sosiale status te verbeter  • Mense trek voordeel uit verbeterde en nuwe fasiliteite soos besiens- waardighede en spysenieringsfasiliteite  • Toerisme-aktiwiteite lei tot direkte en indirekte werksgeleenthede wat geskep word vir plaaslike mense in toerismebestemmings  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) EKONOMIE V2 11 Negatiewe impak • Toerisme kan konflik tussen toeriste en gasheergemeenskappe tot gevolg hê omdat mense in die area aanstoot kan neem van toeriste omdat hulle voel dat hulle hul gemeenskap oorneem  • Daar kan verhoogde misdaad in die besoekte gebied wees bv. dwelmhandel, roof, ens.  • Mense kan van hul oorspronklike woonplek verwyder word om plek vir toerisme-ontwikkeling te maak  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Kandidate kan na die een kant of albei kyk) (4 x 2) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2022) AFDELING C Beantwoord EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE • Met behulp van goed benoemde grafieke, bespreek in detail die verskillende korttermyn-ewewigsposisies van ʼn individuele onderneming in ʼn volmaakte kompetisie. (26 punte) • Hoe beskerm die Mededingingswet verbruikers? (10 punte) INLEIDING Die individuele onderneming kan op die kort termyn, ekonomiese wins, ekonomiese verlies of normale wins maak.  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (Maks. 2 punte) (2) LIGGAAM: HOOFDEEL Ekonomiese wins  • ʼn Firma maak ekonomiese wins wanneer die gemiddelde inkomste (GI) groter as die gemiddelde koste (GK) is/ totale inkomste (TI) groter as totale koste (TK) is.  • Ekonomiese wins is die wins wat ʼn besigheid maak wat meer is as die normale wins  Ekonomiese wins Prys/Inkomste/Koste MK E GK  R10  V=GI=MI  R8 F 0 15 Hoeveelheid Puntetoekenning Korrekte teken en byskrifte van kostekurwes = 1 punt Korrekte tekening en etikettering van inkomstekurwes = 1 punt Korrekte aanduiding van ekonomiese winste = 2 punte Maks. = 4 punte Grafiese verduideliking • Die hoeveelheid geproduseer is 15 en die firma se gemiddelde inkomste (GI) is R10  terwyl die gemiddelde koste per eenheid R8 is wat laer is as die prys van R10  • ʼn Besigheid sal op die uitsetvlak produseer waar MI=MK (punt E) omdat dit wins op hierdie vlak kan maksimeer  • ʼn Besigheid maak ekonomiese winste wanneer die laagste punt van GK- kurwe onder die markprys is  • Ekonomiese wins in die grafiek hierbo is R2 x 15 = R30  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) EKONOMIE V2 13 • Die verskil tussen hierdie twee areas is die ekonomiese wins wat deur die ingekleurde area verteenwoordig word  Maks. 6 punte vir verduideliking Ekonomiese verlies  • ʼn Besigheid maak ekonomiese verlies wanneer sy inkomste minder as sy koste is  • Die minimum punt van die GTK-kurwe lê bo die markprys  • Dit impliseer dat die gemiddelde inkomste minder as die gemiddelde koste is  Ekonomiese verlies Prys/Inkomste/Koste GK  MK G R12  R10 V=GI=MI  E 0 15 Hoeveelheid Puntetoekenning Korrekte teken en byskrifte van kostekurwes = 1 punt Korrekte tekening en etikettering van inkomstekurwes = 1 punt Korrekte aanduiding van ekonomiese verlies = 2 punte Maks. = 4 punte Grafiese verduideliking • Gegewe ʼn markprys van R10, word wins gemaksimeer waar MI = MK en dit vind plaas by hoeveelheid 15  • By hoeveelheid 15 is die firma se gemiddelde inkomste (GI) per eenheid van produksie R10  en die gemiddelde koste per eenheid is R12 wat hoër is as die prys van R10  • Die firma maak ʼn ekonomiese verlies wat gelyk is aan die -R2 x 15 = -R30 verlies  Maks. 6 punte vir verduideliking Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2022) Normale wins  • Normale wins is die maksimum opbrengs wat die eienaar van ʼn firma verwag om te ontvang om aan te hou om in die bedryf te werk  • ʼn Firma maak normale winste wanneer totale inkomste (TI) gelyk is aan totale koste of wanneer gemiddelde inkomste (GI) gelyk is aan gemiddelde koste (GK)  • Normale winste is op die punt waar die besigheid genoeg inkomste genereer om al sy kostes voldoende te dek sonder dat buitensporige winste gemaak word  Normale wins Prys/Inkomste/ koste MK GK   R10 E V=GI=MI  0 15 Hoeveelheid Puntetoekenning Korrekte teken en byskrifte van kostekurwes = 1 punt Korrekte tekening en etikettering van inkomstekurwes = 1 punt Korrekte aanduiding van normale wins = 2 punte Maks. = 4 punte Grafiese verduideliking • Gegewe ʼn markprys van R10, word wins gemaksimeer waar MI = MK = P en dit gebeur by punt E waar hoeveelheid 15 is  • By 15 is die firma se gemiddelde inkomste (GI) per eenheid van produksie R10, wat ook gelyk is aan die gemiddelde koste per eenheid R10  • Aangesien gemiddelde inkomste gelyk is aan gemiddelde koste maak die produsent ʼn normale wins  Maks. 6 punte vir verduideliking (Maks. 26 punte) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) EKONOMIE V2 15 ADDISIONELE DEEL • Die Mededingingswet probeer om praktyke uit te skakel wat negatiewe uitwerking op mededinging het wat die verbruiker bevoordeel  • Mededinging sal bevorder en volgehou word in die markte wat daartoe sal lei dat verbruikers laer pryse vir goedere en dienste betaal  • Verbruikers se belange word beskerm om vryheid van handel te verseker  • Verbruikers word beskerm teen prysopblasing deur produsente met die doel om hoër winste te maak  • Minimum kwaliteit spesifikasies en veiligheidstandaarde word gestel vir beide goedere en dienste wat meganisme daarstel om verbruikers se griewe reg te stel  • Vorming van kartelle wat lei tot samespanningspryse, verdeling van markte en gesamentlike besluite om aanbod te verminder word deur die wet verhoed  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (Maks. 10 punte) (10) SLOT In werklikheid is daar min volmaakte markte in sommige sektore soos mynbou en landbou waar voorwaardes vir ʼn volmaakte mark nagekom word.  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (Maks. 2 punte) (2) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2022) VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES • Bespreek in detail regeringsmaatreёls om volhoubare ontwikkeling te verseker. (26 punte) • Hoe gebruik Suid-Afrika bewaring om ʼn volhoubare omgewing te verseker? (10 punte) INLEIDING Omgewingsvolhoubaarheid verwys na die ontwikkeling wat die huidige behoeftes van die mense bevredig sonder om die kwaliteit van die omgewing te komprimeer sodat dit ewe bekwaam bly om die toekomstige geslagte te ondersteun  (Aanvaar enige ander relevante inleiding.) (Maks. 2 punte) (2) HOOFDEEL Toekenning van eiendomsregte  • Eiendomsregte is wette wat reguleer hoe individue hulpbronne kan beheer, gebruik, voordeel trek en oordra  • Eiendomsregte het positiewe bewaringseffekte omdat dit verseker dat mense sorg vir die eiendom wat hulle besit  • Hulle sal dit so lank as moontlik gebruik indien winsgewend, selfs vir generasies om te kom  • Om te verhoed dat fauna en flora spesies uitsterf, kan die regering mense eiendomsreg oor hulle toelaat  • Eienaars van eiendomme kan dan die omgewing teen min koste aan belastingbetalers bewaar  • Eiendomsregte kan uitgebrei word na algemene goedere soos skoon lug  • Kyoto-protokol is ʼn internasionale ooreenkoms waarvolgens ontwikkelde lande ontwikkelende lande betaal vir hul reg om te besoedel  Betaal vir omgewingsgebruik  • Die regering kan die omgewing beskerm deur gebruikersfooie en heffings te hef op individue wat die omgewing gebruik of beskadig  • Regering hef fooie vir afval wat geproduseer en in die omgewing gestort word  • In Suid-Afrika hef plaaslike owerhede heffings op vullis wat versamel word en rioolstorting  • Heffings moet eweredig aan die afval wees vir die beste resultate omdat ʼn vaste totale heffing nie afvalprodusente sal aanmoedig om afval te verminder nie  Hef omgewingsbelasting  • Dit staan ook as groenbelasting of ekobelasting bekend  • Die regering hef hierdie belasting op verbruik van ʼn goed wat ʼn negatiewe impak op die omgewing het en nie ten goede van die omgewing is nie  • Bv. heffing op plastieksakke, filament gloeilampe, bande ens.  • Om ʼn sosiaal doeltreffende uitset te bereik, moet die belastingkoers gelyk wees aan die marginale eksterne koste  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) EKONOMIE V2 17 Betaal omgewingsubsidies  • Die regering betaal ʼn subsidie aan firmas wat hulle in staat stel om besoedelingsvlakke met ʼn sekere persentasie of onder ʼn sekere vlak te verminder  • Bv. die regering subsidieer nuwe tegnologie wat energie bespaar, soos energiebesparende gloeilampe of sonkraggeisers  Reik bemarkbare permitte uit  • Die regering reik ʼn permit aan elke firma uit wat ʼn sekere hoeveelheid besoedeling toelaat, so dit stel ʼn standaard  • Firmas word toegelaat om die permitte aan ander firmas te verhandel wat ʼn groter besoedelingsvlak het  • Wanneer uitset verhoog word, kan elke firma besluit of dit meer winsgewend is om permitte vir bykomende besoedeling te koop of om sy tegnologie te verander om minder besoedeling te produseer deur sy huidige permitte te gebruik  Bevel en beheer  • Maksimum toegelate vlakke word gestel, bv. emissie minimum aanvaarbare vlakke van omgewingskwaliteit  • Inspekteurs monitor die aktiwiteite en lê boetes op indien die wetlike perke nie gerespekteer word nie  • Daar is drie benaderings tot die ontwerp van bevel- en beheerstelsel: • Hoeveelheidstandaarde: fokus op hoeveelhede besoedeling wat vrygestel word  • Gehaltestandaarde:  Hierdie fokus op die omgewingsimpak van die besoedeling wat vrygestel word.  • Maatskaplike impakstandaarde:  Hierdie fokus op die uitwerking op mense van die besoedeling wat vrygestel word. Vrywillige ooreenkomste  • Die regering probeer om vrywillige ooreenkomste met besighede aan te gaan om besoedeling te verminder. Eerder as om wette en regulasies op te lê  • Hierdie ooreenkomste sluit formele kontrakte of informele verbintenisse in wat besighede onderhandel om by hul eie omstandighede te pas  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 18 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2022) Onderwys  • Dit word gebruik om mense se houding teenoor die omgewing te probeer verander  • Innoverende benaderings is probeer om die wêreld te ontwikkel om mense op te voed, bv. die oprigting van ʼn gemeenskapswildreservaat   • Onderwys moet aspekte van inheemse kennisstelsels insluit omdat inheemse mense ʼn breë kennis het van hoe om volhoubaar te leef  • Mense moet bewus gemaak word van omgewingskwessies en die gevolge van hul optrede  • Om hul verbruiksgewoontes meer omgewingsvriendelik te maak • Onderwys speel ʼn belangrike rol in die verbetering van mense se vermoë om die omgewing te bestuur  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (Maks. 26 punte) (26) Maksimum van 8 punte vir blote lys van feite of voorbeelde. ADDISIONELE DEEL Bewaring hou verband met die versorging van natuurlike hulpbronne om te verseker dat hulle nie heeltemal opgebruik word en uit die omgewing verdwyn nie.  Suid-Afrika verseker volhoubare omgewing deur bewaring deur: • herkenning, beskerming en instandhouding van tradisionele kennis, praktyke en kulture  • om tradisionele kennis te gebruik met goedkeuring en betrokkenheid van diegene wat die kennis besit  • die vestiging en doeltreffende bestuur van ʼn verteenwoordigende en doeltreffende stelsel van beskermde gebiede  • beheer en voorkoming van inbring van skadelike spesies wat die biodiversiteit bedreig  • versterking van maatreëls vir die bewaring van biologiese diversiteit buite natuurlike habitat  • die handhawing van voorraadvlakke van omgewingshulpbronne deur die uitreiking van permitte en kwotas  • die handhawing van hernubare voorraad deur kragte van vraag en aanbod  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (Maks. 10 punte) (10) SLOT Die omgewing is belangrik as ʼn kosbare hulpbron wat deur beide die regering en individue grootliks versorg moet word. Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord) (Maks. 2 punte) (2) TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all