Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2021
EKONOMIE V1
NASIENRIGLYN
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 20 bladsye.
You're offline
Skip to contentMemorandum 


%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--d54cb2c3-c826-4990-8f30-6eaeb86b12e4/v1-b25692f4d0b569bc941a/card.webp)








View all





ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT2021 Afrikaans hlayiso.com
Economics · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Memorandum, 20 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2021
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Pages
- 20
- File size
- 411.3 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 20
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2021)
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
1.1.1 B amplitude
1.1.2 A faktor
1.1.3 C ad valorem
1.1.4 B depresieer die R teen die $
1.1.5 D fiskale
1.1.6 D veredeling
1.1.7 C 3–6%
1.1.8 A Wêreldbank (8 x 2) (16)
1.2 PAS ITEMS
1.2.1 F die verskil tussen wat ’n land uitvoer, insluitende goud en
wat die land invoer
1.2.2 C produsente en verbruikers kan goedere en dienste van
enige plek in die wêreld koop sonder die inmenging van
die regering
1.2.3 H die beweging van goedere, dienste en produksiefaktore
onder die deelnemers aan die ekonomie.
1.2.4 A ingebed in vraag- en aanbod beleide.
1.2.5 D toon verhouding tussen belastingkoerse en belasting
inkome
1.2.6 B verhoog potensiaal vir grootskaalse produksie
1.2.7 E die terugkeer van grond aan diegene wat dit verloor het
weens diskriminerende wette
1.2.8 G bereken deur die reële BBP te deel deur die aantal in
diens geneemde werkers (8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) EKONOMIE V1 3
1.3 GEE EEN BEGRIP
1.3.1 Ekonomiese kringloop
1.3.2 Resessie
1.3.3 Nasionalisasie
1.3.4 Globalisasie / Internasionale handel
1.3.5 Ruimtelike Ontwikkelings Inisiatiewe
1.3.6 Ekonomiese Aktiewe Bevolking (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2021)
AFDELING B
Beantwoord TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE
2.1 2.1.1 Noem enige TWEE probleme van openbare sektor
voorsiening.
• Aanspreeklikheid
• Doeltreffendheid
• Assessering van behoeftes
• Prysbeleid
• Parastatale
• Privatisasie / Nasionalisasie (Enige 2 x 1) (2)
2.1.2 Waarom is die aangaan van lenings nie ʼn langtermyn-
oplossing fundamentele betalingsbalans(BOP)-onewe-
wigtigheid nie?
• Dit is omdat lenings op die lang termyn onvolhoubaar is en
lande met hoë rentekoersbetalings belas sal word
• Lande met groot rentebetalings sal waarskynlik nie aan hul
belegging bestee nie
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)
(Enige 1 x 2) (2)
2.2 DATARESPONS
2.2.1 Gee EEN voorbeeld van ’n inspuiting.
• Investering
• Staatsbesteding
• Uitvoere (Enige 1 x 1) (1)
2.2.2 Gee ’n formule om totale besteding in ’n oop ekonomie te
bereken.
• Totale besteding (E) = C + I + G + X – M (1)
2.2.3 Omskryf kortliks die begrip inspuiting.
• ’n Inspuiting is die toevoeging van addisionele geld in die
ekonomie deur investering (I), staatsbesteding (G), en
verdienste uit uitvoere (X).
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) EKONOMIE V1 5
2.2.4 Wat is die uitwerking op nasionale inkome as inspuitings
minder as lekkasies is?
• Die nasionale inkome neem af. (2)
2.2.5 Veronderstel die bestedingsfunksie ( E ) = 10 + 0.5Y.
Teken ’n 45° grafiek, met volledige byskrifte, om die
bestedingsfunksie aan te dui.
E E =Y
C = 10 +0.5Y
10
Y
Korrekte posisionering en byskrifte van 45° = 1 punt
Korrekte byskrif van die vertikale snypunt = 1 punt
Korrekte teken en byskrifte van die bestedings funksie
= 1 punt
Korrekte byskrifte van die asse = 1 punt (4)
2.3 DATARESPONS
2.3.1 Gee ’n voorbeeld van ’n leidende aanwyser.
• Advertensies vir werk / voorraad / verkope (1)
2.3.2 Watter fase van ’n sakesiklus het die hoogte
werkloosheidskoers?
• Depressie (1)
2.3.3 Omskryf kortliks die begrip sakesiklus.
• Sakesiklus is ’n opeenvolgende periode van stygende en
dalende ekonomiese aktiwiteit.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2021)
2.3.4 Verduidelik die Keynesiaanse benadering/verduideliking
van sakesiklusse.
Die Keynesiaanse benadering is van mening dat markte
inherent onstabiel is en daarom mag inmenging van die regering
dalk vereis word. Die prysmeganisme misluk om die vraag en
aanbod in markte te koördineer en dit lei tot ’n toename in
opswaaie en afswaai. (2)
2.3.5 Hoe kan die Suid-Afrikaanse Reserwebank voorkom dat
die ekonomie ’n trog bereik?
Die Reserwebank kan:
• die rentekoers (repokoers) afwaarts aanpas, wat lenings en
krediet goedkoper sal maak en totale vraag sal
stimuleer.
• die kontantreserwe vereistes verlaag ten einde geld meer
beskikbaar te maak aan banke, vir lenings.
• sekuriteite in die ope mark koop om geld beskikbaar te
maak vir lenings (ope mark transaksies)
• kommersiële banke oortuig om verantwoordelik op te
tree.
• die geldvoorraad verhoog.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)
(Enige 2 x 2) (4)
2.4 Teken ’n grafiek, met volledige byskrifte, om die verhouding tussen
inflasie en werkloosheid aan te dui.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) EKONOMIE V1 7
Puntetoekenning:
Korrekte vorm en posisionering van PK = 2 punte
Byskrif van PK = 1 punt
Korrekte byskrifte van asse = 2 punte
Byskrif op as = 1 punt
Identifikasie van natuurlike werkloosheidskoers se punt = 2 punte (8)
2.5 Assesseer die beperkings van die vergelykende voordeel teorie vir
lande wat betrokke is in internasionale handel.
Die vergelykende voordeel-teorie word gekritiseer as gevolg van die
volgende beperkinge:
• Vervoerkoste, tariewe en wisselkoerse mag die relatiewe prys van
goedere verander en dit mag die vergelykende voordele tussen
lande verdraai. ✓✓/ Vervoerkoste mag dalk swaarder weeg as
enige vergelykende voordeel. ✓✓
• Verhoogde spesialisasie mag lei tot dis-ekonomieë van
skaalvoordele. ✓✓
• Regerings mag handel beperk. ✓✓
• Onvolmaakte mededinging mag daartoe lei dat pryse verskil van die
geleentheidskoste verhoudings. ✓✓
• Die vergelykende voordeel-teorie neem nie sommige van die meer
dinamiese elemente van wêreldhandel in ag nie ✓✓ byvoorbeeld
kapitaal mag dalk buite die veld van die teorie val.
• Wins uit handel beteken nie dat elke liewe persoon beter daaraan
toe sal wees nie ✓✓ – werkers in nie-mededingende nywerhede
mag sukkel om werksgeleenthede in nuwe industrieë te verkry. ✓✓
• Dit neem nie die kompleksiteit van wêreldhandel in ag nie, waar
daar in die werklike wêreld met veelvuldige goedere en dienste
tussen verskillende lande handel gedryf word. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2021)
VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES
3.1 3.1.1 Noem enige TWEE aanwysers met betrekking tot die
aanbod van geld.
• M1
• M2
• M3 (Enige 2 x 1) (2)
3.1.2 Hoe help onderwys met sosiale ontwikkeling?
• Onderwys as ’n leerproses en uitbreidende kultuur, dra
opvoeding by tot die verbetering van die menslike
toestand deur beter kennis, gesondheid, leef toestande,
sosiale gelykheid en produktiwiteit.
• Dit is ’n sentrale instrument vir sosiale vooruitgang.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)
(Enige 1 x 2) (2)
3.2 DATARESPONS
3.2.1 Gee die formule om per capita inkome te bereken.
• BBP/bevolking (1)
3.2.2 Identifiseer ‘verdeel’ verwag ’n langer
lewensverwagting?
• Noord
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (1)
3.2.3 Omskryf kortliks die begrip Noord-Suid verdeel.
Verwys na die ontwikkelde lande in die Noordelike Halfrond
en die ontwikkelende lande in die Suidelike Halfrond.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (2)
3.2.4 Vergelyk die armoede-vlakke van die Noord en Suid
lande.
• Die Noord verdeel het baie lae vlakke van armoede en
in die Suid verdeel lewe die bevolking onder die
armoede lyn.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)
(Enige 1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) EKONOMIE V1 9
3.2.5 Hoe beïnvloed lande in die ‘suid-verdeel’ die omgewing
negatief?
Lande in die ‘suide’ beïnvloed die omgewing negatief deur:
• betrokke te raak in produksiemetodes wat nie
omgewingsvriendelik is nie.
• nie omgewingsregulasies in te stel nie.
• op landbou te fokus, wat die natuurlike hulpbronne, soos
byvoorbeeld grond en water uitput.
• nie oor oplossings vir die bewaring van water te beskik
nie.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)
(Enige 2 x 2) (4)
3.3 DATARESPONS
3.3.1 Identifiseer ’n aanwyser met betrekking tot rentekoerse.
• Terug koopkoers / repo koers (1)
3.3.2 Noem die soort wisselkoers-stelsel wat in Suid-Afrika
gebruik word?
• Vry-swewende wisselkoers-stelsel (1)
3.3.3 Omskryf kortliks die begrip prima uitleenkoers.
Die prima uitleenkoers is die rente wat kommersiële banke hef
op hulle mees kredietwaardige korporatiewe kliënte.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (2)
3.3.4 Hoekom is dit belangrik is vir die regering om die prestasie
van die ekonomie te assesseer.
• Om in staat te wees om ingeligte besluite te neem vir
beplannings doeleindes en die samestelling van beleide ten
einde die ekonomie te verbeter.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (2)
3.3.5 Hoe sal ’n styging in die repokoers verbruiksbesteding
beïnvloed?
• Hoër rentekoerse beteken dat verbruikers nie oor soveel
besteebare inkome beskik nie en moet sny aan hulle
besteding.
• Soos wat rentekoerse styg, sal verband pryse afneem.
• Hoe langer die tydperk van die verband, hoe meer sal dit
fluktueer in verhouding tot die rentekoerse.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)
(Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2021)
3.4 Bespreek tariewe en kwotas as metodes van invoervervanging.
Tariewe
• Doeanebelasting en invoerbelasting is belastings op ingevoerde
goedere.
• Dit kan ad valorem (% gebaseer op die waarde) of spesifiek wees
op sekere goedere.
• Pryse op ingevoerde goedere styg dan vir binnelandse verbruikers
en hulle is dan geneig om hulle vraag na ingevoerde goedere te
verskuif na ’n vraag na plaaslik geproduseerde
produkte (goedere). (Enige 2 x 2)
Kwotas
• Beperkings word op die aanbod van goedere en
• dienste geplaas.
• Aanbod word verlaag en die pryse neem toe.
• Buitelandse ondernemings word bevoordeel as die vraag na hulle
produkte hoog bly.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (Enige 2 x 2) (8)
3.5 Hoe kan die Uitgebreide Openbare Werke Program tot ’n daling in
die werkloosheidskoers bydra?
UOWP kan gebruik word deur:
• Investering op (arbeidsintensiewe) infrastrukturele ontwikkeling
terwyl werksgeleenthede geskep word. ✓✓
• Verskaffing van vaardighede wat die gemeenskappe kan help om
hulself geskik te maak om in diens geneem te word. ✓✓
• Bied aan gewone landsburgers die geleentheid om hulle eie
besigheid op die been te bring deur vaardighede te verkry uit
hierdie programme.
• Verskaf werkers met ’n kombinasie van werkservaring en
opleiding.
• Verbeter die lewens van Suid-Afrikaners deur bates vir die
gemeenskap te bou en in stand te hou en ook deur dienste te lewer
aan die gemeenskappe.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) EKONOMIE V1 11
VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
4.1 4.1.1 Noem enige TWEE aansporings wat die SA regering aanwend
om nywerheidsontwikkeling te verbeter.
• Klein Sakeonderneming Ondersteunings Program
• SEDA Tegnologie Program (STP)
• Vaardigheid Ondersteunings Program (VOP)
• Kritiese Infrastruktuur Fasiliteite
• Doeane vrye aansporings
• Buitelandse investering aansporings
• Strategiese Investering Program
• Dienste aan Sake Prosesse (Enige 2 x 1) (2)
4.1.2 Hoe kan ’n land die ruilvoet verbeter?
Die land kan die ruilvoet verbeter deur:
• die kwaliteit van uitvoere te verhoog sodat dit op dieselfde vlak
is as dié van hulle mededingers in die internasionale mark. ✓✓
• die waarde van uitvoere in vergelyking met invoere te verhoog
sodat die handelsbalans meer positief kan wees. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)
(Enige 1 x 2) (2)
4.2 DATARESPONS
4.2.1 Gee EEN voorbeeld van belastings op produkte.
• BTW
• Belastings op invoere
• Belastings op uitvoere
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (1)
4.2.2 Identifiseer die metode wat gebruik is om die BBP te
bereken.
Inkome metode (1)
4.2.3 Omskryf kortliks die begrip verbruik van vaste kapitaal.
• Dit is die vermindering in die waarde van vaste bates wat
plaasvind gedurende die produksieproses.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (2)
4.2.4 Bedaal die waarde van A hierbo?
• R4 523 581
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2021)
4.2.5 Hoekom verskaf die regering subsidies op produkte?
• Om sekere produkte meer bekostigbaar te maak.
bv. bruinbrood.
• Om produksie te verhoog
• Om uitvoere te verhoog
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)
(Enige 2 x 2) (4)
4.3 DATARESPONS
4.3.1 Noem enige ander voorbeeld van ’n basiese diens.
• Vullisverwydering
• Elektrisiteit
• Sanitasie
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)
(Enige 1 x 1) (1)
4.3.2 Dui die persentasie Suid -Afrikaanse huishoudings aan
wat nie toegang tot verbeterde waterbronne het nie.
• 11,8% (1)
4.3.3 Omskryf kortliks die begrip sosiale aanwyser.
• Maatreëls wat ekonome gebruik om die prestasie van ’n
land te meet kragtens die sosiale-welstand van sy
landsburgers.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)
(Enige 1 x 2) (2)
4.3.4 Watter maatreëls kan gebruik word om in ’n voldoende
aanbod van water vir Suid-Afrika te voorsien?
• Voed mense op om verbruik en leefstyle te verander. ✓✓
• Vind nuwe tegnologieë vir waterbewaring uit. ✓✓
• Herwin afvalwater. ✓✓
• Verbeter besproeiing- en landbou praktyke. ✓✓
• Stel ’n toepaslike prys vas vir water. ✓✓
• Ontwikkel energie doeltreffende ontsouting aanlegte. ✓✓
• Verbeter die infrastruktuur wat nodig is vir verspreiding. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)
(Enige 1 x 2) (2)
4.3.5 Hoe suksesvol is die Suid-Afrikaanse regering in die
lewering van dienste as ʼn sosiale aanwyser?
Suksesse:
• Die Nasionale Elektrisiteit Reguleerder rapporteer dat
85,4% van huishoudings in Suid-Afrika toegang tot
elektrisiteit in 2013 gehad het. Die syfer was 83,5% in
2010.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) EKONOMIE V1 13
• Ongeveer 66% van huishoudings in Suid-Afrika het toegang
tot weeklikse vullisverwydering deur plaaslike owerhede.
• 89% van Suid-Afrikaners het toegang tot skoon water gehad
in 2013
• In Suid-Afrika, behels gratis basiese water 6 000 liter per
huishouding, per maand.
• 77,9% van huishoudings in Suid-Afrika het in 2013 toegang
gehad tot basiese sanitasie.
• Dit sluit in spoeltoilette, chemiese toilette en put toilette met
ventilasie pype.
Mislukkings:
• Die land word tans uitgedaag deur onwettige elektrisiteit
koppeling en kragonderbrekings.
• Munisipaliteite misluk in hul poging om vullis te verwyder, soos
wat daar van hulle verwag word.
• Daar is steeds gebiede in Suid-Afrika wat emmer toilette
gebruik sonder voldoende ventilasie stelsels.
• Sommige gebiede in die land staar ernstige water uitdagings in
die gesig, waar mense en diere toegang tot dieselfde besmette
waterbronne het.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)
(Enige 2 x 2) (4)
4.4 Bespreek kortliks die voorkoming van storting (‘dumping’) en
beskerming van natuurlike hulpbronne as argumente ten gunste van
beskerming.
Voorkoming van storting (’dumping’)
• Sommige lande verkoop hulle surplusgoedere in ’n ander land teen ’n
laer prys as wat dit hulle kos om die goedere te produseer.
• Plaaslike produsente kan nie meeding nie en hulle fabrieke mag
sluit.
• Oor die langtermyn, sal konstante laer pryse in vergelyking met dié van
plaaslike pryse, die plaaslike nywerhede uit besigheid uit dwing en dit
sal buitelandse besighede toelaat om hulself as ’n monopolie
te vestig.
• Hierdie buitelandse monopolieë sal dan kort daarna hulle pryse verhoog
en sodoende verbruikers uitbuit. (2 x 2)
Beskerming van natuurlike hulpbronne
• Vryhandel kan maklik natuurlike hulpbronne uitput.
• Daarom is beskerming nodig om plaaslike nywerhede te beskerm
asook inheemse kennisstelsels, sodat hulle kan oorleef.
• Die Suid-Afrikaanse regering het stappe geneem om Rooibostee te
beskerm as natuurlike hulpbron en hulle beskerm inheemse kennis wat
toelaat dat die hoodia plant gebruik word vir medisinale doele.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (2 x 2) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2021)
4.5 Hoe kan die Reserwebank die tekort op die betalingsbalans
doeltreffend verminder.
Die tekort kan verminder word deur:
• Die land aan te moedig, wanneer daar ’n tekort ervaar word, om geld te
leen van ander lande.
• Leen: ’n land het in elk geval nie ’n langtermyn oplossing vir die
fundamentele betalingsbalans onewewigtigheid nie.
• Leen by die Internasionale Monetêre Fonds (IMF), as ’n lidland, in die
geval van ’n fundamentele onewewigtigheid.
• ’n Verhoging in rentekoerse sal besteding laat daal en dit sluit invoere
in.
• Gebruik aanbodkant beleid om mededinging in die plaaslike bedryf en
uitvoere te verbeter.
• Byvoorbeeld, as die regering streef na ʼn beleid vir privatisering en
deregulering, mag dit help om die doeltreffendheid van die ekonomie te
verhoog, as gevolg van die winsmotief in die privaat sektor.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) EKONOMIE V1 15
AFDELING C
VRAAG 5: MAKRO EKONOMIE
• Bespreek in detail die rede(s) vir openbare sektor mislukking. (26 punte)
• Assesseer hoe ondoeltreffendheid, wat bydra tot openbare sektor
mislukking, opgelos kan word. (10 punte)
INLEIDING
• Openbare sektor mislukking vind plaas wanneer die regering misluk om die
ekonomie en die hulpbronne onder sy beheer, optimaal te bestuur. / Openbare
sektor mislukking kan beskou word as ’n mislukking van die regering om sy
doelwitte te bereik.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike inleiding.) (2)
HOOFGEDEELTE
Bestuur mislukking
• Onkunde, bv. implementeer van botsende beleide of verkeerde beleide.
• Onbevoegdheid, dit is die gebrek aan vaardigheid of vermoë om ’n taak behoorlik
te doen. Dit mag wees as gevolg van onvoldoende kwalifikasies, gebrek aan
opleiding, ondervinding en ’n apatiese houding.
• Dit mag tot verkeerde besluitneming en lae produktiwiteit lei.
• Korrupsie bv. uitbuiting van ’n persoon se posisie vir persoonlike gewin.
Aanvaar van omkoopgeld/-geskenke, pleeg van bedrog, nepotisme, oneerlike
gedrag en deur diskriminerend op te tree.
• Bevordering van eiebelang wat verwys na die gedrag wat die welvaart van
iemand verbeter ten koste van die welvaart van andere.
Apatie
• Suksesvolle openbare produksie maak op langtermyn aanspreeklikheid
staat.
• Dit is nie altyd maklik om die openbare sektor verantwoordelik te hou nie, as
gevolg van die groot arbeidsmag in die verskillende departemente.
• Swak aanspreeklikheid kan lei tot ondoeltreffendheid soos korrupsie en swak
dienslewering.
• Mense wat in diens van die staat is, dien nie altyd die belang van die publiek
nie.
• Hulle is daarop uit om hulle salarisse, status en mag te maksimeer en daar word
nie van hulle verwag om ’n wins en verlies staat op te stel nie.
• Hulle is begroting aangedrewe.
• Swak aanspreeklikheid is die gevolg van lae motivering, swak opleiding en ’n
gebrek aan bevoegdheid.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2021)
Gebrek aan motivering
• Voorste linie werkers ontvang selde aansporings vir suksesvolle dienslewering.
• Daar is baie min voorskrifte vir diens kwaliteit of kwantiteit.
• Daar bestaan geen meting van doeltreffendheid of produktiwiteit nie en daar is weinig
vergoeding en strawwe daarvoor.
• Daar is nie genoeg stelsels in plek om dienste wat deur regeringsbeampte gelewer
word, te evalueer nie.
• Die verskaffer monitor slegs insette en nakoming van prosesse en prosedures.
• Dit lei tot beperkte dienste wat van ’n swak gehalte en duur is en tot staats-
departemente wat ondoeltreffend en oneffektief is.
Burokrasie
(amptelike reëls en prosedures)
• Burokrasie maak beleide: dit neem lank om te implementeer of dit word nie suksesvol
geïmplementeer nie.
• Beamptes mag dalk fokus op korrekte prosedures en reëls en nie omgee oor kwaliteit
nie (bv. die aantal pasiënte waarna omgesien word) en kwaliteit van diens (bv.
verduideliking van die gebruik van medisyne). Sommige mag selfs onsensitief
wees tot die behoeftes van hulle kliënte.
• As gevolg van eiebelang, kan burokrate beleide manipuleer om hulself te bevoordeel
ten koste van ander mense.
Politici
• Politici is geneig om beleide te bevorder en spandeer geld op projekte solank as wat
hulle net stemme kry inruil daarvoor.
• Hierdie beleide mag dalk die ondoeltreffende toekenning van hulpbronne behels.
• Politici kan ook hulle eie belange dien deur middel van korrupsie, persoonlike en
verskuilde agendas en suspisieuse motiewe.
Strukturele swakpunte
• Doelwitte word nie bereik nie.
• Byvoorbeeld, volle indiensname en behuising vir almal is nie realisties nie en is
onbereikbare doelwitte.
• Sommige doelwitte mag dalk teen mekaar werk en daartoe lei dat die regering nie sy
makro-ekonomiese doelwitte bereik nie.
• Bv. as die regering inkome en rykdom té aggressief herversprei, kan ekonomiese
groei en ontwikkeling oor die langtermyn skade ly.
Spesiale belangegroepe
• Groepe soos vakbonde en sakegroepe kan ook lei tot regerings mislukking.
• Vakbonde kan die regering beïnvloed om sekere wette af te vaardig wat tot voordeel
van hulle lede kan wees.
• Sakegroepe kan, byvoorbeeld, die regering beïnvloed om hulle te voorsien van
winsgewende kontrakte en gunstige regulasies.
• Hulle kan ook die regering beïnvloed om hulpbronne te versprei sodat hulle kan
voordeel trek ten koste van die land.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) EKONOMIE V1 17
Assesseer hoe ondoeltreffendheid, wat bydra tot openbare sektor
mislukking, opgelos kan word.
• Belastingbetalers se geld kan aangewend word om die optimale toewysing van
hulpbronne te verseker bv. subsidieer studente se onderrig gelde op
meriete.
• Beskerming van nywerhede wat van strategiese belang is bv. die
tekstielbedryf wat arbeidsintensief is.
• Monitor besteding van regeringsfondse aan sosiale dienste, wat begrotings
verwant is, ten einde nepotisme en korrupsie te vermy.
• Stel strukture en beleide in plek om direk om te sien na die omgewing. bv.
vermeerder die aantal sekuriteitsbeamptes om die uitwissing van diere, bv.
renosters, te voorkom.
• Sien indirek om na die omgewing deur middel van programme wat die
gemeenskappe bewus maak van die toestand van die omgewing. bv. meer
omgewingsprogramme op die TV en op die grondvlak.
• Menseregte moet eerbiedig word ten einde samewerking te verseker op alle
vlakke van die regering.
• Verminder burokrasie deur te investeer in moderne stelsels, soos byvoorbeeld IT
stelsels. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike oplossing wat verband hou met
burokrasie, onbevoegdheid en korrupsie.) (10)
SLOT
• Die Suid-Afrikaanse regering se laaste groeiplan, die Ekonomiese Her-
konstruksie en Herstel Plan (EHHP) van 2020, het getoon dat weinig korttermyn
doelwitte bereik is en met vordering wat hoofsaaklik diagnosties was, bv.
sameroeping van komitees, fondse en verhoogde regeringsindiensname.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike slot.) (2)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2021)
VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES
• Bespreek in detail Suid-Afrika se inisiatiewe ten opsigte van
streekontwikkeling. (26 punte)
• Evalueer die sukses van Suid-Afrika se streekontwikkelings beleide
kragtens internasionale maatstawwe. (10 punte)
INLEIDING
Streekontwikkeling verwys na beleide wat daarop gemik is om die ekonomiese
lewensonderhoud van spesifieke areas of gebied te verbeter.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike inleiding.)
HOOFGEDEELTE
Spesiale ekonomiese sones (SES’e)
• Hierdie is geografiese gebiede van ’n land wat uitgesit is vir spesifiek
geteikende ekonomiese aktiwiteite.
• Hierdie aktiwiteite word ondersteun deur spesiale reëlings wat wette en
ondersteuningstelsels mag insluit wat nywerheidsontwikkeling
ondersteun.
• Hulle het ten doel om die vervaardigingsektor uit te brei.
• Dit skep addisionele industriële gebiede sodat die nasionale nywerheidsbasis
streeksgewys kan diversifiseer.
• Hierdie gebiede mag aansporings geniet soos belastingverligting en
ondersteuningstelsels om nywerheidsontwikkeling te bevorder.
• Daar is planne om belasting te verminder na 15% as ’n aansporing om nuwe
nywerhede te lok.
• Die doel met die vestiging van ’n SES is om die volgende te lok:
o slegs nuwe besighede
o ondernemings wat ’n nuwe produkreeks ontwikkel
o ondernemings wat hulle aantal produkte uitbrei
• Die DHN het aangedui dat die bestaande NOS’e, waar spesiale belasting
aansporings nie geld nie, geïnkorporeer sal word by SES’e.
• Dit skep ’n basis vir ’n breër reeks industriële parke en verskaf ekonomiese
infrastruktuur en bevorder werkskepping.
Gange / korridors
• Korridors in Suid-Afrika is ruimtelike gebiede wat spesifieke voordele bied aan
mynwese, vervaardiging en ander besighede.
• Die voordele sluit ook in die teenwoordigheid van bestaande infrastruktuur en
die spesialisasie van produkte en dienste.
• Hierdie korridors is ontwikkelingsareas binne Suid-Afrika en is die
ontwikkelings prioriteit van die ontwikkelingsagente.
• Die DHN verskaf hulp ter ondersteuning van die ontwikkeling van korridors.
• Die Maputo Korridor, wat in Gauteng begin en deur Mpumalanga strek tot by
die Maputo hawe, bied geleenthede aan die vervoer nywerheid of die
Phalaborwa sub-korridor in die Limpopo Provinsie bied geleenthede vir die
mynwese en verwante aktiwiteite. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) EKONOMIE V1 19
Ruimtelike Ontwikkelings Inisiatiewe (ROI)
• Dit is ’n gebied met hoë vlakke van werkloosheid en armoede wat deur die
regering geïdentifiseer is vir ’n gekoördineerde poging om die ekonomiese
potensiaal van die gebied te ontwikkel.
• Die gebied wat gekies word as ’n ROI moet onderontwikkeld wees en die
potensiaal hê vir volhoubare groei.
• Die ontwikkeling fokus op hoë vlak ondersteuning in gebiede waar sosio-
ekonomiese toestande gekonsentreerde regeringsbystand benodig.
• Hierdie inisiatiewe help om ekonomiese aktiwiteit eweredig oor die land te
versprei.
• Alle investering is gebaseer op openbare-private vennootskappe.
• Dit is ’n regering strategie van investering wat die Department van Handel en
Nywerheid (DHN) betrek asook die Departement van Vervoer (DvV).
• Dit fokus op die aandag van die regering wat strek oor nasionale, provinsiale en
plaaslike regeringsvlakke ten einde te verseker dat investering versnel word
en dat daar die maksimum sinergie tussen die verskeie soorte investering
heers.
• Daar word van hierdie projekte verwag om nuwe werksgeleenthede te skep vêr
in die toekoms in.
• Die sukses van hierdie projekte hang af van ’n sterk beweging na internasionale
mededingendheid, streeksamewerking en ’n meer gediversifiseerde basis vir
eienaarskap.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)
Nywerheidsontwikkeling Sones
• Dit is ’n doelgerigte geboude nywerheids perseel, wat fisies omhein is en grens
aan ’n internasionale hawe of lughawe, met belastingvrye aansporings.
• Dit was ontwerp om internasionale mededingendheid in SA se
vervaardigingsektor aan te moedig.
• NOS’e val buite plaaslike doeane sones en daarom is dit by magte om items
vry van doeane- en handelsbeperkings in te voer en dan weer hulle goedere uit
te voer.
• Hulle is ontwerp om nuwe investering in uitvoer gedrewe nywerhede te lok.
Daardeur word uitvoere, ekonomiese groei en ontwikkeling aangemoedig.
• NOS’e is die verantwoordelikheid van die provinsiale en plaaslike regering.
• Besighede ontwikkel rondom die NOS’e (bankwese, personeel, versekering,
ouditeurs, IT, kommunikasie, akkommodasie, spyseniering, inkopies, vervoer).
• NOS’e versterk en stimuleer ekonomieë in hulle onmiddellike omgewings.
• Elke NOS bied direkte skakels aan internasionale hawens en lughawens,
wêreldklas infrastruktuur, ’n nulkoers BTW op die aanbod van Suid-Afrikaanse
bronne, regering aansporing skemas, verminderde belasting op sommige
produkte en toegang tot die nuutste inligting.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)
(Ken ’n maksimum van 8 punte toe indien feite/voorbeelde slegs gelys words)
(Maks. 26)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
20 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2021)
ADDISIONELE GEDEELTE
Evalueer die sukses van Suid-Afrika se streekontwikkelings beleide
kragtens internasionale maatstawwe.
SA was suksesvol in sy Streekontwikkelingsbeleide omdat:
• ingrypings in nywerhede gebaseer is op gesonde ekonomiese navorsing en
ontleding wat lei tot groei-formulering van Nasionale Industriële
Beleidsraamwerk (NIPF) waarop die Industriële Beleid Aksieplan (IPAP)
2018/2019– 2020/2021 gebaseer is.
• voorsiening van subsidies en aansporingsbeduidende vooruitgang en groei in
staat stel in die opgradering van waardetoevoeging en arbeidsintensiewe
vervaardigingsektore, die Swart besigheid-verskaffer ontwikkelingsprogram,
Buitelandse investering toelaes, SEDA Tegnologie Program, ens.
• groot sukses bereik is in die bekamping van doeane bedrog en onwettige
invoere van produkte van ’n swak kwaliteit, deur invoerbeperking van die Wet
op Doeane beheer, die Wet op Doeanebelasting, die Wet op Internasionale
Handel Administrasie en die Wet op Vervalste goedere.
• ’n belyning van handelsbeleid en nywerheidsbeleid plaasgevind het deur die
Departement van Handel en Nywerheid (DHN) as een van sy doelwitte.
• dit daartoe gelei het dat Suid-Afrikaanse nywerhede meer mededingend geword
het in die globale mark.
SA was onsuksesvol in sy Streekontwikkelings beleide omdat:
• nywerhede gesluit het weens die onttrekking van finansiële ondersteuning deur
die regering.
• daar geen aanduiding is van goeie bestuur nie, as gevolg an korrupsie en
nepotisme, bv. staatskaping.
• daar ’n gebrek is aan aanspreeklikheid en deursigtigheid en programme
gevolglik nie korrek gemonitor en geëvalueer word nie.
• beleide slegs vir ’n korttermyn doel geïmplementeer word (geen volhoubaarheid
nie), bv. programme soos die UOWP vir menslike hulpbronne en beskermings
beleide vir natuurlike hulpbronne.
• daar geen integrasie is nie, want ontwikkeling is steeds gesentraliseer in dorpe
en stede.
• daar steeds ’n groot gaping is tussen ontwikkeling in stedelike en plattelandse
gebiede kragtens infrastruktuur.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)
SLOT
Die Suid-Afrikaanse regering het toegetree tot verskeie ooreenkomste en projekte
wat ontwikkeling in Suider-Afrika ondersteun, tot voordeel van Suid-Afrika.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike slot.) Maks. (2) (2)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Memorandum
Economics P2 Memo Afr

Memorandum
Economics P2 May June 2025 MG Afr

Memorandum
ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans hlayiso.com
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--d54cb2c3-c826-4990-8f30-6eaeb86b12e4/v1-b25692f4d0b569bc941a/card.webp)
Memorandum
Gr 12 Economics P2 (Afrikaans) 2024 Possible Answers hlayiso.com

Memorandum
ECONOMICS P2 MEMO GR12 JUNE 2023 Afrikaans

Memorandum
ECONOMICS P2 MEMO GR12 JUNE 2023 Afrikaans hlayiso.com
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Question paper
ECONOMICS P2 QP GR12 SEPT2021 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans hlayiso.com

Memorandum
ECONOMICS P2 MEMO GR12 SEPT2014 AFRIKAANS hlayiso.com

Memorandum
Economics Grade 12 Trial 2021 P1 and Memo hlayiso.com

Question paper
ECON P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
ECONOMICS P2 QP SEPT2018 Afrikaans hlayiso.com
More from Grade 12 Economics
Explore more published documents in this catalogue.

Question paper
ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D

Question paper
Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State

Question paper
Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga

Question paper
Economics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Mpumalanga

Question paper
Economics P1 May June 2025 Afr

Question paper