Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2021
EKONOMIE V1
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.
Skip to contentAll 2021 papers 





View all

_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)


%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b63a0d0e-df37-4750-b5b1-eca932045c79/v1-e860756d76976a4f1387/card.webp)
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)
Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2021 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2021
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 391.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 13
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2021
Questions in this paper
- Question 1.1Business cycles and forecasting16 marks
- Question 1.2The circular flow model, national account aggregates and the multiplier8 marks
- Question 1.3The circular flow model, national account aggregates and the multiplier6 marks
- Question 2The circular flow model, national account aggregates and the multiplier40 marks
- Question 3Economic growth and development40 marks
- Question 4The circular flow model, national account aggregates and the multiplier40 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2021)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord enige TWEE van die drie vrae.
AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.
2. Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
nagesien word NIE.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.
5. Lees die vrae aandagtig deur.
6. Begin ELKE vraag op ’n NUWE bladsy.
7. Laat 2−3 reëls oop tussen onderafdelings van vrae.
8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.
9. Gebruik slegs swart of blou ink.
10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
3 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2021)
AFDELING A (VERPLIGTEND) 30 PUNTE − 20 MINUTE
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as antwoorde tot die volgende vrae gegee. Kies die
korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
ooreenstemmende vraagnommers (1.1.1−1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK
neer, byvoorbeeld. 1.1.9 D.
1.1.1 Die erns van ’n fase in die sakesiklus word deur die … gemeet.
A trog
B amplitude
C ekstrapolasie
D tendens
1.1.2 Arbeid kan in die …-mark gekoop en verkoop word.
A faktor
B goedere
C finansiële
D verbruikers
1.1.3 Wanneer invoertariewe ingestel word as ’n persentasie van die
waarde van die ingevoerde goedere, staan dit as … -tariewe
bekend.
A saamgestelde
B spesifieke
C ad valorem
D gemiddelde
1.1.4 As die wisselkoers verander van $1 = R6 tot $1 = R8, as gevolg van
markkragte, dan ...
A depresieer die $ teen die R.
B depresieer die R teen die $.
C devalueer die R teen die $.
D devalueer die $ teen die R.
1.1.5 Sosiale toelaes aan landsburgers van Suid-Afrika vorm deel van
die ... beleid.
A monetêre
B handels-
C groei
D fiskale
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2021)
1.1.6 Die proses om ʼn mineraal te omskep in ʼn produk met ʼn hoër waarde,
wat plaaslik verbruik of uitgevoer kan word, staan as ... bekend.
A poorte
B opritte
C uitvoerverwerkingsones
D veredeling
1.1.7 Die huidige inflasiekoers vasgestel deur die Suid-Afrikaanse
regering, is ...
A 1 – 6%.
B 6 – 12%.
C 3 – 6%.
D 0 – 3%.
1.1.8 ʼn Internasionale organisasie wat van sy lede vereis om hul
aanwysers te standaardiseer, word die ... genoem.
A Wêreldbank
B Regerings Finansiële Statistieke.
C Wêreld Ekonomiese Forum
D Menslike-ontwikkelingsindeks (8 x 2) (16)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
5 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2021)
1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn begrip in KOLOM A pas. Skryf
slegs die korrekte letter (A−I) langs die ooreenstemmende vraagnommers
(1.2.1−1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Handelsbalans A ingebed in vraag- en aanbod beleide
1.2.2 Vryhandel B verhoog potensiaal vir grootskaalse
produksie
1.2.3 Reële vloei C produsente en verbruikers kan goedere
en dienste van enige plek in die wêreld
koop sonder die inmenging van die
regering
1.2.4 Nuwe ekonomiese D toon verhouding tussen belasting-
paradigma koerse en belasting-inkome.
1.2.5 Laffer-kurwe E die terugkeer van grond aan diegene
wat dit verloor het weens
diskriminerende wette
1.2.6 Nasionale F die verskil tussen wat ’n land uitvoer,
Nywerheidsbeleid insluitende goud, en wat die land invoer
Raamwerk (NNBR)
1.2.7 Grond-restitusie G word bereken deur die reële BBP te
deel deur die aantal indiens-geneemde
werkers
1.2.8 Arbeidsproduktiwiteit H die beweging van goedere, dienste en
produksiefaktore onder die deelnemers
aan die ekonomie
I toon alle transaksies tussen een land
en ’n ander land
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2021)
1.3 Gee EEN begrip/woord vir elk van die volgende omskrywings. Skryf slegs
die begrip/woord langs die ooreenstemmende vraagnommer (1.3.1 tot 1.3.6)
in die ANTWOORDEBOEK neer. Afkortings, akronieme en voorbeelde sal
NIE aanvaar word NIE.
1.3.1 Aanhoudende vloei van besteding, produksie en inkome tussen
verskillende sektore
1.3.2 ’n Negatiewe ekonomiese groei vir ten minste twee opeenvolgende
kwartale.
1.3.3 Oordrag van funksies en eienaarskap van entiteite vanaf die privaat
sektor na die openbare sektor
1.3.4 Die wêreldwye interaksie tussen ekonomieë met handel as ʼn
belangrike element
1.3.5 Geïnisieer om infrastruktuur en investering in besighede in
afgeskeepte en onderontwikkelde areas te voorsien
1.3.6 Alle persone van enige geslag, tussen die ouderdom van 15 en 65
wat arbeid vir produktiewe aktiwiteite verskaf (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
7 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2021)
AFDELING B
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem enige TWEE probleme van openbare sektor voorsiening.
(2 x 1) (2)
2.1.2 Waarom is die aangaan van lenings nie ʼn langtermynoplossing vir
ʼn fundamentele betalingsbalans (BOP)-onewewigtigheid nie?
(1 x 2) (2)
2.2 Bestudeer die onderstaande diagram en beantwoord die vrae wat volg.
Die vermenigvuldiger-effek vind plaas omdat inspuitings of die nuwe vraag
na goedere en dienste in die ekonomiese kringloop van inkome, verdere
rondtes van besteding stimuleer. Nasionale inkome kan verander as ’n
direkte gevolg van ’n verandering in totale besteding.
[Aangepas en vertaal uit https://www.economicsonline.co.uk]
2.2.1 Gee EEN voorbeeld van ’n inspuiting. (1)
2.2.2 Gee ’n formule om totale besteding in ’n oop ekonomie te bereken. (1)
2.2.3 Omskryf kortliks die begrip inspuiting. (2)
2.2.4 Wat is die uitwerking op nasionale inkome as inspuitings minder
as lekkasies is? (2)
2.2.5 Veronderstel die bestedingsfunksie ( E ) = 10 + 0.5Y.
Teken ’n 45° grafiek, met volledige byskrifte, om die bestedings-
funksie aan te dui. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2021)
2.3 Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.
SUID-AFRIKA SE LEIDENDE SAKESIKLUS AANWYSER
Die saamgestelde leidende sakesiklus aanwyser in Suid-Afrika het
intussen vooruitbeweeg na ’n skerp daling in April 2020. Die grootste
positiewe bydraes kom van meer bouplanne wat goedgekeur is.
[Aangepas en vertaal uit SARBQB, Desember 2020.]
2.3.1 Gee ’n voorbeeld van ’n leidende aanwyser. (1)
2.3.2 Dui die fase aan van ’n sakesiklus wat die hoogste
werkloosheidskoers het. (1)
2.3.3 Omskryf kortliks die begrip sakesiklus. (2)
2.3.4 Verduidelik die Keynesiaanse benadering/verduideliking van
sakesiklusse. (2)
2.3.5 Hoe kan die Suid-Afrikaanse Reserwebank voorkom dat die
ekonomie ’n trog bereik? (4)
2.4 Teken ’n grafiek, met volledige byskrifte, om die verhouding tussen inflasie
en werkloosheid aan te dui. (8)
2.5 Assesseer die beperkings van die vergelykende voordeelteorie vir lande
wat by internasionale handel betrokke is. (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
9 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2021)
VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem enige TWEE aanwysers met betrekking tot die aanbod van
geld. (2 x 1) (2)
3.1.2 Hoe help onderwys met sosiale ontwikkeling? (1 x 2) (2)
3.2 Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.
ONGELYKE LEWENSTANDAARD
[Aangepas en vertaal uit https://www.bbc.co.uk/]
3.2.1 Gee ʼn formule om per capita inkome te bereken. (1)
3.2.2 Identifiseer die ‘verdeel’ waar ’n langer lewensverwagting verwag
word. (1)
3.2.3 Omskryf kortliks die begrip Noord-Suid verdeel. (2)
3 .2.4 Vergelyk die armoede-vlakke van die Noord en Suid lande. (2)
3.2.5 Hoe beïnvloed lande in die ‘suid-verdeel’ die omgewing negatief? (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2021)
3.3 Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg.
LOPENDE MARK-KOERSE
Aanwyser Waarde Laaste periode Beweging
Repokoers 3,5 23/02/2021
Prima uitleenkoers
7,00 23/02/2021
M3
9,48 Des 2020
Rand per VS
Dollar
14,6818 23/02/2021
[Aangepas en vertaal uit www.resbank.co.za]
3.3.1 Identifiseer ’n aanwyser met betrekking tot rentekoerse. (1)
3.3.2 Noem die soort wisselkoers-stelsel wat in Suid-Afrika gebruik word. (1)
3.3.3 Omskryf kortliks die begrip prima uitleenkoers. (2)
3.3.4 Hoekom is dit belangrik vir die regering om die prestasie van die
ekonomie te assesseer? (2)
3.3.5 Hoe sal ’n styging in die repokoers verbruiksbesteding beïnvloed? (4)
3.4 Bespreek tariewe en kwotas as metodes van invoervervanging. (8)
3.5 Hoe kan die Uitgebreide Openbare Werke Program tot ’n daling in die
werkloosheidskoers bydra? (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
11 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2021)
VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem enige TWEE aansporings wat die SA regering aanwend om
nywerheidsontwikkeling te verbeter. (2 x 1) (2)
4.1.2 Hoe kan ’n land die ruilvoet verbeter? (1 x 2) (2)
4.2 Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg.
NASIONALE REKENING TOTALE
SUID-AFRIKA SE BRUTO BINNELANDSE PRODUK 2019 R miljoene
Vergoeding aan werkers 2 418 544
Netto bedryf surplus 1 296 696
Verbruik van vaste kapitaal 713 078
Bruto toegevoegde waarde teen faktorkoste 4 428 317
Ander belastings op produksie 105 061
Ander subsidies op produksie 9 798
Bruto toegevoegde waarde teen basiese pryse A
Belastings op produkte 554 866
Subsidies op produkte 10 821
Bruto binnelandse produk teen markpryse 5 077 625
[Aangepas en vertaal uit SARB Quarterly Bulletin, Desember 2020]
4.2.1 Gee EEN voorbeeld van belastings op produkte. (1)
4.2.2 Identifiseer die metode wat gebruik is om die BBP te bereken. (1)
4.2.3 Omskryf kortliks die begrip verbruik van vaste kapitaal. (2)
4.2.4 Bepaal die waarde van A hierbo. (2)
4.2.5 Hoekom verskaf die regering subsidies op produkte? (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2021)
4.3 Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.
PERSENTASIE VAN HUISHOUDINGS WAT TOEGANG TOT
DRINKWATER IN SUID-AFRIKA HET – SOSIALE AANWYSER
[Aangepas en vertaal uit stats.sa@gov.za]
4.3.1 Noem enige ander voorbeeld van ’n basiese diens. (1)
4.3.2 Dui die persentasie Suid-Afrikaanse huishoudings aan wat nie
toegang tot verbeterde waterbronne het nie. (1)
4.3.3 Omskryf kortliks die begrip sosiale aanwyser. (2)
4.3.4 Watter maatreëls kan gebruik word om in ’n voldoende aanbod van
water vir Suid-Afrika te voorsien? (2)
4.3.5 Hoe suksesvol is die Suid-Afrikaanse regering in die lewering van
dienste as ’n sosiale aanwyser? (4)
4.4 Bespreek kortliks die voorkoming van storting (‘dumping’) en beskerming
van natuurlike hulpbronne as argumente ten gunste van beskerming. (8)
4.5 Hoe kan die Reserwebank die tekort op die betalingsbalans doeltreffend
verminder? (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
13 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2021)
AFDELING C
Beantwoord enige EEN vraag uit die TWEE vrae in die ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
PUNTE
STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL
TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is ’n lae orde antwoord. Maks. 2
• ʼn Goeie begin sal wees om die begrip of sleutelwoord wat in die
vraag gebruik word, te definieer.
• MOENIE enige gedeelte van die vraag in jou inleiding insluit nie.
• MOENIE enige gedeelte van die inleiding in jou inhoud herhaal nie.
• Vermy om in die inleiding te sê wat jy in die inhoud gaan bespreek.
Inhoud
Hoofgedeelte: Bespreek in detail/In-diepte bespreking/Ondersoek/ Maks. 26
Bespreek krities/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Verduidelik/Assesseer/
Debatteer/Teken ’n grafiek en verduidelik/Gebruik gegewe vraag en
verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek Maks. 10
Addisionele gedeelte: Gee jou mening/Bespreek krities/Evalueer/
Evalueer krities/Lei af/Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/
Hoe/Stel voor/Ontleed
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:
• ’n Kort opsomming van wat bespreek is sonder om genoemde feite te Maks. 2
herhaal
• Enige mening of waarde oordeel oor die feite wat bespreek is
• Addisionele ondersteunende inligting om die bespreking/ontleding te
versterk
• ’n Teenstellende sienswyse met motivering, indien nodig is.
• Aanbeveling.
TOTAAL 40
VRAAG 5: MAKRO EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
• Bespreek in detail die rede(s) vir openbare sektor mislukking. (26 punte)
• Assesseer hoe ondoeltreffendheid, wat bydra tot openbare sektor
mislukking, opgelos kan word. (10 punte) [40]
VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE
• Bespreek in detail Suid-Afrika se inisiatiewe ten opsigte van
streekontwikkeling. (26 punte)
• Evalueer die sukses van Suid-Afrika se streekontwikkelingsbeleide
kragtens internasionale maatstawwe. (10 punte) [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)
More from Grade 12 Economics

Memorandum
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)
_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 Eastern Cape June 2024 Question Paper

Memorandum
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b63a0d0e-df37-4750-b5b1-eca932045c79/v1-e860756d76976a4f1387/card.webp)
Question paper