Skip to content

Economics Grade 12 P2 Gauteng June 2024 Question Paper (Afr)

Question paperEconomicsGrade 12202413 pages

Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the Gauteng June Exam 2024 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com JUNIE EKSAMEN GRAAD 12 2024 EKONOMIE (VRAESTEL 2) TYD: 2 uur PUNTE: 150 13 bladsye Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 2 (VRAESTEL 2) GR12 0624 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK: AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae. AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Antwoorde wat die vereiste aantal oorskry, sal NIE nagesien word NIE. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 4. Skryf die vraagnommer bo elke antwoord neer. 5. Lees die vrae aandagtig deur. 6. Begin elke vraag op ʼn NUWE bladsy. 7. Laat 2 – 3 reëls oop tussen onderafdelings van vrae. 8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen. 9. Gebruik slegs swart of blou ink. 10. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar. Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 3 (VRAESTEL 2) GR12 0624 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.9 D. 1.1.1 Watter item beskryf private voordeel die beste, indien ʼn KBA gedoen word, vir die aankoop van nuwe kapitaalmasjinerie vir ʼn besigheid? A ʼn Vermindering van arbeid benodig B Bykomende instandhouding C Aankoopkoste D Opleidingskoste 1.1.2. Waarna verwys produktiewe doeltreffendheid in Ekonomie? A Maksimering van winste B Minimalisering van koste C Optimalisering van markaandeel D Bepaling van hoë pryse 1.1.3 Wanneer maatskappye hulle produksie-uitgawes aan derde partye opdwing, staan dit bekend as ... A private koste. B gemiddelde koste. C negatiewe eksternaliteite. D ’n produksie-eksternaliteit. 1.1.4 Die volgende sal altyd waar wees vir ʼn monopolistiese mededingende firma: A GI = MI B P = GTK C GI < MI D GI > MI 1.1.5 Die vraagkromme van ʼn monopolistiese mededingende firma ... A het ʼn negatiewe helling. B is geknik. C het ʼn positiewe helling. D is horisontaal. 1.1.6 ʼn Onvolmaakte mark wat net op die kort termyn normale winste kan maak: A Oligopolie B Monopolistiese mededinging C Monopolie D Perfekte mark Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 4 (VRAESTEL 2) GR12 0624 1.1.7 ʼn Kenmerk van ʼn volmaakte mark is: A Verkopers het aansienlike markmag. B Pryse kan hoër as die markprys gestel kan word. C Produkte word gedifferensieer. D Firmas is prysnemers. 1.1.8 As ʼn besigheid in ʼn volmaakte mark sy uitset verhoog, sal die totale inkomste van daardie besigheid ... A geen verandering toon nie. B afneem. C toeneem. D herstel. (8 x 2) (16) 1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.2.9 J. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Toewysings- A al die kostes gedeel deur die hoeveelheid doeltreffendheid uitset wat geproduseer word 1.2.2 Faktor onbeweeglikheid B vind plaas wanneer twee of meer firmas in dieselfde bedryf informeel ooreenkom om die 1.2.3 Gemiddelde koste mark te beheer 1.2.4 Perfekte mark C koste wat nie verhaal kan word sodra dit aangegaan is nie 1.2.5 Progressiewe inkomstebelasting D kan nie tussen nywerhede oorgedra word nie 1.2.6 Stilswyende/Implisiete E koste wat verhaal kan word sodra dit samespanning aangegaan is 1.2.7 Gedane ('sunk') koste F die strewe na inkomste deur aktiwiteite wat geen bykomende waarde skep nie 1.2.8 Huur-soekend G strawwe mededinging verhoed langtermyn ekonomiese wins H ʼn stelsel waar die rykes meer betaal, en lae- inkomste verdieners minder betaal I die doeltreffende verspreiding van hulpbronne om aan die voorkeure van verbruikers te voldoen (8 x 1) (8) Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 5 (VRAESTEL 2) GR12 0624 1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDBOEK neer. Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE. 1.3.1 ʼn Sistematiese manier om die sosiale, ekonomiese en omgewingsimpak van ʼn spesifieke projek te evalueer 1.3.2 ʼn Situasie waar markte nie bestaan nie of nie die vraag na sekere goedere kan voorsien nie 1.3.3 Die kommunikasie van inligting oor ʼn produk of diens aan potensiële verbruikers 1.3.4 ʼn Klein aantal groot firmas wat die hele bedryf oorheers 1.3.5 Die vermindering in produsent- of verbruiker surplus as gevolg van die instelling van ʼn belasting of subsidie 1.3.6 ʼn Gesamentlike term vir die klassifikasie van markte gebaseer op die aantal firmas, produkdifferensiasie, toegangshindernisse en markkrag (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 6 (VRAESTEL 2) GR12 0624 AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem TWEE kenmerke van ʼn vraagkromme van besigheid in ʼn volmaak mededingende mark. (2) 2.1.2 Waarom is prysdiskriminasie nie moontlik vir firmas in ʼn volmaakte mark nie? (2) 2.2 Bestudeer die volgende spotprent en beantwoord die vrae wat volg. . VOËLGRIEP VEROORSAAK DIE VERNIETIGING VAN VIER MILJOEN HOENDERS, HET’N EIER DILEMMA VIR SA VERBRUIKERS VEROORSAAK PSST! ... Horlosies? ... Eiers? Voëlgriep het ʼn eiertekort in Suid-Afrika veroorsaak – en sommige rolspelers in die bedryf het kommer uitgespreek oor die voorrade van hoenderprodukte. [Aangepaste bron: Daily Maverick] 2.2.1 Hoe sal die voëlgriep-uitbraak die markaanbod van eiers beïnvloed? (1) 2.2.2 Wat is die effek van die griepuitbraak op eierpryse? (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die term marginale produk. (2) 2.2.4 Verduidelik hoekom eiers ʼn homogene produk is. (2) 2.2.5 Hoe beïnvloed fluktuasies in die markprys van eiers die inkomste van kleiner produsente? (4) Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 7 (VRAESTEL 2) GR12 0624 2.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. STANDARD CHARTERED BANK (SCB) MOET R42,7M BOETE BETAAL IN WISSELKOERS MANIPULASIE SAAK 15 November 2023 Deur: Marleny Arnoldi Die SCB het aanspreeklikheid aanvaar vir die manipulasie van die Amerikaanse dollar-rand- wisselkoers. Die bank het ingestem om ʼn administratiewe boete van R42,7 miljoen te betaal. Die SCB het verder deelgeneem aan die verdeling van markte deur kliënte toe te ken ingevolge waarvan een handelaar sy/haar bestaande bod of aanbod van die mark weerhou of onttrek om die ander handelaar toe te laat om sy/haar handel uit te voer en te voltooi. Hierdie gedrag is in stryd met Artikel 4 van die Mededingingswet. [Aangepaste bron: Creamer Media] 2.3.1 Identifiseer die mededingingsinstelling met die hoogste gesag. (1) 2.3.2 Gee EEN doelwit van die Mededingingswet. (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die term mededinging. (2) 2.3.4 Verduidelik die rol van die mededingingskommissie met betrekking tot die wisselkoers manipulasie saak. (2) 2.3.5 Hoe kan die manipulasie van die wisselkoers besighede raak wat op wêreldmarkte meeding? (4) 2.4 Teken ʼn korrek benoemde grafiek en verduidelik hoe die aanbodkromme van kostekurwes afgelei word. (8) 2.5 Hoe verander die helling van die totale kostekurwe in verhouding tot veranderinge in die uitsethoeveelheid geproduseer? (8) [40] Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 8 (VRAESTEL 2) GR12 0624 VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Gee enige TWEE voorbeelde van eksplisiete koste. (2) 3.1.2 Hoe beïnvloed samespanning die globale mededingendheid van Suid- Afrikaanse besighede? (2) 3.2 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. RED ONS LUGREDERY ... NOU WAT?! [Aangepaste bron: www.zapiro.com] 3.2.1 Identifiseer die staatsonderneming wat in die spotprent hierbo uitgebeeld word. (1) 3.2.2 Noem die markstruktuur waaronder dit funksioneer. (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die term openlike/eksplisiete samespanning. (2) 3.2.4 Hoekom is dit moeilik vir nuwe firmas om die lugredery bedryf te betree? (2) 3.2.5 Watter impak sou die ineenstorting van die lugdiens op die Suid- Afrikaanse ekonomie hê? (4) Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 9 (VRAESTEL 2) GR12 0624 3.3 Bestudeer die logo's hieronder en beantwoord die vrae wat volg. . [Aangepaste bron: www.googleimages.com] 3.3.1 Noem die aard van produkte in die mark soos hierbo geïllustreer. (1) 3.3.2 Noem nog EEN ander industrie wat in hierdie markstruktuur bedrywig is. (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die term nie-prys mededinging. (2) 3.3.4 Waarom is monopolistiese mededingende besighede huiwerig om op grond van pryse mee te ding? (2) 3.3.5 Verduidelik kortliks waarom daar gesê word dat besighede in die monopolistiese mark toewysings-ondoeltreffend is. (4) 3.4 Teken ʼn goed-benoemde grafiek om ekonomiese winste vir ʼn monopolie mark te illustreer (sonder ʼn beskrywing). (8) 3.5 Ontleed die verband wat bestaan tussen marginale inkomste (MI) en gemiddelde inkomste (GI) in monopolistiese mededinging markte. (8) [40] Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 10 (VRAESTEL 2) GR12 0624 VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem TWEE tipes goedere wat deur die regering verskaf word. (2) 4.1.2 Hoe lei direkte beheer tot die verkeerde wantoewysing van hulpbronne? (2) 4.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. REGERING OORWEEG DIE VASSTELLING VAN 'N PRYSPLAFON VIR LOODVRYE PETROL Prys A “Die regering is diep bekommerd oor die stygende koste van petrol in Suid-Afrika,” het Radebe by ʼn inligtingsessie ná die kabinetsitting gesê. Pe Die regering het nou besluit om ʼn ondersoek te loods rakende ʼn P1 maksimum prysvastelling vir loodvrye brandstof moet vasstel. V 0 H2 H1 He Hoeveelheid [Aangepaste bron: Mail & Guardian] 4.2.1 Identifiseer die hoeveelheid verskaf indien die prysplafonne afgedwing word. (1) 4.2.2 Noem EEN voordeel van die prysplafon vir motoriste. (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die term minimum prys. (2) 4.2.4 Verduidelik die implikasies van ʼn prysplafon wat bo die markprys gestel word. (2) 4.2.5 Hoe kan die voorgestelde prysplafon op loodvrye petrol tot swart markte lei? (4) Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 11 (VRAESTEL 2) GR12 0624 4.3 Bestudeer die teks en die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. KOSTE EN VOORDEEL ONTLEDING Stel jou voor twee kragstasies. Stasie A (termies) is goedkoop om te bou, maar duur om te bedryf, terwyl Stasie B (kernkrag) duur is om te bou, maar goedkoop om te bedryf. Die ekonomiese koste en voordele bereken met behulp van netto huidige waardes vir die twee projekte word hieronder gegee: Projek Ekonomiese koste Ekonomiese voordele (R) (R) Stasie A (termies) 140 miljard 290 miljard Stasie B (kernkrag) 450 miljard 900 miljard [Bron: Eksaminator] 4.3.1 Identifiseer EEN metode wat gebruik word wanneer die KVA hierbo bereken word. (1) 4.3.2 Noem die projek met die laagste ekonomiese koste. (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die term maatskaplike voordeel. (2) 4.3.4 Watter uitdaging is daar wanneer die koste-voordeel-analise toegepas word? (2) 4.3.5 Hoe kan die Suid-Afrikaanse regering die koste-voordeel-analise gebruik om markmislukking te voorkom? (4) 4.4 Beskryf die uitwerking van minimum lone as gevolg van markmislukking. (8) 4.5 Wat is die onbedoelde gevolge, benewens laer produksiekoste, van staat- subsidies op die landbousektor? (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 12 (VRAESTEL 2) GR12 0624 AFDELING C Beantwoord EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: PUNTE- STRUKTUUR VAN OPSTEL TOEKENNING Inleiding Die inleiding is ʼn laerorde respons.  ʼn Goeie beginpunt sal wees om die hoofkonsep wat met die vraag onderwerp verband hou te definieer. Maks. 2  MOENIE enige deel van die vraag by jou inleiding insluit NIE.  MOENIE enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal NIE.  Vermy om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek. Liggaam Hoofgedeelte: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/ Ondersoek/Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/ Differensieer/Verduidelik/Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die Maks. 26 gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Beoordeel/ Debatteer ʼn Maksimum van 8 punte mag vir opskrifte/voorbeelde toegeken word. Bykomende deel: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/ Debatteer/Lei af/Vergelyk/Onderskei/interpreteer/Hoe?/Stel voor Maks. 10 ʼn Maksimum van 2 punte kan toegeken word vir die blote lys van feite. Afsluiting Enige hoërorde gevolgtrekking moet die volgende insluit:  ʼn Kort opsomming van wat bespreek is sonder om feite wat reeds genoem is te herhaal Maks. 2  Enige mening of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is  Bykomende ondersteuningsinligting om die bespreking/analise te versterk  ʼn Teenstrydige standpunt met motivering, indien nodig  Aanbevelings TOTAAL 40 Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 13 (VRAESTEL 2) GR12 0624 VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE  Bespreek in detail die verskeie ewewigsposisies van ʼn firma in ʼn volmaakte mark, met behulp van grafieke. (26)  Hoe beïnvloed die druk van mededinging in ʼn volmaakte mark die etiese gedrag van firmas? (10) [40] VRAAG 6: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE  Bespreek in detail, sonder die gebruik van grafieke, die kenmerke van monopolie as ʼn markstruktuur. (26)  Ontleed krities die bestaan van monopolieë in die aanspreking van sosio- ekonomiese kwessies in Suid-Afrika. (10) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 TOTAAL: 150 EINDE

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all