Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
JUNIE 2023
EKONOMIE V2
NASIENRIGLYN
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 20 bladsye.
You're offline
Skip to contentMemorandum 


View all


ECONOMICS P2 MEMO GR12 JUNE 2023_Afrikaans.pdf
Economics · Grade 12 · Eastern Cape June · 2023 · Afrikaans. Memorandum, 20 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2023
- Exam period
- Eastern Cape June
- Paper
- 2
- Pages
- 20
- File size
- 285.3 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 20
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 EKONOMIE V2 (EC/JUNIE 2023)
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
1.1.1 B – Volmaakte
1.1.2 C – GI = GVK
1.1.3 A – Regsbeperkings
1.1.4 C – Gratis toegang tot die mark
1.1.5 B – Ongelyke verdeling van rykdom en inkomste
1.1.6 D – Bou verbruikerslojaliteit
1.1.7 A – Eksternaliteite
1.1.8 C – Swartmark (16)
1.2 PAS-ITEMS
1.2.1 E– Aanwyser wat die verband tussen die relatiewe koste en
voordele van ʼn voorgestelde projek toon
1.2.2 F– ʼn Regsliggaam wat die ondersoek en aanbevelings van die
mededingingskommissie aanvaar of verwerp
1.2.3 I– Dui aan dat pryse styg namate meer goedere en dienste
gelewer word
1.2.4 G– Hulpbronne word gepas gebruik om die maksimum aantal
goedere teen die laagste koste en beste gehalte te
produseer
1.2.5 C– Die verbruik van ʼn produk deur een persoon, maar nie verhoed
dat ander dit geniet nie
1.2.6 A– Produkte wat soortgelyk is maar nie identies is nie en aan
dieselfde behoefte van die verbruiker voldoen
1.2.7 D– ʼn Korttermyn-tempo van uitset en verkope waarteen ʼn
verskaffer genoeg inkomste genereer om vaste en
veranderlike koste te dek
1.2.8 B– Kom voor wanneer enige van die voorwaardes van volmaakte
mark bestaan het
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/ JUNIE 2023) EKONOMIE V2 3
1.3 GEE EEN TERM
1.3.1 Volmaakte mark
1.3.2 Pareto-doeltreffendheid
1.3.3 Totale inkomste/Inkomste
1.3.4 Prysleierskap
1.3.5 Afslag
1.3.6 Duopolie (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 EKONOMIE V2 (EC/JUNIE 2023)
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in jou
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE
2.1 2.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van veranderlike koste.
• Water
• Elektrisiteit
• Arbeid
• Natuurlike hulpbronne
(Aanvaar enige ander relevante antwoorde.) (2 x 1) (2)
2.1.2 Waarom is dit nodig om kostevoordeel-ontleding toe te pas?
• Kostevoordeel-ontleding laat ʼn individu/organisasie toe om ʼn
potensiële projek vry van vooroordele te evalueer
• Maatskappye moet die uitvoerbaarheid van verskillende projekte
evalueer om te bepaal watter projek die beste belegging sal
wees
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2)
2.2 DATARESPONS
2.2.1 Noem enige EEN manier waarop die bogenoemde hotelle hul
produkte kan onderskei.
• Bied konferensiekamers aan
• Skoonheidsalonne
• Gimnasiums
(Aanvaar enige ander relevante antwoorde.) (1)
2.2.2 Watter soort winste word op die lang termyn deur ʼn
monopolistiese mededinger gemaak?
Normale winste (1)
2.2.3 Omskryf die konsep monopolistiese mededinging.
Monopolistiese mededinging verwys na ʼn markstruktuur met baie
kopers en verkopers waar toegang relatief maklik is maar die produk
gedifferensieer is
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/ JUNIE 2023) EKONOMIE V2 5
2.2.4 Verduidelik kortliks produkdifferensiasie as ʼn kenmerk van ʼn
monopolistiese kompetisie.
• Produkdifferensiasie verwys na produkte wat soortgelyk is, maar
nie heeltemal identies is nie
• Hulle is soortgelyk deurdat hulle dieselfde behoefte van die
verbruiker bevredig
• Verskille kan soms heeltemal denkbeeldig wees soos in die geval
van medisyne wat verskillende handelsname kan hê maar presies
dieselfde basiese bestanddele bevat
• Die verpakking van die produk kan dit anders maak as ander
produkte, alhoewel die produk dieselfde is, bv. sout en suiker (2)
2.2.5 Hoekom sal eienaars van hierdie hotelle nie op die lang termyn
ekonomiese winste kan maak nie?
• Op kort termyn, wanneer daar nog ʼn paar hotelle is, kry hulle dit
reg om ekonomiese wins te maak
• Die ekonomiese winste lok ander besighede om die mark te betree
en lei uiteindelik tot verhoogde mededinging en alle ekonomiese
winste word weggevee
• Hotelle begin hul produk anders bemark en handelsmerk, hulle
doen dit om te probeer vashou aan hul normale winste om te
verhoed dat hulle die mark verlaat
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (4)
2.3 DATARESPONS
2.3.1 Identifiseer ekonomiese wins vanuit MARK B.
apeb (1)
2.3.2 Watter kurwe dui op ʼn toename van nuwe toetreders?
S1S1 (1)
2.3.3 Omskryf die begrip mark.
Mark is ʼn meganisme wat kopers en verkopers van ʼn goed/diens
bymekaar bring om die prys en hoeveelheid te beïnvloed
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
2.3.4 Verduidelik die rol van die mededingingskommissie.
Mededingingskommissie ondersoek beperkende sakepraktyke,
misbruik van dominante posisies en samesmeltings om billikheid en
doeltreffendheid in die Suid-Afrikaanse ekonomie te bewerkstellig
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 EKONOMIE V2 (EC/JUNIE 2023)
2.3.5 Hoekom is die LGK-kromme, u-vormig?
• Die vorm van die LGK-kromme illustreer hoe gemiddelde koste
aanvanklik as gevolg van skaalvoordele afneem, terwyl die firma
toenemende opbrengs na skaal ervaar
• Dit stel dan ten toon konstante opbrengste aangesien die firma op sy
optimale vlak funksioneer
• As die firma probeer om meer as sy optimale punt uit te brei as gevolg
van skaalverspillings, ervaar dit dalende opbrengs na skaal en GK
stygings
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (4)
2.4 Verduidelik met behulp van ʼn diagram die implikasie van negatiewe
eksternaliteite.
NEGATIEWE EKSTERNALITEIT
V A1 (MMK)
PRYS
E1 A (MPK)
P1
E
P
A1
V (MGK)
A
H1 H HOEVEELHEID
Puntetoekenning
Korrekte aanduiding in die verskuiwing van die aanbodkurwe = 2 punte
Korrekte aanduiding in die verandering in hoeveelheid = 1 punt
Korrekte benoeming van die as = 1 punt
Maks. 4 punte
• Negatiewe eksternaliteite dra ʼn private koste en sosiale koste, dit wil sê
koste wat deur die samelewing gely word
• Indien die maatskaplike koste van ʼn goed by die private koste van ʼn goed
gevoeg word, sal die finale prys opgestoot word en minder goedere sal
verskaf word
• Vraag na die produk word verteenwoordig deur VV en aanbod wat ook die
marginale privaat koste (MPK) van die industrie is, word verteenwoordig
deur AA
• As gevolg van besoedeling is die marginale maatskaplike koste (MMK)
groter as MPK
• As die mark aan sy eie lot oorgelaat word, sal hoeveelheid H teen prys P
geproduseer word en dit is maatskaplik ondoeltreffend
• Maatskaplike doeltreffendheid vereis dat MMK gelyk is aan die prys van
die produk, dit sal by P1 en H1 wees en minder goedere sal teen ʼn
hoër prys geproduseer word Maks. 4
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/ JUNIE 2023) EKONOMIE V2 7
2.5 Hoe kan ʼn besigheid verhoed om die afsluitpunt te bereik?
• ʼn Besigheid moet probeer om sy bedryfskoste te verminder
• Opleiding van werkers om produktief te wees en die verbetering van die
kwaliteit van goedere en dienste sal tot meer verkope lei
• ʼn Besigheid moet betrokke wees by intensiewe advertering van sy
produkte sodat kliënte bewus is van die beskikbaarheid van die
produk
• Handelsmerk van die produk sal lojaliteit aanmoedig en sal verkope
verbeter
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 EKONOMIE V2 (EC/JUNIE 2023)
VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
3.1 3.1.1 Noem enige TWEE doelwitte van die mededingingsbeleid.
• Bevorder die doeltreffendheid van die ekonomie
• Voorsien verbruikers van mededingende pryse en ʼn
verskeidenheid produkte
• Bevorder indiensneming
• Moedig Suid-Afrika aan om aan wêreldmarkte deel te neem en
buitelandse mededinging in Suid-Afrika te aanvaar
• Stel KMMO’s in staat om aan die ekonomie deel te neem
• Om voorheen benadeeldes toe te laat om aan die ekonomie deel
te neem
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
3.1.2 Waarom neig die vraagkurwe van ʼn monopolis vanafwaarts links
na regs?
• Monopolis het ʼn afwaartse skuins vraagkurwe omdat hy ʼn
prysmaakkrag in sy mark het
• Dit kan die prys wat dit vra verhoog en nie al die vraag wat dit in
die gesig staar verloor nie, dit is omdat dit die enkele dominante
firma in die mark is en sy produkte geen perfekte plaasvervangers
het nie
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
3.2 DATARESPONS
3.2.1 Noem enige EEN tipe samespanning.
• Openlike samespanning
• Stilswyende samespanning (1)
3.2.2 Noem EEN kompetisie-instansie wat nie in bogenoemde uittreksel
genoem is nie.
Mededinging-appèlhof (1)
3.2.3 Omskryf die begrip samespanning.
Samespanning is ʼn ooreenkoms tussen besighede met die doel om
mededinging tussen hulle te beperk deur pryse vas te stel.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
3.2.4 Verduidelik nie-prys mededinging in ʼn oligopoliemark.
Oligopolieë verkies om op grond van produkdifferensiasie en
doeltreffende diens mee te ding omdat prysmededinging tot
prysoorloë kan lei
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/ JUNIE 2023) EKONOMIE V2 9
3.2.5 Hoekom sal banke dikwels saamspan hoewel dit onwettig in
Suid-Afrika is?
• Samespanning tussen banke vind plaas omdat dit ʼn poging is
om onsekerheid te verminder, dit wil sê, hulle kom ooreen oor
die pryse wat hulle gaan eis en die hoeveelhede wat hulle gaan
produseer
• Hulle kan die voordeel geniet om mededinging te beperk en dit
vir ander besighede moeilik te maak om die mark te betree
• Samespanning tussen banke vind plaas omdat hulle aanbod wil
beperk om pryse te verhoog en wins te maksimeer
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (4)
3.3 DATARESPONS
3.3.1 Identifiseer ʼn kromme wat vir die bepaling van prys noodsaaklik
is.
Vraagkurwe/V/GI (1)
3.3.2 Watter soort produkte word deur ʼn monopolie vervaardig?
Uniek (1)
3.3.3 Omskryf die begrip marginale inkomste (MI).
Marginale inkomste is die ekstra inkomste wat die verkoper verdien
wanneer hy nog een eenheid van die produk produseer en
verkoop.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
3.3.4 Waarom is monopolieë in staat om ekonomiese winste op die
langtermyn te maak?
Dit is as gevolg van hindernisse tot toetrede waar ander maatskappye
dit moeilik vind om die mark te betree en mee te ding.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
3.3.5 Bereken wins/verlies vanaf die bostaande grafiek. Toon ALLE
berekeninge.
TI = P x Q TK = P x Q
= 80 x 50 = 100 x 50
= 4 000 = 5 000
VERLIES = TI – TK
= 4 000 – 5 000
= - 1 000 (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 EKONOMIE V2 (EC/JUNIE 2023)
3.4 Verduidelik die onvolmaakte mededinging en onbeweeglikheid van
produksiefaktore as oorsake van markmislukking.
Onvolmaakte kompetisie
• Meeste besighede produseer onder toestande van onvolmaakte
mededinging wat hulle in staat stel om uitset te beperk en pryse te
verhoog
• Hulle kan verhoed dat nuwe besighede die mark betree, en sodoende
verhoed dat volle aanpassing by veranderinge in verbruikersvraag
plaasvind
• Advertensies bevorder die meerderwaardigheid van sekere produsente,
hulle moedig verbruikers aan om sekere produkte slegs van sekere
produsente te koop Maks. 4
Onbeweeglikheid van produksiefaktore
• Arbeid kan tyd neem om na nuwe beroepe te beweeg omdat hulle
heropgelei moet word of lang kennisgewings by die werk moet gee
• Dit is soms moeilik om geografies te beweeg as gevolg van familiebande,
dit veroorsaak markmislukking omdat veranderinge in vraag nie voorsien
word nie
• Tegnologie wat in produksie gebruik word, kan oor ʼn lang tyd verander,
dit neem ʼn lang tyd om van arbeidsintensiewe metodes na
gemeganiseerde produksie of rekenaargesteunde produksie te
verander. Maks. 4
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (8)
3.5 Waarom ervaar monopolieë verliese as die enigste produsent in die
mark?
Monopolieë ervaar verliese omdat:
• die monopolieprysing skep ʼn dooie gewigsverlies omdat die firma
transaksies met die verbruikers laat vaar
• monopolieё mag ondoeltreffend en minder innoverend oor tyd wees omdat
hulle nie met ander produseerders in die mark hoef te kompeteer nie.
• hoër pryse van die monopolie kan daartoe lei dat sommige verbruikers uit
die mark geprys word as gevolg van ʼn daling in effektiewe vraag
• kopers kan steeds kies om nie ʼn produk te koop nie, al is dit die enigste
produk in die mark as gevolg van beperkte hulpbronne
• alhoewel ʼn monopolis ʼn enkele produsent is, kan sy produk steeds vervang
word en mag minder van die produk verkoop word
• produksiekoste kan styg, wat die monopolis dryf om minder te produseer,
wat lei tot minder inkomste ontvang lei
• die globale ekonomie kan die monopolie negatief beïnvloed, en dit kan tot
ʼn afname in verkope lei
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/ JUNIE 2023) EKONOMIE V2 11
VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE
KWESSIES
4.1 4.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van openbare goedere.
• Straatligte
• Vuurtoring
• Polisiedienste
• Verkeersligte
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
4.1.2 Hoekom moet ʼn besigheid op die kinkel van die geknikte kromme
produseer?
Deur teen ʼn laer prys te verkoop, sal minder verkoop word omdat die
vraag onelasties sal wees, teen ʼn hoër prys sal die vraag minder wees
omdat ander produsente ʼn goedkoper prys sal vra, so dus die beste om
pryse stabiel te hou.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
4.2 DATARESPONS
4.2.1 Identifiseer ʼn maatskappy wat die meeste wins, uit die tabel
hierbo, maak.
Maatskappy E (1)
4.2.2 Watter van die bogenoemde maatskappye toon normale wins?
Maatskappy D (1)
4.2.3 Omskryf die konsep normale wins.
Normale wins is die minimum verdienste wat ʼn entrepreneur vereis om
te verhoed dat hy of sy die bedryf verlaat.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
4.2.4 Verduidelik kortliks implisiete koste.
• Implisiete koste is die koste wat deur die entrepreneur tydens die
produksieproses aangegaan word.
• In ekonomie word dit ook toegerekende koste genoem, is die
geleentheidskoste gelykstaande aan wat ʼn firma moet prysgee om
ʼn produksiefaktor te gebruik waarvoor hy reeds besit en dus nie
huur betaal nie. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 EKONOMIE V2 (EC/JUNIE 2023)
4.2.5 Waarom is dit nodig om geleentheidskoste in ag te neem wanneer
wins bereken word?
• Ekonomies is dit belangrik om geleentheidskoste in ag te neem, want
dit beklemtoon die hoeveelheid geld wat opgeoffer word wanneer ʼn
huidige besigheid begin word.
• Dit gee ook ʼn aanduiding of die onderneming die korrekte alternatief
gekies het in terme van wins.
• Dit is ʼn manier om die risiko's en voordele van elke opsie te
kwantifiseer, wat tot meer winsgewende besluitneming in die
algemeen lei. (4)
4.3 DATARESPONS
4.3.1 Identifiseer enige nie-merietegoedere uit bogenoemde uittreksel.
• Kitskos
• Dwelms (1)
4.3.2 Watter tipe belasting kan op ʼn nie-meriete goed gehef word?
Sondebelasting/aksynsbelasting (1)
4.3.3 Beskryf die begrip negatiewe eksternaliteit.
• Dit is ʼn koste vir derde party wat nie by die markprys van ʼn goed
ingesluit is nie, bv. besoedeling.
• Dit is die verskil tussen sosiale koste en privaat koste
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
4.3.4 Verduidelik nie-mededinging as ʼn kenmerk van openbare goedere.
• Nie-mededinging verwys na die feit dat verbruik van ʼn goed deur een
persoon nie die hoeveelheid wat vir ander beskikbaar is verminder
nie byvoorbeeld vuurtoring.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
4.3.5 Hoekom word die verbruik van nie-merietegoedere ontmoedig?
• Verbruik van nie-merietegoedere het ʼn negatiewe uitwerking op
verbruikers – wanneer individue hierdie goedere verbruik stel dit
negatiewe verbruikers eksternaliteite in die samelewing vry
• As gevolg hiervan beteken dit dat marginale maatskaplike voordele
minder word as marginale private voordele wat lei tot oorverbruik van
hierdie goedere in die mark
• Sigarette beskadig byvoorbeeld die roker se gesondheid sowel as
ander se gesondheid deur tweedehandse rook
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/ JUNIE 2023) EKONOMIE V2 13
4.4 Verduidelik die aard van die produk en beheer oor markaanbod en -
prys in ʼn volmaakte mark.
Aard van die produkte
• Alle verkopers in die mark verskaf identiese/homogene produkte
• Hulle moet in alle opsigte identies wees – geen verskille in ontwerp, styl
of kwaliteit nie
• Verbruikers behoort nie een verkoper se produk van ʼn ander verkoper
te kan identifiseer nie
Beheer oor markaanbod en prys
• Aangesien baie verkopers dieselfde produk verkoop, verskaf
enkelverkoper ʼn onbeduidende deel van die bedryf
• ʼn Enkele verkoper het geen beheer oor markaanbod en prys nie
• ʼn Firma kan nie ʼn merkbare verandering in totale aanbod teweegbring
deur die variasie in sy eie aanbod nie
• ʼn Individuele firma kan nie die markprys deur sy eie onafhanklike
optrede beïnvloed nie, daarom word dit ʼn prysnemer genoem
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (8)
4.5 Hoe affekteer beurtkrag klein besighede?
• Klein besighede word gekonfronteer met verlies aan produksie en
produktiwiteit
• Produksie word gestaak tydens beurtkrag omdat die masjiene met
elektrisiteit bedryf word
• Werkers werk wesentlik nie gedurende tydperke van beurtkrag nie
• Klein besighede word gekonfronteer met verlies aan wins omdat hulle in
die meeste gevalle elektrisiteit benodig om hul besighede te funksioneer
en te bedryf
• Diefstal en inbrake neem toe wat die normale bedryf van besighede
beïnvloed
• Klein besighede kies om vir besigheid te sluit omdat alarmstelsels en
kameras nutteloos is tydens beurtkrag
• Daar is skade aan elektronika omdat die oplewing van elektrisiteit
wanneer krag teruggestuur word die bestendige spanningsvloei in die
elektriese stelsel versteur en die elektriese komponente beskadig
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 EKONOMIE V2 (EC/JUNIE 2023)
AFDELING C
Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 5
• Bespreek die monopolie in detail, sonder die hulp van grafieke. (26 punte)
• Hoe dra ʼn monopolie tot markmislukking by? (10 punte)
INLEIDING
ʼn Monopolie is ʼn markstruktuur waar slegs een verkoper met geblokkeerde toegang in
die mark heers
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
HOOFDEEL
Vraagkurwe
• ʼn Monopolie word gekonfronteer met ʼn markaanvraagkurwe wat van links na regs
afwaarts neig.
• Dit is die bedryf se vraagkurwe aangesien die monopolis verantwoordelik is vir die
hele uitset van die bedryf
• Die monopolie is die enigste verskaffer in die mark, dit kan besluit op watter punt op
die vraagkurwe hy wil produseer, teen watter prys en teen watter hoeveelheid
Beheer oor pryse
• ʼn Monopolie het aansienlike beheer oor markprys, maar beperk deur die
begrotingsbeperking van verbruikers.
• Dit het geen beheer oor vraag nie, so vraag sal die finale markprys beïnvloed.
Mag gunstige omstandighede geniet
• Soms kan ʼn monopolie gunstige omstandighede in ʼn sekere geografiese gebied
geniet
• Daar kan byvoorbeeld net een verskaffer van melk in ʼn spesifieke dorp wees, slegs
een hardewarewinkel of ʼn hotel
Versperrings tot toegang
• ʼn Monopolie word beskerm deur hindernisse om die mark te betree
• Hindernisse verhoed ander produsente om die mark te betree om dieselfde tipe
produk te verskaf
• Hierdie hindernisse word deur patente en ander vorme van intellektuele
eiendomsregte, beheer oor hulpbronne, regeringsregulasies, ens.
veroorsaak
• In die geval van natuurlike monopolie word hindernisse veroorsaak deur hoë
ontwikkelingskoste byvoorbeeld voorsiening van elektrisiteit, dit neem miljarde
rande om ʼn kernkragstasie te bou
• In kunsmatige monopolie is hindernisse nie ekonomies van aard nie, maar
kunsmatig soos patentregte wat wettige en eksklusiewe regte is om ʼn produk te
vervaardig deur, ʼn eie unieke uitvinding te gebruik.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/ JUNIE 2023) EKONOMIE V2 15
Wins
• Monopolieë maak ekonomiese wins op beide die kort en op die lang termyn.
• Omdat dit ʼn enkele produsent is, word ander besighede verhinder om die mark
te betree, daarom het hulle nie mededinging nie.
Aard van die produk
• Die monopolis produseer ʼn unieke produk wat geen nabye plaasvervangers het
nie
• Die produk kan nie maklik deur ander produk vervang word nie
• Die verbruiker het geen keuse in prys en kwaliteit van die produk nie
• Die koper kan slegs by die monopolie koop of sal sonder die produk moet gaan,
byvoorbeeld diamante
Voltooide markinligting
• Alle kopers en die enkele verkoper het volle kennis van alle huidige
marktoestande
Uitbuiting van verbruikers
• Die monopolis produseer dalk minder produkte, maar vra ʼn hoër prys in
vergelyking met ander besighede onder volmaakte mededinging
• Byvoorbeeld, De Beers, omdat die monopolie die enigste produsent in die mark
is, kan daar ʼn moontlikheid van verbruikersuitbuiting wees
• Die meeste regerings neem stappe om teen onbillike praktyke te waak en nuwe
en bestaande monopolieë word gewoonlik goed gemonitor
Markkragte
• Alhoewel die monopolis die enigste verskaffer van die produk in die mark is, word
die prys van die produk beïnvloed deur die markkragte van vraag en aanbod
• Verbruikers het beperkte begroting en ʼn monopolie kan dus nie buitensporige hoë
pryse vir die produk eis nie en die monopolisproduk moet meeding met al die
ander produkte wat in die ekonomie beskikbaar is
Produksievlak
• Die monopolis kan besluit oor die produk- en pryskombinasie op die
vraagkromme
• Die monopolis kan die prys verlaag en meer eenhede verkoop of kan die prys
verhoog en minder eenhede verkoop
• Die monopolis kan die produk-prys kombinasie van die produk wat hy verkoop
beïnvloed sonder enige reaksie van ander markdeelnemers omdat toetrede tot
die mark geblokkeer word
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
(ʼn Maksimum van 8 punte word toegeken vir blote lys van feite of voorbeelde.) (26)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 EKONOMIE V2 (EC/JUNIE 2023)
ADDISIONELE DEEL
• Monopolie is ondoeltreffend in die verspreiding van goedere en dienste in
vergelyking met ʼn vrye mark wat meer doeltreffend is omdat alle deelnemers
betrokke is
• ʼn Monopolie sal die ewewig tussen die verbruiker en die produsent belemmer
wat lei tot ʼn tekort aan goedere in die mark
• In die werklike wêreld sal dit voordeel trek uit sy posisie as ʼn enkele verskaffer
en die verbruikers dwing om hoër pryse te betaal as wat hulle sou indien die
mark in ewewig was en sodoende die vraag na goedere verminder
• Doeltreffendheid, innovasie en gesonde mededinging sal beperk word wat
daartoe lei dat markte nie die vereiste hoeveelhede kan produseer nie
• ʼn Monopolie kan die verskaffing van ʼn goed of diens beheer en sodoende die
pryse kunsmatig verhoog of verlaag om aan sy behoeftes te voldoen eerder as
om by te dra tot die welstand van die mark waarvan dit deel is
• ʼn Monopolie kan die groei van produksievermoë beperk en die bekendstelling
van nuwe en goedkoper produkte vir die verbruiker inhibeer, wat die vraag na
sulke produkte beperk wat lei tot die mislukking van markte aangesien minder
as optimale hoeveelheid voorsien sal word
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (10)
SLOT
Monopolieë bestaan om hulself te verryk as om gemeenskappe waarbinne hulle
funksioneer te dien. Die samelewing moet die regering meer betrek oor kwessies
van monopolieë.
(Aanvaar enige ander korrekte hoërorde reaksie) (2)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/ JUNIE 2023) EKONOMIE V2 17
VRAAG 6
• Met behulp van grafieke bespreek staatsinmemging as gevolg van
markmislukking in veel besonderhede onder die volgende subopskrifte
o Minimum lone
o Maksimum pryse
o Produsentesubsidie (26 punte)
• Wat kan die regering doen om die negatiewe uitwerking van minimum
lone te verminder? (10 punte)
INLEIDING
Wanneer ʼn ekonomie nie funksioneer en aan die verwagtinge van die samelewing
voldoen nie, is dit noodsaaklik dat regerings ingryp tot voordeel van die ekonomie
en die welsyn van die samelewing
(Aanvaar enige ander korrekte relevante gevolgtrekking) (2)
LIGGAAM – HOOFDEEL
Wanneer die regering ʼn minimum loon afdwing, beteken dit dat werkers ʼn sekere
minimum vergoeding betaal moet word wat tot ʼn hoër lewenstandaard sal lei.
MINIMUM LONE
Lone
V
A
L1
Minimum lone
e
L
A
V
H1 H H2 Hoeveelheid
Punttoekening
Korrekte posisionering en etikettering van minimum loon = 2 punte
Korrekte benoeming van die as = 1 punt
Korrekte aanduiding van die ewewigsposisie = 1 punt
Maks. 4 punte
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 EKONOMIE V2 (EC/JUNIE 2023)
• Die grafiek toon dat indien die loonkoers op L gestel word, die
ooreenstemmende vraag en aanbod van arbeid H sal wees
• Indien ʼn minimum loon L1 vasgestel word, sal die vraag na arbeid van H na H1
afneem, sommige mense kan werkloos wees
• Die aanbod van arbeid sal egter van H tot H2 toeneem, aangesien meer mense
hul arbeidsdienste sal aanbied as gevolg van ʼn hoër inkomste
• Minimum lone sal lei tot meer bedingingsmag van werkers
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
Maksimum Pryse
• Die regering mag die prys van ʼn goed of diens teen ʼn maksimum prys wat onder
die markprys is vasstel Die regering gryp in en stel ʼn wet in dat die verskaffers
nie meer as die maksimum prys mag vra nie.
• Maksimum pryse is gewoonlik op basiese goedere soos voedsel en vervoer, sodat
burgers toegang tot sekere goedere en dienste het en ʼn sekere minimum
lewenstandaard bereik.
PRYS V A
e
P
P1 Maksimum prys
A V
H1 H H2 HOEVEELHEID
Puntetoekenning
Korrekte posisionering en etikettering van maksimum prys = 2 punte
Korrekte benoeming van die as = 1 punt
Korrekte aanduiding van die ewewigsposisie = 1 punt
Maks. 4 punte
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/ JUNIE 2023) EKONOMIE V2 19
• In die bostaande diagram, word prys op P gestel, terwyl maksimum prys
gestel word op P1
• Die onmiddellike effek sal wees dat die hoeveelheid wat verskaf word, van Q
na Q1 sal daal
• Die tekort wat deur die prysplafon veroorsaak word, skep ʼn probleem van
hoe om die goed toe te ken aangesien die vraag die aanbod sal oorskry
• Swartmark sal ontwikkel waar onwettige goedere gekoop en verkoop sal
word
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
Produsentesubsidie
• ʼn Subsidie is ʼn vorm van finansiële toelae van die regering om die produksie
van ʼn goed of ʼn diens te ondersteun en sodoende die koste van produksie te
verlaag
• Subsidies kan direk wees bv. kontanttoelaes of indirekte bv. waarde-
vermindering afskryf
V A
PRYS
P2
subsidie A1
y
P
P1
A
V
A1
H1 Q2 HOEVEELHEID
Puntetoekenning
Korrekte benoeming van die as = 1 punt
Korrekte aanduiding van die subsidiegebied = 2 punte
Korrekte verskuiwing van die aanbodkromme = 1 punte
Maks. 4 punte (26)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
20 EKONOMIE V2 (EC/JUNIE 2023)
• Die markprys daal van P na P1 en die hoeveelheid verbruik sal van H1 tot H2
toeneem as gevolg van die subsidie/produsent se winsverhogings
• Die produsent trek voordeel uit ʼn subsidie deur minder te betaal, pryse daal van
P na P2
• Die produsent trek voordeel uit ʼn subsidie, winste neem toe a.g.v. die verhoging in
prys van P en P2
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (26)
ADDISIONELE DEEL
• Die regering behoort die styging in pryse te monitor sodat produsente nie probeer
om pryse te verhoog om die koste van arbeid te absorbeer nie
• Versterk die toerismesektor wat arbeidsintensief is, sodat diegene wat hul werk
verloor het weens vasgestelde minimum loon geabsorbeer kan word
• Belê in opleidingsprogramme vir die jeug wat tegnologie doen sodat hulle
produktief kan wees en in die proses werk skep
• Die regering moet maatskaplike welsynbetalings maak aan mense wat afgelê is
weens die vasstelling van minimum loon
• Verhoogde verdienste-inkomstebelastingkrediete kan aan lae-inkomste
loontrekkers gegee word – staatsbelasting terugbetaal om werk aan te moedig
• Inspeksie van die werkterreine op ʼn gereelde basis om te verseker dat minimum
lone deur besighede geïmplementeer word en straf diegene wat die
implementering van die minimum loon oortree
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
(Ken ʼn minimum van 2 punte toe vir blote lys van feite/voorbeelde.) (10)
SLOT
Die regering moet altyd van diens wees aan die mense wanneer die ekonomie in
beroering is, want dit is altyd die armes wat daaronder ly.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante hoërorde gevolgtrekking.) (2)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Memorandum
Economics P2 Memo Afr_watermark.pdf
Memorandum
Economics-Grade-12-NSC-P2-MEMO-September-2025-KZN.pdf
Memorandum
Economics-Grade-12-NSC-P1-MEMO-Pre-June-2025-Limpopo.pdf

Memorandum
Economics P2 May-June 2025 MG Afr.pdf
Memorandum
Economics-Grade-12-NSC-P2-MEMO-September-2025-Northern-Cape.pdf
Memorandum
ECONOMICS P1 GR12 MEMO JUNE 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
Memorandum
ECONOMICS P2 MEMO GR12 JUNE 2023_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper
ECONOMICS P2 QP GRADE 12 JUNE 2023_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT 2023_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
ECONOMICS P2 MEMO SEPT FINAL2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers_hlayiso.com_.pdf

Question paper
ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D_watermark.pdf
More from Grade 12 Economics
Explore more published documents in this catalogue.

Question paper
Economics-Grade-12-NSC-P1-QP-September-2025-Free-State.pdf
Question paper
Economics P1 May-June 2025 Afr.pdf

Question paper
Economics P2 May-June 2025 Afr.pdf
Question paper
ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)_hlayiso.com_.pdf
Question paper
ECONOMICS P1 GR12 QP JUNE 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Memorandum