Vertroulik
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
EKONOMIE V2
MEI/JUNIE 2025
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentQuestion paper 




%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--82e9d47a-c817-4545-9700-e9e2b9b7de9b/v1-301c5aae90a68c6175ee/card.webp)

View all
Economics P2 May-June 2025 Afr.pdf
Economics · Grade 12 · NSC June Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2025
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 2
- Pages
- 13
- File size
- 838.9 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 13
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Ekonomie/V2 2 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.
2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
nagesien word NIE.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord.
5. Lees die vrae aandagtig deur.
6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
7. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.
8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.
9. Gebruik slegs swart of blou ink.
10. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
11. Skryf netjies en leesbaar. 2025
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 3 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D.
1.1.1 Die werklike besteding wat 'n besigheid in die produksieproses
aangaan, staan as ... koste bekend.
A geleentheids-
B implisiete
C eksplisiete
D addisionele
1.1.2 Die markstruktuur wat as 'n hibridiese struktuur beskou word, staan
as ... bekend.
A monopolistiese mededinging
B 'n monopolie
C volmaakte mededinging
D 'n oligopolie
1.1.3 Die meeste markte slaag nie daarin om vinnig by veranderinge in
vraag en aanbod aan te pas nie, as gevolg van 'n gebrek aan ...
A positiewe eksternaliteite.
B besteding.
C negatiewe eksternaliteite.
D inligting.
1.1.4 Swartmarkte ontwikkel wanneer die owerheid inmeng deur 'n ... prys
te hef.
A minimum
B totale
C maksimum
D aanbod-
1.1.5 Die berekening van die inflasiekoers van alle finale goedere en
dienste deur die implisiete BBP-deflator te gebruik, word na verwys
as ... inflasie.
A allesomvattende
B alles-eksklusiewe
C verbruikers-
D hele-ekonomie-
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 4 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
1.1.6 Kostedruk-inflasie gee aanleiding tot ...
A laer lone.
B natuurrampe.
C toename in produktiwiteit.
D laer winsgrense.
1.1.7 Die minimum lengte van verblyf moet ... wees wanneer toerisme
gemeet word.
A een week
B twee dae
C een maand
D een nag
1.1.8 Finansiële ondersteuning wat deur die owerheid voorsien word om
investering in groen energie aan te moedig, staan as 'n ...-subsidie
bekend.
A eiendom
B omgewing
C indiensneming
D uitvoer (8 x 2) (16)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 5 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.9 J.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Nywerheid A wettige beperkinge wat voorkom
dat ander verskaffers die mark
1.2.2 Natuurlike monopolieë betree
1.2.3 Onderlinge afhanklikheid B Suid-Afrikaanse burgers wat na
ander lande reis
1.2.4 Minimum loon
C daarop gemik om reis meer
1.2.5 Indekse toeganklik en bekostigbaar binne
Suid-Afrika te maak
1.2.6 Uitgaande toeriste
D 'n doelwit om uiterste armoede en
1.2.7 Sho't left-veldtog honger uit te wis
1.2.8 Millenniumontwikkelings- E die besluit van een besigheid om
doelwit pryse te verhoog, word beïnvloed
deur hoe ander besighede sal
reageer
F 'n groep besighede wat dieselfde
produkte produseer of aanbied
G saamgestel deur die pryse van 'n
verteenwoordigende mandjie
goedere en dienste gereeld aan
te teken
H hoë ontwikkelingskoste voorkom
dat ander besighede die mark
betree
I die bedrag geld deur die
owerheid vasgestel, waaronder
geen werknemers hulle werkers
mag betaal nie
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 6 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs
die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.
1.3.1 Produkte wat met betrekking tot kwaliteit, grootte en voorkoms
identies is
1.3.2 'n Wettige en eksklusiewe reg om 'n produk te vervaardig
1.3.3 'n Tegniek om die sosiale koste en sosiale voordele wat met groot
owerheidsprojekte geassosieer word, te evalueer
1.3.4 Vind plaas wanneer daar 'n styging in die algemene prysvlak is wat
deur 'n styging in die produksiekoste veroorsaak word
1.3.5 Toeriste-aktiwiteite waar mense plekke besoek waar hulle die
uiteenlopende natuurlike skoonheid van 'n land kan ervaar
1.3.6 Hulpbronne wat nie vervang kan word wanneer dit eers ontgin is nie
(6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 7 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem enige TWEE kenmerke (eienskappe) van openbare goedere.
(2 x 1) (2)
2.1.2 Waarom ontmoedig die geknakte vraagkromme 'n oligopolie-firma
om hulle pryse te verhoog? (1 x 2) (2)
2.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SUID-AFRIKAANSE BANKBEDRYF
Monopolie of Oligopolie?
Bank
[Bron: www.iol.co.za, September 2024]
2.2.1 Identifiseer die markstruktuur wat die bankbedryf verteenwoordig in
die uittreksel hierbo. (1)
2.2.2 Noem die instelling wat beperkende besigheidspraktyke ondersoek. (1)
2.2.3 Beskryf kortliks die term prysleierskap. (2)
2.2.4 Verduidelik die impak van samespanning deur banke op verbruikers. (2)
2.2.5 Waarom streef besighede daarna om skaalvoordele te bereik?
(2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 8 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
2.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
GEVOLGE VAN MARKMISLUKKINGS
Navorsing en
ontwikkeling
Inenting EKSTERNALITEITE Sigarette rook
Verkeersopeenhoping
2.3.1 Identifiseer enige EEN negatiewe eksternaliteit in die inligting hierbo. (1)
2.3.2 Noem 'n private voordeel wat produsente van goedere en dienste
geniet. (1)
2.3.3 Beskryf kortliks die term sosiale koste. (2)
2.3.4 Waarom lei positiewe eksternaliteite, soos onderwys en opleiding,
tot markmislukking? (2)
2.3.5 Hoe kan die owerheid die verbruik van niemerietegoedere
ontmoedig? (2 x 2) (4)
2.4 Verduidelik, met behulp van 'n korrek benoemde grafiek, die verhouding tussen
die vraagkromme (GI) en die marginale inkomstekromme van 'n monopolie.
(2 x 4) (8)
2.5 Hoe kan die owerheid inkome en rykdom herverdeel om markmislukking reg te
stel? (4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 9 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem enige TWEE maniere wat gebruik word om inflasie te meet.
(2 x 1) (2)
3.1.2 Hoe kan die owerheid onderwys gebruik om omgewings-
volhoubaarheid te verseker? (1 x 2) (2)
3.2 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
COP-28, DUBAI 2023
Assesseer wêreldpogings om klimaatsverandering aan te pak
[Aangepas uit www.greenhumour.com]
3.2.1 Identifiseer 'n term in die spotprent hierbo wat verband hou met
natuurlike hulpbronne wat vervang kan word wanneer dit gebruik is. (1)
3.2.2 Noem enige EEN internasionale ooreenkoms wat aangegaan is om
klimaatsverandering te verminder. (1)
3.2.3 Beskryf kortliks die term aardverwarming. (2)
3.2.4 Waarom hef die owerheid groenbelasting op sekere goedere en
dienste? (2)
3.2.5 Verduidelik die omgewingsvoordele wanneer die gebruik van
fossielbrandstowwe verminder word. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 10 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
3.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SUID-AFRIKAANSE INFLASIEVERWAGTINGE – 2024
Suid-Afrikaanse ontleders, sakelui en vakbonde het hulle inflasieverwagtinge
verlaag. Inflasieverwagtinge van huishoudings het skerp gestyg, wat hulle
hoogste vlak van 6,9% in die derde kwartaal bereik het, vanaf 6,4% in die
tweede kwartaal.
Ter verduideliking van die vorige besluite om die repokoers onveranderd te laat,
het die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) gesê dat inflasieverwagtinge
steeds hoog is. Nietemin probeer die SARB die inflasiekoers binne die
inflasieteikengrens te hou.
[Bron: www.reuters.co.za]
3.3.1 Identifiseer die inflasieverwagtinge van huishoudings in die derde
kwartaal van 2024 in die uittreksel hierbo. (1)
3.3.2 Noem die inflasieteikengrens wat deur die Suid-Afrikaanse
Reserwebank vasgestel is. (1)
3.3.3 Beskryf kortliks die term stagflasie. (2)
3.3.4 Verduidelik die gedrag van werkers wanneer hulle verwag dat pryse
gaan styg. (2)
3.3.5 Hoe kan 'n verhoging in rentekoerse help om inflasie in die ekonomie
te bekamp? (2 x 2) (4)
3.4 Bespreek kortliks beskerming en bewaring met betrekking tot die stand van die
omgewing. (2 x 4) (8)
3.5 Ontleed die negatiewe impak van hoë inflasie op die Suid-Afrikaanse
ekonomie. (4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 11 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem enige TWEE soorte besoedeling. (2 x 1) (2)
4.1.2 Waarom hef die owerheid minimum pryse op sekere goedere in die
mark, soos mielies? (1 x 2) (2)
4.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
MONOPOLISTIESE MEDEDINGING
Die mededinging vir beheer in Suid-Afrika se kruideniersware-kleinhandel-
sektor is besig om te versterk, met aanlyn (internet) gerief, premium
handelsname en gesonder produkopsies wat die sleutel tot sukses is.
Aanlyn kruideniersware-verkope het vanaf 2019 jaarliks met 54% gegroei
totdat dit R23 biljoen in 2023 bereik het. In 2024 beplan 26% van SA
verbruikers om hulle aanlyn kruideniersware-inkopies te verhoog, wat
aansienlik hoër as wêreldmarkte is.
[Aangepas uit www.businesstech.co.za]
4.2.1 Identifiseer die jaarlikse groeikoers van aanlyn kruideniersware-
verkope in Suid-Afrika in die uittreksel hierbo. (1)
4.2.2 Noem die aard van die produk wat in 'n monopolistiese
mededingende mark verkoop word. (1)
4.2.3 Beskryf kortliks die term nieprys-mededinging. (2)
4.2.4 Verduidelik die belangrikheid van handelsmerkgewing in
onvolmaakte markte. (2)
4.2.5 Waarom verdien 'n monopolistiese mededingende firma normale
wins op lang termyn? (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 12 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
4.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SUID-AFRIKA SE 2024-INFLASIEKOERS
5.8
5,8
5,6
Persentasie (%)
5.6
5,6
VPI-inflasie
5.4
5,4 5,3 5,3
5,2 5,2
5.2
5,2 5,1
5
55 4,9
4.8
4,8
4,6 4,6 4,6 4,6
4.6
4,6 4,5
4.4
4,4 4,3
Kerninflasie
4.2
4,2
44
Januarie Februarie Maart April Mei Junie Julie
[Bron: www.statssa.gov.za]
4.3.1 Identifiseer die VPI-inflasiekoers vir Maart 2024 in die grafiek hierbo. (1)
4.3.2 Noem die prysindeks wat belasting op toegevoegde waarde (BTW)
uitsluit. (1)
4.3.3 Beskryf kortliks die term geadministreerde prys-inflasie. (2)
4.3.4 Waarom is kerninflasie meer stabiel as verbruikersprysindeks(VPI)-
inflasie? (2)
4.3.5 Hoe kan 'n toename in produktiwiteit help om inflasie te bekamp?
(2 x 2) (4)
4.4 Bespreek kortliks produktiewe ondoeltreffendheid en toedelings-
ondoeltreffenheid as gevolge van markmislukking. (2 x 4) (8)
4.5 Hoe kan die owerheid bevel-en-beheermaatreëls gebruik om
omgewingsvolhoubaarheid te verseker? (4 x 2) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 13 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
PUNTE-
STRUKTUUR VAN OPSTEL
TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is 'n laerorde-antwoord: Maks. 2
• 'n Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband hou,
te definieer of te omskryf.
• MOENIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.
• MOENIE enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal NIE.
• MOENIE in die inleiding noem wat jy in die liggaam gaan bespreek NIE.
Liggaam
Hoofdeel: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek/Bespreek Maks. 26
krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik/
Assesseer/Debatteer
'n Maksimum van 8 punte kan vir opskrifte/voorbeelde toegeken word.
Addisionele deel: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Lei af/ Maks. 10
Vergelyk/Onderskei/Stel voor/Interpreteer/Debatteer/Hoe
'n Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken
word.
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit: Maks. 2
• 'n Kort samevatting van wat alreeds bespreek is, sonder die herhaling
van feite wat reeds genoem is
• Enige mening/opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
• Addisionele ondersteuningsinligting wat die bespreking/analise versterk
• 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
• Aanbevelings
TOTAAL 40
VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
• Bespreek in detail die korttermyn-ewewigsposisies in 'n volmaakte mark met die hulp
van drie aparte grafieke. (26)
• Evalueer die impak van volmaakte mededinging op verbruikers. (10)
[40]
VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE
• Ondersoek in detail die voordele van toerisme. (26)
• Ontleed die belangrikheid van inheemse kennisstelsels (IKS) in die bevordering van
toerisme. (10)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Verified matching documents
The question paper, memo or addendum that belongs with this document.
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D_watermark.pdf

Question paper
Economics-Grade-12-NSC-P1-QP-September-2025-Free-State.pdf
Question paper
Economics P1 May-June 2025 Afr.pdf
Question paper
ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)_hlayiso.com_.pdf
Question paper
ECONOMICS P1 GR12 QP JUNE 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper
ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Question paper
ECONOMICS P2 QP GRADE 12 JUNE 2023_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper
ECON P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--82e9d47a-c817-4545-9700-e9e2b9b7de9b/v1-301c5aae90a68c6175ee/card.webp)
Question paper
Gr12 Economics P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper_hlayiso.com_.pdf
Question paper
ECONOMICS P2 QP GR12 SEPT2021 Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper_hlayiso.com_.pdf

Question paper
ECONOMICS P2 QP SEPT2018 Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 Economics
Explore more published documents in this catalogue.
Memorandum
Economics P2 Memo Afr_watermark.pdf
Memorandum
Economics-Grade-12-NSC-P2-MEMO-September-2025-KZN.pdf
Memorandum
Economics-Grade-12-NSC-P1-MEMO-Pre-June-2025-Limpopo.pdf
Memorandum
Economics-Grade-12-NSC-P2-MEMO-September-2025-Northern-Cape.pdf
Memorandum
ECONOMICS P1 GR12 MEMO JUNE 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
