Skip to content

Economics Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (Afr)

Question paperEconomicsGrade 12202513 pages

Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2025 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Vertroulik SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN EKONOMIE V1 MEI/JUNIE 2025 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 2 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK: AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae. AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien word NIE. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord. 5. Lees die vrae aandagtig deur. 6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 7. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop. 8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen. 9. Gebruik slegs swart of blou ink. 10. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar. 2025 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 3 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D. 1.1.1 Verbruikersbesteding wat onafhanklik van die vlak van inkome is, staan as … verbruik bekend. A afgeleide B outonome C huishoudelike D totale 1.1.2 'n Beraming van nuwe data wat onbekend is, gegrond op feite wat bekend is, staan as ... bekend. A ekstrapolasie B tendenslyn C 'n bewegende gemiddelde D die lengte van 'n siklus 1.1.3 'n Niebetaler kan nie by die verbruik van … goedere uitgesluit word nie. A niemeriete- B meriete- C kollektiewe D gemeenskaps- 1.1.4 'n Daling in die waarde van een geldeenheid in terme van 'n ander geldeenheid as gevolg van markkragte, staan as ... bekend. A appresiasie B evaluasie C depresiasie D devaluasie 1.1.5 'n Handelsooreenkoms wat die reëls vaslê wat handel van goedere tussen lande beheer, staan as ... bekend. A 'n handelsprotokol B handelsliberalisering C vryhandel D 'n handelskontrak Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 4 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik 1.1.6 Die toepassing van wetenskaplike kennis om nuwe innovasies in die produksieproses te ontwikkel, staan as ... bekend. A natuurlike hulpbronne B entrepreneurskap C tegnologie D arbeid 1.1.7 Die owerheid se sleutelaktiwiteite en tydraamwerke vir die implementering van nywerheidsontwikkelingsprogramme is in die … geformuleer. A Nasionale Nywerheidsbeleidsraamwerk B Nywerheidsbeleid-aksieplan C Nasionale Navorsing- en Ontwikkelingstrategie D Geïntegreerde Vervaardigingstrategie 1.1.8 'n Wêreldorganisasie wat finansiële steun verleen om ekonomiese ontwikkeling in ontwikkelende lande te verhoog, staan as die ... bekend. A Verenigde Nasies B Wêreldhandelsorganisasie C Internasionale Monetêre Fonds D Wêreldbank (8 x 2) (16) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 5 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik 1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.9 J. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Reële vloei A streef daarna om teen 2030 armoede te elimineer en 1.2.2 Phillips-kromme ongelykheid te verminder 1.2.3 Nasionalisering B 'n oormatige opeenhoping van liggaamsvette wat gesondheid 1.2.4 Absolute voordeel negatief beïnvloed 1.2.5 Ekonomiese unie C oordrag van funksies en eienaarskap van entiteite van die 1.2.6 Nasionale privaat sektor na die openbare Ontwikkelingsplan sektor 1.2.7 Vaardigheids- D 'n aansporing wat daarna streef om ondersteuningsprogram belegging in die opleiding van die Suid-Afrikaanse arbeidsmag te 1.2.8 Obesiteit voorsien E lande deel 'n enkele monetêre stelsel, een sentrale bank en 'n verenigde fiskale stelsel F oordrag van funksies en eienaarskap van entiteite van die openbare sektor na die privaat sektor G beweging van goedere, dienste en produksiefaktore tussen ekonomiese deelnemers H wanneer 'n land 'n goed of diens goedkoper as ander lande kan produseer hoewel dieselfde hulpbronne gebruik word I illustreer die verhouding tussen werkloosheid en inflasie (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 6 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik 1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE. 1.3.1 Die proporsie van addisionele inkomste wat huishoudings verkies om op goedere en dienste te bestee 1.3.2 'n Ekonomiese aanwyser wat op dieselfde tyd as die ekonomie verander 1.3.3 Die item in die betalingsbalans wat transaksies aanteken wat aan die verkoop van besighede of vaste eiendom gekoppel is 1.3.4 Diskresionêre veranderinge in monetêre en fiskale beleide wat probeer om die vlak van totale vraag te verander 1.3.5 Die samewerking tussen die owerheid en private maatskappye om groot infrastruktuurprojekte te finansier, bou en bedryf 1.3.6 Meet die aantal kinders wat sterf voordat hulle een jaar oud word, per duisend lewende geboortes in 'n jaar (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 7 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem enige TWEE soorte wisselkoersstelsels. (2 x 1) (2) 2.1.2 Waarom word investering as 'n inspuiting in die ekonomiesekringloop-model beskou? (1 x 2) (2) 2.2 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SUID-AFRIKA SE EKONOMIESE AKTIWITEIT RESESSIESTRAAT [Aangepas uit https://x.com/zapiro] 2.2.1 Identifiseer 'n inkrimpingsfase van die sakesiklus in die spotprent hierbo. (1) 2.2.2 Noem enige EEN monetêre beleidsinstrument wat gebruik kan word om ekonomiese aktiwiteit te beïnvloed. (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die term amplitude. (2) 2.2.4 Waarom is leidende aanwysers belangrik vir beleidmakers in die ekonomie? (2) 2.2.5 Hoe kan ekonomiese herstel die Suid-Afrikaanse ekonomie bevoordeel? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 8 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik 2.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SUID-AFRIKA SE RUILVOET 200 176,8 176,6 154,8 162,4 Export price Uitvoerprysindeks 150 index Indekssyfers 114,2 108,7 Import price 100 Invoerprysindeks 50 index 0 Terms Ruilvoet of 2022 2023 trade (ToT) [Aangepas uit SARB: Kwartaallikse Bulletin, Junie 2024] 2.3.1 Identifiseer die uitvoerprysindeks vir 2023 in die grafiek hierbo. (1) 2.3.2 Noem die formule vir die berekening van die ruilvoet. (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die term globalisering. (2) 2.3.4 Verduidelik die effek van internasionale handel op produksie van goedere en dienste. (2) 2.3.5 Hoe kan 'n daling in die ruilvoet die ekonomie beïnvloed? (2 x 2) (4) 2.4 Bespreek die finansiële mark binne die VIERSEKTOR-ekonomiesekringloop- model. (4 x 2) (8) 2.5 Hoe kan aanbodkantmaatreëls gebruik word om die vlak van ekonomiese aktiwiteit in die gladstryking van sakesiklusse te stimuleer? (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 9 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem enige TWEE kontantvoordele wat deur die owerheid aan huishoudings voorsien word. (2 x 1) (2) 3.1.2 Waarom is hoë landelik-stedelike migrasie 'n probleem vir plaaslike owerhede? (1 x 2) (2) 3.2 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SUID-AFRIKA SE INDIENSNEMINGSAANWYSERS Termyn Indiensnemings- Werkloosheids- Ekonomiese koers koers aktiewe bevolking (EAB) Kw1: 2024 67,1% 32,9% 24,9 miljoen Kw2: 2024 66,5% 33,5% 25,1 miljoen [Aangepas uit https://www.statssa.gov.za] 3.2.1 Identifiseer die indiensnemingskoers vir die tweede kwartaal van 2024 in die tabel hierbo. (1) 3.2.2 Gee EEN rede vir die hoë werkloosheidskoers in Suid-Afrika. (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die term ekonomiese aktiewe bevolking (EAB). (2) 3.2.4 Verduidelik die belangrikheid daarvan om die verbruikersprys- indeks(VPI)-syfers saam te stel. (2) 3.2.5 Hoe kan die Suid-Afrikaanse ekonomie uit 'n toename in indiensneming voordeel trek? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 10 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik 3.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SPESIALE EKONOMIESE SONES IN SUID-AFRIKA Spesiale ekonomiese sones (SES'e) in Suid-Afrika het nie ten volle aan hulle potensiaal voldoen nie. Daar is aspekte van Suid-Afrika se SES-model wat duidelik moet verander, waarvan een is dat die sones binne 'n langtermyn- ontwikkelingsplan moet pas, eerder as om onbeplande projekte te wees. Die owerheid moet eerlik en bekwaam wette implementeer wat beleggersvertroue in SES'e sal inboesem. [Bron: www.mg.co.za] 3.3.1 Identifiseer enige EEN uitdaging waarvoor Suid-Afrika te staan kom by die implementering van spesiale ekonomiese sones (SES'e) in die uittreksel hierbo. (1) 3.3.2 Noem die spesiaal geboude nywerheidsterrein wat fisies omhein en aan 'n internasionale lughawe of hawe verbind is. (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die term streeksontwikkeling. (2) 3.3.4 Verduidelik die belangrikheid van positiewe beleggersvertroue vir die ekonomie. (2) 3.3.5 Hoe kan besighede voordeel trek deur in spesiale ekonomiese sones (SES'e) bedryf te word? (2 x 2) (4) 3.4 Bespreek kortliks die Uitgebreide Openbare Werke-program (UOWP) en die Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtigingsprogram (BBSEB) as Suid-Afrika se groei- en ontwikkelingsbeleide. (2 x 4) (8) 3.5 Hoe kan die Suid-Afrikaanse owerheid die sukses van streeksontwikkelings- beleide verseker? (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 11 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Gee enige TWEE voorbeelde van eksogene oorsake van sakesiklusse. (2 x 1) (2) 4.1.2 Waarom is dit belangrik vir die owerheid om 'n meer doeltreffende vervoerinfrastruktuur in die ekonomie te bevorder? (1 x 2) (2) 4.2 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. NASIONALE-REKENINGOMSKAKELINGS SUID-AFRIKA 2023 ITEM BEDRAG (R miljoen) Bruto waarde toegevoeg (BWT) teen faktorkoste 6 175 572 Belasting op produksie 148 361 Subsidies op produksie 13 104 Bruto waarde toegevoeg (BWT) teen basiese pryse (A) Belasting op produkte 730 506 Subsidie op produkte 17 341 Bruto binnelandse produk (BBP) teen markpryse 7 023 994 [Bron: SARB, Kwartaallikse Bulletin, Junie 2024] 4.2.1 Identifiseer die item wat verwys na die pryse wat deur verbruikers vir goedere en dienste betaal word. (1) 4.2.2 Noem enige EEN voorbeeld van belasting op produkte. (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die term faktorkoste. (2) 4.2.4 Verduidelik die impak van subsidies op produksie aan produsente van goedere en dienste. (2) 4.2.5 Gebruik die inligting in die tabel hierbo om die waarde van die bruto waarde toegevoeg teen basiese pryse (A) te bereken. Toon ALLE berekeninge. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 12 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik 4.3 Bestudeer die dialoog hieronder en beantwoord die vrae wat volg. VERBETER DIE LEWENSTANDAARD DEUR VAARDIGHEIDSONTWIKKELING Ek dink geletterdheid is die mees basiese vaardigheid. Ja! Dit is waarom vaardigheidsontwikkeling deel is van die owerheid se plan om die lewenstandaard in hierdie land te verbeter. Daarom moet die owerheid programme hê om die vaardighede van baie mense te ontwikkel. [Aangepas uit www.google.com/humandevelopment] 4.3.1 Identifiseer 'n menslike-ontwikkelingsindeks-aanwyser wat met onderwys verband hou in die dialoog hierbo. (1) 4.3.2 Noem die groei- en ontwikkelingstrategie wat beoog om die uitdagings van vaardigheidstekorte in Suid-Afrika op te los. (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die term ekonomiese ontwikkeling. (2) 4.3.4 Verduidelik die belangrikheid van gesondheidsorg vir menslike ontwikkeling. (2) 4.3.5 Hoe kan die owerheid vaardigheidsontwikkeling in Suid-Afrika bevorder? (2 x 2) (4) 4.4 Bespreek kortliks natuurlike hulpbronne en klimaatstoestande as aanbod-redes vir internasionale handel. (2 x 4) (8) 4.5 Ontleed die belangrikheid van demografiese aanwysers vir die Suid-Afrikaanse owerheid. (4 x 2) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 13 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: PUNTE- STRUKTUUR VAN OPSTEL TOEKENNING Inleiding Die inleiding is 'n laerorde-antwoord: Maks. 2 • 'n Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband hou, te definieer of te omskryf. • MOENIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE. • MOENIE enige deel van die inleiding by die liggaam herhaal NIE. • MOENIE in die inleiding noem wat jy in die liggaam gaan bespreek NIE. Liggaam Hoofdeel: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek/ Maks. 26 Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/ Verduidelik/Assesseer/Debatteer 'n Maksimum van 8 punte kan vir opskrifte/voorbeelde toegeken word. Addisionele deel: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Lei af/ Maks. 10 Vergelyk/Onderskei/Stel voor/Interpreteer/Debatteer/Hoe 'n Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken word. Slot Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit: Maks. 2 • 'n Kort samevatting van wat alreeds bespreek is, sonder die herhaling van feite wat reeds genoem is • Enige mening/opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is • Addisionele ondersteuningsinligting wat die bespreking/analise versterk • 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra • Aanbevelings TOTAAL 40 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE • Bespreek in detail die redes vir openbaresektor-mislukking. (26) • Hoe kan fiskale beleid gebruik word om die ekonomie positief te beïnvloed? (10) [40] VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE • Bespreek in detail die argumente ten gunste van beskerming. (26) • Waarom is dit belangrik vir Suid-Afrika om sy uitvoerkapasiteit te verhoog? (10) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all