Skip to content

Economics Grade 12 P2 Gauteng June 2024 Memo (Afrikaans)

MemorandumEconomicsGrade 12202428 pages

Grade 12 Economics Paper 2 memorandum from the Gauteng June Exam 2024 (Afrikaans), 28 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com JUNIE EKSAMEN GRAAD 12 2024 NASIENRIGLYNE EKONOMIE (VRAESTEL 2) 24 bladsye
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 2) GR12 0624 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 1.1.1 A – ʼn Vermindering in arbeid benodig  1.1.2 B – Minimalisering van koste  1.1.3 C – negatiewe eksternaliteite.  1.1.4 D – GI ≥ MI  1.1.5 A – het ʼn negatiewe helling.  1.1.6 B – Monopolistiese mededinging  A, B Or C 1.1.7 D – firmas is prysnemers.  1.1.8 C – toeneem  (8 x 2) (16) 1.2 PAS ITEMS 1.2.1 I – die doeltreffende verspreiding van hulpbronne om aan die voorkeure van verbruikers te voldoen  1.2.2 D – kan nie tussen nywerhede oorgedra word nie  1.2.3 A – Al die kostes gedeel deur die hoeveelheid uitset wat geproduseer word  1.2.4 G – strawwe mededinging verhoed langtermyn ekonomiese wins  1.2.5 H – ʼn stelsel waar die rykes meer betaal, en lae-inkomste verdieners minder betaal  1.2.6 B – vind plaas wanneer twee of meer firmas in dieselfde bedryf informeel ooreenkom om die mark te beheer  1.2.7 C – koste wat nie verhaal kan word sodra dit aangegaan is nie  1.2.8 F – die strewe na inkomste deur aktiwiteite wat geen bykomende waarde skep nie  (8 x 1) (8) 2
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 2) GR12 0624 1.3 GEE DIE TERM 1.3.1 Koste-voordeel-analise  1.3.2 Ontbrekende markte/Verlore  1.3.3 Advertensies/Bemarking  1.3.4 Oligopolie/ Duopolie  1.3.5 Dooiegewig verlies/Sosiale verlies/welvaarts verlies  1.3.6 Markstrukture  (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 3
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 2) GR12 0624 AFDELING B Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem TWEE kenmerke van ʼn vraagkromme van besigheid in ʼn volmaak mededingende mark. Dit is volmaak elasties.  Dit is ʼn horisontale lyn.  Dit is dieselfde as die marginale inkomstekromme.  Dit is identies aan die markprys.  Dit is dieselfde as die Gemiddelde Inkomste kurwe.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 1) (2) 2.1.2 Waarom is prysdiskriminasie nie moontlik vir firmas in ʼn volmaakte mark nie? In ʼn volmaakte mark kan firmas nie hul pryse bo die markprys verhoog sonder om al hul kliënte aan mededingers te verloor nie, gevolglik sal firmas nie in staat wees om by prysdiskriminasie betrokke te raak nie.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2) 2.2 DATARESPONS 2.2.1 Hoe sal die voëlgriep-uitbraak die markaanbod van eiers beïnvloed? • Negatief  • Die aanbod van eiers sal afneem  • (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) • Aanvaar slegs die term (1) 2.2.2 Wat is die effek van die griep-uitbrekaak op eierpryse? • Daar sal ʼn styging in pryse wees.  • (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) • Aanvaar slegs die term (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die term marginale produk. Marginale produk is die bykomende eenheid van uitset wat geproduseer word as nog een eenheid van die inset gebruik word.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 2.2.4 Verduidelik hoekom eiers ʼn homogene produk is. Eiers is tipies eenvormig in hul basiese eienskappe soos grootte, vorm en graad.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 4
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 2) GR12 0624 2.2.5 Hoe beïnvloed fluktuasies in die markprys van eiers die inkomste van kleiner produsente? • Kleiner plaaslike produsente werk dikwels met nouer winsmarges in vergelyking met groter kommersiële produsente.  • Fluktuasies in eierpryse kan hierdie winsmarges direk beïnvloed.  • As pryse daal, kan dit winste knou of selfs tot verliese lei vir kleiner produsente wat dalk nie dieselfde skaalvoordele of hulpbronne het om sulke veranderinge te absorbeer nie.  • Kleiner produsente kan uitdagings in die gesig staar om te kompeteer met groter, meer gevestigde eierprodusente gedurende tydperke van prysskommelings.  • Groter produsente het dikwels meer hulpbronne, doeltreffendheid en bedingingsmag, wat hulle in staat stel om markveranderinge beter te hanteer.  • Inkomstewisselvalligheid as gevolg van prysskommelings kan die finansiële stabiliteit van kleiner produsente beïnvloed.  • Dit kan hul vermoë om te belê in toerustingopgraderings, tegnologie of uitbreiding beïnvloed, wat hul langtermyn lewensvatbaarheid beperk.  • Wanneer die markprys van eiers styg, kan kleiner produsente hoër inkomste verdien vir elke eenheid eiers wat verkoop word.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (4) 2.3 DATARESPONS 2.3.1 Identifiseer die mededingingsinstelling met die hoogste gesag. Die Mededingingsappèlhof  (1) 2.3.2 Gee EEN doelwit van die Mededingingswet. • Bevorder die doeltreffendheid van die ekonomie  • Voorsien verbruikers van mededingende pryse en ʼn verskeidenheid produkte  • Bevorder indiensneming  • Moedig Suid-Afrika aan om aan wêreldmarkte deel te neem en buitelandse mededinging in Suid-Afrika te aanvaar  • Stel KMMO's in staat om aan die ekonomie deel te neem  • Laat die voorheen benadeeldes toe om hul eienaarskap van besighede te vergroot  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1) 5
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 2) GR12 0624 2.3.3 Beskryf kortliks die term mededinging. Mededinging verwys na die wedywering tussen maatskappye in die bepaling van markpryse.  (Aanvaar enige ander korrekte antwoord.) (2) 2.3.4 Verduidelik die rol van die mededingingskommissie met betrekking tot die wisselkoers manipulasie saak. • Dit ondersoek beperkende sakepraktyke, die misbruik van dominante posisies en samesmeltings om billikheid en doeltreffendheid in die Suid-Afrikaanse ekonomie te bereik.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 2.3.5 Hoe kan die manipulasie van die wisselkoers besighede raak wat op wêreldmarkte meeding? • Wisselkoersmanipulasie kan lei tot fluktuasies in die koste van produksie.  • Veranderinge in wisselkoerse kan die pryse van ingevoerde grondstowwe, komponente of voltooide goedere beïnvloed, wat ʼn onderneming se kostestruktuur beïnvloed.  • Dit kan winsmarges en mededingendheid beïnvloed.  • ʼn Gemanipuleerde wisselkoers kan uitvoermededingendheid beïnvloed deur ʼn firma se produkte meer of minder duur te maak in vergelyking met dié van mededingers van ander lande.  • Wisselkoersmanipulasie verhoog valutaverwante risiko's, maatskappye sal dalk meer verskansingstrategieë moet gebruik om die risiko's te versag.  • Valuta onsekerhede as gevolg van manipulasie kan ondernemings afskrik of aanmoedig om buitelandse beleggings te maak.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4) 6
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 2) GR12 0624 2.4 Teken ʼn korrek benoemde grafiek en verduidelik hoe die aanbodkromme van kostekrommes afgelei word. KORTTERMYN AANBOD     Korrekte tekening(vorm) en byskrifte van MK = 1 punt Korrekte tekening(vorm) en byskrifte van GVK = 1 punt Korrekte aanduiding en etikettering van sluitingspunt = 1 punt Korrekte aanduiding en etikettering van aanbodkurwe punt = 1 punt (Enige aanduiding soos bv. ‘n donker kurwe) Korrekte benoeming van horisontale as en vertikale as = 1 punt (Maks. 4) • Die korttermyn aanbodkromme van ʼn individuele produsent is daardie deel van die marginale kostekromme wat bo die minimum gemiddelde veranderlike koste is.  • Dit begin vanaf die sluitpunt opwaarts.  • Onder die sluitpunt sal die firma geen goedere verkoop nie.  • ʼn Firma sal goedere verkoop as die prys bo die sluitingspunt prys vlak is.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Maks. 4) (Ken ʼn maksimum van 4 punte toe vir die blote lys van feite/voorbeelde.) (8) 7
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 2) GR12 0624 2.5 Hoe verander die helling van die totale kostekurwe in verhouding tot veranderinge in die uitsethoeveelheid geproduseer? • Aanvanklik, soos die hoeveelheid uitset toeneem, is die helling van die totale aanbodkurwe geneig om relatief plat of vlak te wees.  • Dit dui op ʼn fase van toenemende marginale opbrengste ekonomie van skaal.  • Soos produksie voortduur, begin die totale kostekurwe helling steiler opwaarts neig.  • Dit vind plaas wanneer die produksie ʼn punt van dalende marginale opbrengste/disekonomie van skaal bereik.  • In hierdie stadium, lei die byvoeging van meer eenhede van inset tot kleiner en kleiner toenames in uitset.  • As gevolg hiervan neem die totale koste teen ʼn toenemende tempo toe, wat lei tot ʼn steiler helling van die TC-kromme.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Ken ʼn maksimum van 2 punte toe vir die blote lys van feite/voorbeelde.) (8) [40] VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 3.1 Antwoord die volgende vrae. 3.1.1 Gee enige TWEE voorbeelde van eksplisiete koste. • Betaling van salarisse/lone.  • Betaling vir huur.  • Betalings vir Grondstowwe.  • Betaling van nutsdienste.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 2) (2) 3.1.2 Hoe beïnvloed samespanning die globale mededingendheid van Suid-Afrikaanse besighede? • Samespanning is geneig om mededingende druk te verminder wat lei tot ʼn verminderde aansporing vir besighede om doeltreffend te werk en te innoveer.  • Wanneer maatskappye saamspan om pryse vas te stel, betaal verbruikers uiteindelik meer vir goedere en dienste. Hoër pryse kan Suid-Afrikaanse produkte minder aantreklik maak op die wêreldmark, veral as mededingers soortgelyke produkte teen ʼn meer mededingende prys kan aanbied.  • Samespanning is onwettig en kan tot regsgevolge lei, Suid- Afrikaanse besighede wat by samespanningspraktyke betrokke is, kan boetes, regstappe of skade aan hulle korporatiewe beeld in die gesig staar, wat hul vermoë om wêreldwyd mee te ding verder beïnvloed.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Maks. 2) (2) 8
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 2) GR12 0624 3.2 Dataresponse 3.2.1 Identifiseer die staatsonderneming wat in die spotprent hierbo uitgebeeld word. Suid-Afrikaanse Lugdiens/SAL  (1) 3.2.2 Noem die markstruktuur waaronder dit funksioneer. Oligopolie  (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die term openlike/eksplisiete samespanning. Verwys na ʼn situasie waarin ondernemings in ʼn bedryf hul optrede openlik en direk koördineer om gemeenskaplike doelwitte te bereik wat tipies daarop gemik is om gesamentlike winste te maksimeer.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 3.2.4 Hoekom is dit moeilik vir nuwe firmas om die lugrederybedryf te betree? • Om ʼn lugredery te begin vereis aansienlike voorafkoste vir die aankoop of huur van ʼn vliegtuig, voldoening aan veiligheids- en regulatoriese vereistes asook die opstel van infrastruktuur. Hierdie hoë kapitaalvereistes dien as ʼn beduidende hindernis vir nuwe toetreders.  • Gevestigde lugrederye kan voorkeurtoegang tot uitstekende lughawegleuwe en fasiliteite hê. Die beveiliging van landingsgleuwe en toegang tot sleutellughawens kan moeilik wees vir nuwe toetreders, wat hul vermoë beperk om gerieflike skedules aan te bied en hul roetenetwerk uit te brei.  • Bestaande lugrederye is reeds wel gevestig met beide kliënte. Nuwe firmas sal kliënte moet lok met lae tariewe wat vliegkaartjies se pryse kan beïnvloed  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Maks. 2) (2) 3.2.5 Watter impak sou die ineenstorting van die lugdiens op die Suid- Afrikaanse ekonomie hê? • Die ineenstorting van die Suid-Afrikaanse Lugdiens kan wydverspreide werkverliese tot gevolg hê, wat tot hoër werkloosheidsyfers bydra.  • Die SAL is deel van die breër lugvaartaanbodsketting, insluitend vliegtuigvervaardigers, instandhoudingsverskaffers en diensverskaffers. Die ineenstorting van die lugredery kan hierdie onderling gekoppelde voorsieningskettings ontwrig, wat verskeie besighede sou raak en moontlik tot werkverliese in verwante bedrywe lei.  • Die SAL speel ʼn deurslaggewende rol in die koppeling van plaaslike en internasionale bestemmings, wat toerisme vergemaklik. Die ineenstorting van die lugredery kan lei tot verminderde toeganklikheid wat moontlik die toerismebedryf en verwante sektore soos die gasvryheids- en reisdienste sou beïnvloed.  9
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 2) GR12 0624 • Die SAL is betrokke by die vervoer van hoëwaarde, tydsensitiewe goedere. Die ineenstorting van die lugredery kan die vervoer van goedere ontwrig, handel beïnvloed en moontlik lei tot verhoogde koste vir besighede wat op lugvragdienste staatmaak.  • Die Suid-Afrikaanse regering kan belastinginkomste na ander projekte herlei in plaas daarvan om die SAL te red.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Maks. 2 x 2) (4) 3.3 Dataresponse 3.3.1 Noem die aard van produkte in die mark soos hierbo geïllustreer word. Gedifferensieerde produkte  (1) 3.3.2. Noem EEN ander industrie wat in hierdie markstruktuur bedrywig is. • Fiksheidsentrums  • Verbruikers-elektronika, bv. Apple, Samsung, Sony, Hisense  • Hotelle en Gasvryheid  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die term nie-prys mededinging. Dit verwys na ʼn situasie waarin besighede meeding op grond van ander faktore as die prys van hul produkte of dienste.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 3.3.4 Waarom is monopolistiese mededingende besighede huiwerig om op grond van pryse mee te ding? • Produkte in ʼn monopolistiese mededinging het dikwels elastiese vraag wat beteken dat veranderinge in pryse ʼn beduidende impak het op die hoeveelheid gevra wat inkomste verminder as gevolg van verminderde verkoopsvolume.  • Maatskappye in die mark kan huiwerig wees om prysmededinging te begin om te verhoed dat prysoorloë met mededingers ontketen word. Prysoorloë kan nadelig wees vir die betrokke firmas, wat sal lei tot laer winste en potensiële finansiële onstabiliteit.  (Maks. 2) (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 10
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 2) GR12 0624 3.3.5 Verduidelik kortliks waarom daar gesê word dat besighede in die mark toewysingsondoeltreffend is. • Ondernemings in monopolistiese mededinging werk dikwels met ʼn oormaat kapasiteit omdat hulle minder produseer as die uitsetvlak wat die gemiddelde totale koste sal verminder. Hierdie onderbenutting van hulpbronne lei tot allokatiewe ondoeltreffendheid aangesien die firmas nie produseer op die punt waar marginale koste gelyk is aan marginale inkomste nie.  • In monopolistiese mededinging het firmas ʼn mate van markmag, wat hulle in staat stel om pryse bo hul marginale koste te stel. Hierdie opslag tussen prys en marginale koste lei tot ʼn afwyking van die toewysingsdoeltreffende prys, wat lei tot ʼn suboptimale toewysing van hulpbronne in die ekonomie.  • Besighede in monopolistiese mededinging belê dikwels baie in advertensies om handelsmerklojaliteit te skep en hul produkte te onderskei. Hierdie advertensie-uitgawes kan gesien word as ʼn vorm van verkwistende mededinging en kan hulpbronne weglei van meer produktiewe gebruike, wat bydra tot allokatiewe ondoeltreffendheid.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (4) 3.4 Teken ʼn goed benoemde grafiek om ekonomiese winste vir ʼn monopolie mark te illustreer. EKONOMIESE WINS MK  Prys/Koste/Inkomste GK  L P1    N C GI = W e   MI GI 0 Q1 Hoeveelheid  11
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 2) GR12 0624 • Etikettering op as 1-punt as(Q1, 0, P1, C1)  • Korrekte etikettering van as 1-punt • Korrekte tekening en etikettering van die MK 1-punt • Korrekte tekening en etikettering van die GK in verhouding tot GI 1-punt • Aanduiding van wins maksimalisering (MK = MI) 2 punte • Korrekte posisie/skadu van ekonomiese wins 2 punte • Korrekte tekening en etikettering van GI 1 punt (8) 3.5 Ontleed die verband wat bestaan tussen marginale inkomste (MI) en gemiddelde inkomste (GI) vir ʼn monopolistiese mededingende mark. • Vir ʼn monopolisties mededingende firma wat ʼn afwaartse-hellende vraagkromme in die gesig staar, lê die marginale inkomstekromme onder die vraagkromme.  • MI is minder as prys (P) omdat die firma die prys moet verlaag om bykomende eenhede te verkoop.  • GI is altyd groter of gelyk aan MI in monopolistiese mededingende markte.  • Die graad van differensiasie kan die gaping tussen MI en GI beïnvloed differensiasie laat toe vir ʼn kleiner gaping en meer beheer oor prys.  • Monopolies mededingende firmas poog om wins te maksimeer waar MI gelyk is aan marginale koste (MK). Aangesien MI minder as P is, produseer die firma waar MI MK sny, en die ooreenstemmende prys is hoër as die marginale koste.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (8) [40] VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 4.1 Antwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem TWEE tipes goedere wat deur die regering verskaf word. • Openbare goedere  • Gemeenskapsgoedere  • Kollektiewe goedere  • Meriete goedere  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 1) (2) 12
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 2) GR12 0624 4.1.2 Hoe lei direkte beheer tot die wantoewysing van hulpbronne ondoeltreffendheid? • Gesentraliseerde stelsels kan sukkel om vinnig aan te pas by veranderende ekonomiese toestande, tegnologiese vooruitgang of verskuiwings in verbruikersvoorkeur. Hierdie onbuigsaamheid kan daartoe lei dat hulpbronne aan verouderde of ondoeltreffende projekte toegewys word.  • Gesentraliseerde beheer behels dikwels die toepassing van ʼn eenvormige beleid oor diverse streke of sektore. Verskillende streke en nywerhede kan egter unieke behoeftes en toestande hê. ʼn Een- grootte-pas-almal-benadering kan lei tot wantoedeling aangesien dit nie die spesifieke vereistes van verskillende gebiede of sektore aanspreek nie.  • Sentrale owerhede het dalk nie toegang tot die gedetailleerde en gelokaliseerde inligting wat noodsaaklik is vir doeltreffende hulpbrontoewysing nie. Besluite wat geneem word sonder ʼn duidelike begrip van plaaslike behoeftes, voorkeure en marktoestande kan lei tot wantoedeling.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 4.2 Dataresponse 4.2.1 Identifiseer die hoeveelheid verskaf indien die prysplafonne afgedwing word. V1  (1) 4.2.2 Noem EEN voordeel van die prysplafon vir motoriste. Laer pryse  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die term minimum prys. ʼn Prys wat bo die ewewigsprys/markprys gestel word om produsente in staat te stel om ʼn billike wins te maak.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 4.2.4 Verduidelik die implikasies van ʼn prysplafon wat bo die markprys gestel is. • Om ʼn prysplafon bo die markprys te stel, skep geen onmiddellike uitwerking op die mark nie, aangesien die mark reeds teen ʼn prys onder die opgelegde plafon funksioneer. • Dit is onrelevant aangesien die prys gewoonlik onder die plafon ingestel word. (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 13
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 2) GR12 0624 4.2.5 Hoe kan die voorgestelde prysplafon op loodvrye petrol tot swart markte lei? • Wanneer die regering ʼn prysplafon instel, skep dit ʼn oormaat vraag na petrol aangesien verbruikers meer brandstof teen die beperkte prys wil koop as wat verskaffers bereid is om te voorsien.  • Die tekort aan petrol as gevolg van die prysplafon skep ʼn geleentheid vir sommige individue of entiteite om die situasie uit te buit deur petrol teen die laer wettige prys te koop en dit op die swartmark teen hoër, ongereguleerde pryse te verkoop om munt te slaan uit die skaarsheid.  • Die skaarste en groter vraag na petrol kan onwettige aktiwiteite soos smokkelary of ongemagtigde handeldryf aanspoor.  • Hierdie situasie stimuleer dikwels onwettige aktiwiteite en die ontstaan van swart markte waar petrol teen pryse hoër as die gereguleerde plafon verkoop word.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (4) 4.3 Dataresponse 4.3.1 Identifiseer EEN metode wat gebruik word wanneer die KBA hierbo bereken word. Netto Huidige Waarde/NHW  (1) 4.3.2 Noem die projek laagste ekonomiese koste. Stasie A  (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die term maatskaplike voordeel. Maatskaplike voordeel verwys na die totale voordeel wat die samelewing as geheel.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 4.3.4 Wat is die uitdaging om die koste-voordeel-analise toe te pas? • KVA behels dikwels die maak van subjektiewe oordeel oor die geldwaarde van nie-mark goedere, soos omgewingskwaliteit of menslike lewe. Verskillende belanghebbendes kan verskillende menings hê oor die toepaslike waardes om toe te ken, wat lei tot potensiële vooroordele.  • Om huidige waardes aan toekomstige koste en voordele toe te ken, vereis verdiskontering, wat aannames oor die toepaslike verdiskonteringskoers behels. Die keuse van die verdiskonterings- koers kan die resultate aansienlik beïnvloed en sal moontlik nie mettertyd sosiale voorkeure akkuraat weerspieël nie.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 14
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 2) GR12 0624 4.3.5 Hoe kan die Suid-Afrikaanse regering die koste-voordeel-analise gebruik om markmislukking te voorkom? • Die koste-voordele-analise help om te verseker dat openbare beleggings voldoende voordele genereer om hul koste te regverdig, wat verkwistende besteding en potensiële markmislukking voorkom.  • Koste-voordeel-analise sluit die wyer sosiale impak en eksternaliteite in die besluitnemingsproses in, wat nuttig is om besluite te neem soos of die projek moet voortgaan of nie.  • KVA help om eksternaliteite te identifiseer. Deur hierdie eksternaliteite te kwantifiseer, kan die regering beleide ontwerp om die koste of voordele op pryse in te sluit en sodoende markmislukking te voorkom.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (4) 4.4 Bespreek die uitwerking van minimum lone as gevolg van markmislukking. Positiewe aspekte van minimum loon. • Ondersteuners voer aan dat minimum lone kan help om inkomste- ongelykheid aan te spreek deur te verseker dat selfs die laagste besoldigde werkers ʼn loon verdien wat hulle in staat stel om in hul basiese behoeftes te voorsien. Dit kan lei tot ʼn meer regverdige verdeling van inkomste.  • Minimum lone word gesien as ʼn instrument om lae loon werkers uit armoede te lig. Deur ʼn vloer op lone te stel, beoog regerings om te verseker dat werkers genoeg verdien om noodsaaklike uitgawes te dek, en verminder die afhanklikheid op maatskaplike welsynsprogramme.  • Voorstaanders voer aan dat wanneer lae loon werkers meer verdien, hulle waarskynlik bykomende inkomste aan goedere en dienste sal bestee. Hierdie verhoogde verbruikersbesteding kan ekonomiese groei stimuleer, wat ʼn positiewe vermenigvuldigingseffek skep.  Negatiewe aspekte van minimum loon. • Een van die hoofargumente teen minimum lone is dat dit tot werkloosheid kan lei, veral onder laag geskoolde werkers. As die minimum loon bo die ewewigsloon gestel word wat deur markkragte bepaal word, kan werkgewers moontlik nie in staat wees, of onwillig wees, om soveel werkers as moontlik aan te stel nie, wat lei tot werkverliese.  • Minimum lone kan werksgeleenthede vir intreevlak werkers beperk. Klein besighede kan sukkel om hoër lone te bekostig, wat daartoe lei dat hulle hul aanstellings verminder of werksure verminder.  • Kritici beweer dat minimum lone inmeng met die natuurlike funksionering van die arbeidsmark. Hulle voer aan dat lone deur vraag en aanbod bepaal moet word, en regeringsingryping deur middel van minimumloonwette hierdie proses ontwrig, wat tot ondoeltreffendheid lei.  (Ken ʼn maksimum van 4 punte toe vir ʼn blote lys van feite/voorbeelde.) (8) 15
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 2) GR12 0624 4.5 Wat is van die onbedoelde gevolge benewens laer produksiekoste, van staatsubsidies op die landbousektor? • Regeringsubsidies in die landbousektor is bedoel om boere te ondersteun, voedselsekerheid te verseker en landelike ontwikkeling te fasiliteer. Subsidies kan egter tot onvoorsiene nagevolge lei.  • Subsidies spoor boere dikwels aan om produksie bo die mark-aanvraag te verhoog.  • Dit kan oorproduksie tot gevolg hê, wat lei tot surplusse in die mark.  • Surplusse kan pryse afdruk, wat boere se inkomste negatief beïnvloed en bergings- en wegdoen uitdagings vir oortollige produkte skep.  • Subsidies kan markseine verwring deur pryse en produksievlakke kunsmatig te verander.  • Dit kan lei tot ondoeltreffende toewysing van hulpbronne aangesien boere kan fokus op gewasse wat gesubsidieer word, eerder as dié met hoër mark aanvraag of beter omgewingsgeskiktheid.  • Subsidies kan onvolhoubare landboupraktyke aanmoedig.  • Sekere gewasse kan oormatige gebruik van kunsmis en plaagdoders maak, wat lei tot omgewingsagteruitgang, gronderosie, waterbesoedeling en verlies aan biodiversiteit.  • Landbou subsidies kan internasionale handel verwring deur binnelandse produkte kunsmatig goedkoper te maak, wat tot handelsgeskille met ander lande lei.  • Gesubsidieerde uitvoere uit een land kan boere in ander nasies ondermyn, onregverdige mededinging skep en die globale markdinamika beïnvloed.  • Subsidies vereis dikwels aansienlike staatsbesteding. Met verloop van tyd kan hierdie subsidies staatsbegrotings knou.  Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Ken ʼn maksimum van 2 punte toe vir ʼn blote lys van feite/voorbeelde.) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 16
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 2) GR12 0624 AFDELING C Beantwoord EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: PUNTE- STRUKTUUR VAN OPSTEL TOEKENNING Inleiding Die inleiding is ʼn laerorde response. • ʼn Goeie beginpunt sal wees om die hoofkonsep wat met die vraag onderwerp verband hou te definieer. Maks. 2 • MOENIE enige deel van die vraag by jou inleiding insluit NIE. • MOENIE enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal NIE. • Vermy om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek. Liggaam Hoofgedeelte: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/ Ondersoek/Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/ Differensieer/Verduidelik/Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die Maks. 26 gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Beoordeel/ Debatteer ʼn Maksimum van 8 punte mag vir opskrifte/voorbeelde toegeken word. Bykomende deel: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/ Debatteer/Lei af Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/Hoe?/Stel voor Maks. 10 ʼn Maksimum van 2 punte kan toegeken word vir die blote lys van feite. Afsluiting Enige hoërorde gevolgtrekking moet die volgende insluit: • ʼn Kort opsomming van wat bespreek is sonder om feite wat reeds genoem is te herhaal Maks. 2 • Enige mening of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is • Bykomende ondersteuningsinligting om die bespreking/analise te versterk • ʼn Teenstrydige standpunt met motivering, indien nodig • Aanbevelings TOTAAL 40 17
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 2) GR12 0624 VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE • Bespreek in detail die verskeie ewewigsposisies van ʼn firma in ʼn volmaakte mark met behulp van grafieke. (26) • Hoe beïnvloed die druk van mededinging in ʼn volmaakte mark die etiese gedrag van firmas? (10) INLEIDING Die individuele besigheid kan ʼn ekonomiese wins, ekonomiese verlies of normale wins in die korttermyn maak. Daar word na hulle verwys as korttermyn-ewewigsposisies. Op die lang termyn sal die individuele besigheid altyd normale wins maak.  (Aanvaar enige ander geskikte inleiding.) (Maks. 2) EKONOMIESE WINS Korrekte posisionering en etikettering van kostekurwes = 1 punt Korrekte posisionering en etikettering van inkomstekurwes = 1 punt Aanduiding van ekonomiese winsgebied = 1 punt Etikettering op asse = 1 punt Etikettering van asse = 1 punt Max 4 marks • Ekonomiese wins is die wins wat gemaak word bykomend tot die normale wins / Wanneer die gemiddelde inkomste groter is as die gemiddelde koste, maak die firma ekonomiese wins.  • Die firma produseer op punt e waar MI=MK • Teen e word Q/100 eenhede teen P/R10 vervaardig.  • By punt e is GI (P/R10) groter as GK (P1/R8).  18
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 2) GR12 0624 • Die firma maak 'n ekonomiese wins van PeaP1 /TR - TC (R1000 – R800 = R200) / R2 x 100 = R200).  ECONOMIC LOSS Korrekte posisionering en etikettering van kostekurwes = 1 punt Korrekte posisionering en etikettering van inkomstekurwes = 1 punt Aanduiding van ekonomiese verliesgebied = 1 punt Etikettering op asse = 1 punt Etikettering van asse = 1 punt Maksimum 4 punte • Ekonomiese verlies vind plaas wanneer totale koste groter is as die totale inkomste / wanneer die gemiddelde inkomste laer is as die gemiddelde koste.  • Die firma produseer by punt e waar MI=MK.  • Teen e word Q/100 eenhede teen P/R10 vervaardig.  • By punt e is GI (P/R10) minder as GK (P1/R12).  • Die firma maak 'n ekonomiese verlies van PP1ae / TR – TC (R1000 – R1200 = - R200)/ R10 – R12 = - R2).  19
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 2) GR12 0624 NORMALE WINS Korrekte posisionering en etikettering van kostekurwes = 1 punt Korrekte posisionering en etikettering van inkomstekurwes = 1 punt Aanduiding van gelykbreekpunt = 1 punt Etikettering van asse = 1 punt Etikettering op asse = 1 punt Maksimum 4 punte • Normale wins is die minimum verdienste wat nodig is om te verhoed dat die entrepreneur die bedryf verlaat.  • Normale wins vind plaas wanneer totale inkomste gelyk is aan totale koste / wanneer gemiddelde inkomste gelyk is aan gemiddelde koste.  • Die firma produseer by punt e waar MI=MK.  • Teen e word Q/100 eenhede teen P/R10 vervaardig.  • By punt e is GI (P/R10) gelyk aan GK (P/R10).  • Die firma maak normale wins van P x Q – GK x Q / R1000 – R1000 = R0 / R10 – R10 = R0.  LIGGAAM HOOFGEDEELTE 20
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 2) GR12 0624 Ekonomiese wins   R10 Prys    R8  100  Korrekte benoeming van winsmaksimeringspunt/MI = MK 1 punt Korrekte tekening en byskrifte van GK (onder GI) = 1 punt Korrekte aanduiding en etikettering van GI = 1 punt Korrekte benoeming van horisontale as en vertikale as = 1 punt (Maks. 4) 21
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 2) GR12 0624 Ekonomiese wins vind plaas wanneer die totale inkomste wat ʼn onderneming verdien sy totale koste oorskry (insluitend die implisiete koste soos die geleentheidskoste van die eienaar se tyd en kapitaal).  • In die grafiek hierbo, gegewe ʼn markprys van P3, word wins gemaksimeer waar MI = MK = P3. Dit vind plaas by ʼn hoeveelheid van Q3.  • Op Q3 is die firma se gemiddelde inkomste (GI) per eenheid van produksie P3 en die gemiddelde koste per eenheid is K2 wat laer is as die prys van P3.  • Die firma maak ʼn ekonomiese wins per produksie-eenheid van P3 – K1.  • Hierdie ekonomiese wins dien as ʼn aansporing vir ander firmas om die mark te betree.  • Hierdie situasie lok ander firmas om die bedryf te betree om voordeel te trek uit die hoër opbrengste, wat op sy beurt pryse kan laat daal as gevolg van verhoogde mededinging.  • Soos meer firmas die mark betree, neem die verskaffing van goedere of dienste toe, wat uiteindelik pryse verlaag.  • Hierdie proses duur voort totdat ekonomiese wins nul bereik.  • Firmas kan steeds normale winste maak, maar daar sal geen oortollige wins bo geleentheidskoste wees nie.  (Maks. 6) Ekonomiese verlies  R12 Prys   R10   100  Korrekte tekening en byskrifte van MI & MK/E3 = 1 punt Korrekte tekening en byskrifte van GK (bo GI) = 1 punt Korrekte aanduiding en etikettering van GI = 1 punt Korrekte benoeming van horisontale as en vertikale as = 1 punt (Maks 4) 22
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 2) GR12 0624 • Ekonomiese verlies vind plaas wanneer die totale koste van die vervaardiging van goedere of dienste die totale inkomste wat die onderneming verdien teen die heersende markprys oorskry.  • In die grafiek hierbo, gegewe ʼn markprys van P3, word wins gemaksimeer waar MI = MK by punt E3 by ʼn hoeveelheid van Q3.  • Op Q3 is die firma se gemiddelde inkomste (GI) per eenheid van produksie P3, die gemiddelde koste per eenheid is K3 wat hoër is as die prys van P3. Die firma maak ʼn ekonomiese verlies per produksie-eenheid wat gelyk is aan die verskil tussen K3 en P3.  • In ʼn volmaak mededingende mark dien hierdie ekonomiese verlies as ʼn sein vir firmas om die mark te verlaat.  • Ondernemings wat volgehoue verliese in die gesig staar, sal oorweeg of dit meer winsgewend is om bedrywighede te staak eerder as om voort te gaan met ʼn verlies.  • Om die mark te verlaat verminder die aanbod, wat veroorsaak dat pryse styg.  • Verlating van die mark duur voort totdat die oorblywende firmas ʼn toestand bereik waar hulle nie meer ekonomiese verliese ervaar nie.  • Tipies gebeur dit wanneer die prys gelyk is aan die gemiddelde totale koste (GTK) van produksie.  (Maks. 6) Normale wins   R10    100  Korrekte tekening en byskrifte van E2 (MI en MK) = 1 punt Korrekte tekening en byskrifte van GK (dit is = GI by die ewewig E2) = 1 punt Korrekte aanduiding en etikettering van GI = 1 punt Korrekte benoeming van horisontale as en vertikale as = 1 punt (Maks. 4) • Normale wins vind plaas wanneer ʼn onderneming se totale inkomste gelyk is aan sy totale koste.  • In die grafiek hierbo, gegewe ʼn markprys van P2, word wins gemaksimeer waar MI = MK = P2, teen ʼn hoeveelheid van Q2.  23
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 2) GR12 0624 • Op Q2 is die firma se gemiddelde inkomste (GI) per eenheid van produksie P2, wat ook gelyk is aan die gemiddelde koste per eenheid K2 (GK).  • Aangesien GI = GK, verdien die firma ʼn normale wins aangesien al sy koste ten volle gedek is. Punt E2 word die gelykbreekpunt genoem.  • By die gelykbreekpunt E2 verdien die firma genoeg om in besigheid te bly, maar maak geen oortollige wins nie.  • In ʼn volmaak mededingende mark is ondernemings wat normale wins ontvang in ewewig.  • Hulle dek alle koste, insluitend die geleentheidskoste van hul hulpbronne, maar hulle maak geen bykomende ekonomiese wins nie.  • Hierdie situasie lok of verhoed ondernemings om die mark te betree of te verlaat.  (Maks. 6) (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Ken ʼn maksimum van 8 punte toe vir opskrifte en voorbeelde.) (Maks. 26) BYKOMENDE DEEL • In ʼn hoogs mededingende omgewing kan ondernemings geweldige druk ondervind om sukses te behaal, wat daartoe kan lei dat sommige besighede onetiese praktyke oorweeg om ʼn voorsprong bo hul mededingers te kry.  • Hierdie druk om te presteer en kop bo water te hou in die mark kan soms firmas dryf om kompromieë aan te gaan met hul etiese standaarde.  • Die behoefte om wins te maak kan lei tot kompromieë in produk-/dienskwaliteit aangesien ondernemings poog om winsgewend teen markpryse te bly.  • Dit kan lei tot onetiese besluite, soos die verlaging van produkstandaarde of om betrokke te raak by misleidende advertensies.  • In ʼn stryd om te oorleef of mededingend te bly, kan firmas hul etiese standaarde geleidelik verwater om by dié van mededingers te pas, en rasionaliseer dat hulle geen ander keuse het as om by die bedryfsnorme aan te pas nie.  • Mededinging erodeer nie noodwendig etiese gedrag nie.  • Baie firmas in mededingende markte handhaaf hoë etiese standaarde en doen sake met integriteit.  • Etiese gedrag spruit dikwels uit ʼn maatskappy se waardes, leierskap en verbintenis tot die handhawing van etiese standaarde ten spyte van mededingende druk.  • Boonop kan mededinging ook positiewe uitkomste bevorder, deur innovasie, doeltreffendheid en beter kliëntediens aan te moedig.  • Etiese gedrag kan ʼn mededingende voordeel vir ondernemings word deur hul reputasie te verbeter en vertroue by verbruikers te bou.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Ken ʼn maksimum van 2 punte toe vir die blote lys van feite.) (Maks. 10) AFSLUITING Terwyl mededingende markte uitdagings vir etiese gedrag kan bied, is ʼn firma se verbintenis tot die handhawing van etiese standaarde ondanks mededingende druk van kardinale belang om integriteit en betroubaarheid in die mark te handhaaf. Etiese gedrag bly ʼn keuse wat deur ʼn firma se waardes, kultuur en leierskap beïnvloed word.  (Aanvaar enige ander korrekte hoërorde gevolgtrekking.) (Maks. 2) [40] 24
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 2) GR12 0624 VRAAG 6: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE ● Bespreek in detail, sonder die gebruik van grafieke, die kenmerke van monopolie as ʼn markstruktuur. (26 punte) ● Bespreek die bestaan van monopolieë in die aanspreek van sosio- ekonomiese kwessies in Suid-Afrika krities. (10 punte) INLEIDING ʼn Monopolie is ʼn markstruktuur wat gekenmerk word deur ʼn enkele verkoper of produsent wat die hele bedryf oorheers en geen mededinging van ander firmas in die gesig staar nie.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding.) (Maks. 2) HOOFGEDEELTE Die kenmerke van ʼn monopolie is as volg: Enkel verkoper of vervaardiger  • Daar is net een firma in die bedryf en hierdie firma is verantwoordelik vir die totale markuitset.  • Die monopolie firma het markkrag aangesien dit die markvraagkromme vir sy produk in die gesig staar.  • Verbruikers het beperkte keuses aangesien daar net een verskaffer in die mark is. Hierdie gebrek aan keuse kan hoër pryse en verminderde verbruikersurplus tot gevolg hê.  Beheer oor prys  • Dit kan die markprys verander deur die hoeveelheid wat dit verskaf te verander aangesien dit in staat is om hoeveelheid te verskaf wat dit in staat stel om wins te maksimeer.  • Anders as in mededingende markte waar pryse deur markkragte bepaal word, kan die monopolie die prys dikteer.  Aard van produkte  • Die monopolis produseer ʼn unieke produk waarvoor daar geen noue plaasvervangers is nie.  • Dit beteken dat verbruikers nie alternatiewe opsies van verskillende verkopers het nie.  bv. Eskom is die enigste lywige verskaffer van elektrisiteit in Suid- Afrika.  Hindernisse vir toegang  • Monopolieë het dikwels beduidende hindernisse wat verhoed dat nuwe firmas by die mark aansluit.  • Hindernisse kan hoë aanvangskoste, beheer oor noodsaaklike hulpbronne, regeringsregulering en sterk handelsmerklojaliteit insluit.  25
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 2) GR12 0624 Skaalvoordele.  • Monopolieë kan baat by skaalvoordele, wat hulle in staat stel om teen laer gemiddelde koste te produseer aangesien hulle op ʼn groter skaal werk.  • Die monopolis se primêre doel is om winste te maksimeer, die firma produseer op ʼn punt waar MK=MI om winste te maksimeer.  • As gevolg van die bestaan van hindernisse tot toetrede, is die monopolis geneig om ekonomiese winste te maak op beide die korttermyn sowel as op die lang termyn.  (Ken ʼn maksimum van 8 punte toe vir blote lys van feite/voorbeelde.) (Aanvaar enige ander opskrifte en bespreking tot 8 punte) (Maks. 26) BYKOMENDE DEEL Suid-Afrika, soos baie ander lande, worstel met komplekse sosio-ekonomiese uitdagings, en die rol van monopolistiese kan aansienlike implikasies hê.  Positiewe aspekte. • Monopolieë kan lei tot die doeltreffende produksie van goedere of dienste as gevolg van skaalvoordele. Dit kan laer gemiddelde koste tot gevolg hê, wat moontlik meer bekostigbare produkte vir verbruikers moontlik maak.  • Monopolieë, as dit voldoende gereguleer word, kan baie in navorsing en ontwikkeling belê, wat lei tot innovasie en tegnologiese vooruitgang. Dit kan positiewe oorvloei-effekte op die breër ekonomie hê.  • In sekere bedrywe, soos nutsdienste, kan ʼn monopolie struktuur meer bevorderlik wees vir langtermynbeplanning en beduidende infrastruktuur beleggings. Dit kan die algehele ontwikkeling van die land positief beïnvloed.  Negatiewe aspekte. • Een van die belangrikste nadele van monopolieë is hul vermoë om pryse vas te stel sonder mededingende beperkings. Dit kan hoër pryse vir verbruikers tot gevolg hê, hul koopkrag verminder en bydra tot inkomste-ongelykheid.  • Monopolieë beperk verbruikerskeuse aangesien daar net een verskaffer in die mark is. Hierdie gebrek aan mededinging kan lei tot selfvoldaanheid, verminderde gehalte van produkte of dienste, en ʼn gebrek aan aansporing om aan diverse verbruikersvoorkeure te voldoen.  • Monopolieë skep dikwels beduidende hindernisse vir toetrede, wat geleenthede vir nuwe besighede beperk. Dit kan entrepreneur aktiwiteite en ekonomiese dinamika belemmer, veral vir klein en medium grootte ondernemings (KMMO's).  • Monopolieë kan betrokke raak by huur-soekende gedrag, wat meer fokus op die beskerming van hul mark oorheersing eerder as op die verbetering van doeltreffendheid of innovasie. Dit kan tot stagnasie lei en algehele ekonomiese ontwikkeling belemmer.  26
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 2) GR12 0624 Bykomende • Minimum lone verhoog die koste van arbeid vir werkgewers, veral vir besighede wat sterk staatmaak op lae-loon werkers.  • Dit kan lei tot hoër produksiekoste en kan lei tot verhoogde pryse vir goedere en dienste, wat verbruikers raak.  • Wanneer minimum lone bo die ewewigsloonkoers gestel word, kan werkgewers dit duurder vind om bykomende werkers aan te stel wat lei tot verminderde werksgeleenthede, vir laaggeskoolde werkers • Kleiner ondernemings, met beperkte winsmarges en minder hulpbronne, kan sukkel om die verhoogde arbeidskoste verbonde aan minimum lone te absorbeer. Dit kan lei tot finansiële druk, verminderde winsgewendheid en moontlik besigheidssluitings.  • Hoër minimumlone kan bydra tot inflasionêre druk in die ekonomie.  • Aangesien besighede verhoogde koste in die gesig staar, kan hulle daardie koste deur hoër pryse aan verbruikers oordra.  • Minimum loon kan die koopkrag van lone erodeer en moontlik die beoogde voordele van hoër minimum lone verreken.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Maksimum 4 punte as feite nie ontleed word nie.) (Ken ʼn maksimum van 2 punte toe vir die blote lys van feite/voorbeelde.) (Maks. 10) 27
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 2) GR12 0624 AFSLUITING Die bestaan van monopolieë in Suid-Afrika moet noukeurig beoordeel word binne die breër sosio-ekonomiese konteks. Alhoewel sekere voordele kan bestaan, beklemtoon die potensiële negatiewe gevolge, veral in terme van ongelykheid en beperkte mededinging, die belangrikheid van effektiewe regulering en beleide wat inklusiewe ekonomiese ontwikkeling bevorder.  (Aanvaar enige ander korrekte hoërorde gevolgtrekking.) (Maks. 2) TOTAAL AFDELING C: 40 TOTAAL: 150 28

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all