Skip to content

Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 Memo (Afr)

MemorandumEconomicsGrade 12202120 pages

Grade 12 Economics Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2021 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2021 EKONOMIE V2 NASIENRIGLYN PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 20 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2021) AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE VRAE 1.1.1 B  implisiete 1.1.2 C  gedifferensieerd 1.1.3 C  al die produksiefaktore kan verander 1.1.4 A  Privaat 1.1.5 D  staatsbesteding 1.1.6 A  uitwaartse 1.1.7 B  hernubare 1.1.8 D  Fiskale (8 x 2) (16) 1.2 PASITEMS 1.2.1 G  Geen beduidende invloed en beheer van die regering nie 1.2.2 E  Ondersoek beperkte sakepraktyke 1.2.3 D  Organisasie van besighede wat tot stand kom om ’n gesamentlike monopolie te vorm 1.2.4 I  Word aangegaan deur besighede wanneer hulle goedere en dienste produseer 1.2.5 B  Neem die uitwerking van inflasie op die bruto binnelandse produk in ag 1.2.6 C  Genot en waardering van die onversteurde natuur 1.2.7 H  Geskep in produksie 1.2.8 F  Verkry uit die gebruik van water, getye, die son en die wind (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) EKONOMIE V2 3 1.3 GEE EEN BEGRIP 1.3.1 Normale wins  1.3.2 Mark  1.3.3 Nie-mededingend  1.3.4 Stagflasie  1.3.5 Wêrelderfenisgebied  1.3.6 Inheemse kennisstelsel  (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2021) AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in jou ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MIKRO EKONOMIE 2.1 Beantwoord die volgende vrae: 2.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van kollektiewe goedere.  Parke   Strandgeriewe   Sypaadjies   Strate   Paaie   Brûe   Openbare vervoer   Rioolstelsels   Afvalverwydering   Vullisverwydering  (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte antwoord) (2) 2.1.2 Hoekom is die vraagkurwe van ’n volmaakte mededinger horisontaal? Die vraagkurwe is horisontaal omdat:  die besigheid enige aantal goedere kan verkoop teen die heersende markprys, so selfs ’n klein styging in die prys sal lei tot geen styging in vraag nie   dit dui daarop dat die besigheid geen beheer oor die prys het nie  (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte antwoord) (2) 2.2 DATARESPONS 2.2.1 Identifiseer die toemaak-/afsluitpunt op die bostaande grafiek. Punt b  (1) 2.2.2 Benoem die kurwe wat deur letter A voorgestel word. Marginale-kostekurwe / MK  (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) EKONOMIE V2 5 2.2.3 Beskryf kortliks die begrip toemaak-/afsluitpunt.  Toemaak-/afsluitpunt is die punt waar die besigheid nie sy gemiddelde of totale veranderlike koste kan bykom nie.   Toemaak/afsluiting vind plaas wanneer die laagste punt van die GVK-kurwe groter as die markprys is (GI).  (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte antwoord) (2) 2.2.4 Beskryf die aard van die produkte in volmaakte mededinging?  Produkte is homogeen   Hulle is dieselfde of identies om te verseker dat geen verkoper sy produk kan onderskei van dié van sy mededingers nie, wat moontlik daartoe sal lei dat hy ’n hoër prys sal vra nie   Produkte is dieselfde kragtens kwaliteit, tekstuur, ens. (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte antwoord) (2) 2.2.5 Watter uitwerking het die toetrede van nuwe besighede op die volmaakte mark?  Soos wat nuwe besighede toetree, sal die aanbodkurwe na regs skuif wat die hoeveelheid aangebied in die nywerheid sal laat toeneem   Pryse van goedere sowel as die winste sal daal.   Soos wat nog meer besighede tot die nywerheid toetree, sal ekonomiese wins daal tot nul en slegs normale wins sal deur produsente verdien word   Sommige besighede in die industrie sal ekonomiese verlies ervaar en die nywerheid verlaat.   Die aanbodkurwe sal na links skuif, wat die prys laat styg en sodoende verliese verminder  (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte antwoord) (4) 2.3 DATARESPONS 2.3.1 Identifiseer die soort negatiewe eksternaliteit wat in bostaande prent voorgestel word. Lugbesoedeling  (1) 2.3.2 Noem enige EEN metode wat deur die regering aangewend word om negatiewe eksternaliteite te verminder.  Loods veldtogte wat mense oorreed om hul daarvan te weerhou om eksternaliteite te veroorsaak   Hef van belastings op goedere wat negatiewe eksternaliteite veroorsaak   Toepassing van wette en regulasies  (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2021) 2.3.3 Beskryf kortliks die begrip negatiewe eksternaliteite. Negatiewe eksternaliteite is ’n koste van ʼn derde party, wat nie in die markprys van ’n produk ingesluit is nie.  (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte antwoord) (2) 2.3.4 Verduidelik hoe nie-meriete goedere markmislukkings kan veroorsaak.  Nie-meriete goedere is daardie goedere wat beskou word as skadelik vir die gemeenskap en wat oor-verbruik word soos byvoorbeeld sigarette, alkohol en dwelms   Meer goedere word produseer as wat begeer word.  Die regering verban of verlaag die verbruik van hierdie goedere deur middel van belasting en verskaf inligting aan die nasie aangaande die skadelike effekte daarvan  (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte antwoord) (2) 2.3.5 Waarom sal die regering inmeng in die werking van markte? Die regering meng in markte omdat:  markte hulpbronne ondoeltreffend kan toeken, wat tot ongelykhede in die ekonomie mag lei.   die regering sosiale welvaart wil bevorder, byvoorbeeld monopolieë wil opbreek en negatiewe eksternaliteite wil reguleer.   daar ’n ongelyke verspreiding van inkome en rykdom kan wees, wat die regering moet regstel.  (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte antwoord) (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) EKONOMIE V2 7 2.4 Verduidelik kortliks die langtermyn ewewigsposisie van ’n monopolis met behulp van ’n grafiek met volledig byskrifte. LANGTERMYN EWEWIG VAN ’n MONOPOLIE Koste\Inkome  LMK  LGK 10 P  6 H E GI  MI 0 150 Hoeveelheid Puntetoekenning Byskrifte van die asse 1 punt Korrekte posisionering en byskrifte van inkome-kurwes 1 punt Korrekte posisionering en byskrifte van koste-kurwes 1 punt Korrekte area van die ekonomiese wins 1 punte Maksimum = 4 punte Verduideliking:  Oor die langtermyn realiseer die monopolis ’n ekonomiese wins   Die LMK-kurwe sny die LGK-kurwe by sy minimum punt   Winsmaksimering is by punt E waar MI = MK, met hoeveelheid 150 wat geproduseer word teen ’n prys van R10 per hoeveelheid en die gemiddelde koste is R6   Die monopolis maak ’n wins van R4 per eenheid (totale ekonomiese wins is R600)   Die totale ekonomiese wins word voorgestel deur die skadu gedeelte.   Die monopolis sal produseer waar MI = MK.  (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte antwoord) Maks. 4 punte (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2021) 2.5 Waarom verskaf die regering meriete goedere en dienste? Die regering verskaf meriete goedere en dienste omdat:  meriete goedere is goedere en dienste wat beskou word as sosiaal begeerbaar en daarom voel die regering dat die verbruik daarvan aangemoedig moet word.   daar beduidende positiewe eksternaliteite betrokke is in die verbruik van hierdie goedere en as dit aan die mark oorgelaat word, sal slegs privaat voordele en privaat kostes gereflekteer word in die prys wat verbruikers sal moet betaal.   hierdie goedere en dienste sal heel waarskynlik onder geproduseer en onder verbruik word deur die markmeganisme en die sosiale welvaart sal nie gemaksimeer word nie.   onvolmaakte inligting oor meriete goedere sal daartoe mag lei dat individue nie in hulle beste belang optree nie.   oorwegings vir gelykheid vereis dat meriete goedere soos onderwys en gesondheid verskaf word op die basis van die behoefte daarna eerder as op die basis van die individu se vermoë om daarvoor te betaal.   die mark, byvoorbeeld, kan onwaarskynlik die optimale hoeveelheid gesondheidsorg kan verskaf wanneer verbruikers dit eintlik benodig, want hulle mag ’n finansiële tekort ervaar om die markprys te betaal.  (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte antwoord) (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) EKONOMIE V2 9 VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 3.1 3.1.1 Noem enige TWEE benaderings om beheer en kontrole te bedink.  Hoeveelheid standaarde   Kwaliteit standaarde   Sosiale impak standaarde  (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte antwoord) (2) 3.1.2 Wat is die impak van COVID-19 op buitelandse toeriste wat Suid- Afrika binnekom?  Daar was ’n daling in internasionale toeriste van ongeveer 40% tot 6,1 miljoen vir die jaar, as gevolg van COVID-19 beperkings op inter-grens reise   Vlugte na Suid-Afrika was opgehef en dit het gelei tot “O” gebaseerde aankomste tussen April en September 2020  (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte antwoord) (2) 3.2 DATARESPONS 3.2.1 Identifiseer, uit die bostaande uittreksel, die kweekhuisgas wat die meeste in Suid-Afrika vrygestel word. Koolstofdioksied (CO2)  (1) 3.2.2 Noem die industrie wat die meeste tot aardverwarming bydra? Energie industrie  (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die begrip hernubare hulpbronne. Hernubare hulpbronne is die hulpbronne wat daar toe in staat is om hulself te her-produseer en wat oor en oor gebruik kan word  (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte antwoord) (2) 3.2.4 Verduidelik vrywillige ooreenkomste as ’n manier wat die regering aanwend om om die omgewing volhoubaar te hou.  Die regering sluit ooreenkomste met besighede op ’n vrywillige basis om besoedeling te verminder   Die regering streef daarna om eerder by vrywillige ooreenkomste betrokke te raak as om wetgewing en regulasies op besighede af te dwing   Sodanige ooreenkomste mag ’n formele kontrak behels wat wetlik bindend sal wees   Besighede verkies vrywillige ooreenkomste eerder as regulasies, want hulle kan oor sodanige ooreenkomste onderhandel om te pas by hulle eie spesifieke omstandighede en dit in hulle eie beplanning inbou  (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte antwoord) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2021) 3.2.5 Hoe sal verbruikers tot die vermindering van klimaatsverandering bydra? Verbruikers sal bydra deur:  te investeer in energie doeltreffende toestelle ten einde ’n groen ekonomie en groen tegnologie te bevorder   sonpanele of wind turbines te gebruik vir ’n skoon-energie- ekonomie   openbare vervoer te gebruik / ’n brandstof-doeltreffende voertuig te bestuur om sodoende uitlating van koolstofdioksied gasse te verminder  (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte antwoord) (4) 3.3 DATARESPONS 3.3.1 Noem EEN bemarkingsveldtog wat tot groei in binnelandse toerisme gelei het. Shot’ left  (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte antwoord) (1) 3.3.2 Noem EEN Wêrelderfenisgebied in Suid-Afrika.  Kruger Nasionale Park   Robbeneiland   Isimangaliso Vleiland Park   Tafelberg  (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte antwoord) (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die begrip binnelandse toerisme. Binnelandse toerisme is die reis deur inwoners binne die grense van die land.  (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte antwoord) (2) 3.3.4 Verduidelik die negatiewe uitwerking van toerisme op die plaaslike gemeenskap.  Toerisme kan lei tot verhoogde ongelykhede tussen groepe in die land omdat plattelandse mense nie altyd ten volle daardeur bevoordeel word nie.   Minder opgevoede mense ervaar selde die voordele van toerisme   Plaaslike pryse kan toeneem omdat toeriste dikwels meer vir goedere en dienste betaal wat dikwels meer is as wat plaaslike mense kan bekostig   Hoë vlakke van toerisme kan lei tot verkeersopeenhopings, besoedeling, rommelstrooiing, misdaad, verhoogde koolstofdioksied uitlatings, ens.  (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte antwoord) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) EKONOMIE V2 11 3.3.5 Hoe verskil toerisme van ander diensbedrywe? Toerisme verskil van ander dienste nywerhede in dié opsig dat:  Toerisme ’n positiewe en negatiewe impak op die inheemse gemeenskap kan hê.   Sommige insette van toerisme behels dikwels nie-prys elemente, soos om skilderagtige skoonheid te beskou of ’n wandeling langs die strand, wat nie die geval is met ander dienste nywerhede  nie.   Toerisme ’n baie wye en komplekse begrip is, wat ’n kombinasie van verskeie nywerhede is omdat dit ’n reeks dienste asook diensverskaffers insluit, soos reisagentskappe, toer operateurs, taxi en pendel dienste, ens.  (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte antwoord) (4) 3.4 Verduidelik die Kyoto-protokol as ’n belangrike internasionale protokol en ooreenkoms oor volhoubare ontwikkeling.  Die Kyoto-protokol is ’n internasionale ooreenkoms tussen lande regoor die wêreld om kweekhuisgasse te verminder.   Dit is in 2005 gesluit en was vir die eerste keer aan lande gebied, vir ondertekening en deelname in 1997  Die Kyoto-protokol het wetlik bindende verpligtinge daargestel waardeur nywerheidslande saamgestem het om hul uitlatings van ses kweekhuisgasse te verminder   Dit verbind slegs ontwikkelde lande, want dit erken dat hulle grootliks verantwoordelik is vir die huidige hoë vlakke van kweekhuisgas uitlatings in die atmosfeer   Aan elke nywerheidsland was ’n spesifieke teiken van ongeveer 5,2% gegee, om sy uitlatings te verminder   Indien dit nie vir hulle moontlik sou wees nie, moes hulle uitlatings krediete koop van ander lande wat onder hierdie vlakke was   Die protokol het ’n monitering, oorsig en verifikasie stelsel gevestig asook ’n nakoming stelsel ten einde deursigtigheid te verseker en partye aanspreeklik te hou  (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte antwoord) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2021) 3.5 Ondersoek die negatiewe uitwerking van globalisasie op omgewings- volhoubaarheid. Globalisasie het ’n negatiewe uitwerking op omgewingsvolhoubaarheid omdat:  Globalisasie die globale verbruikersvraag verhoog wat weer tot ’n toename in produksie lei.  Verhoogde produksie sit druk op die omgewing en die vinnige uitputbaarheid van natuurlike hulpbronne.   Verhoogde ekonomiese aktiwiteit lei tot meer uitlatings van industriële besoedelende stowwe en groter omgewing degradering   Die druk op internasionale besighede om mededingend te bly, hulle dwing om produksietegnieke wat kostebesparend is aan te neem, wat die omgewing kan skade berokken.   Die nywerheidsafval, gewoonlik skadelike chemikalieë, wat gegenereer word as gevolg van produksie, in oseane gestort word en dit maak baie onderwater organisme dood   Globalisasie gelei het tot ’n toename in die vervoer van grondstowwe en voedsel van een plek na ’n ander.  Die hoeveelheid brandstof wat verbruik word om hierdie produkte te vervoer, het tot ’n toename in die vlakke van besoedeling in die omgewing gelei.   Verskeie chemikalieë, as gevolg van globalisasie en industrialisasie, in die grond weggegooi word, wat dan tot die groei van baie skadelike onkruide en plante lei.   Die giftige afval baie skade aan berokken plante deur in te meng met die genetiese samestelling daarvan en plaas druk op die beskikbaarheid van grond hulpbronne.  (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte antwoord) (8) [40] VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 4.1 4.1.1 Noem enige TWEE kriteria waaraan ’n aktiwiteit moet voldoen om as ’n toerisme aktiwiteit beskou te word.  Daar moet ’n doel vir die besoek wees   Geen vergoeding mag verdien word nie   Minimum duur van verblyf moet een nag wees   Maksimum duur van verblyf moet een jaar wees   Reisafstand moet meer as 160 km wees  (2) 4.1.2 Wat sal gebeur as een besigheid in ’n volmaakte mark sou besluit om sy verkoopprys te verhoog?  Die besigheid sal klante verloor as homogene produkte verkoop word   Besighede sal minder winste realiseer  (2) 4.2 DATARESPONS 4.2.1 Identifiseer die sektor wat die minste tot die BBP in 2017 bygedra het. Landbou  (1) 4.2.2 Wat was die totale bydrae van toerisme tot die BBP in 2017? 2,8%  (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) EKONOMIE V2 13 4.2.3 Beskryf kortliks die begrip vervaardiging. Vervaardiging is die proses van transformasie van grondstowwe na finale produkte.  (Aanvaar enige toepaslik korrekte beskrywing) (2) 4.2.4 Verduidelik hoe kreatiewe verteenwoordigende liggame toeriste na toeriste gebiede doeltreffend versprei. Kreatiewe verteenwoordigende liggame word geskep deur toerisme gebaseerde nywerhede sodat toeriste maklik toegang tot inligting aangaande toeriste bestemmings kan verkry  (2) 4.2.5 Hoe dra toerisme by om die ekonomie ’n hupstoot te gee? Toerisme dra by om die ekonomie ’n hupstoot te gee deur:  Duisende werksgeleenthede in verskillende areas te skep   Die inkome van die land te verbeter deur besteding en belastings wat deur toeriste betaal word   Jong entrepreneurs toe te laat om nuwe produkte en dienste te vestig, wat nie net vir die plaaslike bevolking volhoubaar sal wees nie   ’n Gevoel van die uitruil van kulture tussen buitelanders en inwoners te skep, deur middel van uitstallings, funksies, ens., wat meer toeriste na die land sal lok  (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte antwoord) (4) 4.3 DATARESPONS 4.3.1 Identifiseer, vanaf die bostaande grafiek, die optimale uitsetvlak. 4 eenhede  (1) 4.3.2 By watter punt op bostaande grafiek sal die besigheid gelykbreek? Punt A  (1) 4.3.3 Verduidelik kortliks die begrip totale koste. Totale koste is alle koste wat deur ’n besigheid aangegaan word / die kostes of vergoeding vir alle produksiefaktore wat in die produksieproses aangewend word  (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte antwoord) (2) 4.3.4 Beskryf die marginale inkome kurwe (MI) van ’n monopolie.  ’n Monopolie kom te staan voor ’n afwaarts hellende marginale inkome kurwe wat laer is as die prys en daarom lê dit onder die gemiddelde inkome-kurwe (GI).   Dit lê onder die GI kurwe omdat met elke addisionele eenheid wat die besigheid verkoop, bring dit minder inkome in as die vorige eenhede wat verkoop is  (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte antwoord) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2021) 4.3.5 Wat is die betekenis van die Suid-Afrikaanse Wet op Mededinging? Die Wet op Mededinging is belangrik in dié sin dat:  Dit mededinging bevorder en handhaaf, ten einde die doelwitte te bereik ter bevordering van doeltreffendheid in markte asook die aanpasbaarheid en ontwikkeling van die ekonomie.   Verbruikers, deur mededinging, voorsien sal word van mededingende pryse.   Werkverskaffing bevorder sal word en daar vooruitgang sal wees in die sosiale ekonomiese welvaart.  (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte antwoord) (4) 4.4 Verduidelik kortliks die uitwerking van toerisme op werkskepping en armoede. Werkskepping  Toerisme is die wêreld se skepper van werksgeleenthede omdat dit arbeidsintensief is, met die laagste verhouding van investering in die skep van werksgeleenthede   Direk en indirek word meer as 9% van Suid-Afrikaners deur die toerismebedryf in diens geneem   ’n Wye reeks van vaardighede word in die toerisme bedryf vereis, van rekenmeesters en haarkappers tot toergidse en spoorsnyers – dit maak dit makliker vir ’n verskeidenheid van mense om werk te vind   Toerisme verskaf entrepreneursgeleenthede deur informele sektor besighede te akkommodeer, van handewerk en vrugte smouse tot sypaadjie smouse, stoel verhuurders en so aan  Armoede  Toerisme bied geleenthede om inkomstebronne vir arm mense te diversifiseer, deur hulle toe te laat om deel te hê, byvoorbeeld om ’n kleinskaalse toerisme onderneming, rondom gemeenskap bates, te begin en te bedryf.   Mense is in staat om ’n inkome rondom hulle woongebiede te verdien wat sal lei tot ’n daling in verstedeliking en ’n meer gebalanseerde verspreiding van die bevolking   Toerisme ontwikkeling in plattelandse gebiede verhoog die aantal beskikbare werksgeleenthede in gebiede wat daar nie baie werksgeleenthede is nie   Die inkome wat die toerisme bedryf genereer, dra by tot die land se ekonomiese groei en ontwikkeling, wat noodsaaklik is vir die verbetering van lewenstandaarde en armoedeverligting  (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte antwoord) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) EKONOMIE V2 15 4.5 Ondersoek die uitwerking van die vasstel van ’n maksimum prys op petrol in Suid-Afrika.  Maksimum prys word laer as die heersende markprys vasgestel, ten einde goedere meer bekostigbaar te maak   In Suid-Afrika word die brandstofprys, teen ’n maksimum prys, deur die regering beheer   Die regering meng in en vaardig wetgewing uit sodat verskaffers nie meer as die maksimum prys mag vra nie.   Die vasstel van die maksimum prys op petrol, sal die produksie koste meer redelik maak vir produsente en hulle sal dit weer na die verbruikers afwentel   Die armes sal groter toegang tot sekere goedere verkry wat deur petroleum gebruik, geproduseer word   Met bekostigbare pryse van petrol, sal die welvaart van sommige verbruikers verbeter word omdat goedere teen bekostigbare pryse geproduseer en verbruik sal word   Besighede sal in staat wees om hul produksie te verhoog en daardeur werk te kan skep in die ekonomie en hoër winste realiseer  (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte antwoord) (8) TOTAAL AFDELING B: 80 AFDELING C VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE  Bespreek in detail, sonder die gebruik van grafieke, die kenmerke van ’n oligopolie. (26 punte)  Ondersoek die negatiewe invloed van oligopolistiese gedrag op verbruikers. (10 punte) INLEIDING ’n Oligopolie is ’n markstruktuur waarbinne ’n klein aantal, groot verkopers die mark domineer. ’n Oligopolie bestaan wanneer ’n klein aantal, groot maatskappye in staat is om die aanbod van ’n produk of diens te beïnvloed.  (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte inleiding) (2) HOOFGEDEELTE Aantal besighede   Die mark bestaan uit ’n paar besighede wat die mark domineer.  bv. banke   Elke besigheid is bewus van die handelinge van die ander in die mark en dit het ’n impak op besluitneming   Dit beteken elke produsent het nie net ’n invloed op ander nie, maar hy moet hulle ook in ag neem   Wanneer daar twee besighede in die mark is word dit ’n duopolie genoem  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2021) Aard van die produk   Produkte wat verkoop word mag homogeen of heterogeen wees   Wanneer produkte homogeen is, word die mark ’n suiwer oligopolie genoem,  bv. petrol   Wanneer produkte verskillend is, word na die mark verwys as ’n gedifferensieerde oligopolie,  bv. motorvoertuie  Toetrede tot die mark   Dit is moeilik om tot die mark toe te tree as gevolg van verskeie hindernisse   ’n Groot bedrag kapitaal word gewoonlik vereis om die mark te betree   Dit is dikwels moeilik om hindernisse, wat veroorsaak word deur verbruikers se voorkeure aan sekere handelsmerke, te bowe te kom.   Besighede spandeer gewoonlik baie geld aan advertensies ten einde lojaliteit vir hul handelsmerk te bewerkstellig   Die bestaande besighede mag dikwels skaalvoordele geniet en dit mag tot nog ’n hindernis lei.  Beheer oor die prys   Oligopoliste het ’n invloed op die prys, maar nie so baie soos wat monopoliste het nie   Prysoorloë is dikwels ’n kenmerk wanneer die bestaande besigheid, toetrede tot die mark wil beperk  Vraagkurwe van die oligopolie   ’n Oligopolie kom te staan voor ’n geknakte vraagkurwe.  Hierdie vraagkurwe bestaan uit twee gedeeltes.   Die boonste gedeelte hou verband met hoë pryse en het ’n baie elastiese helling (m.a.w. die vraag is baie sensitief vir ’n prysverandering)   Die onderste gedeelte hou verband met laer pryse wat baie onelasties is (m.a.w. vraag is nie sensitief vir prysverandering nie)  Samespanning   Besighede werk dikwels saam in plaas daarvan om met mekaar mee te ding   Dit mag wees deur die vorming van kartèlle (eksplisiete samespanning), wat formele ooreenkomste is tussen ondernemings om saam te werk   In sekere gevalle kan daar samespanning in die vorm van prys leierskap wees, wat ’n stilswyende ooreenkoms tussen besighede is.   Prys leierskap (stilswyende/implisiete samespanning) behels een onderneming wat as die prys leier optree en ander ondernemings wat daarop volg   Wanneer die prys leier die prys verander, sal die ander ondernemings dieselfde doen   Samespanning is onwettig in Suid-Afrika en mag daar nie ooreenkomste beding word wat mededinging sal beperk nie. Sodanige gedrag is onderworpe aan groot boetes deur die Mededingingskommissie  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) EKONOMIE V2 17 Mark inligting   Kopers en verkopers het onvolledige inligting oor marktoestande   Alhoewel oligopoliste mekaar se optrede monitor, weet hulle nie altyd hoe die mededinger op hul aksies gaan reageer nie  Prys en winste   Pryse is oor die algemeen hoër as onder volmaakte mededinging   Oligopoliste ontwikkel handelsmerk lojaliteit onder verbruikers om ekonomiese wins te genereer  Onderlinge afhanklikheid   Enige besluit en optrede van een sal ’n direkte uitwerking hê op die winste van die ander en hulle sal op hulle beurt vergeld deur hulle pryse en uitset te verander   In ’n oligopolie, oorweeg ’n onderneming nie net die markvraag na sy produk nie, maar ook die reaksies van ander ondernemings in die industrie   Geen besigheid kan die moontlike reaksie van ander ondernemings, tot sy prys en uitset beleide, ignoreer nie.   Besighede word gedwing om strategie te verander ten einde by te bly met die maneuvers van sy mededingers   In ’n oligopolistiese nywerheid is dit moeilik om geheime te bewaar omdat ondernemings mekaar baie goed dophou   Onderlinge afhanklikheid maak beleidsbesluite van ondernemings in ’n oligopolistiese mark baie meer kompleks as in ander mark strukture  (Ken ’n maksimum van 8 punte toe vir slegs die noem van feite/voorbeelde) (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte antwoord) (Maks. 26) ADDISIONELE GEDEELTE Negatiewe invloed:  Deur die samespanning van ondernemings, mag verbruikers op die ou einde hoër pryse betaal   Hulle sal meer moet bestee om produkte aan te koop, wat veronderstel was om laer pryse te hê   ’n Hoë konsentrasie van besighede verminder verbruikerskeuse   Die gedrag van ’n kartel kan mededinging verminder, wat kan lei tot hoër pryse en verlaagde uitset, wat weer die verskeidenheid van goedere aan die verbruiker kan beperk   Gegewe ’n gebrek aan mededinging, mag produsente vrymaak om betrokke te raak in die manipulasie van verbruiker besluitneming   Oligopolieë mag tot ’n moontlike verlies aan ekonomiese welvaart lei  (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte hoër orde antwoord) (Maks. 10) SLOT Oligopolieë speel ’n baie belangrike rol in die ekonomie omdat die meeste van die vervaardigingsnywerhede in Suid-Afrika oligopolisties van aard is en hulle die grootste gedeelte van die totale uitset wêreldwyd produseer, hulle is die gemeenskaplike markstruktuur van die moderne ekonomieë  (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte hoër orde slot) (2) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 18 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2021) VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES  Ondersoek in detail die gevolge van inflasie (26 punte)  Hoekom is hoё inflasie ’n bekommernis vir besighede se prestasie? (10 punte) INLEIDING Die uitwerking inflasie in die ekonomie is nie altyd so voor die hand liggend nie, omdat dit nie almal op dieselfde manier beïnvloed nie  Die uitwerking van inflasie mag dalk nie oor die korttermyn waargeneem word nie, maar dit mag baie skadelik oor die langtermyn wees.  (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte inleiding) (2) HOOFGEDEELTE Debiteure en krediteure   Gedurende periodes van stygende pryse, wen debiteure in reële terme omdat die kontrak vooruit onderteken is en nie verander kan word nie   Debiteure ontvang die geld met ’n relatiewe hoë koopkrag en betaal hulle lenings teen ’n laer koopkrag terug, tensy die rentekoerse voldoende is om die situasie te voorkom   Inflasie benadeel krediteure omdat hulle as gevolg van die daling in die reële waarde van geld verloor.   Veranderinge in prysvlakke beïnvloed debiteure en krediteure verskillend oor verskillende tydsperiodes  Loon- en salaris verdieners   Reële lone daal skerp gedurende periodes van hoë inflasie as gevolg van ’n daling in die kapitaalvoorraad en ’n skuif in relatiewe pryse   Inflasie kan groot gedeeltes van die bevolking verarm deur reële lone te erodeer   Relatiewe lone is ’n belangrike komponent van rykdom, dit vorm die hoofbron van inkome vir baie huishoudings, veral vir die wat minder welaf is   Die gedrag van reële lone het daarom ’n direkte invloed op inkome verspreiding en die vlak van armoede   Loon verdieners lei onder inflasie, ongeag die feit dat hulle ’n loonverhoging ontvang om die styging in lewenskoste te beveg, want lone styg nie soveel as die toename in pryse van daardie goedere wat werkers verbruik nie   Inflasie beïnvloed daardie mense wat ’n inkomste verdien wat stadiger groei as die algemene styging in die pryse van goedere, die mees negatiefste – bv. pensionarisse en diegene wat afhanklik is van vaste inkome soos huurgeld   Meeste pensioene betaal ’n vaste bedrag en dit word dikwels maande of jare vooruitbepaal   Indien geen voorsiening gemaak word vir inflasie nie en met die erodeer van bestedingskrag, sal hulle uiteindelik te min verdien om te oorleef  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) EKONOMIE V2 19 Investeerders en beleggers/spaarders   Mense wat in onderhandelbare instrumente belê soos aandele, trek dikwels voordeel uit inflasie omdat gedurende tye van inflasie, rentekoerse verhoog word ten einde spaar aan te moedig   Investeerders in bates met wisselende markwaarde (bv. vaste eiendom) wen gewoonlik as gevolg van prysstygings omdat die nominale waarde van hierdie bates neig om, ten minste proporsioneel, meer toe te neem as stygings in die algemene prysvlakke.  In die geval van inflasie word rykdom geskep tot die voordeel van die houers van sodanige bates   Investering in bates met ’n vaste nominale waarde sal ’n vaste opbrengs lewer as die bates behou word totdat dit verjaar,  want hulle nominale waarde bly konstant en sal afneem as pryse toeneem en sodoende die reële waarde daarvan verlaag.   Mense spaar geld oor lang tydperiodes met die doel om hierdie fondse aan te wend ter bereiking van toekomstige verwagtinge – hierdie besparings mag as vaste deposito’s belê word, in die geldmark, as lewenspolisse of in pensioen fondse   Inflasie lei tot ’n afname in die waarde van geld wat beteken dat langtermyn besparings hulle reële waarde verloor.  Belastingbetalers   Met hoër inflasie, sal belastingbetalers se nominale inkome toeneem wanneer hulle reële inkome onveranderd bly,  want belasting word op die nominale inkome gehef, maar nie op reële inkome nie en dit beïnvloed die koopkrag van die belastingbetaler   As die inkomstebelasting skedule onveranderd bly, sal inflasie die gemiddelde koers van persoonlike inkomstebelasting verhoog   Individue sal hoër belasting moet betaal, selfs al is hulle nie beter daaraan toe as voorheen nie   Dit beteken dat marginale en gemiddelde belastingkoerse in harmonie met die inkome vlakke styg   Die verskynsel, bekend as belastingskaal bekruiping, lei tot ’n herverdeling van inkome van belastingbetalers aan die regering  Industriële vrede   Loonbedinging gaan dikwels gepaard met stakings en massa optredes   Hierdie aksies kan soms oor spoel in geweld, wat die gemeenskap in geheel beïnvloed   In uiterste gevalle, in die teenwoordigheid van buitengewone hoë inflasie tesame met ’n regering wat vasberade is om nie toe te gee aan eise van loonverhogings nie (wat inflasie vlakke nog hoër kan stoot), kan wydverspreide burgerlike onrus volg.  Betalingsbalansprobleme   Inflasie het ’n nadelige uitwerking op ’n land se betalingsbalans   Inflasie veroorsaak dat plaaslike pryse styg en dit maak binnelandse uitvoere nie- mededingend op die internasionale markte en Suid-Afrikaanse uitvoerders mag groot handelsvennote verloor   Die hoë pryse van uitvoere sal buitelandse besighede ontmoedig om Suid- Afrikaanse goedere te koop, wat tot ’n afname in uitvoere en ’n verlies aan buitelandse valuta verdienste, sal lei  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 20 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2021) Psigologiese invloed   Inflasie het ’n nadelige impak op ekonomiese groei   Inflasie skep ’n negatiewe sentiment   Dit beteken dat daar ’n ongunstige psigologiese klimaat vir ekonomiese aktiwiteite is en mense is sodoende onseker oor die toekomspryse en -waardes  Armoede vlakke en werkloosheid   Styging in die pryse van basiese voedsel en dienste beïnvloed die armes die meeste en as gevolg daarvan sal die vlakke van armoede toeneem   Sosiale toelaes moet styg teen die inflasiekoers, wat duur vir belastingbetalers kan wees.   Werkgewers reageer dikwels op stygende kostes deur laer-besoldigde werkers af te dank.  (Ken ’n maksimum van 8 punte toe vir slegs die noem van voorbeelde of feite) (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte antwoord) (Maks. 26) ADDISIONELE GEDEELTE ’n Hoë inflasiekoers is ’n bekommernis vir besighede se prestasie, want:  Stygende kostes vir besighede kan lei tot hoër produksie besteding op insette en dalende winsgewendheid.   Besighede sal daarom gedwing word om hulle pryse te verhoog ten einde die hoër koste aan te vul.   Hiervoor sal hulle ’n negatiewe reaksie van die verbruikers ontvang, wat weer die vlak van produksie sal beïnvloed en dit sal daartoe lei dat hulle kleiner hoeveelhede verkoop   Die verwagting van hoë inflasie en die gevoel van onsekerheid sal voortspruit uit die oorbesteding van verbruikers en die opgaar van geld in ’n tyd van inflasie, wat weer die winste van besighede sal beïnvloed wanneer inflasie styg   Verbruikers mag terughou op besteding totdat hulle ’n veiliger ekonomiese klimaat binnegaan, wat weereens besighede se winste sal verlaag   Met verbruikers wat op besteding terughou, kan besighede ongelukkig die swaarkry hiervan voel met ’n potensiële verlaging in verkope   Die uitwerking van inflasie kan vir die stabiliteit van ’n besigheid nadelig wees, die sake beplanning omverwerp en kan tot laer investering lei   Indien kostes as gevolg van inflasie toeneem, mag produsente dit nie eers aanstuur na die verbruikers nie.  (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte hoër-orde antwoord) (Maks. 10) SLOT Dit is belangrik vir die regering om spesifieke aksies te neem om inflasie onder beheer te hou, omdat hoë inflasiekoerse ernstige sosiale, ekonomiese en politieke gevolge kan inhou  As ’n ekonomiese maatreël, toon inflasie aan mense hoe goed die stabiliteit van pryse bereik word, sodat hulle vir hulle toekoms kan beplan  (Aanvaar enige ander toepaslik korrekte hoër-orde antwoord) (2) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all