Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2021
EKONOMIE V2
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
Skip to contentAll 2021 papers 





View all


_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)


Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)
Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2021 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2021
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 474.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2021
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2021)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord VIER vrae as volg in die ANTWOORDEBOEK:
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.
2. Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
3. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.
4. Lees die vrae aandagtig deur.
5. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.
6. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae
voldoen.
7. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
nagesien word NIE.
8. Gebruik slegs swart of blou ink.
9. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
10. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) EKONOMIE V2 3
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld. 1.1.9 D.
1.1.1 Die waarde van die insette wat deur die entrepreneur besit word en
gedurende die produksieproses gebruik word, word ... koste
genoem.
A totale
B implisiete
C eksplisiete
D marginale
1.1.2 Produkte wat deur monopolisties mededingende besighede
geproduseer word, is …
A uniek.
B homogeen.
C gedifferensieerd.
D dieselfde.
1.1.3 In ekonomie, verwys die langtermyn na die tydsperiode waar …
A al die produksiefaktore vas is.
B sommige produksiefaktore vas is.
C al die produksiefaktore kan verander.
D slegs vaste koste relevant is.
1.1.4 ’n Lewensvatbaarheidstudie word oor die algemeen deur die ...
sektor gebruik om ’n projek mee te evalueer.
A Privaat
B Buitelandse
C Openbare
D Finansiële
1.1.5 Indien alle ander dinge dieselfde bly, sal vraagtrek-inflasie mees
waarskynlik die oorsaak wees van ’n styging in ...
A die vlak van the rentekoers.
B die inkomstebelasting koers.
C die koste van ingevoerde grondstowwe.
D staatsbesteding.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2021)
1.1.6 Suid-Afrikaners wat vir plesier of besigheid oorsee reis, word ... toeriste
genoem.
A uitgaande
B buitelandse
C inkomende
D transito
1.1.7 Vis is ’n voorbeeld van ’n ... hulpbron.
A nie-hernubare
B hernubare
C basiese
D gemeenskaplike
1.1.8 Die regering kan ’n baie belangrike rol speel in omgewings
volhoubaarheid deur sy ... beleid
A monetêre
B ontwikkelings
C verstedeliking
D fiskale (8 x 2) (16)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) EKONOMIE V2 5
1.2 Kies ʼn beskrywing in KOLOM B wat by ʼn begrip in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDE-
BOEK neer.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Ongereguleerde mark A Besoeke aan museums en kunsgalerye
1.2.2 Mededingings- B Neem die uitwerking van inflasie op die
kommissie bruto binnelandse produk in ag.
1.2.3 Kartel C Genot en waardering van die onversteurde
natuur
1.2.4 Private koste D Organisasie van besighede wat tot stand
kom om ’n gesamentlike monopolie te vorm.
1.2.5 Konstante pryse E Ondersoek beperkte sakepraktyke
1.2.6 Eko-toerisme F Verkry uit die gebruik van water, getye, die
son en die wind
1.2.7 Huishoudelike afval G Geen beduidende invloed en beheer deur
die regering nie
1.2.8 Groen energie H Geskep in produksie
I Word aangegaan deur besighede wanneer
hulle goedere en dienste produseer
(8 x 1) (8)
1.3 Gee EEN begrip vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die begrip
langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.3.1 Minimum verdienste wat vereis word om te verhoed dat ʼn onderneming
toemaak en sy produksiefaktore iewers anders gaan aanwend
1.3.2 ’n Instelling of meganisme wat kopers en verkopers vir goedere en
dienste bymekaar bring
1.3.3 Verbruik deur een persoon verminder op geen manier die verbruik deur
’n ander persoon nie
1.3.4 ’n Toestand van lae groei, hoë werkloosheid en hoë inflasiekoerse
1.3.5 ’n Plek wat deur (UNESCO) United Nations Scientific and Cultural
Organisation vir spesiale kulturele of fisiese betekenis gelys word
1.3.6 Tradisionele kennis wat ’n praktiese toepassing vir daaglikse oorlewing
inhou (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2021)
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in jou
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae:
2.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van kollektiewe goedere. (2)
2.1.2 Hoekom is die vraagkurwe van ’n volmaakte mededinger horisontaal? (2)
2.2 Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg.
TOEMAAK-/AFSLUITPUNT BY 'N VOLMAAKTE
MEDEDINGER A
e GTK
P
MI5
d MI4
P
GVK
c
P MI3
b
P MI2
a
P MI1
H1 H2 H3 H4
Hoeveelheid
2.2.1 Identifiseer die toemaak-/afsluitpunt op die bostaande grafiek. (1)
2.2.2 Benoem die kurwe wat deur letter A voorgestel word. (1)
2.2.3 Beskryf kortliks die begrip toemaak-/afsluitpunt. (2)
2.2.4 Beskryf die aard van die produkte in volmaakte mededinging. (2)
2.2.5 Watter uitwerking het die toetrede van nuwe besighede op die volmaakte
mark? (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) EKONOMIE V2 7
2.3 Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.
EKSTERNALITEITE
Eksternaliteite is die
hoof-oorsaak van mark-
mislukking en vind in
byna elke mark plaas.
Eksternaliteite kan
positief of negatief wees
en kan die werking van
markte beïnvloed.
NEGATIEWE EKSTERNALITEIT
[Bron: www.investopedia.com]
2.3.1 Identifiseer die soort negatiewe eksternaliteit wat in bostaande
prent voorgestel word. (1)
2.3.2 Noem enige EEN metode wat deur die regering aangewend
word om negatiewe eksternaliteite te verminder. (1)
2.3.3 Beskryf kortliks die begrip negatiewe eksternaliteit. (2)
2.3.4 Verduidelik hoe nie-meriete goedere markmislukkings
veroorsaak. (2)
2.3.5 Waarom sal die regering in die werking van markte inmeng? (4)
2.4 Verduidelik kortliks die langtermyn ewewigsposisie van ’n monopolis, met
behulp van ’n grafiek met volledig byskrifte. (8)
2.5 Waarom verskaf die regering meriete goedere en dienste? (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2021)
VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem enige TWEE benaderings om beheer en kontrole te bedink. (2)
3.1.2 Wat is die impak van COVID-19 op buitelandse toeriste wat Suid-
Afrika binnekom? (2)
3.2 Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.
DIE VERKORTE KOOLSTOFPROFIEL: SUID-AFRIKA
Suid-Afrika is die wêreld se 14de grootste vrysteller van kweekhuisgasse
(GHGs). SA se koolstofdioksied (CO2) uitlatings is hoofsaaklik te wyte aan ’n
swaar afhanklikheid van steenkool. Alhoewel ’n onlangs vrygestelde,
voorlopige elektrisiteitsplan ’n beduidende verskuiwing vanaf brandstof na
gas en hernubare bronne voorstel. Steenkool sal egter nog vir dekades lank
voortgaan om ’n rol te speel, maar die plan sal geen nuwe aanlegte wat na
2030 gebou word bevat nie en vier-vyfdes van die vermoë sal teen 2050
gesluit wees.
[Bron: www.carbonbrief.org]
3.2.1 Identifiseer, uit die bostaande uittreksel, die kweekhuisgas wat die
meeste in Suid-Afrika vrygestel word. (1)
3.2.2 Noem die industrie wat die meeste tot aardverwarming bydra. (1)
3.2.3 Beskryf kortliks die begrip hernubare hulpbronne. (2)
3.2.4 Verduidelik vrywillige ooreenkomste as ’n manier wat die regering
aanwend om die omgewing volhoubaar te hou. (2)
3.2.5 Hoe sal verbruikers tot die vermindering van klimaatsverandering
bydra? (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) EKONOMIE V2 9
3.3 Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.
SA SE REKORDS IN BINNELANDSE TOERISME GROEI
Die tydperk van Januarie tot April 2019 toon uitsonderlike groei op die
binnelandse toerisme front. Binnelandse toerisme reise het met 59,7%
toegeneem – ’n verbysterende prestasie. SA Toerisme het gefokus op
bemarkingsveldtogte wat Suid-Afrikaners verlei om in hulle eie land te wil
reis.
Suid-Afrika bly ’n bestemming wat baie regoor al nege provinsies kan
bied en is vasbeslote om die skoonheid wat saam met Suid-Afrika kom,
aan die wêreld ten toon te stel en daarmee saam is dit waarde vir geld.
[Bron: www.tourismtattler.com]
3.3.1 Noem EEN bemarkingsveldtog wat tot groei in binnelandse
toerisme gelei het. (1)
3.3.2 Noem EEN Wêrelderfenisgebied in Suid-Afrika. (1)
3.3.3 Beskryf kortliks die begrip binnelandse toerisme. (2)
3.3.4 Verduidelik die negatiewe uitwerking wat toerisme op die
plaaslike gemeenskap het. (2)
3.3.5 Hoe verskil toerisme van ander diensbedrywe? (4)
3.4 Verduidelik die Kyoto-protokol as ’n belangrike internasionale protokol en
ooreenkoms oor volhoubare ontwikkeling. (8)
3.5 Ondersoek die negatiewe uitwerking van globalisasie op omgewings-
volhoubaarheid. (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2021)
VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE
KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem enige TWEE kriteria waaraan ’n aktiwiteit moet voldoen om
as ’n toerisme aktiwiteit beskou te word. (2)
4.1.2 Wat sal gebeur as een besigheid in ’n volmaakte mark sou besluit
om sy verkoopprys te verhoog? (2)
4.2 Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg.
[Bron: Medium voorstelling van die Tourisme sateliet aanspreeklik vir SA: 2017]
4.2.1 Identifiseer die sektor wat die minste tot die BBP in 2017, bygedra
het. (1)
4.2.2 Wat was die totale bydrae van toerisme tot die BBP in 2017? (1)
4.2.3 Beskryf kortliks die begrip vervaardiging. (2)
4.2.4 Verduidelik hoe kreatiewe verteenwoordigende liggame toeriste na
toeriste gebiede doeltreffend versprei. (2)
4.2.5 Hoe dra toerisme by om die ekonomie ’n hupstoot te gee? (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) EKONOMIE V2 11
4.3 Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg.
WINS MAKSIMERING
TK
TI
50
B
Koste/Inkome
40
30
A
20
2 3 4 5
Hoeveelheid
4.3.1 Identifiseer, vanaf die bostaande grafiek, die optimale uitsetvlak. (1)
4.3.2 By watter punt op bostaande grafiek sal die besigheid
gelykbreek? (1)
4.3.3 Verduidelik kortliks die begrip totale koste. (2)
4.3.4 Beskryf die marginale inkome-kurwe (MI) van ’n monopolie. (2)
4.3.5 Wat is die betekenis van die Suid-Afrikaanse Wet op
Mededinging? (4)
4.4 Verduidelik kortliks die uitwerking van toerisme op werkskepping en
armoede. (8)
4.5 Ondersoek die uitwerking van die vasstel van ’n maksimum prys op petrol
in Suid-Afrika. (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2021)
AFDELING C
Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word.
PUNTE
STRUKTUUR VAN OPSTEL
TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is ’n laerorde-antwoord.
ʼn Goeie begin sal wees om die sleutelkonsep wat in die vraag gebruik
word, te definieer. Maks. 2
Moenie enige gedeelte van die vraag in jou inleiding insluit nie.
Moenie enige gedeelte van die inleiding in jou inhoud herhaal nie.
Vermy om in die inleiding te sê wat jy in die inhoud gaan bespreek.
Inhoud
Hoofgedeelte: Bespreek in detail/In-diepte bespreking/Ondersoek/ Maks. 26
Bespreek krities/Ontleed/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/
Verduidelik
Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/
Evalueer krities/Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek
en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/ Maks. 10
Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer/Hoe/Stel voor
Slot
Enige toepaslike hoërorde-slot wat die volgende behoort in te sluit:
ʼn Kort opsomming van wat bespreek is / ontleed sonder om reeds
genoemde feite, in die inhoud, te herhaal
ʼn Mening of gewaardeerde oordeel oor die bespreekte feite Maks. 2
Addisionele ondersteunende inligting om bespreking te versterk /
ontleding
ʼn Teenstrydige sienswyse met motivering, indien vereis
Aanbeveling
TOTAAL 40
VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
Bespreek in detail, sonder die gebruik van grafieke, die kenmerke van ’n
oligopolie. (26 punte)
Ondersoek die negatiewe invloed van oligopolistiese gedrag op verbruikers.
(10 punte) [40]
VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
40 PUNTE – 40 MINUTE
Ondersoek in detail die gevolge van inflasie. (26 punte)
Hoekom is hoё inflasie ’n bekommernis vir besighede se prestasie? (10 punte) [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

Memorandum
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 Memo (Afr)

Memorandum
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2014 Memo (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)
More from Grade 12 Economics

Study guide
MTG Economics Afr

Memorandum
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)
_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 Eastern Cape June 2024 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)

Memorandum