Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2017
EKONOMIE V2
NASIENGIDS
PUNTE: 150
Hierdie nasiengids bestaan uit 16 bladsye.
Skip to contentAll 2017 papers 


%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--bda96458-ebe4-44b9-92e5-333e776e1614/v1-73e56ee11a0a58283c94/card.webp)


View all





Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2017 Memo (Afr)
Grade 12 Economics Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2017 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2017. Memorandum, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2017
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 615.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2017
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
AFDELING A(VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
1.1.1 D sosiale voordele meer is as sosiale koste.
1.1.2 B eksplisiete
1.1.3 D normale
1.1.4 A ʼn ekonomiese verlies ly.
1.1.5 C inkomende
1.1.6 B onaangepaste VPI-
1.1.7 C lae groei, hoë werkloosheid en hoë inflasie
1.1.8 C uit te wis. (8 × 2) (16)
1.2 PAS-ITEMS
1.2.1 F vind plaas wanneer gemiddelde inkome laer is as gemiddelde
veranderlike koste
1.2.2 H oordrag van eienaarskap van bates van die privaat sektor na
die openbare sektor
1.2.3 G deur regerings vasgestel om verbruikers teen uitbuiting te
beskerm
1.2.4 A word deur gemeenskap betaal en is nie ingesluit in die
werklike prys van goedere en dienste nie
1.2.5 B gebeur wanneer die marginale koers van belasting hoër is,
selfs as die werklike inkome onveranderd bly
1.2.6 C ʼn Amerikaner wat deur Suid-Afrika na Kenia reis
1.2.7 D dit gaan daaroor om nie-hernieubare hulpbronne ongeskonde
te hou
1.2.8 I Vredefortkoepel (8 × 1) (8)
1.3 GEE EEN BEGRIP
1.3.1 Minimum lone
1.3.2 Biodiversiteit
1.3.3 Besoedeling / Lugbesoedeling / Kweekhuis gasse
1.3.4 Samespanning
1.3.5 Geadministreerde pryse
1.3.6 Prysnemer (6 × 1) (6)
[30]
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) EKONOMIE V2 3
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in jou
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE
2.1 2.1.1 Noem enige TWEE eienskappe van oligopolistiese markte.
Produkte is homogeen of gedifferensieerd
Hindernisse maak dit moeilik om tot die mark toe te tree
Produsente het aansienlike beheer oor pryse
Oligopolieë is interafhanklik
Kopers en verkoper beskik oor onvolledige inligting
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 2 × 1) (2)
2.1.2 Hoekom is dit slegs moontlik om oor die langtermyn alle
produksiefaktore af te wissel?
Oor die langtermyn sal ondernemings al winste gerealiseer het,
wat hulle in staat sal stel om hul onderneming uit te brei
Daar sal genoeg tyd wees vir nuwe ondernemings om die mark te
betree
Die beweeglikheid van produksiefaktore verbeter oor die
langtermyn
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 1 × 2) (2)
2.2 KORTTERMYN EWEWIG-VAN ʼn VOLMAAKTE MARK
2.2.1 Watter markstruktuur word in bostaande grafiek voorgestel?
Volmaakte mark (1)
2.2.2 Identifiseer die wins maksimerende punt in bostaande grafiek.
Punt a (1)
2.2.3 Omskryf kortliks die vraagkurwe in bostaande grafiek.
Die vraagkurwe is horisontaal / volmaak elasties (2)
2.2.4 Verduidelik kortliks die uitset vlak van ʼn volmaakte mededinger.
ʼn Volmaak mededingende onderneming kan enige aantal uitsette
teen presies dieselfde prys verkoop
Die onderneming kan ongeveer 100 eenhede teen R6 verkoop
(Aanvaar enige ander korrekte antwoord) (Enige 1 × 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
2.2.5 Bereken die wins/verlies van die bogenoemde individuele
onderneming. Toon ALLE berekeninge.
Wins = TI – TK GI – GK × eenhede
= (100 × 6) –(100 × 4) = 6 – 4 × 100
OF
= 600 – 400 = 200
= 200 (4)
2.3 DATA-RESPONS
MARKMISLUKKING
Werkloosheid, in Suid-Afrika, het vir die drie laaste dekades toegeneem, wat
gelei het tot ʼn amptelike werkloosheidskoers van 27,7%. Dit dui op ʼn werklose
totaal van 8,49 miljoen, met meer as 40% van die plattelandse bevolking wat
werkloos is en die ontwikkeling van ʼn groeiende poel werkers wat uitgesluit is
van die arbeidsmark.
Die Suid-Afrikaanse ekonomie staar markmislukking in die gesig met die
aanbod van arbeid wat telkens die aanbod daarvan oorskry, as gevolg van ʼn
gebrek aan inligting en ander faktore.
[Bron: http//www.opensadnu.uct.ac.za]
2.3.1 Wat is die amptelike werkloosheidskoers in Suid-Afrika?
27,7% (1)
2.3.2 Identifiseer ʼn rede vir markmislukking waarna in bogenoemde
uittreksel verwys word.
Gebrek aan inligting (1)
2.3.3 Verduidelik waarom meer arbeiders uit die arbeidsmark uitgesluit
word.
Meeste maatskappye word as gevolg van ekonomiese afname
gesluit
Mynbou sektor ontslaan werkers
Die landbou sektor word geraak deur droogte, met die gevolg
dat werkers hulle werk verloor
Onregverdige mededinging in die tekstiel nywerheid
(Aanvaar enige ander korrekte antwoord) (Enige 2 × 2) (4)
2.3.4 Hoe kan die markmislukking, waarna in die uittreksel verwys
word, opgelos word?
Die DHN verskaf inligting en hulp ten einde deelname te
verbreed.
Die regering dwing besighede om sekere inligting op die
verpakking van hul produkte aan te dui.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 2 × 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) EKONOMIE V2 5
2.4 Verduidelik vrye mededinging en aard van die produk as kenmerke van ʼn
volmaakte mark.
VRYE MEDEDINGING:
Kopers moet vry wees om te koop wat hulle wil, by wie hulle wil in enige
hoeveelhede
Verkopers moet vry wees om te verkoop wat en hoeveel hulle wil en waar
hulle wil
Daar behoort nie regeringsinmenging en geen prysbeheer te wees nie
Kopers moet nie groepe vorm om laer pryse te verkry nie
Verkopers moet nie saamstaan om hoër pryse af te dwing nie
(maks 2 × 2)(4)
AARD VAN DIE PRODUK:
Alle produkte wat in ʼn spesifieke mark verkoop word, is homogeen
Hulle is presies dieselfde in kwaliteit en voorkoms
Dit maak geen verskil aan ʼn koper waar en by wie hy / sy die produk koop
nie (maks 2 × 2)(4)
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (2 × 4) (8)
(Ken ʼn maksimum van 4 punte toe indien feite / voorbeelde slegs genoem is)
2.5 Verduidelik, met behulp van ʼn diagram, hoekom oligopoliste huiwerig is
om deel aan prysmededinging te neem.
GEKNAKTE VRAAGKURWE
Maksimum 4 punte vir grafiek
Veronderstel die oligopolis verkoop teen die oorspronklike / huidige prys
van R10 en 10 eenhede. Totale inkome is dan R20 × 10 = R200
Indien die onderneming probeer om die wins te verhoog deur die prys te
verhoog met R2 tot R22, sal hoeveelheid gevra daal na 8 eenhede en
totale inkome sal afneem na R176 (R22 × 8)
Indien die onderneming probeer om die wins te verlaag deur die prys te
verlaag met R12 tot R8 en sy totale verkope styg, sal totale inkome R88
wees
Die oligopolis staar dus ʼn moeilike besluit in die gesig, want in beide
gevalle sal hulle nie voordeel trek nie
Verhoging van die prys van goedere of daling in die prys ten einde
verkope te verhoog, sal nie tot hoër inkome lei nie
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)
(Ken ʼn maksimum van 2 punte toe indien die feite / voorbeelde slegs genoem
word) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
3.1 3.1.1 Noem TWEE positiewe uitwerkings wat toerisme op ons
ekonomie het.
Dit sal die volgende laat toeneem:
ekonomiese groei / BBP
werksgeleenthede
investering
die lewenstandaard van die armes (Enige 2 × 1) (2)
3.1.2 Hoe beïnvloed lugbesoedeling die omgewing?
Lugbesoedeling dra by tot:
aardverwarming
vernietiging van die osoonlaag
suurreën
kweekhuisgasse (Enige 1 × 2) (2)
3.2 Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg
KULTURELE TOERISME OP SY BESTE
Die wêreld toerisme-organisasie beweer dat kulturele toerisme 37% van
globale toerisme uitmaak en steeds teen 15% per jaar groei. Bestemmings
moet dít aanwend wat hulle gemeenskappe uniek maak en investeer in die
ontwikkeling van kulturele toerisme, want dit laat reisigers toe om plaaslike
rituele te geniet en foto’s van gedeelde herinneringe van unieke ondervindings
huis toe te neem. Deur kulture te omarm, kan Suid-Afrika ekonomiese groei ʼn
hupstoot gee.
[www.solimarinternational.com Junie 2015]
3.2.1 Watter soort toerisme word in die foto weerspieël?
Kulturele toerisme (1)
3.2.2 Teen watter koers groei kulturele toerisme wêreldwyd?
15% (1)
3.2.3 Omskryf kortliks die begrip Inheemse Kennisstelsels.
Inheemse kennisstelsels verwys na plaaslike kennis of ʼn tradisionele
manier van dinge doen wat eie is aan ʼn gegewe kultuur of
gemeenskap (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) EKONOMIE V2 7
3.2.4 Verduidelik EEN rede vir groei in die toerisme bedryf.
Stygende besteebare inkome
Minder werksure, so meer tyd vir reis
ʼn Bewustheid van ontspanning
Verbeterde vervoer-, kommunikasie- en
akkommodasiefasiliteite
Verhoogde advertensies en promosies
Geniet die voordele van vakansies en reis
Maklik verkrygbare buitelandse valuta
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 2 × 1) (2)
3.2.5 Hoe kan Suid-Afrika sy Wêrelderfenis gebiede meer doeltreffend
aanwend ten einde toerisme te bevorder?
Wêrelderfenisgebiede kan bevorder word deur:
advertensie in verskeie soorte media
advertensie-ruimtes plaaslik en oorsee
opwinding te skep rondom hierdie gebiede, deur byvoorbeeld
bekende kunstenaars te nooi
goed te kyk na die gebiede
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 2 × 2) (4)
3.3 Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.
VYAND NOMMER EEN VIR ONS EKONOMIE
Stygende pryse vir energie, voedsel, kommoditeite en ander goedere en
dienste beïnvloed die hele ekonomie. Inflasie beïnvloed die lewenskoste, koste
om sake te doen, leen van geld en elke ander faset van die ekonomie. Wanneer
die ekonomie gesond is, is werkloosheid laag en lone styg soos wat besighede
arbeid aanvra om by te hou by die groeiende ekonomie.
[Aangepas uit: www.Cartoons]
3.3.1 Wie is die nommer een vyand vir ons ekonomie, wat in bostaande
spotprent uitgebeeld word?
Inflasie (1)
3.3.2 Wat gebeur met die ekonomie, volgens bostaande spotprent?
Dit daal / raak stadig (1)
3.3.3 Omskryf kortliks die begrip hiperinflasie?
ʼn Inflasiekoers bo 50% / Mense verloor vertroue in die waarde van
geld en begin met ruilhandel (goedere vir dienste) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
3.3.4 Hoe kan belasting gebruik word om inflasie te verlaag?
Belastings word verhoog om die koopkrag te verminder (2)
3.3.5 Wat is die verhouding tussen inflasie en loonaanvraag?
as pryse toeneem sal reële lone afneem
gevolglik eis werkers hoër lone
hoe hoër die inflasie hoe hoër die vraag na lone
(Aanvaar enige toepaslike antwoord) (Enige 2 × 2) (4)
3.4 Bespreek inkome en infrastruktuur as voordele van toerisme aan
huishoudings.
Inkome: lede van huishoudings ontvang inkome deur werk in die
toerisme-nywerheid te kry.
Menige huishoudings is indirek betrokke by toerisme as werkers in die
hotelbedryf, finansiële instellings, vervoer- en handelnywerhede,
besighede wat dienste aan toeriste verskaf. Hiervolgens dra
toerisme dus by tot die inkome van hierdie huishoudings.
Entrepreneurs vanaf huishoudings kan ook aandenkings vervaardig,
optree as musikante, interpreteerders asook toergidse en sodoende
inkome verdien vanuit toerisme. (2 × 2) (4)
Infrastruktuur: infrastruktuur word gebou vir toerisme en is beskikbaar vir
beide toeriste en die plaaslike bevolking.
Infrastruktuur word gebou om toerisme te bevorder, maar word uiteindelik
deur huishoudings gebruik
bv. Paaie wat gebou word vir toegang tot ʼn streek vir ʼn spesiale
geleentheid sal die plaaslike bevolking lank na die geleentheid verby is,
steeds bevoordeel.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)
(Ken ʼn maksimum van 4 punte toe vir slegs die noem van feite / voorbeelde)
(Enige 2 × 2)(4) (8)
3.5 Watter rol speel Suid-Afrika in vermindering van die negatiewe
uitwerkings van aardverwarming?
Suid-Afrika verminder die uitwerkings deur:
vrywillig in te stem om teen klimaatsverandering te stry
kweekhuisgasse met 34% teen 2020 te verminder
ʼn leidende rol in internasionale klimaatsverandering onderhandelinge te
speel
stede groen te hou met optredes soos die vermindering van energielading
in geboue
ʼn herwinnende ekonomie te skep
vleilande te herstel en vorige water hulpbronne te beskerm
ondersteuningsprogramme wat ook deel van internasionale klimaat
inisiatiewe uitmaak
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)
(Ken ʼn maksimum van 2 punte toe vir slegs die noem van feite / voorbeelde)
(Enige 4 × 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) EKONOMIE V2 9
VRAAG 4 MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE
KWESSIES
4.1 4.1.1 Noem TWEE voorbeelde van hernieubare hulpbronne.
Hout
Landbouprodukte
Herwinning van water
Elektrisiteit deur wind opgewek (Enige 2 × 1) (2)
4.1.2 Wat is die doel daarvan om inflasie teikens te stel?
Die doel van die stel van inflasieteikens is om prysstabiliteit te
skep (1 × 2) (2)
4.2 Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
WATERKRISIS IN DIE OOS-KAAP
Groot dele van die Oos-Kaap gaan gebuk onder droogte en ʼn watertekort wat
so erg is dat riviere, damme en boorgate horingdroog is.
Boere teken miljoene rande se verliese aan as gevolg van mislukte oeste en
onproduktiewe vee, terwyl ander hulself meer skuld op die hals haal net om
hulle in staat te stel om hulle diere te voer.
Die gedeeltes in die provinsie wat erg getref word, is die Joe Gqabi en die Chris
Hani distrikte, sowel as die Mhlontlo-distrik.
Dit bedreig voedsel sekuriteit in die land omdat baie mielie- en lusernoeste tot
niet is.
[Bron: http//www.heraldlive.co.za]
4.2.1 Watter ernstige probleem word tans in die Oos-Kaap ondervind?
Tekort aan water (1)
4.2.2 Waarom word voedselsekuriteit in die land bedreig?
Mielies- en lusernoeste is tot niet (1)
4.2.3 Hoe kan die openbare sektor onderwys aanwend om
omgewingsvolhoubaarheid te verseker?
Inkorporerende onderwerpe oor die beskerming van die
omgewing in die skoolkurrikulum
Mense moet van omgewingsake en die gevolge van hulle dade
bewus gemaak word
Opvoeding speel ʼn belangrike rol om mense se vermoë om die
omgewing te bestuur, te verbeter (Enige 2 × 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
4.2.4 Wat kan die regering doen om die waterkrisis in die land op te
los?
Die regering behoort vinnige opspoor en herstel van lekplekke te
verseker
Daar behoort drukbeheer van water te wees om te verhoed dat
pype bars
Pype behoort teen enige gevaar beskerm te word
Daar behoort waterbestuurprogramme te wees om ongemagtigde
koppeling te voorkom
Moedig waterinsameling aan – installeer water tenke om
reënwater te bewaar
Munisipaliteite moet aangemoedig word om water slim aan te
wend, bv. om nie motors met tuinslange te was nie
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 2 × 2) (4)
4.3 Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
MONOPOLISTIESE MEDEDINGING
Monopolistiese mededinging as ʼn markstruktuur is vir die eerste keer in die
1930’s deur die ekonoom Edward Chamberlin, geïdentifiseer.
Baie klein ondernemings word bedryf onder toestande van monopolistiese
mededinging, insluitende gewilde winkels en restaurante wat onafhanklik besit
en beheer word.
In die geval van restaurante, bied elkeen iets anders aan en beskik oor unieke
elemente, maar almal ding in wese mee vir dieselfde kliënte.
[Aangepas uit: www.economicsonlinne.co.uk]
4.3.1 Wie was die eerste ekonoom om monopolistiese mededinging te
identifiseer?
Edward Chamberlin (1)
4.3.2 Gee ʼn voorbeeld van ʼn besigheid wat in ʼn monopolistiese mark
meeding.
Restaurante
Kentucky fried chicken
Link-apteek
(Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord) (1)
4.3.3 Omskryf kortliks die hibriede struktuur as ʼn kenmerk van
monopolistiese mededinging.
Monopolistiese mededinging is ʼn kombinasie van volmaakte
mededinging en ʼn monopolie
Daar is baie verkopers van gedifferensieerde produkte en elke
mark is relatief klein in verhouding tot die mark as ʼn geheel
Elke monopolistiese mededingende besigheid het ʼn sekere mate
van monopolistiese mag en is eintlik ʼn mini monopolie wat die
enigste produsent van daardie spesifieke handelsmerk of soort
produk is (Enige 2 × 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) EKONOMIE V2 11
4.3.4 Hoe kan restaurante gedifferensieerde strategieë aanwend om
meer kliënte te lok?
Vinnige en beter diens aan kliënte
Skoon en gesonde omgewing
Konsekwente en goeie voorbereiding van resep
Ken afslag en lojaliteitspunte toe aan lojale kliënte
Spesiale programme vir kinders byvoorbeeld speel van speletjies
en verjaarsdag partytjies
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (Enige 2 × 2) (4)
4.4 Verduidelik eksternaliteite as ʼn oorsaak van markmislukking, sonder ʼn
grafiek.
Eksternaliteite is koste wat nie ingesluit is in die prys van goedere /
dienste nie en gevolglik is daar ʼn verskil tussen die private koste /
voordele en die sosiale koste / voordele van produksie.
Private koste / interne koste is die koste om die produk of diens te
produseer wat eintlik die pryse is wat verbruikers betaal.
Private voordele is interne voordele wat verkry word deur diegene wat
goedere produseer en goedere koop, bv. vervaardiging van ʼn fiets (vir
produsent) en gebruik van ʼn fiets (verbruiker).
Sosiale koste is die totale koste wat deur die gemeenskap as ʼn geheel
aangegaan word. Sosiale koste = private koste plus eksterne koste.
Sosiale voordele sluit in die totale voordele wat deur die gemeenskap as
ʼn geheel ervaar word. Sosiale voordele = private voordele plus eksterne
voordele.
Negatiewe eksternaliteite is dinge soos besoedeling, tabakrook en
alkohol misbruik. Die koste van negatiewe eksternaliteite word deur
die gemeenskap betaal eerder as deur die produsente.
Positiewe eksternaliteite is die positiewe uitwerkings van produkte, aan
derde partye, waarvoor nie betaal word nie.
Negatiewe eksternaliteite word gereeld óór geproduseer terwyl positiewe
eksternaliteite ónder geproduseer word. Dit lei tot markmislukking.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)
(Ken ʼn maksimum van 4 punte toe vir slegs die noem van feite / voordele)
(Enige 4 × 2) (8)
4.5 Hoe het die implementering van minimum lone werkers in Suid-Afrika
bevoordeel?
Minimum lone het werkers bevoordeel deur:
hul koopkrag te verhoog ten einde meer goedere en dienste te kan
bekostig
hul lewenspeil te verhoog deur meer behoeftes te kan bevredig
die verspreiding van inkome, na diegene wat baie lae lone in die verlede
verdien het, te verbeter
werkers teen uitbuiting deur werkgewers te beskerm
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)
(Ken ʼn maksimum van 2 punte toe vir slegs die noem van feite / voorbeelde) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
AFDELING C
Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.
STRUKTUUR VAN OPSTEL PUNTETOEKENNING
INLEIDING
ʼn Goeie begin sal wees om die begrip of sleutelwoord wat in die
vraag gebruik word, te definieer.
Sluit ander sinne in om die onderwerp te ondersteun. Maks. 2
Moenie enige gedeelte van die vraag in jou inleiding insluit nie.
Moenie enige gedeelte van die inleiding in jou inhoud herhaal nie.
Vermy om in die inleiding te sê wat jy in die inhoud gaan bespreek.
INHOUD:
Hoofgedeelte: Bespreek in detail/In-diepte bespreking/
Maks. 26
Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed/Vergelyk/Evalueer/
Onderskei/ Differensieer/Verduidelik/Assesseer/Debatteer
Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/
Evalueer/Evalueer krities/Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik
die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe Maks. 10
grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/
Interpreteer/Debatteer/Hoe?/Stel voor
SLOT
Enige toepaslike hoër orde slot wat die volgende behoort in te sluit:
ʼn Kort opsomming van wat bespreek is/ontleed sonder om reeds
genoemde feite, in die inhoud, te herhaal
ʼn Mening of gewaardeerde oordeel oor die bespreekte feite Maks. 2
Addisionele ondersteunende inligting om bespreking te
versterk/ontleding
ʼn Teenstrydige sienswyse met motivering, indien vereis
Aanbeveling
TOTAAL 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) EKONOMIE V2 13
VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE
ʼn Monopolie is een van die uiterste punte van ons mark strukture en is ʼn
integrale deel van ons ekonomie.
Ondersoek die eienskappe van ʼn monopolie as ʼn mark struktuur. (26)
Hoekom, na jou mening, is ʼn monopolie ʼn ongewenste soort mark
struktuur? (10)
INLEIDING
ʼn Monopolie bestaan wanneer daar een verskaffer van goedere of dienste is
waarvoor daar nie naby substitute is nie.
(Aanvaar enige toepaslike inleiding) (2)
INHOUD
Aantal besighede
- Bestaan wanneer een groot besigheid die hele mark kan voorsien teen ʼn laer
prys as twee of meer soortgelyke ondernemings.
- Dit verteenwoordig die hele industrie
Aard van produk
- Die produk van die monopolie is uniek en het geen naby-substitute nie
- bv. Eskom en die spoorvervoer
Toetrede en uittrede
- Daar is hindernisse tot toetrede, vir sommige produsente is dit onmoontlik om
tot die mark toe te tree.
- Regering gebruik soms patente, wat lisensies en kopiereg is vir mense wat
produkte uitgevind het, ten einde hulle teen mededinging te beskerm.
- Wettige beperkings word ook gebruik om een besigheid eksklusiewe regte te
gee om ʼn spesifieke produk te produseer of om sekere dienste te lewer
- bv. Poskantoor
Beheer oor pryse
- ʼn Monopolie het volle beheer oor die prys van goedere en dienste.
- Hulle beheer prys deur uitset te manipuleer en kan hul uitset beperk ten einde
ʼn tekort te skep, wat ʼn styging in prys teweegbring.
- Die monopolis weerhou ook inligting van verbruikers
Vraagkurwe
- Monopoliste word gekonfronteer met vraagkurwes vir hulle produk, want die
wet van vraag word toegepas
- Omdat die monopolis die enigste verskaffer is, kan hy besluit by watter punt op
die vraagkurwe hy wil wees.
Ekonomiese wins
- Dit is moontlik vir die monopolis om ekonomiese wins oor die kort- sowel as die
langtermyn te maak.
- Dit is omdat dit geen gevaar in die gesig staar van moontlike nuwelinge tot die
mark nie, as gevolg van die hindernisse tot toetrede.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
(ʼn Maksimum van 8 punte mag toegeken word indien feite / voorbeelde slegs genoem
word)
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (26)
ADDISIONELE GEDEELTE
Monopolieë mag ongewens wees omdat:
hulle pryse hoër stel as in ʼn mededingende mark, wat lei tot ʼn daling in
verbruikersurplus.
hulle allokatief ondoeltreffend is, want die prys is hoër as die marginale koste, as
die hoeveelheid wat hulle verkoop.
hulle ook produktief ondoeltreffend is, want dit is nie die laagste punt op die
gemiddelde koste kurwe nie.
hulle mag ook minder aansporings hê om kostes te sny, as gevolg van ʼn tekort
aan mededinger.
die koste kurwes van ʼn monopolie sal hoër wees as wat dit sou wees as daar
meer mededingende druk was.
hulle ʼn gebrek het aan die aansporings om nuwe produkte te ontwikkel en ʼn
goeie kwaliteit diens te lewer
hulle abnormale wins realiseer en dit kan gesien word as ʼn ongelyke en
onregverdige verspreiding van hulpbronne in die gemeenskap.
hulle neig om die verbruikers uit te buit, want hulle is afhanklik van die
onderneming vir die produk / diens omdat daar geen naby substitute vir die
produk is nie.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (maks 10) (10)
SLOT:
Monopolieë is belangrik ten einde unieke goedere en dienste te verskaf, maar
ondoeltreffend deurdat hulle neig om minder te voorsien teen hoër pryse en
verbruikers in die proses uitbuit
(Aanvaar enige toepaslike slot) (2)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) EKONOMIE V2 15
VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIE
In die hedendaagse dalende ekonomiese klimaat, word al die ekonomiese sektore
nadelig deur inflasie beïnvloed.
Ontleed die oorsaak van kostedruk-inflasie. (26)
Watter invloed het inflasie op die huishoudings? (10)
INLEIDING
Kostedruk-inflasie word veroorsaak deur ʼn toename in die koste van goedere en
dienste wat belangrik is in die ekonomie en waarvoor geen alternatief bestaan nie. (2)
HOOFGEDEETE
OORSAKE VAN KOSTEDRUK-INFLASIE
Toename in Lone:
- In Suid-Afrika, omvat stygings in lone meer as 50% van Bruto Toegevoegde
Waarde teen basiese pryse
- As die styging in lone nie gepaardgaan met ʼn toename in produksie nie, sal
die produksiekoste styg
- Produsente sal die pryse van hulle produkte verhoog ten einde te vergoed
vir die hoër produksiekoste
Sleutelinsette / styging in pryse van ingevoerde kapitaalgoedere
- Wanneer die pryse van sleutelinsette wat ingevoer word toeneem, styg
plaaslike produksiekoste veral in die vervaardigingsektor
Wisselkoersdepresiasie
- ʼn Daling in die waarde van die rand sal lei tot ʼn styging in pryse van
invoere
Winsgrense
- Wanneer ondernemingswinsgrense verhoog, sal die pryse wat
verbruikers betaal ook verhoog
- Soms gebruik ondernemings hulle markkrag om pryse op te stoot
Produktiwiteit
- Minder produktiewe produksiefaktore sal lei tot verhoogde
eenheidskoste
- Stakings en wegbly-aksies lei dikwels tot laer produksie-uitset en kan lei
tot ʼn styging in pryse
Natuurrampe
- Natuurrampe soos droogte, oorstromings en aardverwarming kan
produksiekoste laat styg
- Dit is dikwels die geval in verhouding tot voedselpryse
(ʼn Maksimum van 8 punte mag toegeken word vir slegs die noem van feite /
voorbeelde) (26)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
ADDISIONELE GEDEELTE
Watter invloed het inflasie op die huishoudings?
Huishoudings is dikwels bekommerd oor die hoë inflasiekoers om die volgende
redes:
• Inflasie beïnvloed die verspreiding van reële inkome.
• Mense met vaste inkomes ly as die koopkrag van hulle inkome (hulle reële
inkome) daal as prysvlakke styg.
• Mense wie se inkome vinniger styg as die inflasiekoers, ondervind ʼn toename in
hulle reële lone
• Inflasie neig tot ʼn meer ongelyke verdeling van inkome omdat die laer inkome
verdieners ondervind dat hulle lone nie so maklik styg soos dié van hoër inkome
verdieners nie.
• In tye van hoë inflasie neig huishoudings om reële bates aan te koop (bv. huise,
goud, antiekhede, skilderye, ens.) wat hul reële waarde behou omdat hulle pryse
vinniger styg as die inflasiekoers.
• As werkers se nominale lone styg sonder inflasie, mag hulle reële lone (die
koopkrag van nominale lone) konstant bly.
• Onder die progressiewe belastingstelsel mag verhoogde nominale lone
loonverdieners in ʼn hoër belasting kerf plaas (hoër marginale belastingkoers).
• Die persentasie van inkome betaal aan belasting neem toe ten spyte van reële
lone wat konstant bly.
(Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (maks 10) (10)
SLOT
Inflasie is nadelig vir die ekonomie, onder andere lei dit tot depresiasie van die rand
en slaan dit die armes hard deur hulle lewenspeil in die proses te verlaag.
(Aanvaar enige ander hoër orde slot) (2)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2017 QP (Eng)

Memorandum
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2017 Memo
%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--bda96458-ebe4-44b9-92e5-333e776e1614/v1-73e56ee11a0a58283c94/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2017 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 NSC November 2017 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2014 Memo (English)
More from Grade 12 Economics

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 Free State Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P1 Mpumalanga Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P2 Mpumalanga Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (Afr)

Question paper