Skip to content

Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

Question paperEconomicsGrade 12201716 pages

Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2017 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2017 EKONOMIE V2 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye. *ECONA2*
Downloaded from hlayiso.com 2 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2017) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae as volg in die ANTWOORDEBOEK:  AFDELING A: VERPLIGTEND  AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.  AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 3. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer. 4. Lees die vrae sorgvuldig deur en begin elke vraag boaan ʼn NUWE bladsy. 5. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae. 6. Beantwoord vrae in volsinne en die uitleg, inhoud en konteks van jou antwoorde moet voldoen aan die kognitiewe vereistes van die vrae. 7. Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Oortollige antwoorde sal NIE nagesien word NIE. 8. Gebruik slegs swart of blou ink. 9. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2017) EKONOMIE V2 3 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Skryf die vraagnommer(1.1.1–1.1.8) neer, kies die korrekte antwoord en maak ʼn kruis oor die letter (A–D) van jou keuse in die ANTWOORDEBOEK. 1.1.1 Met kostevoordeelontleding sal ʼn projek aanvaarbaar wees as ... A sosiale koste meer is as sosiale voordele. B private voordele meer is as private koste. C private koste meer is as private voordele. D sosiale voordele meer is as sosiale koste. 1.1.2 Werklike besteding van ʼn besigheid op insette wat vereis word vir produksie, word ... koste genoem. A implisiete B eksplisiete C totale D gemiddelde 1.1.3 Minimum opbrengs wat deur die eienaars van ʼn onderneming vereis word, kan na verwys word as ʼn … wins. A suiwer B ekonomiese C super normale D normale 1.1.4 Wanneer gemiddelde inkome laer is as gemiddelde koste, sal die onderneming ... A ʼn ekonomiese verlies ly. B ʼn normale verlies ly. C gelykbreek bereik. D oormatige inkome ontvang. 1.1.5 Buitelandse toeriste wat Suid-Afrika besoek, word ook ... toeriste genoem. A binnelandse B uitgaande C inkomende D plaaslike Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2017) 1.1.6 Hooflyninflasie staan ook bekend as …inflasie A aangepaste kern- B onaangepaste VPI- C kern- D PPI- 1.1.7 Stagflasie word met ... geassosieer. A hoë werkloosheid, hoë groei en lae inflasie B lae pryse, hoë werkloosheid en hoë groei C lae groei, hoë werkloosheid en hoë inflasie D hoë groei, lae werkloosheid en lae inflasie 1.1.8 Die markmeganisme misluk gewoonlik om besoedeling ... A te verminder. B te beheer. C uit te wis. D reg te stel. (8 × 2) (16) 1.2 Kies ʼn omskrywing in KOLOM B wat by ʼn begrip in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer(1.2.1–1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Toemaak/ A word deur gemeenskap betaal en is nie Deure sluit ingesluit in die werklike prys van goedere en dienste nie 1.2.2 Privatisering B gebeur wanneer die marginale koers van belasting hoër is, selfs as die werklike inkome onveranderd bly 1.2.3 Prysplafonne C ʼn Amerikaner wat deur Suid-Afrika na Kenia reis 1.2.4 Sosiale koste D dit gaan daaroor om nie-hernieubare hulpbronne ongeskonde te hou 1.2.5 Kerfbekruiping E vind plaas wanneer daar ʼn verskeidenheid produkte is 1.2.6 Deurgang- F vind plaas wanneer gemiddelde inkome laer toerisme is as gemiddelde veranderlike koste 1.2.7 Bewaring G deur regerings vasgestel om verbruikers teen uitbuiting te beskerm 1.2.8 Wêrelderfenis- H oordrag van eienaarskap van bates van die gebied privaat sektor na die openbare sektor I Vredefortkoepel (8 × 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2017) EKONOMIE V2 5 1.3 Gee die korrekte begrip vir elk van die volgende omskrywings. 1.3.1 ʼn Wettig vasgestelde prysvloer op lone wat deur die regering bepaal is 1.3.2 Die verskeidenheid plant- en dierelewe in ʼn spesifieke habitat 1.3.3 Koolstofdioksied(CO2)-gas wat in die atmosfeer vrygestel word, as gevolg van verskillende ekonomiese aktiwiteite 1.3.4 ʼn Ooreenkoms wat plaasvind wanneer verkopers ʼn ooreenkoms aangaan om mededinging te beperk 1.3.5 Pryse wat deur die regering vasgestel word of beheer word deur aangestelde owerhede 1.3.6 Ondernemings wat geen invloed op pryse het nie (6 × 1) (6) [30] TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2017) AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in jou ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem enige TWEE eienskappe van oligopolistiese markte. (2 × 1) (2) 2.1.2 Hoekom is dit slegs moontlik om oor die langtermyn alle produksiefaktore af te wissel? (1 × 2) (2) 2.2 Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg. KORTTERMYN EWEWIG-VAN ʼn VOLMAAKTE MARK 2.2.1 Watter markstruktuur word in bostaande grafiek voorgestel? (1) 2.2.2 Identifiseer die wins maksimerende punt in bostaande grafiek. (1) 2.2.3 Omskryf kortliks die vraagkurwe in bostaande grafiek. (2) 2.2.4 Verduidelik kortliks die uitset vlak van ʼn volmaakte mededinger. (2) 2.2.5 Bereken die wins/verlies van die bogenoemde individuele onderneming. Toon ALLE berekeninge. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2017) EKONOMIE V2 7 2.3 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. MARKMISLUKKING Werkloosheid, in Suid-Afrika, het vir die drie laaste dekades toegeneem, wat gelei het tot ʼn amptelike werkloosheidskoers van 27,7%. Dit dui op ʼn werklose totaal van 8,49 miljoen, met meer as 40% van die plattelandse bevolking wat werkloos is en die ontwikkeling van ʼn groeiende poel werkers wat uitgesluit is van die arbeidsmark. Die Suid-Afrikaanse ekonomie staar markmislukking in die gesig met die aanbod van arbeid wat telkens die aanbod daarvan oorskry, as gevolg van ʼn gebrek aan inligting en ander faktore. [Bron: http//www.opensadnu.uct.ac.za] 2.3.1 Wat is die amptelike werkloosheidskoers in Suid-Afrika? (1) 2.3.2 Identifiseer ʼn rede vir markmislukking waarna in bogenoemde uittreksel verwys word. (1) 2.3.3 Verduidelik waarom meer arbeiders uit die arbeidsmark uitgesluit word. (2 × 2) (4) 2.3.4 Hoe kan die markmislukking, waarna in die uittreksel verwys word, opgelos word? (2 × 2) (4) 2.4 Verduidelik vrye mededinging en aard van die produk as kenmerke van ʼn volmaakte mark. (2 × 4) (8) 2.5 Verduidelik, met behulp van ʼn diagram, hoekom oligopoliste huiwerig is om deel aan prysmededinging te neem. (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2017) VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem TWEE positiewe uitwerkings wat toerisme op ons ekonomie het. (2 × 1) (2) 3.1.2 Hoe beïnvloed lugbesoedeling die omgewing? (1 × 2) (2) 3.2 Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg. KULTURELE TOERISME OP SY BESTE Die wêreld toerisme-organisasie beweer dat kulturele toerisme 37% van globale toerisme uitmaak en steeds teen 15% per jaar groei. Bestemmings moet dít aanwend wat hulle gemeenskappe uniek maak en investeer in die ontwikkeling van kulturele toerisme, want dit laat reisigers toe om plaaslike rituele te geniet en foto’s van gedeelde herinneringe van unieke ondervindings huis toe te neem. Deur kulture te omarm, kan Suid-Afrika ekonomiese groei ʼn hupstoot gee. [www.solimarinternational.com June 2015] 3.2.1 Watter soort toerisme word in die foto weerspieël? (1) 3.2.2 Teen watter koers groei kulturele toerisme wêreldwyd? (1) 3.2.3 Omskryf kortliks die begrip Inheemse Kennisstelsels. (2) 3.2.4 Verduidelik EEN rede vir groei in die toerisme bedryf. (2) 3.2.5 Hoe kan Suid-Afrika sy Wêrelderfenis gebiede meer doeltreffend aanwend ten einde toerisme te bevorder? (2 × 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2017) EKONOMIE V2 9 3.3 Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg. VYAND NOMMER EEN VIR ONS EKONOMIE Stygende pryse vir energie, voedsel, kommoditeite en ander goedere en dienste beïnvloed die hele ekonomie. Inflasie beïnvloed die lewenskoste, koste om sake te doen, leen van geld en elke ander faset van die ekonomie. Wanneer die ekonomie gesond is, is werkloosheid laag en lone styg soos wat besighede arbeid aanvra om by te hou by die groeiende ekonomie. [Aangepas uit: www.Cartoons] 3.3.1 Wie is die nommer een vyand vir ons ekonomie, wat in bostaande spotprent uitgebeeld word? (1) 3.3.2 Wat gebeur met die ekonomie, volgens bostaande spotprent? (1) 3.3.3 Omskryf kortliks die begrip hiperinflasie? (2) 3.3.4 Hoe kan belasting gebruik word om inflasie te verlaag? (2) 3.3.5 Wat is die verhouding tussen inflasie en loonaanvraag? (2 × 2) (4) 3.4 Bespreek inkome en infrastruktuur as voordele van toerisme aan huishoudings. (2 × 4) (8) 3.5 Watter rol speel Suid-Afrika in vermindering van die negatiewe uitwerkings van aardverwarming? (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2017) VRAAG 4 MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem TWEE voorbeelde van hernieubare hulpbronne. (2 × 1) (2) 4.1.2 Wat is die doel daarvan om inflasie teikens te stel? (1 × 2) (2) 4.2 Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. WATERKRISIS IN DIE OOS-KAAP Groot dele van die Oos-Kaap gaan gebuk onder droogte en ʼn watertekort wat so erg is dat riviere, damme en boorgate horingdroog is. Boere teken miljoene rande se verliese aan as gevolg van mislukte oeste en onproduktiewe vee, terwyl ander hulself meer skuld op die hals haal net om hulle in staat te stel om hulle diere te voer. Die gedeeltes in die provinsie wat erg getref word, is die Joe Gqabi en die Chris Hani distrikte, sowel as die Mhlontlo-distrik. Dit bedreig voedsel sekuriteit in die land omdat baie mielie- en lusernoeste tot niet is. [Bron: http//www.heraldlive.co.za] 4.2.1 Watter ernstige probleem word tans in die Oos-Kaap ondervind? (1) 4.2.2 Waarom word voedselsekuriteit in die land bedreig? (1) 4.2.3 Hoe kan die openbare sektor onderwys aanwend om omgewingsvolhoubaarheid te verseker? (2 × 2) (4) 4.2.4 Wat kan die regering doen om die waterkrisis in die land op te los? (2 × 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2017) EKONOMIE V2 11 4.3 Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. MONOPOLISTIESE MEDEDINGING Monopolistiese mededinging as ʼn markstruktuur is vir die eerste keer in die 1930’s deur die ekonoom Edward Chamberlin, geïdentifiseer. Baie klein ondernemings word bedryf onder toestande van monopolistiese mededinging, insluitende gewilde winkels en restaurante wat onafhanklik besit en beheer word. In die geval van restaurante, bied elkeen iets anders aan en beskik oor unieke elemente, maar almal ding in wese mee vir dieselfde kliënte. [Aangepas uit: www.economicsonlinne.co.uk] 4.3.1 Wie was die eerste ekonoom om monopolistiese mededinging te identifiseer? (1) 4.3.2 Gee ʼn voorbeeld van ʼn besigheid wat in ʼn monopolistiese mark meeding. (1) 4.3.3 Omskryf kortliks die hibriede struktuur as ʼn kenmerk van monopolistiese mededinging. (2 × 2) (4) 4.3.4 Hoe kan restaurante gedifferensieerde strategieë aanwend om meer kliënte te lok? (2 × 2) (4) 4.4 Verduidelik eksternaliteite as ʼn oorsaak van markmislukking, sonder ʼn grafiek. (4 × 2) (8) 4.5 Hoe het die implementering van minimum lone werkers in Suid-Afrika bevoordeel? (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2017) AFDELING C Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. STRUKTUUR VAN OPSTEL PUNTETOEKENNING INLEIDING  ʼn Goeie begin sal wees om die begrip of sleutelwoord wat in die vraag gebruik word, te definieer.  Sluit ander sinne in om die onderwerp te ondersteun. Maks. 2  Moenie enige gedeelte van die vraag in jou inleiding insluit nie.  Moenie enige gedeelte van die inleiding in jou inhoud herhaal nie.  Vermy om in die inleiding te sê wat jy in die inhoud gaan bespreek. INHOUD:  Hoofgedeelte: Bespreek in detail/In-diepte bespreking/ Maks. 26 Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed/Vergelyk/Evalueer/ Onderskei/ Differensieer/Verduidelik/Assesseer/Debatteer  Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/ Evalueer/Evalueer krities/Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe Maks. 10 grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/ Interpreteer/Debatteer/Hoe?/Stel voor SLOT Enige toepaslike hoër orde slot wat die volgende behoort in te sluit:  ʼn Kort opsomming van wat bespreek is/ontleed sonder om reeds genoemde feite, in die inhoud, te herhaal  ʼn Mening of gewaardeerde oordeel oor die bespreekte feite Maks. 2  Addisionele ondersteunende inligting om bespreking te versterk/ontleding  ʼn Teenstrydige sienswyse met motivering, indien vereis  Aanbeveling TOTAAL 40 VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE ʼn Monopolie is een van die uiterste punte van ons mark strukture en is ʼn integrale deel van ons ekonomie.  Ondersoek die eienskappe van ʼn monopolie as ʼn mark struktuur. (26)  Hoekom, na jou mening, is ʼn monopolie ʼn ongewenste soort mark struktuur? (10) VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIE 40 PUNTE – 40 MINUTE In die hedendaagse dalende ekonomiese klimaat, word al die ekonomiese sektore nadelig deur inflasie beïnvloed.  Ontleed die oorsaak van kostedruk-inflasie. (26)  Watter invloed het inflasie op die huishoudings? (10) TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all