Skip to content

Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2017 Question Paper (Afr)

Question paperEconomicsGrade 12201713 pages

Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2017 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2017 10732 EKONOMIE TWEEDE VRAESTEL TYD: 2 uur PUNTE: 150 13 bladsye 3 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 2 (Tweede Vraestel) 10732/17 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN EKONOMIE (Tweede Vraestel) TYD: 2 uur PUNTE: 150 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1 Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK: • AFDELING A: VERPLIGTEND • AFDELING B: Beantwoord enige TWEE van die DRIE vrae. • AFDELING C: Beantwoord enige EEN van die TWEE vrae. 2 Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien word NIE. 3 Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 4 Skryf die vraagnommer bo-aan elke antwoord neer. 5 Lees die vrae aandagtig deur. 6 Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 7 Laat 2 – 3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop. 8 Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde aan die vereistes van die vrae voldoen. 9 Gebruik slegs blou of swart ink. 10 Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik. 11 Skryf netjies en leesbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 3 (Tweede Vraestel) 10732/17 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (1.1.1 – 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer. 1.1.1 Produkte wat presies dieselfde is, staan bekend as ... goedere. A heterogene B homogene C unieke D gedifferensieerde 1.1.2 Die pryselastisiteit van vraag op die boonste gedeelte van die geknikte vraag-kurwe is meer ... A onelasties. B eenheidselasties. C elasties. D semi-elasties. 1.1.3 Monopolies sal ʼn ... wins in die langtermyn maak. A normale B ekonomiese C nul D subnormale 1.1.4 Koste-voordeel-analise is ʼn metode om … te assesseer. A privatesektor-projekte B markmislukkings C staatsprojekte D eksternaliteite 1.1.5 Toerisme het die grootste effek op die … sektor. A dienste B vervoer C produksie D vervaardiging b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 4 (Tweede Vraestel) 10732/17 1.1.6 As die behoeftes van die huidige generasie voorsien word sonder om die toekomstige generasie se behoeftes te benadeel, staan dit bekend as … A bevolkingsgroei. B ekonomiese groei. C ekonomiese ontwikkeling. D volhoubare ontwikkeling. 1.1.7 Die Wêreldberaad oor die omgewing wat in 2014 in Durban gehou was, staan bekend as die… A Kyoto Protokol. B COP17. C Johannesburgse Wêreldberaad oor Volhoubare Ontwikkeling. D Rio de Janeiro-verklaring. 1.1.8 Die toelaat van afvalstowwe in die omgewing staan bekend as … A herwinning. B sanitasie. C byprodukte. D besoedeling. (8 x 2) (16) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 5 (Tweede Vraestel) 10732/17 1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf slegs die LETTER (A – I) langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.8) in die ANTWOORDBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Gelykbreekpunt A Besoek aan ʼn land deur nie-inwoners van die land 1.2.2 Industrie B Individue kan hulle nie weerhou van verbruik nie 1.2.3 Prysleierskap C ʼn Koper met genoeg markkrag om die markprys van die produk te beïnvloed 1.2.4 Nie-weiering 1.2.5 Deflasie D Die algemene prysvlakke toon ʼn volgehoue afname 1.2.6 Inkomende E ʼn Situasie waar een firma die prys vasstel en die toerisme ander dit as die markprys aanvaar. 1.2.7 Klimaats F Enige sigbare en volgehoue verandering in die verandering normale weerspatroon 1.2.8 Groenbelasting G Besighede wat dieselfde tipe produk produseer H Die punt waar die firma nie abnormale winste maak nie maar slegs normale wins I Heffings vir die negatiewe effek op die omgewing (8 x 1) (8) 1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings wat beskryf word. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.6) in die ANTWOORDBOEK neer. 1.3.1 Die aanbod-kurwe vir hierdie markstruktuur begin waar GVK=MK. 1.3.2 ʼn Markstruktuur waarin ʼn paar verkopers die mark oorheers 1.3.3 ʼn Situasie waar die hulpbronne nie geallokeer kan word om een persoon / groep beter te laat sonder om ʼn ander persoon / groep slegter te laat nie 1.3.4 ʼn Indeks wat pryse van plaaslik vervaardigde produkte meet wanneer dit die produksievloer verlaat 1.3.5 ʼn Brandstof wat van groente-olies, mielies, suiker of koring gemaak word 1.3.6 ʼn Plek wat deur UNESCO gelys word wat van kulturele of fisiese belang is (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: [30] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 6 (Tweede Vraestel) 10732/17 AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem die TWEE markstrukture waar volledige markinligting moontlik is. (2 x 1) (2) 2.1.2 Hoe kan die owerheid die prys van goedere in ʼn volmaakte markstruktuur beïnvloed? (1 x 2) (2) 2.2 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. MONOPOLIE MARKSTRUKTUUR Hindernisse tot toegang Natuurlike Hey Maak die Hulpbronne deur oop PATENTE Patente Laat ons in Monopolie [Aangepas uit: Internet Prente] 2.2.1 Identifiseer TWEE hindernisse tot toegang soos deur die spotprent uitgebeeld. (2 x 1) (2) 2.2.2 Watter tipe monopolie word voorgestel in die spotprent? (2) 2.2.3 Beskryf kortliks die term monopolie. (2) 2.2.4 Waarom kan ʼn monopolis nie die pryse van sy produk uitermatig hoog maak nie? (2 x 2) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 7 (Tweede Vraestel) 10732/17 2.3 Lees die volgende uittreksel noukeurig en beantwoord die vrae wat volg. VODACOM HET TELKOM SE FREEME IN TEIKEN Vodacom het die eerste operateur geword wat gereageer het op Telkom se aggresiewe nuwe FreeMe tarief planne. Hulle het stilletjies nuwe produkte bekend gestel wat data aan bestaande Smart, Smart Top Up en Rooi pakette gee — teen ʼn prys — as respons tot die FreeMe pakette. Telkom het die data FreeMe pakette bekend gestel aan gebruikers wat groot hoeveelhede data en data bondels gebruik met gratis minute, gratis SMSe, gratis sosiale media en ander voordele. [Vrye Vertaling: https://www.techcentral.co.za/vodacom-takes-aim-at-telkoms-freeme/67627] 2.3.1 Wat is FreeMe tarriefplanne van Telkom? (1) 2.3.2 Watter tipe kompetisie word uitgebeeld in die uittreksel hierbo? (1) 2.3.3 Waarom het Vodacom besluit om ʼn soort gelyke bemarkingstrategie as Telkom bekend te stel? (2 x 2) (4) 2.3.4 Wat anders kon Vodacom doen om hulle kliëntebasis te vergroot? (2 x 2) (4) 2.4 Verduidelik kortliks die aard van die produkte onder monopolistiese mededinging. (4 x 2) (8) 2.5 Hoe sal nuwe toetreders in die volmaaktemark die winsvlakke van bestaande besighede beïnvloed? (8) [40] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 8 (Tweede Vraestel) 10732/17 VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van items wat herwin kan word. (2 x 1) (2) 3.1.2 Hoe kan toerisme die omgewing negatief beïnvloed? (1 x 2) (2) 3.2 Lees die volgende berig sorgvuldig en beantwoord die vrae wat volg. VERSTEEKTE EDELSTENE – DIE TOEKOMS VAN TOERISME Die 2016 TOERISME INDABA – die Versteekte Edelstene Sone, het produkte en dienste van Suid-Afrikaanse Klein, Medium en Mikro-groote ondernemings ten toon gestel. Oor drie dae het hierdie besighede netwerkgeleenthede gehad met kopers uit die uithoeke van die wêreld; werkswinkels was aangebied wat hulle die nodige kennis en gereedskap verskaf het hoe om die mark te betree en hulle kon ook hul stories met die globale media deel. Die INDABA het spesifiek 70 KMMO’s gekies vir hul unieke en oorspronklike ware wat Suid-Afrika uitgebeeld het as ʼn toeriste aantreklikheid tydens die uitstalling. Sowat 20 KMMO’s het gefokus op die land se avontuur aktiwiteite. [Vrye Vertaling: www.indaba-southafrica.co.za] 3.2.1 Hoeveel KMMOs was gekies om Suid-Afrika se uniekheid en oorspronklike Suid-Afrikaanse toerismeprofiel uit te stal? (1) 3.2.2 Noem EEN voordeel wat KMMO’s geniet het tydens die Indaba. (1) 3.2.3 Watter uitdagings ondervind KMMO’s normaalweg in die toerismebedryf? (2 x 2) (4) 3.2.4 Hoe kan KMMO’s in die toerisme bedryf die Suid-Afrikaanse ekonomie ontwikkel? (2 x 2) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 9 (Tweede Vraestel) 10732/17 3.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Mense is die enigste wesens in hierdie wêreld wat bome afkap, dan papier van dit maak en dan op dit skryf ‘RED ONS BOME’ Bewaringstrategieë word gebruik om die ekonomiese gebruik van beide hernubare en nie-hernubare bronne te verseker [Bron: https://za.pinterest.com/pin/551057704378502780/3.3.1] 3.3.1 Noem EEN voorbeeld van ʼn hernubare bron. (1) 3.3.2 Wat, volgens die informasie hierbo, is nodig om ekonomiese gebruik van hulpbronne te verseker? (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die konsep van bewaring. (2) 3.3.4 Hoe sal die uitwissing van hulpbronne ʼn negatiewe impak op die omgewing hê? (2) 3.3.5 Wat kan gedoen word om die afkap van bome te verminder? (2 x 2) (4) 3.4 Verduidelik kortliks die heffing vir die gebruik van die omgewing en die heffing van omgewingsbelasting as maatreëls om die omgewing te beskerm. (2 x 4) (8) 3.5 Hoe baat die regering by toerisme in Suid-Afrika? (8) [40] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 10 (Tweede Vraestel) 10732/17 VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE & KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Lys enige TWEE omgewings Wêrelderfenisgebiede in Suid-Afrika. (2 x 1) (2) 4.1.2 Hoe kan ʼn produsent in ʼn volmaakte mark sy / haar winsvlakke handhaaf as die markprys daal? (1 x 2) (2) 4.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. VOLMAAKTE MARK: LANGTERMYN EWEWIG MK Inkomste/Koste GK A 12 MI=GI C 10 100 100 Hoeveelheid Hoeveelhe id 4.2.1 Benoem punt A op die grafiek hierbo. (1) 4.2.2 Identifiseer die vraagkurwe in die grafiek hierbo. (1) 4.2.3 Bereken die wins / verlies in die mark hierbo. (4) 4.2.4 Teken ʼn volledig benoemde grafiek om die lang-termyn ewewigsposisie van ʼn volmaakte mededinger te illustreer. (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 11 (Tweede Vraestel) 10732/17 4.3 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TOER IN SUID-AFRIKA? WAT ʼn PLESIER!!! Toere Toerisme is rêrig goed vir ons besighede!!! Dit is. Kom ons vat Kyk, skat is dit nie ses. pragtig nie? [Aangepas vanaf: Internet images] 4.3.1 Watter tipe toerisme word verteenwoordig in die prent? (1) 4.3.2 Noem EEN rede waarom Suid-Afrika so aanloklik is vir toeriste? (1) 4.3.3 Omskryf kortlik die term toeris. (2) 4.3.4 Verduidelik toerisme is goed vir ons besigheid. (2) 4.3.5 Hoe bevorder inheemse kennis toerisme? (2 x 2) (4) 4.4 Verduidelik kortliks die doelwitte van die kompetisie beleid in Suid-Afrika. (4 x 2) (8) 4.5 Hoekom moet besighede die omgewing bewaar? (4 x 2) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 12 (Tweede Vraestel) 10732/17 AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL PUNTE- TOEKENNING Inleiding Die inleiding is ʼn lae-kognitiewe antwoord. • ʼn Goeie beginpunt sou wees om die hoofbegrip verwant aan die vraag te definieer. Maks. 2 • Moenie enige deel van die vraag in jou inleiding gebruik nie. • Moenie enige deel van jou inleiding herhaal in die liggam nie. • Voorkom om in die inleiding te sê wat jy gaan bespreek in die liggaam. Liggaam • Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede / Ondersoek / Bespreek Maks. 26 krities / Ontleed (Analiseer) / Vergelyk / Evalueer / Onderskei / Verduidelik • Addisionele gedeelte: Gee eie mening / Bespreek krities / Evalueer / Evalueer krities / Teken ʼn grafiek en verduidelik / Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik / Voltooi die gegewe grafiek / Bereken / Lei af / Maks.10 Vergelyk / Verduidelik / Onderskei / Interpreteer / Debatteer kortliks / Hoe? / Stel voor Gevolgtrekking Enige relevante hoër orde gevolgtrekking wat die volgende insluit: • ʼn Kortlikse opsomming van wat bespreek is / geanaliseer is sonder ʼn herhaling van feite wat reeds in die liggaam genoem is Maks. 2 • ʼn Opinie of waarde-oordeel van die feite bespreek • Addisionele informasie om die bespreking te ondersteun / analiseer • ʼn Kontroversionele standpunt met motivering, as benodig • Aanvbevelings TOTAAL 40 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 13 (Tweede Vraestel) 10732/17 VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE “Adam Smith het verklaar dat die denkbeeldige hand die ekonomie sal beheer. Maar in realiteit is dit nodig dat die regering inmeng.” • Bespreek volledig die implementering van die volgende aspekte as deel van die owerheid se inmenging as ʼn gevolg van markmislukking. Gebruik volledig benoemde grafieke in jou bespreking:  Belasting (13 punte)  Maksimum pryse (13 punte) (26 punte) • Hoekom is dit nodig om ʼn nasionale minimum loon in Suid-Afrika in te stel? (10 punte) [40] VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE “Inflasie is die enigste mensgemaakte ekonomiese mag wat alleenlik die mens se skuld is.” • Bespreek volledig die oorsake van vraag-trek inflasie. (26 punte) • Hoe suksesvol is die fiskale beleid as maatstaf om inflasie te beveg. (10 punte) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 TOTAAL: 150 EINDE

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all