Skip to content

Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 Question Paper (Afr)

Question paperEconomicsGrade 12202014 pages

Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2020 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2020 10732 EKONOMIE VRAESTEL 2 TYD: 2 uur PUNTE: 150 14 bladsye b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 2 (Vraestel 2) 10732/20 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK: AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae. AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien word NIE. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Skryf die vraagnommer aan die bokant van elke antwoord. 5. Lees die vrae aandagtig deur. 6. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 7. Laat 2 – 3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop. 8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde aan die vereistes van die vrae voldoen. 9. Gebruik slegs swart of blou ink. 10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 3 (Vraestel 2) 10732/20 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer. 1.1.1 Die vraagkromme van ʼn individuele onderneming in ʼn volmaakte mark het ʼn ... helling. A negatiewe B positiewe C horisontale D konvekse 1.1.2 Die minimum verdienste wat benodig word om te voorkom dat ʼn entrepreneur die bedryf verlaat, staan bekend as ... A ekonomiese wins. B normale wins. C wins. D ekonomiese verlies. 1.1.3 ʼn Vervaardiger van digitale musiekspelers gebruik sy eie unieke lêerformaat wat nie deur die ander firmas in die mark gebruik word nie. Hierdie onderneming se optrede kan as ʼn voorbeeld dien van die gebruik van ʼn ... om die aantal firmas in die mark te verminder en om ʼn relatiewe onelastiese vraag na sy produkte te handhaaf. A natuurlike monopolie B subsidie C positiewe ekstremiteit D toegang versperring 1.1.4 In ʼn volmaak mededingende mark is die vraagkurwe gelyk aan ... A gemiddelde koste. B prys. C totale koste. D veranderlike koste. 1.1.5 Toerisme is ʼn ... intensiewe bedryf. A kapitaal B produksie C arbeid D handel b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 4 (Vraestel 2) 10732/20 1.1.6 ʼn Instelling wat verantwoordelik is vir die berekening en publikasie van onafhanklike inflasie data vir verskillende metropolitaanse gebiede staan bekend as ... A Statistiek Suid-Afrika. B Die Suid-Afrikaanse Reserwebank. C Die Minister van Finansies. D Die Departement van Handel en Nywerheid. 1.1.7 Die verskeidenheid plant- en dierelewe in ʼn spesifieke habitat staan bekend as ... A ontbossing. B koolstofvoetspoor. C woestynvorming. D biodiversiteit. 1.1.8 Suid-Afrikaners wat in die buiteland reis word as ... toeriste beskou. A kultuur B binnelandse C plaaslike D uitgaande (8 × 2) (16) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 5 (Vraestel 2) 10732/20 1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Gelykbreekpunt A Besoek aan ʼn land om die natuurskoon van daardie land te geniet 1.2.2 Mededingingswet in Suid-Afrika B Kom voor wanneer lone nie tred hou met inflasie nie 1.2.3 Heterogene C Die volhoubare gebruik en bestuur van 1.2.4 Monopolie natuurlike hulpbronne 1.2.5 Direkte beheer D Horisontale vraagkurwe 1.2.6 Bewaring E Die regering kan wette met die bestaande wetgewende raamwerk deurvoer om 1.2.7 Kruipende inflasie besighede wat negatiewe eksternaliteite veroorsaak te beheer 1.2.8 Suid-Afrikaanse Toerismeprofiel F Die vervaardiging van verskeie variasies van produkte wat dit moeilik maak vir ander firmas om te dupliseer G Die bemagtiging van KMMO's om deel te kan neem aan die ekonomie H Die inkomste wat ʼn firma verdien uit die verkoop van sy produkte is net genoeg om al sy kostes te dek I ʼn Mark waar verbruikers geen keuse of verskeidenheid beskikbaar het nie (8 × 1) (8) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 6 (Vraestel 2) 10732/20 1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDBOEK neer. Afkortings, akronieme en byvoorbeelde sal NIE aanvaar word nie. 1.3.1 Alle goedere in hierdie markstruktuur is identies. 1.3.2 Vind plaas wanneer die optrede van een onderneming ʼn invloed het op ʼn ander onderneming 1.3.3 ʼn Instelling wat die kwaliteit van goedere in Suid-Afrika monitor 1.3.4 ʼn Plan van aksie deur die regering ten einde hul doelwitte te bereik 1.3.5 ʼn Toekenningsprogram vir opleiding en ondersteuning van toerismeondernemings 1.3.6 Die plante en diere van ʼn spesifieke streek (6)× 1) TOTAAL AFDELING A: 30 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 7 (Vraestel 2) 10732/20 AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem enige TWEE doelstellings van ʼn anti-monopoliebeleid. (2)x 1) 2.1.2 Waarom is individuele deelnemers in ʼn volmaakte mark onbelangrik vir die mark as geheel? (2)x 2) (1 2.2 Bestudeer die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. GEBLIKTE OF GEBOTTELDE WYN Suid-Afrika kan nou vegetarier-vriendelike wyn koop – sonder die byvoeging van sulfaat. Die eienaardige reeks Merlot- en Chenin Blanc-wyne word deur die wyn- en spiritsraad van Suid-Afrika gesertifiseer om kwaliteit te verseker. Daar bestaan ʼn wanbegrip dat geblikte wyn ʼn metaal smaak sal hê. Metaal blikkies laat geen lug in nie, en maak dit ʼn uiters stabiele houer vir wyn. Dit kan in ʼn piekniek mandjie gegooi word sonder die bekommernis dat dit kan breek. Wyn in blikke is teenstrydig met ʼn eeue-oue tradisie. Vir die meeste verbruikers is dit egter ʼn kwessie van ʼn fokus op meerderwaardigheid. [Aangepaste bron: www.businessinsider.co.za] 2.2.1 Watter markstruktuur word in die uittreksel hierbo uitgebeeld? (1) 2.2.2 Wat is die aard van die produk in die bostaande uittreksel? (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die begrip fokus op meerderwaardigheid. (2) 2.2.4 Hoe gebruik produsente marknavorsing om winste te maksimeer? (2) 2.2.5 Hoe was die wynbedryf beïnvloed deur die Corona-virus-inperking in Suid-Afrika? (4)x 2) (2 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 8 (Vraestel 2) 10732/20 2.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. KOSTE-VOORDELE-ONTLEDING: BEHOORT DIE VINNIGE BUS VERVOER (VBV) STELSEL IN SUID-AFRIKA VOORT TE BESTAAN? Die Vinnige Bus Vervoer (VBV) vertoon finansieel swakker in die land se hoofstede, soos Johannesburg, Kaapstad en Tshwane. Daar bestaan ernstige probleme met die VBV stelsel. ʼn Hooggeplaaste regerings- amptenaar het voorgestel dat dit tyd geword het om die stelsel te heroorweeg en te herontwerp ten einde die fiskus minder te dreineer. Die herstelproses moet fokus op vermindering van kostes en verhoogde inkomste. Die lopende koste behoort vanselfsprekend af te neem soos die stelsel na ʼn volwasse stadium beweeg. Die netto huidige waarde was nie voorspel met die implementering van die projek nie. [Aangepaste bron: https://citizen.co.zo/news/south-africa/1688443/sa-needs-to-revamp-its- new-transport-system/] 2.3.1 Identifiseer EEN ontasbare koste wat verband hou met die implementering van die VBV stelsel in Suid-Afrika. (1) 2.3.2 Noem EEN voordeel geassosieer met openbare vervoerstelsels in Suid-Afrika. (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die term netto huidige waarde. (2) 2.3.4 Wat word bedoel met “die VBV stelsel dreineer die fiskus”? (2) 2.3.5 Evalueer die impak van die VBV op ander vervoerstelsels in Suid-Afrika. (4) 2.4 Met betrekking tot ʼn oligopolis, verduidelik die twee elastisiteits-segmente van die vraag kurwe. (4 x 2) (8) 2.5 Hoe hanteer die regering ʼn gebrek aan inligting as oorsaak van markmislukkings? (8) [40] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 9 (Vraestel 2) 10732/20 VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem enige TWEE beleidsvoorstelle vir toerisme. (2 x 1) (2) 3.1.2 Hoe beïnvloed stagflasie die konstruksiebedryf? (1 x 2) (2) 3.2 Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. BRANDSTOF PRYSVERHOGINGS AFFEKTEER VERBRUIKERS- INFLASIE Brandstof verhogings sal beslis ʼn impak hê op verbruikers-inflasie, volgens ekonome. Hoër brandstofpryse kan selfs ʼn indirekte effek op inflasie hê deur middel van ʼn tweede-rondte impak. Indien ondernemings meer spandeer op die vervoer van goedere kan hulle die pryse op finale goedere opwaarts aanpas en dus die addisionele prysdruk deurvoer na die verbruiker. [Aangepaste bron: https://www.fin24.com/economy/fuel-hike-to-seep-into-consumer- inflation-economists-20180607] 3.2.1 Identifiseer die tipe inflasie geassosieer met die verhoging in brandstofpryse, volgens die bogenoemde uittreksel. (1) 3.2.2 Noem EEN manier hoe inflasie gemeet kan word. (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die term kerninflasie. (2) 3.2.4 Waarom behoort die loonkoers teen dieselfde of selfs ʼn hoër koers as die gemiddelde verbruikersprysindeks vasgestel te word? (2) 3.2.5 Hoe kan die regering fiskale beleid aanwend om inflasie te bekamp? (2 x 2) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 10 (Vraestel 2) 10732/20 3.3 Bestudeer die tekenprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. [Bron: Internet tekenprent] 3.3.1 Noem die tipe toerisme wat in die tekenprent bo uitgebeeld word. (1) 3.3.2 Watter instansie is verantwoordelik vir die bemarking van Suid- Afrika as ʼn toeristebestemming? (1) 3.3.3 Beskryf die begrip toerisme kortliks. (2) 3.3.4 Hoekom is dit moeilik om die impak van toerisme op die ekonomie te bepaal? (2) 3.3.5 Waarom groei inheemse kennis in Suid-Afrika? (4)x 2) (2 3.4 Bespreek die monetariste se verduideliking van inflasie. (4 x 2) (8) 3.5 Evalueer die uitwerking van beleggings op toerisme. (8) [40] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 11 (Vraestel 2) 10732/20 VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem TWEE voorbeelde waar maksimum pryse toegepas kan word. (2)x 1) 4.1.2 Wat sal die invloed van die Corona-virus pandemie op die prys van goedere en dienste wees? (2)x 2) (1 4.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. LMK 0 HOEVEELHEID [Bron: Clever Graad 12] 4.2.1 Identifiseer die markprys van die monopolie hierbo uitgebeeld. (1) 4.2.2 Noem EEN kenmerk van marginale inkomste. (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die term prysdiskriminasie. (2) 4.2.4 Hoe kan monopolieë tegnologie bevorder? (2) 4.2.5 Hoekom word ʼn wins-situasie in die bostaande grafiek uitgebeeld? (4)x 2) (2 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 12 (Vraestel 2) 10732/20 4.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Land Inflasiekoers 1. Venezuela 282 972,80 % (April 2019) 2. Zimbabwe 175,66 % (Maart 2019) 3. Suid-Soedan 56,10 % (Maart 2019) 4. Argentinië 55,80 % (Junie 2019) 5. Iran 50,40 % (Junie 2019) 6. Soedan 47,80 % (Junie 2019) 7. Liberië 23,30 % (April 2019) 8. Haïti 18,00 % (Mei 2019) 9. Sierra Leone 17,46 % (Maart 2019) 10. Angola 16,94 % (Junie 2019) [Bron: Trading Economics] 4.3.1 Noem die tipe inflasie wat tans deur Venezuela ervaar word. (1) 4.3.2 Wie dra die las van hoë inflasiekoerse? (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die term inflasie. (2) 4.3.4 Wat is die politieke en sosiale gevolge van hoë inflasiekoerse in Suid-Afrika? (2) 4.3.5 Hoe beïnvloed inflasie infrastruktuurontwikkeling in die toerismebedryf? (4)x 2) (2 4.4 Bespreek die aanbod van nie-meriete goedere in Suid-Afrika en hoe die regering kan ingryp. (4 x 2) (8) 4.5 Hoe kan toerisme ontwikkel word om gelyktydig die beskerming van die omgewing in ag te neem? (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 13 (Vraestel 2) 10732/20 AFDELING C Beantwoord EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: PUNTE- STRUKTUUR VAN OPSTEL TOEKENNING Inleiding Die inleiding is ʼn laerorde-antwoord ▪ ʼn Goeie begin is om ʼn sleutelkonsep wat in die vraag voorkom, te definieer of te omskryf. Max. 2 ▪ Moenie enige deel van die vraag by die inleiding insluit nie. ▪ Moenie enige gedeelte van die inleiding by die liggaam insluit nie. ▪ Vermy enige bespreking van die hoofdeel in die inleiding. Liggaam: Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/ Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed (Analiseer)/Vergelyk/Evalueer/ Maks. 26 Onderskei/Verduidelik Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/ Evalueer krities/Bereken/Lei af/Vergelyk/Ontleed/Onderskei/ Maks. 10 Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe/Stel voor Slot Enige hoërorde-slot moet die volgende insluit: ▪ ʼn Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder herhaling van enige feite wat reeds genoem is ▪ Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is Maks. 2 ▪ Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding versterk ▪ ʼn Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra ▪ Aanbevelings TOTAAL 40 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 14 (Vraestel 2) 10732/20 VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE ● Bespreek, met behulp van ʼn grafiek, die sluitingspunt van ʼn firma onder volmaakte marktoestande. (26) ● Waarom is mededinging op markte goed vir die ekonomie? (10) VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE • Bespreek breedvoerig die volgende probleme en die internasionale maatreëls wat getref word om volhoubare ontwikkeling te verseker: - Biodiversiteit - Klimaatsveranderingsbeleid - Chemiese afval (26) ● Hoe verseker markverwante maatreëls omgewingsvolhoubaarheid? (10) TOTAAL AFDELING C: 40 TOTAAL: 150 EINDE

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all