Skip to content

Economics Grade 12 P1 Gauteng Mock 2020 Memo (Afrikaans)

MemorandumEconomicsGrade 12202019 pages

Grade 12 Economics Paper 1 memorandum from the Gauteng Mock Exam 2020 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2020 10731 EKONOMIE VRAESTEL 1 NASIENRIGLYNE 19 bladsye
Downloaded from hlayiso.com 10731/20 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 1.1.1 A– liberalisering  1.1.2 C – bewegende gemiddelede  1.1.3 D – korttermynbeleggings  1.1.4 B – ekonomiese unie  1.1.5 A - binnelandse vraag 1.1.6 C – openbare-private vennootskap  1.1.7 B - reële rentekoerse  1.1.8 D - Wêreld Ekonomiese Forum  (8 x 2) (16) 1.2 PAAR 1.2.1 D  Vaste beleggings deur ondernemings is oorsaak van hierdie siklus 1.2.2 H  Die totale waarde van alle finale goedere en dienste gedurende 'n spesifieke periode in die land geproduseer word 1.2.3 G  Druk 'n land se uitvoerpryse uit in terme van sy invoerpryse 1.2.4 A  Dit toon die inkomste en uitgawe beraming vir 'n periode van drie jaar 1.2.5 E  Beleide om te vergoed vir ongelykhede van die verlede, insluitend billike indiensneming en BBSEB 1.2.6 F  Om 'n meer arbeidsintensiewe bedryf te bevorder 1.2.7 I Groepering van lande wat onafhanklikheid van die Noorde verkry het met die doel om gunstiger pryse vir hul grondstowwe te onderhandel 1.2.8 B  Beplande optrede deur die regering om hul doelwitte vir die land te bereik (8 x 1) (8) 1.3 GEE TERM 1.3.1 Eksogeen/ekstern/monetaristiese  1.3.2 Nie-merietegoedere  1.3.3 Handelsbalans  1.3.4 Maatstaf  1.3.5 Spesiaal Ekonomiese Sone  1.3.6 Produktiwiteit  (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 2
Downloaded from hlayiso.com 10731/20 AFDELING B Beantwoord TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem enige TWEE items wat Bruto Toegevoegde Waarde teen faktorkoste omskakel na Bruto Toegevoegde Waarde teen basiese pryse. • Plus Belasting op produksie  • Minus subsidies op produksie  (2 x 1) (2) 2.1.2 Hoe dra invoervervanging by tot die ontwikkeling van vaardighede in Suid- Afrika? ● Invoervervanging dwing die land om industrieel meer selfonderhoudend te word en om opleiding vir verskillende vaardighede te gee.  ● Plaaslike talent word ontwikkel in sekere tegniese/professionele vaardighede, wat ons toegevoegde waarde vir die uitvoermark en plaaslike verbruik kan verbeter.  ● Die plaaslike bedryf trek ook voordeel, soos vaardigheidsontwikkeling in die verskaffing van sekere dienste in toerisme, landbouprodukte, ens.  ● Die land word bekwaam met verskillende tegnieke, want hulle is verplig om produkte vir hulself te produseer  (bv. hergebruik van masjinerie tydens die inperking inperking om ventilators te produseer)  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2) 2.2 Datarespons 2.2.1 Gee die alternatiewe term vir herstel (groei) soos voorgestel vanaf trog tot piek in die diagram. • Uitbreidingstydperk  • Opswaaiperiode  (1) 2.2.2 Hoe word die lengte van ʼn sakesiklus gemeet? Dit word van piek tot piek gemeet/gemeet van trog tot trog.  (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die term sakesiklus. • Verwys na opeenvolgende periodes van groei en afname in ekonomiese aktiwiteite oor ʼn gegewe periode.  • Verwys na opeenvolgende periodes van toename en afname in ekonomiese aktiwiteite gedurende ʼn gegewe periode.  • (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 3
Downloaded from hlayiso.com 10731/20 2.2.4 Verduidelik die regeringsbeleid wat effektief gebruik kan word om die sakesiklus uit te stryk wanneer die ekonomie ʼn hoogtepunt bereik. • Beperkende monetêr beleid is die mees doeltreffende manier om sakesiklusse glad te stryk tydens die piek, aangesien die rentekoerse verhoog terwyl die geldvoorraad verlaag.  • Beperkende fiskale beleid kan toegepas word waar owerheidsbesteding verminder en belasting verhoog word - Surplus begroting.  • (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 2.2.5 Hoe effektief is die gebruik van regeringsbeleid, wat tydens die trog aangewend word, daarin om die ekonomie te stimuleer? • Uitbreidende fiskale beleid kan gebruik word om te herstel van ʼn resessie deur: Toenemende staatsbesteding, en dus verhoog die totale vraag  • Toenemende staatsbesteding, veral op infrastruktuur ontwikkeling.  • Die vermindering van belasting, wat die besteebare inkomste kan verhoog  • Hierdie faktore sal ʼn stimulerende uitwerking op produksie, indiensneming en ander produksiefaktore hê. . (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4) 2.3 Data Response - 2.3.1 Noem enige EEN voorbeeld van dienste-ontvangste. • Die vervoer van goedere en passasiers tussen lande  • Reisdienste  • Konstruksiedienste  • Finansiële en versekeringsdienste  • Besigheids-, professionele en tegniese dienste  • Staatsdienste  • Die geld wat buitelandse toeriste in Suid-Afrika spandeer  (1) 2.3.2 Gee 'n rede vir die tekort op die lopende rekening van die BB. • Invoer besteding is meer as uitvoer verdienste.  • Die betalings vir dienste is groter as die ontvangste van die dienste.  • Die inkomste betalings is meer as die inkomste ontvangste.  • Die lopende oordragte dui op ʼn negatiewe balans.  (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die term portefeulje-beleggings. • Behels die aankoop van papierbates, soos aandele in maatskappye wat op die JSE genoteer is, of die koop van staatseffekte met die doel om finansiële opbrengste op beleggings te kry.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 4
Downloaded from hlayiso.com 10731/20 2.3.4 Bereken die handelsbalans (A) vir Maart 2019 in die bostaande tabel. Uitvoere + gouduitvoere - invoere = R 1 175 547 + R71 678 - R 1 222 944 = R 24 281  (2) 2.3.5 Een manier hoe 'n land ʼn tekort op sy BB kan reg stel, is deur lenings van ander lande. Op watter ander wyse kan 'n land sy betalingsbalans tekort regstel? • Langtermynbeleid, soos uitvoerbevordering, sal meer plaaslike produksie aanmoedig.  • Rentekoerse te verander om die binnelandse vraag en gevolglik plaaslike produksie te beïnvloed.  • Valutabeheer, wat binnelandse regulasies behels om sentrale banke in staat te stel om buitelandse valuta te rantsoeneer.  • Invoerbeheermaatreëls soos invoertariewe, ander heffings en invoerkwotas om invoer te ontmoedig en binnelandse produksie te bevorder.  (Aanvaar enige ander korrekte antwoord) (2 x 2) (4) 2.4 Verduidelik die effek van die koronavirus (covid-19) op die waarde van die Rand deur te verwys na die onderstaande grafiek. ● Die vraag na Rand het gedaal van 100 tot 80  ● Die prys van die Rand in terme van dollar daal van R17 per dollar, tot R12 per dollar, daarom word die Rand versterk  ● As gevolg van die herwaardering, sal die uitvoer afneem en die invoere sal verhoog  ● Dit sal ʼn negatiewe uitwerking op die betalingsbalans het  ● Suid-Afrika sal meer betaal vir terugbetalings van lenings en ook betalings vir dienste, wat ʼn groter tekort op die lopende rekening van die betalingsbalans skep.  (Enige ander korrekte relevante antwoord) (8) 5
Downloaded from hlayiso.com 10731/20 2.5 Evalueer die effek van die koronavirus (Covid-19) op jong bedrywe in Suid-Afrika.. NEGATIEWE EFFEKTE • Die meerderheid kleuter bedrywe het gesluit met ʼn verlies aan inkomste (winste).  • In sommige sektore het die kleuter bedrywe permanent gesluit, met minder inkomstebelasting aan SAID.  • Besighede wat voortgegaan om te werk, moes verseker dat die gesondheid protokolle geïmplementeer word, wat beteken dat van hul inkomste wat verdien is op gebruik deur saniteerders en PPE’s vir personeel.  • Die groot getal werkers wat hul werk verloor, beïnvloed hulle.  • Baie werklose werkers is nou afhanklik van WVF of ander vorme van maatskaplike toelaes.  • Die klein enkelhandelaars, veral die dienste-industrie, is negatief beïnvloed, aangesien hul enigste inkomstebron geraak is.  • ʼn Onderskatde effek van Covid-19 was die sielkundige effek op individue en gesinne.  POSITIEWE EFFEKTE • Sekere kleinsakeondernemings het gedurende die tydperk gefloreer, omdat daar ʼn groter vraag na persoonlike beskermingstoerusting soos hand saniteerders en maskers was.  • Kleuter bedryfsondernemings wat hul masjinerie en produksievermoë kon herbruik, kan voortgaan om te werk.  Bv. Kleinsakeondernemings wat ventilators kon maak.  • Sommige besighede floreer tydens die inperking, bv. IT-dienste, speletjies, DSTV, Netflix, ens. Kleiner ondernemings wat hierdie aktiwiteite ondersteun het goed gevaar gedurende die periode.  • Aanlyn-bestel van goedere is ook uitgebrei, met meer mense wat by aanlynwinkels bestel. Kleiner ondernemings wat hul bedryfsmodel na hierdie tipe onderneming kon verander, het voortgegaan om te funksioneer .  • Kleiner besighede wat afleweringsdienste vir groter handelaars kon lewer, onder die streng inperkingsprotokolle sou ook voortbestaan tydens die COVID19 pandemie.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (ʼn Maksimum van 2 punte kan toegeken word vir slegs ʼn lys van feite/ voorbeelde) (8) [40] 6
Downloaded from hlayiso.com 10731/20 VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem TWEE maatstafkriteria wat deur Suid-Afrika gebruik word om die ekonomie in terme van beste praktyke te evalueer. • Prysstabiliteit  • Wisselkoersstabiliteit  • Ekonomiese ekwiteit  • Hoër ekonomiese groei  ENIGE (2 x 1) (2) 3.1.2 Hoe gebruik die Suid-Afrikaanse Reserwebank Monetêre beleid om die ekonomie te beïnvloed? Beperkende • SARB besluit om die hoeveelheid geld wat in omloop is, te verminder, met die doel om die hoeveelheid goedere en dienste wat binne daardie ekonomie verhandel word, te verminder.  • As die geldvoorraad verminder word, is daar minder produkte en is daar minder handel nie, wat die ekonomiese groei verminder.  Uitbreidende • SARB kan die geldvoorraad in omloop verhoog deur die rentekoers te verlaag.  • As daar meer geld in omloop is, sal daar ʼn groter vraag na goedere en dienste wees, wat kan lei tot verhoogde ekonomiese aktiwiteit en gevolglik verhoogde ekonomiese groei.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2) 3.2 Data-respons 3.2.1 Noem die Nywerheidsontwikkelingsone by A Saldanhabaai  (1) 3.2.2 Wat is die hoofdoel van die Nywerheidsontwikkelingsone B? Om buitelandse beleggings te lok en uitvoere te verhoog.  (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.) (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die term Nywerheidsontwikkelingsone. • Dit is doelgeboude industriële landgoedere wat fisies omhein is en aan ʼn internasionale hawe of lughawe gekoppel is.  (2) 7
Downloaded from hlayiso.com 10731/20 3.2.4 Verduidelik hoe 'n Nywerheidsontwikkelingsone plaaslike sosio- ekonomiese toestande kan verbeter. • Die verskaffing van werksgeleenthede vir werklose mense in en om die IOS.  • Vaardigheidsontwikkeling sal lei tot meer produktiewe werkers en lei tot verhoogde produktiwiteit.  • Verligting van armoede sal lei tot ʼn beter lewenstandaard  • Verbeterde infrastruktuur wat die plaaslike gemeenskap sal bevoordeel.  • Die vermenigvuldiger-effek skop in en sal ʼn rimpeleffek hê op ander geassosieerde of gekoppelde bedrywe.  (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord) (2) 3.2.5 Hoe kan effektiewe openbare-privaat vennootskappe geskep word? • Projekte waar die staat die infrastruktuur voorsien en die private sektor kapitaal verskaf om ʼn gesamentlike onderneming te stig • Dit bring die private sektor se bevoegdhede, doeltreffendheid en kapitaal mee om openbare bates of dienste te verbeter wanneer die regering nie fondse het nie • Deur saam te werk in die openbare sektor en in die privaatsektor, kan suksesvolle vennootskappe tot stand gebring word ten bate van die gemeenskap.  (Aanvaar enige ander korrekte antwoord) (2 x 2) (4) 3.3 Data-respons 3.3.1 Identifiseer die tipe sosiale aanwyser hierbo. Voeding- en gesondheidsaanwysers  (1) 3.3.2 Gee ʼn rede waarom voedselsekerheid belangrik is vir die groeiende bevolking? • Voedsel is noodsaaklik vir voeding en gesondheid in die algemeen.  • Mense kan nie funksioneer sonder voldoende voedsel nie.  • Kinders is afhanklik van die verbruik van voldoende voedsel vir normale groei.  (Enige ander korrekte relevante antwoord) (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die begrip sosiale aanwyser. • Sosiale aanwysers is statistieke wat die vlak en vordering van menslike ontwikkeling in ʼn land toon.  (Enige ander relevante korrekte beskrywing) (2) 8
Downloaded from hlayiso.com 10731/20 3.3.4 Bespreek die belangrikheid van goeie bestuur by die hantering van finansiële hulp as aanwyser. • Goeie bestuur verseker dat finansies doeltreffend bestuur word. • Wanbestuur en wanbesteding van fondse word uitgeskakel, en gevolglik sal onderontwikkelde gebiede finansiële hulp ontvang.  • Beginsels van deursigtigheid en verantwoordbaarheid verseker dat finansies effektief toegewys word.  (Aanvaar enige ander korrekte, relevante antwoord) (2) 3.3.5 Hoe kan tegnologie as 'n aanbodkant benadering gebruik word om armoede in Suid-Afrika te verlig? • Tegnologie kan gebruik word om volhoubare produksie in ontwikkelende lande te bevorder.  • Tegnologie kan ʼn bron van skaalvoordele wees, aangesien eenheidskoste verlaag word en goedere en dienste goedkoper word vir die armes.  • Met skaalvoordele is goedere meer toeganklik vir almal, wat daartoe kan lei dat kleinsakeondernemings begin kan word.  • Dit kan weer lei tot die verligting van armoede, aangesien ʼn inkomste nou gegenereer word.  (Aanvaar enige ander korrekte antwoord) (2 x 2) (4) 3.4 Onderskei tussen nominale BBP en reële BBP as ekonomiese aanwysers. • Nominale BBP is die markwaarde van die finale produksie van goedere en dienste binne ʼn land in ʼn gegewe periode teen heersende pryse.  • Reële BBP is die nominale BBP, aangepas vir veranderinge in die prysvlak, vanaf die basisjaar (konstante pryse).  • Reële BBP pas die uitsetvlak aan vir enige prysveranderings wat oor tyd plaasgevind het.  • ʼn Toename in nominale BBP kan beteken dat slegs pryse gestyg het, terwyl ʼn toename in reële BBP beslis aandui dat uitset toegeneem het.  • Toename in reële BBP dui aan dat die persoon nou meer goedere en dienste beskikbaar het, wat lei tot hoër lewenstandaarde.  (2 x 4) (8) 9
Downloaded from hlayiso.com 10731/20 3.5 In watter mate voldoen Suid-Afrika aan die standaardisering van aanwyser vereistes van internasionale liggame? Internasionale Monetêre Fonds (IMF): • Suid-Afrika se jaarlikse begrotingsoorsig word saamgestel in terme van die IMF se regeringsfinansiestatistieke wat fokus op boekhouding van openbare finansies  • Die IMF se mandaat is in 2012 opgedateer om alle probleme rakende makro-ekonomiese en finansiële sektor in te sluit wat op wêreld stabiliteit betrekking het.  Die Wêreldbank: • Die Wêreldbank vereis lande, insluitend Suid-Afrika om verslag te gee oor verskeie ekonomiese en maatskaplike aanwysers • Hierdie aanwysers is ingesamel en gepubliseer deur die ʼn groep instellings by die Wêreldbank en bestaan uit die Wêreld Ontwikkelingssaanwysers en die Afrika Ontwikkelingssaanwysers • Dit help die Wêreldbank om te besluit hoeveel lenings hy vir ontwikkelingsdoeleindes aan lande beskikbaar kan stel  Verenigde Nasies (VN) • Suid-Afrika voldoen aan die VN-stelsel in die opstel van hul nasionale rekeninge.  • Die VN se gids vir ekonomiese aanwysers is wel bekend. Dit staan bekend as VN se stelsel van nasionale rekeninge  (SNA), bv. veranderinge aan die BB deur die SARB  • Dit stel die IMF in staat om te besluit hoeveel fondse hul kan beskikbaar stel vir die regstel van tekorte op die BB  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (ʼn Maksimum van 2 punte kan toegeken word vir blote notering van feite/voorbeelde.) (8) [40] 10
Downloaded from hlayiso.com 10731/20 VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem enige TWEE tipes aanwysers van die sakesiklus wat gebruik kan word om ekonomiese aktiwiteit te meet. • Leidende aanwysers  • Sloerende aanwysers  • Saamvallende aanwysers  • Saamgestelde aanwysers  (2 x 1) (2) 4.1.2 Hoe word produksieaanwysers gebruik om die prestasie van die ekonomie te meet? • Hierdie inligting is waardevol vir ekonome wat dit vergelyk die relatiewe prestasie van elke sektor van die ekonomie • Dit meet ekonomiese groei • Dit vergelyk die ekonomiese groei van Suid-Afrika met dié van ander lande  • Dit op sy beurt help ekonome om vooruitskatting te doen en help met beplanning en navorsing (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2) 4.2 Data-respons 4.2.1 Noem die industriële beleid wat tans deur DHNM bevorder word. • Nasionale Nywerheidsbeleidsraamwerk (NNBR)  • (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1) 4.2.2 Noem EEN nywerheidsontwikkeling strategie. • Die Nasionale Navorsing en Ontwikkeling-strategie (NNOS)  • Die Geïntegreerde Vervaardigingstrategie (GVS)  (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die term toegevoegde waarde. • Die verhoging van die waarde van ʼn produk om dit te kan verkoop teen ʼn hoër prys as in die oorspronklike vorm van die produk.  • Die produksie van ʼn produk op so ʼn manier dat die waarde daarvan hoër is as in hul natuurlike toestand. (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 11
Downloaded from hlayiso.com 10731/20 4.2.4 Verduidelik die impak van aansporings vir nywerheidsontwikkeling op die private sektor van Suid-Afrika. • Voorsien goedere aan ander sektore, aangesien sommige sektore goedere en materiaal benodig wat in ʼn ander sektor verwerk is. • Werkers uit ander sektore benodig verbruiksgoedere, soos klere wat deur die vervaardigingsbedryf voorsien word.  • ʼn Groter verskeidenheid goedere is beskikbaar vir nywerhede om te gebruik vir verdere verwerking (Aanvaar enige ander korrekte antwoord) (2) 4.2.5 Hoe kan die Suid-Afrikaanse ekonomie baat vind by die verskaffing van toegevoegde waarde goedere? • ʼn Toename in die ekonomiese groei (BBP) van ʼn land as gevolg van goedere wat gereed is vir verbruik  • ʼn Toename in werkskepping, veral arbeidsintensiewe werkers in die kleding-/tekstielbedryf  • ʼn Verbetering in lande se BB-, omdat meer goedere uitgevoer kan word, wat ʼn positiewe uitwerking op die BB het  • Die verbetering in ekonomiese groei kan gebruik word vir ekonomiese ontwikkeling.  Aanvaar enige ander korrekte antwoord.) (2 x 2) (4) 4.3 Datarespons 4.3.1 Identifiseer die oorspronklike verbruiksfunksie op die grafiek. E0 = 20 + 0,5Y  (1) 4.3.2 Identifiseer die marginale geneigdheid om te verbruik (mpc) op die grafiek hierbo. 0,5  (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die term geïnduseerde verbruik. Die verbruiksvlak hang af van die inkomste/besteebare inkomste van die verbruiker.  (2) 4.3.4 Wat is die impak van beleggers op die vermenigvuldiger? Hoe meer beleggers bestee, hoe groter is die vermenigvuldiger, en omgekeerd.  (2) 4.3.5 Bereken die vermenigvuldiger vir bogenoemde scenario. (Toon alle berekeninge) ∆𝑌 20 Vermenigvuldiger (K) = ∆𝐽  = 10  = 2  (4) 12
Downloaded from hlayiso.com 10731/20 4.4 Onderskei tussen die geldmark en die kapitaalmark in die ekonomiese kringloop. Geldmark • Dit behels die mark vir korttermynbesparing en lenings.  • Dit is nie ʼn mark in die fisiese sin nie, maar bestaan wanneer kopers en verkopers wat in finansiële transaksies handel.  • Hierdie mark bestaan as deposito- en nie-deposito-tussengangers, sowel as ondernemings aktiwiteite doen wat die pryse van korttermynfondse en korttermyneffekte beïnvloed.  • Interbanklenings vir periodes so kort as oornag is betrokke.  • Voorbeelde van die soorte sekuriteite wat verruil word, sluit in bank aksepte, korttermyn ondernemingsverbande, tesourie-effekte, SARB-skuldbriewe en korttermyn-staatseffekte.  (Maks. 4 punte) Kapitaalmark • Hierdie mark bestaan wanneer verbruikers en produsente langtermyn-deposito's maak, sowel as langtermynlenings soos verbandlening.  • Dit bestaan ook wanneer deposito- en nie-deposito-tussengangers die pryse van langtermynfinansiering en/of langtermyneffekte, soos versekering, beïnvloed.  • Die JSE is ʼn sleutelinstelling in die kapitaalmark waar aandele daagliks omgeruil word.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (ʼn Maksimum van 4 punte kan toegeken vir blote feite/voorbeelde.) (Maks. 4 punte) (2 x 4) (8) 4.5 Ontleed hoe lae vergoeding bydra tot 'n lae persentasie inskrywing in sekondêre skole. • Lae vergoeding het ʼn uitwerking op ouers wat nie skoolonderrig vir kinders kan bekostig nie  • Leerlinge het nie geld om skole by te woon nie, of vir uitgawes soos vervoer, klere, kos, ens.  • Ouers moet besluit waaraan hulle hul beperkte inkomste gaan spandeer, basies voedsel is vir hulle ʼn prioriteit.  • Ouer kinders moet help om die gesin te onderhou, of om jonger broers en susters te versorg, wat lei tot laer inskrywings by sekondêre skole.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (ʼn Maksimum van 2 punte kan toegeken word vir blote feite/voorbeelde.) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 13
Downloaded from hlayiso.com 10731/20 AFDELING C Beantwoord EEN vraag uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE • Bespreek breedvoerig die makro-ekonomiese doelstellings van die regering. (26) • Evalueer die sukses van die regering in die bereiking van ekonomiese regverdigheid tydens die Covid-19-pandemie. (10) INLEIDING: Die regering lewer goedere en dienste wat ondervoorsien word deur die mark en speel daarom ʼn belangrike rol in die regulering van ekonomiese aktiwiteite asook om die ekonomie te lei en vorm.  (Aanvaar enige ander relevante inleiding) (Maks. 2) LIGGAAM: HOOFDEEL Ekonomiese groei  ● Ekonomiese groei verwys na ʼn toename in die produksie van goedere en dienste  • Dit word gemeet aan die reële BBP  • Vir ekonomiese groei om plaas te vind, moet die ekonomiese groeikoers hoër wees as die bevolkingsgroei van die land • Groei en ontwikkeling in ʼn land bevoordeel die burgers omdat dit dikwels lei tot ʼn hoër lewenstandaard  Volle Indiensname  ● Dit is wanneer al die mense wat wil werk wat op soek is na werk moet kan werk ● Hoë indiensnemingsvlakke is die belangrikste ekonomiese doelwit van die regering ● Die werkloosheidsyfer in Suid-Afrika was het die afgelope tyd geleidelik toegeneem, met ʼn skerp toename as gevolg van die covid-19-pandemie  ● Informele aktiwiteite sektor moet bevorder word, want dit is ʼn gebied waar stygings in indiensneming moontlik is Wisselkoers stability  ● Om die ekonomie doeltreffend en effektief te bestuur moet fiskale en monetêre beleid gebruik word om die wisselkoers redelik stabiel te hou.  ● Die appresiasie en depresiasie van die Rand skep onsekerhede vir produsente en handelaars en moet beperk word.  ● Die SARB het Suid-Afrika se wisselkoers stelsel verander van ʼn beheer swewende na ʼn vry swewende wisselkoers.  14
Downloaded from hlayiso.com 10731/20 Prysstabiliteit  ● Stabiele prys lewer beter resultate ten opsigte van werkskepping en ekonomiese groei.  ● Die SARB-inflasieteiken is 3% – 6% en hulle het daarin geslaag om inflasie binne hierdie teiken vir die grootste deel van die tyd te handhaaf.  ● Rentekoerse, gebaseer op die repokoers, is die belangrikste instrumente wat gebruik word vir die stabilisering beleid.  ● ʼn Stabiele begrotingstekort het ook ʼn stabiliserende effek op die inflasiekoers.  Ekonomiese regverdigheid  ● Herverdeling van inkomste en welvaart is noodsaaklik.  ● Suid-Afrika gebruik ʼn progressiewe inkomstebelastingstelsel waardeur verdieners met hoër inkomstes in ʼn hoër belastingkoers blok val.  ● Belasting op winste, belasting op welvaart, kapitaalwinsbelasting en belasting op uitgawes word gebruik om gratis maatskaplike dienste te finansier.  ● Gratis sosiale dienste word aan die samelewing gelewer, soos basiese onderwys; primêre gesondheidsorg en basiese ekonomiese dienste.  ● Bv. kontant subsidies aan die armes, bv. kindertoelae en kontant toelaes aan kwesbare mense  ● Ekonomiese regverdigheid het verbeter (BEE, regstellende aksie, geslagsgelykheid) en het gelei tot ʼn verbetering in ekonomiese gelykheid  (Maks. 26) ADDISIONELE DEEL Evalueer die sukses van die regering in die bereiking van ekonomiese billikheid tydens die Covid-19-pandemie. Die regering het daarin geslaag om ekonomiese billikheid te bewerkstellig, want: • Die regering het die bedrae van die WVF betaalbaar aan werkloses en diegene wat hul werk verloor het, verhoog.  • Sosiale toelaes is verhoog, soos kindertoelaes, ouderdomspensioene, ens.  • Die regering het die armes ondersteun deur kospakkies aan armes uit te deel.  • Diegene wat hul inkomste/werk verloor het, het sekere belastingtoegewings gekry wat aan die SAID te wyte was.  • Die werkloses kry ʼn maandelikse kontantaansporing van R350 om die werkloses in die land te ondersteun.  • Die taxi-bedryf word ook vergoed vir die verlies aan inkomste gedurende die inperkings periode. 15
Downloaded from hlayiso.com 10731/20 Die regering het nie daarin geslaag omdat: ● Ten spyte van die toename in UIF & kontant aansporings, was baie mense nie in staat om dit te bekom nie as gevolg van die burokrasie (rompslomp).  ● Daar was ʼn tekort aan voedsel in die winkels as gevolg van die paniek aankope, dus kon sommige mense steeds nie hul behoeftes bevredig nie.  ● Maatskaplike toelaes is verhoog, maar die prys van basiese benodigdhede was terselfdertyd verhoog.  ● Baie maatskappye is gedurende hierdie tyd by die mededingingskommissie aangemeld vir buitensporige prysstygings.  ● Die meerderheid van die gemarginaliseerde mense is steeds afhanklik van uitdeel kospakkies en donasies;  ● Die mate van ongelykheid is vergroot gedurende die periode van inperking, met meer mense wat behoeftig geraak het gedurende hierdie tyd, ondanks die ingryping deur die regering.  (Aanvaar enige ander relevante antwoord wat die toename of afname in ongelykheid beklemtoon.) (Ken ʼn maksimum van 2 toe punte vir blote lys van feite/voorbeelde.) (Maks. 10) GEVOLGTREKKING: Die regering het ʼn paar suksesse behaal, maar die vervulling van sommige van die doelstellings word benadeel deur faktore soos ʼn gebrek aan aanspreeklikheid, korrupsie, begroting, nepotisme en onbevoegdheid.  (Aanvaar enige ander korrekte reaksie op hoër orde) (Maks. 2) [40] 16
Downloaded from hlayiso.com 10731/20 VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES ● Bespreek hoe die volgende aspekte van die aanbodkant benadering bydrae tot die groei en ontwikkeling in Suid-Afrika. - Sake doeltreffendheid (13) - Die produksiefaktore (13) (26) ● Hoe kan die ontwikkeling van kleinsakeondernemings die Suid-Afrikaanse ekonomie bevoordeel? (10) Inleiding ʼn Aanbodkant benadering bevat alles wat die totale aanbod van goedere en dienste kan beïnvloed, met die fokus op mikro-ekonomiese komponente, byvoorbeeld mededinging en potensiële produksie.  (Maks. 2) (Aanvaar enige ander relevante inleiding.) HOOFDEEL: Doeltreffendheid van ondernemings ● Onbuigsame arbeidswette en -regulasies wat op ondernemings van toepassing is, moet verslap word sodat meer mense in diens geneem kan word en ondernemers aangemoedig word om ondernemings te begin.  ● Belasting : Beide korporatiewe en persoonlike inkomstebelasting is oor die afgelope jare verlaag.  Daar is aandag gegee aan die effek van die blokkruiping op persoonlike inkomstebelasting.  ● Kapitaal : waardevermindering van kapitaalgoedere wat deur die onderneming gebruik word, is hersien om beleggings aan te moedig, ook aanvangskapitaal en lenings aan KMMO's ● Menslike hulpbronne : SETA's is gestig om internasionaal verwante opleiding, te vergemaklik.  ● Gratis adviesdienste : in verband met die ontwikkeling van uitvoermarkte, bestuur en bedryf van KMMO's, landbouproduksie, ens.  (Maks. 13) Produksiefaktore • Natuurlike hulpbronne  Suid-Afrika het ʼn mededingende voordeel ten opsigte van die volgende: - Minerale bronne:  Goud- en platinum-niemetale en steenkool. Grondstowwe soos goud- en platina-niemetale en steenkool kan maklik ontgin en uitgevoer word.  - Plantegroei en wild:  Daar is ʼn groot verskeidenheid wild en plantegroei.  - Kuslyn:  pragtige skilderagtige kuslyn wat ideaal is vir toerisme.  - Ligging:  Die geografiese ligging maak dit nader aan Europese markte as sy mededingers soos Australië.  ● Mensehulpbronne – Ekonomiese groei hang af van die kwaliteit en grootte van die arbeidsmag sodat arbeid produktief kan wees in die vervaardiging van goedere en dienste.  17
Downloaded from hlayiso.com 10731/20 Die volgende kan gedoen word om die kwaliteit van arbeid te verbeter: die ❖ verbetering van onderwys en opleiding sodat arbeid meer produktief kan wees.  ❖ Die verbetering van die kwaliteit van gesondheidsdienste.  ❖ Beperk die mag en invloed van vakbonde.  ● In Suid-Afrika is die gehalte van openbare onderwys en gesondheidsdienste swak.  ● Vakbonde ontwrig die produksie deur stakings gedurende staakseisoen en arbeidsonrus ontstaan dikwels.  ● Entrepreneurskap  – Entrepreneurs dra by tot die ekonomiese ontwikkeling van die plaaslike gemeenskap.  Deur hul pogings vind ekonomiese groei plaas,  die inkomste van mense neem toe wat sal lei tot verbeterde lewenstandaarde,  beleggingsgeleenthede ontstaan,  en die belastingbasis word vergroot deur ʼn groter aantal nuwe ondernemings,  tegnologiese ontwikkelinge kom voor en werksgeleenthede ontstaan.  ● Kapitaalvorming  – Kapitaalvorming is noodsaaklik sodat ʼn land kan groei en ontwikkel.  Kapitaal kan op verskillende maniere verhoog word: ● Verhoogde besparing deur verbruikers kan tot groter beleggings lei.  Die probleem is dat die besparingskoers onder Suid-Afrikaanse verbruikers laag is en dat hulle baie skuld het.  ● Verhoogde belasting deur die regering wat aan kapitaalbelegging bestee kan word.  Die probleem in Suid-Afrika is dat minder as 20% van die land se begroting spandeer word op die verbetering en behoud van bestaande infrastruktuur, terwyl die grootste deel van die begroting aan salarisse gaan.  ● Toename in buitelandse beleggings  Arbeidsonrus en bedreigings van nasionalisering belemmer egter buitelandse belegging.  ● Moedig kleiner en medium ondernemings aan.  (Maks. 13) 18
Downloaded from hlayiso.com 10731/20 AANVULLENDE DEEL Hoe kan die ontwikkeling van kleinsakeondernemings die Suid Afrikaanse ekonomie bevoordeel? Klein ondernemings kan die Suid-Afrikaanse ekonomie bevoordeel deur: ● Leiding te gee om werk te skep vir struktureel werklose mense wat kan lei tot ʼn meer inklusiewe ekonomie  ● Bevordering van ondernemingsontwikkeling onder vroue en die jeug in landelike gebiede waar werkloosheid baie hoog is  ● Help in die diversifisering van die ekonomie deur die verhoging van ʼn verskeidenheid vaardighede te bevorder.  ● Gee meer doelgerigte ondersteuning aan kleinsakeondernemings, om hulle te help om ʼn positiewe uitwerking op die SA ekonomie te hê.  ● Klein ondernemings sal ook ʼn kleinskaalse werkgewer en ʼn verskaffer wees van goedere of dienste, en bydra tot die BBP.  ● Die verbetering van die mededinging wat nodig is om van die verbruiker te bevoordeel.  (Aanvaar enige ander korrekte, relevante antwoord) (Maks. 10) GEVOLGTREKKING Die toepasing van ʼn beleid mengsel kan die regering help die beste strategieë te kies ten einde die ekonomie beter te bestuur.  (Aanvaar enige ander korrekte reaksie op hoër orde) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 TOTAAL 150 19

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all