Skip to content

Economics Grade 12 P1 Gauteng Mock 2017 Memo (Afrikaans)

MemorandumEconomicsGrade 12201716 pages

Grade 12 Economics Paper 1 memorandum from the Gauteng Mock Exam 2017 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2017 NASIEN RIGLYNE EKONOMIE (EERSTE VRAESTEL) (10731) 16 bladsye 1
Downloaded from hlayiso.com 10731 / 17 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN – 2017 EKONOMIE (Eerste Vraestel) MEMORANDUM AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 1.1.1 B inspuitings 1.1.2 D kort 1.1.3 C belastinginkomste 1.1.4 B eksogene 1.1.5 C Verbruikersprysindeks-syfers 1.1.6 A vraagkant 1.1.7 A menslike ontwikkelingsaanwysers 1.1.8 D welvaart (8 x 2) (16) 1.2 PASITEMS 1.2.1 C ʼn Verhoging in die prys van ʼn geldeenheid in terme van die van ʼn ander geldeenheid 1.2.2 G Die afwesigheid van regeringshindernisse en beperkinge om goedere te koop en te verkoop 1.2.3 H ʼn Fiskale beleidsinstrument 1.2.4 I ʼn Verhoging in die reële BBP 1.2.5 D Doelbewuste regeringsinmenging om die geldwaarde van ʼn land te verminder 1.2.6 F Dit verstewig institusionele vermoë en fasiliteer ontwikkeling 1.2.7 A Die aantal kinders per 1000 lewend gebore wat voor hulle eerste verjaarsdag sterf 1.2.8 E Die rentekoers wat die Reserwebank ander banke vra vir lenings (8 x 1) (8) 1.3 GEE EEN TERM 1.3.1 Phillips-kurwe  1.3.2 Globalisering  1.3.3 Beskerming  1.3.4 Ekonomiese ontwikkeling  1.3.5 Produktiwiteit  1.3.6 Korridor  (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 2
Downloaded from hlayiso.com 10731 / 17 AFDELING B Beantwoord TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 2.1 2.1.1 Noem TWEE tipes markte in die ekonomiese kringloop. • Faktormark  • Goederemark  • Kapitaalmark  • Geldmark  • Buitelandse valutamark  Enige (2 x 1) (2) 2.1.2 Hoe sal besparings beïnvloed word met ʼn styging in die marginale verbruiksgeneigdheid? • Besparings sal verminder omdat die marginale geneigdheid om te verbruik hoër sal wees.  (1 x 2) (2) 2.2 Bestudeer die grafiek. 2.2.1 Wat was die reële BBP groei gedurende 2009? -1.5%. (1) 2.2.2 Identifiseer die periode (jare) waar die langste sakesiklus in die grafiek waargeneem kan word. 2003 – 2009 (1) 2.2.3 Omskryf kortliks die term Bruto Binnelandse Produk. • Die totale waarde van alle finale goedere en dienste wat binne die landsgrense geproduseer word.  (2) 2.2.4 Verduidelik die onderliggende kragte van die amplitude gedurende 2009. • ʼn Groter amplitude gedurende die afswaaifase dui op swak onderliggende magte.  • Daar was uiterste veranderinge wat oor ʼn kort periode plaasgevind het.  • Die ekonomie het ʼn skerp daling getoon, wat swak ekonomiese magte aandui.  • Swak ekonomiese groei het gedurende die siklus plaasgevind.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4) 3
Downloaded from hlayiso.com 10731 / 17 2.2.5 Hoe kan belasting gebruik word om die afwaartse tendens in die ekonomie om te keer? • Belasting moet verlaag word.  • Verlaagde belasting sal die verbruikers se besteebare inkomste vermeerder.  • Dit sal lei tot ʼn verhoogde aanvraag na goedere en dienste, wat weer sal bydra tot ʼn verhoogde aanbod van goedere en dienste.  • Ekonomiese aktiwiteite sal vermeerder en ekonomiese groei sal plaasvind.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4) 2.3 Lees die uittreksel 2.3.1 Wat is die TWEE grootste uitdagings, volgens die uittreksel, vir plaaslike regerings? • Die aanstelling en behoud van gekwalifiseerde en bevoegde personeel.  (2) 2.3.2 Omskryf kortliks die term openbare sektor mislukking. • Indien die regering misluk om die ekonomie en die hulpbronne optimaal te beheer.  (2) 2.3.3 Wat is die effek van ongemagtigde en onreëlmatige besteding op dienslewering? • Ongemagtigde en onreëlmatige besteding verminder die regering se vermoë om kwaliteit en voldoende dienste aan sy burgers te verskaf.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 2.3.4 Hoe sal jy die ondoeltreffendheid van munisipaliteite in Suid- Afrika aanspreek? Ondoeltreffendheid van munisipaliteite moet aangespreek word deur ... • werkers wat hulle kwalifikasies moet verbeter of beskik oor die toepaslike kwalifikasies volgens die posbeskrywing.  • indiensopleiding ook belangrik te maak ten einde vaardighede te verbeter.  • motivering waarby werkers aansporings vir goeie werk aangebied kan word.  • ʼn goeie werksetiek in te stel.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4) 4
Downloaded from hlayiso.com 10731 / 17 2.4 Onderskei tussen die Mediumtermyn- Bestedingsraamwerk (MTBR) en Mediumtermyn-Begrotingsbeleidsverklaring (MTBBV). MTBR • Die MTBR vertoon beraamde inkome en uitgawes vir ʼn drie-jaar periode en hoe die ekonomie sal presteer oor die drie jaar.  • Dit is ʼn opsomming van die regering se doelwitte.  • Dit verskaf inligting oor hoeveel verwagte belasting ingevorder sal word en die vlakke van staatsuitgawes en begrotingstekorte.  • Dit gee ook ʼn verduideliking oor hoe die inkomste verdeel sal word tussen die nasionale, provinsiale en plaaslike regerings.  (Maks. 4) MTBV • Gedurende die laaste week van Oktober doen die Minister van Finansies die MTBBV voorlegging (of die medium-termyn begroting) aan die parlement.  • Die MTBBV is gebaseer op die MTBR.  • Die Minister adviseer parlement omtrent enige veranderinge in die ekonomie sedert die hoofbegroting in Februarie en deel inligting oor publieke beleid wat die volgende en huidige begrotings gestalte sal gee.  (Maks. 4) (8) (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) 2.5 Hoe word leidende aanwysers gebruik om ekonomiese aktiwiteite te voorspel? Leidende aanwysers word in vooruitskatings gebruik deur ... • te verander voordat die ekonomie verander.  • dit te gebruik om ʼn idee te kry van die algemene ekonomiese rigting.  • beleggers moet die aanwysers gebruik om hulle strategieë te verander sodat hulle voordeel kan trek uit toekomstige marktoestande wat hulle inkomste kan beïnvloed.  • sakeondernemings moet dit gebruik om ekonomiese toestande te voorspel.  • beleidsmakers moet dit gebruik vir oorwegende monetêre beleidsaanpas- sings.  (8) (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) [40] (Ken ʼn maksimum van 4 punte toe vir die lys van feite / voorbeelde.) 5
Downloaded from hlayiso.com 10731 / 17 VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 3.1.1 Noem TWEE Suid-Afrikaanse groei- en ontwikkelingsbeleide. • Heropbou- en Ontwikkelingsprogram (HOP)  • Groei-, Indiensname- en Herverdelingsbeleid (GEAR)  • Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie (NSDS)  • Versnelde en Gedeelde Groei-inisiatief vir Suid-Afrika ASGISA)  • Gesamentlike Inisiatief oor die Verwerwing van Voorkeurvaardighede (JIPSA)  • Uitgebreide Openbarewerke-programme (EPWP)  • Die Nuwe Groeipad (NGP)  • Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP)  • Kleinsake-Ontwikkelingsbevorderingspromme  • Swart Ekonomiese Bemagtigingsprogramme  (2 x 1) (2) 3.1.2 Hoe sal die verkoop van sekuriteite en staatseffekte deur die Reserwebank die betrokkenheid van krediet beïnvloed? • Die SARB verkoop sekuriteite om bankkrediet te beperk.  • Indien banke die sekuriteite koop is daar ʼn geldvloei vanaf die banke na die SARB.  • Die banke het dan minder geld oor om geld op krediet uit te leen aan verbruikers.  Enige (1 x 2) (2) 3.2 Bestudeer die staafgrafiek 3.2.1 Beskryf die algemene tendens van die ruilvoet tussen 2011 en 2015. Die handelsvoorwaardes neem af of verminder.  (1) 3.2.2 Identifiseer die basisjaar in die bostaande grafiek 2000  (1) 3.2.3 Omskryf kortliks die term ruilvoet. Die ruilvoet is die verhouding van uitvoer- en invoerpryse.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 3.2.4 Wat beteken ʼn verbetering in die ruilvoet? • Die prys van uitvoere het toegeneem en minder goedere sal geproduseer moet word om uitvoer verdienste konstant te hou.  • Invoerpryse het toegeneem en minder geld vloei uit die ekonomie.  (4) (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) 6
Downloaded from hlayiso.com 10731 / 17 3.2.5 Watter impak het ʼn verswakking van die ruilvoet op die betalingsbalans? ʼn Verswakking in die ruilvoet beïnvloed die betalingsbalans deur: • ʼn verswakking beteken dat uitvoerpryse kan afneem en uitvoerverdienste kan verminder.  • dit dui ook daarop dat uitvoerpryse kan toeneem en dat invoerbetalings kan toeneem.  • dat dit sal lei tot ʼn tekort op die betalingsbalans.  • indien dit gebeur sal die geldwaarde verswak.  (2 x 2) (4) (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) 3.3 Lees die uittreksel 3.3.1 Identifiseer EEN rede vanuit die uittreksel waarom myne onvoldoende aanbod van hulpbronne ondervind. • Verminderende kwaliteit van aanbod.  • Stygende insetkoste  • Toenemende fiskale regimes • Nasionalisering  • Produksie-onderbrekings  • Verafgeleë minerale bronne.  Enige (1 x 1) (1) 3.3.2 Noem EEN globale gebeurtenis wat ʼn impak gehad het op die Suid-Afrikaanse ekonomie. • Die Eurosone-probleme  • Die kernvoorval in Japan  • Onsekerheid oor ekonomiese groei in China  • Ekonomiese degradering van sommige lande  Enige (1 x 1) (1) 3.3.3 Omskryf kortliks die term nasionalisering. Die proses waardeur die staat beheer en eienaarskap van privaat- beheerde bates asook private ondernemings oorneem.  (2 x 1) (2) 3.3.4 Wat is die effek van toenemende produksie-onderbrekings op die Suid-Afrikaanse ekonomie? • Voortdurende produksieonderbrekings gee aanleiding tot ʼn verlies aan produksie.  • Geen produksie vind plaas gedurende die tydperk nie en ondernemings se winste word beïnvloed.  • Dit het ʼn effek op die BBP en veroorsaak dat die ekonomie afneem.  (2 x 1) (2) (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) 7
Downloaded from hlayiso.com 10731 / 17 3.3.5 Hoe affekteer hoë energiekoste die sukkelende mynbousektor? Hoë energiekoste affekteer die sukkelende mynbousektor deur: • Die voortdurende styging in die elektrisiteitspryse dra by tot die produksiekoste.  • Die verskaffing van elektrisiteit is ook baie wisselvallig en onbetroubaar / ondernemings is afhanklik van krag- opwekkers, wat bydra tot verhoogde kostes.  • Die brandstofpryse is self ook onvoorspelbaar en skep hoër koste.  • Die hoër energiekoste versleg die sukkelende ekonomie en potensiële kopers / beleggers sal na veilige markte gaan  • Die bogenoemde faktore kan die sluiting van myne tot gevolg hê.  (2 x 2) (4) (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) 3.4 Bespreek kortliks armoede en handel as uitdagings van globalisering. • Armoede - Die meeste lande in die Suide is vasgevang in uiterste armoede.  - Die armoedegaping is egter aan die toeneem tussen die ontwikkelde (lande in die Noorde) en die ontwikkelende (lande in die Suide). • Handel - Ontwikkelde lande subsidieer die produksie van hulle landbou goedere, waarmee die ontwikkelende lande nie kan meeding nie (die ontwikkelde lande dring daarop aan dat die ontwikkelende lande hulle tariewe op vervaardigde goedere moet elimineer)  - Sommige ontwikkelende lande soos China, Indië en Suid-Korea gebruik hulle vergelykende skaalvoordele om handel in sekere aspekte te domineer.  (2 x 4) (8) (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) 3.5 Evalueer die belangrikheid van lewensverwagting as sosiale aanwyser. Die belangrikheid van lewensverwagting as sosiale aanwyser behoort ... • te verwys na die verwagte aantal jare wat ʼn pasgebore baba sal leef • regerings ʼn idee te gee wat die gemiddelde lewensverwagting is omdat werkende mense in ons land afhanklik is van sosiale toelaes.  • werkers ook dien as belastingbasis vir regeringsinkomste.  • ʼn Groeiende of verbeterde lewensverwagting kan groot besparings op die staatsuitgawes meebring.  • ʼn groeiende lewensverwagting verbeter wat ook die produktiwiteitsvlakke van ʼn land verhoog.  • opgeleide mense sal gewoonlik veel langer bydra in terme van produksie in ʼn land.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 4) (8) [40] (Ken ʼn maksimum van 4 punte toe vir die lys van feite / voorbeelde.) 8
Downloaded from hlayiso.com 10731 / 17 VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem TWEE tipes wisselkoersstelsels. • Vryswewende wisselkoerse  • Beheerdeswewende wisselkoerse  • Vaste wisselkoerse  Enige (2 x 1) (2) 4.1.2 Wat sal die effek op inflasie wees indien die styging in arbeidsproduktiwiteit minder is as die styging in loonverhogings? Inflasie sal toeneem want die gemiddelde totale aanvraag sal meer wees as die totale aanbod van goedere en dienste.  (1 x 2) (2) 4.2 Data respons 4.2.1 Wie is verantwoordelik vir die publikasie van die bostaande inligting? Suid-Afrikaanse Reserwebank / SARB  (1) 4.2.2 Hoeveel subrekeninge is daar in die betalingsbalans? 3  (1) 4.2.3 Omskryf kortliks die term betalingsbalans. Die betalingsbalans verwys na ʼn land se handel en finansiële transaksies met die res van die wêreld oor ʼn gegewe tydperk.  (2) 4.2.4 Ontleed kortliks die saldo op die lopende rekening soos aangedui in die tabel hierbo. • Negatiewe saldo omdat invoere die uitvoere oorskry /  • Ongunstige saldo omdat die betalings die inkomste oorskry  Enige (1 x 2) (2) (Aanvaar enige ander korrekte alternatiewe antwoord.) 4.2.5 Bereken die handelsbalans (A) vir 2016. Toon alle berekeninge. Goedere uitvoere: 973 776 Netto gouduitvoere: 67 662 Min: goedere invoere: 1 075 850 Handelsbalans -34 412 (4) (2 punte indien slegs die antwoord verskaf word.) 9
Downloaded from hlayiso.com 10731 / 17 4.3 Bestudeer die spotprent. 4.3.1 Identifiseer TWEE moontlike oplossings wat kan verhoed dat die Suid-Afrikaanse ekonomie sink? • Beleggings in Suid-Afrika  • Nasionale Ontwikkelingsplan  (1 x 2) (2) 4.3.2 Wat is die Nasionale Ontwikkelingsplan? • Dit is ʼn nasionale strategie om die land te ontwikkel met die oogmerk op 2030.  (1 x 2) (2) (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) 4.3.3 Wat is die hoofdoelwitte van die NOP? Die NOP beoog om armoede te elimineer en ongelykheid teen 2030 te verminder.  (2) 4.3.4 Hoe kan die privaatsektor bydra tot die ontwikkelingsbeleide van die regering? • Die skepping van Openbare Privaat Vennootskappe  • Sosiale verantwoordelikheid van die privaatsektor, bv. bystand met die ontwikkeling van die infrastruktuur  • Verhoogde beleggings in die land  (2 x 2) (4) (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) 4.4 Bespreek die vermenigvuldiger-effek op nasionale inkome. • Die vermenigvuldiger-proses is verwant aan hoeveel die nasionale inkome verander as gevolg van ʼn inspuiting of lekkasie.  • ʼn Vermeedering in ekonomiese inspuitings (beleggings, regeringsbesteding of uitvoere) sal tot ʼn proporsionele vermeerdering in nasionale inkome lei.  • Addisionele besteding sal ʼn rippel-effek tot gevolg hê en selfs meer besteding veroorsaak.  • Die grootte van die vermenigvuldiger is ook afhanklik van die vlak van lekkasies.  • Die grootte van die vermenigvuldiger is direk proporsioneel tot die vlak van nasionale inkome geproduseer.  (4 x 2) (8) (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) 10
Downloaded from hlayiso.com 10731 / 17 4.5 Hoe kan beleggingsbesteding effektief aangewend word om ekonomiese ontwikkeling te stimuleer? Beleggingsbesteding kan meer effektief aangewend word deur ... • beleggingsbesteding behels besteding op kapitaalgoedere soos masjinerie, gereedskap en fabrieksgeboue, wat beoog om meer goedere en dienste te produseer.  • die verskaffing van meer kapitaalgoedere skep meer mense wat in diens geneem word wat inkomste verdien.  • bogenoemde moet lei tot ʼn verhoging in die vraag na goedere en dienste. • die regering moet beleggings stimuleer deur die gebruik van fiskale en monetêre beleide.  • die regering moet finansiële aansporings gebruik soos subsidies en belastingtoegewings om lenings meer bekostigbaar te maak vir nuwe ondernemings.  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord) (8) (Ken ʼn maksimum van 2 punte toe vir voorbeelde/lys van feite) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 AFDELING C Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL PUNTETOEKENNING Inleiding Die inleiding is ʼn laer orde respons. • ʼn goeie vertrekpunt behoort ʼn definisie van die hoofkonsep te wees, Maks. 2 maar verwant aan die vraag. • Moenie enige deel van die vraag in jou inleiding herhaal nie. • Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie. • Vermy om enigiets in die inleiding te noem wat in die liggaam bespreek gaan word. Liggaam: Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede / In-diepte bespreking / Maks. 26 Ondersoek / Bespreek krities / Ontleed / Analiseer / Vergelyk / Evalueer / Onderskei / Differensieer / Verduidelik / Assesseer / Debatteer Addisionele gedeelte: Gee eie mening / Bespreek krities / Evalueer / Evalueer krities / Teken ʼn grafiek en verduidelik / Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik / Voltooi die gegewe grafiek / Bereken / Lei af / Vergelyk / Verduidelik / Onderskei / Interpreteer / Debatteer kortliks / Maks. 10 Hoe? / Stel voor Slot Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit: • ʼn Kort samevatting van dit wat reeds bespreek is, sonder om enige feite wat reeds genoem is, te herhaal • Enige opinie of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is • Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking / analise Maks. 2 versterk • ʼn Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra • Aanbevelings TOTAAL 40 11
Downloaded from hlayiso.com 10731 / 17 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE “Ekonomiese groei is afhanklik van handel, waarvan een van die strategieë die uitwaarts-gebaseerde beleid van uitvoere en internasionale mededingendheid is.” • Bespreek invoervervanging as deel van die Suid-Afrikaanse internasionale handelsbeleid. (26 punte) • Adviseer die Minister van Handel en Nywerheid of die Suid-Afrikaanse regering ʼn vrye handelsbeleid moet aanneem of nie. (10 punte) INLEIDING Invoervervanging behels die vervanging van plaaslik geproduseerde goedere wat voorheen ingevoer was. (Aanvaar enige ander relevante inleiding.)  (Maks. 2) [40] LIGGAAM: Hoofgedeelte Doelwitte - Om plaaslike industrieë te ontwikkel  - Om werksgeleenthede te verbeter  - Om die Suid-Afrikaanse betalingsbalans te verbeter  FASES VAN IMPLEMENTERING • Invoer van eenvoudige verbruiksgoedere, bv. tekstiel en skoene, word vervang met plaaslike produksie  • Plaaslike industrieë word geskep om ʼn wyer reeks van meer gesofistikeerde vervaardigde items te vervang.  VORME VAN INVOERVERVANGING • Vrywillige invoervervanging  – behels pogings deur lande om hulle eie industrieë te ontwikkel as deel van ʼn ekonomiese ontwikkelingstrategie  bv. Yskor  • Gedwonge invoervervanging – sekere lande word gedwing om spesifieke goedere te produseer, omdat hulle uitgesluit is van deelname aan internasionale handel as gevolg van handelssanksies, boikotte en disinvestering.  REDES VIR INVOERVERVANGING • Diversifikasie  is bekend as die uitbreiding van vervaardiging wat lande minder afhanklik van buitelandse lande sal maak en daardeur meer beheer oor hulle eie ekonomieë sal gee.  • Beskerming van nuutgestigte industrieë  Klein en medium industrieë moet beskerm word teen die goed gevestigde buitelandse ondernemings wat die voordele-skaal benut.  12
Downloaded from hlayiso.com 10731 / 17 • Handel  Die ontwikkelende lande is afhanklik van natuurlike hulpbronne as basis vir ekonomiese groei en ontwikkeling en voer meestal minerale en landbouprodukte uit. Groei kan egter versnel indien die ontwikkelende lande meer vervaardigde goedere self produseer.  METODES VAN INVOERVERVANGING • Tariewe  behels doeaneregte op invoere wat gehef kan word volgens waarde (ad valorem)  of spesifiek (ʼn bedrag per eenheid)  • (Die prys van ingevoerde goedere sal styg en dus sal die plaaslike aanvraag verskuif na plaaslike produksie  • Kwotas behels ʼn beperking op sekere goedere en dienste / dit beperk invoere en verminder die aanbod (pryse styg)  • Subsidies  van toepassing op plaaslike ondernemings wat goedere uitvoer en beskerming kry  • Valutabeheer  regeringsowerhede of vrye handelsgebiede mag die hoeveelheid buitelandse valuta beperk wat vir invoere, investering of oorsese reise beskikbaar is  • Fisiese beheer  behels ʼn algehele verbod of sanksie op die invoer van sekere goedere , bv. wapens en dwelmmiddels  • Kanalisering van handel  dit bevat maatstawwe wat invoere bemoeilik, naamlik invoerdeposito’s, tydrowende doeane prosedures en kwaliteit standaarde  VOORDELE VAN INVOERVERVANGING  • Eenvoudig om te implementeer deur tariewe en kwotas in te stel  • Nywerheidsontwikkeling word aangemoedig  • Werksmoontlikhede word verhoog  • ʼn Vermindering in invoere skep ʼn positiewe effek op die betalingsbalans  NADELE VAN INVOERVERVANGING  • Dit lei nie noodwendig tot ʼn algehele verlaging in invoere nie. • Suid-Afrika moet kapitaal en intermediêre goedere invoer om verbruikersgoedere te vervaardig. • Ondoeltreffende plaaslike produksie omdat plaaslike vervaardigers beskerm word teen internasionale mededinging  • Plaaslike verbruikers word gedwing om goedere teen hoër pryse op die internasionale markte te koop, bv. sellulêre fone, sakrekenaars, ens.  • Duur en onekonomiese projekte word geskep. bv. Mossgas  REDES VIR INVOERVERVANGING  • Beskerming beteken groot winste aan die beskermde industrieë, wat hulle juis isoleer vanaf internasionale mededinging en hulle doeltreffendheid verminder, asook nie juis bydra tot ontwikkeling nie  • Beskerming bevorder nie eintlik industrialisasie nie – terugwaartse skakelings kom nie na vore nie  • Verbruikers betaal dikwels hoër pryse vir minderwaardige goedere vanaf nie- noodsaaklike industrieë (Maks. 26) NOTA: Ken ʼn maksimum van 8 punte toe vir die lys van opskrifte / feite / voorbeelde. 13
Downloaded from hlayiso.com 10731 / 17 ADDISIONELE GEDEELTE Adviseer die Minister van Handel en Nywerheid of die SA regering ʼn vrye handelsbeleid moet aanneem of nie. Suid-Afrika behoort ʼn vrye handelsbeleid aan te neem deur ... - die implementering van ʼn vrye handelsbeleid.  - deur met geïndustrialiseerde lande as opkomende ekonomieë mee te ding.  - die lande het goed gevestigde industrieë wat goedere teen ʼn baie laer koste as ondernemings in Suid-Afrika kan produseer.  - die toepassing van uitvoerbevorderings-aansporings soos regeringsubsidies en ander aansporings wat hulle uitvoere meer gunstig maak.  - te verseker dat storting van produkte vanaf ontwikkelde lande nie plaasvind nie  - Suid-Afrika het ʼn beskermingsbeleid nodig om ons plaaslike industrieë te onderhou.  - die instel van beskermingsbeleide maar dat dit nie handel beperk nie. (Maks. 10) (Aanvaar enige ander korrekte relevante feite) (Ken ʼn maksimum van TWEE punte toe vir die lys van feite/voorbeelde) GEVOLGTREKKING Invoervervanging impliseer dat lande daarna moet streef om meer self-ondersteunend en onafhanklik te word.  (Aanvaar enige ander relevante samevatting.) (Maks. 2) [40] VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE “ ʼn Reeks van programme gee steunkrag aan die regering se bereidwilligheid om ekonomiese ontwikkeling op ʼn streeksbasis te steun”. • Bespreek streeksontwikkeling in Suid-Afrika in terme van die beginsels van beste praktyk maatstawwe. (26 punte) • Hoekom was Nywerheidsontwikkelingsones nie baie suksesvol gewees sedert die totstandkoming daarvan in Suid-Afrika nie? (10 punte) INLEIDING Streeksontwikkeling is ʼn belangrike deel van die nywerheidsbeleid in Suid-Afrika en is daarop gemik om ontwikkeling in die onder-ontwikkelde gebiede te bevorder.  (Maks. 2) LIGGAAM HOOFGEDEELTE Vryemark oriëntasie  • Regeringsinmenging in die markte behoort tot die minimum beperk te word sodat die vraag- en aanbodmagte, asook winsmotiewe en hulpbronne doeltreffend toegeken en optimaal benut kan word. 14
Downloaded from hlayiso.com 10731 / 17 • Die regering moet entrepreneurskap op grootskaal ondersteun, asook klein besigheidsontwikkeling.  Mededingendheid  • Industrieë of ondernemings wat gevestig is as gevolg van streeksbeleide behoort mededingend te wees en nie staat te maak op voortdurende finansiële regeringsteun nie.  • Ontwikkeling moet nie slegs beperk wees tot arbeids-intensiewe produksiemetodes nie, maar moet ook fokus op toegang tot tegnologie en die oordrag van vaardighede.  Volhoubaarheid  • Die vermoë van ʼn streek moet sy eie ontwikkeling ondersteun, sowel as die natuurlike hulpbronne, en menslike hulpbronne van die streek moet sodanig benut word dat werkgeleenthede en volhoubare ontwikkeling bereik word.  • Die gebruik van plaaslike hulpbronne sal ook die mees koste-effektiewe oplossings bied.  • Die mense van ʼn spesifieke streek moet daarna streef om onafhanklik te wees en toelaat dat ontwikkeling van binne plaasvind.  Goeie regering  • Streeksontwikkelingstrategieë moet effektief bestuur word en vry wees van enige korrupsie.  • Beginsels van verantwoordbaarheid en deursigtigheid moet ingestel word om finansiële beheer te verseker. • Projekte moet korrek geprogrammeer, gemonitor en geëvalueer word.  Verskaffing van hulpbronne  • Voldoende bronne moet verskaf word aan armer gebiede, soos die ontwikkeling van infrastruktuur. • Die interaksie tussen alle aspekte van ʼn samelewing soos gesondheid, onderrig en voeding moet oorweeg word.  Investering in sosiale kapitaal • Die regering moet die kwaliteit van onderwys en gesondheidsorg in ʼn streek verbeter.  • Ontwikkeling vir die mense behels die verskaffing van noodsaaklike dienste en goedere wat die lewensstandaard van mense in ʼn streek sal verbeter.  • Voorbeelde sluit in voedsel, behuising en sekuriteit  Integrasie • ʼn Geïntegreerde beleid moet gevolg word wat sal verseker dat die voordele van een gedeelte van ʼn streek oorloop na ander industrieë en areas.  • (Voorbeelde van ʼn geïntegreerde benadering moet toerisme, landbou, ens. oorweeg)  15
Downloaded from hlayiso.com 10731 / 17 Vennootskappe • Vennootskappe moet opgebou word tussen die regering, plaaslike owerhede, burgerlike gemeenskappe, spesiale geïnteresseerde groepe, NSO’s en die privaat- sektor.  • Die privaatsektor, die openbare sektor en plaaslike gemeenskappe moet saamwerk ten einde die beste moontlike streeksontwikkeling te bereik.  • Die privaatsektor verskaf dan beleggings, vaardighede en goedere in die ontwikkelingsproses.  (Maks. 26) (Ken ʼn maksimum van 8 punte toe vir die lys van opskrifte / feite / voorbeelde.) ADDISIONELE GEDEELTE Waarom was Ontwikkelingsnywerheidsones (ONS) nie baie suksesvol sedert hul totstandkoming in Suid-Afrika nie? • Die aanvanklike finansiële aansporingsmaatreëls is nie toegepas deur die regering nie.  • Die Doeanevrye Aansporings is belemmer deur SAID.  • Die Klein Besigheidshulp Program bestaan nie meer nie.  - Die program was bedoel om klein besighede met bates van R100 miljoen of minder te help.  - Die aansporing het beoog om ʼn belastingvrye kontanttoelae vir beleggings in nywerhede daar te stel.  - Toelae sou vir nuwe en uitbreidende besighede wees.  - Die toelae sou vir ʼn tydperk van 3 jaar geldig wees. Daarna was die verwagting dat die maatskappy selfonderhoudend sou wees.  • Die Vaardigheidshulpprogram bestaan nie meer nie.  - Dit sou ʼn kontantinspuiting wees om groter investering in vaardigheidsopleiding en om nuwe gevorderede vaardighede in die SA arbeidsmag te bevorder.  - ʼn Maksimum van 50% van ʼn maatskappy se handelsonkoste sou gedelg word.  • Die Strategiese Investeringsprogram bestaan nie meer nie.  (Maks. 10) (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Ken ʼn maksimum van 2 punte toe vir die lys van feite / voorbeelde) GEVOLGTREKKING Die Suid-Afrikaanse regering het vele ooreenkomste en projekte aangegaan wat die ontwikkeling in Suider Afrika bevorder het tot voordeel van Suid-Afrika.  (Aanvaar enige ander aanvaarbare samevatting) (Maks. 2) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 TOTAAL: 150 16

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all