Skip to content

Economics Grade 12 P2 NSC June 2024 Question Paper (Afr)

Question paperEconomicsGrade 12202413 pages

Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2024 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Vertroulik a SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN EKONOMIE V2 MEI/JUNIE 2024 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 2 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK: AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae. AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien word NIE. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord. 5. Lees die vrae aandagtig deur. 6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 7. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop. 8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereiste van die vrae voldoen. 9. Gebruik slegs swart of blou ink. 10. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 3 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D. 1.1.1 Die waarde van insette wat 'n entrepreneur besit en in die produksieproses gebruik word, word ... koste genoem. A eksplisiete B implisiete C totale D gemiddelde 1.1.2 Wanneer gemiddelde inkomste groter as gemiddelde koste is, maak die firma 'n … A ekonomiese verlies. B normale wins. C totale verlies. D ekonomiese wins. 1.1.3 'n Mark wat deur twee produsente gedomineer word, staan as 'n … bekend. A duopolie B monopolie C oligopolie D trigopolie 1.1.4 Wanneer die mark misluk om die produkkombinasie te verskaf wat deur verbruikers benodig word, word dit ... ondoeltreffendheid genoem. A pareto- B produktiewe C toedelings- D tegniese 1.1.5 'n Indeks wat pryse van ingevoerde goedere meet soos dit die land binnekom, staan as ...-prysindeks bekend. A verbruikers B mandjie C mark D produsente Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 4 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 1.1.6 Godsdienstige geleenthede vorm deel van ... toerisme. A kulturele B inklusiewe C paleo- D plaaslike 1.1.7 Daar word na natuurlike hulpbronne, wat sodanig bestuur word dat hulle vir huidige en toekomstige generasies beskikbaar is, verwys as ... A besoedeling. B beskerming. C bewaring. D hernubaar. 1.1.8 Die internasionale ooreenkoms wat daarop gemik is om chemiese afval te verminder, word die … genoem. A Kyoto Protokol B Rio de Janeiro-beraad C Stockholm Protokol D Basel Konvensie (8 x 2) (16) 2024 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 5 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.9 J. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Nywerheid A onder die markewewig vasgestel om goedere meer bekostigbaar te maak 1.2.2 Deregulasie B tradisies, rituele of musiek wat uniek is 1.2.3 Heterogene aan 'n gegewe kultuur of samelewing 1.2.4 Maksimum prys C 'n situasie waar totale inkomste aan totale koste gelyk is 1.2.5 Kerninflasie D 'n proses waardeur grond en rotse as 1.2.6 Inheemse gevolg van wind en water van die Aarde kennisstelsel se oppervlak verwyder word 1.2.7 Biodiversiteit E die verwydering van onnodige wette en regulasies wat mededinging in die mark 1.2.8 Erosie beperk F die som van alle individuele besighede wat 'n soortgelyke tipe produk produseer G produkte wat verskil in voorkoms, grootte en gehalte H sluit die items uit die VPI-mandjie uit wat hoogs onbestendig is of pryse wat deur owerheidsbeleid beïnvloed word I 'n verskeidenheid plant- en dierelewe binne 'n ekosisteem (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 6 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 1.3 Gee EEN term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.3.1. tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE. 1.3.1 Die koste wat onveranderd bly al verander die uitsette 1.3.2 Die addisionele inkomste verdien deur een addisionele eenheid van 'n produk te verkoop 1.3.3 Wanneer identiese goedere en dienste teen verskeie pryse aan verskillende verbruikers verkoop word 1.3.4 Lae groei, hoë werkloosheid en 'n hoë inflasiekoers wat terselfdertyd voorkom 1.3.5 Die aktiwiteit van mense wat reis na en in plekke bly anders as hulle gewone omgewing, vir nie meer as een jaar nie 1.3.6 Die toekenning van lisensies aan besighede om besoedeling tot 'n bepaalde limiet te beperk (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 7 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Gee enige TWEE voorbeelde van vaste koste. (2 x 1) (2) 2.1.2 Waarom is die vraagkromme vir 'n individuele firma horisontaal in 'n volmaakte mark? (1 x 2) (2) 2.2 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. ONDERSOEK NA DIE AANLYN MARK IN SUID-AFRIKA In reaksie op die toenemende belangrikheid van die aanlyn ekonomie en mededinging het die Mededingingskommissie in 2021 'n ondersoek na mededinging en deelname aan die aanlyn ekonomie van stapel gestuur. Die Mededingingskommissie het in Julie 2022 'n verslag vrygestel wat die gebrek aan doeltreffende mededinging van die fooie van toep('app')- ontwikkelaars wat tot hoë pryse lei beklemtoon het. Die kommissie het aanbeveel dat sekere oorwegings oor betalingsopsies vir goedere en dienste in ag geneem moet word en hoe hulle pryse vasgestel word. Die saak is sedertdien na die Mededingingstribunaal verwys. [Aangepas uit Business Tech] 2.2.1 Identifiseer EEN rede waarom 'n ondersoek na die aanlyn mark in Suid-Afrika van stapel gestuur is. (1) 2.2.2 Noem die mededingingsinstelling wat 'n soortgelyke status het as dié van 'n hooggeregshof in Suid-Afrika. (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die term prysvasstelling. (2) 2.2.4 Verduidelik die rol van die Mededingingstribunaal. (2) 2.2.5 Hoe het die Wet op Mededinging, 1998 (Wet 89 van 1998) Suid-Afrika bevoordeel? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 8 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 2.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. GEKNAKTE VRAAGKROMME Koste/Inkomste e R90 a R80 b R60 c d 0 50 150 155 Hoeveelheid/Uitset 2.3.1 Identifiseer die markprys in die grafiek hierbo. (1) 2.3.2 Noem die tipe pryselastisiteit verteenwoordig deur die laagste deel (b–d) van die geknakte vraagkromme. (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die term oligopolie. (2) 2.3.4 Verduidelik die impak van prys-mededinging op die oligopoliemark. (2) 2.3.5 Hoe kan firmas wat in 'n oligopoliemark werksaam is, hulle markaandeel vermeerder? (2 x 2) (4) 2.4 Onderskei tussen 'n natuurlike monopolie en 'n kunsmatige monopolie. (2 x 4) (8) 2.5 Ontleed die effek van toenemende mededinging op die mark. (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 9 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem enige TWEE uitwerkings (effekte) van toerisme. (1 x 2) (2) 3.1.2 Waarom is besighede teësinnig (onwillig) om na meer omgewings- vriendelike produksiemetodes te verander? (1 x 2) (2) 3.2 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TOERISME-ONTVANGSTE EN BESTEDING (Rm) 2017 2018 2019 2020 2021 INKOMENDE TOERISME Totale internasionale ontvangste 9 706 9 790 9 064 2 717 2 113 UITGAANDE TOERISME Totale internasionale besteding 6 068 6 348 5 866 1 594 1 669 [Aangepas uit oced-library.org] 3.2.1 Identifiseer die term in die tabel hierbo wat verwys na toeriste wat ander lande besoek. (1) 3.2.2 Noem EEN maatstaf (manier) wat gebruik word om toerisme te meet. (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die term transito-toerisme. (2) 3.2.4 Waarom verkies mense van ander lande Suid-Afrika as 'n toeristebestemming? (2) 3.2.5 Hoe kan 'n toename in toerisme-aktiwiteite die omgewing negatief beïnvloed? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 10 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 3.3 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. OMGEWINGSPROBLEEM Klimaatsverandering Kweekhuisgasse Omgewingsbelasting [Bron: www.istockphoto.com] 3.3.1 Watter tipe besoedeling word in die prent hierbo uitgebeeld? (1) 3.3.2 Noem enige EEN voorbeeld van 'n hernubare bron van energie. (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die term omgewingsvolhoubaarheid. (2) 3.3.4 Verduidelik die uitwerking van ontbossing op die omgewing. (2) 3.3.5 Hoe kan besoedeling klimaatsverandering veroorsaak? (2 x 2) (4) 3.4 Bespreek kortliks bemarking en ruimtelike verspreiding as beleidsvoorstelle om toerisme te bevorder. (2 x 4) (8) 3.5 Hoe kan die heffing van belastings die volhoubare gebruik van die omgewing verseker? (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 11 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem enige TWEE Wêrelderfenisgebiede in Suid-Afrika. (2 x 1) (2) 4.1.2 Waarom sou 'n monopolie onwillig wees om buitensporige hoë pryse vir hulle produkte te vra? (1 x 2) (2) 4.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. MONOPOLIE: LANGTERMYN-EWEWIG Koste/Inkomste MONOPOLY X LGK a 42 32 b 20 c v = LGI LMI 0 100 Hoeveelheid 4.2.1 Identifiseer die byskrif vir die winsmaksimeringspunt in die grafiek hierbo. (1) 4.2.2 Gee 'n byskrif vir die kromme wat deur die letter X voorgestel word. (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die term langtermyn. (2) 4.2.4 Waarom is die posisie van die marginale-inkomste(LMI)-kromme onder die gemiddelde-inkomste(LGI)-kromme? (2) 4.2.5 Bereken die wins/verlies wat die firma gemaak het. Toon ALLE berekeninge. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 12 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 4.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. VERLIES AAN BIODIVERSITEIT IS 'N WÊRELDVERSKYNSEL Die verlies en agteruitgang van Suid-Afrika se biodiversiteit het ernstige implikasies vir die samelewing en die ekonomie. Wêreldbiodiversiteit gaan baie vinniger verlore as natuurlike uitwissing weens, onder meer, veranderinge in grondgebruik, onvolhoubare gebruik van natuurlike hulpbronne, uitheemse indringerspesies, klimaatsverandering, bevolkingsgroei, stedelike ontwikkeling en besoedeling. Suid-Afrika het 'n goed ontwikkelde en progressiewe beleidsraamwerk vir biodiversiteitsbestuur. [Bron: www.google.co.za 4.3.1 Identifiseer die term in die uittreksel wat na die vrystelling/verwydering van afvalmateriaal in die omgewing verwys. (1) 4.3.2 Watter internasionale ooreenkoms gee aandag aan die uitwissing van bedreigde spesies? (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die term bewaring. (2) 4.3.4 Verduidelik die onvolhoubare gebruik van natuurlike hulpbronne as 'n bydraende faktor tot die verlies aan biodiversiteit. (2) 4.3.5 Waarom word gevaarlike afval as skadelik vir die omgewing beskou? (2 x 2) (4) 4.4 Met behulp van 'n goed benoemde grafiek, verduidelik normale wins vir 'n volmaak mededingende firma. (8) 4.5 Hoe bevorder infrastruktuur binnelandse toerisme in Suid-Afrika? (4 x 2) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 13 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: PUNTE- STRUKTUUR VAN OPSTEL TOEKENNING Inleiding Die inleiding is 'n laerorde-antwoord: Maks. 2  'n Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband hou, te definieer of te omskryf.  MOENIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.  MOENIE enige deel van die inleiding by die liggaam herhaal NIE.  MOENIE in die inleiding noem wat jy in die liggaam gaan bespreek NIE. Liggaam Hoofdeel: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek/ Maks. 26 Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/ Verduidelik/Assesseer/Debatteer 'n Maksimum van 8 punte kan vir opskrifte/voorbeelde toegeken word. Addisionele deel: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Lei af/ Maks. 10 Vergelyk/Onderskei/Stel voor/Interpreteer/Debatteer/Hoe 'n Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken word. Slot Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit: Maks. 2  'n Kort samevatting van wat alreeds bespreek is, sonder die herhaling van feite wat reeds genoem is  Enige mening/opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is  Addisionele ondersteuningsinligting wat die bespreking/analise versterk  'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra  Aanbevelings TOTAAL 40 VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE  Bespreek in detail die oorsake van markmislukking. (26)  Ontleed die impak van minimum pryse in die ekonomie. (10) [40] VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE  Bespreek in detail die gevolge van inflasie. (26)  Hoe kan die voortdurende fases van beurtkrag inflasie veroorsaak? (10) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all