Skip to content

Economics Grade 12 P1 Gauteng Mock 2015 Question Paper (Afr)

Question paperEconomicsGrade 12201512 pages

Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2015 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2015 10731 EKONOMIE EERSTE VRAESTEL PUNTE: 150 TYD: 2 uur Bladsye 12 N b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 2 (Eerste Vraestel) 10731/15 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN EKONOMIE (Eerste Vraestel) TYD: 2 uur PUNTE: 150 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:  AFDELING A: VERPLIGTEND  AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.  AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 3. Skryf die nommer van die vraag boaan elke antwoord neer. 4. Lees die vrae sorgvuldig deur en begin elke antwoord op ʼn NUWE bladsy. 5. Laat 2–3 lyne oop tussen onderafdelings van vrae. 6. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde ooreenstem met die kognitiewe vereistes van die vrae. 7. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Oortollige antwoorde sal NIE nagesien word NIE. 8. Gebruik slegs swart of blou ink. 9. Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word. 10. Skryf netjies en leesbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 3 (Eerste Vraestel) 10731/15 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE 1.1 Verskeie keuses word as moontlike antwoorde op die volgende vrae voorsien. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–C) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.1.1 Die mark vir langtermyndeposito’s en lenings staan bekend as die ... mark. A kapitaal B geld C faktor 1.1.2 ʼn ... ontstaan as gevolg van twee opeenvolgende kwartale van negatiewe groei in die ekonomie. A Depressie B Resessie C Dessessie 1.1.3 Die finansiële jaar van die staat strek vanaf ... A 1 Januarie tot 31 Desember. B 1 April tot 31 Maart. C 1 Julie tot 30 Junie. 1.1.4 Die aankoop van aandele op die JEB deur ʼn buitelander is ʼn voorbeeld van ... ʼn belegging. A binnelandse B direkte C portefeulje 1.1.5 Doeanereg is ... A staatsbelasting op invoere en uitvoere. B ʼn subsidie op invoere en uitvoere. C ʼn vermindering in die prys van ʼn ingevoerde produk. 1.1.6 Volgens internasionale standaard mag ʼn begrotingstekort nie meer as ... van die BBP oorskry nie. A 3% B 5% C 10% b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 4 (Eerste Vraestel) 10731/15 1.1.7 ʼn Oorvleuelende diens van nywerheidsontwikkeling is ... A toerisme. B kultuur. C tegnologie. 1.1.8 ʼn Voorbeeld van ʼn ekonomiese aanwyser is ... A opvoedkunde. B behuising. C werkverskaffing. (8x2) (16) 1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B om by ʼn item in KOLOM A te pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Reële vloei A Die prys van een land se monetêre eenheid in terme van ʼn ander land se 1.2.2 Kuznet-siklus monetêre eenheid 1.2.3 Parastataal B Beweging van goedere en dienste tussen verskillende deelnemers in die ekonomiese 1.2.4 Wisselkoers kringloop 1.2.5 Korting C Tydsduur tussen 15 en 20 jaar 1.2.6 Ekonomiese ontwikkeling D ʼn Volle of gedeeltelike staatsbeheerde- onderneming of staatsagentskap 1.2.7 NOP E ʼn Plan vir Suid-Afrika om teen 2030 1.2.8 Ruilvoet armoede te bestry en ongelykhede te verminder F Proses waar die lewenstandaard van die meerderheid van die inwoners van ʼn land verbeter G ʼn Persentasie vermindering in die totale belasting betaalbaar H Die verhouding tussen invoer- en uitvoerpryse I Tydsduur tussen 5 en 10 jaar (8x1) (8) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 5 (Eerste Vraestel) 10731/15 1.3 Skryf die term neer vir deur elk van die volgende stellings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.3.1 Individue kan nie ʼn prys vir gebruik gevra word nie 1.3.2 Die konsep wat verduidelik hoe veranderings in investering verandering in nasionale inkome teweegbring 1.3.3 Aansporings wat vervaardigers aanmoedig om uit te voer 1.3.4 Verkoop goedere op ʼn buitelandse mark teen pryse wat laer is as die produksiekoste in die land van herkoms 1.3.5 Toename in die uitset per werker 1.3.6 Om ʼn onbekende vanuit bekende feite en inligting, te beraam (6x1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 6 (Eerste Vraestel) 10731/15 AFDELING B Beantwoord TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2 MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem enige TWEE argumente ten gunste van vryhandel. (2x1) (2) 2.1.2 Hoe sal ʼn swak wisselkoers (rand) Suid-Afrika se uitvoere beïnvloed? (1x2) (2) 2.2 Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg. E Ekonomiese aktiwiteite A G D F B C Tyd 2.2.1 Identifiseer ʼn siklus en ʼn amplitude op die diagram. (2x1) (2) 2.2.2 Beskryf AC op die diagram. (2) 2.2.3 Wat is die betekenis van G op die diagram? (2) 2.2.4 Hoe kan fiskale maatreëls toegepas word om die ekonomiese aktiwiteite van C tot E op die diagram te verhoog? (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 7 (Eerste Vraestel) 10731/15 2.3 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. NASIONALE REKENINGE GROOTTOTALE R miljard Bruto waarde toegevoeg teen basiese pryse 200 Belasting op goedere 30 Subsidies op goedere 16 Bruto Binnelandse Produk teen markpryse (A) 2.3.1 Noem TWEE voorbeelde van belasting op goedere. (2x1) (2) 2.3.2 Beskryf die term basiese pryse. (2) 2.3.3 Watter nasionale berekening metode sluit die berekening van basiese pryse in? (2) 2.3.4 Bereken die waarde van (A). Dui ALLE berekeninge aan. (4) 2.4 Onderskei tussen ʼn stabiele (vaste) maar aanpasbare wisselkoers en ʼn beheerde swewende wisselkoers. (2x4) (8) 2.5 Hoe kan Suid-Afrika voordeel trek deur uitvoere na buitelandse markte te subsidieer? (4x2) (8) [40] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 8 (Eerste Vraestel) 10731/15 VRAAG 3 EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem enige TWEE oorwegings wat gebruik word om ʼn ekonomie te assesseer. (2x1) (2) 3.1.2 Hoe kan progressiewe persoonlike inkomstebelasting gebruik word om ongelykhede in Suid-Afrika te verminder? (1x2) (2) 3.2 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. DEÏNDUSTRIALISASIE-MITE Deindustrialisasie is nie ‘n fabel of mite nie; dit hou ernstige probleme vir die Suid-Afrikaanse ekonomie in. Dit is hoofsaaklik omdat vervaardiging as ʼn geheel die hoogste groei-vemenigvuldiger in die ekonomie het terwyl ander industrieë ook hoë werksvermeningvuldigers het. Suid-Afrika moet homself vergelyk met lande soos Brasilië, Indonesië, Maleisië, Taiwan en Thailand wat vervaardigingsgroei gebruik om groei in ander sektore te stimuleer. Dit het gesorg vir volhoubare groei van 7% of meer vir die 25 jaar na die Tweede Wêreldoorlog. Suid-Afrika se probleem is dat arbeidsintensiewe sektore soos klerasie en skoene aanhou om onder te presteer. Hierdie sektor se aandeel in Suid- Afrika se BBP is slegs ʼn derde van die gemiddelde van ʼn land met dieselfde inkome, en dit verminder daagliks. Bron: Aangepas uit Financial Mail 3.2.1 Wat, volgens die uittreksel is die grootste bydraer tot die onderprestasie in die Suid-Afrikaanse ekonomie? (2) 3.2.2 Beskryf die begrip deindustrialisasie. (2) 3.2.3 Verduidelik hoe Suid-Afrika dieselfde groei as ander ontwikkelende lande kan behaal. (2) 3.2.4 Hoe verskil ʼn groeivermenigvuldiger-nywerheid van ʼn werksvermenigvuldiger-nywerheid? (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 9 (Eerste Vraestel) 10731/15 3.3 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SUID-AFRIKA: MENSLIKE ONTWIKKELINGSINDEKS Jaar MOI- Lewens- Verwagte jare BNI per kapita waarde verwagting van (2011 PPP$) skoolopleiding 1980 0.569 56.9 11.1 9,756 2013 0.658 56.9 13.1 11,788 [Bron: Aangepas uit www.hdr.undp.org.] 3.3.1 Identifiseer TWEE sosiale aanwysers uit die tabel. (2) 3.3.2 Beskryf die begrip Menslike Ontwikkelingsindeks. (2) 3.3.3 Wat dui daarop dat Suid-Afrikaners finansieël beter daaraan toe is in 2013 as in 1980? (2) 3.3.4 Hoe kan die verwantskap tussen lewensverwagting en verwagte jare van skoolopleiding ekonomiese groei beïnvloed? (2x2) (4) 3.4 Verduidelik die produksie prys indeks as ʼn ekonomiese aanwyser. (4x2) (8) 3.5 Waarom kan die term ongebalanseerd beskryf word as die hoofrede vir die Noord-Suid-verdeling? (4x2) (8) [40] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 10 (Eerste Vraestel) 10731/15 VRAAG 4 MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem enige TWEE lede van die G8-lande. (2x1) (2) 4.1.2 Watter effek sal volgehoue beurtkrag op buitelandse beleggings in Suid-Afrika hê? (1x2) (2) 4.2 Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg. EKONOMIESE KRINGLOOP Huishoudings Lekkasies Besighede Inspuitings 4.2 1 Noem die TWEE deelnemers wat nie in die diagram ingesluit is nie. (2x1) (2) 4.2.2 Beskryf die begrip lekkasies. (2) 4.2.3 Identifiseer TWEE lekkasies in ʼn geslote ekonomie. (2x1) (2) 4.2.4 Verduidelik die vermenigvuldigereffek as daar ʼn groot belegging in die ekonomie plaasvind. (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 11 (Eerste Vraestel) 10731/15 4.3 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Platinummynbedryf …ONS MAG NIE NOU OPGEE NIE, Lae lone. Ons verdien VERAL NIE NOU GRONDBOONTJIES DAT ONS HULLE Platinumwinste OP HUL KNIEË HET NIE!!! They demand Hulle eis R12 500 R12 500 per pm!!! maand!! Geen behoorlike huise en sanitasie nie. Ons woon in plakkershutte!!! [Bron: Aangepas uit Internet images: Business Day] 4.3.1 Noem TWEE redes, vir die nywerheidsaksie in die platinummynbedryf volgens die spotprent. (2x1) (2) 4.3.2 Beskryf TWEE effekte van nywerheidsaksie op besighede op die kort termyn. (2x2) (4) 4.3.3 Wat is die positiewe sosiale impak van nywerheidsaksie op die lang termyn? (4) 4.4 Bespreek kortliks die styging in besteebare inkomste en internasionale toerisme as vraagredes vir internasionale handel. (2x4) (8) 4.5 Hoe doeltreffend was die gebruik van aansporings in die totstandkoming van nuwe besighede in die nywerheidsontwikkelingsones (NOS). Motiveer jou antwoord. (4x2) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 12 (Eerste Vraestel) 10731/15 AFDELING C Beantwoord EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL PUNTETOEKENNING Inleiding Maks. 2 Liggaam:  Hoofgedeelte: Maks. 26 Bespreek in besonderhede/In-diepte bespreking/ Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed/(analiseer)/Vergelyk/ Evalueer/Onderskei/Verduidelik/Assesseer/Debatteer Maks. 10  Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/ Bereken/Lei af/ Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/Debateer kortliks/Hoe/Stel voor/ Gebruik die inligting en argumenteer, debateer, evalueer Gevolgtrekking Maks. 2 TOTAAL 40 VRAAG 5 MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE Dienslewering deur die openbare sektor speel ʼn belangrike rol in ons daaglikse lewens.  Bespreek breedvoerig die redes vir openbaresektor-mislukking. (26)  Na jou mening, hoe kan die staat die elektrisiteitskrisis in Suid-Afrika oplos? (10) [40] VRAAG 6 EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE Die aanbod-benadering beklemtoon die styging in aanbod deur die uitbreiding van die produksiekapasiteit van die ekonomie.  Bespreek die aanbodkantbenadering wat in Suid-Afrika gebruik word om groei en ontwikkeling te bevorder onder die volgende opskrifte: (1) Effektiwiteit en doeltreffendheid van markte (2) Besigheidsdoeltreffendheid (3) Die koste om sake te doen (26)  Evalueer mededinging as ʼn ontwikkelingsbeleid in Suid-Afrika. (10) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 EINDE

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all