Skip to content

Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2015 Memo (Afrikaans)

MemorandumEconomicsGrade 12201517 pages

Grade 12 Economics Paper 2 memorandum from the Gauteng Mock Exam 2015 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2015 MEMORANDUM VAK: EKONOMIE V2 (10732)
Downloaded from hlayiso.com 10732/15 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN EKONOMIE (Tweede Vraestel) MEMORANDUM AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 15 MINUTE 1.1 Verskeie keuses word gegee as moontlike antwoorde op die volgende vrae. Kies die korrekte antwoord en skryf net die letter (A – C) langs die vraagnommer (1.1.1 – 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer. 1.1.1 A Is dieselfde. √√ 1.1.2 B die ontstaan van samesmeltings te reguleer. √√ 1.1.3 A Prysmaker √√ 1.1.4 C Tegniese voorsprong √√ 1.1.5 B Fiskale beleid √√ 1.1.6 C Hiper-inflasie √√ 1.1.7 B Toeriste-aktiwiteite waar mense die diverse natuurskoon van ʼn land ervaar √√ 1.1.8 C Aardverwarming √√ (8x2) (16) 1.2 Kies ʼn beskrywing in KOLOM B wat pas by ʼn item in KOLOM A. Skryf slegs die korrekte letter A – I) langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.8) in die ANTWOORDBOEK neer. 1.2.1 H Minimum vlak van inkomste wat die eienaar benodig om in die mark te bly. √ 1.2.2 E Wanneer twee firmas die mark domineer √ 1.2.3 F Mark soos die JEB(Johannesburg Effekte Beurs) √ 1.2.4 I Verbruik van ʼn produk deur een persoon, sal nie verhoed dat ander persone dit geniet nie √ 1.2.5 G Meet die inflasie by die punt van produksie √ 1
Downloaded from hlayiso.com 10732/15 1.2.6 B Prysstygings wat weer meer prysstygings veroorsaak. √ 1.2.7 C ʼn Plek wat deur die Verenigde Nasies aangewys is vir sy kulturele of fisiese belangrikheid √ 1.2.8 D Koste wat deur die gemeenskap gedra word wat nie deur die mark meganisme bepaal word nie √ (8x1) (8) 1.3 Identifiseer die begrip in elk van die volgende stellings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer(1.3.1-1.3.6) neer in jou antwoordboek 1.3.1 Prysleierskap √ 1.3.2 Konserwasie √ 1.3.3 Kompetisie Appèlhof √ 1.3.4 Kerninflasie √ 1.3.5 Minimum pryse √ 1.3.6 Verbruikersprys indeks (VPI) √ (6x1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 2
Downloaded from hlayiso.com 10732/15 AFDELING B Beantwoord TWEE van die drie vrae in jou ANTWOORDBOEK. VRAAG 2 MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 20 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae: 2.1.1 Noem TWEE voorbeelde van kunsmatige versperrings vir toetrede wat ʼn monopolis kan geniet. - Patente √ - Lisensiëring √ (2x1) (2) 2.1.2 Hoekom is dit belangrik vir die ekonomie om geallokeerde doeltreffendheid in ʼn volmaakte mededingende mark te bereik? - Om die optimale gebruik van hulpbronne te verseker om die uitsette te produseer wat die meeste in aanvraag is deur verbruikers. √√ Aanvaar enige relevante antwoord. (1x2) (2) 2.2.1 Watter markstruktuur word in die grafiek voorgestel? - Volmaakte mark √ (1) 2.2.2 Wat word deur die donker area op die grafiek aangedui? Ekonomiese wins √ (1) 2.2.3 Differensieer tussen die begrippe kort termyn en langtermyn. - Kort termyn – Die tydperk van produksie waar net die veranderlike produksiefaktore kan verander terwyl ten minste een faktor konstant bly. √√ - Ekonomiese wins en verlies kan gerealiseer word √√ - Lang termyn – Die tydperk waar alle faktore kan verander, die tydsduur is van so aard dat veranderlike en konstante faktore kan verander. √√ - Normale wins word gerealiseer √√ (2x2) (4) 2.2.4 Verskaf redes vir die skuif van E1 tot E2 - Vryheid om mark te betree en die verkryging van ekonomiese wins in die korttermyn lok nuwe firmas tot mark √√ - Dit sal tot gevolg hê ʼn toename in aanbod en ʼn daling in prys, wat sal lei tot die kromme wat skuif van E1 na E2 √√ (2x2) (4) 3
Downloaded from hlayiso.com 10732/15 2.3 2.3.1 Hoekom word die besighede hierbo beskryf as gebrekkig (kreupel)? - Vanweë die ondoeltreffendhede in die besighede √√ - Stakings by die poskantoor √√ - Kragonderbrekings deur ESKOM√√ - Aanvraag vir finansiële hulp deur SAL √√ - Onvanpaste aanstellings by SAUK√√ Aanvaar enige relevante antwoord (2) 2.3.2 Hoe sal die SA Pos Diens (Prent 1) bydrae tot mark mislukkings? - Die onlangse poskantoor-staking het pos aflewering negatief beïnvloed √√ - As gevolg van die stakings is daar agterstallige pos wat afgelewer moet word √√ Aanvaar enige relevante antwoord (2) 2.3.3 Identifiseer die parastaat wat voorgestel word in Prent 2 Produksie ondoeltreffendheid/tegniese ondoeltreffendheid - SAL√√ (2) 2.3.4 Hoe word besighede geaffekteer deur Eskom se beurtkrag? Laer uitsette √√ Verlaagde wins √√ Verhoogde koste √√ Laer beleggersvertroue √√ Kan lei tot afleggings √√ (2x2) (4) 2.4 Verduidelik die maatreëls wat deur die regering gebruik kan word om die herverdeling van inkomste te verbeter Tradisionele metodes bv die heffing van verskeie belastings en die verskaffing van gratis dienste, in-nature dienste en kontantvoordele vir die armes. √√ • Implementering van regstelling metodes bv. die gebruik van wette om redistribusie af te dwing. Sluit SEB, regstellende aksie, grond restitusie, grond redistribusie en eiendomsubsidies(HOP huise) in.√√ Die regering kan ander maniere gebruik om inkome ongelykheid en mark mislukkings te oorkom: • Dra inkomste direk na armes oor bv. Kindertoelae, werkloosheidversekering ens. √√ • Verskaf vrye goedere bv. Gemeenskapsgoedere, onderwys ens. √√ • Implementeer werkverskaffingsprogramme bv. publieke werk-programme.√√ • Meriete goedere te subsidieer bv. subsidiëring van kuns en kultuur geleenthede. √√ Aanvaar enige relevante antwoord (4x2) (8) 4
Downloaded from hlayiso.com 10732/15 2.5 Hoekom is dit belangrik om die totale koste en totale voordele van ʼn ekonomiese projek te evalueer? Markseine bv. Pryse help om hulpbronne te allokeer deur vraag en aanbod √√ • Goedere wat deur die regering verskaf word soos paaie, bruê ens. is verniet. √√ • Met die afwesigheid van markseine, kan besluite oor die wenslikheid van ‘n projek subjektief wees. √√ • Objektiewe kriteria sal nodig wees om ekonomiese doeltreffendheid in hulpbron toedeling te verseker. √√ • KVA bring meer objektiwiteit na besluitneming. √√ • Dit word gedoen deur al die relevante voordele en kostes te identifiseer sodat ʼn ingeligte besluit gemaak kan word. √√ • Die rasionaal agter die KVA is om te verseker dat skaars hulpbronne effektief benut word. √√ (4x2) (8) [40] VRAAG 3 KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 20 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae: 3.1.1 Noem enige TWEE doelwitte van toerisme. Ontspanning √ Kulturele toerisme √ Eko-toerisme √ (2x1) (2) 3.1.2 Hoekom verskaf die regering omgewingsubsidies aan produsente? • Om omgewingskade te verminder √√ • Om die produksie van omgewingsvriendelike substitute, soos loodvrye petrol aan te moedig/ om positiewe eksternaliteite te bevorder √√ • Om die herwinning van afval, soos botteltjies en blikkies te bevorder √√ (1x2) (2) 3.2 3.2.1 Identifiseer die groep mense wat in die samelewing die meeste geaffekteer word deur vraag-trek inflasie. • Marginaliseerde persone √ (1) 5
Downloaded from hlayiso.com 10732/15 3.2.2 Val die inflasie koers wat aangedui word in die spotprent binne die raamwerk van die SARB • Nee, dit val nie binne die raamwerk van 3%-6% nie√ (1) 3.2.3 Wat is die boodskap van die spotprent • Die Minister/beleidmakers kan nie alleen geblammeer word vir die toename in pryse nie√√ • Die mense wag vir ‘n positiewe uitkoms van die probeerslae om prys stygings hok te slaan√√ • Daar is nie een oorsaak verantwoordelik vir die toename in pryse nie/inflasie word deur meer as een factor veroorsaak√√ (Aanvaar enige relevante antwoord) (2) 3.2.4 Wat is die hoof oorsaak van die tipe inflasie, soos aangedui in die spotprent hierbo? • Oortollige vraag √√/vraag wat aanbod oorskry√√ (Aanvaar enige relevante antwoord) (1x2) (2) 3.2.5 Hoe kan die fiskale beleid gebruik word om vraag-trek inflasie te bekamp Verhoging in belasting√√ Verlaging/vermindering in regerings besteding√√ (2x2) (4) 3.3 Bestudeer die sirkelgrafiek hieronder, en beantwoord die vrae wat volg: 3.3.1 Watter sektor het die minste by gedrae tot lugbesoedeling? • Kommersiële en residentiële verhitting√ (1) 3.3.2 Verskaf ʼn voorbeeld van lugbesoedeling veroorsaak deur vervoer. • Koolstof uitlaatgasse √ (Aanvaar enige relevante antwoord) (1) 3.3.3 Verduidelik hoekom industrie die grootste oorsaak is van lugbesoedeling volgens die grafiek  Groot hoeveelhede afval in die produksie proses √  Geen ordentlike herwinning vind plaas nie√  Uitlaatgasse √ (Aanvaar enige relevante antwoord) (2x1) (2) 3.3.4 Noem enige vorm van regerings inmenging wat lugbesoedeling kan verminder  Betaal vir gebruik van omgewing√√  Heffing van ongewings belasting√√  Betaal van omgewing subsidies√√  Uitreiking van bemarkbare permitte√√ (1x2) (2) 6
Downloaded from hlayiso.com 10732/15 3.3.5 Hoe kan ʼn verbetering in tegnologie lugbesoedeling verminder? Skoon tegnologie (ook bekend as groen tegnologie), het laer vlakke van giftige uitlaatgasse. √√ Verbetering in tegnologie kan ʼn oplossing bied tot lugbesoedeling deur alternatiewe produksietegnieke wat minder skadelik is vir die omgewing √√ (4) 3.4 Bespreek die invloed van ʼn aaneenlopende toename in pryse op beleggers en spaarders. Bates met vaste nominale waarde  ‘n Groot gedeelte van die rykdom van individue word in die vorm van vaste waarde, vaste rentekoerse belggeings(soos vaste deposito’s), besigheid skuldbriewe en regeringseffekte√√  Die bates het n vaste nominale waarde en ‘n vaste opbrengs as hulle gehou word tot volwassendheid(wanneer dit uitbetaal) √√  Om rede hulle nominale waardes konstant bly, sal die toename in pryse die koopkrag pariteit laat daal, wat sal veroorsaak dat rieele waarde daal. √√ Bates met wisselende mark waardes  Die houers van aandele en vaste eiendomme trek gewoonlik voordeel as pryse toeneem, want die nominale waarde styg gewoontlik proporsioneel tot inflasie, dus is die mark waardes wisselend√√  Gewoontlik sal die die pryse van die bates porporsioneel meer styg as die algemene prys vlak. √√  So in die geval skep inflasie rykdom, tot voordeel vir mense met die tipe bates. √√ (Enige 4 x 2) (8) 3.5 Hoekom is inheemse kennis stelsels belangrik vir die Suid-Afrikaanse ekonmie?  Inheemse kennis is plaaslike kennis, kennis wat uniek is tot ʼn gegewe kultuur of gemeenskap. √√  Deesdae is toeriste nie meer tevrede met ʼn passiewe ervaring nie, hulle wil die plaaslike kultuur, geskiedenis en omgewing verstaan √√  Inheemse kultuur kan gesien word as een van die hoofredes hoekom soveel toeriste na Suid-Afrika reis. √√  In die verband is wêreld erfenisgebiede baie belangrik. Die gebiede verteenwoordig ʼn paar aspekte waarin die toeriste geïnteresseerd is √√  Ons omgewing wêrelderfenisgebiede versinnebeeld die ekstreme uniekheid van ons omgewing √√  Voorbeelde: Robben eiland, Sterkfontein grotte, Richtersveld kulturele en botaniese landskap, Mapungubwe, Vredefort koepel, iSimangiliso water reservaat, Kaapse fynbos streek, Drakensberge ens. (maksimum een voorbeeld) (Aanvaar enige relevante antwoord.) (4x2) (8) [40] 7
Downloaded from hlayiso.com 10732/15 VRAAG 4 MIKRO-EKONOMIE & KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 MARKS – 20 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae: 4.1.1 Gee TWEE voorbeelde van besighede wat deel vorm van ʼn monopolistiese mededingingsmark in jou area. - Kruideniersware winkels √ petrolstasies √ apteke √ haarkappers √ restaurante √ kitskos handelaars √ (Aanvaar enige relevante antwoord.) (2x1) (2) 4.1.2 Watter effek sal inflasie op krediteure hê? Krediteure sal sukkel as gevolg van inflasie √√ /Die koopkrag van die geld wat terugbetaal moet word, verminder weens inflasie √√. (1x2) (2) 4.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 4.2.1 Identifiseer die area in die grafiek waar eksterne voordele verkry word van die verbruik van ʼn produk. - Area B. √ (1) 4.2.2 Gee een voorbeeld van ʼn produk wat ʼn positiewe eksternaliteit veroorsaak. - Onderwys √ - Gesondheid √ Aanvaar enige relevante antwoord (1) 4.2.3 Verduidelik die begrip eksternaliteit. Die koste en voordeel vir ‘n derde party wat nie ingesluit word in die prys van die produk nie√√ (1) 4.2.4 Watter hoeveelheid sal geproduseer word as die markkragte die enigste rolspeler was? - Hoeveelheid Q√√ (2) 4.2.5 Verduidelik hoe die eksternaliteit ʼn ondoeltreffende allokasie van hulpbronne veroorsaak  Die vraag na opvoeding (soos ʼn voorbeeld) word verteenwoordig deur DD  Die koste is P en die hoeveelheid gevra en verskaf is Q  As die koste P is, sal meeste mense dit nie kan bekostig nie  Die vraag kurwe D1D1, verteenwoordig ook die marginale sosiale voordeel, dus, die vlak van onderwys wat veronderstel is om in aanvraag te wees.  As die mark gelos word, dan sal hoeveelheid Q geprodusser word teen prys P.  Maar as sosiale voordele erken word, dan sal hoeveelheid Q 1 geproduseer word teen prys P1  Meer onderwys sal in aanvraag wees, dit sal lei tot sosiale oneffektiwiteit (2x2) (4) 8
Downloaded from hlayiso.com 10732/15 4.3 4.3.1 Identifiseer die rede vir die stadige groei in toerisme vanaf Europa en die VSA Die ekonomiese afswaai in die Eurosone verminder besteebare inkomste. √ (1) 4.3.2 Noem die instansie in die openbare sektor wat in vennootskap is met die Departement van Toerisme. SA Toerisme (SATOER) √ (1) 4.3.3 Wat is die betekenis van die woord Eurosone.? Eurosone verwys na alle lande wat aan die ekonomiese sone behoort naamlik die Europese Unie, en wat die Euro gebruik as geldeenheid. √√ (2) 4.3.4 Hoekom dink jy is daar ʼn sterk fokus op opkomende markte by die toerisme beamptes Opkomende markte verwys na ontwikkelende lande wat hoë vlakke van ekonomiese groei en ontwikkeling in die laaste paar jaar geniet het √√ Hulle is relatief arm lande en hulle ekonomieë word gesien as onderontwikkeld, waarin beleggings hoë verdienste sal ontvang, maar met groter risiko √√ (1x2) (2) 4.3.5 Hoe kan toerisme tot voordeel wees vir die armes, volgens jou opinie?. Toerisme gee die geleentheid vir armes om hulle inkomste bronne te diversifieer √√ Dit gee die armes ʼn kans om byvoorbeeld ʼn toerisme besigheid te begin in sy/haar omgewing √√. Dit bemagtig hulle om geleenthede aan te gryp √√. Verskaf vennootskappe met hoofstroom toerismebesighede wat goedere en dienste verskaf √√ (2x2) (4) 4.4 Verduidelik onvolmaakte mededinging en de-meriete (onverdienstelike) goedere as redes vir mark mislukkings. Kompetisie in mark ekonomieë word beperk deur die mag van sekere produsente, om te verhoed dat nuwe besighede die mark betree√√ Mark toetrede word bemoeilik deur advertensies, tekort aan kapitaal en die beheer van hulpbronne√√ Die onvolmaakte mark leen homself nie tot prys onderhandelings nie√√ Advertensieveldtogte word gebruik om produsent mag te vergroot(dominansie) √√ • De-meriete (onverdienstelike) goedere: Dit is oorverbruikte goedere √√. Byvoorbeeld: sigarette, alkohol en dwelms √√. Dus word meer van dit geproduseer as wat sosiaal aanvaarbaar is √√. Die regering verban of verminder die verbruik van die produkte deur belasting, en verskaf informasie oor die skadelike gevolge van die goedere √√. (4x2) (8) 9
Downloaded from hlayiso.com 10732/15 4.5 Deur gebruik te maak van totale inkomste en totale koste kurwes, verduidelik wins maksimerings onder volmaakte omstandighede. TK TI Punt allokasie: 1 punt Benoeming van asse 1 punt Teken en benoeming van TK 1 punt Teken en benoeming van TI 1 punt Winsmaksimering (CD) 2 punte Koste/Inkomste (Maks 4) Hoeveelheid  Die besigheid maksimmer wins by die punt waar TK en TI die verste is van mekaar√√  Volgens die grafiek, is dit die verskil tussen punt C en D√√  As maksimum wins bereik word, word winste minder soos uitsette toeneem √√ (4x2) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 10
Downloaded from hlayiso.com 10732/15 AFDELING C Beantwoord EEN van die twee vrae in jou antwoordboek. STRUKTUUR VAN OPSTEL: Punte toekenning: Inleiding Maks. 2 Inhoud:  Hoofdeel: Verduidelik in diepte, bespreek volledig, bespreek Maks. 26 krities, onderskei, vergelyk, onderskei, differensieer/evalueer, bespreek, analiseer, assesseer.  Addisionele deel: Gebruik, skets, teken ʼn grafiek, diagram/ Maks. 10 aflei, riglyne, eie opinie, krities evalueer, evalueer, skets en verduidelik, gebruik grafiek en verduidelik, bereken, vergelyk, verduidelik, onderskei, interpreteer, verduidelik kortliks, hoe, stel voor, gebruik informasie en argumenteer, debatteer/evalueer Gevolgtrekking Maks. 2 Totaal 40 VRAAG 5 MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 20 MINUTE “De Beers speel ʼn leidende rol in diamanteksplorasie, ontginning, verhandeling, kleinhandel en in die industriële diamantvervaardiging sektore.”  Bespreek die kenmerke van ʼn monopolie as ʼn markstruktuur (26 punte)  Evalueer die langtermyn wins maksimering posisies van die volmaakte en monopolistiese mark, deur net gebruik te maak van grafieke.. (10 punte) Inleiding: ʼn Monopolie is ʼn markstruktuur waar daar net een verkoper is van ʼn unieke produk of diens. √√ (2) Hoofdeel: Aantal firmas √  Die monopolie bestaan uit een onderneming √√  Die monopolis is die industrie √√  Voorbeeld: ESKOM√ Aard van die produk √  Die produk is uniek en het geen substituut nie √√  Byvoorbeeld: Elektrisiteit √ Toetrede tot mark √  Verwys na hoe maklik of moeilik dit is vir ʼn besigheid om ʼn mark te verlaat of toe te tree √√  Toetrede tot mark is totaal blokkeer √√  Voorbeelde: patente, lisensiëring , alleenreg, invoerbeperkings √ Mark inligting √  Alle inligting van die mark is beskikbaar vir kopers en verkopers √√  Dit beteken dat daar geen onduidelikhede is nie √√ Beheer oor prys √  Die monopolie het geweldige beheer oor die prys, hy is die prysmaker. √√ 11
Downloaded from hlayiso.com 10732/15 Vraagkurwe vir die firmas se produkte √  Is gelyk aan die mark se vraagkurwe √√  Helling is afwaarts van links na regs √√ Langtermyn ekonomiese wins √  Kan positief wees √√  Omrede nuwe firmas geblokkeer is, kan die aanbod van goedere nie toeneem nie. Dit verseker ekonomiese wins in die kort en langtermyn √√  Die monopolis sal ekonomiese wins maak solank die vraag na sy produk onveranderd bly √√ Hulle word blootgestel aan markkragte √  Al is die monopolis die enigste verskaffer van die produk of diens, word die produk steeds beïnvloed deur die markkragte van vraag en aanbod √√ Groot hoeveelhede beginkapitaal word benodig √.  Groot firmas soos Eskom en SASOL vereis miljoene rande se kapitaal om te begin √√ (Maks 26 punte) (26) Addisionele deel Korttermyn winsmaksimering van die volmaakte en monopolistiese markte Volmaakte mark Monopolie Puntetoekenning Puntetoekenning Benoeming van asse 1 punt Benoeming van asse 1 punt Benoeming van asse 1 punt Benoeming van asse 1 punt Teken en benoem van MK 1 punt Teken en benoem van MK 1 punt Teken en benoem van GK 1 punt Teken en benoem of MI 1 punt Teken en benoem van GI/MI 1 punt Teken en benoem of GK 1 punt Aantekening van ekwilibrium 1 punt Aantekening van ekwilibrium 1 punt Opskrif 1 punt Opskrif 1 punt Maks: 5 punte Maks: 5 punte (Maks 10 punte) (10) 12
Downloaded from hlayiso.com 10732/15 Gevolgtrekking Soos in die bespreking duidelik is, kan ons sien die monopolis kan ekonomiese wins maak, maar die volmaakte mededinger sal net normale wins verdien. Aanvaar enige relevante gevolgtrekking (2) [40] VRAAG 6 KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 20 MINUTE ““Die omgewing is onder druk want mense verwag meer van die natuur as wat die natuur kan verskaf op die langtermyn.” • Bespreek die huidige stand van die omgewing met verwysing na bewaring en konserwasie (26 punte) • Evalueer die sukses van die groot internasionale konvensies op omgewings volhoubaarheid (10 punte) Inleiding Die omgewing verwys na die fisiese omliggende dele en kondisies wat mense beïnvloed.. √√ Die alreeds gedrukte omgewing word net meer onder druk geplaas deur die grootte van die bevolking en uitermatige verbruik. √√ Ons lug, grond en waterbronne is word toenemend gebombardeer deur mens gemaakte besoedeling wat primêr deur geïndustrialiseerde gemeenskappe veroorsaak word. √√ Aanvaar enige relevante antwoord (2) Hoofdeel Konservasie Konservasie is nodig want menslike aksies veroorsaak besoedeling en die oor- benutting van hulpbronne √√. Gesprek is ʼn strategie wat gemik is om volhoubare gebruik en bestuur van natuurlike hulpbronne te bereik √√. Konservasie probeer ʼn kreatiewe kontinuïteit in die omgewing te bewerkstellig deur versigtige veranderinge wat sensitief is vir huidige en toekomstige generasies √√. Sekere aspekte moet ingedagte gehou word: • Eerstens is daar geleentheidskoste √√ • Tweedens is eksternaliteite gewoonlik betrokke √√ • Laastens is selfbelang kort termyn, besluite moet nie net gelos word vir die markkragte nie. √√ 13
Downloaded from hlayiso.com 10732/15 Oor gebruik van hulpbronne veroorsaak ʼn daling in aanbod, toename in pryse, verlaging in vraag en ʼn soektog na substituutprodukte √√. Dit veroorsaak bewaring van beide hernubare en nie-hernubare bronne √√. Konservasie hou verband dat daar ʼn beperking sal wees van wat geoes word om sodoende ʼn stabiele aanbod te handhaaf vir ʼn sekere tydperk √√. Regerings gebruik kwotas en permitte as strategieë om beheer uit te oefen oor die aanbod van sekere hulpbronne teen In minimum vlak √√ Bewaring Bewaring is enige strategie wat daarop gemik is om die omgewing te beskerm en op sy huidige vlakke te hou, en om dit so bewoonbaar te maak vir mense en diere √√. Erfenisgebiede, inheemse bosse, spesies van diere ens. wat spesiale kulturele of omgewingsbelangrikheid het word gewoonlik geteiken vir preservasie √√. Preservasie sal nie sommer wek as ʼn private organisasie nie, want die voordeel tot die gemeenskap is baie groter as die inkome van die organisasie √√. Dit kan moontlik wees om ʼn KVO te gebruik om die sosiale voordele te bereken √√. Die swakheid in die markte forseer die regering om in te meng om bewaring van natuurlike bates te bestuur √√, maar regerings mag die volgende doen: • Koop of onteiening √√ Omgewingsbates is dood eenvoudig gesluit vir gebruik √√ • Subsidies √√ ʼn Subsidie sal netto voordele vir die eienaar inhou en die waarde van die eiendom verhoog. √√ • Beheer √√ Die regering kan die eienaar oortuig om beheer uit te oefen, soos om besoekers te beperk ens. √√ (Maks 26 punte) (26) 14
Downloaded from hlayiso.com 10732/15 Addisionele deel Stockholm konferensie (1972) √ Die Stockholm konferensie was die eerste grootskaalse internasionale vergadering gehou met die oog op omgewingsbewaring, met die ondersteuning van die VN√√. Die vergadering het ooreengekom op ʼn deklarasie met 26 konvensies met betrekking tot die omgewing en ontwikkeling, ʼn aksieplan met 109 aanbevelings en ʼn resolusie √√. Die konferensie het ʼn direkte impak op die omgewingsbeleide van baie lande gehad √√ Rio de Janeiro Wêreldberaad (1992) √ Die vergadering het die belangrikheid van samewerking met verband tot omgewingskwessies erken wat ʼn bedreiging inhou tot die volhoubarheid van die omgewing √√. Die beraad het lande gehelp om die gevare van nie-volhoubare ontwikkeling te erken √√. Ongelukkig was die beginsels wat bespreek was nie bindend nie, en baie lande het nie voldoen aan die vereistes nie √√. Rio+5 (1997)√ Die konferensie het opgemerk dat globalisering sekere lande armer gemaak het, spesifiek Afrika lande. Die mins ontwikkelde lande het ʼn lae vlak van groei gehandhaaf en in sommige gevalle selfs gekrimp. √√ Kyoto Protokol vir Klimaatsverandering (1997)√ Lande het ooreengekom om hulle totale uitlaatgasse van kweekhuisgasse met 5% te verminder √√. Ongelukkig was China uitgesluit by die ooreenkoms en Amerika het ontrek √√. Wêreldberaad vir volhoubare ontwikkeling (2002) √ Die doel van die beraad was om die natuurlike hulpbronne te bewaar in ʼn wêreld waar die populasie groei √√. Die beraad was in Johannesburg gehou Die vergadering het gehandel oor kwessies soos: armoedeverligting, water en sanitasie, energie, gesondheid, landbou en biodiversiteit. √√ COP 17 (2011)√ Die hoofdoel van die konferensie was om ʼn verdrag opgestel om koolstofgasse te beperk en strategieë om temperatuur stygings onder 2 grade Celsius te hou in die 21ste eeu.√√ Alhoewel die raamwerk vir die verdrag opgestel is, was dit nie gefinaliseer nie.√√ (Maks 10 punte) (10) 15
Downloaded from hlayiso.com 10732/15 Gevolgtrekking Die oplossings vir ons omgewingsprobleme sal afhang van ons vermoë om goeie ekonomiese besluite te neem wat ook die natuurlike omgewing in gedagte hou en om ons houdings en gedrag aan te pas. √√ Aanvaar enige relevante gevolgtrekking (2) (2) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 16

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all