NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
JUNIE 2024
EKONOMIE V2
NASIENRIGLYN
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 18 bladsye.
Skip to contentAll 2024 papers 

%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b63a0d0e-df37-4750-b5b1-eca932045c79/v1-e860756d76976a4f1387/card.webp)


%202020%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--ba246fa2-7d32-4ab7-981e-10d6b2dd4a91/v1-9e6be78dfbf1eddf2a29/card.webp)
View all




Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2024 Memo (Afr)
Grade 12 Economics Paper 2 memorandum from the Eastern Cape June Exam 2024 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · Eastern Cape June Exam · 2024 · Afrikaans. Memorandum, 18 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2024
- Exam period
- Eastern Cape June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 18
- File size
- 752.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 18
This exam
Eastern Cape June Exam 2024
Questions in this paper
- Question 1.1The dynamics of perfect markets16 marks
- Question 1.2The dynamics of perfect markets8 marks
- Question 1.3The dynamics of perfect markets12 marks
- Question 2The dynamics of perfect markets40 marks
- Question 3The reasons for and consequences of market failures40 marks
- Question 4Dynamics of imperfect markets40 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 EKONOMIE V2 (EC/JUNIE 2024)
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
1.1.1 C (gelykbreek)
1.1.2 B (prysnemer)
1.1.3 D (Wet op Mededinging)
1.1.4 A (monopolie)
1.1.5 C (minimum pryse)
1.1.6 B (projekte in die openbare sektor)
1.1.7 A (winste)
1.1.8 D (sondebelasting) (8 x 2) (16)
1.2 PAS-ITEMS
1.2.1 E – Werklike uitgawes van besighede
1.2.2 A – ʼn Instelling wat beperkende sakepraktyke ondersoek
1.2.3 F – ʼn Markstruktuur waarin daar baie kopers en verkopers is
1.2.4 B – ʼn Groep produsente wat ʼn kollektiewe monopolie vorm
1.2.5 G – Koste betaal deur die verbruiker wanneer goedere gekoop
word
1.2.6 H – ʼn Onwettige mark waarin goedere gekoop en verkoop
word
1.2.7 C – Goedere wat vir die samelewing voordelig is
1.2.8 D – Verwys na die ekstra hoeveelheid inkomste wat verkry
word deur nog een produksie-eenheid te verkoop
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/JUNIE 2024) EKONOMIE V2 3
1.3 GEE EEN TERM
1.3.1 Homogeen
1.3.2 Totale inkomste
1.3.3 Prysleierskap
1.3.4 Langtermyn
1.3.5 Produktiewe ondoeltreffendheid
1.3.6 Subsidies (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 EKONOMIE V2 (EC/JUNIE 2024)
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in jou
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE
2.1 2.1.1 Noem enige TWEE soorte wins in ʼn volmaakte mark.
• Normale wins
• Ekonomiese wins / supernormale wins / abnormale
wins (2 x 1) (2)
2.1.2 Waarom maak ondernemings op ʼn korttermyn ekonomiese
verlies?
• Wanneer ʼn besigheid oopmaak, sal dit gekonfronteer word met
hoë koste verbonde aan die oopmaak van ʼn besigheid
• ʼn Besigheid kan ʼn verlies aan markaandeel ervaar, wat tot ʼn
vermindering in totale inkomste lei
• ʼn Besigheid kan ʼn toename in totale koste ervaar
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2)
2.2 DATARESPONS
2.2.1 Identifiseer ʼn gelykbreekpunt op die grafiek hierbo.
• A of B (1)
2.2.2 Noem EEN kromme wat gebruik kan word om
winsmaksimaliseringspunt van ʼn volmaakte mededingende
firma te illustreer.
• MI / MK
• Marginale inkomstekurwe / marginale kostekurwe
• TI (Totale inkomstekurwe) / TK (Totale kostekurwe) (2)
2.2.3 Beskryf kortliks die term winsmaksimalisering.
• Winsmaksimalisering is die korttermyn- of langtermynproses
waardeur ʼn firma die prys-, inset- en uitsetvlakke kan bepaal wat
tot die hoogste moontlike totale winste kan lei. (2)
2.2.4 Waarom maksimeer die bostaande firma wins wanneer die uitset
geproduseer 40 is?
• Die gaping tussen TI en TK is die grootste. (2)
2.2.5 Hoe verskil die totale inkomstekurwe (TI) van ʼn volmaakte
mededingende firma van dié een van ʼn onvolmaakte
mededingende firma?
• Die TI-kromme van ʼn perfek mededingende firma is positief
skuins (opwaarts skuins van links na regs).
• Die een van ʼn onvolmaakte kompeterende is bultvormig (begin
deur te styg, die piek te bereik en dan af te neem).
(2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/JUNIE 2024) EKONOMIE V2 5
2.3 DATARESPONS
2.3.1 Identifiseer, uit die uittreksel hierbo, EEN nieprys mededingings-
metode wat kettingwinkels gebruik om mee te ding.
• Aanlyn-aankope (1)
2.3.2 Noem die markstruktuur wat met kettingwinkels geassosieer
word.
• Monopolistiese mededinging (1)
2.3.3 Beskryf kortliks die term samespanning.
• ʼn Reëling tussen besighede met die doel om mededinging tussen
hulle te beperk deur pryse vas te stel.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
2.3.4 Waarom sal ʼn monopolistiese mededinger nie ʼn groter
markaandeel kry as hulle hul pryse verlaag nie?
• Monopolistiese mededingers gebruik nieprys-mededinging-
strategieë om mee te ding; hulle ding nie mee met pryse nie.
• Baie kliënte geniet ander voordele wat hul gunsteling winkel bied,
daarom bly hulle lojaal (handelsmerklojaliteit) aan Spar, selfs al
verlaag Shoprite hul pryse. (2)
2.3.5 Watter negatiewe gevolge kan die sluiting van kettingwinkels op
werknemers hê?
• Dit kan tot die aflegging van werkers lei
• Dit dra tot minder fisiese interaksie by en dit kan tot antisosiale
gedrag en minder werksbevrediging lei
• Ouer werknemers sal afgelê word en hulle sal werkloos raak
• Werknemers sal geen inkomste verdien nie en dit sal hul
lewenstandaard verlaag
(Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.) (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 EKONOMIE V2 (EC/JUNIE 2024)
2.4 Beskryf kortliks die doelwitte van die Mededingingsbeleid in Suid-Afrika.
• Om die misbruik van ekonomiese mag te help voorkom, byvoorbeeld deur
ʼn monopolis
• Om die groei van markkrag deur middel van oornames en samesmeltings
te reguleer
• Om beperkende besigheidspraktyke te voorkom, veral deur oligopolieë,
soos die vasstelling van verkooppryse, samespanning ten opsigte van
tenders of prysdiskriminasie
• Dra by tot die ontwikkeling van die vyf makro-ekonomiese doelwitte van
die staat soos prysstabiliteit en ekonomiese ekwiteit
• Om die doeltreffendheid van markte te verbeter deur wetgewing soos die
mededingingswet.
• Om ekwiteit in markte te verbeter deur regstellingsmetodes te
implementeer, bv. Wet op Gelyke Indiensneming, BBSEB ens.
• Om die verbruiker teen onbillike pryse en minderwaardige produkte te
beskerm, bv. Mededingingswet
• Om prysvasstelling te voorkom wat gewoonlik deur oligopolistiese firmas
beoefen word
(Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.)
(Ken ʼn maksimum van 4 punte toe vir blote lys van feite.) (Maks. 8)
(4 x 2) (8)
2.5 Hoe sal die implementering van minimum lone ʼn impak op die ekonomie
het?
• Minimum lone sal burgers in staat stel om basiese behoeftes te bekostig
wat tot ʼn verbetering in die lewenstandaard lei.
• Bekostigbaarheid sal verbeter as gevolg van die oplegging van minimum
lone.
• Minimum lone kan ook produktiwiteit verhoog aangesien werkers meer
gemotiveerd sal raak en baie harder sal werk.
• Minimum lone verhoog ook die produksiekoste, daarom wil werkgewers ʼn
manier hê om dit te verhaal.
• Die stygende koste sal die winste van ondernemings verreken.
• Sommige entrepreneurs kan kies om pryse te verhoog wat inflasie kan
uitlok en dit vir verbruikers moeilik maak om te bekostig
• Ander kan hul produksie afskaal wat tot werksverliese kan lei.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
(Ken ʼn maksimum van 2 punte toe vir blote lys van feite.) (Maks. 8)
(4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/JUNIE 2024) EKONOMIE V2 7
VRAAG 3: MIKRO-EKONOMIE
3.1 3.1.1 Noem enige TWEE kenmerke van openbare goedere.
• Nie-mededinging
• Nie-uitsluitbaarheid
• Nie-weiering
• Maatskaplike voordele oortref sosiale koste
• Oneindige verbruik (Enige 2 x 1) (2)
3.1.2 Hoe sal die vermindering van welvaart en inkomste gapings
verbruikers positief beïnvloed?
• Belasting op rykdom sal die regering help om aan die armes te
herverdeel
• Meer geld kan aan onderwys en die verbetering van mense se
lewens bestee word om armoede te oorkom
• Wette kan ook gebruik word om ongelykheid te verminder
• Die lewenstandaard van burgers sal verbeter word
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (Enige 2 x 1) (2)
3.2 DATARESPONS
3.2.1 Identifiseer die markloon op die grafiek hierbo.
• 2 500 (1)
3.2.2 Noem die kromme in die grafiek wat die werkgewers voorstel.
• VV / Vraagkromme (1)
3.2.3 Beskryf kortliks die term maksimum prys.
• Dit verwys na ʼn prys wat onder die markprys gestel is om
ekonomies gemarginaliseerde individue te akkommodeer wat nie
die goed of diens kon bekostig nie.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
3.2.4 Waarom hef die regering indirekte belasting op
niemerietegoedere?
• Hulle beoog om die verbruik van niemeritegoedere te
verminder, aangesien dit as skadelik vir die samelewing beskou
word.
• Belasting help om die eksterne koste (negatiewe eksternaliteite)
te internaliseer, sodat verbruikers die volle sosiale koste van hul
verbruikskeuse kan betaal.
• Indirekte belasting genereer aansienlike staatsinkomste, wat
gebruik kan word om openbare dienste te finansier.
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 EKONOMIE V2 (EC/JUNIE 2024)
3.2.5 Waarom is mededinging in die mark goed vir die ekonomie?
Mededinging is goed vir die ekonomie omdat:
• dit stoot pryse af en stel verbruikers in staat om goedere en dientste
te bekostig
• wanneer firma’s meeding sal verbruikers baat vind by die
verskeidenheid produkte in die mark
• maatskappye sal effektief bedryf word omdat hulle mededingend
moet bly
• mededinging stel ekonomiese groei in staat en bevorder globale
mededinging
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4)
3.3 DATARESPONS
3.3.1 Identifiseer die aantal huise wat die mark sal verskaf as alle
hulpbronne aan huise bestee is.
• 12 000 (1)
3.3.2 Hoeveel skole moet die regering voorsien om die sosiaal optimale
toewysing te bereik?
• 13 000 (1)
3.3.3 Beskryf kortliks die term markmislukking.
• Markmislukking vind plaas wanneer die kragte van vraag en
aanbod nie hulpbronne doeltreffend toewys nie.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante beskrywing.) (2)
3.3.4 Waarom is markte huiwerig om openbare goedere soos paaie te
verskaf?
• Dit verg ʼn groot kapitaaluitgawe wat vir die private sektor
uitdagend is.
• Dit is moeilik om hoër pryse te hef en daarom word winste in die
gedrang gebring.
• Die aard van die goedere is nie-mededinger (verbruik deur een
verminder nie die bedrag wat vir iemand anders beskikbaar is
nie).
• Sommige van die goedere is nie-uitsluitbaar (moeilik om te
verhoed dat mense die goed gebruik).
• Die koste om dit te produseer is te hoog, en die winsmarge is te
laag.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/JUNIE 2024) EKONOMIE V2 9
3.3.5 Hoe kan die regering positiewe eksternaliteite aanmoedig?
• Die regering kan subsidies verskaf wat produkte of dienste met
positiewe eksternaliteite skep.
• Byvoorbeeld, die subsidiëring van die produksie van skoon energie
tegnologie om die aanvaarding van omgewingsvriendelike praktyke
aan te moedig, wat tot verminderde besoedeling en verbeterde
openbare gesondheid lei.
• Subsidies aan verbruikers kan goedere of dienste met positiewe
eksternaliteite meer bekostigbaar maak.
• Die regering kan goedere en dienste lewer wat positiewe
eksternaliteite genereer wanneer private markte dit
onderproduseer.
• Verskaf belastingtoegewings of krediete aan individue of besighede
wat betrokke is by aktiwiteite wat positiewe eksternaliteite
genereer.
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (2 x 2) (4)
3.4 Bespreek kortliks nieprysmededinging en marktoetrede as kenmerke van
monopolistiese mededinging.
Nieprysmededinging
• Advertensies kan gebruik word om kliënte te lok.
• Produkdifferensiasie maak goedere anders as dié van mededingers.
• Verlengde inkopie-ure maak inkopies gerieflik vir kliënte.
Marktoetrede
• Toegang is gratis en maklik, omdat daar geen hindernisse soos
lisensies, permitte of patente is wat toegang beperk nie.
• Dit is ook maklik vir besighede wat die mark wil verlaat om dit te doen.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
(ʼn Maksimum van 4 punte sal vir blote notering gegee word.) (4 x 2) (8)
3.5 Waarom word negatiewe eksternaliteite as ʼn gevolg van markmislukking
beskou?
• Negatiewe eksternaliteite word as ʼn gevolg van markmislukking beskou
omdat dit ʼn situasie verteenwoordig waarin die mark nie hulpbronne
doeltreffend toewys nie.
• Dit skep ʼn situasie van markmislukking waar die mark nie optimale uitkoms
vanuit die perspektief van die samelewing as geheel bereik nie.
• Markte is dikwels onvolmaak en daar kan ʼn verskil tussen private en sosiale
koste wees.
• Die markprys weerspieël nie die volle produksiekoste nie, en sommige koste
word deur derde partye gedek wat nie by die transaksie betrokke is nie.
• Die markprys weerspieël nie die volle produksiekoste nie; die mark sal
geneig wees om te veel van die goed of diens te produseer wat die
negatiewe eksternaliteit genereer, wat tot ʼn ondoeltreffende toewysing van
hulpbronne lei.
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)
(Ken ʼn maksimum van 2 punte toe vir ʼn blote lys van feite/voorbeelde)
(4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 EKONOMIE V2 (EC/JUNIE 2024)
VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 4.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van eksplisiete koste.
• Lone
• Rente
• Verhuring van grond
• Uitgawes/Besteding aan grondstowwe
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (Enige2 x 1) (2)
4.1.2 Waarom is die private sektor huiwerig om gemeenskapsgoedere
te verskaf?
• Produsente kan nie die goedere weerhou vir wanbetaling nie en
word baie meer gedryf deur die ekonomiese motief in die
poging.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 1) (2)
4.2 DATARESPONS
4.2.1 Identifiseer die markprys vanuit die grafiek hierbo.
• P (1)
4.2.2 Watter deel van die vraagkromme is elasties in die bostaande
grafiek?
• AB / Onderste segment/gedeelte / Laer segment/gedeelte (1)
4.2.3 Beskryf kortliks die term oligopolie.
• Dit is ʼn markstruktuur wat oorheers word deur min verkopers wat
ʼn gedifferensieerde of homogene produk verkoop. (2)
4.2.4 Waarom is die vraagkromme van ʼn oligopolie geknik?
• Oligopolieë tree anders op wanneer die pryse styg of daal.
• Die vraagkromme van ʼn oligopolis word geknik omdat dit twee
elastisiteite het, die boonste gedeelte is relatief onelasties terwyl
die onderste deel relatief elasties is.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
4.2.5 Hoe kan die regering toedelingsondoeltreffendheid wat deur
oligopolieë veroorsaak word, regstel?
• Hulle kan mededinging uit die buiteland nooi om skadelike
praktyke van plaaslike oligopolieë te beperk
• Die regering versterk die implementering van die Wet op
Mededinging 89 van 1998 om mededinging te bevorder en
uitbuiting en toewysende verdraaiings wat deur oligopolieë
veroorsaak word, uit te wis.
• Die regering het die Mededingingskommissie, Mededingings-
tribunaal en Mededingingsappèlhof gestig om die vlak van
mededinging in die ekonomie te verbeter.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/JUNIE 2024) EKONOMIE V2 11
4.3 DATARESPONS
4.3.1 Identifiseer, uit die uittreksel hierbo, ʼn instansie, wat vir die
ondersoek na anti-mededingende gedrag verantwoordelik is.
• Die Mededingingskommissie (1)
4.3.2 Watter instansie beslis oor die sake wat deur besighede ingedien
word wat nie tevrede is met die beslissings wat deur die
Mededingingstribunaal gemaak is nie?
• Die Mededingingsappèlhof (1)
4.3.3 Beskryf kortliks die term implisiete koste.
• Die waarde van vaardighede wat die entrepreneur besit en in die
produksieproses gebruik word.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
4.3.4 Verduidelik die manier waarop dominante ondernemings hul
markkragte kan misbruik.
Sakeondernemings kan hul markmag misbruik deur:
• oormatige prysbepaling van goedere of diens, mededinging
toegang tot ʼn noodsaaklike fasiliteit weier, prysdiskriminasie
(onregverdig kliënte verskillende pryse vir dieselfde goedere of
dienste hef).
• weiering om skaars hulpbronne aan ʼn mededinger te verskaf.
• verskaffers of kliënte aanspoor om nie met ʼn mededinger te handel
nie.
• pryse te hef wat onder koste is om mededingers uit te sluit.
• bundeling van goedere of dienste en die opkoop van ʼn skaars inset
wat deur ʼn mededinger vereis word.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
4.3.5 Hoe kan klein, medium en mikro-ondernemings (KMMO's) tot die
doelwitte van die mededingingsbeleid bydra?
• Hulle bied meer mededinging wat monopolieë sal verhoed om hul
mag te misbruik/sommige firmas verhoed om beperkende
praktyke soos prysvasstelling te gebruik.
• KMMO’s is ʼn aanduiding dat alle Suid-Afrikaanse ondernemings,
klein en groot, gelyke geleenthede gebied het om aan die
ekonomie deel te neem.
• Die arbeidsabsorpsievermoë van kleinsakesektore is hoër as dié
van ander groottes.
• Die gemiddelde kapitaalkoste van die werk wat in die KMMO-
sektor geskep word, is laer as in die groot sakesektor.
• Hulle bied geleenthede vir aspirant-entrepreneurs, veral diegene
wat werkloos, onder-indiens of afgelê is.
• Werkers aan die kleiner kant van die skaal benodig dikwels
beperkte of geen vaardighede of opleiding nie, hulle leer op die
werk.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 EKONOMIE V2 (EC/JUNIE 2024)
4.4 Bespreek kortliks openlike samespanning en stilswyende
samespanning.
Openlike samespanning
• Dit is ʼn organisasie van oligopolistiese sake wat ontstaan in ʼn bedryf
met die spesifieke doel om ʼn kollektiewe monopolie te vorm.
• Dit is wanneer oligopolieë openlik en formeel saamwerk.
• Kartelle beheer die produksie van goedere en dit beïnvloed die pryse
van produkte bv. OPEC (olie). (Maks. 4)
Stilswyende samespanning
• Die gedrag deur firmas word gemotiveer deur ʼn reëling wat nie formeel
is nie.
• Prysseine is dikwels die sleutelelement tot stilswyende
samespanning.
• Een besigheid verhoog sy prys in die hoop dat die mededingers hul pryse
sal verhoog – so ʼn firma staan as ʼn prysleier bekend.
• Wanneer die ander besighede met die verhoging volg, staan hulle
bekend as prysvolgelinge.
• Prysleiers is gewoonlik die sterkste en mees dominante besigheid
waarvan die produksiekoste die laagste is. bv. staalbedryf,
vervoerbedryf.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
(ʼn Maksimum van 4 punte moet toegeken word vir blote lys van feite)
(Maks. 4) (8)
4.5 Ondersoek die voorwaardes waaronder volmaakte mededinging
suksesvol bedryf kan word.
• Die produksiekoste is laer as gevolg van allokatiewe
doeltreffendheid.
• Daar is geen hindernisse vir toegang tot die mark nie, aspirant-
ondernemings kan maklik die mark betree.
• Perfekte mark verhoog mededinging wat die pryse vir die verbruiker
verlaag.
• Perfekte mededinger produseer groot hoeveelhede en verkoop teen laer
pryse wat die verbruiker bevoordeel.
• Produkte is reeds in die mark bekend, daarom bespaar produsente op
advertensies.
• Verbruikers word nie uitgebuit nie aangesien mededingers prysnemers is
en teen ʼn markprys verkoop.
• Die produksiekoste is laer aangesien die firmas op die laagste punt van
die gemiddelde kostekurwe produseer.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
(ʼn Maksimum van 2 punte kan vir blote lys van feite toegeken word.)
(4 x 2) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/JUNIE 2024) EKONOMIE V2 13
AFDELING C
Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE
• Met behulp van ʼn grafieke bespreek in detail die verskillende
ewewigsposisies onder volmaakte marktoestande. (26 punte)
• Waarom is Suid-Afrikaanse-staatsmonopolieë nie in staat om ekonomiese
wins te behaal nie? (10 punte)
INLEIDING
• ʼn Perfekte mark is ʼn markstruktuur wat uit baie verkopers van homogene
produkte bestaan. / ʼn Mark is ʼn instelling of meganisme wat kopers en
verkopers van goedere en dienste bymekaarbring. / ʼn Markstruktuur is hoe
markte georganiseer word.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
LIGGAAM: HOOFDEEL
EKONOMIESE WINS
Prys/Koste/
Inkomste
MK
GK
P1/50 e
V=GI=MI
C/40
Ekonomiese wins b
0 H1/10 Hoeveelheid
Puntetoekenning
Korrekte teken en benoemings van kostekurwes = 1 punt
Korrekte tekening en benoemings van inkomstekurwes = 1 punt
Korrekte aanduiding van area (ekonomiese winste) = 1 punt
Korrekte aanduiding van wins maksimeringspunt = 1 punt
Maks. = 4 punte
• Die minimum punt van die korttermyn gemiddelde kostekurwe is laer as die
markprys.
• Die besigheid is in ewewig (maksimalisering van winste) by punt e waar MI = MK.
• Totale inkomste is gelyk aan OH1 x OP1 (50 x 10) en die totale koste is gelyk aan
OH1 x OC (40 x 10).
• Die ekonomiese wins word deur gebied CP1EB (R100) verteenwoordig.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 EKONOMIE V2 (EC/JUNIE 2024)
NORMALE WINS
MK GK
E
P1/50 V = GI = MI
0
H1/10 Hoeveelheid(8)
Puntetoekenning
Korrekte teken en benoemings van kostekurwes = 1 punt
Korrekte tekening en benoemings van inkomstekurwes = 1 punt
Korrekte aanduiding van normale wins = 2 punte
Maks. = 4 punte
Op punt e waar MK= MI sal die besigheid H1 produseer en teen markprys P 1
• Die laagste punt van GK raak aan die GI / MI
• Dit impliseer dat GK = GI en totale koste (50 x 10) = totale inkomste (50 x 10)
• Normale wins is die minimum verdienste wat benodig word om die entrepreneur te
verhoed om die mark te verlaat.
EKONOMIESE VERLIES
Prys/Koste/
GK
Inkomste MK
C/50 Ekonomiese verlies b
P1/40 e V = GI = MI
0 H1/10 Hoeveelheid
Puntetoekenning
Korrekte teken en benoemings van kostekurwes= 1 punt
Korrekte tekening en benoemings van inkomstekurwes = 1 punt
Korrekte aanduiding van minimalisering punt verlies = 1 punt
Korrektr aanduiding van area (ekonomiese verlies) = 1 punt
Maks. = 4 punte
• Die minimum punt van die korttermyn gemiddelde kostekurwe (GK) is bo die
markprys.
• Die besigheid is in ewewig (verlies minimalisering) op punt e waar HI = MK en
die besigheid sal produseer teen hoeveelheid H1 en markprys P1.
• Totale inkomste is gelyk aan OH1 x OP1 (10 x 40) en die totale koste is gelyk
aan OC x OH1.
• Die verlies word deur die gebied P1CBE (100) verteenwoordig. (Maks. 26) (26)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/JUNIE 2024) EKONOMIE V2 15
ADDISIONELE DEEL
Waarom is die Suid-Afrikaanse-staatsmonopolieë nie in staat om ekonomiese
wins te behaal nie?
• Monopoliefirmas in Suid-Afrika verskaf goedere en dienste aan die hele land
en vind dit moeilik om baie hoë pryse vas te stel om wins te behaal.
• Hulle word onderworpe aan regulasies wat bepaal dat die verkoopprys van hul
produk vir die armes bekostigbaar is.
• Hulle ervaar hoë onderhoudskoste as gevolg van die vernietiging van hul
infrastruktuur wat hul winste in gevaar stel.
• Inkomste blyk minder te wees as koste as gevolg van korrupsie en diefstal en
nie-betaling deur ʼn groot aantal gebruikers.
• Monopolieë kan nie hul hoeveelhede manipuleer om die prys te verhoog nie,
maar versuim om voldoende hoeveelhede te verskaf.
• Die meeste monopolieë is parastatale waar aanspreeklikheid en swak bestuur
ontbreek.
(Ken ʼn maksimum van 2 punte vir blote lys van feite toe.) (5 x 2) (10)
GEVOLGTREKKING
Dit is belangrik om daarop te let dat die bedryfsvraagkromme in perfekte markte,
soos alle ander markstrukture, van links na regs afwaarts neig.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante en hoërorde antwoord.) (2)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
16 EKONOMIE V2 (EC/JUNIE 2024)
VRAAG 6: MIKRO-EKONOMIE
• Bespreek in detail die faktore wat tot die wantoedeling van hulpbronne in die
mark lei onder die volgende subopskrifte:
o Ontbrekende markte (10 punte)
o Gebrek aan inligting (8 punte)
o Onbeweeglikheid van produksiefaktore (8 punte)
• Hoe doeltreffend is die regering se ingrypingstrategie oor die herverdeling
van welvaart in Suid-Afrika? (10 punte)
INLEIDING
Markmislukking is wanneer die kragte van vraag en aanbod nie hulpbronne
doeltreffend toewys nie.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding.) (2)
LIGGAAM: HOOFDEEL
Ontbrekende markte
• Markte is onvolledig omdat hulle nie in die vraag na sekere goedere kan voorsien
nie.
• Openbare goedere (gemeenskaps- en kollektiewe goedere) is in groot aanvraag,
maar word nie deur die mark verskaf nie as gevolg van die lae wins wat daaruit
verkry word en die koste van kapitaal wat nodig is om te voorsien.
• Aangesien private produsente nie hierdie goedere teen wanbetaling kan weerhou
nie, is hulle huiwerig om hierdie goedere te verskaf.
• Die regering verskaf dus hierdie goedere en dienste.
Openbare goedere
• Dit sluit gemeenskaps- en kollektiewe goedere in en het twee kenmerke:
• Niemededinging: Verbruik deur een persoon verminder nie verbruik deur ʼn ander
individu nie, byvoorbeeld ʼn vuurtoring.
• Nie-uitsluitbaarheid: Verbruik kan nie beperk word tot diegene wat daarvoor betaal
nie (parasiete kan dit gebruik), bv. radio en televisie
• Maatskaplike voordele oortref private voordele, byvoorbeeld gesondheidsorg en
onderwys.
• Nie-weiering: Individue kan hulle nie van verbruik weerhou nie, bv.
straatbeligting.
• Oneindige verbruik, byvoorbeeld verkeersligte
Gemeenskapsgoedere
• Dit is goedere soos verdediging, polisiedienste, gevangenisdienste, straatbeligting,
vloedbeheer, stormwaterdreinering en vuurtorings.
Kollektiewe goedere
• Dit is goedere soos parke, strandgeriewe en strate.
• Markte is onvolledig en kan nie in die vraag na hierdie goedere voorsien nie.
• Die regering verskaf openbare goedere wat bestaan uit vuurtorings, parke, paaie,
brûe, ens.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/JUNIE 2024) EKONOMIE V2 17
Merietegoedere
• Dit is hoogs in aanvraag vir die algemene welvaart, maar nie hoog aangeslaan
deur die mark nie, bv. gesondheidsorg, onderwys en veiligheid.
• As mense die markprys vir hulle moes betaal, sou baie min verbruik word.
• Die mark sal misluk omdat die mark minder as die verlangde hoeveelheid
produseer.
Niemerietegoedere
• Dit is goedere wat oorverbruik word, byvoorbeeld sigarette en alkohol, dus
word meer goedere geproduseer as wat sosiaal aanvaarbaar is.
• Die regering verbied of verminder die verbruik van hierdie produkte deur
belasting en verskaf inligting aan die bevolking oor die skadelike gevolge
daarvan. (Maks.10) (10)
Gebrek aan inligting
• Verbruikers, werkers en entrepreneurs het nie die nodige inligting om rasionele
besluite te neem nie.
• Dit lei daartoe dat hulpbronne nie doeltreffend toegewys word nie.
• Vir verbruikers om hul voordele te maksimeer, het hulle inligting oor goedere
en dienste nodig.
• Alhoewel tegnologie dit aan die verbruiker bied, het tegnologie
vanselfsprekend volmaakte inligting.
• Werkers is dikwels onbewus van werksgeleenthede.
• Entrepreneurs het nie inligting oor koste, beskikbaarheid en produktiwiteit van
produksiefaktore nie, wat hul doeltreffendheid beïnvloed.
(Maks. 8 punte) (8)
Onbeweeglikheid van produksiefaktore
• Arbeid neem tyd om van een gebied na ʼn ander te beweeg en dit neem tyd om
te verander aangesien die opleiding van arbeid duur is.
• Die aanbod van geskoolde arbeid kan nie verhoog word nie as gevolg van die
tyd wat dit neem om opgelei of opgevoed te word.
• Fisiese kapitaal soos fabrieksgeboue of infrastruktuur soos telefoonlyne kan
nie maklik hervestig word nie.
• Strukturele veranderinge soos ʼn verandering van die vervaardiging van
plastiekpakkies na papierpakkies of die verskuiwing van arbeidsintensiewe
produksie na rekenaargebaseerde produksie vereis ʼn verandering in
arbeidsvaardighede en werkpatrone.
(Maks.8 punte)
(Maksimum 8 punte vir blote lys van feite/voorbeelde.)
(Maks. 26) (26)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
18 EKONOMIE V2 (EC/JUNIE 2024)
BYKOMENDE DEEL
Hoe doeltreffend is die regering se ingrypingstrategie oor die herverdeling van
welvaart in Suid-Afrika?
Die regering was effektief in die herverdeling van rykdom
• Suid-Afrika het een van die mees ongelyke welvaartverdeling ter wêreld.
• Die regering gebruik oordragte, maatskaplike besteding en BBSEB om
ongelykhede wat deur apartheid geskep is, te verminder.
• Die regering het beperkte gebruik gemaak van welvaartbelasting / ʼn
welvaartbelasting kan ongelykheid in rykdom verminder, terwyl dit ook bykomende
inkomste bied.
• Die regering het nie daarin geslaag om beduidende inklusiewe ekonomiese groei
te bevorder nie.
• Die regering het die onderwysbeleid suksesvol gebruik om geleenthede vir
minderbevoorregtes te skep om kwalifikasies te verwerf en hoër inkomste te
verdien.
• Ten spyte van ʼn paar positiewe maatreëls in die algemeen, was die regering
ondoeltreffend om die welvaartsgaping te verminder namate dit steeds groter
word.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante hoë-orde reaksie)
(ʼn Maksimum van 4 punte sal toegeken word vir blote notering/feite) (Maks. 10) (10)
GEVOLGTREKKING
Die regering moet ingryp om hierdie markte te help om beter te funksioneer en ʼn
billiker verdeling van rykdom en inkomste te bevorder om die lewenstandaard in die
land te verbeter.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante hoë-orde gevolgtrekking.) (Maks. 2) (2)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b63a0d0e-df37-4750-b5b1-eca932045c79/v1-e860756d76976a4f1387/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P2 Gauteng June 2024 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2023 QP (Afr)
%202020%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--ba246fa2-7d32-4ab7-981e-10d6b2dd4a91/v1-9e6be78dfbf1eddf2a29/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 Memo (Afrikaans)
More from Grade 12 Economics

Question paper
Economics Grade 12 P1 Free State Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P1 Mpumalanga Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P2 Mpumalanga Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (Afr)

Question paper