You're offline
Skip to content
Memorandum

Economics P2 May June 2019 Memo Afr hlayiso.com

Subject: EconomicsGrade 12201920 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN EKONOMIE V2 2019 NASIENRIGLYNE PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 20 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 2 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 1.1.1 A – volmaak elastiese  1.1.2 C – kitskos winkels  1.1.3 B – aanbod van  1.1.4 D – gelyk aan 0  1.1.5 C – wisselkoers depresiasie  1.1.6 B – ʼn groen ekonomie  1.1.7 A – inkomende  1.1.8 C – steenkool  (8 x 2) (16) 1.2 BYPASSENDE ITEMS 1.2.1 E – Verkoop homogene goedere  1.2.2 D – 'n Tipe finansiële toelae om ekonomiese aktiwiteit te ondersteun  1.2.3 H – 'n getal spesies binne 'n eenheid (gemeenskap) organismes  1.2.4 F – Vra hoër pryse en produseer kleiner hoeveelhede  1.2.5 A – 'n Ooreenkoms tussen die owerheid en besighede om besoedeling te verminder  1.2.6 I – 'n verskeidenheid verpakkingsontwerpe van dieselfde artikel  1.2.7 B – Besoek natuurlike- en wildernisgebiede  1.2.8 C – sluit items met hoë wisselvallige pryse uit die gemiddelde mandjie goedere  (8 x 1) (8) 1.3 GEE DIE TERM 1.3.1 Kunsmatige  1.3.2 Skaalekonomieë (kapasiteitbesparings)  1.3.3 Negatiewe eksternaliteit  1.3.4 Bemarkbare permitte  1.3.5 Transito / dieselfde dag reisiger  1.3.6 Hiperinflasie  (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 3 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne AFDELING B VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem enige TWEE kenmerke van monopolistiese mededinging. • Groot aantal produsente  • Gedifferensieerde produk  • Vrye marktoetrede  • Produsente het min beheer oor die prys / prysbepaler  • Onvolmaakte markinligting  • Nie-prys mededinging en handelsmerke  • Samespanning is nie moontlik nie  • Hibriede markstruktuur  (2 x 1) (2) (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) 2.1.2 Waarom sal ʼn gebrek aan inligting by entrepreneurs markmislukking veroorsaak? ʼn Gebrek aan inligting rakende koste en beskikbaarheid van die produksiefaktore sal lei in ʼn wanaanwending van hulpbronne / sal lei tot ondoeltreffendheid in produksie  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2) 2.2 DATARESPONS 2.2.1 Identifiseer die hoeveelheid wat die firma by die ewewigspunt sal produseer. 180  (1) 2.2.2 Watter kromme verteenwoordig die markprys vir die volmaakte mededinger? GI/MI/dd  (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die term normale wins. Die minimum verdienste vereis om te keer dat 'n entrepreneur die mark verlaat / waar totale koste gelyk is aan totale inkomste  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 2.2.4 Wat sal die uitwerking (impak) op die mark wees as baie ondernemings hierdie bedryf verlaat? • Die aanbodkromme in die mark sal na links verskuif / 'n daling in aanbod  • Die markprys sal styg  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 4 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne 2.2.5 Teken die grafiek hierbo oor en voeg die gemiddelde veranderlike kostekromme (GVK) in om die sluitingspunt duidelik aan te dui. GK Prys MK GVK 200 GI=MI=dd  150 GI=MI=dd Sluitingspunt  0 180 200 Hoeveelheid Puntetoekenning • Korrekte trek en benoeming van GVK kromme = 2 punte • Korrekte benoeming van sluitingspunt = 2 punte Maksimum 4 punte Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 5 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne 2.3 DATARESPONS 2.3.1 In watter sektor word die koste-voordeelanalise gewoonlik gebruik? Publieke  (1) 2.3.2 Gee enige EEN regstellingsmetode gebruik deur die owerheid om herverdeling van inkomste af te dwing. • SEB  • Regstellende aksie  • Bemagtiging  • Grondrestitusie  • Grondherverdeling  • Eiendomsubsidies vir HOP-huise  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die term koste-voordeelanalise. 'n Tegniek wat gebruik word om sosiale koste en voordele by die oorweging van 'n projek te vergelyk  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 2.3.4 Hoekom is dit noodsaaklik om 'n kostevoordele-analise vir groot projekte te doen? 'n Koste-voordeelanalise verseker: • doeltreffende toedeling van skaars hulpbronne  • objektiwiteit in besluitnemingsproses / evalueer sosiale koste en voordele van die projek  • die verwydering van subjektiwiteit in die afwesigheid van prysseine  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 2.3.5 Hoekom word sommige projekte ten spyte van hoë finansiële koste aangepak? • Die owerheid is bekommerd oor doeltreffende publieke dienslewering eerder as private koste  • Die langtermyn sosiale voordeel is belangriker as die aanvanklike geld wat spandeer is  • Die fokus is of 'n projek die land as 'n geheel sal bevoordeel  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 6 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne 2.4 Gebruik die grafiek hieronder om die uitwerking van positiewe eksternaliteite in die mark te verduidelik. • As die koste van skoolfooie byvoorbeeld P is, sal baie leerders nie kwaliteit onderrig kan bekostig nie  • Q verteenwoordig wat die mark verskaf, en Q1 verteenwoordig 'n groeiende vraag na kwaliteit onderwys (wat die gemeenskap vereis)  • Daarom vind daar onderproduksie in die mark plaas  • 'n subsidie word gegee wat ouers in staat stel om kwaliteit onderwys te bekostig en die vraagkromme skuif na regs D1  • Meer leerders (Q1) sal onderrig ontvang  • Die sosiale voordeel (positiewe eksternaliteit word deur die gearseerde gebied aangedui  OF • VV verteenwoordig die vraag van individuel, dis is die privaat voordele verkry uit die aankope van ‘n sekere goed of diens  • AA verteenwoordig die direkte koste van verskaffing van daardie goed of diens  • As dit moontlik was om die eksterne voordele geassosieer met die verskaffing van hierdie goed of diens te bepaal,sou die sosiale voordeel wat hieruit voortspruit vir die gemeenskap voorgestel word deur V 1 V 1  • As die eksterne voordele in ag geneem was, sal die uitset toeneem tot Q 1 en die prys wou P 1 wees  • In hierdie geval sal vry funksionerende markte misluk omdat hulle minder produseer as wat deur die gemeenskap vereis  (Aanvaar enige ander voorbeeld van ‘n positiewe eksternaliteit) (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (4 x 2) (8) (Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir blote opnoem van feite of voorbeelde) 2.5 Bespreek die uitdagings waarvoor 'n monopolis te staan kom as buitengewoon hoë pryse vir produkte gevra word. Die monopolis sal nie baie hoë pryse vra nie omdat: • verhoging van die prys die vraag na die produk mag verlaag, wat die inkomste en winste sal verlaag  • verbruikers met beperkte begrotings mag oorskakel na substitute alhoewel die substitute nie na aan die produk van die monopolis is nie  • hul prysstygings dikwels beperk word deur regulerende instellings soos NERSA (prys vir elektrisiteit)  as elektrisiteit te duur raak, kan verbruikers oorskakel na gas of vuurmaakhout  • 'n verlaagde vraag wat voortduur met ‘n verlies aan inkomste mag lei tot 'n besigheid wat sy deure sluit  • ander besighede aangemoedig word om tot die mark toe te tree deur die verskaffing van goedkoper alternatiewe, maar nie van dieselfde kwaliteit nie  (Aanvaar enige ander korrekte relevante hoër orde antwoord) (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir blote opnoem van feite of voorbeelde) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 7 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem enige TWEE tipes besoedeling. • Lug  • Omgewing  • Water  • Geraas  (2 x 1) (2) 3.1.2 Hoekom is internasionale toerisme vir die Suid-Afrikaanse ekonomie belangrik? • Verdien buitelandse valuta  • Dra tot die bruto binnelandse produk by  • Skep meer werksgeleenthede in die dienstesektor  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2) 3.2 DATARESPONS 3.2.1 Hoeveel provinsies het 'n afname in binnelandse oornagreise getoon? 4 (1) 3.2.2 Watter instelling het die data hierbo saamgestel? Statistiek Suid-Afrika / StatsSA  (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die term binnelandse toerisme. As mense reis binne die grense van hul eie land  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 3.2.4 Hoe sal huishoudings in landelike gebiede deur toerisme bevoordeel word? • Verdien 'n inkomste deur dienslewering, bv. skoonmaakdienste by B&B  • Tree op as toergidse  • Maak en verkoop van kunsvlythandwerk  • Verbeterde infrastruktuur sal nie net toeriste bevoordeel nie, maar kan ook deur plaaslike inwoners gebruik word  bv. paaie, water en elektrisiteit  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 8 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne 3.2.5 Hoekom is die buitelandse toerisme die vinnigste groeiende bedryf in Suid-Afrika? • Suid-Afrika bied ‘n wêreld in een land (omtrent enige ervaring beskikbaar)  • Die swak wisselkoers moedig toeriste aan om ‘n relatief goedkoop vakansie te geniet (waarde vir geld)  • Suid-Afrika ondervind ‘n vreedsame oorgang na demokrasie  • Verbeterde vervoer, kommunikasie en akkommodasie fasiliteite  • ‘n Toename in advertensies en promosie / Wêreldwye reisneigings / Goed ontwikkelde Sanparke  • Maklike toegang tot buitelandse valuta en oordrag van geld  • Aansienlike toename in VAKU (vergaderings, aansporings, konferensies en uitstallings)  • Verbeterde koordinering met naburige lande  (2 x 2) (4) (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) 3.3 DATARESPONS 3.3.1 Gee 'n voorbeeld van 'n besigheid/nywerheid wat hoë koolstofvlakke vrystel. • Kragstasies  • Vervaardigingsaanlegte  • Wynprodusente  • Taxibesighede  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1) 3.3.2 Waarom ontmoedig die staat die gebruik van plastieksakke? • Voorkom besoedeling  • Plastieksakke is nie bio-afbreekbaar nie.  • Beskerm die omgewring  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die term omgewingsvolhoubaarheid. Die vermoë van die omgewing om sy gebruik vir ekonomiese aktiwiteit te oorleef / omgewingsvolhoubaarheid verwys na die instandhouding van faktore en praktyke wat bydra tot die kwaliteit van die omgewing oor die langtermyn  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 9 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne 3.3.4 Hoe sal kweekhuisgasse tot klimaatsverandering lei? • Die kweekhuisgasse vernietig die osoonlaag wat meer hitte toelaat om na die aarde te penetreer  • Kweekhuisgasse skep 'n kombers-effek wat keer dat die hitte ontsnap en lei tot buitengewone hoë of lae temperature  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 3.3.5 Verduidelik die positiewe uitwerking van koolstofbelasting op die omgewing. Koolstofbelasting sal 'n positiewe uitwerking hê deur: • van besoedelaars te verwag om die eksterne koste van hul besoedeling te dra  • besighede wat hernubare energiebronne eksploreer wat omgewingsvriendelik is  • die hoeveelheid skade aan die osoonlaag te verminder om uiteindelik aardverwarming te verlaag  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4) 3.4 Onderskei tussen beskerming en bewaring van die omgewing. Beskerming: • Bewaring is betrokke by die volhoubare gebruik en bestuur van natuurlike hulpbronne wat verseker dat hulle beskikbaar is vir gebruik deur toekomstige generasies  • Menslike aktiwiteite wat die omgewing beïnvloed omdat dit besoedeling veroorsaak en 'n neiging tot oor-verbruik daarvan  • Bewaring streef na 'n kreatiewe voortbestaan van die omgewing, wat verseker dat verandering simpatiek staan tot die kwaliteit lewe (2 x 2) Bewaring: • Bewaring behels die elemente van die omgewing wat bedreig word met uitwissing  • Bewaring het ten doel om hierdie elemente in hul huidige toestand te beskerm en te behou  • Die swakpunte in markoplossings vereis owerheidsinmenging om omgewingsbates te bewaar deur aankoop of onteiening, subsidiëring en beheer  • Help om biodiversiteit te bewaar  (2 x 2) (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks 2 x 4) (8) (Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir blote opnoem van feite) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 10 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne 3.5 Evalueer die Suid-Afrikaanse owerheidsbeleide om toerisme te bevorder. Die owerheidsbeleide was suksesvol deur: • suksesvolle implementering van belastingbeleide om groei in toerisme te stimuleer  • spesifieke doelwitte te teiken om spesiale gunstige belasting hantering in die vorm van belasting-vakansies of afslag en belasting-kredietskemas  • aanmoediging van ekotoerisme, aanmoediging van toerisme na uitgekose streke, KMMO-betrokkenheid met die klem op die informele sektor en swart bemagtigingsinisiatiewe  • toerisme te bevorder deur ASGISA groei inisiatief in Suid-Afrika. Hierdie inisiatief verseker dat die owerheid in vennootskap met die privaatsektor, noodsaaklike infrastruktuur vir toerisme verskaf, wat help om die toerisme bedryf te laat groei en meer toeriste te trek  • die toepassing van binnelandse toerisme groei strategie wat gemik is om besteding op binnelandse toerisme te verhoog en verlaag seisoensmobiliteit  • die bekendstelling van die SA toerisme Sho’t left veldtog in Augustus 2007, wat Suid-Afrikaners uitdaag om verskillend na jou wêreld te kyk, selfs deur familie en vriende te besoek  dis gerig op die bevordering van 'n kultuur van plaaslike vakansiereise, deur gewone Suid-Afrikaners en hul families te teiken wat 'n begeerte het om meer van die land te sien, maar nie weet waarheen om te gaan nie  Die owerheidsbeleide kan meer suksesvol wees deur: • 'n toepassing van spesiale belastingbeleide op onderwys en opleidingsprogramme te ontwerp wat die getrek aan vaardighede op verskillende vlakke in die industrie oorkom  • Verbetering van geografiese verspreiding van toerisme en styging in die volume van binnelandse toeriste  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 11 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem enige TWEE voordele vir die staat ten opsigte van die heffing van belasting op toeriste. • Om eksterne koste te verhaal  • Om 'n inkomste te verdien (werk te skep / armoede te verlig)  • Om infrastruktuur te verbeter  (2 x 1) (2) (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) 4.1.2 Watter uitwerking het maksimumpryse op die mark? • Maksimumpryse skep 'n tekort aan goedere in die mark  • Produsente kan hul produkte na die informele sektor afvoer (swart mark)  • Laer inkomsteverdieners kan nie die produk bekostig nie  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2) 4.2 DATARESPONS 4.2.1 Identifiseer die getal huise wat die mark sal verskaf indien al die hulpbronne aan huise spandeer is. 10 000  (1) 4.2.2 Hoeveel skole moet die owerheid verskaf om die sosiale optimum toedeling te bereik? 6 000  (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die term markmislukking. As die vryemark nie in staat is hulpbronne doeltreffend toe te deel nie / die beste produksie-uitkoms is nie bereik nie  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 4.2.4 Hoekom is markte onwillig om publieke goedere soos paaie te bou? • Dit vereis 'n groot kapitaaluitleg wat 'n uitdaging is vir die privaatsektor  • Dit is moeilik om hoër pryse te vra en winste word dus opgeoffer  • Die aard van die goedere is nie-mededingend (verbruik deur een persoon sal nie hoeveelheid beskikbaar vir iemand anders verminder nie)  • Sekere goedere is nie-uitsluitbaar (moeilik om te voorkom dat mense die goed gebruik)  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 12 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne 4.2.5 Hoe sal die owerheid makro-ekonomiese stabiliteit deur hul betrokkenheid in produksie verseker? Die owerheid sal makro-ekonomiese stabiliteit in produksie verseker deur: • gebruikmaking van die monetêre en fiskale beleid deur rentekoerse en maatskappybelasting  • gebruikmaking van die aanbodkant-benadering deur toepassing van beleid om die beweeglikheid van produksiefaktore en infrastruktuur te verhoog  • produseer goedere wat nie deur die mark voorsien word nie  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4) 4.3 DATARESPONS 4.3.1 Noem enige EEN ander Wêrelderfenisterrein. • Mapungubwe  • Vredefort koepel  • Sterkfonteingrotte (Wieg van die mensdom)  • Robbeneiland  • Richtersveld kultuur- en botaniese landskap  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1) 4.3.2 Watter tipe toerisme word in die inligting hierbo aangedui? Kulturele  (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die term inheemse kennisstelsels (IKS). Kennis wat 'n praktiese toepassing het vir daaglikse oorlewing van plaaslike gemeenskappe/die geskiedenis en uniekheid van sekere bestemmings in 'n land / die plaaslike kennis wat uniek is aan ‘n spesifieke gemeenskap of kultuur  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 4.3.4 Op watter manier kan sakeondernemings die kennis van inheemse mense gebruik om toerisme te bevoordeel? • Hulle kan 'n kultuur-dorpie vir toeriste skep om te besoek  • Toere in die omgewing van die Sanmense om hul manier van leef dop te hou  • Gebruik van plante en kruie vir medisinale doeleindes  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 13 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne 4.3.5 Hoekom is infrastruktuur-ontwikkeling belangrik in die bevordering van toerisme? • Toeriste vereis basiese dienste soos goeie paaie en kommunikasienetwerke om 'n verrykte ondervinding te verseker  • Landelike gemeenskappe met 'n unieke leefstyl vereis goeie infrastruktuur om toerisme te bevoordeel  • Basiese infrastruktuur ontwikkeling kan lei tot 'n styging in sosiale infrastruktuur soos klinieke en hospitale wat toerisme sal bevoordeel  (2 x 2) (4) (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) 4.4 Gebruik 'n grafiek van totale koste (TK) en totale inkomste (TI) om winsmaksimering in 'n volmaakte mark te verduidelik.  TK TC  60 TI TR Cost Koste & & Inkomste 50 B  40 Wins-maksimering  30  A 20 10 0 1 2 3 4 5 6 Quantity Hoeveelheid Puntetoekenning 1. Korrekte posisie van TK kromme = 1 punt 2. Korrekte benoeming van TK-kromme = 1 punt 3. Korrekte posisie van TI kromme = 1 punt 4. Korrekte benoeming van TI-kromme = 1 punt 5. Korrekte aandui van winsmaksimering = 2 punte • Die firma sal wins toon tussen Punt A en B (TI en TK) waar die totale inkomste die totale koste maksimaal oorskrei  • Wins word gemaksimeer waar die gaping tussen TI en TK die grootste is  • Dit kom voor by 4 eenhede van produksie teen 'n koste van R40  • Gelykbreekpunte sal by punte A en B voorkom  (Maks. 4) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 14 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne 4.5 Bespreek krities die uitdagings waarvoor lande te staan kom om produksie van gevaarlike afval te verminder. Wêreldwyd vind lande dit moeilik om produksie van gevaarlike afval te beperk deurdat: • produksie van goedere in moderne ekonomieë outomaties lei tot chemiese afval as neweproduk  dit impliseer dat gevaarlike afval slegs beperk kan word as produksie afneem wat dan bydra tot meer werkloosheid  • gevaarlike afval uitgevoer word na ontwikkelende lande teen 'n prys  dit gee hulle 'n geleentheid om van die oorskot-afval ontslae te raak  want baie Afrikalande soos die Ivoorkus laat hierdie aktiwiteit toe as ‘n bron van inkomste  • meer ekonomiese aktiwiteite soos vervaardiging en landbouproduksie die maatreëls oorskry wat deur die owerheid gebruik word om gevaarlike afval te beperk en ontslae van te raak  meer navorsing is nodig in die gebruik van nie-gevaarlike materiale en ‘n verandering in die produksamestelling om afval te verminder  • besighede nie gevaarlike afval hanteer volgens die regulasies wat reeds in plek gestel is nie  waar hantering van chemikalieë voorsorgmaatreëls vereis soos storting in afgeleë gebiede (om geld te spaar) stort baie firmas hierdie chemikalieë in die omgewing  • gevaarlike afval ook in huishoudings ontstaan soos oorskot-verf  die groot uitdaging bly steeds om die ingesteldheid van mense te verander deur huishoudings op te voed in die gebruik van produkte wat as gevaarlike afval beskou word soos e-afval waar rekenaars in ontwikkelende lande verkoop word (wat gevaarlike afval in die lande van oorsprong was)  (Aanvaar enige ander korrekte relevante hoër orde antwoord) (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir blote opnoem van feite of voorbeelde) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 15 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne AFDELING C VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE • Bespreek volledig, sonder die gebruik van grafieke, die markstruktuur van 'n oligopolie. (26 punte) • Hoe effektief is die mededingingsbeleid in die regulering van samesmelting en oornames in Suid-Afrika? (10 punte) [40] INLEIDING ‘n Oligopolie bestaan wanneer ‘n klein aantal groot maatskappye wat in staat is om die aanbod van ‘n produk of diens tot ‘n mark te beïnvloed  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks 2) HOOFDEEL Aantal besighede  • Die mark bestaan uit 'n paar firmas wat die mark oorheers  bv. banke  • Elke firma is bewus van die aksies van die ander in die mark en dit het 'n uitwerking op besluitneming  • Dit beteken dat elke produsent nie slegs ander beïnvloed nie maar ook ander in ag neem  • As daar slegs twee firmas in die mark is staan dit bekend as ‘n duopolie  Aard van die produk  • Produkte verkoop mag homogeen of heterogeen wees  • As produkte homogeen is, word dit mark 'n suiwer oligopolie genoem  bv. petrol  • As produkte verskil, word daar na die mark verwys as 'n gedifferensieerde oligopolie  bv. Motors  Toetrede tot die mark  • Dit is moeilik om toe te tree tot die mark as gevolg van verskeie hindernisse  • 'n groot kapitale-uitleg word gewoonlik vereis om tot die mark toe te tree  • Dit is dikwels moeilik om hindernisse te oorkom wat ontstaan het weens verbruikersvoorkeure vir sekere handelsmerke  • Firmas spandeer gewoonlik 'n klomp geld op advertensies om handelsmerk- lojaliteit te skep  • Die bestaande firmas mag dikwels ekonomieë van skaal geniet maar dit kan 'n verdere hindernis wees  Beheer oor die prys  • Die oligopolis het ‘n invloed op die prys maar nie so baie soos die monopolis nie  • Prysoorloë kom algemeen voor wanneer die bestaande firmas toegang tot die mark wil beperk  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 16 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne Vraagkurwe van die oligopolie  • ʼn Oligopolie word gekonfronteer met ʼn gekinkte / geknakte vraagkurwe  • Die boonste gedeelte wat verband hou met hoër pryse het ʼn baie elastiese helling (hier is die vraag baie sensitief vir prysverandering)  • Die onderste gedeelte hou verband met laer pryse en is baie onelasties (hier is die vraag nie sensitief vir prysverandering nie)  Samespanning  • Firmas werk eerder saam, as om met mekaar in kompetisie te gaan  • Dit kan gebeur deur kartelle (eksplisiete samespanning) te vorm, wat ʼn formele ooreenkoms is waarvolgens firmas met mekaar saamwerk  • Soms kan samespanning in die vorm van prysleierskap plaasvind, wat ʼn stille / stilswyende ooreenkoms tussen firmas is  • Prysleierskap (stilswyende samespanning) kom voor waar een firma die prysleier is, die ander firmas volg net na  • Wanneer die prysleier sy pryse verander volg die ander firmas dit na  • Samespanning is onwettig in Suid-Afrika, omdat ooreenkomste wat mededinging beperk nie onderhandel mag word nie. Hierdie gedrag is strafbaar met groot boetes deur die Mededigingskommissie  Markinligting  • Kopers en verkopers het onvolmaakte inligting oor marktoestande  • Alhoewel die oligopoliste mekaar se optredes fyn dophou, hulle nooit presies weet wat die mededinger se reaksie gaan wees nie  Pryse en winste  • Pryse is oor die algemeen hoër as onder volmaakte mededinging  • Oligopoliste ontwikkel handelsmerk-lojaliteit tussen verbruikers wat ‘n ekonomiese wins genereer  Wedersydse afhanklikheid  • Daar is slegs ‘n paar besighede wat ‘n sekere produk verkoop – elke besigheid word deur die optrede van ander beïnvloed  (Maks. 26) (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 17 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne ADDISIONELE DEEL Die mededingingsbeleid is effektief in: • die daarstelling van die mededingingskommissie, die mededingingstribunaal en die mededingingsappèlhof wat samesmeltings en oornames kan ondersoek en goedkeur, asook vasstel in hoe ‘n mate dit mededinging sal verhoed of verminder  • om publieke belange in aanmerking te neem soos, wat die impak daarvan sal wees op indiensneming  • die oorweging van die vermoë van klein ondernemings, wat deur voorheen benadeeldes besit word, meer kompeterend te maak  • die samesmelting van Massmart en Wallmart waar hulle verseker het dat geen werksverliese vir ʼn sekere tydperk plaasgevind het nie  • voorsien dienste aan plaaslike besighede om die volhoubaarheid daarvan te verseker  • die versekering dat samesmeltings nie plaasvind met die oog om meer markkrag te skep nie  • dat hulle die besonderhede van elke saak ondersoek en die gepaste besluite neem  • dat hulle die aansoek van Air Link in 2018, wat met SAFair wou saamsmelt afgekeur het, op grond van die klein hoeveelheid firmas in die mark  • dat hulle sekere samesmeltings voorwaardelik goedkeur, bv. in 2017, tussen Regent en Hollard versekeringsmaatskappye  Die voorwaarde was onder andere dat geen aflegging van werknemers binne 3 jaar na die samesmelting mag plaasvind nie  • dat hulle 'n ander samesmelting wel goedgekeur het sonder dat enige voorwaardes aangeheg is; dit was die samesmelting van Mondi met Excelsior-tegnologie in 2017  (Maks 10) (Aanvaar enige ander korrekte relevante hoër orde antwoord) (Ken ʼn maksimum van 2 punte toe vir die blote lys van feite of voorbeelde) SLOT Die korrekte aanwending van die Mededingingsbeleid is krities om die verseker dat onvolmaakte markte soos ‘n oligopolie regverdig handel  (Aanvaar enige ander korrek relevante hoër orde antwoord) Maks (2) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 18 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES • Bespreek volledig die oorsake van vraagtrek-inflasie. (26 punte) • Hoe effektief was die monetêre beleidskomitee van die Reserwebank om prysstabiliteit te verseker? (10 punte) INLEIDING Inflasie is die voortdurende en noemenswaardige styging in die algemene pryspeil oor ʼn tydperk, met ʼn gelyktydige afname in die koopkrag van geld / ‘n algemene styging in pryse veroorsaak deur die vlak van ‘n oorskot in totale vraag bo die totale aanbod potensiaal van die ekonomie  (Maks 2) HOOFGEDEELTE Vraagtrek-inflasie kan veroorsaak word deur enige element of ʼn kombinasie van elemente van die totale vraag  Toename in huishoudelike besteding (C)  Die besteebare inkome van huishoudings kan toeneem teen ʼn vinniger koers as die totale aanbod, vir drie redes:  • Minder besparings  Wanneer verbruikers hulle spaargewoontes verander en hulle huidige en opgehoopte spaargeld begin spandeer, kan die groei in totale vraag die groei in die totale aanbod oorskrei  • Daling in belastings  Dit is meer van toepassing op persoonlike inkomstebelasting as indirekte belastings  • Toegang tot krediet  Daar is ʼn groter beskikbaarheid van verbruikerskrediet (deur middel van kredietkaarte) of die beskikbaarheid van goedkoper krediet as gevolg van die laer uitleenkoerse  Soos krediet uitgebrei word, skop die kredietvermenigvuldiger in en meer krediet word geskep  Beleggingsbesteding (I)  • Laer rentekoerse mag daartoe lei dat die sentiment en winsverwagtings van besighede verbeter  • Besighede investeer meer wat mag lei tot ʼn groter vraag na goedere en dienste wat deel uitmaak van investering (byvoorbeeld, ʼn nuwe gebou benodig sement, stene en arbeid)  • Wanneer totale vraag toeneem teen ʼn vinniger pas as die totale aanbod gaan prysstygings volg  Owerheidsbesteding (G)  • ʼn Toename in owerheidsbesteding sonder dat die totale aanbod dienooreenkomstig styg lei tot prysstygings  • Indien die styging in owerheidsbesteding deur geleende geld vanuit die banksisteem gefinansier was, sal groot bedrae geld in sirkulasie geplaas word. Die makro-ekonomiese vermenigvuldiger word geaktiveer – dit vererger die vraag-druk op die reële kapasiteit van die ekonomie  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 19 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne • Die staat kan die volgende kanale gebruik om sy besteding te vergroot: - Infrastruktuur  Die staat kan hom toespits op kapitaalprojekte, soos paaie, behuising, water en elektrisiteit wat die ekonomie se onmiddellike kapasiteit oorskry en wat tot prysstygings kan lei  - Verbruiksbesteding  Meeste regerings verhoog hul uitgawes op opvoeding, gesondheid, beskerming en veiligheid (byvoorbeeld militêre toerusting soos oorlogsvliegtuie en duikbote)  - Maatskaplike besteding  Owerhede voel soms dat hulle meer moet doen ten opsigte van werkloosheid en armoede  Hulle leen dan geld en spandeer dit dan op openbare werke of hulle verhoog die maatskaplike toelae jaarliks teen koerse hoër as inflasie  Sulke uitgawes lei onvermydelik tot inflasie omrede dit die totale vraag verhoog en niks doen om die totale aanbod in die ekonomie te vergroot nie  Uitvoerverdienste (X)  kan uit verskeie bronne kom: • Buitelandse groei  Groei in die ekonomieë van handelsvennote mag ʼn styging in die vraag na ʼn verskeidenheid plaaslik vervaardigde produkte skep  Die verkope van sulke produkte aan uitvoermark verminder die plaaslike voorraad / aanbod en verhoog die invloei van geld wat sal lei tot styging in plaaslike pryse  • Vraag na kommoditeite  Die wêreld vraag na kommoditeite brei uit en krimp in soos sakesiklusse verander  Tydens die uitbreidingsperiode sal buitelandse vraag styg wat sal lei tot groter uitvoervolumes  Die inkomste wat uit hierdie uitvoere gegenereer word dra by tot groter totale vraag en pryse styg  (Maks 26) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V2 20 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne ADDISIONELE GEDEELTE Die Monetêre Beleidskomitee (MBK) van die Suid-Afrikaanse Reserwebank was effektief op die volgende wyses: • Toe die VPI in 2016 die boonste grens van die inflasieteiken oorskry het, het SARB rentekoerse opwaarts aangepas wat inflasie weer binne die 3%-6% teiken gebring het wat pryse gestabiliseer het • Die daarstelling van inflasieteiken van 3% - 6% was ʼn belangrike inisiatief van die staat wat prysstabiliteit verbeter het • ʼn Konstante afname in die Hooflyn-Inflasie tot onder 4% het SARB toegelaat om weer die repokoers te verminder en daardeur die SA ekonomie te stimuleer • ‘n Daling in internasionale ru-oliepryse in die afgelope maande onderdruk wêreldwye inflasionêre druk.  • Dit het grootliks bygedra tot verlaagte binnelandse inflasie wat die produksie prysinflasie gunstig beïnvloed het  • Die Reserwebank was dus in staat om die repokoers onveranderd te hou  • PPI vir intermediêr vervaardigde goedere het ‘n positiewe impak op die stabilisering van pryse  Nietemin, die MBK was in sekere gebiede nie so effektief gewees nie: • in die stabilisering van pryse – as gevolg van sekere eksterne faktore wat die wêreld ekonomie beïnvloed het  • soos die wêreld resessie wat baie negatief ingewerk het op SARB se pogings om pryse te stabiliseer • as gevolg van ‘n swak regering het dit gelei tot ‘n onstabiele ekonomiese omgewing in die land  • wat aanleiding gegee het tot disinvestering wat tot ‘n skerp afname in stabiliteit gelei het wat die stabiliserende effekte van SARB aan bande gelê het  • as gevolg van die swak waarde van die rand op die internasionale markte met die groot afhanklilkheid van invoere  • politieke onsekerheid, swak beleidsoriëntering en implementering van strategieë om die ekonomie te stabiliseer  • inmenging in staatsbeheerde instellings destabiliseer verskeie sektore in die ekonomie  (Aanvaar enige ander korrekte relevante hoër orde antwoord) (Ken ʼn maksimum van 2 punte toe vir die blote lys van feite of voorbeelde) (Maks 10) SLOT Om die monetêre beleid te ondersteun, kon addisionele fiskale beleidsmaatreëls deur die minister van finansies inwerking gestel gewees het om te verseker dat die inflasiekoers binne die inflasieteiken bly, soos om belastings en owerheidsbesteding aanpassings te maak Maks (2) (Aanvaar enige ander korrekte relevante hoë orde slot) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Economics

Explore more published documents in this catalogue.

View all